Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
LANDBOUWETENSKAPPE
Tyd: 3 uur 300 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n Antwoordblad van 2 bladsye (i–ii).
Maak die Antwoordblad in die middel van die vraestel los en maak seker dat dit
saam met jou Antwoordboek ingelewer word. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings, naamlik AFDELING A, B en C.
3. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
4. Vraag 1 moet beantwoord word op die Antwoordblad wat voorsien is. Vraag 2–6
moet in jou Antwoordboek beantwoord word.
5. Lees die vrae noukeurig.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae in die vraestel genommer is.
8. Gebruik die punte wat vir elke vraag toegeken word as aanduiding van die detail
wat benodig word.
9. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
10. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afr)
IEB Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Agricultural Sciences · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 16
- File size
- 516.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 2 van 16
AFDELING A
Beantwoord die volgende vrae op die ANTWOORDBLAD wat voorsien is.
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
voorsien. Kies die antwoord en maak 'n kruis (X) in die blok (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD. GEEN
punte sal toegeken word indien meer as een kruis (X) vir die antwoord
verskyn nie.
VOORBEELD 1.1.11 A B C D
1.1.1 Die _________ is deel van die vroulike voortplantingsbaan.
A Uterus
B Saadbuis
C Ureter
D Viola
1.1.2 Die genetiese wisselwerking wat daarvoor verantwoordelik is dat 'n
rooi kalf gebore word uit 'n paring tussen 'n swart koei en 'n swart
bul.
A Kodominansie
B Volledige dominansie
C Epistase
D Onvolledige dominansie
1.1.3 Die manlike deel van die blom is die
A Kroonblaar
B Kelkblaar
C Stigma
D Meeldraad
1.1.4 Om 'n grondkaart van 'n plaas op te stel sal 'n boer
(i) grondputte op die plaas grawe.
(ii) na lugfoto's kyk.
(iii) na die plantegroei wat op die grond groei, kyk.
A slegs (i)
B (i) en (ii)
C (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iii)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 3 van 16
1.1.5 'n Produksiekoöperasie word die beste gedefinieer as 'n groep
boere wat
A insette saam koop en dit tussen hulle verdeel.
B saamwerk om hul produkte te kweek en te verkoop.
C hul gewasse afsonderlik produseer maar hul produkte saam
verkoop.
D gewasse as individue kweek, maar op dieselfde stuk grond.
1.1.6 Presisieboerdery kan die beste beskryf word as
A die gebruik van die jongste tegniese vooruitgang om so
doeltreffend moontlik te boer.
B die gebruik van suiwer anorganiese chemikalieë.
C die gebruik van organiese boerderymetodes.
D om na die verlede te kyk om beter maniere te vind om te boer.
1.1.7 'n Risoom is
A 'n siekte wat 'n vektor in diereproduksie veroorsaak.
B 'n deel van 'n plant wat vir reproduksie gebruik word.
C 'n siekte wat 'n vektor in plantproduksie veroorsaak.
D een van die spysverteringsensieme.
1.1.8 Geslaglose reproduksie in plante is wanneer
A stuifmeel van 'n ander plant die ovum bevrug om saad te
produseer.
B stuifmeel van dieselfde plant die ovum bevrug om saad te
produseer.
C 'n blaar gebruik word om nuwe plante deur weefselkultuur te
produseer.
D 'n saad geplant word en toegelaat word om te ontkiem.
1.1.9 ___________ is nie een van die hooffunksies van bemarking nie.
A Vervoer
B Vraag
C Berging
D Verpakking
1.1.10 Wanneer twee dubbelheterosigote in 'n dihibriede kruising gekruis
word, is die verwagte genotipiese verhouding:
A 1:2:1
B 3:1
C 1:2:1:2:4:2:1:2:1
D 9:3:3:1
(20)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 4 van 16
1.2 Bepaal of die stellings hieronder waar of onwaar is. Merk op die
ANTWOORDBLAD wat voorsien is W vir waar of O vir onwaar.
1.2.1 Die ovulum is die begin van 'n saad in plante.
1.2.2 Hoë vraag en hoë produksie sal tot 'n styging in die prys van die
produk lei.
