Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE
NOVEMBER 2021
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Agricultural Management Practices Grade 12 2021 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Management Practices · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Management Practices
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 472.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC November Exam 2021
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nie programmeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 3 DBE/November 2021
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Die verwydering van vog uit 'n produk om die groei van mikro-
organismes te vertraag:
A Verkoeling
B Verhitting
C Droging
D Insouting
1.1.2 Die hoeveelheid geld wat in een seisoen deur 'n
boerderyonderneming gegenereer word:
A Inkomste
B Omset
C Uitgawe
D Krediet
1.1.3 Toerusting wat benodig word vir die akkurate aanteken van water
wat met 'n sprinkelbesproeiingstelsel toegedien word:
A Reënmeter
B Tensiometer
C Barometer
D Verdampingspan
1.1.4 Kapitaal wat 'n boer leen en dan gebruik om vee en gereedskap
aan te koop:
A Beweeglike kapitaal
B Mediumtermynkrediet
C Vaste kapitaal
D Langtermynkrediet
1.1.5 Die vloeidiagram hieronder verteenwoordig die stappe wanneer
'n … gedoen word.
Verkry Beskryf Interpreteer Bepaal
grond- grond- data grond-
data eienskappe geskiktheid
A grondmonsterneming
B bodemopname
C grondanalise
D grondgebruik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 4 DBE/November 2021
NSS
1.1.6 Kies die demografiese faktore wat die teikenmark vir 'n
landbouproduk identifiseer:
(i) Getal verbruikers
(ii) Ouderdom van die verbruikers
(iii) Inkomstevlak van die verbruikers
(iv) Verbruikers se kommer oor gesondheid
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (ii) en (iv)
C (i), (iii) en (iv)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.7 'n Voorvereiste van 'n goed gemotiveerde arbeidsmag:
A Dissiplinêre optrede
B Beter as voldoende werksomstandighede
C Ekstra pligte
D 'n Tydregister
1.1.8 'n Arbeider wat opgelei is en ondervinding van 'n spesifieke taak
het:
A Nuwe seisoenale arbeider
B Ongeskoolde arbeider
C Los arbeider in opleiding
D Geskoolde arbeider
1.1.9 Die finansiële staat wat die beweging van geld in en uit die
besigheid binne 'n kort tydjie aandui:
A Kontantvloeistaat
B Inkomstestaat
C Balansstaat
D Proefbalans
1.1.10 Die vervanging van handearbeid op plase om moegheid en swak
arbeidsdoeltreffendheid uit te skakel:
A Daaglikse beplanning
B Meganisasie
C Toesighouding
D Ekonomiese plaasbeplanning (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 5 DBE/November 2021
NSS
1.2 Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A-L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
KOLOM B slegs EEN keer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Markinligting A hanteer die waardetoevoeging,
prosessering en aanbieding van
1.2.2 Arbeidkontrak landbouprodukte
1.2.3 Bestuur B aangedui op die etiket van 'n
geprosesseerde landbouproduk
1.2.4 Sekondêre landbou-
onderneming C moet aanpas by die verandering van
omstandighede van lewendige dinge
1.2.5 Besigheidstrategieë
D het 'n direkte invloed op die getal
1.2.6 Prysvasstelling produkte wat op 'n spesifieke tyd
verkoop is
1.2.7 Verspreidingskanaal
E volledige lys van items wat die
1.2.8 Suikerfermentasie besigheid besit
1.2.9 Voorvereiste van F plaasrekening wat aan die einde van
plaasarbeiders maand betaal moet word
1.2.10 Voedingsinligting G primêr die werk van die persoon wat
vir besluitneming, beplanning,
organisering en beheer
verantwoordelik is
H dui die volume en prys van produkte
op verskillende tye by die
verkooppunt aan
I moet deur 'n besigheid in ag geneem
word om in 'n kompeterende mark te
oorleef
J sal deur bederfbaarheid en
omvang/grootte van die produk
beïnvloed word
K 'n proses wat vir die produksie van
wyn, bier en uitrys van brood gebruik
word
L wettige ooreenkoms wat die pligte
van 'n arbeider uiteensit
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 6 DBE/November 2021
NSS
1.3 Gee die KORREKTE landbouterm vir ELK van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Presisieboerdery.
1.3.1 Uitbreiding van die aantal aktiwiteite of vertakkings wat deur die
boer bestuur word om die risiko in die boerderyonderneming te
verminder
1.3.2 Voorkoming van gronddegradasie, grondbesoedeling, gronderosie
en verlies aan grondvoedingstowwe
1.3.3 Die bestuursaspek waar 'n plaasbestuurder instruksies aan die
arbeiders gee en luister na werksverwante probleme van die
arbeiders
1.3.4 Uitstaande skuld, lenings en rekeninge vervat in die Balansstaat
1.3.5 Die brondokument wat benodig word vir inskrywings in die
Kontantvloeistaat wat die geld ontvang, aandui (5 x 1) (5)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD om die stellings KORREK te
maak. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal.
1.4.1 'n Onttrekkingstrokie word by 'n finansiële instansie voltooi as 'n
persoon kontant in die plaas se besigheidsrekening inbetaal.
1.4.2 Die etiketvereistes van verpakkingsmateriaal moet, onder meer,
die produk beskerm, maklik wees om op te druk en vir die
spesifieke produk geskik wees.
1.4.3 Vervaardiging is die verandering van rou voedselprodukte in nuwe
produkte wat minder bederfbaar is.
1.4.4 Aanvraag is die hoeveelheid produkte wat produsente na die mark
toe stuur.
1.4.5 Chemikalieë is 'n preserveermetode wat in 'n roker gebruik word en
die smaak van die produk verander. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 7 DBE/November 2021
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: FISIESE EN FINANSIËLE PLAASBEPLANNING
Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Water is die enkel belangrikste bestanddeel vir enige lewende organisme.
2.1.1 Noem die hoofwaterbron vir 'n boer. (1)
2.1.2 Noem VIER faktore wat die effektiwiteit van reënval bepaal. (4)
2.2 'n Boer moet die natuurlike veld beplan en bestuur om maksimale produksie
sonder veldagteruitgang te kry.
2.2.1 Verduidelik die effek van vertrapping van die beskikbare weiding
en die drakrag van 'n kamp. (4)
2.2.2 Noem TWEE metodes wat 'n boer kan gebruik om die vereiste
voerfaktor vir lakterende diere gedurende die kalfseisoen te
oorkom. (2)
2.3 Die grafiek hieronder dui die verwantskap tussen kunsmis toegedien en die
opbrengs van 'n gewas aan.
VERWANTSKAP TUSSEN KUNSMIS TOEGEDIEN EN
OPBRENGS
50
45 A
40
Opbrengs (ton/ha)
35
30
25
20
15 Marginale
opbrengs
10
Totale opbrengs
5
0
50 100 150 200 250 300 350 400
Kunsmis (kg/ha)
2.3.1 Gee die landboukundige term vir die verwantskap wat in die grafiek
hierbo getoon word. (1)
2.3.2 Bespreek die term marginale opbrengs. (3)
2.3.3 Verduidelik die implikasies van punt A op die grafiek. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 8 DBE/November 2021
NSS
2.4 Die beplanning van die gebruik van verskillende veldtipes kan in die volgende
stappe gedoen word:
A Bepaal die veldtoestand
B Groepeer veldtipes in eenhede na gelang van die veldtoestand
C Beskikbaarheid van water
D Bepaal primêre kampe
E Bereken die weidingskapasiteit
F Ken primêre kampe toe volgens die behoeftes van die kudde
G Beplan die voervloeiprogram
Pas die beskrywings in VRAAG 2.4.1 tot 2.4.4 by die toepaslike stappe
hierbo. Skryf slegs die letter langs die vraagnommers (2.4.1 tot 2.4.4) neer.
Elke stap kan slegs EEN keer gebruik word.
2.4.1 Maak seker daar is genoeg kos vir elke seisoen beskikbaar deur
aangeplante weiding of spaarkampe (1)
2.4.2 Maak seker daar is 'n waterkrip in elke kamp (1)
2.4.3 Skei lakterende en droë koeie in verskillende kampe (1)
2.4.4 Dui die tipes en aantal grasse in die verskillende stadiums van die
opeenvolgingsvordering in die veld aan (1)
2.5 Kapitaal word deur menslike ywer en is slegs produktief wanneer dit vir die
vergroting van bestaande welvaart gebruik word.
2.5.1 Noem en verduidelik TWEE hoofbronne van kapitaal vir 'n
boerderyonderneming. (6)
2.5.2 Gee DRIE probleme wat met kapitaal as 'n produksiefaktor
verband hou. (3)
2.6 Vergelyk, in tabelvorm, 'n konvensionele planter met 'n geen-bewerking-
planter ten opsigte van die volgende aspekte:
Koste van die planter
Bewerkingskoste
Trekkrag benodig (6)
2.7 Noem DRIE faktore wat die wegdrywing van sproei tydens die toediening van
'n plaagdoder beïnvloed. (3)
2.8 Bespreek DRIE uitdagings van landboutoerisme in landelike gebiede. (3)
2.9 Noem DRIE eienskappe van 'n nismark. (3)
2.10 Noem DRIE aspekte wat 'n boer in ag moet neem wanneer hy gebruikte
(tweedehandse) implemente aankoop. (3)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 9 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP, BEMARKING,
PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES
Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Noem en bespreek die DRIE hooftipes bronne wat in aanmerking geneem
moet word wanneer 'n besigheidsplan saamgestel word. (6)
3.2 Noem die boerderysisteem waar entrepreneurseienskappe noodsaaklik vir die
ontwikkeling van 'n suksesvolle besigheid is. Bespreek TWEE redes vir jou
antwoord. (5)
3.3 'n Boer produseer 'n produk en het die volgende produksiekoste:
KOSTE
Vaste koste (per ha) R6 500
Veranderlike koste (per ha) R1 000
Prys (per ton) R3 500
3.3.1 Bereken die gelykbreekpunt (GBP) deur die inligting in die tabel
hierbo en die volgende formule te gebruik:
e o e
pr – er nder e o e (2)
3.3.2 Verduidelik die gelykbreekpunt vir 'n boerderyonderneming. (4)
3.3.3 Bereken die wins wat die boer sal maak as sy opbrengs 4 ton/ha is. (3)
3.4 Noem die faktore wat die aantal produkte bepaal wat die verbruiker bereid is
om te koop. (4)
3.5 Bespreek DRIE redes vir die advertering van 'n landbouproduk. (3)
3.6 Verduidelik die volgende konsepte wat binne die bemarkingstrategie van 'n
sakeplan aandag moet geniet:
3.6.1 Teikenmark (2)
3.6.2 Kompetisie (2)
3.6.3 Verspreiding (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 10 DBE/November 2021
NSS
3.7 Voltooi die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK.
Gebruik die tabel om tussen diversifikasie en spesialisasie met verwysing na
implemente en bestuur te onderskei.
DIVERSIFIKASIE SPESIALISASIE
Implemente
Bestuur (4)
3.8 'n Boer gee aan 'n arbeider die opdrag om aangeplante gewasse met 'n
onkruiddoder te bespuit. Die boer maak seker dat die arbeider die nodige
veiligheidstoerusting het. Ten spyte van al die voorsorgmaatreëls wat getref
is, word die arbeider siek van die spuitstof.
3.8.1 Watter Wet bemagtig die arbeider om te eis vir ongesteldheid
nadat daar met chemikalieë gewerk is? (1)
3.8.2 Dui die aksie aan wat die boer kan neem indien die arbeider weier
om beskermde kleredrag te dra wanneer daar met chemikalieë
gewerk word. (1)
3.8.3 Bespreek DRIE vereistes van die stappe wat die boer moet volg
om die arbeider se aksies in VRAAG 3.8.2 te korrigeer. (3)
3.9 Noem DRIE doelwitte wat die plaasbestuurder bereik wanneer hy die
plaasarbeiders motiveer. (3)
3.10 Gee DRIE redes waarom dit belangrik is om plaasarbeiders op te lei. (3)
3.11 Noem TWEE sielkundige/psigologiese behoeftes van plaasarbeiders. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 11 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 4: FINANSIËLE BEPLANNING, REKORDHOUDING, OES,
WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING
Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 'n Begroting is 'n plan van toekomstige inkomste en uitgawes van 'n besigheid
soos hieronder getoon.
Inligting oor verwagte inkomste en uitgawes:
2 kg saad @ R400,00 per kg
850 kg kunsmis @ R80,00 per 50 kg sak
Vervoer vir 17 sakke kunsmis @ R5,00 per 50 kg sak (slegs een rit)
Lone vir 2 arbeiders @ R400,00 per persoon per week vir aanplanting
1 500 produkverpakkingsmateriaal @ R1,50 elk
Vervoer na mark @ R300,00 per rit (6 ritte)
Verkope van 1 500 bokse van die produk @ R15,00 'n boks
Voltooi die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK.
Gebruik die data hierbo om 'n begroting vir jou gewasvertakking op te stel.
VERWAGTE UITGAWES
ITEM HOEVEELHEID PRYS PER TOTALE
EENHEID (R) PRYS (R)
Totale uitgawes
VERWAGTE INKOMSTE
ITEM HOEVEELHEID PRYS PER TOTALE
EENHEID (R) PRYS (R)
Totale uitgawes
VERWAGTE WINS
Wins (10)
4.2 Die Balansstaat lig die boer in oor hoe kapitaal verkry is en hoe dit geallokeer
is.
4.2.1 Verduidelik die volgende terme wat in die Balansstaat gebruik word:
(a) Vaste bates (2)
(b) Depresiasie (2)
(c) Krediteur (2)
4.2.2 Beskryf waarom dit belangrik is om die Inkomstestaat as finansiële
rekord te analiseer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 12 DBE/November 2021
NSS
4.3 Gee DRIE redes hoekom verbruikers daarin belangstel om verwerkte
produkte te koop. (3)
4.4 Noem DRIE belangrike redes vir die gradering van landbouprodukte. (3)
4.5 Die bestuurspan van 'n vrugteplaas het die ontwikkeling van 'n
versappingsaanleg op die plaas ondersoek as 'n strategie om risiko's te
verminder. Die plaas voer tans al die produkte na die Verenigde State van
Amerika en Europa uit.
Die grafiek hieronder toon die wisselkoers oor 'n tydperk.
WISSELKOERS VAN DIE RAND(R) VIR 2019
($) (€)
4.5.1 Verduidelik waarom die prosessering van 'n vrugtesapkonsentraat 'n
goeie strategie sal wees om die risiko's betrokke by die uitvoer van
vars produkte te verminder. (3)
4.5.2 'n Bottel vrugtesapkonsentraat verkoop teen R116,00 in Suid-Afrika
met 'n gelykbreekpunt van R82,00. Bereken die wins wat per bottel
gemaak word. (2)
4.5.3 'n Bottel vrugtesapkonsentraat word in Desember een €12 in
Europa verkoop. Bepaal die waarde in Suid-Afrikaanse rand (ZAR). (3)
4.5.4 Voorspel die invloed wat die wisselkoers op die wins sal hê. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 13 DBE/November 2021
NSS
4.6 Alle landbouprodukte moet geoes word.
4.6.1 Definieer oes van 'n landbougewas. (2)
4.6.2 Noem DRIE voordele van die oes van landbougewasse met die
hand. (3)
4.6.3 Die stadium van rypheid wanneer landbouprodukte geoes word,
hang van die gebruik daarvan af. Noem VIER doeleindes waarvoor
gewasse geoes word. (4)
4.7 Beskryf DRIE aspekte om in aanmerking te neem wanneer
verpakkingsmateriaal vir landbouprodukte ontwerp word. (3)
4.8 Beskryf VIER hoofoorsake van voedselbederf. (4)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 150
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Management Practices Grade 12 2021 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Management Practices Grade 12 2021 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Management Practices Grade 12 2021 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Management Practices Grade 12 NSC June 2021 QP

Question paper
Agricultural Management Practices Grade 12 NSC June 2021 QP

Question paper
Agricultural Management Practices Grade 12 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Management Practices

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Management Practices Grade 12 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Management Practices Grade 12 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Management Practices Grade 12 P1 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Management Practices Grade 12 2024 Memo (Afr)

Memorandum