Skip to content

Agricultural Management Practices Grade 12 2022 QP (Afr)

Question paperAgricultural Management PracticesGrade 12202216 pages

Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE NOVEMBER 2022 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord SLEGS wat gevra word. 4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 3 DBE/November 2022 NSS AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Watter EEN van die volgende landbouhulpbronne is 'n voorbeeld van 'n natuurlike hulpbron? A Arbeid B Plaasgeboue C Geld D Grond 1.1.2 Doeltreffende meganisering in boerdery is die oplossing vir die … A toenemende tekort aan plaasarbeid. B koste om arbeiders op te lei. C produksie van verskillende produkte. D tekort aan onderrig/skoolopleiding onder arbeiders. 1.1.3 Die tipe arbeider wat op dieselfde tyd elke jaar 'n herhalende taak verrig, en wat slegs vir 'n bepaalde tydperk op 'n plaas werk: A Permanente arbeider B Seisoenale arbeider C Geleentheidsarbeider D Voltydse arbeider 1.1.4 Hierdie begroting maak voorsiening vir die instandhouding van alle infrastruktuur, implemente en toerusting: A Gelykbreekbegroting B Gedeeltelike begroting C Instandhoudingsbegroting D Geheelplaasbegroting 1.1.5 Die basiese rekeningkundige vergelyking is: L – laste; B – bates; E – eienaarsbelang A L=E+B B L=B+E C B=E+L D E=B+L Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 4 DBE/November 2022 NSS 1.1.6 'n Primêre omskakeling van voedsel: A Berei botter uit room B Onttrek olie uit oliesade C Bak brood met koringmeel D Maak graanvlokkies van mieliemeel 1.1.7 Die likiditeit van 'n plaas word deur die opstel van 'n ... bepaal. A kontantvloeistaat B inkomstestaat C begroting D balansstaat 1.1.8 'n Plaasimplement depresieer teen 5,2% per jaar. Die waarde van die implement na EEN jaar indien die huidige waarde R8 872,00 is: A R461,34 B R9 333,34 C R8 872,00 D R8 410,66 1.1.9 Die dokument wat aan 'n debiteur uitgereik word om te bevestig dat die maatskappy die teruggestuurde goedere terugbetaal het: A Kredietnota B Kasregisterstrokie C Kleinkasbewys D Kontantstrokie 1.10 Die beste metode om hoogs bederfbare produkte, soos blomme, oor lang afstande te vervoer: A Pad B Spoor C Lug D See (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 5 DBE/November 2022 NSS 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in KOLOM B slegs EEN keer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Grondgeskiktheid A oorspronklike dokument wat die besonderhede van 'n 1.2.2 Wet op saketransaksie bevat Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en B 'n rekord met aparte inskrywings, Ontsmettingsmiddels, volgens datum gerangskik, wat 1972 (Wet 54 van verslag doen van wat deur die loop 1972) van 'n dag of 'n ander tydperk gebeur het 1.2.3 Dagboek C bevat die regulasies wat produk- 1.2.4 Wins etikettering beheer 1.2.5 Motivering D word gebruik om te voorspel hoeveel geld aan die sink van 'n 1.2.6 Gradering boorgat gespandeer sal word 1.2.7 Produksierekords E die innerlike dryfkrag waaroor 'n persoon beskik 1.2.8 Brondokumente F dokumente wat die hoeveelheid 1.2.9 Produkorganisasies produkte toon wat in 'n seisoen geproduseer word 1.2.10 Kapitaalbegroting G die standaard gestel vir die eenvormigheid van 'n groep produkte H evalueer die grondkwaliteite teenoor die spesifieke gebruiksvereistes I dui die hektaar aan wat vir diereproduksie benodig word J wanneer inkomste uitgawes oorskry K staan beide die boer en die verbruiker in spesifieke areas van kennis oor 'n produk by L geld wat vir die salarisverhogings van werknemers gebruik word (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 6 DBE/November 2022 NSS 1.3 Gee die KORREKTE landbouterm vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding. 1.3.1 Waardetoevoeging van 'n landbouproduk waardeur die produk in 'n meer gebruikersvriendelike produk vir die verbruiker verander word 1.3.2 'n Strategie wat deur 'n boer gebruik word om finansiële beskerming teen gebeurlikhede soos brand, haelstorms, vloede en ander risiko's te verskaf 1.3.3 Die bestuursbeginsel wat 'n boer gebruik om te verseker dat die hoeveelheid toerusting wat uitgereik is, dieselfde is as die hoeveelheid wat aan die einde van die week terugontvang word 1.3.4 Die produksiefaktor wat toerusting, heinings, sade, kunsmis en chemikalieë verteenwoordig wat by die kweek van gewasse gebruik word 1.3.5 Die bemarkingskanaal wat gebruik word wanneer verbruikers na 'n plaas reis en produkte op die plaas koop (5 x 1) (5) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) om die stellings KORREK te maak. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal. 1.4.1 Dokumente op 'n plaas is belangrik en nodig om ingeligte bestuursbesluite te neem. 1.4.2 Bemarking verwys na die fisiese en menslike pogings wat met die verwagting van vergoeding uitgevoer word. 1.4.3 Êe word gebruik om sade op groot skaal volgens voorafbepaalde afstande in die grond te plaas. 1.4.4 Veerekords word uit alle transaksies binne die boerderyonderneming opgestel. 1.4.5 Kompetisie is die deel van die bemarkingsplan wat die soort klante wat 'n mens wil trek, beskryf. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 7 DBE/November 2022 NSS AFDELING B VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Dui die uitwerking van Covid-19 op die produktiwiteit van plaaswerkers aan. (3) 2.2 'n Boer wil sy/haar huidige produksievertakking uitbrei deur 'n prosesseringsaanleg by te voeg. Die boer sal dit as 'n klein onderneming begin en indien dit suksesvol is, wil hy/sy graag die projek tot 'n groot besigheid laat groei. 2.2.1 Stel voor wat die boer kan doen om praktiese ervaring op te doen om die projek 'n groter kans te gee om suksesvol te wees. (1) 2.2.2 Noem TWEE bronne van finansiering wat 'n boer kan oorweeg om 'n projek te begin en tot 'n groot besigheid te laat groei. Gee ook EEN nadeel van ELKE bron. Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit. BRON VAN FINANSIERING NADEEL (4) 2.2.3 Noem DRIE voordele daarvan om die bemarking van 'n waardetoegevoegde produk met agritoerisme te kombineer. (3) 2.3 Noem en beskryf DRIE elemente wat op 'n grondkaart gevind kan word. (6) 2.4 Beveel die korrekte gronderosie-voorkomingsmaatreëls uit die lys hieronder aan vir die situasies wat volg. Elke maatreël kan net EEN keer gebruik word. nulbewerking; terrasse; vloeddamme; windbrekers; kontoerwalle; dekgewasse; stabiele uitlate 2.4.1 Vertraag die afvloei van water teen 'n middelmatige helling (1) 2.4.2 Verminder windspoed (1) 2.4.3 Bind die grond teen 'n helling (1) 2.4.4 Verhoog waterinfiltrasie deur die organiese materiaal van die vorige oes te benut (1) 2.4.5 Voorkom die vinnige afvloei van water teen 'n steil helling (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 8 DBE/November 2022 NSS 2.5 Die grafiek hieronder dui grondreaksie (pH) en beskikbare plantvoedingstowwe aan. Grondreaksie (pH) en plantvoedingstofbeskikbaarheid 100 Plantvoedingstofbeskikbaarheid (%) 90 80 70 60 50 40 30 20 10 0 2 4 6 8 10 Grondreaksie (pH) 2.5.1 Noem die grondtoestand soos deur pH 10 aangedui. (1) 2.5.2 Identifiseer die pH-waarde in die grafiek hierbo waarby die meeste voedingstowwe vir die plante beskikbaar is. (1) 2.5.3 Verduidelik die effek van 'n lae pH en 'n hoë pH op die beskikbaarheid van plantvoedingstowwe in die grond. (2) 2.5.4 Noem die stof wat by grond gevoeg moet word om 'n hoë pH reg te stel. (1) 2.5.5 Noem die stof wat by grond gevoeg moet word om 'n lae pH reg te stel. (1) 2.6 Bereken die daaglikse voerinname van 'n lakterende dier van 650 kg. Gebruik die formule hieronder en rond die antwoord tot die naaste heelgetal (kg) af. Daaglikse voerinname = massa van dier x 2,3% (2) 2.7 'n Boer gebruik sekondêre bewerkingsimplemente om 'n baie fyn en onbedekte saadbed vir gewasproduksie voor te berei. Voorspel die gevolge van so 'n aksie op die produksievermoë van die grond. Gee TWEE redes vir jou voorspelling. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 9 DBE/November 2022 NSS 2.8 Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit om tussen bestaansboerdery en kommersiële boerdery te onderskei. BESTAANSBOERDERY KOMMERSIËLE BOERDERY Risiko Kapitale belegging Bestuursvaardigheid (6) 2.9 'n Boer gebruik tegnologie wat hom/haar in staat stel om vanaf breedwerpige toediening van bemestingstowwe te beweeg na toediening daarvan slegs op 'n spesifieke area waar dit benodig word. Die boer gebruik die globale posisioneringstelsel (GPS), wat akkurate stuur van trekkers moontlik maak, veranderliketempo-tegnologie (VTT) en monitering van produksie terwyl gewasse geoes word. Dit stel die boer in staat om presies te sien hoeveel van spesifieke areas op 'n land geoes is. 2.9.1 Identifiseer die boerderytegniek wat in die scenario hierbo beskryf word. (1) 2.9.2 Identifiseer 'n toestel wat 'n kernrol in die boerderytegniek in die scenario hierbo speel. (1) 2.9.3 Noem VIER voordele van die boerderytegniek wat in VRAAG 2.9.1 geïdentifiseer is. (4) 2.9.4 Beveel TWEE ander toestelle aan, wat NIE in die scenario hierbo genoem is NIE, wat die boer vir suksesvolle implementering van die boerderytegniek kan gebruik. (2) 2.10 Gelukkige klante is die belangrikste sleutel tot sukses. Mense kom nie net om te jag of te hengel, perd te ry of met trekkers te ry nie. Hulle kom ook om pret te hê en te ontspan. Indien jy na jou klante omsien, sal jy suksesvol wees. Vra altyd jou klante waarvan hulle tydens hulle verblyf gehou het en wat verbeter kan word. [Bron: Mike Wetter (konsultant), Mike Wetter en Vennote] 2.10.1 Dui die produksievertakking aan wat in die scenario hierbo bespreek word. (1) 2.10.2 Noem TWEE metodes wat 'n boer kan gebruik om inligting by klante te kry oor die vlak van tevredenheid van hulle verblyf op die plaas. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 10 DBE/November 2022 NSS VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP, BEMARKING, PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Noem DRIE voordele van goeie beplanning. (3) 3.2 Noem TWEE menseverhoudingsvaardighede wat van toepassing is op 'n boer as 'n entrepreneur wat 'n nuwe landbou-onderneming wil begin. (2) 3.3 'n Boer wil 'n gewasboerdery-onderneming uitbrei om veeproduksie in te sluit. Die boer vra jou om met die opstel van 'n sakeplan te help om die nuwe vee-onderneming in te sluit. 3.3.1 Maak 'n lys van VIER komponente van die bestaande sakeplan wat verander moet word om vir die nuwe vee-onderneming voorsiening te maak. (4) 3.3.2 Bespreek DRIE faktore wat die boer in ag moet neem wanneer met die nuwe onderneming begin word. (3) 3.4 Die volgende vloeidiagram verteenwoordig die volgorde in die bemarking van 'n landbouproduk: [A] [B] [C] Plaas Produk- Prosesserings- voorbereiding aanleg [D] Supermark/ Kleinhandelaar 3.4.1 Identifiseer die bemarkingskonsep wat deur die vloeidiagram hierbo geïllustreer word. (1) 3.4.2 Noem TWEE faktore wat die bemarking van die produk by D kan verhinder. (2) 3.4.3 Dui TWEE aksies aan wat die bemarking tussen A en D sal verbeter. (2) 3.5 Noem VIER bemarkingsfunksies. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 11 DBE/November 2022 NSS 3.6 Die tabel hieronder toon die aanbod en vraag van 'n landbouproduk teen verskillende pryse. PRYS AANBOD PER WEEK VRAAG PER WEEK (R/kg) (kg) (kg) 8 300 1 000 10 400 900 12 580 800 14 750 750 16 800 600 18 950 550 20 1 000 500 3.6.1 Gebruik die inligting in die tabel hierbo en teken TWEE lyngrafieke op dieselfde assestelsel, een vir aanbod en een vir vraag. (6) 3.6.2 Bepaal die ewewigsprys vir die produkte in die tabel hierbo. (1) 3.6.3 Bereken wat sal gebeur indien die vraag verdubbel en die aanbod met slegs 20% teen die prys van R18,00 verhoog. Toon AL die stappe. Maak 'n gevolgtrekking oor die beskikbaarheid en prys van die produk. (5) 3.7 Die prent hieronder verteenwoordig 'n bemarkingstelsel wat in landbou gebruik word. TE KOOP 3.7.1 Identifiseer die bemarkingstelsel wat in die prent hierbo getoon word. (1) 3.7.2 Vergelyk die prysstabiliteit van die bemarkingstelsel geïdentifiseer in VRAAG 3.7.1 met koöperatiewe bemarking. (2) 3.7.3 Analiseer krities die invloed van die Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) op die bemarkingstelsel wat in die prent hierbo getoon word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 12 DBE/November 2022 NSS 3.8 Daar is VYF bestuurstake waaraan 'n boer moet voldoen ten opsigte van bestuursaktiwiteite. 3.8.1 Definieer die term plaasbestuur. (2) 3.8.2 Noem TWEE moontlike stappe wat 'n boer moet implementeer vir effektiewe beheer van werkers op 'n plaas. (2) 3.9 Wanneer 'n boer 'n nuwe werker aanstel, moet 'n indiensnemingskontrak opgestel word. Die bepalings en voorwaardes van die kontrak moet aan arbeidswetgewing voldoen. Sommige van die items wat by die indiensnemingskontrak ingesluit moet word, is die volgende:  Werksure  Ontwikkel werksvooruitsigte en lewensgehalte  Maak voorsiening vir regsproses waardeur 'n grondeienaar 'n uitsettingsbevel teen 'n werknemer kan uitreik  Vergoeding vir besering aan diens  Lone/Salarisse  'n Boer kan vervolg word indien 'n werknemer onwettig van 'n plaas afgesit word  Voorwaardes vir beëindiging van diens  Affiliasie by vakbonde en die reg om te staak  Voorsiening van beskermende klere  Bevorder vrede en demokrasie in die werkplek  Bevorder ekonomiese ontwikkeling en sosiale geregtigheid  Van voorneme om die vaardighede van die arbeidsmag te ontwikkel  Sekuriteit van plaaswerkers wat inwoon Kies EEN item uit die lys hierbo wat deur ELK van die volgende Wette hanteer word: 3.9.1 Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) (1) 3.9.2 Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) (1) 3.9.3 Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998) (1) 3.9.4 Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, 1997 (Wet 62 van 1997) (1) 3.10 Verduidelik hoe 'n boer plaaswerkers deur effektiewe kommunikasie kan motiveer. (2) 3.11 Noem die hoofdoel van plaasproduk-advertering. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 13 DBE/November 2022 NSS VRAAG 4: FINANSIËLE BEPLANNING, REKORDHOUDING, OES, WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Identifiseer die tipe begroting wat vir ELK van die volgende scenario's gebruik word: 4.1.1 'n Boer wil 'n nuwe prosesseringseenheid by die plaas voeg. (1) 4.1.2 'n Boer benodig seisoenale werkers gedurende die oesseisoen. (1) 4.1.3 Verwagte vloei van geld as inkomste en uitgawe deur 'n onderneming (1) 4.1.4 'n Boer wil die totale van die moontlike inkomste en die moontlike uitgawes van die verskillende produksieondernemings as een gekombineerde dokument hê. (1) 4.2 Noem DRIE hoofkenmerke van 'n kontantvloeibegroting. (3) 4.3 Die dokument hieronder toon die betaalstrokie van 'n plaaswerker. PLAASNAAM Adres van die plaas Betaalstrokie Werknemer: xxxxxxxxx ID-nommer: xxxxxxxxx Belastingnommer: xxxxxxxxx WVF-nommer: xxxxxxxxx Bankbesonderhede: xxxxxxxxx Datum aangestel: 2015-08-01 Betalingsperiode: 2022/10/01– 2022/10/31 VERDIENSTE BEDRAG AFTREKKINGS BEDRAG Basiese salaris R10 750,00 Belasting xxxxxxxxx Oortyd xxxxxxxxx WVF xxxxxxxxx BRUTO TOTAAL xxxxxxxxx xxxxxxxxx VERDIENSTE: AFTREKKINGS: NETTO SALARIS: xxxxxxxxx 4.3.1 Bepaal of die werker, wie se betaalstrokie hierbo getoon word, permanent aangestel of 'n los werker is. Gee TWEE redes vir jou antwoord. (3) 4.3.2 Verduidelik hoe die plaaswerker deur WVF-aftrekkings bevoordeel word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 14 DBE/November 2022 NSS 4.3.3 16 Junie is Jeugdag, 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika, en 'n plaaswerker is gevra om voldag (8 uur) te werk. Indien die plaaswerker R61,08 per uur verdien, bereken hoeveel oortyd die plaaswerker vir 16 Junie sal verdien (voor belasting). (3) 4.3.4 Bereken die bruto inkomste van die plaaswerker vir Junie. (3) 4.4 Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit om te onderskei tussen handgeskrewe notas en 'n rekenaar om rekord te hou. HANDGESKREWE REKENAAR NOTAS Hoeveelheid data Presisieboerdery Toegang tot inligting (6) 4.5 Noem DRIE nadele van die meganiese oesproses. (3) 4.6 Bestudeer die etiket op die produk hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die etiket op die voorkant van die bottel: Vegetariese Vereniging GOEDGEKEUR Die etiket aan die agterkant van die bottel: Heerlik as dit dun op roosterbrood gesmeer word. Gemaak van gis  – die rykste natuurlike bron Bestanddele: Gisekstrak, van B-vitamiene. Sout, Groente-ekstrak, Niasien, Tiamien, MARMITE is 'n geregistreerde Spesery-ekstrakte, handelsmerk van Riboflavien, Foliensuur, CPC International Geïnk. Vitamien B12. Vervaardig vir CPC (VK) Bpk., Hierdie bottel bevat ong. Posbus 237, ESHER, 125 porsies. Surrey KT10 9XQ. Gelisensieerde gebruiker. Bêre op 'n koel, donker plek. BESTE VOOR 2022-03-08 [Bron: CPC International Inc.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 15 DBE/November 2022 NSS 4.6.1 Noem DRIE aspekte wat bewys dat hierdie produk aan wetgewing vir etikettering voldoen. (3) 4.6.2 Noem EEN belangrike aspek wat NIE op die etiket voorkom NIE. (1) 4.6.3 Verduidelik die betekenis van die BESTE VOOR-datum op die etiket. (2) 4.6.4 Verduidelik waarom dit vir die produsent voordelig sal wees om hierdie logo of enige ander vereniging se logo op die etiket van 'n produk te voeg: (2) 4.7 Houers vir die verpakking van vars produkte kan 'n skadelike effek op die omgewing hê omdat sommige nie maklik ontbind nie. houtkrat plastiekbakkie kartonhouer kartonbakkie houtskinkbord geweefde nylonsak 4.7.1 Kies TWEE houers uit die prentjies hierbo wat NIE maklik ontbind NIE. (2) 4.7.2 Beskryf wat 'n boer kan doen om die negatiewe omgewingsimpak van verpakkingsmateriaal te verklein. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 16 DBE/November 2022 NSS 4.8 Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit om die verskil tussen pasteurisasie en sterilisasie aan te dui. PASTEURISASIE STERILISASIE Uitskakeling van mikrobes Impak op voedingswaarde Berging (6) 4.9 Dui die doel van droging van voedsel as 'n prosesseringsmetode aan. (2) 4.10 Blansjering is 'n metode wat gebruik word om mikrobes uit te skakel. Noem TWEE ander voordele van blansjering by voedselprosessering. (2) [50] TOTAAL AFDELING B: 150 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Management Practices

View all