Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE
NOVEMBER 2023
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Agricultural Management Practices Grade 12 2023 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Management Practices · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Management Practices
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 754.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2023
- Other filesQuestion paper · EngQuestion paper · Afr
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord SLEGS wat gevra word.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE stappe in die berekeninge.
7. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Hierdie metode sal nie gronderosie voorkom nie, maar sal dit
aanmoedig:
A Plant bome op kaal grond
B Deklaagbewerking
C Plaas klippe waar plantegroei gevestig gaan word
D Herlei stormwater direk teen 'n helling af
1.1.2 Afloopwater veroorsaak die minste erosie in …-grond.
A sand
B slik
C klei
D leem
1.1.3 Wanneer insekdoders gespuit word, kan wegdrywing verminder
word deur …
A hoë temperature.
B klein druppels.
C hoë windspoed.
D lae druk.
1.1.4 In landbouondernemings is die produksiefaktore ...
A grond, land, arbeid en entrepreneur.
B land, arbeid, kapitaal en bestuur.
C land, entrepreneur en bestuur.
D insette en uitsette.
1.1.5 'n Bestuursbeginsel wat gebruik word om te verseker dat daar
geen oorvleueling van take op 'n plaas is nie:
A Kontrole
B Motivering
C Koördinering
D Leierskap
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 4 DBE/November 2023
NSS
1.1.6 Deel van 'n plaasarbeider se kontrak:
A Plek om vakansie te gaan hou
B Werksbeskrywing
C Metode van vervoer na die werk
D Gesondheidstatus van die arbeider
1.1.7 EEN van die volgende is NIE 'n eienskap van 'n entrepreneur NIE:
A Verantwoordbaar
B Kan self begin
C Introvert
D Motiveerder
1.1.8 Skootrekenaars ('laptop computers'), notaboekrekenaars
('notebook computers') of palmrekenaars ('palm computers') is
voorbeelde van toerusting wat in … gebruik word.
A presisieboerdery
B bestaansboerdery
C die instelling van ploeë
D die toediening van medisyne aan diere
1.1.9 Die gebruik van 'n handelsmerk, produkbeskrywing en 'n diagram
wat die inhoud voorstel, is deel van …
A bemarkingswetgewing.
B standaardiseringswetgewing.
C etiketteringswetgewing.
D landbouproduk-standaardiseringswetgewing.
1.1.10 Die hoofrede om landbouprodukte tydens die verspreiding na
verskeie markte te verkoel, is om …
A produkgewig te verminder.
B produkvolume te verminder.
C smaak te verbeter.
D bederf van die produk te voorkom. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 5 DBE/November 2023
NSS
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
KOLOM B slegs EEN keer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Gradering A die mees ekonomiese bron van
dierevoedsel
1.2.2 Besoedeling
B voorsien maatreëls om standaarde
1.2.3 Kontantvloeibegroting te behou wanneer geoeste produkte
geëvalueer word
1.2.4 Kunsmis
C volume grond wat die plant kan
1.2.5 Waardetoevoeging gebruik en wat vir waterkapasiteit
beskikbaar is
1.2.6 Natuurlike weiding
D chemiese stof wat die produksie-
1.2.7 Gronddiepte uitset van die grond verhoog
1.2.8 Delegering E uiterste verlies van water as gevolg
van droë weersomstandighede
1.2.9 Plaasbestuurder
F hou toesig oor alle plaasaktiwiteite
1.2.10 Inventaris
G kontaminasie van grond, water of
lug as gevolg van oormatige
toediening van chemiese stowwe
H gee meer verantwoordelikheid aan
'n plaaswerker
I die afkamp van veld met dieselfde
voedingswaarde
J word gebruik om die beraamde
beweging van fondse in 'n
onderneming te bepaal
K 'n rekord wat al die bates op 'n
spesifieke tyd aandui, hulle huidige
waardes ingesluit
L na-oes-aktiwiteit wat die
verandering en/of verpakking van 'n
produk behels
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 6 DBE/November 2023
NSS
1.3 Gee die KORREKTE landboukundige term vir elk van die volgende
beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5)
in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding.
1.3.1 Die tipe grondstruktuur wat deur die meeste gewasboere verkies
word
1.3.2 Lyne op 'n kaart wat dwars oor 'n helling loop op so 'n manier dat
die lyne op dieselfde hoogte bly en nie opdraand of afdraand gaan
nie
1.3.3 Die tipe produksiemetode wat die gebruik van chemiese insette
verbied en 'n minder skadelike effek op die omgewing het
1.3.4 'n Voedselprosesseringsmetode wat enige stowwe verwyder wat
suspensies in vloeistowwe veroorsaak
1.3.5 Toestelle wat gebruik word om toevoer, prosessering en afvoer van
data maklik aan te teken en na relevante instellings te stuur (5 x 1) (5)
1.4 Verander die onderstreepte woord(e) om die volgende stellings WAAR te
maak. Skryf jou antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal
1.4.1 Die wet van dalende meeropbrengste stel dat 'n addisionele
produksiefaktor tot 'n groter toename in uitset lei.
1.4.2 Een van die hoofredes vir motivering in bemarking is om mense
oor nuwe produkte of dienste in te lig.
1.4.3 Stoor is die bemarkingsfunksie wat vir die verspreiding van
produkte van die plaas na die verbruiker verantwoordelik is.
1.4.4 'n Boer moet 'n kontantstrokie voltooi wanneer geld in die boer se
bankrekening gedeponeer word.
1.4.5 Die totale-koste-komponente (vaste koste en veranderlike koste)
wat nie toegewys kan word aan enige vertakking in boerdery nie, is
verpakkingskoste. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 7 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Noem die funksies van grond in die produksieproses. (4)
2.2 Bestudeer die illustrasie hieronder.
Verduidelik die verskil tussen die grondeienskappe ten opsigte van die
suidelike en noordelike helling (in die Suidelike Halfrond) onder die volgende
opskrifte:
2.2.1 Temperatuur van die grond (2)
2.2.2 Organismes in die grond (grondfauna) (2)
2.3 Onderskei tussen die verskillende grondtekstuurklasse deur die tabel
hieronder in die ANTWOORDEBOEK te kopieer en te voltooi.
EIENSKAPPE SAND KLEI
Waterhouvermoë
Grondvrugbaarheid (4)
2.4 Bespreek die belangrikheid van bodemopnames vir boere. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 8 DBE/November 2023
NSS
2.5 Die illustrasies hieronder toon weidingstelsels.
PLAAS A PLAAS B
2.5.1 Bespreek kortliks die weidingstelsels soos hierbo geïllustreer.
(a) PLAAS A (2)
(b) PLAAS B (2)
2.5.2 Noem die nadele van die weidingstelsel wat op PLAAS B gebruik
word. (2)
2.5.3 Beskryf die voordele daarvan om 'n kamp vir 'n lang periode (een
jaar) te laat rus. (3)
2.6 Kies die arbeidswette uit die lys hieronder wat by die beskrywings pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.6.1 tot 2.6.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Wet op Diensbillikheid, 1998 (Wet 55 van 1998)
B Wet op Vergoeding van Beroepsbeserings en -siektes, 1993 (Wet 130
van 1993)
C Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
D Wet op Werkloosheidsversekering, 2001 (Wet 63 van 2001)
E Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993)
2.6.1 Maak voorsiening vir werkers wat in 'n ongeluk by die werk beseer
word of siek word (1)
2.6.2 Beskerm werkers wat as gevolg van meganisasie hulle werk
verloor en stipuleer die voordele wat hulle in daardie geval ontvang (1)
2.6.3 Maak voorsiening vir werkers en werksoekers om teen
onregverdige diskriminasie beskerm te word (1)
2.6.4 Reguleer werksure, verlof, beëindiging van diens en alle ander
sake wat met indiensneming te doen het (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 9 DBE/November 2023
NSS
2.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BOER A:
Boer A het 'n voerkraal met 15 473 beeste. Die beeste se voerrantsoen word
met 'n rekenaar bereken. Die boer voer die beeste vir 'n spesifieke tyd en
verkoop hulle dan aan 'n nabygeleë slagpale. Die boer het 'n ooreenkoms met
die slagpale om al die velle na die plaas terug te stuur. In die boer se
leervertakking word daar skoene, belde en handsakke van die velle gemaak.
BOER B:
Boer B besit vier beeste wat gedurende die dag in die dorpie wei en wat elke
oggend deur die boer gemelk word. Die melk wat die boer nie gebruik nie,
word aan die mense in die dorpie verkoop. Die boer plant ook groente en
mielies vir huishoudelike gebruik. Hierdie boer woon baie ver van die mark af,
wat dit baie moeilik maak om die oormaat van produkte teen 'n wins by die
mark te verkoop.
2.7.1 Identifiseer die boerderystelsel wat gebruik word deur:
(a) BOER A (1)
(b) BOER B (1)
2.7.2 Beskryf die vlak of intensiteit waarmee BOER A die grond gebruik. (2)
2.7.3 Lei af of BOER A se leervertakking as 'n nismark geklassifiseer
kan word. Motiveer jou antwoord. (3)
2.7.4 Lewer kommentaar op moontlike redes waarom BOER B dit
moeilik vind om die oormaat van produkte teen 'n wins by die mark
te verkoop. (3)
2.8 Beskryf die belangrikheid van presisieboerdery. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 10 DBE/November 2023
NSS
2.9 'n Vrugteboer begin 'n agritoerisme-vertakking op die plaas om die plaas se
bron van inkomste te diversifiseer en om risiko's te verminder.
Die boer plaas die volgende advertensie in die plaaslike koerant:
2.9.1 Noem die aktiwiteite wat besoekers na die plaas kan lok. (3)
2.9.2 Identifiseer ander belangrike inligting wat in die advertensie
ontbreek. (2)
2.9.3 Dui aan hoe jy verder die advertensie sou verbeter. (3)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 11 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP, BEMARKING,
PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die tabel hieronder toon die uitvoer van vleis van 2019 tot 2022 in ton.
UITVOER VAN VLEIS VAN 2019 TOT 2022
2019 2020 2021 2022
SOORT VLEIS
(ton) (ton) (ton) (ton)
Bees 2 916 2 222 4 250 3 250
Skaap 438 247 250 320
Vark 1 800 1 100 1 500 3 800
Hoender 1 850 6 900
Volstruis 1 600 1 535
3.1.1 Teken 'n staafgrafiek om die uitvoer van varkvleis van 2019 tot
2022 te toon. (5)
3.1.2 Gee 'n rede waarom daar in 2020 'n afname in uitvoere was. (2)
3.2 Noem en beskryf faktore wat 'n boer in ag moet neem wanneer 'n produk-
bemarkingstrategie ontwikkel word. (4)
3.3 ABC Koöperasie voer plaastoerusting en besproeiingstoerusting in. Hulle
koop plaas-insette soos bemestingstowwe en insekdoders by verskaffers en
verkoop dit om 'n wins te maak.
3.3.1 Identifiseer die tipe landbousektor wat in die scenario hierbo
beskryf word. Motiveer jou antwoord. (2)
3.3.2 Gee redes waarom die sektor wat in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer
is, belangrik is. (3)
3.4 Kies die beginsel van bestuur uit die lys hieronder wat toegepas moet word
op elk van die gegewe take in VRAAG 3.4.1 tot 3.4.3. Skryf slegs die woord
langs die vraagnommers (3.4.1 tot 3.4.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
beplanning; organisering; motivering; beheer; koördinering
3.4.1 Werkers word in werksgroepe verdeel volgens die take wat op die
plaas gedoen moet word. (1)
3.4.2 Werkers teken elke dag in en uit wanneer hulle werk toe kom. (1)
3.4.3 Werkers word gereeld opgelei om hulle produktiwiteit en
werkstevredenheid te verbeter. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 12 DBE/November 2023
NSS
3.5 Noem die finansiële impak op 'n onderneming wanneer:
3.5.1 Verkope laer as die gelykbreekpunt is (1)
3.5.2 Verkope hoër as die gelykbreekpunt is (1)
3.6 PLAAS A:
Plaas A verkoop 500 hoenders deur plaashekbemarking te gebruik. Die plaas
verkoop die hoenders teen R80/hoender. Die boer het die volgende koste:
Voer = R20/hoender
Inenting = R5/hoender
Elektrisiteit = R5/hoender
Arbeid = R20/hoender
PLAAS B:
Plaas B verkoop 500 hoenders deur kontrakbemarking te gebruik. Die plaas
verkoop die hoenders teen R90/hoender. Die boer het die volgende koste:
Voer = R20/hoender
Inenting = R5/hoender
Elektrisiteit = R8/hoender
Arbeid = R15/hoender
Prosessering = R5/hoender
Vervoer = R10/hoender
3.6.1 Bereken die koste verbonde aan die produksie van EEN hoender
by:
(a) PLAAS A (2)
(b) PLAAS B (2)
3.6.2 Noem moontlike metodes wat PLAAS A en PLAAS B kan gebruik
om hulle pryse te bepaal. (3)
3.6.3 Identifiseer TWEE bemarkingsfunksies van PLAAS B in die
scenario hierbo. (2)
3.7 Noem maniere waarop produsente-organisasies boere in Suid-Afrika bystaan. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 13 DBE/November 2023
NSS
3.8 Kies die rolle en verantwoordelikhede uit die lys hieronder wat by die
verskillende personeel op die plaas pas.
Voltooi die tabel wat volg deur slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers
(3.8.1 tot 3.8.6) in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf, bv. 3.8.7 G.
A Help om werknemerkwessies op te los op die land waar daar geoes
word
B Evalueer finansiële state en maak begrotingsvoorstelle
C Doen kunsmatige inseminasie
D Ontsmet produksie-areas om siektes te voorkom
E Moniteer en help met die herstel van masjiene
F Spuit onkruid op die land
WERKER
BESTUURDER TOESIGHOUER GEWAS- DIERE-
PRODUKSIE PRODUKSIE
3.8.1 3.8.2 3.8.4 3.8.5
3.8.3 3.8.6
(6 x 1) (6)
3.9 Noem probleme met betrekking tot arbeid wat deur boere ondervind word. (4)
3.10 Beskryf die belangrikheid van marknavorsing as deel van die besigheidsplan
(sakeplan). (2)
3.11 Noem die nadele van ondernemingspesialisasie. (2)
3.12 'n Boer beplan om 'n addisionele vertakking in te stel wat die winsgewendheid
van die plaas sal laat toeneem.
Formuleer DRIE vrae oor aspekte wat die boer moet oorweeg om te bepaal
wat die mees geskikte vertakking is. (3)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 14 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: FINANSIËLE BEPLANNING, REKORDHOUDING, OES,
WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Noem die aspekte wat oorweeg moet word wanneer 'n begroting vir
gewasproduksie opgestel word. (4)
4.2 Die lys hieronder dui eienskappe van verskillende tipes begrotings aan.
A Meet slegs moontlike inkomste en uitgawes wat voortspruit uit 'n
aanpassing in die boerderyplan
B Gebruik die vorige jaar se finansiële state
C Ontwikkel op die grondslag van per hektaar of per kop om vergelykings
tussen alternatiewe produksielyne moontlik te maak
D Is 'n opsomming van verwagte inkomste, uitgawes en wins vir die hele
plaas
E Help die boer om te besluit om masjinerie vir oes te huur of te koop
F Word gebruik in die vergelyking van die winsgewendheid van verskeie
plaasplanne, die bepaling van inkomstepotensiaal en datum-
terugbetalingsvermoë
G Verskaf basisinligting om die geheelplaasbegroting op te stel
4.2.1 Vanuit die lys hierbo, kies TWEE eienskappe van 'n geheelplaas-
begroting. Skryf slegs die letters (A–G) langs die vraagnommer
neer. (2)
4.2.2 Vanuit die lys hierbo, kies TWEE eienskappe van 'n
vertakkingsbegroting. Skryf slegs die letters (A–G) langs die
vraagnommer neer. (2)
4.3 Onderskei tussen die volgende finansiële dokumente:
4.3.1 Faktuur (2)
4.3.2 Inkomstestaat (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 15 DBE/November 2023
NSS
4.4 Die Balansstaat is 'n maatstaaf van 'n onderneming se netto waarde. 'n Boer
het die volgende saldo's op 30 November 2022 gehad:
Kontant R2 000
Eienaarsbelang R1 115 000
Grond en geboue R1 150 000
Oortrokke bankrekening R15 000
Voorraad R20 000
Debiteure R13 000
Verbandlening R120 000
Implemente R25 000
Tweedehandse trekker R50 000
Krediteure R10 000
Gebruik die data in die finansiële rekord hierbo om die ontbrekende inligting,
(a)–(f), in die Balansstaat hieronder te voltooi. Skryf slegs die antwoorde
langs die letters (a) tot (f) in die ANTWOORDEBOEK neer.
RAND
BALANSSTAAT
(R)
BATES
Vaste bates:
(a) (a)
Beweeglike bates:
Implemente 25 000
(b) (b)
Bedryfsbates:
Voorraad 20 000
(c) (c)
(d) (d)
TOTALE BATES: 1 260 000
LASTE
Langtermynlaste:
Verbandlening 120 000
Bedryfslaste:
(e) (e)
Oortrokke bankrekening 15 000
TOTALE LASTE: 145 000
EIENAARSBELANG 1 150 000
TOTALE EKWITEIT EN LASTE: (f)
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 16 DBE/November 2023
NSS
4.5 Die meeste kleinboere gee nie aandag aan die belangrikheid van
rekordhouding in hulle plaasbedrywighede nie. Dit word in die meeste gevalle
deur 'n gebrek aan kennis oor rekordhouding veroorsaak. Die boere beweer
dat hulle te veel werk en nie genoeg tyd vir hierdie belangrike taak het nie.
Wat die boere nie besef nie, is dat die meeste besluite nie beter is as dit
nie gebaseer is op rekords wat gehou is nie. Hulle praat van wins en verlies,
nie gebaseer op feite verkry uit rekordhouding nie, maar uit raaiskote of
intuïsie. Hierdie situasie word deur swak rekordhouding en onvoldoende
bestuursinligtingstelsels gekenmerk.
4.5.1 Noem die belangrikheid van akkurate rekordhouding deur
kleinboere. (4)
4.5.2 Identifiseer die grootste uitdagings wat swak rekordhouding in
boerdery tot gevolg het. (3)
4.5.3 Noem 'n inligtingbestuurstelsel wat boere kan aanneem om bestuur
te verbeter. (1)
4.6 Kies die voorbeeld van 'n brondokument uit die lys hieronder om by 'n
beskrywing in VRAAG 4.6.1 tot 4.6.4 te pas. Skryf slegs die woord/term langs
die vraagnommers (4.6.1 tot 4.6.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
salarisstrokie; kwitansie; faktuur; bankstaat;
depositostrokie; verkoopbelastingterugbetaling
4.6.1 Bewys dat die plaas iemand geld skuld of nog moet betaal (1)
4.6.2 Skriftelike bewys dat die boer 'n werker of bestuurder se loon of
salaris betaal het (1)
4.6.3 Bewys dat die produsent die geld ontvang het toe die koper in
kontant vir die produkte betaal het (1)
4.6.4 'n Dokument wat die geld aandui wat gedurende 'n spesifieke
periode by 'n bankrekening in- en uitbeweeg het (1)
4.7 Noem die faktore wat gebruik word om die kwaliteit van vars produkte te
bepaal wanneer dit geoes word. (4)
4.8 Stoorfasiliteite skakel die behoefte uit om produkte dadelik te bemark nadat
dit geoes is. Sulke fasiliteite wissel van eenvoudige strukture tot geboue met
spesiale toerusting vir verkoeling.
Beveel riglyne aan wat 'n boer moet oorweeg wanneer 'n stoorfasiliteit vir
landbouprodukte gebou word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 17 DBE/November 2023
NSS
4.9 Prosessering is die verandering van 'n rou produk na 'n meer bruikbare
produk.
4.9.1 Noem die voordele van die droging van landbouprodukte. (3)
4.9.2 Regverdig die stelling:
Prosessering in landbou is waardevol vir werkskepping. (2)
4.10 Die verpakking van voedsel beteken om dit in een of ander vorm van 'n
materiaal toe te maak of bymekaar te behou, wat dit gedurende storing,
vervoer en verspreiding sal beskerm.
4.10.1 Bespreek die voordele van die gebruik van glasbottels en -flesse vir
die verpakking van landbouprodukte. (4)
4.10.2 Noem die nadele van die gebruik van plastiek as
verpakkingsmateriaal vir landbouprodukte. (3)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 150
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Management Practices Grade 12 2023 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Management Practices Grade 12 NSC June 2023 QP

Question paper
Agricultural Management Practices Grade 12 NSC June 2023 QP

Question paper
Agricultural Management Practices Grade 12 2022 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Management Practices Grade 12 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Management Practices Grade 12 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Agricultural Management Practices

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Management Practices Grade 12 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Management Practices Grade 12 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Management Practices Grade 12 P1 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Management Practices Grade 12 2024 Memo (Afr)

Memorandum