Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
LANDBOUWETENSKAPPE
Tyd: 3 uur 300 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 'n Antwoordblad van 2 bladsye (i–ii).
Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. Maak die Antwoordblad in die
middel van die vraestel los en maak seker dat dit saam met jou Antwoordboek
ingelewer word.
2. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings, naamlik AFDELING A, B en C, wat
saam ses vrae het.
3. Vraag 1 moet beantwoord word op die Antwoordblad wat voorsien is. Vraag 2–6
moet in jou Antwoordboek beantwoord word.
4. Lees die vrae noukeurig deur.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
7. Gebruik die punte wat vir elke vraag toegeken word as aanduiding van die detail
wat benodig word.
8. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
9. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afr)
IEB Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Agricultural Sciences · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 20
- File size
- 1.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 2 van 20
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
voorsien. Kies die antwoord en maak 'n kruis (X) in die blok (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD. GEEN
punte sal toegeken word indien meer as een kruis (X) vir die antwoord
verskyn nie.
VOORBEELD 1.1.11 A B C D
1.1.1 In die Suid-Afrikaanse binomiale grondklassifikasiestelsel word
grond volgens twee hoofkategorieë gegroepeer, naamlik …
A genus en spesie.
B vorm en reeks.
C klas en reeks.
D horison en diepte.
1.1.2 Watter EEN van die volgende wette handel oor kwessies wat
bewaringspraktyke en die beheer van uitheemse plante bevorder?
A Wet op Landbouprodukstandaarde, No. 119 van 1990
B Omheiningswet van 1993
C Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne, No. 43 van 1983
D Wet op die Onderverdeling van Landbougrond, No. 70 van 1970
1.1.3 Grond en water kan bewaar word deur ...
A damme en walle in dongas te bou.
B die verwydering van alle plantegroei uit die grond.
C kontoerwalle te bou.
D A en C
1.1.4 Soönotiese siektes is siektes wat …
A volgens wet by die regeringsowerhede aangemeld moet
word indien dit voorkom.
B van diere na mense en van mense na diere oorgedra kan
word.
C niebesmetlik is.
D deur voedingstekorte veroorsaak word.
1.1.5 Die langste fase in die estrussiklus waar die geelliggaam sy
maksimum grootte bereik en groot hoeveelhede progesteroon
produseer.
A Anestrus
B Estrus
C Diëstrus
D Metestrus
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 3 van 20
1.1.6 'n Paar van die volgende is sigbare tekens van natriumhoudende
grond.
(i) Aggregate van klei en ander gronddeeltjies breek op en
versprei.
(ii) Organiese stowwe los in 'n grondoplossing op en slaan in die
boonste grondhorison neer om 'n swart kors te vorm.
(iii) Sterk ontwikkeling van 'n prismatiese struktuur.
(iv) Grondoppervlak neig om poeierig wit te wees.
Kies die korrekte kombinasie.
A (i), (ii) en (iii)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (iii) en (iv)
1.1.7 Die kern wat die groeirigting van die ontwikkelende stuifmeelbuis
beheer, is die ...
A vegetatiewe kern.
B manlike gameet.
C generatiewe kern.
D vroulike gameet.
1.1.8 'n Heterosigotiese Brahmaanbul (Bb) is met 'n heterosigotiese koei
(Bb) gepaar. Die verwagte genotipiese verhouding in hul F1-
generasie sal … wees.
A 1:3:1
B 3:1
C 1:2:1
D 2:2
1.1.9 … is die gebruik van tegnologie, soos rekenaars, globale satelliete
en toestelle wat oor 'n afstand waarneem, om te monitor of
gewasse teen maksimum doeltreffendheid groei.
A Kweekhuisboerdery
B Presisieboerdery
C Organiese boerdery
D Lugboerdery
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 4 van 20
1.1.10 Watter van die volgende reguitlyngrafieke toon die verskillende
hoeveelhede van 'n produk wat deur verkopers teen verskillende
pryse aangebied word?
