Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
2019
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 41 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers %20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)


%20P2%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c0454537-68b2-4da8-a0f2-a21657a69233/v1-8c610f6d3b47188bee73/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2019, 41 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 41
- File size
- 802.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 41
This exam
NSC June Exam 2019
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/2019
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur
en kies die vrae wat jy wil beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
AFDELING D: Gedigte (35)
3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.
Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
7. Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/2019
SS/NSS
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos 35 5
2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 9
3. Meeulanders 35 13
4. Lien se Lankstaanskoene 35 17
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama 35 21
6. Paljas 35 25
7. Fiela se kind – Die Drama 35 29
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord vrae oor TWEE kortverhale.
8. Spieëlbeelde
8.1 "Oom Dries se sorge met Jantjie" 18 33
EN
8.2 "Rot in 'n val" 17 35
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord vrae oor TWEE gedigte.
9. Verskuns vir Eerste Addisionele Taal
9.1 "pryslied" 18 37
EN
9.2 "Rondom my" 17 39
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/2019
SS/NSS
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN
BEANTWOORD ()
A: Roman 1–4 1
B: Drama 5–7 1
C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale)
D: Gedigte 9 1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
... Wanneer daar ver van die huis af gekap is, het hulle 'n skerm gemaak en
in die Bos gebly totdat die hout klaar was. Soms drie weke en langer. As hulle
nie te ver van die huis af gekap het nie, het hulle donkervoordag opgestaan
om ligdag by die hout te wees, heeldag gekap en laatmiddag weer
teruggestap. Baie moeg. 5
Hulle het daardie keer by Witplekbos waenhout gemaak en alhoewel dit
maar so twee uur se stap van die huis af was, het sy pa aan die einde van die
eerste week besluit om skerm te maak en te bly tot die hout klaar is; die suiker
was op, die koffie en twak was min en by die huis was die meel ook aan die
opraak. Die hout moes uitgesleep en reggemaak word en op die dorp kom. 10
Saul was toe nog nooit op die dorp nie en sy idee van die plek was taamlik
vaag.
Teen die einde van die derde week het dit egter begin reën en dit was te nat
om te kap of te saag. Al wat hulle kon doen, was onder die skerm sit en hoop
dit klaar op. Oom Anneries was darem bly oor die reën; dit het hom kans 15
gegee om voor te kom met sy speke. Ses wa-speke het vir die ou 'n bottel
brandewyn, ... geruil ...
1.1 Waar in die Bos het Saul-hulle se huis gestaan? (1)
1.2 Noem TWEE dinge wat Joram vir sy seuns van die Bos geleer het. (2)
1.3 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) neer.
Saul het op 'n jong ouderdom reeds 'n verantwoordelikheid teenoor die Bos
begin voel. Hy was bekommerd oor die getal (1.3.1) ... wat al deur Marais
geskiet is en hy was ontsteld toe sy pa die duisendjarige kalander wou afkap
omdat die houtkopers (1.3.2) ... wou hê. Ná sy besoeke aan die houtwerf op
Knysna het Saul die skewe (1.3.3) ... waarin die houtkappers vasgevang
was, leer ken. Hy het gesien dat die houtkoper, Mister (1.3.4) ..., nie
omgegee het dat die Bos uitgeroei word nie. (4)
1.4 "Saul was toe nog nooit op die dorp nie en sy idee van die plek was taamlik
vaag."
Gee 'n voorbeeld uit die roman dat Saul nie geweet het hoe die dorp gelyk
het nie. Konsentreer op Saul se optrede in die dorp. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/2019
SS/NSS
1.5 Saul was net soos die ander houtkappers: trots, maar baie hardkoppig.
1.5.1 Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Saul
hardkoppig was. (2)
1.5.2 Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Saul trots
was. (2)
1.6 Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') toe Joram vir Saul uit sy span
weggejaag het nie? (1)
1.7 Saul het op die eerste Kersdag nadat hy deur Joram weggejaag is, gesien dat
sy familie ook Terblans se voorbeeld gevolg het.
Motiveer uit die roman waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
1.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.8) neer.
Saul se besoek aan sy familie die eerste Kersdag nadat hy die Bos verlaat
het, het nie goed geëindig nie, want sy broer het hom daarvan beskuldig dat
hy hulle ... het.
A beskinder
B verraai
C verlaat
D belieg (1)
1.9 In die tyd toe Saul vir MacDonald gewerk het, het MacDonald hom gevra om
saam met Patterson Bos toe te gaan.
Waarom was dit dom van MacDonald om vir Saul te jok oor wat Patterson in
die Bos wou gaan doen? (1)
1.10 Hoe het MacDonald se opdrag aan Saul om saam met Patterson Bos toe te
gaan, vir Saul in sy toekoms gehelp? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/2019
SS/NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
... "Die lagie goud wat jy bo-oor geplak het, is maar baie dun, nè? Die dae toe
jy vir my houtkneg was, het jou skynbaar ook ontgaan!"
Jy kon die dreuning van die see buite hoor, so stil het dit in die saal geword.
"Jy maak 'n fout, mister MacDonald, ek dink nie iemand wat vir jou kneg was,
kan dit ooit vergeet nie." 5
***
... Die opstand wat dae lank in hom gesmeul het, het witwarm in hom gebrand.
All woodcutters are wild and dirty. Hy het dit amper vergeet, dink hy sinies en
trap versigtig oor die gaterige straat ... Kyk hoe lyk hulle dorp! ... Daar is nie
eens meer 'n boom langs 'n straat nie. Kruppelbos! Maar kratte vol tierlantyntjies
en klere op elke skip wat van Europa kom sodat elke nuwe gril tot hier kan kom 10
om die ledigheid te verdryf. En waaruit kom dit op die ou end alles? Uit die Bos.
Die hand wat koop, is die hand wat die kos uitdeel vir die hand wat kap en
uitsleep ... En nou het hulle 'n rif ontdek.
***
... Saul Barnard is klaar met die dorpenaars. Saul Barnard pak op.
Maar wat jy in woede besluit, is nie altyd wat jy in bedaardheid doen nie. Hy het 15
gebly om die eerste mure van Babel in die Bos te sien verrys.
1.11 Wie se dood het veroorsaak dat Saul sy werk as houtkneg by MacDonald
gelos het? (1)
1.12 Lees reël 1 en 2.
1.12.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die manier waarop MacDonald voor al die mense met Saul praat,
wys dat hy Saul wil (verneder/gerusstel). (1)
1.12.2 Waarom sou MacDonald só met Saul wou praat? (1)
1.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer.
Met reël 3 wil die verteller aandui dat ...
A die dansparty gou verby was.
B die dansparty naby die see gehou is.
C daar spanning tussen Saul en MacDonald was.
D Saul baie sag gaan praat as hy vir MacDonald antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/2019
SS/NSS
1.14 Die rede waarom MacDonald by die dansparty met Saul gaan praat het,
was omdat Saul oor die dorp se strate gekla het. (Reëls 7 en 8)
Haal 'n sin uit reëls 6 tot 13 aan om aan te dui dat hierdie stelling
ONWAAR is. (1)
1.15 Noem DRIE reëls wat Saul gemaak het wat die eerste klomp delwers in die
Bos moes nakom. (3)
1.16 Uiteindelik was dit duidelik dat daar nie so baie goud in die Bos was soos
wat mense gedink het nie.
1.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Toe dinge in Meulbos begin sleg gaan, het (Barkley/Stopforth) vir
Saul probeer teruglok Bos toe om hulle te help om goud uit te
haal. (1)
1.16.2 Noem TWEE dinge wat vir Saul belowe is as hy hulle sou help. (2)
1.17 Maska en Kate het vir Saul daaraan herinner dat hy nie sy
verantwoordelikheid teenoor die Bos mag vergeet nie.
Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat Saul wel sy verantwoordelikheid
teenoor die Bos nagekom het toe hy daardie Dinsdagoggend die Pictor
verlaat het. (2)
1.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Aan die einde van die roman kon Saul vir Jozef oortuig dat (die delwers die
Bos sou verlaat/die Bos vernietig sou word) as hy nie na Saul sou luister
nie. (1)
1.19 Watter les het jy geleer uit:
1.19.1 Saul se lewe (1)
1.19.2 Saul en sy pa se verhouding, nadat sy pa hom uit sy span
weggejaag het (1)
1.20 Noem TWEE dinge wat Maska gedoen het dat ons hom Saul se grootste
vriend/ondersteuner (''supporter'') kan noem. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS C
Liewe leser, ek wil vir my 'n lewe opmaak. Die lewe van 'n amper
vyftienjarige meisie met 'n eksotiese naam soos Fabienne. Sy's ek, maar sy's
ook nie ek nie. My alter ego, …
***
…. Fabienne se pa is 'n gewone, normale man met 'n gewone, normale werk. In
'n kantoor, beslis nie in 'n TV-reeks nie, of beter nog, in 'n spreekkamer. Iets 5
met status, iets wat sekuriteit aan 'n gesin kan gee, iets waarmee hy soveel
geld kan verdien dat Fabienne amper nooit sop hoef te eet nie … En haar ma
was 'n tandarts-assistent voor sy getrou het. Dis hoe sy Fabienne se pa
ontmoet het. Nou is sy net 'n ma. Een wat netjies aantrek, …
***
Ná ons na honderde huise gekyk het, het ons oplaas een gekry waarvan nie 10
een van ons hoegenaamd gehou het nie … Die boonste verdieping is later
bygelas, … soos 'n lawwe strooihoed by 'n vervelige winterjas.
***
As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord
'n gil van woede. Hoekom kan ek nie maar 'n normale baba met 'n normale ma
en 'n normale pa wees nie? 15
En nou is ek vasgekeer op 'n berg waar ek oor tien dae my vyftiende
verjaardag moet vier, saam met my abnormale ma, my ingewikkelde gesin, my
beste vriendin en – …
2.1 In watter stad het Hanna en haar ingewikkelde gesin gewoon? (1)
2.2 Reël 10 en 11 verwys na die huis waarin Hanna-hulle gewoon het. Noem
TWEE eienskappe van hierdie huis wat dit van buite verwaarloos laat lyk
het. (2)
2.3 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
vul. Skryf slegs EEN WOORD langs die vraagnommers (2.3.1 tot 2.3.4)
neer.
Hanna was nie tevrede met haarself of haar omstandighede nie. Sy het
soos 'n skildery gevoel, want sy het geglo sy is (2.3.1) … terwyl haar
halfbroer, Tibo, vervaardig is. Sy het nog (2.3.2) (gee die getal) …
stiefbroers gehad met wie sy gedurig baklei het. Hanna was boonop
skaam oor haar (2.3.3) …, maar om dit reg te kry, sou sy draadjies moes
kry en haar ma wou nie daarvoor toestemming gee nie. Sy het ook geglo
as sy minder (2.3.4) … eet, sou haar vel so mooi soos Sharon s'n wees. (4)
2.4 Fabienne, Hanna se alter ego, se pa was 'n "gewone, normale man".
Gee 'n voorbeeld uit die roman om te motiveer waarom Hanna gedink het
dat haar biologiese pa nie 'n gewone, normale pa was nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/2019
SS/NSS
2.5 Fabienne se ma is "net 'n ma. Een wat netjies aantrek, …".
2.5.1 Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Mana,
volgens Hanna, nie netjies was nie. (2)
2.5.2 Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Mana,
volgens Hanna, vreemde idees gehad het. (2)
2.6 Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') dat Hanna elke keer haar
skryfidees met Beyers, haar stiefpa, gedeel het nie? (1)
2.7 Hanna se bynaam, Hanna Hoekom, het by haar gepas.
Motiveer uit die roman waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
2.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.8) neer.
Toe die kinders van die gesinsvakansie hoor, was hulle dadelik …
A opgewonde.
B nuuskierig.
C negatief.
D tevrede. (1)
2.9 Waarom was dit 'n slim idee van Mana om hierdie gesinsvakansie te reël? (1)
2.10 Hoe het Sharon vir Hanna gedurende die gesinsvakansie gehelp om haar
situasie te aanvaar? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/2019
SS/NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS D
"Ons gaan almal saam tot by die drif stap," kondig Beyers aan. "Honde,
kinders, grootmense, die hele spul. Die enigste twee wat verskoon gaan word, is
Mana en die baba. Hulle het rus nodig."
"Ek het ook rus nodig," kreun Yann, uitgestrek op die rusbank. Ek is
getraumatiseer deur laas nag se gebeure." 5
Maar jy kan hoor sy hart is nie in sy kreun nie. Hy doen dit net omdat sy pa dit
van hom verwag.
"Ek kan doen met die oefening!" roep Margot uit. "Ek gaan my drafskoene
aantrek, dan hardloop ek die laaste ent terug."
"Ek weet nie of die modder al droog genoeg is vir 'n drawwery nie," waarsku 10
Beyers.
Maar sy is klaar op pad na haar kamer. Hy kyk haar kopskuddend agterna. So
'n snaakse glimlag op sy lippe, iets tussen irritasie en bewondering.
***
Vyf minute later staan ons almal voor die huis. Margot in haar glimmende
lemmetjiegroen sportpak (wat Gavin net sy kop stadig laat skud) en haar pienk- 15
en-silwer drafskoene. Tibo en Amos elk bewapen met 'n stok wat twee keer
langer as hulle is. Yann bewapen met sy Walkman en sy oorfone. Sharon
bewapen met 'n geïrriteerde frons.
"Dis heel waarskynlik my laaste dag hier," sug sy. "En jou simpel stiefbroer
verkies om musiek te luister eerder as om met my te gesels. 20
2.11 Wat wou Beyers by die drif gaan maak? (1)
2.12 "Maar jy kan hoor sy hart is nie in sy kreun nie." (Reël 6)
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.12) neer.
Met hierdie woorde wil die verteller aandui dat Yann ...
A se hele houding verander het.
B Mana met die baba wou help.
C dit regtig haat om te stap.
D sy ma probeer vermy. (1)
2.13 Beyers het nog nie sy negatiewe opinie oor Margot verander nie.
Haal 'n sin uit reëls 8 tot 13 aan om aan te dui dat hierdie stelling
ONWAAR is. (1)
2.14 Noem DRIE items wat vir Margot sou help om die baba se geboorte vlot te
laat verloop. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/2019
SS/NSS
2.15 Gee TWEE redes waarom 'n mens kan sê dat Hanna haar babasussie
dadelik aanvaar het. (2)
2.16 Lees reël 19 en 20.
2.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die manier waarop Sharon hier praat, wys dat sy
(tevrede/teleurgesteld) in Yann se gedrag is. (1)
2.16.2 Waarom sou Sharon só voel toe sy sien Yann verkies sy musiek
bo haar geselskap? (1)
2.17 Die roman het 'n gelukkige einde toe daar uiteindelik hulp opdaag om die
familie van die berg af te kry.
2.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Sharon se ouers het 'n (helikopter/4x4) gereël om die familie te
bereik. (1)
2.17.2 Noem TWEE persone wat dadelik die huis op die berg saam met
Sharon se ouers verlaat het. (2)
2.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die titel van die storie wat Hanna aan die einde van die roman wil skryf,
gaan wees: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom: 'n
(Ware/Fabelagtige) verhaal. (1)
2.19 Watter les het:
2.19.1 Gavin se karakter vir jou geleer (1)
2.19.2 Gavin vir Margot die aand geleer toe sy haarself in die kamer
toegesluit het (1)
2.20 Wat het Gavin gedoen of gesê sodat Hanna haarself/haar omstandighede
aan die einde van die roman aanvaar het. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS E
"Jy's mal om so tekere te gaan," sê Elsabet toe sy vieruur koffie en beskuit
bring. Sy kyk rond in die kombuis wat al leefbaar begin lyk: ...
Toe sy weer weg is, drink Ryna en Jannerik hulle koffie voor die agterdeur.
"Jannerik? Weet jy hoe die stoof werk?"
"Ek sal houtgoed bring en hom opmaak, Mama-Meeu." 5
Ek het nog 'n naam gekry. Saam met al my ander name.
***
Toe sy by haar blyplek kom, is daar 'n warm, gesellige gloed in die karige
kombuisie: die skoongeskuurde swartstoof het smeulende kole in sy vuurherd
en bo-op staan 'n enorme kan kokende water. Dis Jannerik, besef sy
dankbaar, wat vir haar badwater gemaak het. 10
***
Sy skink die tee klaar en klink meteens heftig: "Ek sien nie kans om my kind
hier groot te maak nie. Jacob wil dit nie verstaan nie." Sy kyk Ryna in die oë:
"Onthou, dis anders as mens hier is en jy weet jy het 'n plek om na toe terug te
gaan, soos jy. Maar ek ..."
***
Ek is besig om my lewe oor te maak. 15
Sy stap by haar blyplek in en sit die oorvol emmer stort-stort op die
houtbankie in die hoek neer.
Sy maak die klein deurtjie van die swartstoof oop en steek twee stompies
in, maak dit brand.
Ek het waaragtig teruggekom na die eenvoud van die aarde. 20
3.1 Wat was Ryna se naam voordat sy na Meeuland toe gekom het? (1)
3.2 Voltooi die volgende paragraaf deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.4) neer.
Min mense het geweet waarom Ryna die Kaap verlaat het. Vincent, haar
man, het eers haar seun, (3.2.1) ..., geskiet en toe selfmoord gepleeg.
Ryna se huis het ook (3.2.2) ... Daarna het Ryna 'n tydjie in die (3.2.3) ...-
kliniek (naam van die plek) deurgebring. Sy is daarna vir (3.2.4) ... jaar
Meeuland toe gestuur. (4)
3.3 Noem TWEE dinge wat Ryna vir prof. Van Keulen en die Instituut op
Meeuland moes gaan doen. (2)
3.4 " 'Jy's mal om so tekere te gaan,' sê Elsabet ..." (Reël 1).
In hierdie uittreksel is Elsabet negatief. Waarom was sy aan die begin van
haar verblyf meer positief oor Meeuland? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/2019
SS/NSS
3.5 Lees reëls 7 tot 10.
Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') dat Jannerik vir Ryna badwater
warm gemaak het nie? (1)
3.6 Lees reëls 12 tot 14.
3.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die manier waarop Elsabet met Ryna praat, wys dat sy (vir Ryna
bejammer/wens sy was Ryna). (1)
3.6.2 Waarom sou 'n mens vir Elsabet kon sê dat sy verkeerd was om
soos in reëls 13 en 14 te voel? (1)
3.7 Jacob wou nie vir Ryna op Meeuland gehad het nie. Later het die
verhouding tusen hulle twee verbeter.
3.7.1 Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Jacob
dit vir Ryna moeilik gemaak het om op Meeuland welkom te voel. (2)
3.7.2 Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat die
werksverhouding tussen Jacob en Ryna later verbeter het. (2)
3.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.8) neer.
Ryna se CB-naam "Mama-Meeu" het goed by haar gepas omdat sy ...
A as vriendin vir Doreen bygestaan het.
B die klein duikerkuiken grootgemaak het.
C as versorger vir Janka en Jacob opgetree het.
D vir die pikkewyn die naam Flip-Flap gegee het. (1)
3.9 Ryna se lewe op Meeuland het baie van haar lewe in Kaapstad verskil.
Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. Konsentreer in jou antwoord
NET op Ryna se lewe in die Kaap. (1)
3.10 Hoe het Ryna se koms na Meeuland vir Jacob in sy persoonlike lewe
gehelp? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/2019
SS/NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS F
... Die prof kom tot by haar: "... ek kan maar net sê: knap gedaan! Ek vra myself
af waar al die inspirasie vandaan gekom het?" Hy gee haar skouers 'n drukkie.
"Nou ja, die hele Instituut wag op jou. Ek sien uit daarna om jou weer in jou eie
kantoor te sien!"
Ek kan nie teruggaan Kaap toe nie, prof. Ek kan nie weggaan nie. Ek hoort 5
waar ek hoort.
... Sy sien haarself op die eiland: by die malgasse ... die dag toe hy vir haar
die ou handskoen aangegee het. By die geheime babagraffie ... op die jettie ...
Jacob, Jacob. Sy sien hom regoor haar deurmekaar tafel met sy hande sag om
haar sketse. 10
***
Sy en Jannerik het haar plek begin opruim. Sy het haar boeke in bokse
gepak, en ook haar skulpe en vere en stukkies dryfhout.
"Die kaptein het gesê ons moet die gordyne en die kombuisgoed net so los,
vir as Mama-Meeu weer kom kuier. Mama-Meeu?"
"Jannerik?" 15
"Dis swaar tye vir my, Mama-Meeu."
"Ek weet, Jannerik. Vir my ook."
"Maar ek sal ons boom oppas. En dan sal ek als onthou ..."
***
Ryna laat haar in een van die nuwe, sagte stoele sit.
"Ek kan voel jy leef hier, Ryna. Die warmte omring my." 20
"Ek is baie gelukkig hier, ... En dankbaar. Ek het vrede met my verlede
gemaak."
3.11 Lees reëls 1 tot 4.
Watter geleentheid het Ryna hier bygewoon? (1)
3.12 "Ek kan nie teruggaan Kaap toe nie, prof. Ek kan nie weggaan nie. Ek
hoort waar ek hoort.″ (Reël 5 en 6)
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.12) neer.
Met hierdie gedagte van Ryna wil die verteller vir ons sê dat Ryna ...
A ervaar dat die hartseer herinneringe van die Kaap nog lewend is.
B bang is dat daar mense in die Kaap is wat haar sal wil seermaak.
C voel sy wil nie die kinders van die skool in die steek laat nie.
D finaal besef waar haar hart lê. (1)
3.13 Noem DRIE gebeurtenisse op Meeuland wat Ryna altyd aan die jettie sal
laat dink. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/2019
SS/NSS
3.14 Jacob was dankbaar dat Ryna toe eindelik van Meeuland af weggegaan
het.
Haal 'n sin uit reëls 11 tot 18 aan om aan te dui dat hierdie stelling
ONWAAR is. (1)
3.15 "Maar ek sal ons boom oppas." (Reël 18)
Waarom kon Jannerik nie by hierdie belofte hou nie? (1)
3.16 Uiteindelik het Ryna se begeerte om nie weer terug te gaan Kaap toe nie,
vir haar waar geword.
3.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Nadat Ryna Meeuland moes verlaat, het (Ant Hansie/Ousanna)
aangebied dat Ryna haar huisie kon koop. (1)
3.16.2 Noem TWEE redes waarom dit uiteindelik 'n goeie besluit was
dat Ryna in dié huisie kon gaan bly. (2)
3.17 "Ek het vrede met my verlede gemaak." (Reël 21 en 22)
Gee TWEE redes uit die roman waarom 'n mens kan sê dat Ryna wel
vrede met haar verlede gemaak het. (2)
3.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Aan die einde van die roman het Ryna gesê: "Ons sal bymekaar staan,
want ons is Meeulanders."
Daarmee het sy bedoel dat sy, Janka, Jannerik en Jacob (dieselfde oor
Meeuland gevoel het/almal weer eendag op Meeuland sou gaan woon). (1)
3.19 Watter les het jy geleer uit:
3.19.1 Jacob se vooroordeel teenoor Ryna in die begin (1)
3.19.2 Die manier waarop Ryna dié vooroordeel hanteer het (1)
3.20 Ryna het die mense van Salamanderbaai positief beïnvloed.
Motiveer die stelling deur aan te dui hoe Ryna vir Doreen en Mathys
positief beïnvloed het. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS G
"Ek ken nie jou agtergrond nie en ek weet ook nie wat by julle huis gebeur
nie, maar dit is vir my duidelik dat jy vir iets of iemand baie kwaad is. En dis nie
regverdig dat jy dit op ons uithaal nie." …
... "Ek dink jy het baie potensiaal, maar dan sal jy moet ophou om so
stilletjies onder die radar deur te oorleef." ... "Dit sal dalk help as jy met iemand 5
praat oor wat jou pla." …
"Ek wil hê jy moet Donderdagmiddag vir een van die rolle vir die nuwe stuk
kom lees."
***
Braam lê soos gewoonlik voor die televisie.
"Het jy nie huiswerk nie?" vra sy geïrriteerd. 10
Braam ignoreer haar en sit die televisie kliphard.
"Braam, sit sagter!" skreeu sy. Hy lag en skakel oor na 'n ander kanaal.
"Wat byt jou?" vra hy terwyl hy die televisie sagter sit en haar met een van
die bank se kussings gooi.
"Waar’s Ma?" vra sy vies, terwyl sy die kussing eenkant toe skop. 15
"Jy kan my soen as ek weet," sê Braam terwyl hy hom op die bank uitrek.
Haar ma het vanoggend gesê sy het 'n runny tummy en dat sy by die huis
gaan bly terwyl sy bewerig vir haar 'n koppie koffie in die kombuis geskink het.
4.1 In watter stad speel hierdie roman af? (1)
4.2 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.4) neer.
In hierdie roman leer ons vir Lien beter ken. Lien is nou al 'n jaar
in Hoërskool (4.2.1) … Hulle moes hulle bekende omgewing verlaat en
woon nou in 'n klein (4.2.2) … wat geen uitsig het nie. Haar pa is vir
(4.2.3) … jaar tronk toe gestuur. Hy het erken dat hy oneerlik met ander
mense se (4.2.4) … was. (4)
4.3 Aan die begin van die roman het dit gelyk asof Lien wil wegkom van haar
omstandighede.
Gee 'n voorbeeld uit die roman wat hierdie stelling bewys. (1)
4.4 Lien se ma het ook probeer om uit haar omstandighede weg te kom.
Noem TWEE maniere waarop sy uit hierdie omstandighede probeer
wegkom het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/2019
SS/NSS
4.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer
Die manier waarop Braam in reëls 9 tot 14 reageer, laat dit lyk asof hy …
hulle omstandighede.
A opgewonde is oor
B gespanne is oor
C onbewus is van
D hartseer is oor (1)
4.6 Lien was verantwoordelik en onselfsugtig.
4.6.1 Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Lien 'n
verantwoordelike meisie was. (2)
4.6.2 Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Lien
onselfsugtig was. (2)
4.7 Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') dat Lien en Wouter so vinnig
goeie vriende geword het nie? (1)
4.8 Dit het vir Lien gehelp dat tannie Bets so baie mense geken het.
Motiveer uit die roman waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
4.9 Waarom was dit slim van juffrou Breytenbach om vir Lien te vra om 'n
oudisie vir die dramaproduksie te doen? (1)
4.10 Toe Lien vir Sally Swanepoel ontmoet het, het sy nie van Sally gehou nie.
Hoe het Sally Swanepoel vir Lien gehelp om haar kop hoog te hou? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/2019
SS/NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
"Sal Ma weer drink …?" vra Lien ná 'n ruk …
"Die Here weet, ek weet nie. Harry sê dit bly by jou vir die res van jou lewe."
Sy draai na Lien. "Maar ek gaan vrek hard probeer, regtig, regtig." …
“ "Sal ons ooit vir Pa kan vergewe?" vra sy huiwerig …
"Kom ek gaan wys jou die kapelletjie!" sê haar ma skielik opgewonde. "Dis 5
klein, maar nogal cute. En hulle speel Bach! Dis nou wel backtracks, maar dis
beter as niks."
Daar is skielik iets in haar ma se oë wat Lien van lank gelede onthou. Dis
soos 'n ou droom wat jy lankal vergeet het en waaraan iets jou skielik herinner.
'n Lekker droom. 10
***
"Ek praat baie met jou. In my kop. Elke dag. Ek weet ek het julle seker vir
altyd verloor en ek wonder elke dag of julle my ooit sal vergewe."
Lien byt op haar onderlip. Sy sal nie huil nie. Sy kyk woordeloos na hom. Sy
voel die trane agter haar ooglede brand.
"Wanneer kom jy uit?" vra sy oplaas. 15
"Seker so oor ses maande, as alles goed gaan." …
"Waarheen gaan jy dan?"
Hy haal sy skouers op. "Seker maar eers na oom Frank-hulle." …
"Ek gaan nie meer regte swot nie," verander sy die onderwerp.
Hy lyk teleurgesteld. 20
4.11 Waar vind die gesprek tussen Lien en haar ma plaas? (1)
4.12 Lees reël 1.
4.12.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die manier waarop Lien hierdie vraag vra, wys dat sy
(wonder of/seker is dat) sy die regte antwoord gaan hoor. (1)
4.12.2 Waarom sou Lien só voel as sy hierdie vraag aan haar ma vra? (1)
4.13 Dit wat Lien in haar ma se oë gesien het, het haar bang gemaak.
Haal 'n sin uit reëls 8 tot 10 aan om aan te dui dat hierdie stelling
ONWAAR is. (1)
4.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (4.14) neer.
Met die baie vrae wat Lien tydens hierdie besoek vir haar ma vra, wil die
verteller aandui dat ...
A Lien baie nuuskierig is.
B dit vir Lien belangrik is om haar ma se situasie te verstaan.
C Lien wou weet wat om vir tannie Bets van haar ma te gaan vertel.
D Lien nie gehou het van die stiltes wat daar in die gesprek was nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/2019
SS/NSS
4.15 Op watter DRIE maniere het Lien gewys dat die besoek aan haar ma vir
haar moeilik was? (3)
4.16 Lien se pa was teleurgesteld omdat sy nie meer regte wou studeer nie.
Gee TWEE moontlike redes waarom hy dink sy nie meer regte wou studeer
nie. (2)
4.17 Die hoofstuk, "Naspel", aan die einde van die roman suggereer 'n gelukkige
einde vir die gesin.
4.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Lien-hulle sit op die rusbank en (kyk na 'n video/beplan 'n
vakansie by die see). (1)
4.17.2 Watter ander TWEE karakters, behalwe haar ma en Braam, maak
dat Lien nou baie gelukkig is? (2)
4.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Ons lei ook uit die hoofstuk, "Naspel", af dat Lien toe drama gaan studeer
het. Ons kan sê dat dit (Miemie/Weird Maria) was wat die saadjie hiervoor
geplant het. (1)
4.19 Waarom kan 'n mens sê dat Gerhard (Kuifie) daarvoor verantwoordelik was
dat Lien uiteindelik haar potensiaal kon bereik?
Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2)
4.20 Lien se Lankstaanskoene is nie net 'n boek wat lekker lees nie, maar dis
ook 'n boek met karakters wat 'n mens lank sal onthou.
4.20.1 Watter les het jy by Lien se bedelaarsvriend, Tibbey, geleer? (1)
4.20.2 Dink aan Lien of haar ma of haar pa.
Wat het jy by enige EEN van hierdie karakters oor vergifnis (om te
vergewe) geleer? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
VRAAG 5: POPPIE DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS I
STONE. Die drie broertjies wat voor Poppie gekom het, het ook Engelse
doopname gekry – Philip en Stanley en Wilson.
MOSIE. Maar ouma Hannie het haar maar altyd "Poppie" genoem.
OUMA HANNIE. Of Pop – my ou Poppietjie!
STONE. En Wilson – die kind wat skaars kon loop toe Poppie in sy plek op 5
ouma Hannie se rug vasgemaak moes word, het Ouma "Mosie" genoem.
OUMA HANNIE (nostalgies). Ou Moos. My Rooiwielwagentjie.
HOEDJIE. En Philip was maar van altyd "ou Plank".
PLANK. En Stanley was maar altyd "ou Hoedjie".
Hoedjie spring op en begin al om Ouma hop. 10
HOEDJIE. Ou Hoedjie, ou Hoedjie!
Ek staan op my voetjie,
my naam is ou Hoedjie!
OUMA HANNIE. Tsamaya – jy's weer uit jou vel uit! (Sy stoot hom eenkant toe.)
***
MOSIE. En toe kom ouma Hannie ... om by ons te bly, en Plank is vyftien 15
jaar oud en gaan werk op die skuide.
PLANK. Ek is mos nou 'n man. Moenie lat dit jou bodder lat ons by die
stiefpa moet bly nie. Ek kry my eie huis in die fabriek se barrakse en julle
kom die lot by my bly.
MOSIE. En Poppie het vir hulle gesôre, en ma Lena se kinders opgepas, 20
totdat Ouma Hannie siek geword en afgesterwe het ...
POPPIE. Ná my ouma Hannie dood is, het ons aangebly in Plank se huis.
Ek en Hoedjie en Mosie en Plank.
5.1 Op watter dorp het Poppie en haar broers by ouma Hannie gewoon? (1)
5.2 Noem TWEE dinge waaroor ouma Hannie baie streng met Mama se
kinders was. (2)
5.3 Gee 'n voorbeeld uit die drama om aan te dui dat dit vir die kinders lekker
by ouma Hannie was. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/2019
SS/NSS
5.4 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (5.4.1 tot 5.4.4) neer.
In hierdie drama leer ons vir Poppie beter ken. Poppie se (5.4.1) ... het nie
mooi vir hulle gesorg nie en toe het Poppie en haar drie broers by ouma
Hannie gaan woon. Mama Lena het later by die visfabriek op (5.4.2) ...
werk gekry. By bhuti Mbatane het Mama nog drie kinders gehad en Poppie
was die liefste vir (5.4.3) ... Toe Poppie dertien jaar oud was, het sy ook by
die visfabriek as (5.4.4) ... 'n werk gekry. (4)
5.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (5.5) neer.
Nadat Poppie met Stone, 'n Xhosa-man, getroud is, is sy ... om Kaap toe
te gaan.
A gevra
B genooi
C gedwing
D gesoebat (1)
5.6 Poppie en Mama het voorgestel dat Katie skool moes los om Poppie se
kinders in die Kaap op te pas.
Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') nie? (1)
5.7 Poppie se kinders moes gou daaraan gewoond raak dat hulle lewens
ontwrig (''disrupt'') word.
Motiveer uit die drama waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
5.8 Waarom was dit slim van Poppie om Ciskei toe te gaan toe sy nie meer
haar pas kon verleng nie? (1)
5.9 Op watter manier het Stone se ouers vir Poppie ná Stone se dood gehelp? (1)
5.10 Poppie se ouma en skoonmense kon trots op háár wees, maar Bonsile het
baie probleme vir Poppie veroorsaak.
5.10.1 Gee TWEE voorbeelde uit die drama wat daarop dui dat Poppie
se ouma of skoonmense trots op háár kon wees. (2)
5.10.2 Gee TWEE voorbeelde uit die drama wat daarop dui dat Bonsile
net hartseer vir sy ma gebring het. (2)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/2019
SS/NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS J
POPPIE. Wanneer kry hierdie moeilikheid end, Mama?
MOSIE. Dit sal nie maklik end kry nie, Sisi. Dit was nie net die Afrikaans
education-ding nie …
MAMA. Die kinders word nou astranter. Hulle noem hulleself die Comrades,
hulle sê vir die grootmense: ... 5
***
MR GREEN. Wilson ...
MOSIE. Ja, baas?
MR GREEN. ... wat is dit dan met die kinders, of die comrades, wat soek
hulle nog?
MOSIE. Die youngsters hulle praat mos nie met ons nie … 10
MOSIE. Die tyd is nie meer dieselfde nie, boss. Hulle is meer advanced as
wat ek nou is. Wat ek nou gaan staan, gaan hulle nie staan nie.
MR GREEN. Ek kan vir jou broer werk gee, Wilson, sê hy moet my kom
sien. Hy kan nie so rondlê en niks doen nie.
MOSIE. Hy's nie interested nie, boss, hy sê hy wil nog leer, hy't maar altyd 15
sy briefcase langs hom en sy papiere. Hy wil predikant word, maar sy
skool is gesluit. Die skool sal weer oopgaan, sê hy. Hulle het ingegee,
because why, they're ruled by the gun, maar as iemand jou met die gun
rule jy gaan hardloop, jy gaan hardloop, jy gaan moeg word van die
hardloop, jy gaan omdraai. As ek nou dink van my af wat nie 'n youngster 20
is nie, ek weet wat ek voel, ek dink hulle moet dit meer voel, beter voel of
slegter voel. Times have changed, boss.
5.11 Lees reëls 1 tot 5.
5.11.1 Die kinders was ongelukkig omdat hulle sekere vakke in
Afrikaans moes doen. Daarom het hulle in opstand gekom.
Gee nog EEN rede waarom die kinders ongelukkig was. (1)
5.11.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die manier waarop Poppie hier praat, wys dat sy
(moedeloos/tevrede) oor die opstande is. (1)
5.11.3 Waarom het Poppie só (soos in VRAAG 5.11.2) oor die
opstande gevoel? (1)
5.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (5.12) neer.
Die dialoog in reëls 6 tot 20 se funksie is om aan te dui dat ...
A Mosie baie respek vir sy werkgewer gehad het.
B al Poppie se broers ook betrokke by die opstande was.
C wit mense nie verstaan het waarom die jeug so opgetree het nie.
D die jeug onverantwoordelik en verkeerd was om met geweld in
opstand te kom. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/2019
SS/NSS
5.13 Mr Green wil niks met Jakkie te doen hê nie.
Haal 'n sin uit reëls 6 tot 14 aan om aan te dui dat hierdie stelling ONWAAR
is. (1)
5.14 Noem DRIE redes waarom die polisie vir Jakkie wou vang. (3)
5.15 Jakkie en die ander jongmense se opstandigheid kom al 'n lang pad.
5.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Dit was al tydens die staking van die werkers in die Kaap dat die
kinders hulle (vrees/respek) vir grootmense verloor het. (1)
5.15.2 Noem TWEE dinge wat die kinders gesien het wat hulle só (soos in
VRAAG 5.15.1) oor grootmense laat voel het. (2)
5.16 Die jongmense se geweld teen die land se wette het baie verhoudings
negatief beïnvloed.
Gee TWEE redes uit die drama waarom 'n mens hierdie afleiding kan maak. (2)
5.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Aan die einde van die drama besef Poppie dat sy haar kinders moet
(toelaat/verbied) om verder teen die apartheidswette van die land te stry. (1)
5.18 Watter les het jy uit hierdie drama geleer oor:
5.18.1 Die tyd toe daar apartheid was (1)
5.18.2 Moederliefde (1)
5.19 Poppie se manier om die onmenslike apartheidswette te hanteer, was beter
as Jakkie s'n.
Noem TWEE redes waarom 'n mens kan sê dat Poppie se manier beter was.
Konsentreer NET op Poppie se manier. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
HENDRIK: ... Stop, jy maak die battery moeg! (Hy loer onder die enjinkap
uit. Sy moue is opgerol, sy hande swart en daar is klaar 'n swart blerts oor
sy gesig. Hy kom om die motor na sy deur toe.) Kry nie petrol nie.
(... Hendrik kom leun op sy vensterbank en loer deur die venster na Katrien.)
En waar kry jy daardie goed? 5
***
HENDRIK (bars uit): Hier sukkel ek my mallemaai af om 'n kar aan die loop
te hou, maar jy ...
KATRIEN (nou self kwaad): 'n Kar! Watse kar? Noem jy dit 'n kar? (Die kind
is besig om met sy drie klippe te goël. Die kar is op die agtergrond. En
Hendrik regs. Terwyl die struweling vlam vat, klim Katrien links uit en klap 10
haar deur toe.) Jy kan nie 'n kar se wieldoppe bekostig nie, Hendrik
McDonald!
HENDRIK: Katrina, oppas wat jy sê ...
KATRIEN: Hoekom? (Die kind vang 'n klip mis en die ander twee val ook
tussen sy hande deur.) 15
***
Sy lóóp.
Hy klim weer onder die kar se kap in.
Die kind is nêrens.
***
HENDRIK (gaan staan weer in die agterdeur): Die ... goed wat jy gesê het
vandag ... (Sy rug is na haar toe. Hy kry dit nie gevra nie. Sy sit en wag.) ... 20
Jy't seker als gebedoel.
KATRIEN: Seker nie als nie.
HENDRIK: Watter het jy gebedoel?
6.1 Wat het die rusie langs die pad tussen Hendrik en Katrien laat ontstaan? (1)
6.2 Katrien se woorde oor Hendrik se kar (reëls 6 tot 12) het hom seergemaak.
Noem nog TWEE ander dinge wat Katrien gesê het (behalwe oor die kar)
wat vir Hendrik seergemaak het. (2)
6.3 Gee 'n voorbeeld uit die drama dat Hendrik en Katrien se verhouding reeds
vóór hierdie insident nie goed was nie. (1)
6.4 Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') dat Willem, tydens hierdie rusie,
na Manuel toe weggeloop het nie? (1)
6.5 Waarom was dit slim van Manuel om daardie aand vir Willem te dwing om
huis toe te gaan? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/2019
SS/NSS
6.6 Wat het Hendrik, die aand toe Willem verdwyn het, aan Katrien oor hulle
verhouding erken? (1)
6.7 Die oggend toe Willem gevind is, wou hy sy ouers gelukkig laat lyk.
Motiveer uit die drama waarom hierdie stelling WAAR is. Dui aan wat
Willem gedoen het. (1)
6.8 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (6.8.1 tot 6.8.4) neer.
Willem se verdwyning het probleme veroorsaak. Hendrik het die (6.8.1) …
se hulp ingeroep toe hulle nie vir Willem kon kry nie. Toe hulle opdaag om
na Willem te soek, het die honde reguit op die vervalle ou skuur afgestorm
waar (6.8.2) ..., Willem se geheime vriend, gebly het. Teen die mure was
daar figure soos 'n draak of 'n hond geteken en daar was ook die gesig
van 'n (6.8.3) ... Hendrik het gesê die goed op die tafelblad was sy kind se
(6.8.4) ... (4)
6.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (6.9) neer.
Nadat die mense wat na Willem gesoek het die stasie verlaat het, was
hulle baie ... oor wat daar by Hendrik-hulle aan die gang was.
A eerlik
B kwaad
C tevrede
D suspisieus (1)
6.10 Na die verdwyning en terugkeer van Willem verander verhoudings in die
McDonald-gesin.
6.10.1 Gee TWEE voorbeelde uit die drama wat daarop dui dat Katrien
se houding teenoor Hendrik verander het. (2)
6.10.2 Gee TWEE voorbeelde uit die drama wat daarop dui dat Emma
ook verander het. (2)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/2019
SS/NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS L
En Hendrik staan op, vat sy hoed van die stoel se leuning af en loop uit
die vertrek.
DOMINEE (ná 'n oorblufte stilte): Suster. (Hy kyk vir die deur en dan weer vir
haar.) Suster – dis erger as wat ek gedink het!
***
WILLEM: Is dit sonde? 5
NAR (kyk verbaas op): Sonde? (Willem knik.) Om op mure te teken? …
NAR: ... Kan ek Sondag jou fiets leen?
WILLEM: Hoekom?
NAR: Ek dink sommer – miskien moet ek 'n slag weer kerk toe gaan.
***
'n Lang stuk teerpad. Die nar kom op 'n fiets aangery. Hy het sy sirkuspak 10
aan en sy gesig is gegrimeer. Hy kom verby en ry teen 'n afdraande af. Voor
hom in die laagte lê die dorpie…
***
Die nar sien hier kom moeilikheid, vlieg op en vlug uit die kerk uit.
En tien, twaalf, twintig mans storm uit die banke uit agterna.
Buitekant die kerk gryp die nar sy fiets, spring op en jaag straataf. Die 15
swartgeklede kraaie storm in die straat in en kyk rond, beduie. Hulle sien die
nar dóér trek. Party begin agterna hardloop. Ander storm vir hulle bakkies.
'n Ent af in die straat jaag die nar op sy fiets. Hy kyk om en sien die spul wat
agterna kom. Hy swaai in 'n systraat in, spring by 'n heining van sy
fiets af, ... 20
Die werf by Hendrik-hulle se huis lyk verlate. Binnekant is iemand besig om
klavier te speel.
6.11 Lees reël 3 en 4.
6.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die manier waarop die dominee hier praat, wys dat hy
(geskok was oor/belanggestel het in) Hendrik se siening voordat
Hendrik uitgestap het. (1)
6.11.2 Wat het Hendrik gesê wat die dominee só laat voel het? (1)
6.12 Lees reël 5 en 6.
Oor watter ander sonde het die dominee kom praat waaroor Willem vir
Manuel uitgevra het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/2019
SS/NSS
6.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (6.13) neer.
Die toneel in reël 21 en 22 het 'n spesifieke doel. Dit ...
A wys dat die nar nie op die werf is nie.
B dui aan dat Emma 'n goeie klavierspeelster is.
C beskryf hierdie stasie as baie klein en verlate.
D vorm 'n kontras met die skietery wat net daarna gebeur. (1)
6.14 Die nar het seker gemaak dat niemand hom maklik in die kerk sou opmerk
nie.
Haal 'n sin uit reëls 9 tot 14 aan om aan te dui dat hierdie stelling
ONWAAR is. (1)
6.15 Ons het vir Hendrik leer ken as 'n man wat vinnig kwaad word.
6.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die leser (kry dus respek vir/voel dus ongelukkig oor) Hendrik se
optrede nadat Willem vir hom gesê het dat die nar sy maat is. (1)
6.15.2 Noem TWEE dinge wat Hendrik gedoen het wat die leser só
(soos in VRAAG 6.15.1) laat voel. (2)
6.16 Die dorpsmense het aggressief teenoor die McDonalds gereageer omdat
die McDonalds anders as hulle was.
Gee DRIE voorbeelde van die dorpsmense se aggressie. (3)
6.17 Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat die dominee en die
gemeentelede bevooroordeeld ("biased") teenoor die nar was. (2)
6.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Aan die einde van die drama besef Sakkie en Ouderling Bothma dat hulle
(verkeerd/reg) teenoor die McDonalds opgetree het. (1)
6.19 Willem het situasies met vreemde mense en dinge beter as baie
grootmense in hierdie drama hanteer.
Motiveer hierdie stelling met TWEE voorbeelde uit die drama. (2)
6.20 Wat het jy uit hierdie drama geleer oor:
6.20.1 Die rol van kommunikasie in verhoudings (1)
6.20.2 Die invloed van ouers se huweliksprobleme op kinders (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 7: FIELA SE KIND, DIE DRAMA – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS M
NINA: Kan jy 'n geheim hou?
LUKAS: Watse geheim?
NINA: As jy saam met my kom, gaan wys ek jou die geheim.
LUKAS: Ek gaan nêrens heen nie.
***
NINA: Jy moet ophou neuk. As Pa kwaad word en die osriem vat, gaat hy vir 5
jou slat dat jy jou natmaak.
LUKAS: Ek het vyf sjielings.
NINA (agterdogtig): Wat jy waar kry?
LUKAS: As jy my wys hoe om uit die Bos te kom, sal ek jou sê waar dit is.
***
ELIAS: Ek sal vir haar vasmaak soos jy 'n wegloop-os vasmaak. Ek sê vir 10
jou daar is fout met haar.
Ligte doof uit. Musiek. Ligte op.
ELIAS: Nina! Lukas!
BARTA: (kom uit huis): Elias ...
ELIAS: Moenie kom neul nie, vrou! 15
BARTA: ... maar moenie vir Lukas slaan nie.
***
ELIAS: ... (ELIAS spring op en gryp na NINA.) Jou klein blikskottel, gedink
julle kan byl neergooi en wegraak, nè? Gedink my oë is toe! Gedink ek
slaap! Maar hiervoor sal julle bars tot ék sê dis genoeg. Hoor jy my,
maaksel? (Trek haar aan die bos hare rond.) 20
NINA: Eina, Pa!
ELIAS: Vreksel! Julle het gedink julle kan met my mors, nè?
NINA: Nee, Pa.
ELIAS: Waar’s Lukas?
NINA: Ek weet nie, Pa. Ek het hom gaan soek, Pa. 25
ELIAS: Wat lieg jy daar?
NINA: Ek het hom gaan soek, Pa. Eina, Pa!
7.1 Wattter geheim wou Nina vir Lukas gaan wys kort nadat hy in die Bos
aangekom het? (1)
7.2 Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat Nina die persoon was op wie
Lukas kon staatmaak. (2)
7.3 Gee 'n voorbeeld uit Nina se gedrag as kind om aan te dui dat sy anders
as die res van die Van Rooyens was. (1)
7.4 Waarom was dit slim van Barta om vir Elias te waarsku om nie vir Lukas
te slaan nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/2019
SS/NSS
7.5 Nina kon nie seker wees dat haar ma haar teen haar pa sal beskerm nie.
Motiveer uit die drama waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
7.6 Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') dat Nina vir Lukas verraai het
nie? (Reël 25) (1)
7.7 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (7.7.1 tot 7.7.4) neer.
Elias het nooit vir Nina verstaan nie. As hy vir haar werk gegee het, het sy
maklik (7.7.1) ... toe verdwyn waar sy Elias se mishandeling kon vryspring
en kon droom. Elias was eendag so kwaad vir Nina dat hy haar hare met 'n
stomp (7.7.2) ... afgesny het. Haar pa het verwag dat sy en haar broers die
hout moes opsaag sodat hy (7.7.3) ... daarvan kon maak. Van al haar
broers, was (7.7.4) ... haar beste maat. (4)
7.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (7.8) neer.
Nina het vir die eerste keer in haar lewe ... gewys toe sy die Bos moes
verlaat.
A vrees
B woede
C tevredenheid
D opgewondenheid (1)
7.9 Toe Nina die laaste keer terug Bos toe is, het sy haar geroeste mondfluitjie
en vuil bottels begrawe. Waarvan is dit 'n simbool? (1)
7.10 Grootmense se besluite het Benjamin en Nina se lewens verander.
7.10.1 Hoe het die magistraat se besluit dat Benjamin by die Van
Rooyens moes gaan bly, Benjamin se lewe negatief verander? (1)
7.10.2 Hoe het Elias se besluit dat Nina op die dorp moes gaan werk,
Nina se lewe positief verander? (1)
7.11 Aan die einde van die drama het Nina se houding teenoor haar ouers en
Benjamin se houding teenoor Fiela-hulle verskil.
Sê wat hierdie verskil is en verwys in jou antwoord na Nina EN Benjamin. (2)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/2019
SS/NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS N
FIELA: Here, baas, jy kan my nie wegjaag nie.
MAGISTRAAT: Konstabel!
FIELA (op band): Seil, Fiela, seil. (Gewone spraak.) Asseblief, weledele
heer, ek sal loop, ek wou nie kom moeilikheid maak het nie. (Loop agteruit.)
Ek sal loop, baas – ek loop. Sê my dan net waar die kind is, baas. Sê my net 5
wie die mense is by wie hy is.
***
KAPP: Van Rooyen, mister Goldsbury het gesê ek moet uitvind of die seun
baie praat oor die mense in die Lange Kloof by wie hy gebly het.
ELIAS: Nie 'n woord nie, mister.
***
KAPP: Daar was glo moeilikheid met die vrou by wie hy weggeneem is. 10
BARTA (onrustig): Wat se moeilikheid?
KAPP: Ek weet nie, ek hoor maar die magistraat het haar glo belet om die
kind te probeer opsoek.
BARTA: (skrik haar oorhoeks): Opsoek?
***
KAPP: ... Hoe lank skat jy gaan die kinders nog wegbly? 15
ELIAS: Moeilik om te sê, mister Kapp. Moeilik. (Lang pouse). Mister kan die
magistraat met 'n skoon gemoed loop sê dat dit goed gaan met hom. Ek
meen, hy's mos nou darem onder sy eie mense.
***
Deur oop.
ELIAS: (kom in met LUKAS se goed; kortaf): Hulle het vandag jou goed 20
gebring, Lukas.
LUKAS: Wie het dit gebring? Wie het my goed gebring?
ELIAS: Sy sê haar naam is Fiela Komoetie. ...
LUKAS (skree): Waar's sy? Waar is my ma?
7.12 Die eerste keer toe Fiela die magistraat gaan soek het, wou sy weet waar
Benjamin was.
Wat het Fiela die tweede keer by die magistraat op Knysna gaan maak? (1)
7.13 Lees reël 3 en 4.
7.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die manier waarop Fiela hier praat, wys dat sy
(kwaad/desperaat) was. (1)
7.13.2 Waarom sou Fiela só (soos in VRAAG 7.13.1) gevoel het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/2019
SS/NSS
7.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (7.14) neer.
Die toneelaanwysings in reëls 11 en 14 beklemtoon dat Barta ...
A senuweeagtig oor Kapp se woorde was.
B kwaad was omdat Elias vir Kapp gelieg het.
C geweet het dat die magistraat vir Kapp gestuur het.
D ongelukkig was omdat Kapp geweet het dat Elias vir Lukas slaan. (1)
7.15 Die magistraat het glad nie daarin belanggestel om te weet wat van
Lukas geword het nadat hy hom aan die Van Rooyens gegee het nie.
Haal 'n sin uit reëls 1 tot 10 aan om aan te dui dat hierdie stelling
ONWAAR is. (1)
7.16 Ons het vir Fiela leer ken as iemand wat respek verdien.
7.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Elias het vir Fiela (hoflik/onbeskof) behandel toe sy Lukas se
goed vir hom gebring het. (1)
7.16.2 Noem TWEE dinge wat Elias vir Lukas oor Fiela gesê het wat
aandui hoe hy haar behandel het. (2)
7.17 Lukas moes 'n heel nuwe gesin (ma, pa, broers en suster) in die Bos leer
ken.
Noem DRIE redes waarom dit nie vir Lukas so lekker by die Van
Rooyens soos op Wolwekraal was nie. (3)
7.18 Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat Fiela geglo het dat Lukas nie
weer huis toe kom nie. (2)
7.19 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Aan die einde van die drama het Barta die (regte/verkeerde) besluit
geneem deur te sê wat daardie dag in die hof gebeur het. (1)
7.20 Waarom kan ons sê dat Benjamin uiteindelik vir Fiela en Selling meer
vreugde gebring het as Tollie, hulle biologiese seun? Motiveer jou
antwoord met TWEE feite wat NET op Benjamin konsentreer. (2)
7.21 Watter les sal jy altyd uit:
7.21.1 Fiela se optrede onthou (1)
7.21.2 Benjamin se lewe onthou (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
VRAAG 8: SPIEËLBEELDE
8.1 "OOM DRIES SE SORGE MET JANTJIE" – Felicia Goosen
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS O
... En dis net hier waar oom Dries se sorge met Jantjie begin.
Bedags speel Jantjie op die werf. Oom Dries prakseer vir hom 'n swaai
uit 'n ou Ford-buiteband en daar swaai hy vir ure lank onderstebo of wieg
ritmies heen en weer. Die kinders van die plaaswerkers speel graag met
hom en saans slaap hy voor die Aga. 5
Soos Jantjie grootword, groei die probleme. Getrou aan sy natuur vaar
hy die boord in en saai verwoesting onder die ryp koejawels. Nie uit honger
nie, nee, elke vrug kry net 'n bytmerk en word dan net so gelos of op die
grond neergesmyt.
***
... Die graaf en sak wat hy saamdra, is in sy pad en bly skuur-skuur teen sy 10
sitvlak teen die steil wal af. Toe hy onder kom, rus hy eers 'n rukkie onder
'n bos. Dis toe dat hy duidelik die gekraak van takke hoor asof iemand
haastig van die wal af ondertoe klouter. Hy voel hoe sy hele lyf koud word.
Hy kom regop en vat die graaf vas, gereed om wat ook al verskyn, met 'n
swaai van die graaf stil te maak. Saggies sluip hy om die bos en bly half 15
verskuil staan, elke spier oorgehaal, die graaf gelig, reg om te slaan.
Êrens maak 'n brandwagbobbejaan alarm en 'n skaduwee val vlak voor
sy voete.
8.1.1 Op watter plaas het oom Dries gewoon? (1)
8.1.2 Waarom het dit jou verras (''surprise'') dat oom Dries die klein
bobbejaantjie huis toe gevat het? (1)
8.1.3 Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat oom Dries moeite
gedoen het om Jantjie warm te hou toe hy hom huis toe geneem
het. (2)
8.1.4 Gee 'n voorbeeld uit die kortverhaal wat aandui dat Jantjie nie van
Sofie gehou het nie. (1)
8.1.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.1.5) neer.
Uit reëls 6 tot 9 kan ons aflei dat oom Dries … Jantjie se gedrag
sou voel.
A bekommerd oor
B onverskillig oor
C tevrede met
D trots op (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/2019
SS/NSS
8.1.6 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE
WOORDE in te vul. Skryf slegs EEN woord langs die
vraagnommers (8.1.8(a) tot 8.1.8(d)) neer.
Jantjie was 'n regte moeilikheidmaker. Hy het eendag die (a) ...
uitgegrawe en heeltemal stukkend gebyt. Toe oom Dries hom
wou paai, het hy oom Dries gebyt. (b) ... het hulp gaan soek.
Twee van oom Dries se (c) ... moes afgesit word. Oom Thys het
hom geskiet en opdrag gegee dat sy oorskot by die (d) ... gegooi
moet word. (4)
8.1.7 Nadat oom Thys vir Jantjie geskiet het, het bonatuurlike dinge op
oom Dries se plaas begin gebeur.
(a) Gee TWEE voorbeelde uit die kortverhaal waaruit ons kan
aflei dat daar ná Jantjie se dood bonatuurlike dinge gebeur
het. (2)
(b) Gee TWEE voorbeelde uit die kortverhaal wat daarop dui
dat oom Dries nie aan sulke bonatuurlike dinge gewoond
was nie. (2)
8.1.8 Oom Dries en oom Thys het goeie vriende gebly, selfs nadat
oom Thys vir Jantjie doodgeskiet het.
Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
8.1.9 Waarom was dit dom van oom Dries om sommer 'n hou met die
graaf te slaan toe hy die skaduwee voor hom gesien het? (1)
8.1.10 Waarom was dit goed dat oom Dries Jantjie se oorskot gaan
herbegrawe het? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/2019
SS/NSS
8.2 "ROT IN 'N VAL" – H du Plessis
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS P
... Werkers spat uitmekaar. In sy haas om weg te kom, hardloop een amper
vir Lerato om ... ''Ahwe,'' skree 'n reus van 'n man, ''julle moet keer, julle
moet mooi keer!''
***
''Dit sal gaaf wees as jy my help, baie dankie ...''
***
Die telefoon lui. Dis Groot Penuel wat wil weet of sy veilig tuis is … Sy 5
bly liewer stil oor Angelina, hy kan hom so opwen oor nietighede. ''Ek het
toe jou geld getrek en ja, ek het die deure op knip gesit,'' sluit sy die
gesprek af. Eintlik het Groot Penuel net gebel om te sê …
***
Lerato sluk. Sy moet tyd wen. Tyd vir wat? Groot Penuel kom nie middag
huis toe nie, ag, waarom was sy so dom? Gee die geld en laat haar loop, 10
pleit haar rede, maar sal sy loop, sal sy, terwyl ek haar so goed kan uitken?
***
"... Ja, ja. Nood, polisie, bel die polisie, 'n moorddadige vrou, 'n rower,
gewapende rower, ek weet dis nie u werk nie, 'seblief, 'seblief. Ek ken nie
die polisie se nommer nie …"
***
… en Groot Penuel lag saam, dis 'n stryd wat hy ook ken. Penuel sit op die 15
vloer, 'n wriemelende Igundane in sy mou. ''Ons trek terug nader na ander
mense toe, net so gou ons hier verkoop kry,'' sê Groot Penuel vir die
soveelste keer en neem Lerato se hand. ''Ek word koud as ek dink wat kon
gebeur het.''
8.2.1 Hoe lyk die buurt waar Lerato en Groot Penuel gewoon het? (1)
8.2.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.2.2) neer.
Die verteller se bedoeling met die beskrywing van die bang
mans in die skuur (reëls 1 tot 3) is om …
A te wys wat met Igundane gaan gebeur.
B die spanning in die verhaal te verhoog.
C spottend te wys hoe vrees mense laat reageer.
D die werkers se vrees vir rotte vir die klante te wys. (1)
8.2.3 ''Dit sal gaaf wees as jy my help, baie dankie.'' (Reël 4)
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies..
Lerato was (tevrede/ontevrede) met die manier waarop
Angelina haar aan die begin gehelp het. (1)
(b) Noem TWEE take wat Lerato vir Angelina gegee het om
te doen. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 36 DBE/2019
SS/NSS
8.2.4 '' … maar sal sy loop, sal sy, terwyl ek haar so goed kan
uitken?'' (Reël 11)
Noem DRIE kenmerke aan Angelina se gesig of kop waaraan
Lerato haar sal kan uitken. (3)
8.2.5 Lees reëls 12 tot 14.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die manier waarop Lerato hier met die ambulansdiens
praat, dui aan dat sy (baie bang/sonder vrees) was. (1)
(b) Wat het hierdie moorddadige vrou gedoen wat Lerato só
laat voel het? (1)
8.2.6 Dink aan die titel en die eerste gedeelte van hierdie kortverhaal.
Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die titel en die begin van hierdie verhaal laat die leser dink dat
Igundane (die held in hierdie verhaal gaan wees/iets gaan
oorkom). (1)
8.2.7 Groot Penuel het nie gedink sy vrou was in doodsgevaar nie.
Haal 'n sin uit die uittreksel aan om aan te dui dat hierdie stelling
ONWAAR is. (1)
8.2.8 Waarom kan 'n mens sê dat Kuku, die kat, net so 'n groot rol
soos Igundane gespeel het om vir Angelina te vang? Gee TWEE
redes. (2)
8.2.9 Waarom is die slot van hierdie verhaal 'n verrassing? Gee
TWEE redes. (2)
8.2.10 Watter les het jy:
(a) Uit Lerato se krisis oor veiligheid tuis geleer (1)
(b) By Groot Penuel geleer oor hoe 'n mens ná so 'n krisis
optree (1)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 37 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte uit die bundel wat jy bestudeer het.
VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL
9.1 "pryslied" – Antjie Krog
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Pryslied – Antjie Krog
1 in die sandkliphart
2 vandag
3 staan hy
4 kop en skraal skouers staan hy bo almal uit
5 houtskool en as is sy hare
6 hy, die sandkleurige seun van uNosekeni
7 uNosekeni die ma van Mandela
8 hy, die man met die vlesige palmkussings
9 hier staan hy
10 uit die gevestigde familie van uNgubengcuka
11 die seun van Dalindyebo
12 die seun van Mandela
13 hy van die rivieroewers by iNqunu
14 heelmaker uit die Thembu-stam
15 'n klein swart ster priem sy bolip
16 ons prys hom
17 hy wat nie lag nie en nie huil nie
18 eerste ratelaar van Umkhonto we Sizwe
19 die swart pimpernel
20 hy wat nie lag nie en ook nie huil nie
21 hier staan hy dan nou voor ons
22 Nelson Rolihlahla Mandela
23 getrokke tak van lank gelede
24 die sleepsel van sy blare lê wyd
25 legendaries is hy – opspoorder van harte
26 hy maak die pante bymekaar
27 van 'n verskeurde land
28 hy draai ons na mekaar toe vir mekaar
29 hy, heelmaker van mense
30 hy stig vrede
31 vrede, wat die ma is van groot nasies
9.1.1 Oor wie handel hierdie pryslied? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 38 DBE/2019
SS/NSS
9.1.2 Voltooi die sinne hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in
te vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (9.1.2(a) tot
9.1.2(d)) neer.
'n Mens kan hierdie pryslied se inhoud duidelik uiteensit.
(a) In reëls 4 tot 8 beskryf die pryssanger vir ons hoe Mandela ...
(b) Reëls 6 tot 14 stel ons aan sy ... voor.
(c) Reëls 16 tot 20 dui aan dat hy gedurende die vryheidstryd
'n ratelaar was. Dit beteken dat hy die ... van Umkhonto we
Sizwe was.
(d) Sy tweede naam was Rolihlahla en in reëls 21 tot 23 word
die ... van hierdie naam verduidelik. (4)
9.1.3 ''kop en skraal skouers staan hy bo almal uit'' (reël 4).
Gee die letterlike EN die figuurlike betekenis van hierdie versreël. (2)
9.1.4 Lees reëls 5 en 6.
(a) Waarom word sy hare as ''houtskool en as'' beskryf? (1)
(b) Waarna verwys die pryssanger as hy praat van die
''sandkleurige'' seun? (1)
9.1.5 Mandela kon nie sy emosies in die openbaar wegsteek nie.
Haal EEN versreël uit reëls 16 tot 20 aan wat hierdie stelling
ONWAAR maak. (1)
9.1.6 Jy was 'n polisieman wat tydens die vryheidstryd na Nelson Mandela
gesoek het.
Motiveer, met 'n feit uit die gedig, waarom hy jou en jou kollegas sou
frustreer het. (1)
9.1.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.1.7) neer.
Hierdie gedig is 'n voorbeeld van vrye vers, want …
A daar is baie voorbeelde van beeldspraak.
B sekere woorde word deur herhaling beklemtoon.
C die strofes en versreëls is nie almal ewe lank nie.
D lesers kan self besluit of hulle met die prysliedsanger
saamstem. (1)
9.1.8 ''die sleepsel van sy blare lê wyd'' (reël 24).
Motiveer waarom hierdie woorde WAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 39 DBE/2019
SS/NSS
9.1.9 Uit reëls 25 tot 27 kan ons aflei dat Nelson Mandela vrede in Suid-
Afrika gebring het.
Verduidelik in jou eie woorde watter TWEE dinge hy gedoen het om
vrede te bring. Gebruik net die inhoud van reëls 25 tot 27 in jou
antwoord. (2)
9.1.10 Waarom kan 'n mens al die dinge in hierdie pryslied glo? (1)
9.1.11 Gee TWEE redes waarom ''sandkliphart'' 'n goeie beskrywing van
die Uniegebou is. (2)
EN
9.2 "RONDOM MY" – Dawie de Jager
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
RONDOM MY – Dawie de Jager
1 Ek wil my tyd vat hierdie keer
2 ek moet my tyd vat hierdie keer
3 want die haastigheid in my
4 het my al veels te veel keer
5 ondergekry
6 my ondergekry.
7 Ek wil my tyd vat hierdie keer
8 ek moet my tyd vat hierdie keer.
9 Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë.
10 Ek weet daar is dinge wat jou ook nog pla
11 dinge wat jou terughou.
12 Kom wys my wie jy is en wie jy graag wil wees.
13 Kom wees net jy, kom wees net jy.
14 As jy wil tyd vat hierdie keer
15 kom vat 'n rukkie hier by my
16 As jy tyd wil vat
17 kom wees hier rondom my
18 kom wees hier rondom my
19 net as jy wil ...
20 net as jy wil.
9.2.1 Met wie praat die spreker? (1)
9.2.2 Hierdie spreker sien kans vir 'n nuwe verhouding, al het sy/haar
vorige verhoudings nie uitgewerk nie.
Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 40 DBE/2019
SS/NSS
9.2.3 Lees strofe 1.
Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
(a) Die spreker is van plan om (haastiger/versigtiger) as vroeër te
wees. (1)
(b) Motiveer jou antwoord met TWEE voorbeelde uit die gedig. (2)
9.2.4 Lees reël 9.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In hierdie konteks word "blou" met (hartseer/oorhaastigheid)
geassosieer. (1)
(b) Waarom sou die persoon wat in reël 9 aangespreek word, heel
moontlik so voel? (1)
9.2.5 Lees reël 12 en 13.
Watter les leer die leser by die spreker in hierdie gedig? (1)
9.2.6 Lees strofe 2 en 3.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Aan die manier waarop die spreker hier praat, kan ons sê dat
hy/sy (ongeduldig/gerusstellend) is. (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.2.6(a) met DRIE voorbeelde
uit die gedig. (3)
9.2.7 Kies die term uit KOLOM B wat by die voorbeeld in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (9.2.7(a) tot
9.2.7(b)) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Ek wil my tyd vat hierdie keer A alliterasie
(b) Kom wys my wie jy is en wie jy B enjambement
graag wil wees.
C inversie
(4 x 1) (4)
9.2.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
die antwoord (A–D) langs die vraagnommer (9.2.8) neer.
Die spreker maak baie van herhaling gebruik, want hy/sy ...
A is nie seker van sy/haar saak nie.
B wil die leser gerusstel dat die nuwe verhouding gaan werk.
C is bang die geliefde verstaan nie wat hy/sy probeer sê nie.
D wil die geliefde daarvan oortuig dat hy/sy bedoel wat hy/sy sê. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 41 DBE/2019
SS/NSS
9.2.9 Waarom sal hierdie gedig maklik gesing kan word (liriek)? Motiveer jou
antwoord met TWEE voorbeelde uit die gedig. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo
%20P2%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c0454537-68b2-4da8-a0f2-a21657a69233/v1-8c610f6d3b47188bee73/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper