Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
LANDBOUWETENSKAPPE
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 300 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en sub-
eksaminatore, almal van wie vereis word om 'n standardiseringsvergadering by te
woon om te verseker dat die riglyne konsekwent geïnterpreteer en toegepas word
in die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal nie enige besprekings of korrespondensie rakende die nasienriglyne
aangaan nie. Dit word erken dat daar verskillende sienings oor sekere sake van
belang of detail in die nasienriglyne mag wees. Dit word ook erken dat, sonder
die voordeel van die bywoning van 'n standardiseringsvergadering, daar
verskillende interpretasies van die toepassing van die nasienriglyne mag wees.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)
IEB Grade 12 Agricultural Sciences memorandum from the 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Agricultural Sciences · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 19
- File size
- 409.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 19
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 A B C D 1.2 1.2.1 W O
1.1.2 A B C D 1.2.2 W O
1.1.3 A B C D 1.2.3 W O
1.1.4 A B C D 1.2.4 W O
1.1.5 A B C D 1.2.5 W O
1.1.6 A B C D 1.2.6 W O
1.1.7 A B C D
1.1.8 A B C D
1.1.9 A B C D
1.1.10 A B C D
1.3 Slegs A Slegs B A en B Nie een nie
1.3.1 A B C D
1.3.2 A B C D
1.3.3 A B C D
1.3.4 A B C D
1.3.5 A B C D
1.3.6 A B C D
1.4 1.4.1 Inkomstestaat
1.4.2 Kwarantyn
1.4.3 Geenmutasie
1.4.4 Epididimis
1.4.5 Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid
1.4.6 Biotegnologie/Genetiese manipulasie
1.5 1.5.1 Surplus 1.6 1.6.1 L
1.5.2 Bates 1.6.2 K
1.5.3 Ablaktering 1.6.3 B
1.5.4 Bestuiwing 1.6.4 E
1.5.5 Vaste 1.6.5 I
1.5.6 Opgradering 1.6.6 J
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 19
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Gronderosie en gronddegradasie: die wêreldwye risiko's
2.1.1 Doelstellings van grondopnames
• Om geskiktheid van grond vir landboudoel te bepaal.
• Data wat oor grond, klimaat en topografie verkry is, word
gebruik om die tipe gewas of dier waarmee geboer kan word, te
bepaal.
• Grondkartering word gebruik om betroubare data oor grond te
verkry.
• Optimale benutting van grond wat beskikbaar is.
(Enige 2)
2.1.2 Verduideliking van die grondopnameproses in die landbou met
stappe wat gevolg moet word tydens 'n grondopname
• Lugfoto's van die gebied word geneem en bestudeer (gee
voorlopige uitleg, topografie, dreinering en grondverskille).
• Besoek die gebied vir verdere besonderhede soos bewerkbare
grond, grense, heinings, paaie en geboue (sodat dit op die
lugkaart aangedui kan word).
• Ontwikkeling van die voorlopige kartering van die grond- en
veldtipes in die gebied (grond word verdeel in homogene grond-
en veldtipes).
• Grondprofiele word gebruik vir grondklassifikasie (grondprofiele
word bestudeer om die horisonne te onderskei en grondvorm te
identifiseer).
• Morfologiese eienskappe van elke grondhorison word op 'n
grondkaart aangedui (eienskappe soos gronddiepte, kleur,
vlekke, struktuur en eenvormigheid).
• Interpretasie van al die ingesamelde data, sodat elke hektaar
grond volgens sy potensiaal benut word.
(Enige 3 × 2)
2.2 Grondklassifikasie deur grondprofiele te gebruik
2.2.1 Identifikasie van grondhorisonne uit die grondprofiel
• 1: O
• 2: A
• 3: B
• 4: C
2.2.2 Kenmerke van elke grondhorison in Vraag 2.2.1 geïdentifiseer
• 1: Los en gedeeltelik ontbinde organiese materiaal
• 2: Mineraalstowwe gemeng met 'n bietjie humus
• 3: Opeenhoping van klei wat van horisonne bokant vervoer
word
• 4: Gedeeltelik veranderde, ongekonsolideerde moeder-
materiaal
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 19
2.3 Die diagramme verteenwoordig geslagtelike reproduksie
2.3.1 Identifikasie van die proses in Diagram 1 en 3 geïllustreer
Bestuiwing
2.3.2 Noem die verskillende tipes van die proses deur Diagram 1 en
3 geïllustreer
(a) DIAGRAM 1: Selfbestuiwing
(b) DIAGRAM 3: Kruisbestuiwing
2.3.3 Letter en naam van die deel van die blom in Diagram 2
(a) E: Stamper
(b) B: Vrugbeginsel
(c) D: Stigma
(d) G: Meeldraad
(e) C: Styl
2.3.4 DRIE agente van die proses in Vraag 2.3.1 geïdentifiseer
• Wind
• Water
• Insekte
• Diere
(Enige 3)
2.4 Die tabel wat produksiefaktore, kenmerke, voorbeelde en belonings
toon
2.4.1 Identifikasie van die produksiefaktore A, B en C
• A: Arbeid
• B: Grond
• C: Kapitaal
2.4.2 Die produksiefaktorbelonings gemerk D en C
• D: Lone/Salarisse
• E: Wins
2.4.3 Aanduiding van die funksies van grond in ekonomiese terme
• Grond is 'n bate wat as aanvullende sekuriteit gebruik kan word
wanneer daar om 'n lening aansoek gedoen word
• Voorsien ruimte vir landboubedrywighede
• Voorsien ruimte vir menslike nedersettings
• Verskaf voedsel vir mense en diere
• Dit is 'n bron van minerale
(Enige 1)
2.4.4 Onderskeid tussen 'n ondernemingsbegroting en 'n geheel-
plaasbegroting
Ondernemingsbegroting:
Dit is 'n begroting vir een bepaalde onderneming op die plaas
Geheelplaasbegroting
Dit is 'n begroting wat al die plaasondernemings kombineer om die
netto opbrengs van die besigheid te toon
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 19
VRAAG 3
3.1 Gevallestudie
3.1.1 SWOT-ontleding
(a) Identifikasie van VIER komponente van die SWOT-
ontleding
• Sterk punte
• Swakhede
• Geleenthede
• Bedreigings
(b) Voorbeelde van SWOT-ontledingskomponent uit die
gevallestudie
Sterk punte:
• Besit 2017 Farmer's Weekly/ARC National Best Elite
Sussex-koei
• Gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester
• Die plaaseienaar is 'n Sussex-stoetteler
• Lang, diep liefde vir vleisbeesboerdery
• Kan besluite neem – Linden het 'n dapper sakebesluit
geneem om nie die land te verlaat nie
• Risiko-aanvaarding – baie geld geïnvesteer/het die
beroep van geoktrooieerde rekenmeester verlaat
• Toewyding – Linden het volhard in slegte tye van diefstal
en veeverlies
• Probleemoplossing – het 'n sekuriteitsmaatskappy
aangestel om veediefstal te beheer
• Passie – liefde vir boerdery spoor hom aan om meer op
die plaas te doen
• Vasberadenheid – gaan voort om sy stoet te verbeter
• Gebruik KI om genetiese progressie te verseker
• Gebruik semen van hoë gehalte om sy koeie kunsmatig
te insemineer
(Enige 2)
Swakhede:
• Diere in kraal lei tot groot addisionele koste
• Veld besmet met mikroörganismes wat hartwater,
rooiwater en galsiekte veroorsaak
• Kunsmatige inseminasie is baie duur
(Enige 2)
Geleenthede:
• Om 'n stoetteler te wees beteken hy kan die besigheid
verder uitbrei deur vir ander boere te teel
• Om 'n geoktrooieerde rekenmeester te wees gee hom 'n
geleentheid om die besigheid uit te brei deur ander
besighede met sy kundigheid te help in ruil vir geld
(Enige 2)
Bedreigings:
• Veediefstal
• Verloor baie geld deur in die sekuriteit van sy plaas te
probeer investeer
• Op die lang duur kan daar die uitdaging wees van
weerstandigheid teen middels wat gebruik word om in te
ent en siektes te beheer
(Enige 2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 19
3.1.2 DRIE identifikasiemetodes wat in vleisbeesrasse gebruik kan
word
• Warmystermerk
• Brandmerk
• Oorplaatjies
• Inplantings
(Enige 3)
3.1.3 Siektes:
(a) Vernaamste mikroörganisme wat hartwater, rooiwater en
galsiekte veroorsaak
Protosoön
(b) Die ander naam vir galsiekte
Anaplasmose
3.1.4 Tabel
Siekte Oordragmodus Simptome
Galsiekte Insekdraers of • Hoë koors
bosluise en • Gebrek aan eetlus wat tot
bytvlieë gewigsverlies lei
• Swakheid en depressie
• Hardlywigheid
• Ontwatering
(Enige 1)
Rooiwater Bloubosluise of • Donkerrooi of bruin urien
Boophilus • Akute buikpyn
microplus/ • Hoë temperatuur/koors/
Boophilus polsslag
decoloratus • Aborsie
• Bloedarmoede
• Geelsug
• Spierkrampe
(Enige 1)
Hartwater Bontbosluise • Senuweeagtigheid
• Sukkel om asem te haal
• Ongekoördineerde
bewegings
• Skuimspeeksel uit die bek
• Waterige diarree
(Enige 1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 19
3.1.5 (a) Tabulering van TWEE voordele en nadele van KI
TWEE voordele van KI TWEE nadele van KI
• Siektebeheer deur velkontak • Gespesialiseerde
tydens natuurlike paring te toerusting word
voorkom. benodig.
• Verminder kans op besering. • Tegniese kundigheid
• Semen kan verkry word by word benodig.
bulle met probleme. • KI wat verkeerd
• Semen word geëvalueer elke beoefen word, kan
keer wanneer dit versamel probleme
word. veroorsaak.
• Voorkom buloorgebruik. • Soos uit hierdie
• Maak dit moontlik om met artikel blyk, oortref
meer koeie te teel. die voordele van
• Maak teling met koeie met kunsmatige
probleme moontlik. inseminasie die
• Maak gebruik van ouer geassosieerde
waardevolle bulle moontlik. risiko's verreweg.
• Koeie kan geïnsemineer word (Enige 2)
op die beste tyd vir bevrugting.
• Vinnig en ekonomies.
(Enige 2)
(b) TWEE basiese vereistes vir semenberging
• Na verkryging word semen in 'n waterbad geplaas teen
32–35 °C
• Antibiotika word saam met die verdunner bygevoeg
wanneer dit bevries word
• Semen kan vir 'n kort tydperk gestoor word teen 5 °C
• Vir 'n langer tydperk word semen in strooitjies geplaas en
met vloeibare stikstof gevries teen –196 °C
(Enige 2)
(c) TWEE kenmerke van semen van goeie gehalte
• Moet lewensvatbaar en gesond wees/moet lewendig en
beweeglik wees
• Dik witterige tot geel vloeistof
• Goeie morfologiestruktuur
• Die ejakulaat moet 'n groot konsentrasie lewensvatbare
spermselle bevat
• Semen moet geen slegte reuk hê nie, slegs die
kenmerkende reuk daarvan
• pH van tussen 6,4 en 6,9
• Moet baie golwe/beweeglikheid toon
(Enige 2)
3.2 Geslaglose voortplantingsmetodes
3.2.1 Bolle: 5
3.2.2 Ranke: 3
3.2.3 Risome: 1
3.2.4 Suiers: 6
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 19
3.3 Enting en okulering
3.3.1 Identifikasie van die dele
M: Onderstam
N: Entloot
3.3.2 Definisies
(a) Enting behels die oordrag van 'n deel van een plant na 'n
ander plant van dieselfde spesie met die bas nog in posisie
(b) Okulering behels die oordrag van 'n botsel van 'n
uitloopstingel
3.3.3 Entingstegnieke wat deur die tuinboukundige toegepas kan word
(a) EEN tegniek
• Tongent
• Masjienent
• Spleetent
(Enige 1)
(b) Beskrywing van die tegniek in Vraag 3.3.3 (a)
• Tongent: Net voor enting word klein enkelkepe
10–50 mm bokant die botsel gesny
• Masjienent: Mikpunt is dat onderstam en entloot kontak
maak
• Spleetent: Die wortelstok word 50 mm bokant 'n botsel
gesny en 'n spleet word in die middel van die wortelstok
gemaak
(Enige 1)
3.3.4 Die persoon wat hoogs opgelei is om die tegniek te gebruik
Tuinboukundige
3.3.5 TWEE voordele en nadele van die gebruik van geslaglose
reproduksiemetodes om plante voort te plant
Voordele Nadele
Dit maak vinnige aanwas Dit belemmer diversiteit
moontlik
Dit vereis nie mobiliteit nie, Dit skep oorerwingskwessies want
dit word in 'n enkele gebied genetiese defekte en mutasies
gedoen word na die nageslag oorgedra
Dit vereis nie maats nie Dit kan daartoe lei dat organismes
ontvanklik is vir uitwissing
Dit is vriendelik vir die Minder variasie kan veroorsaak dat
omgewing organismes nie kan aanpas nie
Reproduksie van identiese Min of geen beheer oor
plante produktiwiteit van nageslag nie
Wenslike eienskappe is Verhoogde waarskynlikheid van
bekend mutasies aangesien hele nageslag
klone is
Meer geharde wortelstok lei
tot beter groei (Enige 2 × 2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 19
VRAAG 4
4.1 Gevallestudie
4.1.1 Verduideliking van die proses van plantweefselkultuur
Plantweefselkultuur is 'n tegniek waarmee plantselle, -weefsel of
-organe onder steriele en beheerde toestande op 'n kunsmatige
voedingsbodem, óf staties óf vloeibaar, gekweek word.
4.1.2 Belangrikheid van plantweefselkultuurtoepassings vir
genetiese manipulasie in gewasproduksie
• Produseer presiese kopieë van die vereiste plante wat wenslike
eienskappe het.
• Produseer volwasse plante vinnig.
• Veelvuldige plante word geproduseer in die afwesigheid van
saad of noodsaaklike bestuiwers om saad te produseer.
• Volledige plante word geproduseer, geregenereer uit plantselle
wat geneties gemodifiseer is.
• Baie plante wat klone van mekaar is, kan geproduseer word.
• Siektebestande plante word deur mikrovoortplanting
geproduseer.
• Hoë vrugbaarheidskoers word behaal.
• Dit is die enigste metode wat 'n lewensvatbare metode is om
geneties gemodifiseerde selle te regenereer selfs na protoplas-
samesmelting.
• Hierdie metode is nuttig wanneer saad in ontoereikende
hoeveelhede geproduseer word, of wanneer plante steriel is en
nie lewensvatbare saad produseer nie of wanneer die saad nie
geberg kan word nie.
• Sommige plante soos orgideë het baie klein saadjies en word
meer betroubaar gekweek van saad in 'n steriele kultuur.
• 'n Groter getal plante kan geproduseer word en propagule kan
langer geberg word in 'n kleiner area.
(Enige 2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 19
4.1.3 'n Staafgrafiek wat die verskil in produksie van piesangs
tussen weefselkultuur en die natuurlike metode van
2003 tot 2007 toon
2500
WEEFSELKULTUURPIESANG-
2000
1500
PRODUKSIE (kg)
1000
500
0
2003 2004 2005 2006 2007
JARE
Weefsel Natuurlik
Kriteria/rubriek/nasienriglyne
• Korrekte opskrif
• X-as: Korrek gekalibreer
• X-as: Korrek benoem (Jare)
• Y-as: Korrek gekalibreer
• Y-as: Korrek benoem (Weefselkultuurpiesang- (wkp-) produksie)
• Korrekte eenheid (kg)
• Korrekte tipe grafiek (staafgrafiek)
• Korrekte stipping
4.1.4 Die tendens in terme van produksie tussen die twee metodes
By plantweefselkultuur neem die produksie toe teen 'n toenemende
tempo, maar by die natuurlike een neem dit stadig toe.
4.1.5 Totale piesangproduksie in ton oor die vyf jaar vir
(a) Weefselkultuur
• Totale produksie: 500 kg + 800 kg + 1 000 kg +1 500 kg
+ 2 200 kg = 6 000 kg
6 000 kg
1000
= 6 ton
(b) Natuurlik
• Totale produksie: 200 kg + 450 kg + 650 kg + 800 kg +
1 200 kg = 3 300 kg
3 300 kg
1000
= 3,3 ton
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 19
4.2 Genetika
4.2.1 Die F1-genotipe
Die hele nageslag sal WwDd wees
4.2.2 Die F1-gamete op 'n Punnett-vierkant
WD Wd wD wd
WD WWDD WWDd WwDD WwDd
Wd WWDd WWdd WwDd Wwdd
wD WwDD WwDd wwDD wwDd
wd WwDd Wwdd wwDd Wwdd
1 punt vir manlike gamete
1 punt vir vroulike gamete
1 punt vir die Punnet-vierkant
4.2.3 Die fenotipiese verhouding vir die F2-generasie
Dit is 'n 9:3:3:1 fenotipiese verhouding.
9/16 sal wit, skyfvormige vrugte hê
3/16 sal wit, sfeervormige vrugte hê
3/16 sal geel, skyfvormige vrugte hê
1/16 sal geel, sfeervormige vrugte hê
4.3 'n Voortplantingsproses
4.3.1 Identifikasie van die voortplantingsproses
Kloning/kernoordrag
4.3.2 Etikette vir dele A, B en C
A: Ontkerning
B: Samesmelting
C: Somatiese sel
4.3.3 TWEE tipes van die voortplantingsproses
• Reproduksiekloning
• Terapeutiese kloning
4.3.4 Die verskil tussen TWEE tipes van die voortplantingsproses
Reproduksiekloning
'n Voortplantingsproses wat 'n identiese kopie van biologiese
materiaal produseer
Terapeutiese kloning
'n Voortplantingsproses waar weefsel van die pasiënt gekloon word
en dan later teruggeplaas word nadat dit gekloon en in die
laboratorium gekweek is
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 19
VRAAG 5
5.1 Gevallestudie
5.1.1 Bemarkingstelsel deur die boere verteenwoordig
Koöperatiewe bemarkingstelsel
5.1.2 TWEE tipes van die bemarkingstelsel in Vraag 5.1.1 genoem
• Produksiekoöperasies
• Bemarkingskoöperasies
5.1.3 Kort verduideliking van TWEE voordele van die bemarking-
stelsel in Vraag 5.1.1
• Bestendige aanbod van die produk/Voldoen aan markvraag vir
volume omdat boere saamwerk
• Potensiaal om te groei deur meer produsente te betrek
• Skaalbesparings omdat produkte of dienste gepoel word
• Bedingingsmag van die groep in plaas van individuele boere
• Toegang tot professionele kundigheid
• Toegang tot beter infrastruktuur wat individue nie kan bekostig
nie
• Uitskakeling van die middelman en verrig die funksies self
• Grootmaataankope deur pryse wat beding is
• Dit is maklik om hul produk van 'n handelsmerk te voorsien vir
groter sigbaarheid met die oog op potensiële kopers
• Toegang tot befondsing omdat 'n aantal staatsbefondsings-
programme koöperasies aanmoedig
(Enige 2 × 2)
5.1.4 VIER komponente van die bemarkingsamestelling
• Produk
• Prys
• Plek
• Promosie
5.1.5 Berekening van die persentasie van die maalvleissnit vir 'n
beeshelfte van ongeveer 300 kg verkoopbare produk
133,7
× 100
300
= 44,57% / 44,6% / 45%
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 19
5.1.6 Beskrywing van TWEE faktore wat 'n negatiewe invloed op die
bemarkingsketting kan hê
• Arbeidsuitdagings: Streng arbeidswette en die hoë koste van
arbeid in Suid-Afrika kan die produksiekoste verhoog.
• Infrastruktuur: Ontoereikende bergingsfasiliteite vir landbou-
produkte, veral tydens spitsoestydperke, kan tot 'n daling in
gehalte of produkverliese lei.
• Vervoer: Die hoë koste van vervoer, beperkte beskikbaarheid
van padvervoer en die gebrek aan behoorlike spoorvervoer
vertraag die beweging van goedere deur die waardeketting.
• Ongelukke, diefstal en bederwing in die bemarkingsketting kan
die bemarkingsketting negatief beïnvloed.
• Hanteringsfasiliteite by hawens: Ontoereikende hanterings-
fasiliteite vir uitvoerprodukte kan beteken dat laai te lank neem,
wat die uitvoerkoste verhoog en die verspreidingsproses
vertraag.
• Uitvoerregulasies: Streng regulasies in uitvoermarkte kan die
hoeveelheid en gehalte van produkte wat uitgevoer kan word,
beïnvloed.
• Gesondheids-, veiligheids- en naspeurbaarheidskwessies:
Regulasies wat die gesondheids-, veiligheids- en
naspeurbaarheidskwessies beheer, kan onnodig streng wees en
kan die produksie vertraag.
• Produklewensduur: Landbouprodukte is bederfbaar en het 'n
beperkte lewensduur, wat die tyd vir bemarking beperk.
• Standaardisering: Landbouprodukte het 'n biologiese oorsprong
met groot variasie, daarom moet standaardisering ingestel word
om produkte te gradeer. Standaardisering verhoog bemarkings-
koste.
(Enige 2)
5.1.7 Regstellende optrede ten opsigte van die uitdagings in
Vraag 5.1.6
• Slag op die regte tyd en ouderdom om die aangaan van ekstra
koste te voorkom.
• Verbeter infrastruktuur van plaas en openbare paaie.
• Sorg vir verkoelingsfasiliteite op die plaas om die vleis gedurende
tydperke van ooraanbod te berg om buite seisoen te bemark.
• Gekwalifiseerde pakkers en verpakkers met kennis van die
hantering van vleis moet in die graderingsproses gebruik word.
• Gesofistikeerde graderingsmasjiene van 'n hoë standaard
voorkom skade aan vleis.
• Verpakkingsmateriaal van hoë gehalte voorkom verdere skade
en verbeter bemarkingsprys.
• Vervoer produkte in koelhouers om bederwing te voorkom.
• Maak van internet- en selfoonverbindings as 'n bemarking-
strategie gebruik.
• Verminder vervoerkoste deur vragte te kombineer om aan
markvraag te voldoen.
• Gebruik vervoermaatskappye met betroubare bestuurders om
verlies van produkte as gevolg van ongelukke en diefstal te
voorkom.
(Enige 2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 19
5.2 Verskillende tipes vrugte
5.2.1 Identifikasie van die tipes vrugte gemerk A, B, C en D
• A: Enkelvoudige vrug
• B: Saamgestelde/Versamelvrug
• C: Veelvoudige vrug
• D: Byvrug
5.2.2 Klassifikasie van die voorbeelde van vrugte in die blok genoem
Enkelvoudige Saamgestelde/ Veelvoudige
Byvrug
vrug Versamelvrug vrug
Druiwe Vye Aarbeie Pere
5.3 Kontantvloeibegroting wat vir die boere opgestel is
5.3.1 BOER A BOER B
INKOMSTE (R) UITGAWES (R) INKOMSTE (R) UITGAWES (R)
Mis- 19 000 Kuikens 5 000 Mis- 29 000 Kuikens 4 000
verkope (2 000) verkope (2 000)
Vleis- 39 000 Arbeid 58 000 Vleis- 122 000 Arbeid 28 000
verkope verkope
Voerders 10 000 Voerders 20 000
Water 4 000 Water 2 000
Inentings 500 Inentings 15 000
TOTAAL 58 000 TOTAAL 77 500 TOTAAL 151 000 TOTAAL 69 000
Kriteria/rubriek/nasienriglyne
BOER A BOER B
Korrek geplaaste inkomste- Korrek geplaaste inkomste-
items items
Korrek geplaaste uitgawe- Korrek geplaaste uitgawe-
items items
Korrekte totale inkomste Korrekte totale inkomste
Korrekte totale uitgawes Korrekte totale uitgawes
5.3.2 Lewensvatbaarheid van die TWEE boere
Boer A: Nie lewensvatbaar en gesond nie omdat uitgawes meer is
as inkomste (verlies)
Boer B: Lewensvatbaar en gesond omdat uitgawes minder is as
inkomste (wins)
5.3.3 Pluimveeproduk wat deur boere ingesluit kan word om
verdienste te verhoog
Pluimveevere/-koppe en pote/Spysverteringskanaal
(Enige 1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 19
5.4 Die voortplantingstelsel van 'n koei
5.4.1 Identifikasie van dele
• G: Tregtergang
• F: Eierbuis/Fallopiaanse buise
• B: Vulva
5.4.2 Verbind funksies met die letter
(a) E
(b) C/B
(c) D
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 19
AFDELING C
VRAAG 6
Onderwerp: Die nadelige uitwerking van inwendige parasiete op die lewendehawe-bedryf en die impak daarvan op
voedselsekerheid
Punte-
Swak Redelik Goed Uitstekend
toekenning
Definisie van die 0 1 2
parasiete Geen definisie word Gedeeltelike definisie wat Volledige definisie met al die
2
hoegenaamd in die slegs een element tussen nodige elemente soos plek en
besprekings verskaf nie plek en impak noem impak
Onderskeid 0 1 2 3
tussen Geen onderskeid tussen die Onderskeid sluit slegs een Onderskeid sluit beide Onderskeid sluit beide
ektoparasiete en ektoparasiete en van die twee tipes parasiete uitwendige en inwendige uitwendige en inwendige
3
endoparasiete endoparasiete in die (uitwendig en inwendig) in parasiete in sonder om parasiete in en hoe elkeen
besprekings nie enigiets oor impak op die dier die dier beïnvloed
te noem
Verskillende tipes 0 1 2 3
van die Geen melding van die Noem slegs een voorbeeld Noem slegs twee voorbeelde Noem al drie voorbeelde van
belangrikste 3 belangrikste inwendige van die drie belangrikste van die drie belangrikste die belangrikste inwendige
inwendige parasiete in die besprekings inwendige parasiete inwendige parasiete parasiete
parasiete nie
Finansiële en 0 3 6 9
nadelige Geen aandag geskenk aan Noem slegs finansiële of Noem beide finansiële en Noem beide finansiële en
uitwerking van finansiële en nadelige nadelige uitwerking van nadelige uitwerking van nadelige uitwerking van
inwendige 9 uitwerking van inwendige inwendige parasiete op inwendige parasiete op inwendige parasiete en die
parasiete en die parasiete en die impak voedselsekerheid voedselsekerheid impak daarvan op
impak daarvan op daarvan op voedselsekerheid voedselsekerheid
voedselsekerheid nie
Voorkomings- 0 1 2 3
maatreëls teen Geen melding van die Noem slegs een vorm van Noem slegs twee vorme van Noem al drie vorme van
inwendige voorkomingsmaatreëls teen voorkomingsmaatreëls teen voorkomingsmaatreëls teen voorkomingsmaatreëls teen
3
parasiete inwendige parasiete in die inwendige parasiete, inwendige parasiete, inwendige parasiete,
besprekings nie byvoorbeeld chemies byvoorbeeld chemies en byvoorbeeld chemies,
biologies biologies en weidingsbestuur
TOTAAL 20
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 19
Die nadelige uitwerking van inwendige parasiete op die lewendehawe-bedryf
en die impak daarvan op voedselsekerheid
'n Parasiet is 'n organisme wat in of op 'n ander leef en sy voeding by hierdie
ander organisme, genaamd die gasheer, kry. Parasiete kan breedweg
geklassifiseer word as uitwendig (ektoparasiete) of inwendig (endoparasiete), na
gelang van waar hulle op hul gasheer leef. Uitwendige parasiete versondig dikwels
hul gashere deur te byt, vas te sit of die vel andersins te irriteer. Hulle kan ernstige
siektes soos skurfte en brandsiekte veroorsaak wat diere se gesondheid en groei
beïnvloed. Inwendige parasiete leef in die bloed of weefsel binne 'n dier se lyf.
Sommige organismes gaan 'n dier binne wanneer die dier besmette kos of water
sluk. Ander woel deur die vel, bereik die bloedstroom en vestig hulle op 'n
voorkeurplek om volwasse te word en voort te plant. Beide uitwendige en
inwendige parasiete kan 'n dier se immuunstelsel verswak en toestande skep wat
gunstig is vir bakteriese siektes. In ernstige gevalle kan hierdie siektes ook dodelik
wees.
Parasiete by diere kom in baie vorme voor, met inbegrip van helminte [bv.
rondewurms (nematodes), lintwurms (sestodes) en slakwurms (trematodes)].
Volgens Nighbert (1927) is daar meer as 1 000 parasietspesies oor die wêreld wat
plaasdiere beïnvloed. Inwendige parasiete meng dikwels in met spysvertering en
die opneem van kos, wat swak groei, tydelike of permanente beserings of die
dood veroorsaak. Parasiete is al sedert die mens begin het om diere mak te maak,
vir ekonomiese verliese verantwoordelik.
Rondewurms leef gewoonlik in die melkpens van herkouers, of die dunderm en
dikderm. Rondewurms het 'n negatiewe effek op die gasheer indien hulle in groot
getalle teenwoordig is, aangesien hulle leef van bloed en voedingstowwe wat die
diere nodig het vir groei en produksie. Die lewensiklus van die verskillende
spesies verskil aansienlik. Sommige rondewurmspesies het 'n tussengasheer
nodig wat deur die eintlike of eindgasheer ingesluk moet word. Sommige
tussengashere kry die parasiet terwyl hulle aan die eindgasheer suig. Die meeste
spesies het nie 'n tussengasheer nodig om hul lewensiklus te voltooi nie.
Die lewerslak is 'n plat, blaaragtige parasiet wat in die galbuise van die lewer van
die gasheer voorkom. Volwassenes is 1,25 cm breed en 2,5 cm lank, grysbruin
van kleur. Dit is hoofsaaklik 'n parasiet van beeste, skape en bokke, maar kom ook
in varke, konyne, perde en selfs mense voor. Eiers van die wurm word via die gal
na die derm gedra en saam met die ontlasting uitgeskei. Hulle is van humiditeit
afhanklik en onder gunstige toestande sal hulle in warm weer na 9 dae uitbroei,
maar langer neem in koue weer. Die lewerslak leef van die villi van die galbuise,
suig bloed en veroorsaak gevolglik bloedarmoede.
'n Lintwurm het nie 'n mond of dermkanaal nie. Dit leef in die dermkanaal van die
gasheer en neem deur sy hele lyf kos wat reeds deur sy gasheer verteer is, op vir
sy eie gebruik. Dit ontneem die gasheer van sy kos. Die uitskeidings van die wurm
beland in die gasheer se dermkanaal en kan nadelig wees. Lintwurms is nie
bloedsuiers nie en veroorsaak nie bloedarmoede nie, maar hulle verswak hul
gasheer, wat tot 'n swak kondisie lei. Lintwurms het 'n tussengasheer nodig vir
verdere ontwikkeling. Eiers broei nie uit voor die regte tussengasheer hulle verteer
nie. Die eier sal dan in die tussengasheer tot 'n sogenaamde blaaswurm ontwikkel.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 19
Finansiële implikasies en nadelige uitwerking van inwendige parasiete
Boere en veeboere wie se kuddes met parasiete besmet is, het hoër koste om
siek diere groot te maak en verdien minder vanweë laer produksie. Ekonomiese
verliese kom nie net voor wanneer diere vrek nie, maar ook wanneer hulle nie hul
gereelde werk kan doen nie of wanneer hulle minderwaardige vleis, melk, wol,
velle of eiers produseer. Die World Food Summit van 1996 het voedselsekerheid
gedefinieer as die toestand "wanneer alle mense te alle tye fisiese en ekonomiese
toegang het tot toereikende, veilige en voedsame kos wat aan hul voedsel-
behoeftes en voedselvoorkeure vir 'n aktiewe en gesonde lewe voldoen".
Inwendige parasiete vernietig die gasheer se weefsel tydens voeding, wat
uiteindelik tot swak voeromsetting lei. Dit is ekonomies belangrik, veral in 'n
intensiewe produksiestelsel met hoë voerkoste. Baie aspekte van diereproduksie
verbeter in reaksie op goeie parasietbeheer (bv. lewendemassatoename, wol- en
melkproduksie, kalf- of lampersentasie en speenmassa).
Parasitisme is 'n verwerende siekte; dit veroorsaak nie hoë vrektes nie, maar bloot
die volgende:
• vreet die veeboer se wins weg
• die prys van goeie ontwurmingsmiddels is hoog
• arbeidskoste sal toeneem wanneer lewende hawe behandel word
• veeverliese verminder die inkomste van die boer
• veeverliese beïnvloed ook die ekonomie van die land
• dierekarkasse wat met inwendige parasiete besmet is, word gedegradeer
• die verbruik van karkasse wat besmet is met parasiete wat skadelik is vir die
mens, soos vleis wat met masels besmet is, kan ernstige siektes en selfs die
dood veroorsaak
• om te verhoed dat besmette diereprodukte die menslike voedselketting
binnekom, word daaglikse inspeksies by abattoirs uitgevoer, wat 'n groot
finansiële koste vir die land is
• die koste van die behandeling vir inwendige parasiete is baie hoog
Produksieverlies sluit 'n afname in die hoeveelheid en gehalte van diereprodukte
soos vleis, melk en wol in en gevolglik word voedselsekerheid beïnvloed. Namate
die bevolking toeneem, neem die vraag na voedsel toe, dus is inwendige parasiete
'n bedreiging vir voedselsekerheid, veral in Afrika. Voedselonsekerheid en
wanvoeding hou baie gevolge vir gesondheid en ontwikkeling in, met moeders en
kinders wat die vatbaarste is vir die vernietigende uitwerking. Moeders wat aan
wanvoeding ly, loop 'n groter risiko om tydens kindergeboorte te sterf en om babas
met 'n lae geboortegewig te hê wat nie hul kleintyd oorleef nie. Ondervoede babas
wat hul kleintyd oorleef, toon dikwels dwerggroei wat hul lewe belemmer en verkort.
Gevolglik dra hulle die breë ekonomiese nadele van wanvoeding in hul eie lewe aan
die volgende generasie oor, wat sodoende die bose kringloop van lae menslike
ontwikkeling en behoeftigheid voortsit. 'n Huishouding het voedselsekerheid "indien
dit betroubaar toegang tot voedsel van 'n toereikende hoeveelheid en gehalte kan
verkry sodat alle lede van die huishouding 'n gesonde en aktiewe lewe kan geniet".
Wanvoeding is 'n direkte gevolg van voedselonsekerheid; selfs indien 'n persoon
genoeg kalorieë verbruik, waarborg dit nie toereikende inname van noodsaaklike
mikrovoedingstowwe – vitamiene, minerale en spoorelemente – nie.
Ontoereikende kalorieverbruik gaan dikwels hand aan hand met mikrovoedingstof-
wanvoeding en dit kan ernstige gevolge vir openbare gesondheid inhou.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE – NASIENRIGLYNE Bladsy 19 van 19
Voorkomende en beheermaatreëls
Biologiese maatreëls
• Miskruiers is nuttig om mis uit weivelde te verwyder, maar by groot kuddes is
dit onmoontlik om al die mis te verwyder.
• Voer natuurlike vyande in om die inwendige parasiete te beheer.
• Die gebruik van mikrofungi is steeds net eksperimenteel.
• Huisvesting moet skoon gehou word.
Weidingsbestuurmaatreëls
• Pas wisselweiding toe.
• Beheer van tussengashere.
• Goeie voeding.
• Gebruik van voerders om te verhoed dat voer met ontlasting besmet word.
• Voorsien skoon drinkwater.
• Voorkom te veel vee op weivelde of in huisvesting.
• Skei jong diere van volwassenes en laat die jonges eerste wei op nuwe
weivelde.
• Laat besmette weivelde rus.
• Laat ander spesies wat weerstandig is teen die spesifieke inwendige parasiet
op die weiveld wei (hulle dien as "stofsuiers").
• Vermy nat gebiede om slakwurmbesmettings te voorkom deur nulbeweiding te
gebruik waar skape en lammers nie toegang het tot enige plantegroei nie om
besmetting deur parasiete te voorkom.
Chemiese maatreëls
• Chemiese medisyne en middels soos wurmafdrywers moet gebruik word om
besmettings deur parasiete te beheer en te voorkom.
• Besmetting van diere deur lewerslak kan voorkom word deur die tussen-
gashere (skulpslakke en naakslakke) te vernietig deur slakdoders te gebruik.
• Chemikalieë vir lewerslak sluit Rafoxanide, Closantel en Oxyclosanide in.
• Ontwurmingsprodukte sluit 'n inspuiting, drenk, opgiet of bolus in.
• Smalspektrumontwurmingsmiddels is gemik op slakwurms en bloedsuiers.
• Middels kan toegedien word in die vorm van 'n drenk, tablet of inspuiting.
• Doseer diere met die toepaslike behandelings om besmetting te voorkom, veral
jong diere of dragtige koeie.
Bronne
1. Parasites, Diseases, and Control Measures "A proper knowledge of animal parasites…and
vigorous application of this knowledge will help to protect the nation's livestock industry and
save it millions of dollars annually." E. M. Nighbert, Associate Veterinarian, Zoological
Division, Bureau of Animal Industry, USDA, 1927
2. Food insecurity and malnutrition in Africa: Current trends, causes and consequences,
19 September 2012 by: In On Africa IOA
3. Contact Temitope Folaranmi through Consultancy Africa Intelligence's Public Health Unit
(public.health@consultancyafrica.com)
4. Sanchez, P. et al., 2005. Halving hunger: It can be done. UN Millennium Project, Task
Force on Hunger. Earthscan Publications, London.
Totaal: 300 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Memo

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Memo

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo
Related documents

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afr)

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo (Afrikaans)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB P1 2017 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB P2 2017 Question Paper (Afr)

Question paperIEB