A Beide X en Y
B Y
C X
D Nie een nie (20)
1.2 Bepaal of die stellings hieronder WAAR of ONWAAR is. Merk op die
ANTWOORDBLAD wat voorsien is W vir WAAR of O vir ONWAAR.
1.2.1 Eko-etikettering is 'n markgebaseerde hulpmiddel om volhoubare
gebruik van natuurlike hulpbronne te bevorder.
1.2.2 Gedurende die droë tydperk produseer die koei die hoogste
hoeveelhede melk.
1.2.3 Meervoudige allele verwys na twee of meer gene wat 'n invloed op
die fenotipe van 'n organisme het.
1.2.4 Die rooibosluis is 'n voorbeeld van 'n tweegasheerbosluis.
1.2.5 Beheerde bemarking is 'n bemarkingstelsel waar twee of meer
boere saamwerk om 'n gemeenskaplike doel te bereik.
1.2.6 Die meeldraad van die blom bestaan uit die stigma, styl en
vrugbeginsel. (12)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 5 van 20
1.3 In die tabel hieronder word 'n beskrywing en TWEE moontlike antwoorde
gegee. Dui aan of die beskrywing in KOLOM B verband hou met slegs A,
slegs B, beide A en B, of nie een van die antwoorde in KOLOM A nie en
maak 'n kruis (X) in die toepaslike blokkie langs die vraagnommer (1.3.1–
1.3.6) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
VOORBEELD KOLOM A KOLOM B
1.3.7 A Hartwater 'n Bosluisgedraagde siekte wat
deur 'n bloubosluis oorgedra
B Rooiwater word.
ANTWOORD Slegs A Slegs B A en B Nie een nie
1.3.7 A B C D
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 A Atavisme Lukraak verandering in die struktuur van
B Epistase DNS wat 'n variante vorm tot gevolg het
wat aan daaropvolgende generasies
oorgedra kan word.
1.3.2 A Kernoordrag 'n Proses waar een organisme met
B Embrio-oordrag uitstaande erflikheidseienskappe
gekloon word om 'n nageslag voort te
bring wat geneties identies aan die
oorspronklike organisme is.
1.3.3 A Risiko-aanvaarding
Suksesfaktore vir entrepreneurs.
B Innovasie
1.3.4 A Viraal Voorbeelde van siektes wat deur die
B Bakteries mikroörganismes veroorsaak word, is
Antraks en Mastitis.
1.3.5 A Genome Twee gene wat dieselfde posisie op
B Allele homoloë chromosome inneem en wat
dieselfde eienskap dek.
1.3.6 A Dihibried Tipe oorerwing wat die Mendeliaanse
B Monohibried wet van onafhanklike sortering
verteenwoordig. (12)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 6 van 20
1.4 Gee die korrekte term vir elkeen van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die term langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.6) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD.
1.4.1 Die voorspelling van verwagte inkomste en uitgawes vir 'n bepaalde
jaar.
1.4.2 Hou diere vir 'n vasgestelde tydperk in isolasie om beamptes van
die Departement van Veeartsenykundige Dienste in staat te stel om
vir siektes te toets en dit op te spoor.
1.4.3 Die wysiging van die DNS wat tot 'n verandering in die volgorde van
die gene lei.
1.4.4 'n Enkele, nou spiraalbuis wat sperm van die testes na die saadbuis
vervoer.
1.4.5 Die arbeidswetgewing wat die gesondheid en veiligheid van alle
werknemers in die werkplek reguleer.
1.4.6 'n Gevorderde tegnologie wat dit vir telers moontlik maak om
presiese genetiese veranderinge te manipuleer en aan te bring om
voordelige eienskappe aan die organisme te verleen. (12)
1.5 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elkeen van die volgende
stellings om die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e)
langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.6) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
1.5.1 Tekort dui die toestand aan wanneer die hoeveelheid aangebied
meer is as die hoeveelheid gevra.
1.5.2 Laste is fisiese items van ekonomiese waarde wat in kontant
omgeskakel kan word indien dit deur die boer verkoop word.
1.5.3 Die afval van blomme en vruggies binne die eerste tien dae na
vorming staan as partenokarpie bekend.
1.5.4 Ontkieming is die oordrag van stuifmeel van 'n manlike deel van 'n
plant na 'n vroulike deel van 'n plant om latere bevrugting en die
produksie van sade moontlik te maak.
1.5.5 Roerende kapitaal is die tipe kapitaal wat deur 'n voerskuur op 'n
plaas verteenwoordig word.
1.5.6 Die teelmetode waar rasegte manlikes van 'n spesifieke ras
generasie na generasie met minderwaardige vroulikes gepaar
word, is inteling. (12)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 7 van 20
1.6 Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat pas by 'n beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.6) op die
aangehegte ANTWOORDBLAD. Voorbeeld: 1.6.7 T.
1.6.1 Kruising van plante met verskillende A Drenkgeweer
kenmerke om 'n kombinasie van
gewenste eienskappe in die nageslag B Allantoïs
te verkry.
C Geslagloos
1.6.2 'n Tipe degradasie van grond wat
D Fisies
oorbenutting van kommersiële
kunsmisstowwe in die grond behels. E Internetbemarking
1.6.3 Die membraan wat uit die urinêre F Chorion
stelsel van die embrio groei en help
om urien van die ongebore kalf te G Mutasie
versamel.
H Direkte bemarking
1.6.4 Produkte en dienste wat via e-pos en
aanlyn media bemark word. I Bolgeweer
1.6.5 'n Instrument wat deur boere gebruik J Geslagtelik
word om 'n pil of bolus in die keel van
'n siek dier te plaas. K Chemies
1.6.6 Reproduksie wat versmelting van 'n L Hibridisering
manlike stuifmeelkorrel en die vroulike
ovum behels om 'n saad te produseer.
(12)
80 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 8 van 20
AFDELING B
Beantwoord Vrae 2–6 in jou ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2
2.1 Lees die volgende uittreksel oor grondopnames en -beplanning.
Gronderosie en gronddegradasie: die wêreldwye risiko's
Die totale grondoppervlakte van die wêreld oorskry 13 miljard hektaar, maar
minder as die helfte daarvan kan vir landbou, weiding ingesluit, gebruik word. Die
wêreld se potensiële bewerkbare grond word op 3 031 miljoen hektaar of 22%
van die totale grondoppervlakte geraam. Grond is een van die vernaamste
hulpbronne wat die boer vir produksie kan benut en dit benodig spesiale sorg.
Grondopnames en die gevolglike grondkartering is daarop gemik om grond vir
die produksiedoel te benut waarvoor dit die geskikste is.
[Onttrek en vertaal uit Rattan Lal, Advances in soil science, 129–172, 1990]
2.1.1 Dui TWEE doelstellings van grondopnames in landbou aan. (2)
2.1.2 Verduidelik die grondopnameproses kortliks. (6)
2.2 Grondwetenskaplikes het 'n plaas besoek om 'n grondklassifikasie te doen
om optimale gebruik van die grond te verseker en vorendag gekom met die
resultate wat hieronder vertoon word.
[<https://upload.wikipedia/soil profile.png>]
2.2.1 Identifiseer die grondhorisonne gemerk 1, 2, 3 en 4 in die grond-
profiel hierbo. (4)
2.2.2 Gee die kenmerke van elke grondhorison wat in Vraag 2.2.1
geïdentifiseer is. (8)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 9 van 20
2.3 Diagram 1 en 3 illustreer die oordrag van stuifmeel van 'n manlike deel van
'n plant na 'n vroulike deel van 'n plant om bevrugting en die produksie van
sade moontlik te maak.
[Aangepas uit <https://qforquestions.com/describe>]
2.3.1 Identifiseer die proses wat in Diagram 1 en 3 hierbo geïllustreer
word. (2)
2.3.2 Die proses wat in Vraag 2.3.1 geïdentifiseer is, kan in verskillende
tipes verdeel word soos geïllustreer deur Diagram 1 en 3 hierbo.
Noem die tipe wat voorgestel word deur:
(a) Diagram 1 (2)
(b) Diagram 3 (2)
2.3.3 Noem die letter en naam van die deel van die blom in Diagram 2
wat vir die volgende verantwoordelik is:
(a) Tree op as 'n vroulike voortplantingsorgaan van 'n blom
(b) Dit ontwikkel in 'n vrug
(c) Taai punt wat dien om stuifmeelkorrels vas te vang
(d) Dien die doel van 'n manlike voortplantingsorgaan
(e) Dun buis wat stuifmeel na die vrugbeginsel vervoer (10)
2.3.4 Noem DRIE agente van die proses wat in Vraag 2.3.1
geïdentifiseer is. (3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 10 van 20
2.4 Produksiefaktore is die hulpbronne wat vir die generering van produkte,
goedere of dienste benodig word. Die tabel hieronder toon kenmerke,
voorbeelde en belonings vir elke produksiefaktor:
PRODUKSIE-
KENMERKE VOORBEELDE BELONINGS
FAKTORE
Fisieke en
A Arbeidsmag D
verstandelike inset
Grond en hulpbronne Plaas en
B Huur
wat onttrek is gewasse
C Vaste en lopend Masjinerie Rente
Entrepreneurskap Organisasiefaktore Bestuurder E
2.4.1 Identifiseer die produksiefaktore A, B en C in die tabel hierbo. (3)
2.4.2 Noem die produksiefaktorbelonings gemerk D en E in die tabel
hierbo. (2)
2.4.3 Dui EEN funksie van grond in ekonomiese terme aan. (2)
2.4.4 Onderskei tussen 'n ondernemingsbegroting en 'n geheelplaas-
begroting. (4)
[50]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 11 van 20
VRAAG 3
3.1 Lees die volgende gevallestudie en beantwoord dan die vrae wat volg.
Top Sussex-teler se uiterste maatreëls om veediefstal te wen
Deur Mike Burgess
8 Oktober 2018 11:05
Linden Hewson besit die 2017 Farmer's Weekly/ARC National Best Elite Sussex-
koei. Die prestasie is betekenisvol, aangesien die Grey Maclean Stoet naby Oos-
Londen elke aand sedert 2002 in die kraal is om die diere veilig te hou. Sussex-
stoetteler en gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester Linden Hewson
erken dat toe 10 dragtige stoetkoeie in die bestek van drie maande in 2002 deur
veediewe geslag is, hy dit oorweeg het om te emigreer. Hy is egter daarvan
weerhou deur sy groot liefde daarvoor om met vleisbeeste te boer en sy
vasbeslotenheid om sy stoet op sy 130 ha-familieplaas te bly verbeter. Die
wortels van Linden se beesvleisinisiatief lê in 'n paar kruisgeteelde verse wat hy
by sy pa, Mellie, gekry het toe hy nog in die kleuterskool was. Dit het 'n
lewenslange passie wakker gemaak wat vandag geïllustreer word deur 'n stoet
wat een van die land se beste Sussex-koeie (LJ 06 0209) opgelewer het, met 'n
tussenkalftydperk (ICP) van 359 dae oor 10 kalwers.
Hierdie prestasie is des te meer merkwaardig in die lig daarvan dat Linden baie
moeite en koste moet aangaan om sy stoetdiere, insluitende die 80 teelkoeie,
teen veediewe te beskerm. In die kraal onder toesig van 'n wag is die afgelope
16 jaar die norm op Grey Mclean. Tans bly 'n wag van Daymax Security – in
selfoonkontak met 'n reaksievoertuig – sewe dae per week van 6 nm. tot 6 vm.
op die plaas teen 'n koste van R8 300 per maand, BTW uitgesluit.
Grey Maclean-plaas word deur hartwater-, rooiwater- en galsiekteveld
gedefinieer. Alle beeste wat op die plaas aankom, ondergaan dus 'n streng
somer- en winter-"blokkeer"-regime. Linden gebruik nie bloedinentings nie,
aangesien hy vertroue in die doeltreffendheid van die lewende inenting verloor
het. Hy dip elke 10 dae in die somer en elke 14 tot 18 dae in die winter.
Kunsmatige inseminasie (KI) was nog altyd 'n belangrike hulpmiddel om
genetiese progressie in die Grey Maclean-stoet te verseker. Linden gebruik
semen van bulle oor die hele land, sowel as van selfgeteelde bulle en hy glo
daarin om semen van bewese vaars vir toekomstige gebruik te stoor.
[Farmer's Weekly Oktober 2018]
3.1.1 'n SSGB-ontleding (SWOT analysis) is 'n eenvoudige, maar nuttige
raamwerk om die onderneming te ontleed en te verstaan.
(a) Identifiseer die VIER komponente van die SSGB-ontleding
(SWOT analysis). (4)
(b) Doen 'n SSGB-ontleding (SWOT analysis) vir die
onderneming hierbo deur TWEE voorbeelde te verskaf vir
elke komponent wat in Vraag 3.1.1 (a) genoem is. (8)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 12 van 20
3.1.2 Boere word wetlik verplig om hul diere vir identifikasiedoeleindes te
merk. Noem DRIE identifikasiemetodes wat in vleisbeesrasse
gebruik kan word. (3)
3.1.3 Grey Maclean-plaas word deur hartwater-, rooiwater en galsiekte-
veld gedefinieer.
(a) Dui die vernaamste mikroörganisme aan wat hartwater,
rooiwater en galsiekte veroorsaak. (1)
(b) Gee die ander naam vir galsiekte. (1)
3.1.4 Voltooi die volgende tabel:
Siekte Oordragmetode Simptome
Galsiekte
Rooiwater
Hartwater (6)
3.1.5 Kunsmatige inseminasie (KI) was nog altyd 'n belangrike hulpmiddel om
genetiese progressie in die Grey Maclean-stoet te verseker. Linden
gebruik semen van bulle oor die hele land, sowel as van selfgeteelde
bulle en hy glo daarin om semen van bewese vaars vir toekomstige
gebruik te stoor.
(a) Tabuleer TWEE voordele en nadele van KI. (4)
(b) Noem TWEE basiese bergingsvereistes van versamelde
semen. (2)
(c) Noem TWEE kenmerke van semen van goeie gehalte. (2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 13 van 20
3.2 Vegetatiewe voortplanting is 'n vorm van geslaglose reproduksie waar 'n
nuwe plant uit 'n vegetatiewe deel van die ouerplant groei.
[Onttrek uit "An Introduction to Vegetative Reproduction" deur D. G. Mackean & Ian
Mackean, 2004]
Dui die nommer van die geslaglose voortplantingsmetode uit die diagram
hierbo aan wat die volgende verteenwoordig:
3.2.1 Bolle (1)
3.2.2 Ranke (1)
3.2.3 Risome (1)
3.2.4 Suiers (1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 14 van 20
3.3 Enting en okulering is tegnieke wat gebruik word om dele van twee of meer
plante saam te voeg sodat dit lyk asof hulle as 'n enkele plant groei.
Alhoewel okulering as 'n moderne kuns en wetenskap beskou word, is
enting nie nuut nie.
3.3.1 Identifiseer die dele gemerk M en N in die diagram hierbo. (2)
3.3.2 Definieer:
(a) Enting (2)
(b) Okulering (1)
3.3.3 (a) Enting kan met drie verskillende tegnieke gedoen word.
Noem EEN. (2)
(b) Beskryf die tegniek wat in Vraag 3.3.3 (a) genoem is. (2)
3.3.4 Wat noem ons 'n persoon wat hoogs opgelei is om die tegnieke wat
hierbo genoem is, te gebruik? (2)
3.3.5 Tabuleer TWEE voordele en TWEE nadele van die gebruik van
geslaglose reproduksiemetodes om plante voort te plant. (4)
[50]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 15 van 20
VRAAG 4
4.1 Lees die volgende gevallestudie en beantwoord dan die vrae wat volg.
Die rol van gemeenskapsbetrokkenheid in die aanvaarding van nuwe landbou-
biotegnologieë: die geval van die Africa Harvest-weefselkultuurpiesang in Kenia
Landboubiotegnologie is 'n gevorderde tegnologie wat plantkwekers en
dieretelers in staat stel om presiese genetiese veranderinge aan te bring om
voordelige eienskappe te verleen aan die saaiplante en diere waarop ons vir kos
en vesel staatmaak. Die weefselkultuurpiesang (WKP) is 'n biotegnologiese
landbou-innovasie wat wyd aanvaar word in kommersiële piesangproduksie. In
2003 het Africa Harvest Biotech Foundation International (AH) 'n WKP-program
begin wat uitdruklik vir kleinboere in Kenia ontwikkel is om hulle te help om die
WKP as 'n skaalbare geleentheid in landbou-ondernemings te aanvaar.
Produksie van piesangs deur weefselkultuurpiesang te gebruik teenoor
natuurlike produksie:
JAAR WEEFSELKULTUURPIESANG- NATUURLIKE PRODUKSIE VAN
PRODUKSIE (kg) PIESANGS (kg)
2003 500 200
2004 800 450
2005 1 000 650
2006 1 500 800
2007 2 200 1 200
[Onttrek uit die gevallestudie deur: Bandewar, Sunita V S; Wambugu, Florence; Richardson,
Emma; Lavery, James V; 2017-03-13. Clinical Epidemiology & Biostatistics Department,
Faculty of Health Sciences, McMaster University, Hamilton, Canada]
4.1.1 Verduidelik die proses van plantweefselkultuur. (3)
4.1.2 Beskryf kortliks die belangrikheid van plantweefselkultuur-
toepassings vir genetiese manipulasie in gewasproduksie. (4)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 16 van 20
4.1.3 Teken 'n volledig benoemde staafgrafiek wat die verskil in die
produksie van piesangs tussen weefselkultuur en die natuurlike
metode van 2003 tot 2007 toon. (8)
4.1.4 Lei die tendens in terme van produksie tussen die twee metodes af. (3)
4.1.5 Bereken die totale piesangproduksie in ton oor die vyf jaar vir:
(a) Weefselkultuur (4)
(b) Natuurlik (4)
4.2 By skorsies is wit vrugkleur (W) in die somer dominant oor geel vrugkleur (w) en
skyfvormige vrugte (D) is dominant oor sfeervormige vrugte (d). Indien 'n
skorsieplant van 'n ware kweking vir wit, skyfvormige vrugte gekruis word met 'n
plant van 'n ware kweking vir geel, sfeervormige vrugte:
4.2.1 Bepaal die genotipe van die F1-generasie. (2)
4.2.2 Gebruik 'n Punnet-vierkant om die resultate van 'n kruis tussen
twee van die F1-generasienageslag as ouers te illustreer. (7)
4.2.3 Bepaal die fenotipiese verhouding vir die F2-generasie met 'n
duidelike aanduiding van kleur en vorm vir elke komponent van die
verhouding. (5)
4.3 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n voortplantingsproses:
4.3.1 Identifiseer die voortplantingsproses wat in die diagram hierbo
aangedui word. (1)
4.3.2 Verskaf etikette vir die dele aangedui as A, B en C. (3)
4.3.3 Noem TWEE tipes van die voortplantingsproses wat in Vraag 4.3.1
aangedui is. (2)
4.3.4 Onderskei tussen die TWEE tipes van die voortplantingsproses wat
in Vraag 4.3.3 aangedui is. (4)
[50]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 17 van 20
VRAAG 5
5.1 Vleisbemarkingsbeplanner: Strategiese bemarking vir plaas-tot-tafel-
vleisondernemings
'n Bemarkingsplan is 'n hoofkomponent van 'n groter sakehulpmiddel, die
sakeplan. Ander sakeplanafdelings sluit finansies, produksie en menslike
hulpbronne in. Bemarking moet as die hoeksteen in jou sakeplan dien vir die
opstel van 'n volhoubare onderneming. Jou bemarkingsbesluite sal 'n groot
verskeidenheid van produksiebesluite beïnvloed – watter ras(se) om te teel, die
vestiging en instandhouding van weiding, wisselweiding, teling en vleisoes-
skedules en die arbeid wat vir beide produksie- en bemarkingstake benodig
word. Die suksesvolste produsente oorweeg hul bemarkingstrategieë lank voor
hulle óf lewende diere óf verwerkte produkte verkoop.
Die bemarkingskanaal dryf al die ander komponente van die bemarkingsplan. Dit
bepaal waar en hoe die vleis verwerk moet word, die logistiek wat by verkope en
aflewering betrokke is, die gebruik van tegnologie, watter bemarkings-
hulpmiddels die effektiefste is en die mate van klantediens wat nodig is om die
onderneming te ontwikkel. Regulasies vir die slag van lewende hawe en
vleisverwerking wissel na gelang van die kanaal wat die boer gebruik om sy of
haar produk te bemark. Dink daaraan dat jy die hele karkas moet verkoop om
winsgewend te wees. Dit is maklik om goeie snitte soos steak te verkoop, maar
baie moeiliker om goedkoper snitte te verkoop. Oorweeg ook seisoens-
gebondenheid wanneer jy jou markafsetpunt kies. Die volgende tabel gee
voorbeelde van hoeveel kilogram van elke snit jy kan verwag van 'n beeshelfte
van ongeveer 300 kg verkoopbare produk.
Opsomming van snitte Kilogram
Braaistukke 81,5
Biefstukke 41,8
Maalvleis 133,7
Stowevleis 20,0
Allerlei 23,0
[Bron: American Meat Institute en
USDA]
Individuele produsente ondervind dikwels winsgewendheidsprobleme en bereik
nie die vlak van bemarkingsdienste óf die volume wat nodig is om groot
kleinhandelsafsetpunte soos kruidenierswinkels of institusionele markte soos
skole en hospitale te bedien nie. Om aan hierdie grotervolumemark te voorsien,
kan verskeie produsente hul diere poel en die vaste koste deel.
Bemarkingsbesluite val gewoonlik in die vier beheerbare kategorieë van die
"bemarkingsamestelling" wat gewild geraak het nadat Neil H. Borden in 1964 sy
artikel "The Concept of the Marketing Mix" gepubliseer het.
[University of Maryland Extension-webwerf by <www.extension.umd.edu>]
5.1.1 Dui die bemarkingstelsel aan wat verteenwoordig word deur die
boere wat saamkom en hul diere poel en die vaste koste deel. (2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 18 van 20
5.1.2 Noem die TWEE tipes van die bemarkingstelsel wat in Vraag 5.1.1
aangedui is. (2)
5.1.3 Verduidelik kortliks TWEE voordele van die bemarkingstelsel wat in
Vraag 5.1.1 aangedui is. (4)
5.1.4 Noem VIER komponente van die bemarkingsamestelling. (4)
5.1.5 Bereken die persentasie van die maalvleissnit van 'n beeshelfte van
ongeveer 300 kg verkoopbare produk. (3)
5.1.6 Beskryf TWEE faktore wat 'n negatiewe invloed op die bemarkings-
ketting vir die geval hierbo kan hê. (4)
5.1.7 Gee die regstellende optrede wat met die uitdagings in Vraag 5.1.6
verband hou. (4)
5.2 Die diagram hieronder toon verskillende tipes vrugte:
[<https://www.google.com/search?q=fruit+classification>]
5.2.1 Identifiseer die tipes vrugte gemerk A, B, C en D in die diagram
hierbo. (4)
5.2.2 Klassifiseer die voorbeelde van vrugte wat in die blok hieronder
genoem word in die kategorieë wat in Vraag 5.2.1 hierbo
geïdentifiseer is.
aarbeie, vye, pere, druiwe (4)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 19 van 20
5.3 Die volgende data is oor die finansiële bedrywighede van twee pluimvee-
boere ingesamel. Ontleed die data en beantwoord die vrae wat volg.
Beskrywing van item Bedrag (R)
Boer A Boer B
Koop 2 000 kuikens 2,50 (elk) 2,00 (elk)
Betaal vir arbeid 58 000 28 000
Verkoop hoendermis 19 000 29 000
Koop hoendervoerders 10 000 20 000
Betaal vir water 4 000 2 000
Verkope van vleisprodukte 39 000 122 000
Koop inentings 500 15 000
5.3.1 Gebruik die data om 'n kontantvloeibegroting vir boer A en boer B
op te stel. (8)
5.3.2 Bepaal of hierdie twee boere se ondernemings lewensvatbaar en
gesond is. Gee 'n rede vir jou antwoord. (4)
5.3.3 Watter pluimveeproduk kan die twee boere in hul begroting insluit
om verdienste te verhoog? (1)
5.4 Die diagram hieronder illustreer die voortplantingstelsel van 'n koei.
[<https://google/female animal reproductive system images>]
5.4.1 Identifiseer die dele gemerk G, F en B in die diagram hierbo. (3)
5.4.2 Verbind die funksies wat hieronder genoem word met 'n letter in die
diagram hierbo:
(a) Produseer vroulike gamete en hormone (1)
(b) Kopulasie-orgaan (1)
(c) Fisiese versperring na die uterus; skei slym af wat tydens
dragtigheid 'n servikale prop vorm. (1)
[50]
200 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LANDBOUWETENSKAPPE Bladsy 20 van 20
AFDELING C
VRAAG 6
Lees die volgende scenario en beantwoord dan die vraag wat volg.
Die behoefte om inwendige parasiete te beheer sal in die landbou bestaan solank beeste
weivelde bewei. Parasietvlakke is egter nie dieselfde op alle weivelde of in alle beeste
nie. Weivelde met baie vee het gewoonlik 'n hoër parasietdrag as weivelde met min vee.
Beeste op weivelde met 'n hoë reënval sal meer waarskynlik swaar wurmbesmettings hê
as dié in droë, warm gebiede. Jong beeste sal tipies meer inwendige parasiete hê as ouer
beeste.
Voedselsekerheid word deur die uitwerking van siektes op diereprodukte
beïnvloed. Bespreek die nadelige uitwerking van inwendige parasiete op die
lewendehawe-bedryf en die impak daarvan op voedselsekerheid.
Jou bespreking moet die volgende insluit:
• Definisie van parasiete en onderskeid tussen ektoparasiete en endoparasiete.
• Verskillende tipes van die belangrikste inwendige parasiete.
• Finansiële en nadelige uitwerking van inwendige parasiete en die impak
daarvan op voedselsekerheid.
• Die voorkomende/beheermaatreëls teen inwendige parasiete.
20 punte
Totaal: 300 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB P1 2017 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper
Related documents

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

Question paperIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB P2 2017 Question Paper (Afr)

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Agricultural Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB


