Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II
Tyd: 2½ uur 150 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n Antwoordblad van 2 bladsye (i–ii). Maak
asseblief seker dat jou vraestel volledig is. Maak asseblief seker dat jou
eksamennommer ingevul is in die spasie wat op die Antwoordblad voorsien is en
dat dit aan die einde van die eksamensessie saam met jou Antwoordboek
ingelewer word.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
3. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
4. Vraag 1 moet op die Antwoordblad wat voorsien is, beantwoord word. Vraag 2, 3
en 4 moet in jou Antwoordboek beantwoord word.
5. Lees die vrae noukeurig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Nommer jou antwoorde presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.
8. Gebruik die puntetotaal wat vir elkeen van Vraag 2, 3 en 4 toegeken kan word as
aanduiding van die detail wat benodig word.
9. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
10. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Agricultural Sciences Grade 12 IEB P2 2017 Question Paper (Afr)
IEB Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Agricultural Sciences · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 12
- File size
- 701.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 2 van 12
AFDELING A
VRAAG 1
Beantwoord die volgende vrae op die Antwoordblad wat voorsien is.
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
voorsien. Kies die antwoord en maak 'n kruis (X) in die blok (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) op die aangehegte Antwoordblad. GEEN
punte sal toegeken word indien meer as een kruis (X) vir die antwoord
verskyn nie.
VOORBEELD 1.1.11 A B C D
1.1.1 Die gebruik van kulturele waardes sal die effektiefste manier vir 'n
mielieprodusent wees om die mark vir die produk te vergroot. Dit
kan gedoen word deur …
A 'n varkprodusent aan te moedig om meer mieliemeel vir
voermengsels te gebruik.
B landelike en stedelike gemeenskappe aan te moedig om meer
pap te eet wat van mieliemeel gemaak word.
C vegetariërs aan te moedig om meer produkte te eet wat van
mielies gemaak is.
D 'n suiwelboer aan te moedig om meer mieliemeel in die
melkkoeirantsoene te benut.
1.1.2 Een van die volgende is die eerste stap in die ontwikkeling van die
strategiese bestuursplan.
A Stel van mikpunte en doelwitte
B Ontwikkeling van die visie
C Evaluering
D Ontwikkeling van die missie
1.1.3 Wanneer 'n rooi blom met 'n wit blom gekruis word en pienk blomme
word geproduseer, is die genetiese wisselwerking wat gesien word …
A kodominansie.
B volledige dominansie.
C onvolledige dominansie.
D Nie een van bogenoemde nie.
1.1.4 'n Plaaseienaar wat beeste waarneem en tel en die data opteken,
weerspieël die volgende bestuursbeginsel:
A Motivering
B Koördinering
C Leierskap
D Beheer
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 3 van 12
1.1.5 'n Boer wil 'n oes keker-ertjies in 'n kamp kweek wat kleigrond en 'n
probleem met hawer as 'n onkruid het.
Tempo (l/ha)
Gewas Onkruid Ligte Medium Swaar
grond grond grond
Amaranthus
Keker- Kikoejoe
1,5 1,7 2,0
ertjies Katstert
Hawer
Watter tempo onkruiddoder moet die boer gebruik?
A 1,5
B 1,7
C 2,0
D 1,2
1.1.6 'n Black Angus-boer het vir die eerste keer in die geskiedenis van
die stoet 'n rooi kalf wat gebore is. Dui die stelling aan wat die
relevantste is vir die scenario.
A Die plaas kan verwag dat meer rooi kalwers in die toekoms
gebore sal word.
B Die bure se bul het oor die heining gespring.
C Hierdie rooi kalf is waarskynlik onvrugbaar.
D Dit is 'n genetiese mutasie en behoort nie weer te gebeur nie.
1.1.7 Dit is een manier waarop 'n boer die risikofaktore kan verminder wat
inkomste sal beïnvloed.
A Verpand kapitaalitems
B Herstel kapitaalitems
C Verseker kapitaalitems
D Verkoop kapitaalitems
1.1.8 … veroorsaak dat 'n individu sterf of ernstig misvorm is by geboorte.
A Poligene
B Letale gene
C Resessiewe gene
D Dominante gene
1.1.9 EEN van die volgende is NIE 'n vorm van kapitaal nie:
A Produkkapitaal
B Bedryfskapitaal
C Vaste kapitaal
D Roerende kapitaal
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 4 van 12
1.1.10 Wanneer twee dubbelheterosigotiese individue gekruis word, is die
volgende die verwagte fenotipiese verhouding van die nakroos:
A 1:2:1
B 9:3:3:1
C 1 : 2 : 1 : 2 : 4 : 2 : 1: 2 : 1
D 3:1
(20)
1.2 Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat pas by 'n beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) op die
Antwoordblad wat voorsien is, bv. 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 'n Kruising tussen twee homosigotiese A. Grond
individue waarin 'n bepaalde kenmerk
heterosigotiese nakroos soortgelyk aan B. Kodominansie
een van die ouers produseer.
C. Elastisiteit van
1.2.2 Die plek waar verbruikers en aanbod
produsente ontmoet.
D. Masjinerie
1.2.3 Mediumtermyn-kapitaalitem.
E. Ooraanbod
1.2.4 'n Verskynsel wat toon hoe die
hoeveelheid geproduseerde goedere F. Mark
reageer op 'n verandering in prys by 'n
mark. G. Markewewig
1.2.5 'n Vlak in bemarking waar die H. Volledige dominansie
hoeveelheid gevra en die hoeveelheid
geproduseer gelyk is. I. Surplus
J. Boerevereniging (10)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 5 van 12
1.3 Gee EEN woord/term/frase vir elkeen van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) op die
aangehegte Antwoordblad.
1.3.1 'n Steriele hibried wat geproduseer is deur twee individue van
verskillende spesies te kruis.
1.3.2 'n Bron van plaaskapitaal wat geskep word deur geld by 'n
finansiële instelling te leen.
1.3.3 Die proses om openbare aandag op 'n spesifieke landbouproduk of
-onderneming te vestig deur verskillende vorme van kommunikasie.
1.3.4 Die bestuursfunksie wat plaaswerkers aanmoedig om te alle tye hul
bes te doen.
1.3.5 Die modifisering van die DNS wat tot 'n verandering in die volgorde
van die gene lei.
(10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elkeen van die volgende
stellings om die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e)
langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) op die aangehegte Antwoordblad.
1.4.1 Die sakekontrak is 'n ooreenkoms om 'n sekere hoeveelheid van 'n
produk teen 'n gegewe prys op 'n voorafbepaalde datum in die
toekoms te koop/verkoop.
1.4.2 Erfdwang is die voorkoms van 'n kenmerk in 'n populasie wat deur
'n homosigotiese resessiewe geen bepaal word.
1.4.3 In die stadiums van die bemarkingsketting kan ongelukke, diefstal
en bederwing as verwerking beskou word.
1.4.4 Homosigoties is die verbeterde prestasie van nakroos wat geskep
word wanneer twee individue van verskillende rasse geteel word.
1.4.5 Roerende kapitaal verwys na kapitaalgoedere wat slegs vir een
produksieseisoen gebruik word, byvoorbeeld brandstof, kunsmis en
voere.
(5)
45 punte
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 6 van 12
AFDELING B
VRAAG 2 LANDBOUBESTUUR EN -BEMARKING
Antwoord hierdie vraag in jou Antwoordboek.
2.1 Die tabelle hieronder verteenwoordig die finansiële state van twee boere
wat by eierproduksie betrokke is.
Boer A:
Uitgawe-items/uitgawes (Rand) Inkomste (Rand)
Kosprys van lêhenne 13 500 Eiers 25 200
Voer 11 500 Verkoop van lêhenne 6 700
Elektrisiteit, water en lone 7 000 Verkoop van mis 5 400
Gas vir verhitting 400
Eierrakkies 2 100
Veeartsenykundige sorg 1 200
Instandhouding 800
(A) (B)
Boer B:
Uitgawe-items/uitgawes (Rand) Inkomste (Rand)
Kosprys van lêhenne 14 500 Eiers 28 200
Voer 10 500 Verkoop van lêhenne 7 800
Elektrisiteit, water en lone 6 000
Gas vir verhitting 400
Eierrakkies 2 500
Veeartsenykundige sorg 1 200
Instandhouding 800
(C) (D)
2.1.1 Bereken die waardes van A, B, C en D. (4)
2.1.2 Identifiseer die winsgewendste boer en toon al jou berekeninge. (3)
2.1.3 Doen DRIE aanbevelings oor hoe Boer A sy/haar koste kan
verminder. (3)
2.1.4 Beskryf TWEE komponente van 'n kontantvloeibegroting soos dit
aangebied word in die data van Boer A en B hierbo. (2)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 7 van 12
2.2 Die tabel hieronder toon data van die gemiddelde getal lêhenne wat eiers lê
(%) in 'n boerderydistrik en data van werklike gemiddeldes van 'n aantal
lêhenne (%) wat eiers lê op 'n spesifieke plaas.
Lêhenouderdom
21 22 23 25 26 28 31 32 40 48 60 65 70
(weke)
Gemiddelde %
van lêhenne 5 10 18 52 65 84 94 88 83 77 73 70 70
wat eiers lê (%)
Werklike plaas-
gemiddelde %
0 5 10 40 55 75 80 82 78 72 68 65 60
van lêhenne
wat eiers lê (%)
2.2.1 Gebruik 'n lyngrafiek en stip die data in die tabel hierbo. Plaas die
ouderdom van die voëls op die X-as. (6)
2.2.2 Dui aan of die boer in hierdie voorbeeld beter of swakker presteer
as die distriksgemiddelde. Gee 'n rede uit die data hierbo om jou
antwoord te ondersteun. (2)
2.2.3 Veronderstel die boer in hierdie voorbeeld het 10 000 henne wat lê.
Bereken die getal eiers wat gedurende week 32 van produksie
geproduseer sal word. (3)
2.2.4 Veronderstel die boer het 10 000 henne. Bereken hoeveel meer
geld die boer elke dag van Week 31 kon gemaak het indien die
plaas teen dieselfde tempo as die distriksgemiddelde geproduseer
het. Werk op 'n gemiddelde eierprys van R7,50 per dosyn. (7)
2.3 Noem VYF hoofitems wat in 'n goeie sakeplan ingesluit moet word. (5)
[35]
VRAAG 3 PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Landboubestuur kan gedefinieer word as 'n omvattende aktiwiteit wat die
kombinasie en koördinering van menslike, fisiese en finansiële hulpbronne
behels. Hierdie faktore word gekombineer op 'n manier wat 'n kommoditeit of
'n diens produseer wat beide gevra word en aangebied kan word teen 'n prys
wat betaal sal word. Hierdie proses sluit ook in dat die werksomgewing
aangenaam en aanvaarbaar gemaak word vir diegene wat betrokke is.
3.1.1 Identifiseer VIER hooffaktore wat by die bestuur van 'n plaas
gekombineer moet word. (4)
3.1.2 Noem VIER eksterne invloede wat die plaas as 'n onderneming kan
beïnvloed. (4)
3.1.3 Beskryf kortliks VYF ekonomiese kenmerke van grond. (5)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 8 van 12
3.2 Die advertensie hieronder het in 'n koerant verskyn onder die opskrif:
Vakatures/Betrekkings aangebied.
Plaasbestuurder en plaaswerker benodig vir 'n progressiewe vleisbeesteelplaas
en voerwerf (twee poste vakant). Doen aansoek deur jou CV na die eienaar te
stuur by JoeBloggs@bloggsbeef.co.za. Mededingende salarisse en ander
voordele word aangebied.
Die eienaar het die volgende kort opsommings van die CV's van applikante
opgestel:
Kandidaat A Kandidaat B
Rekenaargeletterd, ondervinding in 10 jaar ondervinding van werk met
uitvoerbemarking, finansiële skape, beeste, perde, pluimvee en
ondervinding en was 'n mielies op verskillende plase.
plaasbestuurder. Hardwerkend, Trekkeroperateur en het 'n basiese
selfgemotiveerd met goeie kursus in instandhouding van
organisasievaardighede. plaastoerusting voltooi.
Landbougraad in finansiële en
ondernemingsbeplanning.
3.2.1 'n Paneel is aangestel om onderhoude te voer met die kandidate vir
elke pos. Die volgende rooster word voorsien om al die kandidate
wat vir die onderhoud gekies is, te evalueer. Evalueer ELKEEN van
die kandidate wat hierbo genoem word deur die volgende rooster te
gebruik.
Neem die volgende beoordeling aan: 3 = goed; 2 = redelik; 1 = swak
Bestuurs- Tegniese
Kandidate Kwalifikasievlak
vaardighede vaardighede
Kandidaat A
Kandidaat B (6)
3.2.2 Identifiseer 'n kandidaat op grond van die evaluering in Vraag 3.2.1
wat die geskikste sal wees vir elkeen van die volgende poste op die
plaas en motiveer jou keuse in elke geval.
(a) Plaasbestuurder (2)
(b) Plaaswerker (2)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 9 van 12
3.3 Verwys na die inkomstestaat hieronder om die vrae wat volg te beantwoord.
Plaas-
Rand Plaasuitgawes Rand
inkomste
Vleisverkope 85 000 Elektrisiteit en water 10 200
Droë bone 15 000 Bankkoste 1 440
Mielieverkope 34 050 Bemarkingskoste 19 283
Voer 26 420
Saad en saailinge 1 980
Telefoon 2 520
Huur betaal 4 000
Kontrakteurskoste 1 500
Lewende hawe gekoop 7 500
Kunsmis en kalk 12 370
Onkruiddoders en plaagdoders 15 000
Gehuurde vervoer 2 000
Arbeidskoste (lone) 55 400
Brandstof, olie en ghries 29 376
Versekering en lisensies 10 560
Herstelwerk en vaste verbeterings 1 900
Ander gewaskoste 297
Totale
134 050 Totale uitgawes 201 746
inkomste
3.3.1 Bokoste is algemene uitgawes en hou nie verband met een
onderneming in die besonder nie. Vaste koste wissel nie met die
vlak van produksie nie, maar veranderlike koste word deur die vlak
van produksie beïnvloed.
Kies EEN voorbeeld van elkeen van die volgende koste-items uit
die tabel hierbo en verduidelik jou keuse:
(a) Bokoste (2)
(b) Veranderlike koste (2)
(c) Vaste koste (2)
3.3.2 Die inkomstestaat toon dat arbeid die grootste uitgawe van hierdie
boerderyonderneming is. Stel TWEE maniere voor om hierdie
uitgawe te verminder. (2)
3.4 Noem VIER maniere waarop die plaasbestuurder die lewens-
omstandighede van die werkers kan verbeter. (4)
[35]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 10 van 12
VRAAG 4 BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die plantteler het navorsingswerk gedoen met twee Bt-mieliekultivars om die
lisieninhoud van die saad in die F1-generasie te bepaal. Die geen (A) vir hoë
lisien is dominant oor die resessiewe geen (a) vir lae lisieninhoud. Die Bt-
mieliekultivar met heterosigotiese hoë lisieninhoud (Aa) is kruisbestuif met die
Bt-mieliekultivar wat 'n lae lisieninhoud (aa) gehad het en die F1-generasie het
50% mieliesaad met lae lisieninhoud.
4.1.1 Gebruik die Punnett-vierkant om die kruising van die twee kultivars
te toon. (4)
4.1.2 Definieer die volgende genetiese terme:
(a) Genotipe (2)
(b) Fenotipe (3)
(c) Resessiewe geen (2)
4.1.3 Noem afgesien van die lisieninhoud wat hierbo genoem is VIER
ander kenmerke van geneties gemodifiseerde mielies wat die plant
geharder sal maak en beter in staat om in strawwe produksie-
omgewings te oorleef. (4)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 11 van 12
4.2 Die bloulelie (Agapanthus africanus) is 'n jaar- en sierplant wat twee
spesies het wat óf blou (B) óf wit (b) blomme dra. Die volgende skematiese
voorstelling toon die kruising van P1 tot F2:
blou blom wit blom
Gamete
F1-generasie
Fenotipiese verhouding: 100% is blou blomme
Genotipiese verhouding: (iii)
Selfbestuiwing
blou blom blou blom
Gamete
F2-generasie
Fenotipiese verhouding: …% is blou blomme en …% is wit blomme
Genotipiese verhouding: …% is BB; …% is Bb; …% is bb
4.2.1 Identifiseer die genotipes wat deur etikette (i) tot (ix) verteenwoordig
word. (9)
4.2.2 Identifiseer die genotipiese verhouding as 'n persentasie van elke
genotipe in die F1-generasie hierbo. (2)
4.2.3 Bepaal die genotipiese verhouding as 'n persentasie van elke
genotipe in die F2-generasie hierbo. (3)
4.2.4 Dui die persentasie wit blomme in die F2-generasie aan. (1)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 12 van 12
4.3 Inheemse beesras van Suid-Afrika
Die Nguni Innovation Project wat in 2004 in die verskillende provinsies begin is,
sal Nguni-beeste weer aan ontluikende veeboere bekend stel. Hierdie diere kan
in ons land oorleef omdat hulle bestand is teen 'n aantal siektes, parasiete en
toestande van uiterste hitte.
4.3.1 Lei 'n rede uit die gedeelte hierbo af wat voorstel dat Nguni-beeste
inheems is. (1)
4.3.2 Noem VIER eienskappe van Nguni-beeste wat dit vir hulle moontlik
maak om in die klimaatstoestande van Suid-Afrika te oorleef. (4)
[35]
105 punte
Totaal: 150 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB P1 2017 Question Paper (Afr)
Related documents

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo (Afrikaans)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB


