Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12202514 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2025, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Gauteng June Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
JUNIE EKSAMEN GRAAD 12 2025 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (VRAESTEL 1) TYD: 2 uur PUNTE: 80 14 bladsye Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 (VRAESTEL 1) GR12 0625 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taal (40) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy. 4. Trek 'n streep na elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na ELKE antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 20 minute AFDELING C: 50 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 3 (VRAESTEL 1) GR12 0625 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: ARTIKEL Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A: ARTIKEL BOKSE VOL LIEFDE 1 Dit kos nie ʼn arm en ʼn been om ʼn kind in nood te ondersteun nie. Net ʼn gewillige hart, ʼn bietjie verbeelding en ʼn skoenboks. Ons gesels met Debbie Zelezniak, hoof van die Santa Shoebox Project, oor die verskil wat hulle in kinders en volwassenes se lewens maak. 2 Hulle sorg elke jaar dat tienduisende kinders landswyd ook weet hoe dit voel om ʼn 5 geskenkboks vol splinternuwe geskenke te ontvang. Die Santa Shoebox Project is egter net ʼn deel van wat hulle doen. Die ander ses maande lei dié groep wonderwerkeronderwysers op, bou skole en rig leeshoekies op in gemeenskappe wat dit nie kan bekostig nie. 3 Vir Debbie Zelezniak (55), hoof van die Santa Shoebox Project (SSP), het haar 10 werk by dié organisasie haar lewe op vele maniere beter gemaak. Hoewel dit haar voltydse werk is, sien Debbie dit nie as werk nie. Dit maak haar hart en haar lewe vol. 4 Debbie kon netsowel Kersvader se beherende elf gewees het. Hulle kyk na nood en na kinders wat min of niks het as gevolg van omstandighede en help dan waar 15 hulle kan. 5 Santa Shoebox verrig wondere. Dit saai vreugde en bou gemeenskappe op, maar die nood groei jaarliks. En ongelukkig groei die getal mense wat skenk en ʼn verskil kan maak, níé saam met die behoefte nie. Debbie sê die aantal bokse van die vorige jaar (75 000) is ver oorskry. "Ons weet ons sukses lê nie in syfers nie. Dit lê 20 in gee, ontvang, opheffing en bemagtiging," sê sy. Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 4 (VRAESTEL 1) GR12 0625 6 Tog wys die syfers hoe dié projek ʼn verskil maak. Debbie se storie gee jou ʼn warm gevoel in jou binneste. Toe sy gevra is om 12 jaar terug by Santa Shoebox aan te sluit het sy gekom uit ʼn entrepeneursagtergrond. "Ek het besef dat om te gee nie net uit- of weggee is nie. Deur te gee help jy ander. Die ontsaglike manier waarop 25 beide die een wat gee, sowel as die ontvanger bemagtig word en groei in die proses, het my diep geraak, dis ʼn geweldige leerkurwe om dit te besef," sê Debbie. "My idee was eers dat jy armer word as jy gee. Maar dis andersom! En almal verdien om bemagtig te word en om te ontvang," sê sy. 7 Die Santa Shoebox Project het die afgelope 18 jaar byna 1,3 miljoen 30 geskenkskoenbokse aan minderbevoorregte kinders uitgedeel. Hulle het vyf skole gebou, 1 529 onderwysers opgelei en 223 leeshoekies opgerig. Debbie vertel dat die projek ook virtueel aangebied is en dat daar genoeg geld ingesamel is om in 2025 twee skole te kon bou, een skool in die landelike gebiede van KwaZulu-Natal en een in Mpumalanga. Die SSP bestaan uit twee dele. Dit bestaan uit die SSP 35 Legacy en die skoenboksprojek. Eersgenoemde sorg vir permanente verandering in die lewens van kinders met bittermin hulpbronne en die tweede vir die gemeenskappe waarin hul leef. 8 Deur die SSP Legacy word nuwe vroeë kinderontwikkelingsentrums gebou en oues getransformeer. Die fokus is op infrastruktuur en registrasie by die 40 Departement van Basiese Onderwys, onderwysersopleiding en vroeë geletterdheidsontwikkeling. Deur die skoenboksprojek kry tienduisende kinders jaarliks ʼn skoenboks gevul met splinternuwe items soos seep, ʼn waslap, ʼn tandeborsel en tandepasta, opvoedkundige items, ʼn kledingstuk, lekkers en ʼn speelding. Jy is welkom om enigiets ekstra in te pak solank dit in ʼn mediumgrootte 45 skoenboks pas. 9 "Ons gee niks tweedehands nie. Hierdie kinders moet hul lewe lank alles met iemand deel. Hulle verdien nuwe goed," sê Debbie. 10 “ʼn Lewensveranderende oomblik vir my was toe ʼn meisie eendag haar skoenboks oopmaak, die koekie seep uithaal, in die lug hou en skree: ‘My eie seep! My eie 50 seep!’ Ek moes by daai klaskamer uitstap; dit het my geruk. Jy kan nie hardop huil voor kinders nie, dit maak hulle bang. Ek was in stukke. ʼn Kind moenie voel hulle verdien nie hul eie seep nie." 11 Elke kind wat die vreugde daarvan ervaar om te gee en te ontvang, is die storie van ons sukses. Die skenkerkinders wie se ouers hierdie ontsettende waardevolle 55 lesse oordra en vir hulle eie kinders leer dat nie alle kinders die dinge kry wat hulle kry nie, is net so waardevol soos die minderbevoorregte kind wat ʼn boks vol splinternuwe geskenke ontvang. [Verwerk uit: Kuier, Desember 2024] LET WEL:  Beantwoord AL die vrae.  Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 5 (VRAESTEL 1) GR12 0625 1.1 Wat word die projek genoem waar mense bokse vol liefde vul? (1) 1.2 Wie is die persoon in beheer van hierdie projek? (1) 1.3 Watter EEN woord uit paragraaf 2 dui daarop dat die donasies deur die hele land versprei word? (1) 1.4 “Dit kos nie ʼn arm en ʼn been nie” beteken dat dit baie duur is. (1) Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. 1.5 Aan watter TWEE vereistes moet kinders voldoen om deel te wees van die projek? (Paragraaf 4) (2) 1.6 "Die ander ses maande lei dié groep wonderwerkeronderwysers op, bou skole en rig leeshoekies op in gemeenskappe wat dit nie kan bekostig nie." 1.6.1 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. “Die ander ses maande” verwys na die (tydperk/teenstander) wanneer hulle gemeenskapprojekte bou. (1) 1.6.2 Reg deur die jaar vind daar projekte plaas. Wat is die verskil in gebeure in die eerste ses maande en die laaste ses maande van die jaar? (2) 1.7 Wat beteken die afkorting, “SSP” in paragraaf 3? (1) 1.8 Volgens paragraaf 5 is daar voordele aan dié projek. Noem EEN voordeel. (1) 1.9 "Dit saai vreugde en bou gemeenskappe op ..." (Paragraaf 5) 1.9.1 Sê of die frase konnotatief of denotatief gebruik word. (1) 1.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.9.1. (1) 1.10 Hoe lank is die Santa Shoebox Project al aan die gang? (1) 1.11 Waarom kan ons sê dat die Santa Shoebox Project uit twee dele bestaan? (2) 1.12 Hoeveel kinders kry jaarliks ʼn skoenboks? (1) 1.13 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.13) neer. Die kinders verdien alles nuut in die boks, want hulle is ... A bederf. B vol fiemies. C daaraan gewoond om nuwe goed te kry. D daaraan gewoond om tweedehandse goed te kry. (1) Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 6 (VRAESTEL 1) GR12 0625 1.14 Noem EEN item wat in hierdie skoenboks kan voorkom. (1) 1.15 Skryf TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit die slotparagraaf neer wat aandui dat die kinders nie dieselfde aantal besittings as ander kinders het nie. (1) 1.16 Dink jy Debbie is ʼn waardige rolmodel vir jongmense? Motiveer jou antwoord. (1) 1.17 Watter raad sal jy aan die projekbestuurder gee om die projek nog beter te maak? (1) 1.18 Volgens die slotparagraaf is daar twee partye wat voordeel trek uit hierdie projek. Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord. (1) 1.19 Hierdie leesstuk handel oor kinders wat minderbevoorreg is.Die kinders ontvang EEN Santa Shoebox per jaar. Dink jy dat EEN Santa Shoebox genoeg is? Motiveer jou antwoord. (1) TEKS B: SPOTPRENT Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EK IS BAIE … SO ELKE ERG OOR DAG IS KULTUUR EN "BRAAIDAG" ERFENIS … HIER BY MY. [Uit: Rapport-spotpent 26 September 2021] 1.20 Wat wil die skrywer bereik deur gebruik te maak van die braaier in die spotprent? (2) 1.21 Noem EEN aspek van Suid-Afrikaanse erfenis wat in hierdie prent uitgebeeld word. (1) 1.22 Watter spesery gooi die man op die vleis? (1) 1.23 Waarom is die woord 'BAIE' onderstreep? (1) 1.24 Hoe weet jy dat die man baie van braai hou? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 7 (VRAESTEL 1) GR12 0625 AFDELING B: OPSOMMING Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit. VRAAG 2 Jy moet probeer om brandstof te bespaar. INSTRUKSIES: 1. Som die SEWE FEITE OOR DIE MANIER WAAROP ʼn MENS KAN SPAAR WANNEER JY KAR BESTUUR in jou EIE VOLSINNE op. 2. Skryf die feite puntsgewys neer. 3. Nommer die feite van 1 tot 7. 4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C SPAAR SO AGTER DIE STUUR Ry egalig, voet liggies op die versnellerpedaal, en moenie onnodig hard rem nie, beklemtoon Layton. Hoe vinniger jy ry, hoe meer petrol gebruik jy. Trek dus stadig en geleidelik by verkeersligte en stopstrate weg. Amerika se Union of Concerned Scientists sê as jy ʼn spoed van so 100 km/h in plaas van 120 km/h handhaaf, kan jou petrolverbruik met tot 20% daal. Skakel oor na ʼn hoër rat sodra jou enjin dit toelaat, want jy gebruik meer petrol in laer ratte. Jy kan ook ratte oorslaan. Gaan byvoorbeeld direk van eerste na derde rat. Om jou revolusies onnodig hoog te laat hardloop vreet petrol. Motoriste trap dikwels die versneller tot 3 000 omwentelings per minuut of meer wanneer hulle na ʼn hoër rat verwissel, terwyl 2 500 in ʼn petrol- en 2 000 in ʼn dieselmotor voldoende is. Beplan jou reis sodat jy die kortste roetes volg en dié met baie kruisings en voetgangers vermy. Vermy so ver as moontlik spitstye en swaar verkeer, benadruk Layton. Jy kan verkeersverslae en Google Maps monitor om verkeersknope te probeer vermy. Momentum is jou vriend: Let op na die verkeer ʼn paar honderd meter voor jou en bestuur versigtig sodat jy aanhoudend beweeg in plaas daarvan om aanhoudend te stop en weg te trek. Wanneer jy ʼn rooi verkeerslig nader, kan jy stadiger ry sodat dit na groen oorslaan voor jy daar kom. Probeer soveel moontlik dinge tydens een rit afhandel, in plaas daarvan om kort-kort vir een of twee items winkel toe te ry. [Verwerk uit: Raad, Huisgenoot Lente/Somer 2024] TOTAAL AFDELING B: 10 Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 8 (VRAESTEL 1) GR12 0625 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE  Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.  Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet word.  Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS D KRY 15 VAN JOU GUNSTELING AFRIKAANSE TYDSKRIFTE DIGITAAL VIR SLEGS R99 PER MAAND  Besoek www.digitaletydskrif.co.za vanaf jou elektroniese toestel.  Registreer maklik en (3.5) vinnig.  Lekker leesgenot word gewaarborg!  Vir enige navrae, klagtes of kommentaar, kontak DIGITALE TYDSKRIF se kliëntediens.  Selnommer: 061 532 9425 [Verwerkte Teks] Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 9 (VRAESTEL 1) GR12 0625 3.1 Hou die teikenmark van hierdie advertensie in gedagte. 3.1.1 Met wie word daar direk in hierdie advertensie gepraat? (1) 3.1.2 Watter groep mense, dink jy, word uitgesluit? (1) 3.2 Watter inligting omtrent hierdie advertensie sal die teikenmark oorreed om tot aksie oor te gaan? (2) 3.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Met die foto’s van die elektroniese toestelle wys die adverteerder vir ons dat mense hulle tydskrifte op hulle (selfone/sellfone) kan lees. (1) 3.4 Waarom, dink jy dat dit slim was van die adverteerder om foto’s van DRIE verskillende elektroniese toestelle te gebruik? (1) 3.5 Gee die INTENSIEWE VORM van "vinnig". (1) 3.6 Kyk na die inligting onder die prente. 3.6.1 Skryf VIER OPEENVOLGENDE woorde neer wat ʼn mening is. (1) 3.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.6.1. (1) 3.7 Waaruit kan ons aflei dat DIGITALE TYDSKRIF graag wil weet wat mense van hulle produk dink? Skryf dit in jou eie woorde. (1) [10] Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 10 (VRAESTEL 1) GR12 0625 VRAAG 4: STROKIESPRENT  Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.  Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS E MEESTER EN NEELSIE DANIE CRONJE Hy het my nie ʼn definitiewe Ek dink ek gaan ʼn kans vat antwoord gegee nie, maar en vir Meester vra of ons ek het ʼn sterk vermoede die vanaand sy kar kan leen … antwoord is "Nee". RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 [Uit: http://meester.yolasite.com/strokies.php] 4.1 In RAAMPIE 1 sien ons ʼn tipiese situasie wat in ʼn klaskamer afspeel. 4.1.1 Hoe kan ons sien dat Neelsie en sy vriend in ʼn klaskamer is? Gee EEN visuele teken. (1) 4.1.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Neelsie en sy maat is besig om (’n plan te maak/te kuier). (1) 4.1.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.1.2 deur te verduidelik wat Neelsie doen, nie wat hy sê nie. (1) 4.2 Kyk na die SPRAAKBORREL in RAAMPIE 1. Wat is die funksie van die ellips? (1) Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 11 (VRAESTEL 1) GR12 0625 4.3 Kyk na RAAMPIE 2. 4.3.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die idioom te voltooi. Meester se reaksie op Neelsie se versoek om sy kar te leen slaan Meester (dronk/pap). (1) 4.3.2 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf die letter (A – D) langs die vraagnommer (4.3.2) neer. Die spotprentkunstenaar beklemtoon in RAAMPIE 2 se spraakborrel hoe … Meester is. A woedend B verleë C lui D bly (1) 4.3.3 Watter visuele tekens dui Meester se gevoelens die beste aan? Gee TWEE feite. (2) 4.4 Neelsie se optrede in RAAMPIE 3 is ironies. Voltooi die sin hieronder. ʼn Leerder wil sy onderwyser se kar leen, maar … (1) 4.5 Skryf die sin hieronder oor as ʼn VRAAGSIN. Neelsie se plan werk uit. (1) [10] Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 12 (VRAESTEL 1) GR12 0625 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT  Die taalvrae wat volg, is op die tydskrifartikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder gebaseer.  Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet word.  Voer die instruksies by elke vraag uit.  Opsetlike taalfoute kom voor. 5.1 Lees die artikel deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F: ARTIKEL Duisende siek 5.1.1 (mens) in Suid-Afrika wag hoopvol op organe. Sommige is gelukkig wanneer hulle betyds ʼn (5.1.2) (geskik) orgaan soos ʼn hart, nier, lewer of ʼn long kan kry wat suksesvol (5.1.3) (oorgeplant) kan word, en ander nie. (5.1.4) Education for Living Legacies se doelwit is (bewustheid van orgaanskenking skep). (5.1.5) Sy beklemtoon hoe belangrik bewusmaking is. Mense moet as skenkers registreer. (5.1.6) Jy moet vir jou naasbestaandes sê: "Julle moet my wense respekteer." (5.1.7) Hoe kan jy ʼn (orgaan + skenker) word? Registreer aanlyn (5.1.8) (by/vir/met) www.odf.org.za. (5.1.9) (Bel/Foon) die orgaanskenkerstigting by 0800 226 611 vir (5.1.10) (baie) inligting. ʼn (5.1.11) (Kaart) word vir jou gestuur. Jy moet die plakker wat jy kry op jou ID-kaart plak. Jy kan soveel as 5.1.12 (7) lewens red. (5.1.13) Ouderdom is ʼn faktor as jy ʼn skenker wil word. [Verwerk uit Rooi Rose, Jy kan 7 lewens red, Desember 2024] 5.1.1 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Daar is duisende siek (mens) in Suid-Afrika. (1) 5.1.2 Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies. Party mense is gelukkig om betyds ʼn (geskik) orgaan te kry. (1) 5.1.3 Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE. Party mense se hart of ʼn nier word suksesvol (oorgeplant). (1) Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 13 (VRAESTEL 1) GR12 0625 5.1.4 Skryf die hele sin oor in die INFINITIEF. Die doelwit is (bewustheid skep). (1) 5.1.5 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies en plaas die KOMMA op die korrekte plek. Sy beklemtoon hoe belangrik bewusmaking is. Mense moet as skenkers registreer. (want) (1) 5.1.6 Skryf die sin hieronder in die INDIREKTE REDE. Gebruik dat in jou antwoord. Jy moet vir jou naasbestaandes sê: "Julle moet my wense respekteer." (2) 5.1.7 Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Hoe kan jy ʼn (orgaan + skenker) word? (1) 5.1.8 Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies. Registreer aanlyn (by/vir/met) www.odf.org.za. (1) 5.1.9 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (Bel/Foon) die orgaanskenkerstigting by 0800 226 611. (1) 5.10 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skakel 0800 226 611 vir (baie) inligting. (1) 5.1.11 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies. ʼn (Kaart) word vir jou gestuur. (1) 5.1.12 Skryf die GETAL tussen hakies as ʼn woord. Jy kan (7) lewens red. (1) 5.1.13 Skryf die sin hieronder in die ONTKENNING. Ouderdom is ʼn faktor. (1) Blaai om asseblief
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 14 (VRAESTEL 1) GR12 0625 5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae wat volg. TEKS G: PRENT [Bron: google images] 5.2.1 Skryf die sin hieronder oor in die LYDENDE VORM. Mense dra fiksheidshorlosies. (1) 5.2.2 Skryf die hele sin hieronder in die korrekte WOORDORDE. Jy moet (afhaal) (daagliks na oefening) (jou fiksheidshorlosie). (1) 5.2.3 Skryf die sin hieronder oor in die VERLEDE TYD. Fiksheidshorlosies kan jou vel irriteer. (1) 5.2.4 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies. Atlete is (passiewe) mense. (1) 5.2.5 Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in ʼn sin sodat die betekenis duidelik blyk. Die swemmer het ʼn (prys) gewen. (1) 5.2.6 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies. (Mense wat draf) neem aan wedlope deel. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 80 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all