1.2.3 Grondopmeting is die eerste stap in presisieboerdery.
1.2.4 Kelkblare is deel van die geslagsorgane van die blom.
1.2.5 Epistase is dieselfde as volledige dominansie.
1.2.6 'n Entrepreneur moet oorpessimisties wees.
(12)
1.3 In die tabel hieronder word 'n beskrywing en TWEE moontlike antwoorde
gegee. Dui aan of die beskrywing in KOLOM B verband hou met slegs A,
slegs B, beide A en B, of nie een van die antwoorde in KOLOM A nie.
Maak 'n kruis (X) in die toepaslike blokkie langs die vraagnommer (1.3.1–
1.3.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
VOORBEELD KOLOM A KOLOM B
1.3.11 A mieliemeel 'n Voorbeeld van 'n konsentraat
wat ryk is aan proteïen
B beenmeel
ANTWOORD Hierdie stelling verwys na:
Slegs A Slegs B A en B Nie een nie
1.3.11 A B C D
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 A Steggies Metode van geslaglose reproduksie
B Uitloping in plante.
1.3.2 A Kleigrond Grond wat lig is en nie baie water hou
B Leemgrond nie.
1.3.3 A Pienk blom
'n Voorbeeld van volledige
B Blom met rooi en wit
dominansie.
strepe
1.3.4 A Aanbod
Neem toe wanneer pryse hoër is.
B Vraag
1.3.5 A Kruisbestuiwing Bestuiwing wat voorkom met
B Selfbestuiwing stuifmeel tussen twee verskillende
spesies.
1.3.6 A Druiwe
'n Saamgestelde vrug
B Moerbei
(12)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 5 van 16
1.4 Gee die korrekte term vir elkeen van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die term langs die vraagnommer op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
1.4.1 Die handeling van 'n saad wat wortelskiet en begin groei.
1.4.2 'n Trek wat gemeet moet word om geassesseer te word.
1.4.3 Die produk van geslagtelike reproduksie in plante.
1.4.4 Gronddeeltjies wat groter word wanneer hulle nat is en grond swaar
maak.
1.4.5 'n Mark waarin boere hul produkte kan verkoop aan wie hulle wil en
waar hulle wil.
1.4.6 Die metode van plantreproduksie waartydens slegs mitotiese
seldeling plaasvind.
(12)
1.5 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elkeen van die volgende
stellings om die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e)
langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
1.5.1 'n Volledigedominansie-wisselwerking in plante is 'n pienk blom wat
geproduseer word deur 'n rooi en 'n wit blom te kruis.
1.5.2 Die aanbod van 'n produk is die hoeveelheid van die produk wat deur
die mark gevra word.
1.5.3 Die teksture binne 'n grondprofiel kan gebruik word om die grond te
klassifiseer.
1.5.4 Reproduksie deur saad is die beste manier om baie identiese plante te
produseer.
1.5.5 Tydens kunsmatige inseminasie van beeste word die semen aan die
vaginakant van die serviks geplaas.
1.5.6 Die kroonblaar is die vroulike deel van die blom.
(12)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 6 van 16
1.6 Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat pas by 'n beskrywing in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A–L) langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.6) op die
ANTWOORDBLAD wat voorsien word. Voorbeeld: 1.6.7 Z
1.6.1 'n Gewas wat geteel is om A Geenoordrag
natuurlike plae te weerstaan B A-horison
1.6.2 Die verkoop van jou groente C Gelykheid
saam met jou bure D Geneties gemuteerde
1.6.3 Die inplant van 'n bevrugte organisme
eier in 'n vroulike ontvangerE Produksiekapitaal
F Bemarkingskoöperasie
1.6.4 Die horison binne grond wat
'n hoë humusinhoud het G Voorbereidingskapitaal
H Embrio-oordrag
1.6.5 Punt waar aanbod gelyk is
aan vraag I C-horison
J Ewewig
1.6.6 Kapitaal wat gebruik word om
te ploeg en mielies te plant K Geneties gemodifiseerde
organisme
L Produksiekoöperasie
(12)
80 punte
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 7 van 16
AFDELING B
Beantwoord hierdie vrae in jou ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2
'n Boer produseer perskebome vir die kwekerymark. Hierdie bome is almal geënte bome,
en dit word gedoen deur 'n proses genaamd okulering. Die bome groei vir 'n jaar voordat
hulle in sakke geplaas, geëtiketteer en aan kwekerye oral in die land verkoop word.
Op die plaas van 752 ha word slegs 45 ha vir boomproduksie gebruik. Dit is omdat die
grond wat op hierdie 45 ha aangetref word, ideaal is vir die produksie van die
perskebome.
2.1 Verduidelik hoe die boer te werk sal gaan om die tipes grond wat op die
plaas aangetref word, te bepaal. (4)
2.2 Hoe beïnvloed die tekstuur van die grond die volgende?
2.2.1 Besproeiingsfrekwensie (2)
2.2.2 Waterhouvermoë (2)
2.3 Gronddegradasie is 'n ernstige probleem wat boere in Suid-Afrika in die gesig
staar. Gee vir elkeen van die tipes gronddegradasie hieronder 'n moontlike
oorsaak en 'n moontlike voorkomingsmaatreël en verwys spesifiek na die
perskeboomprodusent.
2.3.1 Fisiese degradasie (4)
2.3.2 Chemiese degradasie (4)
2.3.3 Biologiese degradasie (4)
2.4 Noem VYF negatiewe uitwerkings van gronddegradasie op landbou. (5)
2.5 2.5.1 Verduidelik wat met geënte perskebome bedoel word. (2)
2.5.2 Waarom word enting beoefen wanneer baie variëteite van vrugte- en
neutbome geproduseer word? (3)
2.6 Gee in tabelvorm TWEE voordele en TWEE nadele van:
2.6.1 Geslagtelike reproduksie (4)
2.6.2 Geslaglose reproduksie (4)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 8 van 16
2.7
Deur met beide perskebome (op die voorgrond sigbaar) en mielies (soos in die
agtergrond sigbaar) te boer probeer die boer om elke beskikbare stuk grond op
die plaas ten beste te benut om inkomste uit die plaas te maksimaliseer.
2.7.1 Wat word dit genoem wanneer 'n boer meer as een onderneming
op die plaas het? (1)
2.7.2 Gee die vernaamste rede daarvoor om meer as een onderneming
op die plaas te hê. (1)
2.7.3 Stel 'n ander onderneming voor om die finansiële lewens-
vatbaarheid van die plaas verder te verseker. Verduidelik jou
antwoord deur TWEE redes vir jou keuse te gee. (5)
2.8 Die boer ondersoek die moontlikheid om 'n paar van die ouer perske-
variëteite te produseer wat nie in baie kommersiële ondernemings gebruik
word nie. Dit is om te probeer voorsiening maak vir bestaanstuiniers wat
vrugte vir hul eie verbruik of gebruik wil produseer.
2.8.1 Watter tipe markstrategie is dit wat die boer probeer ontwikkel? (1)
2.8.2 Gee VIER risiko's wat met hierdie soort bemarkingstrategie
geassosieer word. (4)
[50]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 9 van 16
VRAAG 3
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
Laktasie in alle soogdiere is lewensbelangrik, maar nog meer in melkbeeste. In 'n tipiese
melkonderneming soog die koei haar kalf vir 24 uur nadat sy gekalf het. Na hierdie 24 uur
word die kalf weggeneem en die koei keer terug na die lakterende kudde. In die lakterende
kudde sal die koeie twee of drie keer per dag gemelk word, na gelang van die
produksiestelsel wat op die plaas gebruik word. In totaal sal die koei toegelaat word om vir
305 dae te lakteer voordat sy opdroog.
3.1 Noem die orgaan wat vir melkproduksie verantwoordelik is. (1)
3.2 Gee die naam en funksie van TWEE hormone wat by melkproduksie of
melkuitskeiding betrokke is. (4)
3.3 3.3.1 Noem die eerste melk wat deur die koei geproduseer word nadat sy
gekalf het. (1)
3.3.2 Wat maak hierdie melk uniek? (1)
3.3.3 Waarom is dit belangrik vir die kalf om binne die eerste 24 uur van
sy lewe deur sy ma gesoog te word? (2)
3.4 3.4.1 Definieer mastitis. (2)
3.4.2 Gee TWEE oorsake van mastitis. (2)
3.4.3 Beskryf VIER dinge wat 'n boer kan doen om mastitis in die
melkkudde te voorkom. (4)
3.5 Die beeste het 'n hoofsaaklik weiveldgebaseerde dieet wat grootliks bestaan
uit kikoejoegras wat besaai is met raaigras en klawer.
3.5.1 Noem TWEE maniere waarop grasse kan reproduseer. (2)
3.5.2 Watter van die maniere wat in Vraag 3.5.1 genoem is, is die
geskikste vir die volgende?
(a) Plant gras op 'n klein oppervlakte van 'n tuin (2)
(b) Voer 'n nuwe grasspesie in 'n bestaande weiveld in (2)
Gee 'n rede vir jou antwoord in (a) en (b).
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 10 van 16
Om te lakteer moet die koei eers kalf, en om te kalf moet sy eers dragtig wees. Met die
genetiese vordering wat in die hele wêreld gemaak word en die beskikbaarheid van semen
van enige plek ter wêreld, het kunsmatige inseminasie standaardpraktyk in die melkbedryf
geword.
Party boere het 'n persoon wat die koeie voortdurend monitor en enige tekens van hitte
aanteken om te verseker dat die koeie op die regte tyd aanteel. Ander boere verkies dit om
hul koeie te bondel en hul aanteling deur kunsmatige metodes te sinchroniseer.
3.6 Rangskik die stappe in die kunsmatige-inseminasieproses in die korrekte
volgorde. Skryf slegs die letters in jou ANTWOORDBOEK.
A Bedek die pistolet met 'n skede.
B Vee die vulva van die dier af.
C Stuur die pistolet deur die serviks.
D Ontdooi die semen.
E Steek die pistolet teen 'n hoek van 45° in.
F Laai die strooitjie in die pistolet.
G Deponeer die semen stadig in die uterus.
H Kry met 'n hand in 'n handskoen die serviks deur die rektumwand. (8)
3.7 Verduidelik hoe genomika gebruik word in die seleksie van melkbulle vir
gebruik as semenskenkers vir die wêreldwye melkbedryf. (5)
3.8 Verduidelik in jou eie woorde waarom die kloning van melkkoeie wat baie
produseer nie 'n goeie idee is in die melkbedryf nie. (3)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 11 van 16
3.9 Identifiseer uit die foto hierbo VIER faktore in die melkstal wat bestuur sal
moet word. (4)
3.10 Gee DRIE strategieë wat die boer kan gebruik om die arbeid op die plaas
meer produktief te maak. (3)
3.11 Gee VIER dinge wat 'n potensiële melkboer in 'n sakeplan vir 'n nuwe
melkonderneming sal moet insluit. (4)
[50]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 12 van 16
VRAAG 4
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
'n Boer het 'n varkboerdery met 200 sôe in Gauteng. Die onlangse uitbreking van
Listeriose het 'n aansienlike invloed op die boerderybedrywighede gehad. Verbruikers-
vertroue in vark as 'n gesonde, veilige produk het aansienlik afgeneem as gevolg van die
poloniepaniek.
Die figuur hieronder toon die verandering in die vraag en aanbod van vark voor en na die
uitbreking van Listeriose vir die land as geheel.
26
Aanbod
Supply
24
Prys
Price(rand/kg)
(Rand / kg)
22
20
18
Demand
Vraag A A Demand
Vraag B B
35 40 45 50 55
Hoeveelheid
Quantity (1 pigs
(1000 000 per
varke per week)
week)
4.1 Watter vraaglyn dui die vraag na vark voor die uitbreking van Listeriose
aan. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
4.2 4.2.1 Gee TWEE bestuurstrategieë wat 'n boer kan implementeer om die
impak van Listeriose op die onderneming te help hanteer. (2)
4.2.2 Gee 'n kort verduideliking vir elkeen van die keuses wat in
Vraag 4.2.1 gemaak is. (2)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 13 van 16
Die boer het uitstekende bestuursvaardighede en hou noukeurige rekords. Hieronder is
'n kontantvloeistaat vir die plaas wat die gemiddelde maandelikse inkomste en uitgawes
oor die laaste jaar toon. Die boer bemark die spekvarke teen 'n gemiddelde karkasmassa
van 85 kg, en die plaas produseer gemiddeld 320 spekvarke per maand.
Inkomste
Varkverkope R652 800
Flodderverkope R26 000
A
Uitgawes
Arbeid R48 000
Voerkoste R472 800
Water & elektrisiteit R15 000
Medikasie & veearts R12 700
Herstelwerk & instandhouding R15 000
Vervangingsôe R23 450
Semen & KI R8 635
Diverse uitgawes R2 500
B
Netto kontantvloei C
4.3 Bereken die ontbrekende waardes A, B en C. Toon jou berekeninge. (5)
4.4 Wat is die gemiddelde varkprys per kg vir die jaar? Toon jou berekeninge. (3)
4.5 Sal die boer steeds 'n wins maak by die ewewig van die vraaglyn B op die
vraag-en-aanbod-kromme op die vorige bladsy? Toon al jou berekeninge
om jou antwoord te ondersteun. (5)
Die boer gebruik etlike jare al die Pig Improvement Company (PIC) en koop al die
vervangingsôe en semen by hulle. Die boer gebruik 'n kommersiële soglyn, die
Camborough 22, en 'n terminale vaarlyn, die PIC 410. Die boer baseer sy seleksie op 'n
positiewe totale geboorte-en-speen-indeks. Dit sal hopelik beteken dat elke sog elke keer
wanneer sy jong baie swaarder speenvarke sal produseer.
4.6 Verduidelik die verskil tussen 'n kommersiële kudde en 'n stoetkudde. (4)
4.7 4.7.1 Wat word bedoel met die term "terminale vaar"? (2)
4.7.2 Watter genetiese beginsel word hier gebruik om produksie te help
verbeter? (1)
4.8 4.8.1 Wat is 'n seleksie-indeks? (2)
4.8.2 Hoe sal 'n mens 'n indeks bereken? (4)
4.8.3 Waarom sou 'n boer 'n indeks wou gebruik om diere te selekteer? (2)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 14 van 16
Om optimaal te groei sal varke gesond gehou moet word. Dit word op die plaas gedoen
deur biosekuriteitsmaatreëls en gereelde gesondheidsondersoeke van al die diere op die
plaas. Met die varke wat mark toe gestuur word op 'n ouderdom van 23 weke moet die
boer en personeel noukeurig aandag gee aan die middels wat op die verskillende
groeistadiums in die varkboerdery gebruik word.
4.9 Gee VIER redes waarom 'n mens altyd die etiket moet lees voordat 'n
middel aan 'n dier toegedien word. (4)
4.10 4.10.1 Wat is 'n onttrekkingstydperk? (1)
4.10.2 Waarom is die onttrekkingstydperk belangrik? (2)
4.11 Gee VYF praktyke wat 'n boer kan implementeer om biosekuriteit op die
plaas te verbeter. (5)
4.12 Identifiseer een inwendige en een uitwendige varkparasiet en dui aan hoe jy
elkeen van hulle die beste sal beheer. (4)
[50]
VRAAG 5
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
'n Boer produseer snyblomme. Die boer gebruik steggies om die blomplante te produseer.
Dit verseker die kleur en grootte van die blomme. In die verlede het die boer plante uit saad
gekweek. Dit het egter blomme van wisselende grootte en kleur opgelewer. Die kleure wat
geproduseer is, was rooi, pienk en wit, terwyl die groottes gewissel het van groot tot klein,
met die meerderheid (25%) van mediumgrootte.
Na 'n bietjie navorsing het die boer ontdek dat daar vir die grootte van bloeisels of blomme
gekodeer word deur twee lokusse, terwyl daar vir die kleur gekodeer word deur 'n enkele
lokus.
5.1 Wat is 'n lokus? (2)
5.2 Sal blomgrootte 'n kwalitatiewe of 'n kwantitatiewe trek wees? Verduidelik
jou antwoord. (3)
5.3 Bepaal met behulp van 'n Punnet-vierkant die persentasie van die blomme
wat groot sal wees indien saad van 'n kruising tussen twee mediumgrootte
blomme gebruik word om die plantmateriaal te produseer. Gebruik die
volgende ouergenotipes: LiSS × LiSS. (16)
5.4 Watter genetiese wisselwerking vind in die blomkleur plaas? Gee 'n rede vir
jou antwoord. (3)
5.5 Wat sal die fenotipiese verhouding van die blomkleure wees in plante wat
deur saad geproduseer word wanneer 'n rooi en 'n wit blom gekruis word? (2)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 15 van 16
5.6 5.6.1 Noem DRIE maniere waarop bestuiwing in plante kan plaasvind. (3)
5.6.2 Indien die snyblomboer saad wil produseer, watter bestuiwings-
metodes wat in Vraag 5.6.1 hierbo genoem is, sal voorkom moet
word? Gee 'n rede vir jou antwoord. (4)
Die boer het met tyd uitgevind dat die bloemiste net óf klein blommetjies óf massiewe
blomme wil hê. Die mediumgrootte blomme verkoop nie goed nie.
Die boer het daarin geslaag om 'n klein en massiewe lyn van beide die rooi en wit blomme te
ontwikkel, maar sukkel om dieselfde lyne in die pienk blomme te verkry.
5.7 Gebruik basiese genetiese beginsels en verduidelik waarom die boer sal
sukkel om die massiewe blomme of die klein blommetjies in pienk te
produseer. (4)
5.8 Indien die mark skielik mediumgrootte rooi blomme vra, hoe moeilik sal dit
vir die boer wees om sulke blomme te produseer? Verduidelik jou antwoord. (3)
5.9
Volgens die bloemis word die pienk blomme gewoonlik deur die plaaslike huisvroue
gekoop, die rooi blomme deur die mans of kêrels en die wit blomme word gewoonlik
óf vir troues óf vir begrafnisse gekoop.
Die prys wat deur die boer vir die blomme behaal word, kan soos volg uiteengesit
word:
Groot Medium Klein
Rooi R4,50 R2,50 R0,08
Pienk R5,50 R3,50 R1,20
Wit R5,00 R3,00 R1,00
Om die bestuur op die plaas te vereenvoudig wil die boer op minder lyne
fokus. Watter lyne dink jy moet hulle laat vaar? Verduidelik jou antwoord. (5)
5.10
Die boer se dogter woon 'n plaaslike hoërskool vir meisies by en wil graag 'n klein
onderneming begin wat meisies en ouers van die skool van blomme voorsien. Sy
beplan om die onderneming op 'n basis van voorafbetaalde bestellings te bedryf,
waar blomme wat gedurende die week bestel word, die volgende Maandagoggend
by die skool afgelewer word.
Noem VYF belangrike entrepreneurstrekke waaroor hierdie leerder sal moet
beskik om die onderneming 'n sukses te maak. (5)
[50]
200 punte
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 16 van 16
AFDELING C
VRAAG 6
Beantwoord die volgende op 'n nuwe bladsy in jou ANTWOORDBOEK.
Suid-Afrika beleef tans een van die ergste droogtes in die geskiedenis. Boere
landwyd is finansieel geruïneer en in sekere dele van die land is daar geen
onmiddellike verligting in sig nie.
Mev. Mahvethu boer met mielies onder droëland-toestande in Noordwes.
Bespreek hoe sy die ongunstige weerstoestande beter kan hanteer.
In jou antwoord moet jy die volgende insluit:
• Bewaringslandbou
• Presisieboerdery
• Geïntegreerde boerderystelsels
• Ekonomie
20 punte
Totaal: 300 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB P1 2017 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper
Related documents

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB P2 2017 Question Paper (Afr)

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB


