Skip to content
Question paper

Agricultural Sciences Grade 12 IEB P1 2017 Question Paper (Afr)

IEB Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Agricultural SciencesGrade 12201712 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Tyd: 2½ uur 150 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n Antwoordblad van 2 bladsye (i–ii). Maak asseblief seker dat jou eksamennommer ingevul is in die spasie wat op die Antwoordblad voorsien is en dat dit aan die einde van die eksamen saam met jou Antwoordboek ingelewer word. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 3. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 4. Vraag 1 moet op die Antwoordblad wat voorsien is, beantwoord word. Vraag 2, 3 en 4 moet in jou Antwoordboek beantwoord word. 5. Lees die vrae noukeurig. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 8. Gebruik die puntetotaal wat vir elkeen van Vraag 1, 2, 3 en 4 toegeken kan word as aanduiding van die detail wat benodig word. 9. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 10. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 2 van 12 AFDELING A VRAAG 1 Beantwoord die volgende vrae op die Antwoordblad wat voorsien is. 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien. Kies die antwoord en maak 'n kruis (X) in die blok (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) op die aangehegte Antwoordblad. GEEN punte sal toegeken word indien meer as een kruis (X) vir die antwoord verskyn nie. VOORBEELD 1.1.11 A B C D 1.1.1 Een van die volgende is die korrekte volgorde van die onderskeie strukture in die spysverteringskanaal van 'n hoender: A Proventrikel; Krop; Duodenum; Spiermaag B Krop; Proventrikel; Spiermaag; Duodenum C Krop; Duodenum; Spiermaag; Proventrikel D Proventrikel; Krop; Spiermaag; Duodenum 1.1.2 Die twee toestelle wat gebruik word om ooie in 'n teelprogram te sinchroniseer. (i) Estrogeenspons (ii) Progesteroonspons (iii) FSH-inplanting (iv) CIDRTM A (i) en (ii) B (i) en (iii) C (ii) en (iii) D (ii) en (iv) 1.1.3 'n Groot getal diere in 'n klein gebied is 'n goeie voorbeeld van 'n … A intensiewe produksiestelsel. B halfintensiewe produksiestelsel. C ekstensiewe produksiestelsel. D halfekstensiewe produksiestelsel. 1.1.4 Koprofagie of inname van mis word beoefen deur … A herkouers. B agterdermfermenteerders. C hoenders. D monogastriese diere. IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 3 van 12 1.1.5 'n Slagos gaan 'n voerwerf binne op 224 kg en nadat dit vir 110 dae gevoer is, verlaat die slagos die voerwerf op 532 kg. Die gemiddelde daaglikse toename van hierdie slagos is … A 1,7 kg per dag. B 2,0 kg per dag. C 2,8 kg per dag. D 3,0 kg per dag. 1.1.6 Die gemiddelde dratyd van 'n ooi is … A 147 dae. B 152 dae. C 156 dae. D 160 dae. 1.1.7 Kunsmatige inseminasie het die norm in die suiwelbedryf van Suid- Afrika geword grootliks om die volgende redes: (i) Beskikbaarheid van internasionale genetika (ii) Kruistelingsdoeleindes (iii) Snelle genetiese vooruitgang (iv) Voorkoming van inteling A (ii) en (iii) B (i), (ii) en (iii) C (i), (ii) en (iv) D Al bogenoemde. 1.1.8 Inenting van beeste is 'n metode wat algemeen gebruik word om … A siektes te behandel. B siektes te voorkom. C bosluise te beheer. D inwendige parasiete te beheer. 1.1.9 Die kou van die herkoutjie deur diere met komplekse mae staan ook bekend as … A vomering. B peristalse. C herkouing. D Nie een van bogenoemde nie. 1.1.10 Eragrostis-hooi in dierevoer is 'n bron van … A ruvoer. B koolhidrate. C energie. D proteïen. (20) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 4 van 12 1.2 In die tabel hieronder word 'n beskrywing en TWEE moontlike antwoorde gegee. Dui aan of die beskrywing in KOLOM Y verband hou met slegs A, slegs B, beide A en B, of nie een van die antwoorde in KOLOM X nie en maak 'n kruis (X) in die toepaslike blokkie langs die vraagnommer (1.2.1– 1.2.5) op die aangehegte Antwoordblad. VOORBEELD KOLOM X KOLOM Y 1.2.6 A Mieliemeel 'n Voorbeeld van 'n konsentraat B Beenmeel wat ryk is aan proteïen. ANTWOORD 1.2.6 Slegs A Slegs B A en B Nie een nie KOLOM X KOLOM Y 1.2.1 A Ligdigte huis 'n Tipe pluimveehuis waarvan die B Huis met oop kante omgewing beheer word. 1.2.2 A Tregtergang Die gedeelte van die voortplantings- B Serviks kanaal wat die ovum vang. 1.2.3 A Metaboliese energie Die gedeelte van bruto energie wat vir B Netto energie werk, groei en vetmaak gebruik word. 1.2.4 A Meganies Die tipe spysvertering wat uitgevoer B Chemies word deur bakterieë in die rumen. 1.2.5 A Rooiwater 'n Siekte wat veroorsaak word deur B Galsiekte hoë wurmbesmetting in skape. (10) 1.3 Gee EEN woord/term/frase vir elkeen van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) op die aangehegte Antwoordblad. 1.3.1 Die struktuur wat na ovulasie op die eierstok by die posisie van die gebarste follikel ontwikkel. 1.3.2 Die tipe organisme wat bek-en-klouseer by beeste veroorsaak. 1.3.3 Die gedeelte van die voortplantingskanaal van die hen waar die dop rondom die eier gevorm word. 1.3.4 Ruvoer met 'n hoë voginhoud wat meestal as 'n voerbron vir suiwelbeeste gebruik word. 1.3.5 Die gesamentlike naam vir vingeragtige uitsteeksels in die rumen van plaasdiere. (10) IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 5 van 12 1.4 Verander die woord(e) in vetdruk in elkeen van die volgende stellings om die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) op die aangehegte Antwoordblad. 1.4.1 Metestrus is die langste tydperk van die estrussiklus wat die ontwikkeling van die geelliggaam moontlik maak. 1.4.2 'n Instandhoudingsrantsoen word vir werk, groei en vetmaak gebruik. 1.4.3 Meng behels die bestuurspraktyk en -strategie wat die bekendstelling en verspreiding van siektes deur kontak beheer. 1.4.4 Toksiene is chemikalieë wat in die dierelyf geproduseer word om beskerming teen siektes te voorsien. 1.4.5 Kalsium is 'n noodsaaklike mineraalvoedingstof vir die sintese van vitamien B12 deur rumenmikroörganismes. (5) 45 punte IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 6 van 12 AFDELING B VRAAG 2 DIEREVOEDING Hierdie vraag moet in jou Antwoordboek beantwoord word. 2.1 Die tabel hieronder verteenwoordig die voedingsinligting van Voermol se Dundee-lek. MENGINSTRUKSIES (kg) Instandhoudingslek Produksie 1 2 3 4 5 Voermol Dundee-lekkonsentraat 400 250 300 200 250 Voermol HPC 36 – – 50 100 – Voermol Rumevite 12P – – 50 50 50 Mieliemeel – 100 100 400 550 Sout 250 150 250 150 150 Totaal 650 500 750 900 1 000 SAMESTELLING (g/kg) Ruproteïen (min) 505 427 363 260 251 Ureum (maks) 167 136 109 60 68 Kalsium (maks) 3 3 19 15 14 Fosfor (min) 1,2 1,5 9,6 9 7,8 Energie (MJ ME/kg) – – – 7,8 7,9 % proteïen afgelei van NPN 95,3 91,5 86 66,9 77,7 AANBEVOLE INNAME (g/dier/dag) Beeste 300–470 355–470 450–600 1 550–1 750 1 520–1 750 Verwys na bogenoemde en beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Die DRIE instandhoudingslekke in die tabel hierbo moet saam met groot hoeveelhede ruvoer gevoer word. Verskaf redes om hierdie stelling te ondersteun. (8) 2.1.2 Noem die instandhoudingslek wat jy vir lakterende melkkoeie sal aanbeveel. Gee 'n rede om jou antwoord te ondersteun. (3) 2.1.3 Beveel uit die DRIE instandhoudingslekke die een aan wat jy vir diere op weiding van swakker gehalte sal voer. Gee 'n rede om jou antwoord te ondersteun. (4) IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 7 van 12 2.2 'n Navorser by 'n dierenavorsingstasie het die volgende waarnemings gedoen: Waarneming 1: 'n Melkkoei het 25 kg van 'n voer met 'n voginhoud van 12% ingeneem. Hierdie koei het toe 10 kg mis met 'n voginhoud van 25% uitgeskei. Waarneming 2: Die melkkoei het 'n konsentraat met 'n verteerbare proteïen (VP) -inhoud van 18% (voervereiste vir hierdie melkkoei) benodig. Twee voere is beskikbaar: Voer A (met 'n VP-waarde van 24%) en Voer B (met 'n VP-waarde van 6%). 2.2.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer in Waarneming 1 hierbo. Toon AL jou berekeninge. (5) 2.2.2 Gebruik die Pearson-vierkant om die verhouding te bereken waarin Voer A en Voer B gemeng moet word om by die verlangde VP- waarde uit te kom soos aangedui in Waarneming 2 hierbo. (5) 2.3 Die tabel hieronder gee die voedingsinligting van geselekteerde voere. Voer Ruproteïen (%) TVV (%) Lusernhooi 25 62 Mieliemeel 9,5 80 Kuilvoer 7,5 75 2.3.1 Bereken die voedingsverhouding (VV) vir lusernhooi. Toon AL jou berekeninge. (3) 2.3.2 Klassifiseer die skaal van die VV-waarde van lusernhooi wat in die vorige vraag bereken is. (1) 2.3.3 Regverdig die geskiktheid van lusernhooi vir die vetmaak van volwasse diere deur na die data hierbo te verwys. (2) 2.4 Noem TWEE funksies van elkeen van die volgende vitamiene: 2.4.1 Vitamien A (2) 2.4.2 Vitamien D (2) [35] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 8 van 12 VRAAG 3 DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Bek-en-klouseer is een van die vernaamste siektes wat die Suid-Afrikaanse diereproduk-uitvoermark beïnvloed. Die uitbreek van hierdie siekte kos die landbousektor miljoene rande. As sodanig word die siekte baie goed gemonitor en beheer deur beide boere en die regering. 3.1.1 Beskryf TWEE beheermaatreëls om die verspreiding van hierdie siekte te voorkom. (2) 3.1.2 Dui DRIE hooftipes lewende hawe aan wat deur bek-en-klouseer beïnvloed word. (3) 3.1.3 Beskryf DRIE simptome van bek-en-klouseer. (3) IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 9 van 12 3.2 Verwys na die foto's hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Foto deur eksaminator, 2009] [Foto deur eksaminator, 2009] 3.2.1 Identifiseer die produksiestelsel wat in die foto's hierbo gesien word. (1) 3.2.2 Identifiseer DRIE biosekuriteitsmaatreëls wat deur hierdie boer gebruik word. (3) 3.2.3 Klassifiseer die arbeidsintensiteit van die operasie wat in die foto's geïllustreer word. Regverdig jou antwoord deur na die foto's hierbo te verwys. (3) 3.2.4 Die foto's wat hierbo getoon word, is later in die produksiesiklus van hierdie hoenders geneem. (a) Beskou die huis in die foto's hierbo en stel 'n potensiële probleem voor wat die boer vroeg in die produksiesiklus kon ondervind het. (1) (b) Verskaf 'n oplossing wat die boer gebruik het om hierdie probleem te oorkom. (1) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 10 van 12 3.3 Navorsing oor 'n paar van Suid-Afrika se inheemse skaaprasse het getoon dat die skape maer vleis het, met vet wat in sekere dele van die lyf gekonsentreer is. Dit het die rasse aangepas by die strawwe Suid-Afrikaanse toestande met die gelokaliseerde vet wat die skape help om hul liggaamstemperatuur in warm klimaatstoestande te reguleer. In moderner rasse het seleksie egter plaasgevind vir 'n ewerediger vetverspreiding. Dit het tot 'n verbetering in die karkasgehalte van sommige van die moderne rasse gelei. Die tabel hieronder verteenwoordig die verandering in rompvetkonsentrasie in die agterkwart van vleisskape in Suid-Afrika oor die laaste 50 jaar. Jaar Rompvetkonsentrasie (Agterkwart) (g/100 g) 1960 30 1970 25 1980 20 1990 15 2000 10 2010 5 3.3.1 (a) Noem TWEE skaaprasse wat inheems in Suid-Afrika is. (2) (b) Noem TWEE moderne skaaprasse wat inheemse skaap- genetika bevat. (2) 3.3.2 Verduidelik TWEE redes waarom dieretelers probeer om vleis te produseer met 'n ewerediger vetverspreiding. (2) 3.3.3 Teken 'n lyngrafiek van die totale vetinhoud wat oor die tydperk van 50 jaar gemeet is deur die tabel hierbo te gebruik. (6) 3.3.4 Beskryf die tendens in vetverspreiding oor die tydperk van 50 jaar wat uit die grafiek duidelik is. (2) 3.4 Beskryf VIER kenmerke wat 'n goed ontwerpte veehanteringsfasiliteit moet vertoon. (4) [35] IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 11 van 12 VRAAG 4 DIEREREPRODUKSIE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Die diagramme hieronder dui morfologiese abnormaliteite van spermselle aan wat 'n belangrike rol in normale dierereproduksie speel. 4.1.1 Identifiseer die deel gemerk 2 in struktuur A. (1) 4.1.2 Kies die normale struktuur van 'n spermsel uit A tot H. (1) 4.1.3 Gee die nommer van die gedeelte van die sperm wat verantwoordelik sal wees vir die volgende: (a) Beweging (1) (b) Draer van genetiese inligting (1) 4.1.4 Noem die orgaan waar die strukture wat in die diagram hierbo geïllustreer word, gevorm word. (1) 4.2 Beskryf VYF tekens van estrus in beeste. (5) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 12 van 12 4.3 Kopieer die volgende tabel in jou Antwoordboek en vul die oop spasies in. Testosteroon is as voorbeeld vir jou gedoen. Waar dit Waarheen Hormoon geproduseer Funksie terugvoer is word − Ontwikkeling van testes en penis Testosteroon Testes − Spermproduksie Pituïtêre klier − Sekondêre seksuele kenmerke Follikel- stimulerende hormoon Progesteroon (8) 4.4 Bespreek die effek wat die volgende op 'n bul se vrugbaarheid sal hê: 4.4.1 Hittespanning (2) 4.4.2 Die gebruik van 'n Burdizzo-tang (2) 4.4.3 Swak voeding (2) 4.4.4 'n Bul-koei-verhouding van 1 : 60 (2) 4.5 Benoem die dele van die bees se voortplantingskanaal in die diagram hieronder. Lys die letters in jou Antwoordboek en gee die naam langs elkeen. (9) [35] 105 punte Totaal: 150 punte IEB Copyright © 2017

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all