Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE
NOVEMBER 2019
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





Agricultural Management Practices Nov 2019 Afr hlayiso.com
Agricultural Management Practices · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Management Practices
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 14
- File size
- 293.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Die produksiefaktor wat nie maklik herwin kan word nadat dit vir
verstedeliking aangewend is nie:
A Grond
B Kapitaal
C Arbeid
D Bestuur
1.1.2 Die boerderystelsel wat daarvoor bekend is dat die regte ding, op
die regte plek, op die regte manier en op die regte tyd gedoen
word:
A Kommersiële landbou
B Bestaansboerdery
C Presisieboerdery
D Ekstensiewe boerdery
1.1.3 Die weigebied wat voldoende weiveld verskaf om 'n spesifieke
aantal diere te onderhou:
A Plantegroei
B Drakrag
C Wisselweiding
D Oorbeweiding
1.1.4 Geld, vervaardigde goedere en bates wat gebruik word vir die
produksie van ander goedere om 'n inkomste te genereer:
A Uitgawe
B Bron van finansies
C Krediet
D Kapitaal
1.1.5 Langtermynkrediet is 'n kombinasie van die volgende eienskappe:
(i) Die oes word dikwels as sekuriteit gebruik.
(ii) Die bron van finansies is gewoonlik 'n bank.
(iii) Dit word gewoonlik vir duursame vaste verbeteringe gebruik.
(iv) Die terugbetalingstydperk is aan tien of meer jaar gelyk.
A (i), (ii) en (iii)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 4 DBE/November 2019
NSS
1.1.6 Die somtotaal van die inkomste van alle boerderyondernemings
plus diverse boerderyinkomste:
A Bruto boerderyinkomste
B Bruto waarde van produksie
C Bruto inkomste van die onderneming
D Bruto verkope
1.1.7 Die doeltreffende kombinasie en koördinasie van alle hulpbronne
om wins te vergroot:
A Bemarking
B Produksie
C Marknavorsing
D Bestuur
1.1.8 Die plaasimplement wat gebruik word om gewasse te oes:
A Ploeg
B Eg
C Stroper
D Skeurploeg
1.1.9 'n Boerderybesigheidstrategie wat op een produk of werking in 'n
boerderyonderneming fokus:
A Diversifikasie
B Waardetoevoeging
C Spesialisasie
D Verskansing
1.1.10 Die verhittingsmetode wat tot gevolg het dat nie een enkele
lewende organisme na preservering in die voedselproduk
teenwoordig is nie:
A Sterilisering
B Pasteurisering
C Blansjering
D Beroking (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 5 DBE/November 2019
NSS
1.2 Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by die term/frase in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
KOLOM B slegs EEN keer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Chemiese A langtermynbestuurstelsel wat 'n
preserveermiddels onderneming in staat stel om by
moontlike toekomstige
1.2.2 Optimale hulpbron- veranderinge en uitdagings aan te
benutting pas
1.2.3 Kan verantwoordelikheid B verkryging van goedere vir kontant
aanvaar
C die beste moontlike manier om alle
1.2.4 Strategiese bestuur beskikbare arbeid, materiaal en
infrastruktuur te gebruik
1.2.5 Prysvasstelling
D wanneer die bemarking van 'n
1.2.6 Standaardisering produk nie beheer word nie
1.2.7 Grondhelling E eienskap van 'n entrepreneur
1.2.8 Arbeidsproduktiwiteit F verbeter die arbeidinset in
agribesigheid
1.2.9 Met die hand pluk
G sal die aktiwiteite van mikro-
1.2.10 Koop organismes in voedsel voorkom
H spesifikasie vir produkte se grade
en pryse
I beïnvloed die dreineerbaarheid
van die grond
J die beheer van plae binne silo's
K kunsmatige prysvasstelling
L voedselprodukte wat met die hand
geoes word
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 6 DBE/November 2019
NSS
1.3 Gee die KORREKTE landbouterm vir ELK van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding.
1.3.1 Die tipe mark waar verkope op 'n kommissiegrondslag namens die
boer deur agente gedoen word
1.3.2 Verpakkingsmateriaal wat van glas gemaak is met aluminium- of
plastiekdeksels
1.3.3 'n Rekwisisievorm om rekord te hou van geld wat uit die kleinkas
geneem word
1.3.4 'n Skriftelike instruksie van die rekeninghouer aan die bank wat
toestemming gee dat die bank die bedrag wat gespesifiseer is aan
begunstigde moet betaal wanneer dit vir die bank aangebied word
1.3.5 Die proses wat gebruik word om te onderskei tussen grootte, kleur,
gehalte en vorm volgens die huidige bemarkingsprosedure (5 x 1) (5)
1.4 Die volgende stellings is VERKEERD. Verander die ONDERSTREEPTE
woord om die stellings KORREK te maak. Skryf die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6
Vaste kapitaal.
1.4.1 Implementering meet die uitkoms van beplande aktiwiteite op die
plaas.
1.4.2 Drakrag is die manier waarop weivelde benut word om die veld vir
veeboerdery in 'n goeie toestand te hou.
1.4.3 Oorbeweiding is wanneer die vee kies om slegs sekere plante te
eet.
1.4.4 Die opstel van krediete en begrotings is deel van die fisiese
aktiwiteite op 'n plaas.
1.4.5 Motiveringstappe word teen 'n werker gedoen om goeie orde en
doeltreffende prestasie te handhaaf. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 7 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: FISIESE EN FINANSIËLE BEPLANNING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Noem VIER funksies van grond in gewasproduksie. (4)
2.2 Kontoerploeg dra tot die voorkoming van gronderosie by.
2.2.1 Bespreek hoe kontoerploeg gebruik kan word om oppervlakwater na
damme weg te lei. (2)
2.2.2 Verduidelik die verskil tussen kontoerploeg en terrasvorming. (2)
2.3 'n Jong boer wil gesaaides op 64 ha plant deur konvensionele verbouing te
gebruik. Gronddata is versamel deur grondholtes (profielgate) te maak en 'n
gryserige kleigrond met 'n plaatagtige struktuur is gevind. Die grond het 'n
gemiddelde diepte en is ryk aan minerale. Die pH-toets het 'n lesing van 7,8
getoon.
2.3.1 Beskryf die dreineerbaarheid van die gryserige kleigrond. (2)
2.3.2 Verduidelik die pH-skaal en wat dit beteken as die pH 7,8 is. (4)
2.3.3 Noem die stof wat by die grond gevoeg moet word om die pH
te verbeter. (1)
2.3.4 Gee hierdie jong boer raad oor hoe die huidige verbouingsmetode
verander kan word om bewaringsverbouing in te sluit. Motiveer jou
antwoord. (4)
2.4 Bespreek hoe regverdige arbeidspraktyke deur die korrekte posisionering van
geboue, fasiliteite en toerusting verbeter kan word. (2)
2.5 Noem die verskillende tipes kapitaal in 'n boerderyonderneming en gee EEN
voorbeeld van ELK. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 8 DBE/November 2019
NSS
2.6 Verskillende boerderymetodes (A, B en C) word deur die illustrasies
hieronder verteenwoordig.
A B C
= een diere-eenheid
2.6.1 Noem die boerderymetodes wat deur A, B en C verteenwoordig
word. (3)
2.6.2 Verduidelik die volgende faktore om tussen boerderymetode B en C
te onderskei:
(a) Arbeidsvereistes (2)
(b) Afhanklikheid van tegnologie (2)
2.6.3 Kies uit boerderymetode A, B en C 'n metode wat as organiese
boerdery beskou kan word. Motiveer jou antwoord. (3)
2.7 Veeboere verdeel natuurlike veld in kampe om produksie te verhoog sonder
om die omgewing te beskadig.
2.7.1 Identifiseer die tipe presisieboerderytegnologie wat gebruik kan
word om met die verdeling van natuurlike veld in kampe te help. (1)
2.7.2 Beskryf die vereistes wat 'n kamp vir diereproduksie geskik maak. (2)
2.7.3 Beskryf hoe 'n veeboer presisieboerdery kan gebruik om diere wat
in 'n kamp wei sonder menslike teenwoordigheid op te spoor. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 9 DBE/November 2019
NSS
2.8 Gee EEN tipe begroting vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
geheelplaasbegroting; vertakkingsbegroting; gedeeltelike begroting;
instandhoudingsbegroting; kontantvloeibegroting
2.8.1 Die begroting wat voorsiening maak vir die finansies wat nodig is
om die infrastruktuur, implemente en gereedskap in 'n werkende
toestand te hou (1)
2.8.2 Die begroting wat 'n maand se verwagte inkomste en uitgawes
verskaf (1)
2.8.3 Die gekombineerde begroting van alle afdelings in 'n boerdery-
onderneming (1)
2.8.4 Die begroting wat saamgestel word om twee of meer praktyke binne
'n vertakking met mekaar te vergelyk (1)
2.8.5 'n Volledige begroting vir 'n enkele afdeling in 'n boerdery-
onderneming (1)
2.9 'n Begroting word een keer voorberei en dan geliasseer.
Gee DRIE redes hoekom hierdie stelling NIE waar is NIE. (3)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 10 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: ENTREPRENEURSKAP, REKORDHOUDING, BEMARKING,
BESIGHEIDSBEPLANNING EN GEORGANISEERDE LANDBOU
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 'n Goeie sakeplan sluit navorsing oor die eksterne en interne sakeomgewings
in.
3.1.1 Definieer die visieverklaring van 'n onderneming. (1)
3.1.2 Gee TWEE redes vir die hersiening van 'n sake-idee. (2)
3.1.3 Beskryf die bruikbaarheid van die SSGB('SWOT')-ontleding om die
prestasie van 'n boerdery te bepaal. (4)
3.2 'n Landbouonderneming word as 'n eenmansaak beskou. 'n Boer moet as 'n
entrepreneur hoogs vaardig wees.
3.2.1 Noem VIER eienskappe van 'n suksesvolle entrepreneur. (4)
3.2.2 Noem TWEE risiko's wat oorweeg moet word wanneer jy jou eie
onderneming begin. (2)
3.3 'n Gewasboer doen marknavorsing oor die algehele oorsig van die
onderneming.
Verduidelik hoe die volgende aspekte die bemarkingsplan sal beïnvloed:
3.3.1 Grootte van die mark (1)
3.3.2 Voorkeure van die verbruikers (1)
3.4 Die skematiese voorstelling hieronder toon VIER veranderlikes betrokke by
die bemarkingsproses.
A. Produsent moet B. Produsent bepaal
bewus wees van wat hoeveel die verbruikers kan
die verbruikers nodig betaal
het
BEMARKING
C. Produsent moet D. Produsent moet met
weet waar die die verbruikers oor die
verbruikers wil koop produk kommunikeer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 11 DBE/November 2019
NSS
3.4.1 Identifiseer die bemarkingsveranderlikes wat deur A, B, C en D in
die diagram op die vorige bladsy verteenwoordig word. (4)
3.4.2 Noem TWEE faktore wat 'n produsent tydens die bemarking van
veranderlike A moet oorweeg. (2)
3.4.3 Noem TWEE maniere waarop 'n produsent kan verseker dat
veranderlike D bereik word. (2)
3.4.4 Dui TWEE aspekte aan wat veranderlike B tydens bemarking kan
beïnvloed. (2)
3.5 Hieronder is 'n lys aktiwiteite wat verband hou met die produksie en
bemarking van landbouprodukte.
Verkope aan verbruikers
Beplanning vir produksie
Verspreiding
Grondvoorbereiding en aanplanting
Berging/Stoor
Gadering
3.5.1 Gee die korrekte volgorde van 'n landbousakeketting deur die lys
aktiwiteite hierbo te gebruik. (6)
3.5.2 Gee DRIE redes waarom verbruikers hoër pryse vir
landbouprodukte betaal. (3)
3.5.3 Watter landboubemarkingstelsel gebruik die poelstelsel? (1)
3.6 Die volgende data is oor 'n gewasproduksie-eenheid gekry:
2014 2015 2016 2017
Hoeveelheid sakke kunsmis 15 20 25 30
Oes-aanbod (duisend ton) 180 190 200 220
Oes-vraag (duisend ton) 230 210 170 165
Prys per kilogram (R/kg) 720 500 650 480
3.6.1 Teken 'n dubbele staafgrafiek van die gegewe inligting vanaf 2014
tot 2017 oor die oes-aanbod en die oes-vraag. (6)
3.6.2 Gee die jaar in die tabel waarin verkopers soveel as moontlik wou
verkoop. (1)
3.6.3 Gee die jaar in die tabel waarin kopers soveel as moontlik wou
koop. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 12 DBE/November 2019
NSS
3.7 Hieronder is 'n lys van voorbeelde van produkvergelykings wat in
produkkompetisie in die mark verskyn.
LET WEL: 'n Voorbeeld mag slegs EEN keer gebruik word.
Margarien teenoor botter
Witvleis teenoor rooivleis
Geblikte vrugte teenoor vars vrugte
Koffiebone teenoor kitskoffie
Bevrore groente teenoor vars groente
3.7.1 Identifiseer die produkte in direkte kompetisie. (3)
3.7.2 Identifiseer die produkte in indirekte kompetisie. (2)
3.8 Plaaskaarte verskaf waardevolle inligting wat in die produksieproses gebruik
word.
Gee TWEE voorbeelde van inligting wat op die plaaskaart kan voorkom. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 13 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 4: OES, VERWERKING, BESTUUR EN AGRITOERISME
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Gewasse moet op 'n stadium van gereedheid geoes word wat sal verseker
dat dit die verbruiker in 'n goeie toestand sal bereik.
4.1.1 Noem DRIE fisiologiese gewasrypheidsaanwysers. (3)
4.1.2 Noem die nadele daarvan om met die hand te oes. (4)
4.2 Bespreek kortliks VIER voordele van die toepassing van goeie
landboukundige praktyke. (4)
4.3 'n Boer begin 'n nuwe produksie-eenheid. Die huidige arbeidsmag is nie groot
genoeg nie en meer werkers moet aangestel word. 'n Werksbeskrywing word
vir elke werker opgestel om te verseker dat daar vir alle take voorsiening
gemaak word. Dit verseker ook dat die werkers weet hoe om hulle take uit te
voer. Diegene wat hulle werkdoelwitte bereik, sal met bevorderings en
taakgeoriënteerde bonusse beloon word.
Die werkers speel sokkerwedstryde teen werkers van aangrensende plase
tydens hulle vry naweke.
Lei uit die gevallestudie hierbo VYF verskillende take af wat 'n bestuurder oor
arbeid in ag moet neem. (5)
4.4 Noem en bespreek DRIE gevare waaraan verbruikers blootgestel kan word
wanneer hulle vars produkte gebruik. (6)
4.5 Noem VYF verpakkings- en vervoerhouers wat kan help met die verpakking
van produkte in die landerye en vervoer van produkte na die pakhuis. (5)
4.6 Bespreek die TWEE hooffaktore wat die bergingsmetode vir
aangeplante/verboude landbouprodukte bepaal. (2)
4.7 Waardetoevoeging is die omskep van 'n rou landbouproduk in 'n
verbruikersvriendelike produk deur dit te verander of iets by te voeg.
4.7.1 Bespreek VIER voordele van waardetoevoeging in agribesigheid. (4)
4.7.2 Noem en bespreek die gebruik van natuurlike preserveermiddels in
die voorkoming van mikrobiese aktiwiteit in voedsel. (6)
4.8 Die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidmiddels en Ontsmettingsmiddels,
1972 (Wet 54 van 1972) bevat die regulasies waarvolgens produketikettering
beheer word.
Verduidelik DRIE vereistes van hierdie wet ten opsigte van die bestanddele
op 'n etiket. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 14 DBE/November 2019
NSS
4.9 Verduidelik kortliks hoe die volgende faktore werkers se produktiwiteit kan
bevorder:
4.9.1 Fisiese beplanning van boerdery (1)
4.9.2 Ekonomiese eenhede (1)
4.9.3 Beplanning van die produksieprosesse (1)
4.9.4 Doeltreffende meganisering (1)
4.10 Agritoeriste besoek plase wat sekere attraksie het en bed-en-ontbyt-geriewe
aanbied.
Noem VIER ervarings waarna plaasverblyf-vakansietoeriste kan uitsien om te
geniet. (4)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 150
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2025 Afr

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2025 Eng

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 IsiXhosa

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 Afr

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 Eng
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2019 Eng hlayiso.com

Memorandum
Agricultural Management Practices Nov 2019 Memo Afr hlayiso.com

Memorandum
Agricultural Management Practices Nov 2019 Memo Eng hlayiso.com

Question paper
Agri Management 2019 hlayiso.com

Question paper
Agri Management 2019 Afr hlayiso.com

Question paper
Agri Management Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Management Practices
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng

Memorandum
Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr

Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English

Question paper