You're offline
Skip to content
Question paper

Agricultural Management Practices May June 2024 Afr

Subject: Agricultural Management PracticesGrade 12202414 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord SLEGS wat gevra word. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE stappe in die berekeninge. 7. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Tipe veld gevind in areas met sanderige grond en hoë reënval: A Soetveld B Gemengde veld C Suurveld D Bewerkte veld 1.1.2 Plantdiepte sal in die volgende grond progressief toeneem: A Sand; leem; klei B Leem; sand; klei C Leem; klei; sand D Klei; leem; sand 1.1.3 Afstandswaarneming is moontlik want plante wat strestoestande ervaar, … liggolflengtes anders as gesonde plante. A reflekteer B versend C absorbeer D meng 1.1.4 'n … is 'n voorbeeld van 'n sekondêre implement wat in grondvoorbereiding gebruik word. A Skeurploeg ('Ripper') B Rysterplaatploeg ('Mould board plough') C Skottelploeg ('Disc plough') D Kapploeg ('Rotavator') 1.1.5 'n Eienskap van 'n entrepreneur wat die vermoë toon om besluite te neem: A Die vermoë om saam met ander te werk B Die vermoë om altyd sperdatums na te kom C Om 'n ou trekker te vervang of te herstel D Die vermoë om duidelik met werknemers te praat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.1.6 'n Vervoermetode wat groot volumes landbouprodukte na ander kontinente kan hanteer: A Lug B Treinspoor C Pad D See 1.1.7 ... is wanneer die hoeveelheid van 'n produk wat verbruikers benodig, presies dieselfde is as die hoeveelheid wat produsente verkoop. A Markwaarde B Markvraag C Markaanbod D Markewewig 1.1.8 Wanneer 'n boer 'n kwitansie uitreik vir produkte wat op 'n plaas verkoop is, dien 'n ... as bewys dat die transaksie plaasgevind het. A pro forma B duplikaat C teenblad D agenda 1.1.9 'n Bate wat die waarde van die plaas laat toeneem: A Gebou B Prosesseringsmasjinerie C Dierevoedsel D Konvensionele planter 1.1.10 … verseker dat 'n plaaswerker opleiding ontvang om met meer gesofistikeerde plaasimplemente te werk. A Wet op Werkloosheidsversekering, 2001 (Wet 63 van 2001) B Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, 1997 (Wet 62 van 1997) C Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998) D Wet op Vergoeding van Beroepsgesondheid en -siektes, 1993 (Wet 130 van 1993) (10 x 2) (20) 2024 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in KOLOM B slegs EEN keer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Propionsuur A om 'n produk te skei op grond van vasgestelde gradering- 1.2.2 Bestuur standaarde 1.2.3 Sortering B beheer die verkoop en uitvoer van sekere landbouprodukte en 1.2.4 Transnasionale maatskappy ingevoerde produkte 1.2.5 Noodhulpkissie C instel van gewasbespuiting- toestelle om die regte 1.2.6 Kalibrasie hoeveelheid onkruiddoders toe te dien 1.2.7 Kleinkas D bied avontuuraktiwiteite en 1.2.8 Mikro-onderneming plaaservarings aan besoekers 1.2.9 Agritoerisme E 'n vertakking of uitbreiding van die hoofboerderyonderneming 1.2.10 Wet op Landbouproduk- en funksioneer gewoonlik op sy standaarde, 1990 (Wet 119 eie van 1990) F hou toesig oor alle plaasaktiwiteite G toon alle bates en laste binne die onderneming H organisasie wat in meer as een land funksioneer I verbruikerinligting J chemiese preserveermiddel wat in kos gebruik word K geld vir kleiner besigheidsuitgawes L moet beskikbaar wees wanneer veiligheidsinspeksies gedoen word (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.3 Gee die KORREKTE landboukundige term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding. 1.3.1 'n Opsomming van finansiële vooruitskattings van alle produksie- eenhede op die plaas 1.3.2 Die hoeveelheid van 'n boerderyproduk wat 'n produsent aan die mark lewer wat die prys beïnvloed 1.3.3 Die verbouing van verskillende gewasse op dieselfde land, een seisoen na die volgende 1.3.4 Die opeenvolgende stappe wat 'n produk van die plaas na die verbruiker volg 1.3.5 'n Metode van verpakking wat lug uit die verpakking verwyder voordat dit geseël word (5 x 1) (5) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) om die volgende stellings KORREK te maak. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal. 1.4.1 Daaglikse transaksies en verkope word in die arbeid-rekordboeke geboekstaaf. 1.4.2 Dolomitiese kalk word toegedien om die grond-pH-vlak te verlaag. 1.4.3 Batterystelsel is wanneer gewasse geproduseer word deur 'n voedingstofmedium eerder as grond te gebruik. 1.4.4 Degradering verwys na die voldoening aan die behoeftes van die huidige generasie sonder om toekomstige generasies van die voldoening aan hulle eie behoeftes te ontneem. 1.4.5 Ekstensiewe boerdery laat vee toe om die veld te bewei en om in 'n beskutte omgewing aangehou te word om ekstra voeding te ontvang. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING B VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Noem VIER faktore wat tot vlak grond bydra. (4) 2.2 Bestudeer die twee sketse van krummel- en plaatvormige grondstrukture hieronder. KRUMMEL PLAATVORMIG 2.2.1 Bespreek kortliks die invloed van krummelstruktuur en plaatvormige struktuur op die volgende prosesse: (a) Waterinfiltrasie (2) (b) Wortelontwikkeling (2) 2.2.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.1(a) vir 'n plaatvormige struktuur. (1) 2.3 Stel maatreëls voor om gronddegradasie te voorkom. (4) 2.4 Die invloed van temperatuur op gewasgroei in 'n kweekhuis. 2.4.1 Gee die invloed van verskillende temperature op gewasgroei in 'n kweekhuis met verwysing na die volgende: (a) Minimum temperatuur (1) (b) Optimum temperatuur (1) (c) Maksimum temperatuur (1) 2.4.2 Noem verskillende maniere om hoë temperature in 'n kweekhuis te beheer. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 2.5 Dui aan hoe die vlakke van relatiewe humiditeit (RH) die prosesse beïnvloed wat in die tabel hieronder genoem word. Skryf jou antwoorde langs die letters (a) tot (d). HOË RELATIEWE LAE RELATIEWE PROSESSE HUMIDITEIT HUMIDITEIT bv. Groei van swamsiektes hoog laag Verdamping (a) (b) Verwelking (c) (d) (4 x 1) (4) 2.6 Die tabel hieronder toon twee boere se rekords oor die beweidingstelsels wat hulle gebruik. Simbool (X) = beweiding BOER A BOER B MAAND KAMP A MAAND KAMP A KAMP B KAMP C Januarie X Januarie X Februarie X Februarie X Maart X Maart X April X April X Mei X Mei X Junie X Junie X 2.6.1 Beskryf die gevolge as BOER A nie die beweidingstelsel verander nie. (3) 2.6.2 Gee die beginsels om die suksesvolle implementering van die beweidingstelsel te verseker wat deur BOER B gebruik word. (3) 2.6.3 Noem die voordele daarvan om die beweidingstelsel van BOER B te gebruik. (4) 2.7 Noem VIER hoofaspekte wat die toepassing van presisieboerdery beïnvloed. (4) 2.8 Die lys hieronder toon verskillende tegnologieë wat in presisieboerdery gebruik word. stroper se graantenk-vloeisensor; tensiometer; stropermonitor; hommeltuig ('drone') Pas ELKE beskrywing hieronder by 'n tipe tegnologie wat in die lys hierbo gegee word: 2.8.1 Toon opbrengsgebiede tydens oes (1) 2.8.2 Meet die vloeitempo van graan in die stroper se opgaartenk in (1) 2.8.3 Bepaal vogspanningsgebiede in die land (1) 2.8.4 Spoor bome met siektes in 'n groot boord op (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 2.9 Die prentjies hieronder toon verskillende implemente wat tydens die bewerking van grond op die plaas gebruik word. A B 2.9.1 Noem die tipe kapitaal wat deur implement A en B verteenwoordig word. Regverdig jou antwoord. (2) 2.9.2 Gee TWEE redes waarom 'n boer eerder implement B as implement A tydens primêre bewerking sal gebruik. (2) 2.9.3 Gee die nadele van die gebruik van dieretrekkrag. (3) 2.10 Gee redes waarom agritoerisme-entrepreneurs versekering moet hê wanneer hulle gewaagde ervarings aan besoekers bied. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP, BEMARKING, PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Noem en beskryf DRIE faktore wat tot die bepaling van die prys van produkte bydra. (6) 3.2 Die bemarkingselement bestaan uit veranderlikes wat die bemarkingstrategie vir 'n boerderyonderneming vorm. Beskryf kortliks die veranderlikes hieronder. 3.2.1 Produk (2) 3.2.2 Promosie (2) 3.3 Pas die beginsels van bestuur hieronder by die aktiwiteite in VRAAG 3.3.1 tot 3.3.4. Beginsels van bestuur:  Koördinering  Organisering  Beplanning  Beheer 3.3.1 Sit elke werker se take vir die dag uiteen (1) 3.3.2 Maak seker dat elke werker hulle daaglikse werk voltooi volgens die standaarde gestel (1) 3.3.3 Stel die geskatte opbrengs vas om oesteikens te bereik (1) 3.3.4 Verseker dat werker A eers die drupbesproeiing nagaan voordat hy/sy werker B met die aanplanting help (1) 3.4 Onderskei tussen die sterk en swak punte in 'n boerderyonderneming met betrekking tot die volgende deur die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK te kopieer en te voltooi. STERK PUNTE SWAK PUNTE Krediet Handelsnaam Bestuursvaardighede (6 x 1) (6) 3.5 Gee redes waarom 'n entrepreneur gewillig is om die risiko te neem om 'n boerderyonderneming te begin. (4) 3.6 Beskryf VIER aspekte wat in aanmerking geneem moet word wanneer 'n plan van aksie vir 'n werksdag op die plaas opgestel word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.7 Beskryf die konsep bemarking. (5) 3.8 Gee VIER redes waarom beplanning en herbeplanning in 'n boerdery- onderneming belangrik is. (4) 3.9 Die nadeel van plaashekbemarking is 'n toenemende risiko met betrekking tot biosekuriteit. Beskryf kortliks hoe hierdie risiko verminder kan word. (4) 3.10 Verduidelik kortliks hoe 'n boer kontraktuele bemarking as 'n bemarkingstrategie sal gebruik. (2) 3.11 Noem die rolle van produkorganisasies in landbou. (3) 3.12 Gee voorbeelde van gedrukte media wat vir die advertering van 'n produk gebruik kan word. (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: FINANSIËLE BEPLANNING, REKORDHOUDING, OES, WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Kies 'n finansiële term uit die lys hieronder om die gegewe tabel te voltooi. Skryf die regte antwoord langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) neer. netto wins; totale bruto produksiewaarde; bruto plaasinkomste; belegging; diverse inkomste FINANSIËLE FINANSIËLE TRANSAKSIES TERM Mielies = R50 000 Groente = R4 000 Braaikuikens = R20 000 4.1.1 Varke = R5 000 Totaal = R79 000 Die boer het 'n trekker en stoorfasiliteite wat deur die 4.1.2 gemeenskap gehuur word en R82 000 genereer Optel van bedrae van: 4.1.3 (4.1.1) + (4.1.2) = R161 000 Bruto wins minus alle uitgawes 4.1.4 Boer bou 'n gebou met die doel om 'n inkomste te genereer 4.1.5 (5 x 1) (5) 4.2 'n Veeboer het die Balansstaat hieronder voorsien vir die periode wat op 31 Maart 2024 eindig. BALANSSTAAT TOT 31 MAART 2024 BATES WAARDE (R) Vaste bates 630 000 Bedryfsbates 75 000 Mediumtermynbates 98 000 TOTAAL BATES: (a) LASTE WAARDE (R) Langtermynlaste 500 000 Bedryfslaste 45 000 Mediumtermynlaste 85 000 TOTAAL LASTE: (b) NETTO WAARDE: (c) 4.2.1 Noem die doelwitte van die Balansstaat. (2) 4.2.2 Gee TWEE voorbeelde van vastebate-items. (2) 4.2.3 Bereken die TOTAAL van die BATES (a). (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.2.4 Bereken die TOTAAL van die LASTE (b). (1) 4.2.5 Bereken die NETTO WAARDE (c). (3) 4.3 Tegnologiese vooruitgang in landbou: 4.3.1 Noem maatreëls wat boere kan gebruik om hulle bankinligting te beskerm. (3) 4.3.2 Verduidelik waarom dit vir boerdery-administrateurs beter is om rekenaars in plaas van handgeskrewe notas te gebruik. (4) 4.4 Die tabel hieronder toon 'n bate soos in die boerderyonderneming se inventaris aangeteken. Bate Trekker Serienommer JBF – 45 Nommerplaat FMZ 9922 Kosprys R350 000 Verwagte lewensduur 10 jaar Herwinningswaarde-persentasie 5% Bereken die waardevermindering van hierdie trekker deur die formule hieronder te gebruik. (4) 4.5 Vergelyk met die hand oes en meganiese oes met mekaar deur die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK te kopieer en te voltooi. Maak gebruik van die woorde wat in die lys hieronder genoem word. Gebruik elke woord slegs EEN keer. maklik; verbreek; min; moeilik; kneusing; baie MET DIE HAND OES MEGANIESE OES Instandhouding van oes- toerusting Aantal arbeiders Skade aan produkte (6 x 1) (6) 4.6 Sterilisering is die proses waar 'n vloeistof vir 'n kort tydperk tot temperature hoër as 90 ºC verhit word. 4.6.1 Gee die aspekte van die produk wat gedurende sterilisering geaffekteer word. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 14 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.6.2 Noem die faktore wat 'n boer in aanmerking moet neem voor prosessering van 'n landbouproduk. (3) 4.6.3 Maak 'n lys van die omskakelingsprosesse wat vir gebruik in voedselprosessering beskikbaar is. (3) 4.7 Gee redes waarom dit belangrik is om landbouprodukte te verpak. (2) 4.8 Klassifiseer die gegewe voorbeelde van onsuiwerhede in vars produkte deur die kategorieë van gevare in die tabel hieronder te gebruik. Teken die tabel oor en voltooi dit in jou ANTWOORDEBOEK. Voorbeelde van onsuiwerhede:  Plastiek  Klippies  Smeermiddels  Onkruiddoders  Bakterieë BIOLOGIESE CHEMIESE FISIESE GEVARE GEVARE GEVARE (5) 4.9 Stel die tipe stoorfasiliteit of stoormateriaal voor wat moontlik vir die produkte hieronder geskik sal wees: 4.9.1 Wyn (1) 4.9.2 Graan (1) 4.9.3 Kuilvoer (1) [50] TOTAAL AFDELING B: 150 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Agricultural Management Practices

Explore more published documents in this catalogue.

View all