Skip to content

Agricultural Management Practices Grade 12 NSC June 2022 QP

Question paperAgricultural Management PracticesGrade 12202214 pages

Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE 2022 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 2 DBE/2022 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs wat gevra word. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 3 DBE/2022 SS/NSS AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Die verlies van water wat gedurende die dag by grond en plante na die atmosfeer plaasvind: A Fotosintese B Transpirasie C Evapotranspirasie D Verdamping 1.1.2 'n Probleem wat met die gebruik van menslike arbeid op plase ondervind word: A Te veel vaardige werkers in die boerderybedryf B Arbeidskoste is laag as gevolg van meganisasie C Alle take is by een punt op 'n plaas gesentraliseer D Migrasie van plaaswerkers na stede 1.1.3 Die bron van kapitaal wat deur die verkoop van plaasprodukte verkry word: A Persoonlike kapitaal B Produksiekapitaal C Krediet D Toelaes 1.1.4 Die groeistadium van grasse gedurende die winter: A Aanvanklike groei B Aktiewe groei C Berging van reserwes D Dormant/Rustend 1.1.5 Die tipe grondkaart wat die grondwaterinhoud van gronde aandui: A Infrarooi kaart B Ultraviolet kaart C GPS-kaart D NDVI-kaart Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 4 DBE/2022 SS/NSS 1.1.6 Die toestand wat NIE die groei van die meeste mikro-organismes wat voedelbederf veroorsaak, sal bevoordeel NIE: A Suurstofloos B Genoeg bronne (produkte) C Geskikte pH D Geskikte temperatuur 1.1.7 Die boer ontvang hierdie brondokument wanneer hy/sy goedere op krediet koop: A Kredietnota B Kredietaankoopfaktuur C Kredietverkoopfaktuur D Kontantstrokie 1.1.8 'n Strategiese beplanningsinstrument wat kan help om 'n boerdery te evalueer, staan as 'n … bekend. A besigheidsplan B strategiese bestuursplan C SSGB('SWOT')-ontleding D toekomsplan 1.1.9 Die hulpbron wat mense in bestuur, werkers en diensverskaffers insluit: A Finansiële hulpbron B Menslike hulpbron C Tegniese hulpbron D Klimaatshulpbron 1.10 Die bestuursbeginsel wat 'n boer moet toepas voordat daar met 'n onderneming begin word: A Beplanning B Organisering C Motivering D Kontrole (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 5 DBE/2022 SS/NSS 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in KOLOM B slegs EEN keer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Databasis A analise en verfyning van 'n plan 1.2.2 Preservering B beheer samestelling en gehalte van geprosesseerde landbouprodukte 1.2.3 Burosisteem C verseker dat skale gereeld 1.2.4 Verbruikersmaak/ geïnspekteer en gekalibreer word -voorkeur D om onaanvaarbare gedrag uit te 1.2.5 Wet op Mate en skakel en 'n gevoel van samehorigheid Gewigte, 1958 in 'n besigheid te skep (Wet 13 van 1958) E deel van die bemarkingsplan wat 1.2.6 Dissipline verkope sal laat toeneem 1.2.7 Evaluering F 'n georganiseerde versameling data wat op 'n rekenaarstelsel gestoor en 1.2.8 Gronddegradasie elektronies toeganklik is 1.2.9 Kwarantyn G die gevolg van grondbeskadiging wat deur klimaatsveranderinge veroorsaak 1.2.10 Eienaarskap word H die proses om voedsel te behandel en te hanteer wat bederf grootliks vertraag I dui die bestuursproses van die besigheid aan J deel van die besigheidsplan wat die ondernemingsvorm wat jy wil registreer, sal beskryf K dataprosessering vir 'n aantal kliënte vind sentraal plaas, weg van die plase af L die beperking wat op die beweging van diere afgedwing word as gevolg van 'n aansteeklike siekte (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 6 DBE/2022 SS/NSS 1.3 Gee die KORREKTE landbouterm vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding. 1.3.1 Die hoeveelheid werk wat per tydeenheid deur 'n plaaswerker gedoen word 1.3.2 Die metode wat die oppervlakke van voedsel, voedselhouers en die lug steriliseer 1.3.3 'n Strategie waar die boer die risiko versprei deur in verskeie ondernemings te belê 1.3.4 Die klimaatsfaktor wat in chemiese energie verander word sodat plante kan groei 1.3.5 'n Proses wat verandering in die ekonomiese stelsel veroorsaak as gevolg van innovasie deur individue wat op geleenthede in die mark reageer (5 x 1) (5) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) om die stellings KORREK te maak. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal. 1.4.1 Seisoenale skommeling is 'n probleem wat met die bemarking van landbouprodukte verband hou, want dit is aan bederwing en verrotting blootgestel. 1.4.2 Koördinering is die groepering van aktiwiteite op 'n plaas in bestuursaktiwiteite en boerdery-aktiwiteite. 1.4.3 Arbeidsrekords hou boek van die reënval, temperatuur en windspoed gedurende spesifieke tydperke. 1.4.4 Markewewig is die aantal produkte wat verkoop moet word om die totale produksiekoste te dek. 1.4.5 Inkomende landboutoeriste is mense van Suid-Afrika wat in Suid-Afrika reis om verskillende landbou-aktiwiteite te besoek. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 7 DBE/2022 SS/NSS AFDELING B VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Veldbestuur is vir 'n veeboer baie belangrik. Die boer moet die plantgroeipatrone van die plaas bestudeer om die optimale groei vir die streek te verkry. Kennis van weidings sal tot verlaagde koste lei indien die boer in staat is om dit behoorlik te bestuur. 2.1.1 Verduidelik kortliks die belangrikheid van kennis oor optimale plantegroei. (2) 2.1.2 Bespreek TWEE maniere waarop die beplanning en verdeling van weivelde in kampe 'n boer sal help. (4) 2.1.3 Noem TWEE voordele van goeie weidingsbestuur vir die boer. (2) 2.2 Beskryf hoe die volgende faktore beweiding sal beïnvloed: 2.2.1 Smaaklikheid (2) 2.2.2 Topografie (2) 2.2.3 Erosie (2) 2.3 Die diagram hieronder stel produkte en kapitaalitems in landbou voor. 2.3.1 Identifiseer die kapitaalitem (A–G) in die diagram hierbo wat 'n vastekapitaal-item voorstel. (1) 2.3.2 Identifiseer die kapitaalitem (A–G) in die diagram hierbo wat beweeglike kapitaal voorstel. (1) 2.3.3 Gee TWEE redes waarom risiko moontlik verminder word deur item B en items A of E op dieselfde plaas te produseer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 8 DBE/2022 SS/NSS 2.4 Die grondstruktuur sal 'n invloed op die bewerking van gronde hê. 2.4.1 Definieer grondstruktuur. (2) 2.4.2 Beskryf hoe die bewerking van grond met struktuur en die bewerking van grond sonder struktuur verskil. (2) 2.5 Noem TWEE voordele van organiese boerdery. (2) 2.6 Die presisieboerdery-siklus: resultaat pas toe ontleed beplan Teken en voltooi die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK deur die aksie by die korrekte hoofelement in die presisieboerdery-siklus te pas. HOOFELEMENTE AKSIE BEPLAN PAS TOE RESULTAAT ONTLEED Bv. Grondinspeksie  Besproeiing/Bespuiting Dataprosessering Presisiekartering Oes Bemesting (5) 2.7 Die volgende is 'n lys insette, prosesse en uitsette wat by 'n boerderystelsel verkry is:  Wins  Grond  Bemesting  Neerslag  Son  Dierevoer  Ligging  Dreinering  Besproeiing  Grootmaak Identifiseer VYF fisiese insette in die lys hierbo wat 'n boerderystelsel bepaal. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 9 DBE/2022 SS/NSS 2.8 Meganisasie het vir welvarende (voorspoedige) kommersiële boerdery noodsaaklik geword. 2.8.1 Noem die invloed op arbeid indien 'n boer die vlak van meganisasie op 'n plaas verhoog. (2) 2.8.2 Verduidelik kortliks die negatiewe sosiale impak van hoë vlakke van meganisasie op 'n plaas. (1) 2.9 Verduidelik die effek as daar minder vermorsing plaasvind wanneer plaagdoders in presisieboerdery toegedien word. (4) 2.10 Beskryf kortliks die doel van die volgende tipes agritoerisme: 2.10.1 Opvoedkundige toeriste (2) 2.10.2 Produkroete-toeriste (2) 2.11 Noem VYF nadele van agritoerisme. (5) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 10 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP, BEMARKING, PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Die opstel van 'n besigheidsplan is vir 'n nuwe boer belangrik. 3.1.1 Gee VYF redes vir die opstel van 'n besigheidsplan. (5) 3.1.2 Noem VYF finansiële strategieë as deel van die bemarkingsplan. (5) 3.2 Die diagram hieronder toon sommige van die eienskappe van 'n entrepreneur wat 'n suksesvolle boerderyonderneming wil hê. [A] Ken werkers se take volgens hulle vaardighede toe [C] [B] Vermoë om nuwe Kennis van Entrepreneur idees te ontwikkel gewasverbouing om te verbeter [D] Hou aan probeer selfs al word die oes deur 'n droogte verwoes 3.2.1 Identifiseer die eienskappe van 'n entrepreneur soos deur A, B, C en D aangedui. (4) 3.2.2 Noem DRIE hulpbronne wat 'n entrepreneur benodig wanneer 'n boerderyonderneming begin word. (3) 3.3 Landboubesighede kan in drie sektore verdeel word, naamlik die primêre landbousektor, die sekondêre landbousektor en die tersiêre landbousektor. Onderskei primêre van sekondêre en tersiêre landbousektore. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 11 DBE/2022 SS/NSS 3.4 Die volgende is bemarkingswette wat op die bemarking van landbouprodukte van toepassing is: A: Wet op die Bemarking van Landbouprodukte, 1996 (Wet 47 van 1996) B: Wet op Reëling van die Uitvoer van Bederfbare Produkte, 1983 (Wet 9 van 1983) C: Wet op die Veiligheid van Vleis, 2000 (Wet 40 van 2000) D: Wet op Landbouprodukte-agente, 1992 (Wet 12 van 1992) E: Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 of 2008) Pas die bemarkingswette (A–E) by die beskrywings (3.4.1 tot 3.4.4) hieronder. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.4.1 tot 3.4.4) neer. Elke letter kan slegs EEN keer gebruik word. 3.4.1 Vestig en handhaaf nasionale standaarde by abattoirs (slagpale) en slaghuise (1) 3.4.2 Daarop gemik om marktoegang vir alle deelnemers te vergroot en om die lewensvatbaarheid van die landbousektor te bevorder (1) 3.4.3 Beheer die bemarking van produkte wat in ander lande verkoop word (1) 3.4.4 Daarop gemik om 'n regverdige, toeganklike en volhoubare mark vir verbruikersprodukte en -dienste te bevorder (1) 3.5 Plaashekbemarking is een van die algemeenste bemarkingskanale wat deur boere gebruik word, veral kleinskaalse boere. 3.5.1 Noem DRIE voordele van plaashekbemarking. (3) 3.5.2 Noem DRIE nadele van plaashekbemarking. (3) 3.6 Gebruik 'n tabel en onderskei tussen internetbemarking en kontrakbemarking. (6) 3.7 Noem DRIE funksies van produsente-organisasies in die landboubedryf. (3) 3.8 Noem DRIE voordele van die bemarking van produkte op varsproduktemarkte. (3) 3.9 Evaluering is 'n noodsaaklike deel van verskillende produksie-aspekte. Noem VIER voordele van evaluering. (4) 3.10 Maak 'n lys van VIER voordele van behoorlike bestuur ten opsigte van die aanwending van arbeid. (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 12 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 4: FINANSIËLE BEPLANNING, REKORDHOUDING, OES, WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Verduidelik die volgende stelling: 'n Begroting het beide 'n beplanningsfunksie en 'n beheerfunksie. (4) 4.2 Die basiese elemente van 'n begroting vir 'n gewasproduksie-onderneming sluit, onder meer, insette, uitsette en hulpbronne in. 4.2.1 Daar moet vir insette en uitsette begroot word. (a) Gee TWEE voorbeelde van insette waarvoor begroot moet word. (2) (b) Gee 'n voorbeeld van 'n uitset waarvoor begroot moet word. (1) 4.2.2 Dui aan waarvoor begroot moet word ten opsigte van hulpbronne vir 'n gewasproduksie-onderneming. (3) 4.3 INKOMSTESTAAT Plaaskwitansies R942 700,00 Plaasuitgawes R780 900,00 BRUTO WINS: 4.3.1 Koste van rente R21 700,00 Waardevermindering R72 300,00 Familielewenskoste en R52 300,00 inkomstebelasting NETTO WINS: 4.3.2 4.3.1 Bereken die BRUTO WINS. Toon die formule en AL die berekeninge. (3) 4.3.2 Bereken die NETTO WINS. Toon die formule en AL die berekeninge. (3) 4.4 Onderskei tussen seisoenwerkers en geleentheidswerkers wat in die landbou gebruik word. (2) 4.5 Noem DRIE vereistes van goeie rekordhouding. (3) 4.6 'n Produk moet op die regte stadium van gereedheid geoes word sodat die produk die verbruiker in 'n goeie toestand bereik. Beskryf die toestand van 'n vars rou produk wat dit vir die verbruiker aanvaarbaar maak. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 13 DBE/2022 SS/NSS 4.7 Vergelyk meganiese oes met oes met die hand. Teken en voltooi die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK. MEGANIESE OES OES MET DIE HAND Invloed van weerstoestande Diefstal van die produkte (4) 4.8 Wanneer produkte hanteer word, moet bestuur verseker dat arbeiders die korrekte persoonlike gesondheids- en higiënepraktyke volg. Noem DRIE van hierdie praktyke wanneer arbeiders vars produkte hanteer. (3) 4.9 Noem TWEE hooffaktore wat die stoormetode van 'n rou landbouproduk bepaal. (2) 4.10 Die omskakeling van primêre landbouprodukte na eetbare produkte behels verskeie aksies en prosesse. Kies EEN woord uit die lys hieronder wat ELK van die volgende omskakelingsprosesse (4.10.1 tot 4.10.5) verduidelik. onttrekking; kombinering; sterilisasie; bevriesing; filtrasie; pasteurisasie; fermentasie; ekstrusie 4.10.1 'n Proses waartydens voedsel met matige hitte behandel word om patogene uit te skakel en rakleeftyd te verleng (1) 4.10.2 'n Proses waartydens een of meer komponente van 'n vloeistof- of soliede mengsel selektief deur middel van 'n vloeibare onmengbare oplosmiddel geskei word (1) 4.10.3 Die proses om koolhidrate na alkohol of organiese sure om te skakel deur mikro-organismes, soos gis of bakterieë, te gebruik (1) 4.10.4 'n Beheerde verhittingsproses wat gebruik word om alle lewende mikro-organismes heeltemal uit te skakel (1) 4.10.5 Tydens hierdie proses word sagte gemengde bestanddele deur 'n opening in 'n geperforeerde plaat geforseer om die verlangde vorm teen 'n hoë temperatuur te verkry. Dit word dan met lemme in 'n spesifieke grootte gesny. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 14 DBE/2022 SS/NSS 4.11 Gee EEN rede vir die gebruik van ELK van die volgende verpakkingsmetodes vir landbouprodukte: 4.11.1 Vakuumverpakking (2) 4.11.2 Nie-vakuumverpakking (2) 4.12 Boer: Ek trek van 'n plaas in die Vrystaat na 'n plaas in Limpopo en ek neem my diere saam met my. Ek beplan om 'n trok en 'n sleepwa te gebruik om die klein- en grootvee te vervoer. Ek is baie bekommerd oor die stresvlakke van die diere gedurende die lang rit. 4.12.1 Gee die boer raad oor die vereistes met betrekking tot die trok en die sleepwa wat gebruik gaan word om die diere te vervoer. (3) 4.12.2 Noem TWEE items wat die diere gedurende die rit gaan benodig, wat ook voor en na die rit beskikbaar moet wees. (2) 4.12.3 Verduidelik waarom die boer oor die stresvlakke van die diere bekommerd is. (2) [50] TOTAAL AFDELING B: 150 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Management Practices

View all