Skip to content

Agricultural Management Practices Grade 12 NSC June 2021 QP

Question paperAgricultural Management PracticesGrade 12202115 pages

Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE 2021 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 2 DBE/2021 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs wat gevra word. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 3 DBE/2021 SS/NSS AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 … is 'n funksie van landboubemarking. A Evaluering B Storing/Berging C Beplanning D Besluitneming 1.1.2 Die volgende is faktore wat die aanvraag van die produk beïnvloed: (i) Bruikbaarheid van die produk (ii) Winsgrens van die produk (iii) Kennis van die verbruiker (iv) Aantal verbruikers A (i) en (ii) B (i), (ii) en (iv) C (i) en (iv) D (i), (ii) en (iii) 1.1.3 Die … is regspreeklik verantwoordelik en aanspreeklik vir enige foutiewe beskrywing wat op die etiket van die produk voorkom. A prosesseringsmaatskappy B plaaswerker C vervoermaatskappy D handelaar 1.1.4 Die term wat gebruik word wanneer die aantal eenhede wat teen 'n gegewe prys verkoop is, die totale produksiekoste dek: A Markewewig B Gelykbreekpunt C Koste plus persentasie van wins D Mededingende bemarking Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 4 DBE/2021 SS/NSS 1.1.5 Bestuursfunksies word aan die volgende eienskappe uitgeken. Kies die korrekte kombinasie: (i) Beplanning (ii) Uitpak (iii) Organisering (iv) Kontrolering A (i), (ii) en (iii) B (ii), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (i), (iii) en (iv) 1.1.6 Die …-stelsel laat rotasiebeweiding in natuurlike weidings toe. A masjinerie B produksie C meerkamp D vuurstrook 1.1.7 Die volgorde van stappe betrokke by die oordra van produkte vanaf die plaas na verbruikers: A Bemarkingsmengsel/-resep B Bemarkingsketting C Marksegmentasie D Massabemarking 1.1.8 Die koste wat met die vlak van produksie verskil: A Veranderlike koste B Oorhoofse koste C Finansieringskoste D Vaste koste 1.1.9 Om die kwaliteit van produkte te bewaar, moet die vervoer van die geoeste produkte vanaf die land na die pakstoor ... A uitgestel word. B 'n spoggerige tipe vervoer wees. C vir diere en groente verskillend wees. D uit dieselfde houer bestaan sonder dat dit skoongemaak is. 1.1.10 Permanente arbeiders staan as … plaasarbeiders bekend. A voltydse B deeltydse C seisoenale D los (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 5 DBE/2021 SS/NSS 1.2 Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in KOLOM B slegs EEN keer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Agritoerisme A een of meer boere bemark hulle produkte in 'n gebou langs 1.2.2 Kompetisie 'n besige pad 1.2.3 Vrugte en groente B wetgewing wat billike pryse van noodsaaklikhede of 1.2.4 Chemiese gronddata landbouprodukte beheer 1.2.5 Plaasstalletjie C uitstappies wat besoekers nader aan boerderyaktiwiteite bring 1.2.6 Produktiwiteit D kombineer alle vertakkings en 1.2.7 Spesialisering oorhoofse koste om die moontlike netto inkomste van boerdery- 1.2.8 Wet op Handelspraktyke, besigheid te toon 1976 (Wet 76 van 1976) E hou verband met die grondtekstuur 1.2.9 Geheelplaasbegroting en grondstruktuur 1.2.10 Kommersiële boerdery F boere moet soortgelyke produkte wat alreeds op die mark is, assesseer G winsgedrewe produksie van landbouprodukte H verwys na uitset per eenheid inset I verkoop produkte by 'n munisipale mark J tipe en vlak van voedingstowwe in die grond K koel stoorplek onder 10 °C L fokus op een onderneming op die plaas (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 6 DBE/2021 SS/NSS 1.3 Gee die KORREKTE landbouterm vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Presisieboerdery. 1.3.1 Te veel produkte aan die mark verskaf in verhouding tot die aanvraag op die mark 1.3.2 Geld wat 'n boer aan die eienaar van die plaas moet betaal om grond of veld te gebruik 1.3.3 Toeriste wat opwindende dinge wil doen terwyl hulle op 'n plaasvakansie is 1.3.4 Die vermoë van grond om van oortollige water na reënval of besproeing ontslae te raak om versuiptoestande te voorkom 1.3.5 'n Persoon wat 'n behoefte raaksien en begin om 'n produk of diens te lewer om die behoefte te bevredig (5 x 1) (5) 1.4 Die volgende stellings is VERKEERD. Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) om die stellings KORREK te maak. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal. 1.4.1 Suurveld is gewoonlik regdeur die jaar vreetbaar. 1.4.2 Grond met 'n pH van 7,0 is effens suur. 1.4.3 'n Hoë vlak van masjinerie wat in produksie gebruik word, is 'n voorbeeld van 'n ekstensiewe produksiemetode. 1.4.4 Die totale inkomste is 'n aanduiding van die winsgewendheid van die onderneming. 1.4.5 Beheerde bemarking behels die verskaffing van produkte aan groot kettingwinkels volgens 'n geskrewe ooreenkoms. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 7 DBE/2021 SS/NSS AFDELING B VRAAG 2: FISIESE EN FINANSIËLE BEPLANNING Begin die vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Grondtemperatuur beïnvloed die produktiwiteit van enige gewasproduksie- onderneming. 2.1.1 Maak 'n lys van DRIE plantgroeiprosesse wat deur grondtemperatuur beïnvloed word. (3) 2.1.2 Vergelyk donkerkleurige grond met ligkleurige grond ten opsigte van hitte-absorbering. (2) 2.1.3 Die grafiek hieronder toon die verwantskap tussen grondtemperature op verskillende dieptes. Analiseer die grafiek en lei die effek van gronddiepte op grondtemperatuur af. (4) Temperatuur dag nag dag nag oppervlak diepte onder grond- te oppervlak 2.2 Grondkaarte word in presisieboerdery gebruik om produksie te verhoog. Noem en bespreek enige TWEE aspekte wat 'n aanduiding van die grond se potensiaal sal gee. (4) 2.3 Natuurlike weiding(veld) vorm die basis van ekstensiewe diereproduksie in Suid-Afrika. 2.3.1 Noem VIER faktore wat die produktiwiteit van die veld vir lewendehaweproduksie bepaal. (4) 2.3.2 Beveel VIER riglyne aan wat die veeboer moet volg ten einde genoeg weiding regdeur die seisoen te verseker. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 8 DBE/2021 SS/NSS 2.4 Die volgende is die verskillende hoofbronne van inligting vir die landbousektor:  Landbounavorsingsinstitute  Bemarkingsorganisasies  Tradisionele landboupraktyke  Departement van Landbou  Nuusmedia Pas die beskrywings in VRAAG 2.4.1 tot 2.4.5 by die verskillende hoofbronne van inligting hierbo genoem. Elke hoofbron kan slegs EEN keer gebruik word. 2.4.1 'n Boer meng 'n sproei vir plaagbeheer gemaak uit verskillende kruie in die omgewing (1) 2.4.2 Die regering kondig beperkings op die beweging van diere en die sluiting van veilings aan (1) 2.4.3 'n Artikel oor organiese boerdery wat in 'n tydskrif en op Facebook verskyn (1) 2.4.4 Vergelykings, ten opsigte van gemiddelde daaglikse massatoename en verskillende voerverhoudings, word tussen verskillende diererasse gemaak (1) 2.4.5 Help boere om na markte te soek en ondersteun die regering in die stel van standaarde van landbouprodukte (1) 2.5 DIE UITDAGINGS VAN PLAASARBEIDERS IN SUID-AFRIKA Die effekte van armoede het langtermyngevolge op 'n gemeenskap se leefstyl. Oorbevolking, ongeletterdheid en 'n hoë vlak van hoërskoolverlating gaan hand aan hand met alkoholmisbruik en huishoudelike geweld, tienerswangerskappe, onbeskermde seks wat tot SOS's en MIV/Vigs lei, 'n hoë voorkoms van TB en fetale alkoholsindroom. [Uittreksel uit Tracy Derrick, (2019), South Africa Online (Pty) Ltd, South Africa.co.za] 2.5.1 Identifiseer, in die scenario, DRIE groot uitdagings vir plaasarbeiders wat landbouproduksie in Suid-Afrika direk (3) beïnvloed. 2.5.2 Noem VIER maatreëls wat die boer kan implementeer om die toestande wat in die scenario hierbo beskryf word, te verbeter. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 9 DBE/2021 SS/NSS 2.6 Die toepassing van afstandswaarnemingstegnologie is belangrik in presisieboerdery/landbou. Boere gebruik verskillende tegnologieë om inligting te verkry om meer effektief te word, soos hieronder getoon. 2.6.1 Identifiseer die presisieboerderyinstrument/-toerusting wat in die prentjie getoon word. (1) 2.6.2 Noem VYF areas waar afstandswaarnemingstegnologie met die produksieprosesse op 'n plaas kan help. (5) 2.6.3 Noem DRIE voordele van die gebruik van afstands- waarnemingstegnologie. (3) 2.7 Die tabel hieronder het beskrywings van die basiese komponente van 'n begroting. Teken die tabel oor en lei die komponent van die begroting van die beskrywing af en gee 'n gepaste voorbeeld. BESKRYWING VAN KOMPONENT VAN VOORBEELD KOMPONENT BEGROTING Die beskikbare inventaris Die uitgawes van die boerdery- onderneming en hulle toepassings in eenhede per begroting Al die onbekendes van die produksieproses (6) 2.8 Noem TWEE voorbeelde van watergebaseerde intensiewe boerderymetodes in gewasproduksie. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 10 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 3: ENTREPRENEURSKAP, REKORDERING, BEMARKING, BESIGHEIDSBEPLANNING EN GEORGANISEERDE LANDBOU Begin die vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Bestudeer die Kontantvloeistaat van hierdie boerdery-onderneming. Julie 2019 Julie 2019 ITEM ITEM Begroot Werklik Begroot Werklike Uitgawes (R) Inkomste (R) Kontant- Elektrisiteit 5 140,00 5 632,00 37 000,00 31 978,00 verkope Lenings- Vervoer 3 960,00 5 461,00 3 600,00 3 600,00 betaling Huur- Herstel 2 700,00 1 547,00 5 000,00 5 000,00 betalings Aankope 15 000,00 19 000,00 TOTAAL TOTAAL 26 800,00 (a) 45 600,00 (b) BETAAL: ONTVANG: Netto kontantvloei: (c) Banksaldo (R) Openingsbanksaldo: 52 000,00 Afsluitingsbanksaldo: (d) 3.1.1 Bereken die waardes van (a), (b), (c) en (d). (4) 3.1.2 Bespreek moontlike redes waarom die werklike en begrote waardes van vervoer verskil. (3) 3.1.3 Noem TWEE gebruike van 'n Kontantvloeistaat. (2) 3.2 'n Kommersiële boer moet sy boerderybesigheid uitbrei deur 'n prosesseringsaanleg te bou. Die boer moet vir 'n lening aansoek doen om die ekstra kapitaal vir hierdie projek te kry. Om vir die lening aansoek te doen, vereis die bank dat die boer 'n besigheidsplan moet saamstel. 3.2.1 Watter tipe kapitaal word vir die bou van die prosesseringsaanleg benodig? (1) 3.2.2 Gee EEN instansie waar die boer vir kapitaal kan aansoek doen. (1) 3.2.3 Noem die beginsels/eienskappe van die doelstellings wat die besigheidsplan moet bevat en waaraan voldoen moet word. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 11 DBE/2021 SS/NSS 3.3 Bestudeer die organogram hieronder. a PLAASBESTUURDER b Vertakkings- c Vertakkings- Vertakkings- d bestuurder bestuurder bestuurder GRAANGEWASSE GROENTE BOKKE e Werker A f Groep van 5 Werker X g Bestuurslisensies werkers Opgelei in vir alle voertuie Werk saam dierevoeding aan alle aspekte t.o.v. groente- h Werker B produksie Werker Y i Opgelei in plaag- Opgelei in en siektebeheer reproduksie j Werker C Werker Z k Vakleerling Opgelei in hoefkrip en dosering Pas die verskillende take hieronder by die korrekte vlak op die organogram. Skryf slegs die letter (a–k) langs die vraagnommers (3.3.1 tot 3.3.5) neer. 3.3.1 Plant die graangewasse met 'n geenbewerkingsplanter volgens GPS-koördinate. (1) 3.3.2 Los probleme oor die gebruik van toerusting tussen vertakkingsbestuurders op. (1) 3.3.3 Ken take toe wat in die bokskuiling gedoen moet word. (1) 3.3.4 Doen aansoek vir 'n lening by die bank vir die aankoop van 'n trekker wat in al die vertakkings gebruik gaan word. (1) 3.3.5 Doen 'n EFO-betaling vir onkruidbeheermiddels wat aangekoop is om in die groentetuin te gebruik. (1) 3.4 Boer A bestel 300 bale voer by Boer B. Boer A betaal vir die voer nadat hy die nodige dokumentasie ontvang het. 3.4.1 Bespreek die brondokumente wat tussen hierdie boere uitgeruil moet word. (3) 3.4.2 Verduidelik hoekom rekordhouding van die transaksie vir beide boere belangrik is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 12 DBE/2021 SS/NSS 3.5 Nisbemarking is belangrik in die landbousektor. 