Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE
2023
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





Agricultural Management Practices May June 2023 Afr hlayiso.com
Agricultural Management Practices · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Management Practices
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Pages
- 15
- File size
- 821.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Lees die vrae deeglik en beantwoord SLEGS wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 3 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 'n Voorbeeld van direkte produksiekapitaal:
A Voertuie
B Implemente
C Boorde in produksie
D Vaste verbeteringe
1.1.2 'n Tipiese voorbeeld van plaaswerk wat met seisoenale arbeid
geassosieer word, is …
A die voer van diere twee keer per dag.
B daaglikse instandhoudingswerk.
C die oes van 'n jaarlikse vrugtegewas.
D die bou van 'n nuwe beeshanteringsfasiliteit.
1.1.3 Die grondkleur wat 'n aanduiding van 'n hoë humusinhoud is:
A Swart
B Rooi
C Geel
D Grys
1.1.4 Die verklaring wat as 'n riglyn dien om 'n boerderyonderneming die
toekoms in te lei:
A Bemarkingsverklaring
B Finansiële verklaring
C Promosieverklaring
D Visieverklaring
1.1.5 Die bemarkingstelsel waar handel op verskeie aanlyn platforms
kan plaasvind:
A Internetbemarking
B Kontrakbemarking
C Plaashekbemarking
D Bestuursbemarking
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 4 DBE/2023
SS/NSS
1.1.6 'n Werker het vergeet om die toerusting in te gee en het dit eers
die volgende dag teruggebring. 'n Toepaslike dissiplinêre optrede
vir hierdie situasie sal …
A 'n verbale waarskuwing wees.
B wees om bevordering te weerhou.
C wees om 'n gedeelte van die salaris te weerhou.
D afdanking wees.
1.1.7 'n Skriftelike plan vir toekomstige optrede, in finansiële
hoeveelhede uitgedruk, staan as 'n … bekend.
A proefbalans
B Balansstaat
C begroting
D sakeplan (besigheidsplan)
1.1.8 Gedurende die oesproses is dit vir 'n boer belangrik om te weet
wat die verwagte opbrengs is. Hierdie kennis sal die boer in staat
stel om …
A die prys van die produk vir die volgende seisoen akkuraat te
voorspel.
B die produktiwiteit van die arbeid te bereken.
C 'n meganisasiestrategie te beplan.
D die moontlike inkomste met begrotingsbeheerdoelwitte te
versoen.
1.1.9 Die inligting wat apart op die verpakking van 'n landbouproduk
gedruk word en nie noodwendig op die etiket nie:
A Bestanddele
B Voedingswaarde
C Vervaldatum
D Produsent se naam
1.1.10 Die voorkeurdokument om te gebruik om die winsgewendheid van
'n vertakking aan te dui, is die …
A Balansstaat.
B Inkomstestaat.
C inventaris.
D Bankstaat. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 5 DBE/2023
SS/NSS
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
KOLOM B slegs EEN keer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Indikatorplant A weiding wat soetveld- en suurveld-
grasspesies bevat
1.2.2 Sakeplanaannames
B die plantspesie wat die suksessie-
1.2.3 Geleenthede status van die veld bepaal
1.2.4 Oes C die weidingsarea wat voldoende
weiding verskaf om 'n spesifieke
1.2.5 Wet op Landbou- aantal diere te onderhou
produkstandaarde, 1990
(Wet 119 van 1990) D diagram van die besigheid wat die
posisies en die verhoudings tussen
1.2.6 Drakrag die werkers toon
1.2.7 Sterilisasie E verbeter die verhouding tussen
roofdier en prooi om die gebruik van
1.2.8 Hidroverkoeling chemikalieë te voorkom en die
omgewing te beskerm
1.2.9 Gemengde veld
F eksterne omstandighede of gebeure
1.2.10 Ekologiese landbou wat moet plaasvind vir 'n besigheid
om suksesvol te wees
G eksterne faktore wat tot die
bereiking van landbou-
ondernemingsdoelwitte sal bydra
H produkte word óf direk in koue water
gedompel óf met 'n fyn mis bespuit
I bemarkingsfunksies wat deur swak
padtoestande benadeel kan word
J verhitting van die produk gedurende
prosessering om al die patogeniese
mikro-organismes te verwyder
K die proses waar die boer oes wat
gesaai is
L wetgewing wat die samestelling en
kwaliteit van landbouprodukte
beheer
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 6 DBE/2023
SS/NSS
1.3 Gee die KORREKTE landbouterm vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding.
1.3.1 Die verwydering van bogrond deur afloopwater of sterk winde
1.3.2 'n Aanduiding van die suurheid of alkaliniteit van die grond
1.3.3 Die bemarkingskanaal waar vee en wild gewoonlik aan die hoogste
bieër verkoop word
1.3.4 Die proses om 'n landbouproduk in 'n houer, geskik vir daardie
spesifieke produk, te plaas voordat die produk bemark word
1.3.5 Die versamelwoord vir al die verskillende dokumente wat nodig is om
'n Inkomstestaat te voltooi (5 x 1) (5)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) om die volgende stellings
KORREK te maak. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot
1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal.
1.4.1 Plantsuksessie van veld verwys na die progressiewe ontwikkeling
van pionier na suur.
1.4.2 Windspoed word met 'n nat-en-droë-bol-termometer in km/h
gemeet.
1.4.3 Die tersiêre landbousektor sluit waardetoevoeging en prosessering
in.
1.4.4 Die middels waaruit die inhoud van 'n geprosesseerde produk
bestaan, word deur die voedingswaarde op die etiket aangedui.
1.4.5 Beroking is die proses wat gebruik word om vrugte te preserveer
deur dit in stroop te plaas. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 7 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Landbougrond is 'n waardevolle bate vir die boer.
2.1.1 Verduidelik wat dit beteken indien die waarde van landbougrond
toeneem. (2)
2.1.2 Verduidelik wat dit beteken indien die waarde van landbougrond
afneem. (2)
2.2 Die werkers op 'n plaas word as 'n baie belangrike hulpbron beskou, maar
afwesigheid van werkers as gevolg van siekte lei direk tot 'n daling in
produktiwiteit.
2.2.1 Verduidelik wat dit beteken as werkers produktief is. (2)
2.2.2 Beskryf moontlike redes waarom afwesigheid tot 'n daling in
produktiwiteit lei. (2)
2.2.3 Bespreek maniere waarop die boer werkers kan help om gesond te
bly. (3)
2.3 Beskryf die beginsels wat in ag geneem moet word om 'n weidingskamp vir
diereproduksie geskik te maak. (3)
2.4 'n Ploeglaag (ploegsool) ontwikkel as grond jaar na jaar tot dieselfde diepte
bewerk word.
Ploeglaag (ploegsool)
(strook kompakte grond)
2.4.1 Noem DRIE nadele van 'n ploeglaag (ploegsool). (3)
2.4.2 Beskryf hoe die boer die probleem in VRAAG 2.4.1 kan oplos. (2)
2.5 Beskryf DRIE voordele van geenbewerking en permanente grondbedekking. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 8 DBE/2023
SS/NSS
2.6 Onderskei tussen die verskillende boerderymetodes.
Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit.
INTENSIEWE EKSTENSIEWE
BOERDERY BOERDERY
INSET: Arbeid:
sonder meganisasie
INSET: Grond:
area/hoeveelheid per dier
UITSET:
hoeveelheid per eenheidsarea (6)
2.7 Verduidelik ELK van die volgende konsepte en die doel daarvan in
presisiegewasboerdery:
2.7.1 GPS (2)
2.7.2 GIS (2)
2.7.3 VTT ('VRT') (2)
2.8 Gebruik van landbou-implemente:
2.8.1 Onderskei tussen primêre en sekondêre bewerkingsimplemente. (2)
2.8.2 Bestudeer die implemente hieronder en klassifiseer dit as óf primêre
óf sekondêre implemente.
IMPLEMENT A
IMPLEMENT B
IMPLEMENT C
(3)
2.8.3 Noem DRIE nadele van die gebruik van implemente. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 9 DBE/2023
SS/NSS
2.9 Noem VIER aspekte wat in ag geneem moet word by die aankoop van
plaasimplemente en plaastoerusting. (4)
2.10 Verduidelik hoe die begin van 'n agritoerismevertakking op 'n plaas risiko's
verbonde aan kommersiële boerdery kan verlaag. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 10 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP, BEMARKING.
PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Bemarking is belangrik by die verkoop van produkte en die lewering van
dienste.
3.1.1 Noem DRIE probleme wat 'n boer kan ervaar by die verkoop van
lewende hawe by 'n veiling. (3)
3.1.2 Beskryf die vryemarkstelsel. (2)
3.1.3 Noem TWEE voordele van varsproduktemarkte. (2)
3.2 Bespreek kortliks die volgende TWEE aspekte van plaasbeplanning:
3.2.1 Finansiële beplanning (2)
3.2.2 Bemarkingsbeplanning (2)
3.3 Noem TWEE elemente van organisering as 'n bestuursbeginsel. (2)
3.4 Dui die aspekte van besluitneming aan wat 'n invloed op die funksionering
van 'n plaas het. (3)
3.5 Noem DRIE voordele van koördinering. (3)
3.6 Gee DRIE redes waarom 'n indiensnemingskontrak aan plaaswerkers gegee
word. (3)
3.7 Die doel van die ontwikkeling van 'n volhoubare sakeplan (besigheidsplan) is
om na beter geleenthede te streef.
Noem en verduidelik TWEE pilare wat 'n plaas volhoubaar maak. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 11 DBE/2023
SS/NSS
3.8 'n Groep besigheidsmense het saamgekom en besluit om grond te koop en 'n
boerderyonderneming te begin. Hulle het nie die vaardighede of kennis gehad
om te boer nie, maar hulle het kapitaal om in hierdie waagstuk te belê.
'n Plaas van 500 ha is tans in die mark. Die plaas het 'n rivier wat deur
redelike goeie veld vloei. Hulle beplan om met perde te teel en die rivier vir
visvang te gebruik. Die grond is sanderig en nie baie vrugbaar nie.
Gebruik die SSGB('SWOT')-ontleding om die volgende aspekte in die
scenario te identifiseer:
3.8.1 DRIE sterk punte (3)
3.8.2 EEN swak punt (1)
3.8.3 EEN geleentheid (1)
3.8.4 TWEE bedreigings (2)
3.8.5 Stel 'n optrede voor om die swak punt wat in VRAAG 3.8.2
geïdentifiseer is, te hanteer. (1)
3.9 'n Boer se produksievertakking het veranderlike koste van R50 000 en
produseer 20 000 produkte-eenhede.
3.9.1 Bereken die koste van ELKE produk. (2)
3.9.2 Onderskei tussen veranderlike koste en vaste koste. (4)
3.10 Prys word meestal deur vraag- en aanbodfaktore bepaal. Verduidelik kortliks
die volgende:
3.10.1 Die konsep van vraag en prys (2)
3.10.2 Die konsep van aanbod en prys (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 12 DBE/2023
SS/NSS
3.11 Die illustrasie hieronder toon verskillende aspekte van die raamwerk van 'n
sakeplan (besigheidsplan). Lees deur die gedagteborrels en identifiseer die
aspek van die sakeplan (besigheidsplan) wat beskryf word. Skryf die
antwoorde langs die vraagnommers (3.11.1 tot 3.11.6).
3.11.1
3.11.2
Bevat die naam,
Identifiseer interne en
adres en
eksterne faktore wat
telefoonnommers van
gunstig en ongunstig is
die besigheid
3.11.3 3.11.4
Bevat aanhangsels van Opsomming van
CV's van alle vennote en beskikbare personeel
verhurings- en bestuur
ooreenkomste
3.11.6
3.11.5
Bevat inligting oor
Bevat 'n lys van
paaie, water en
kapitaalvereistes en 'n
elektrisiteit
gelykbreekpunt-
analise
(6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 13 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 4: FINANSIËLE BEPLANNING, REKORDHOUDING, OES, WAARDE-
TOEVOEGING EN VERPAKKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Begrotings speel 'n belangrike rol in die suksesvolle bestuur van 'n plaas,
want dit vorm deel van die finansiële beplanning van enige
boerderyonderneming.
4.1.1 Kies DRIE voorbeelde wat in 'n produksiebegroting voorkom uit die
lys hieronder:
Voerbegroting
Kredietbegroting
Huishoudelike begroting
Instandhoudingsbegroting
Arbeidsbegroting
Opleidingsbegroting (3)
4.1.2 Beskryf VIER doelwitte van 'n begroting vir 'n boerderyonderneming. (4)
4.1.3 'n Element van 'n begroting wat al die onbekendes van die
produksieproses verteenwoordig, staan as parameters
(voorspellings) bekend.
Gee TWEE voorbeelde van parameters wat in begrotings gebruik
word. (2)
4.2 Die wins of verlies van 'n boerderyonderneming word die bruto marge
genoem. As die boer die bruto marge ken, help dit die boer om besluite oor
die winsgewendheid van die boerderyonderneming te neem.
'n Boer met twee produksievertakkings het die volgende inligting in aparte
finansiële rekords beskikbaar:
PRODUKSIEVERTAKKING A PRODUKSIEVERTAKKING B
(10 ha) (15 ha)
Veranderlike koste Veranderlike koste
Saad: R8 034,66 Dierevoere: R22 304,00
Kunsmis: R19 151,13 Medisyne: R6 228,27
Chemikalieë: R4 916,45
Inkomstewaardes = R39 011,00 Inkomstewaardes = R37 361,00
4.2.1 Bereken die bruto marges van die twee produksievertakkings hierbo. (4)
4.2.2 Bereken die netto inkomste van hierdie plaas. (2)
4.2.3 Lei af watter produksievertakking die winsgewendste per hektaar (ha)
is. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 14 DBE/2023
SS/NSS
4.3 Vir die verkoop van produkte ontvang 'n boer R38 600 op 15 Maart 2022,
R69 450 op 10 April 2022 en R61 500 vir die laaste voorraad op 20 Mei 2022.
Die produksiekoste gedurende hierdie periode was R87 000 en nog R2 500 is
aan bemarking spandeer.
Berei 'n volledige Inkomstestaat vir hierdie boer voor. (6)
4.4 Verduidelik, in die korrekte volgorde, DRIE stappe wat gevolg moet word
wanneer 'n inventaris ontwikkel word. (3)
4.5 Wanneer 'n besigheidstransaksie plaasvind, word 'n brondokument voorberei.
Dit lê die data (inligting) van die transaksie vas.
4.5.1 Beskryf TWEE gevalle wanneer 'n boerderyonderneming 'n kwitansie
aan 'n kliënt sal uitreik. (2)
4.5.2 Noem die data wat op brondokumente moet voorkom om die
rekenkundige joernale te voltooi. (4)
4.6 Die diagram hieronder toon 'n graanstoringstruktuur wat deur kleinskaalse
graanboere gebruik word.
omgekeerde kegel
4.6.1 Gee die naam van 'n soortgelyke struktuur wat deur kommersiële
boere gebruik word. (1)
4.6.2 Stel 'n rede voor vir die gebruik van die omgekeerde kegels op die
pale waarop die storingseenheid rus. (1)
4.6.3 Die struktuur hierbo beskerm die graan teen sekere klimaatsaspekte.
Maak 'n lys van VIER van hierdie aspekte. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke 15 DBE/2023
SS/NSS
4.7 Noem VIER fisiese of sigbare kenmerke wat gedurende die gradering van
geoeste plaasprodukte gebruik word. (4)
4.8 Prosessering behels die verandering van 'n rou produk na 'n vorm wat vir die
verbruiker makliker is om te gebruik. Dit dood of elimineer mikro-organismes
en inhibeer hulle groei.
4.8.1 Noem DRIE voedselpreserveringsmetodes wat 'n boer kan gebruik
om mikro-organismes te dood of uit te skakel. (3)
4.8.2 Verduidelik hoe waardetoevoeging tot rou landbouprodukte tot die
finansiële volhoubaarheid van 'n boerderyonderneming bydra. (2)
4.9 Bespreek die regsvereistes met betrekking tot verpligte inligting op die etiket
van verpakte landbouprodukte met betrekking tot voedingswaarde. (3)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 150
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2025 Afr

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2025 Eng

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 IsiXhosa

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 Afr

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2024 Eng
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Agricultural Management Practices May June 2023 Eng hlayiso.com

Question paper
Agricultural Management Practices May June 2023 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Agricultural Management Practices May June 2023 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2023 Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2022 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Agricultural Management Practices Nov 2022 MG Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Management Practices
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng

Memorandum
Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr

Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English

Question paper