3.5.1 Bespreek die konsep nisbemarking. (3) 3.5.2 Gee DRIE redes hoekom 'n entrepreneur sou kies om 'n produk vir die nismark te produseer. (3) 3.6 'n Boer voeg waarde toe by die produk wat op die plaas geproduseer word. Dui aan wat die invloed van die volgende op die prys van die produk sal wees: 3.6.1 Die prys van die kompeterende produk is besig om te daal (1) 3.6.2 Die vaste koste verhoog as gevolg van duurder elektrisiteit (1) 3.6.3 Die boer kry 30% afslag op die bottels wat gebruik word (1) 3.6.4 Die aanvraag na die produk neem toe terwyl die aanbod konstant bly (1) 3.7 Gee VIER voordele van koöperatiewe bemarking. (4) 3.8 Landbouprodukte is gewoonlik bederfbaar. 3.8.1 Verduidelik die bederfbaarheid van 'n landbouproduk. (2) 3.8.2 Bespreek DRIE ander bemarkingsfunksies, buiten vervoer, wat die bederf/sleg word van produkte kan verminder. (3) 3.9 Kommersiële plase gebruik groot hoeveelhede data vir prosessering en 'n gerekenariseerde databasisstelsel. 3.9.1 Noem DRIE voordele van die gebruik van 'n rekenaardatabasis. (3) 3.9.2 Noem TWEE nadele van die gebruik van 'n rekenaardatabasis. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 13 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 4: OES, BEWERKING, BESTUUR EN AGRITOERISME Begin die vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Besluitneming is deel van bestuursproses op 'n plaas. Voltooi die vloeidiagram oor die besluitnemingsproses deur die ontbrekende woorde neer te skryf. Skryf slegs die ontbrekende woord langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. (4.1.1) (4.1.6) ... en Definieer en ... evalueer die probleem (4.1.5) ... (4.1.2) Ontwikkel die besluit alternatiewe ... (4.1.4) (4.1.3) ... die Selekteer die alternatiewe beste ... (6) 4.2 Die prentjie hieronder toon daaglikse bestuurstake. Skryf die bestuurstake in die prentjie langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.2.1 4.2.2 Ek moet 'n e-pos stuur, die koöperasie bel en Ek moet elke arbeider se 'n brief stuur om te registreer. verlof aanteken volgens getal dae geneem en tipe verlof 4.2.5 4.2.3 Ek sal my 4.2.3 my Ek waardeer produkte by die arbeiders se varsprodukte- werk. mark bemark en nie by die groente- handelaar nie. 4.2.4 Wat is my doelwit? Waar sal ek inligting kry? Hoe sal ek dit sorteer? (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 14 DBE/2021 SS/NSS 4.3 Die kode van beste landboupraktyk by diereproduksie en die hantering van diere is belangrik wanneer diere bemark word. 4.3.1 Noem DRIE riglyne vir die hantering of behandeling van diere by die slagpale/abattoir. (3) 4.3.2 Noem VIER riglyne oor reiniging en higiëne waaraan die slagpale moet voldoen. (4) 4.3.3 Beskryf DRIE metodes wat gebruik kan word om waarde by vleis in 'n agribesigheid toe te voeg. (3) 4.4 Prosessering/Bewerking is die omskakeling van 'n landbouproduk na 'n meer aanvaarbare produk. 4.4.1 Verduidelik ekstrusie-omskakeling as 'n metode om plaasprodukte te prosesseer/bewerk. (2) 4.4.2 Prosessering/Bewerking van landbouprodukte kan in primêre omskakeling (prosessering) en sekondêre omskakeling (prosessering) verdeel word. Teken die tabel oor en klassifiseer die voorbeelde hieronder onder die korrekte opskrifte.  Brood  Botter  Vars uitgedrukte vrugtesap  Sonneblomolie  Los teeblare  Vrugtekoek PRIMÊRE OMSKAKELING SEKONDÊRE OMSKAKELING (6) 4.5 Verskillende metodes word gebruik om landbouprodukte te verpak. 4.5.1 Noem VIER voordele van die verpakking van voedselprodukte. (4) 4.5.2 Noem VIER eienskappe van plastiek wat dit ideaal vir verpakking maak. (4) 4.5.3 Verduidelik waarom plastiek so 'n negatiewe effek op die omgewing het. (2) 4.5.4 Stel 'n oplossing vir die probleem van plastiekbesoedeling voor. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 15 DBE/2021 SS/NSS 4.6 Agritoerisme sluit enige aktiwiteit, produk, diens en ondervinding in wat vir 'n besoeker op 'n plaas aangebied word, of betaling ontvang word, of nie. 4.6.1 Noem TWEE tipes toerisme wat 'n mark vir die plaas kan skep. (2) 4.6.2 Noem VIER items van kapitaalinvestering wat noodsaaklik is wanneer 'n wildsplaas gevestig/ontwikkel word. (4) 4.6.3 Maak 'n lys van VIER bemarkingsvaardighede wat vir agritoerisme belangrik is. (4) [50] TOTAAL AFDELING B: 150 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Management Practices

View all