You're offline
Skip to content
Document

Agricultural Technology PAT GR 12 2016 Afr hlayiso.com

Subject: Agricultural TechnologyGrade 12201628 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com LANDBOUTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 2016 Hierdie dokument bestaan uit 28 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 2 DBE/PAT 2016 NSS INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 3 2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2016 3 2.2 Hoe om die PAT te administreer 5 2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek 6 2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje 6 2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses 7 2.3.3 Fase 3: Finale produk 7 2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering 8 2.4.1 Kriteria en riglyne vir assessering van die ontwerpportefeulje 8 2.4.2 Kriteria en riglyne vir assessering van die vervaardigingsproses 8 2.4.3 Kriteria en riglyne vir assessering van die finale produk 9 2.5 Moderering van die PAT 9 3. RIGLYNE VIR LEERDERS 10 3.1 Inleiding 10 3.2 Illustrasie van die PAT 11 3.3 Snylys en kosteberekening 11 3.4 Lys van verbruikbare materiaal, masjiene en gereedskap benodig 12 3.5 Prosedure om te volg in die vervaardigingsproses 12 3.6 Alternatiewe ontwerpe 17 4. GEVOLGTREKKING 18 5. ASSESSERINGSRUBRIEKE 19 5.1 Assesseringsrubriek vir die ontwerpportefeulje BYLAE A 19 5.2 Assesseringsrubriek vir die vervaardigingsproses BYLAE B 21 5.3 Assesseringsrubriek vir die produk BYLAE C 22 5.4 Verklaring van Egtheid BYLAE D 23 5.5 Eksterne/Interne modereringsinstrument vir PAT BYLAE E 24 5.6 Punteskedule BYLAE F 27 5.7 Landboutegnologie-konsolidasievorm BYLAE G 28 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 3 DBE/PAT 2016 NSS 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2016 Die doel van die PAT is om leerders te leer om tegnologiese probleme in die landbou-omgewing met gebruik van kritiese, innoverende en denkvaardighede op te los. Die PAT bestaan uit 'n ontwerpkomponent, vervaardigingskomponent en 'n finale produk. Die PAT lei die leerder om te ontwerp en die produk te ontwikkel volgens tegnologiese prosesse. Skole sal aan die begin van kwartaal 4 van die graad 11-jaar oor die graad 12-projek ingelig word om die onderwyser en leerder geleentheid te gee om vooraf beplanning te doen. 'n Scenario en 'n volledige uitleg van die voorbeeldmodel wat as die PAT vir 2016 gebruik kan word, word op die volgende bladsy (bl. 4) gegee. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 4 DBE/PAT 2016 NSS SCENARIO: Tot die grondbeginsels terugkeer ... Die verkeerde optel van artikels is die oorsaak van baie indiensbeserings in enige bedryf Persoonlike veiligheid is baie belangrik in enige werkswinkel of situasies op die plaas waar swaar voorwerpe verskuif moet word. Werkers kan ernstige beserings voorkom deur toerusting te gebruik om swaar voorwerpe te verskuif. Ontwerp stuk toerusting ('n item) wat jy kan gebruik om swaar voorwerpe of voorwerpe wat moeilik is om te hanteer, doeltreffend kan rondskuif. Die toerusting moet veelsydig/meerdoelig wees sodat dit ook in verskillende omstandighede of toestande gebruik kan word. Dit moet lig, eenvoudig en maklik om te hanteer wees, maar ook stewig genoeg om swaar vragte te dra. Dit moet opvoubaar wees en nie veel stoorruimte in beslag neem nie. Gebruik verskillende tegnologiese prosesse om jou met die ontwerp en vervaardiging van hierdie toerusting te help, bv. beplanning, ondersoek, navorsing en verskillende praktiese vaardighede. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 5 DBE/PAT 2016 NSS 2.2 Hoe om die PAT te administreer Die onderwyser moet hierdie PAT-dokument gebruik as 'n riglyn om die PAT te doen. Die leerder self, met die onderwyser se leiding, moet die hele PAT ontwerp en beplan. Die onderwyser sal slegs die probleemstelling aan die leerders verskaf. Die idee is dat die leerders almal verskillende PAT-ontwerpe moet hê. Die onderwyser moet die leerder se ontwerp vir die praktiese kant daarvan evalueer en voorstelle maak voordat die leerder die finale ontwerpportefeulje voorlê/inlewer. Indien die skool/leerders besluit om 'n alternatiewe PAT te doen, moet daardie PAT voldoen aan die voorgeskrewe standaarde wat in hierdie PAT- riglyndokument uiteengesit is. Dit moet bewyse van die ontwerpportefeulje, werksprosedure, rubrieke en bewyse van die finale produk insluit. Die kriteria en formaat om die ontwerpportefeulje, vervaardigingsproses en finale produk te assesseer, moet dieselfde as dit in die voorgeskrewe PAT wees. Die projek moet uit ten minste SEWE van die kriteria, soos op bladsy 46 en 47 van die Landboutegnologie: Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV) aangedui, bestaan. Die model moet funksionele waarde hê en moet geskik wees om in werklike omstandighede in 'n plaas- en werkswinkelsituasies te gebruik. Die leerders moet vertroud wees met die assesseringskriteria voordat hulle met die taak begin. Die PAT moet onder toesig van die aangewese onderwyser gedoen word. Die praktiese assesseringstaak in graad 12 word ekstern opgestel, intern geassesseer en ekstern gemodereer. Die projek word onder gekontroleerde toestande voltooi en met behulp van 'n rubriek geassesseer. Die promosiepunt van Landboutegnologie bestaan uit 'n PAT-komponent van 100 punte (25%), 'n skoolgebaseerde assessering (SGA)-komponent van 100 punte (25%) en 'n eindeksamenkomponent van 200 punte (50%). Die PAT dra 25% tot die finale promosiepunt (400) in graad 12 by. Die praktiese assesseringtaak tel 100 punte en bestaan uit 'n ontwerpportefeulje (25 punte), vervaardigingsproses (50 punte) en die finale produk (25 punte). Voordat 'n leerder met die vervaardigingsproses kan begin, moet die ontwerpportefeulje voltooi wees en deur die onderwyser geassesseer word. Die rede hiervoor is sodat die onderwyser ontwerpfoute, wat gekorrigeer moet word, vir die leerder kan identifiseer. Die ontwerpportefeulje en finale produk moet vir monitering en moderering beskikbaar wees. Die PAT moet deur die onderwyser geëvalueer, nagegaan en gewaarmerk wees voordat dit as die leerder se finale bewys van prestasie voorgelê word. Die onderwyser se PAT-lêer moet bewyse bevat van: (a) Die PAT-opdrag (b) 'n Volledige assesseringsrekord wat altyd vir moniterings- en modereringsdoeleindes beskikbaar moet wees Die ontwerpportefeulje en die projek moet gedurende die hele skooljaar vir monitering en moderering by die skool beskikbaar wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 6 DBE/PAT 2016 NSS Eksterne moderreing sal deur die onderskeie provinsiale moderators en die nasionale Departement van Basiese Onderwys gedoen word. Geen leerder word toegelaat om sy/haar projek huis toe neem voordat finale moderering nie afgehandel is nie. Indien 'n onderwyser sou versuim om 'n rekord van die PAT-assessering te hou, is dit wangedrag en sal dit volgens paragraaf 5(3) van die beleidsdokument, Nasionale Beleid oor die Afneem, Administrasie en Bestuur van die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Vlak 4-kwalifikasie op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR), of ander gepaste maatreëls, hanteer word. Die afwesigheid van punte vir die praktiese assesseringstaak in graad 10–12, sonder 'n geldige rede, sal daartoe lei dat die kandidaat wat vir die vak geregistreer is onvolledige uitslae sal kry. Die kandidaat sal drie weke voor die begin van die finale jaareindeksamen gegee word om die uitstaande praktiese assesseringstaak voor te lê. Indien die kandidaat sou versuim om die praktiese assesseringstaak voor te lê, sal hy/sy ingelig word dat hy/sy nie aan die minimum vereistes vir promosie voldoen het nie en dat hy/sy die vak die volgende jaar sal moet herhaal. 2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek Die projek moet in die volgende drie fases voltooi word: 2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje Leerders moet die probleem of behoefte in hulle gekose projek identifiseer. Hy/Sy moet ook die projek ondersoek, idees skep en tot moontlike ontwerpoplossings kom om die model te vervaardig, te evalueer en 'n oplossing vir die probleem/behoefte te gee. Die bewyse vir hierdie fase word in die ontwerpportefeulje geplaas wat in kwartaal 4 van die graad 11-jaar begin kan word en voortduur tot die einde van Januarie van die graad 12-jaar. In hierdie fase moet die leerder aangemoedig word om kreatief te wees en inisiatief te toon. 'n Verklaring van Egtheid (BYLAE D) moet voor finale moderering deur elke leerder voltooi word. Die ontwerpportefeulje moet bewyse bevat van hoe die ontwikkeling van die produk benader is, soos hieronder aangetoon: • Analisering/Ontleding en beplanning van die opdrag • Verband tussen tegnologie en samelewing en omgewing • Sketse, diagramme of berekenings • Materiaal gebruik • Gereedskap gebruik • Algemene veiligheidsmaatreëls van toepassing • Vergelyking van prosesse en gereedskap wat gebruik moet word • Kosteberekening en materiaallys • Kennis en vaardighede vereis in die vervaardigingsproses • Vervaardigingsprosesse wat gevolg is • Tydsbeplanning van die begin tot by die finale produk • Navorsing of ondersoeke onderneem • Enige ander inligting rakende die projek Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 7 DBE/PAT 2016 NSS Formaat van die ontwerpportefeulje: Voorblad: Naam van Leerder: Graad: Skool: Eksamennommer: Jaar: Inhoudsopgawe: Opdrag Beplanning en navorsing Ontwerpsketse Materiaallys Gereedskap benodig en relevante veiligheidsmaatreëls Vergelykings van prosesse en gereedskap wat gebruik gaan word Kosteberekeninge Bronnelys Stappe wat gevolg moet word Enige bykomende inligting 2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses Leerders begin met die konstruksie van die werklike model aan die begin van Februarie, in kwartaal 1, of sodra die leerder die ontwerpportefeulje voltooi het en dit deur die onderwyser goedgekeur is. Die leerder begin dan met Fase 2. Die model moet teen die middel van kwartaal 3 in graad 12 voltooi wees. Daar word van die leerder verwag om die model in die skool se werkswinkel te vervaardig, onder toesig van die onderwyser. Prosesse wat nie deur die leerder uitgevoer is nie, kan nie as deel van die leerder se werk geassesseer word nie. Die model moet 'n aantal praktiese vaardighede insluit, maar onthou dat die model aan die minimum aantal vaardighede moet voldoen, soos voorgeskryf in die KABV-dokument. Die onderwyser moet gedurende die vervaardigingsproses deurlopend assesseer om die vervaardigingsproses te evalueer en sekere vaardighede te assesseer, met behulp van die aangehegte rubriek (BYLAE B). 2.3.3 Fase 3: Finale produk Leerders moet die modelle teen die einde van die kwartaal 3 vir assessering voorlê. Die beplanning gedoen in fase 1 (ontwerp- portefeulje) moet ook vir assessering van die finale produk voorgelê word. Vir finale assessering moet die model voltooi en funksioneel wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 8 DBE/PAT 2016 NSS 2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering Die PAT bestaan uit drie fases. Elke fase moet deur die onderwyser, met behulp van die aangehegte rubrieke, geassesseer word. • Die ONTWERPPORTEFEULJE moet nie later as die einde van kwartaal 1 nie, voltooi en nagesien wees. Sodra 'n leerder klaar is met die ontwerpportefeulje en dit deur die onderwyser geassesseer en goedgekeur is, kan hy/sy met fase 2 voortgaan. Die onderwyser moet die rubriek op BYLAE A gebruik om die ontwerpportefeulje te assesseer. • Die VERVAARDIGINGSPROSES is 'n deurlopende proses en die verskillende vaardighede moet voortdurend deur die onderwyser geassesseer word wanneer die verskillende vaardighede toegepas word. Die rubriek op BYLAE B moet gebruik word. • Die FINALE PRODUK moet met behulp van die rubriek op BYLAE C geëvalueer en geassesseer word. • BYLAE D is die Verklaring van Egtheid en moet deur elke leerder en die onderwyser voltooi word. • BYLAE E moet deur die onderwyser gebruik word om te verseker dat die Landboutegnologie-werkswinkel en -geriewe vir eksterne moderering op standaard is. • BYLAE F en G is voorbeelde van puntestate wat gebruik kan word. 2.4.1 Kriteria en riglyne om die ONTWERPPORTEFEULJE te assesseer (25 punte) • Ontleding van die probleem • Onderlinge verband tussen tegnologie, samelewing en die omgewing • Vermoë om idees te skep/genereer • Gee 'n oplossing • Sketswerk (maatskrywing, sweissimbole, skaal en projeksie- simbole) • Materiaal, gereedskap en toerusting • Algemene veiligheidsmaatreëls • Kosteberekening en materiaallys • Bewyse van vergelykings tussen verskillende prosesse en vaardighede • Portefeulje-aanbieding. 2.4.2 Kriteria en riglyne om die VERVAARDIGINGSPROSES te assesseer (sigmoderering) (50 punte) • Veilige hantering en instandhouding van gereedskap en toerusting • Vaardighede verwant aan die behoorlike gebruik en instandhouding van gereedskap en toerusting • Kennis van materiaal om probleme op te los • Toepassing van verskillende tegnieke en prosesse • Vaardighede getoon in die toepassing van prosesse Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 9 DBE/PAT 2016 NSS 2.4.3 Kriteria en riglyne om die GEHALTE/KWALITEIT van die FINALE PRODUK te assesseer (25 punte): • Die produk voldoen aan die doel waarvoor dit ontwerp is en toon innovering wat by die probleem pas • Afmetings en mates van die finale produk • Voorkoms: Afwerking sluit vyl, slyp, skuur en verf in • Verseker dat die produk behoorlik funksioneer • Tydsbestuur: Gaan die volledigheid van die model na 2.5 MODERERING VAN DIE PAT • Interne moderering (Departementshoof) Die onderwyser en leerder se PAT-portefeuljes moet deur die departementshoof of senior onderwyser van die vak by die skool gemodereer word. • Eksterne moderering (Vakspesialis/-adviseur) Die vakspesialis/-adviseur moet een keer per kwartaal eksterne moderering doen. Die vakspesialis/-adviseur moet aan die einde van kwartaal 1 die ontwerpportefeulje assesseer. Die werklike vervaardigingsproses deur die leerder moet gedurende kwartaal 2 gemodereer word. Die finale produk assok die finale PAT-punt moet in kwartaal 3 gemodereer word. • Eksterne moderering (Nasionale paneel) 'n Paneel moderators wat deur die nasionale Departement van Basiese Onderwys aangestel is, sal die PAT en praktiese werkswinkel modereer. BYLAE E is die modereringsinstrument wat deur die nasionale paneel vir moderering by skole gebruik sal word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 10 DBE/PAT 2016 NSS 3. RIGLYNE VIR LEERDERS 3.1 Inleiding Die model wat die leerders moet maak, moet die prosesse insluit wat vanaf graad 10 in die teoretiese werk geleer is. Hierdie prosesse is deel van die verskillende take wat op 'n plaas verrig kan word. Die leerders gebruik die vaardighede en kennis wat in Landboutegnologie bekom is, om hierdie projek te voltooi. Let daarop dat die ontwerpportefeulje vir graad 12 in kwartaal 4 van die graad 11-jaar begin moet word en teen week 3 van kwartaal 1 van die graad 12-jaar voltooi moet wees. Die konstruksieproses moet teen die einde van kwartaal 2 voltooi wees. Assessering en moderering sal deurlopend gedoen word. 3.2 Illustrasies van die PAT Die twee foto's hieronder toon 'n trollie wat gebruik word om swaar voorwerpe rond te skuif. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 11 DBE/PAT 2016 NSS 3.4 Snylys en kosteberekening Die materiaal hieronder moet aangekoop en volgens die mates gegee, gesny/gesaag word. Die pryse van die onderdele is bepaal volgens pryse toe die projek beplan is. • Vir die hoofraam word Ø25 mm-pyp met 'n wanddikte van 2 mm gebruik. • Ø25 mm met 2 mm wanddikte, R20,83 p/m. • Platyster 50 mm x 5 mm, R33,17 p/m. Komponent Onder- Tipe Mates Hoeveel- Koste deel materiaal heid Hoofraamwerk A1 Ø25 mm 2 230 mm 1 R46,45 Hoofraamwerk A2 Ø25 mm 620 mm 1 R12,91 horisontale versterking Hoofraamwerk A3 Ø25 mm 865 mm 3 R54,05 vertikale stawe/dele Hoofraamwerk A4 Ø25 mm 500 mm 1 R10,42 onderste horisontale versterking Basisraamwerk B1 Ø25 mm 1 670 mm 1 R34,79 Basisskarnierhuls B2 Ø32 mm 45 mm 4 R3,75 Basisraamversterking B3 Ø25 mm 535 mm 2 R22,29 Wielhegtingversterking C1 Platyster 130 mm x 50 mm x 5 mm 2 R8,62 Wielversterking C2 Ø25 mm 530 mm 2 R22,08 Wielas D1 Ø25 mm 530 mm 1 R11,04 Splitpen D2 2,5 mm 40 mm 4 R2,00 Waster D3 Ø50 mm Gat 25 mm 4 R14,52 Swaaiwiele D4 Ø200 mm 2 R120,00 Prys van materiaal R242,92 (wiele uitgesluit) Totale prys R362,92 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 12 DBE/PAT 2016 NSS 3.5 Lys van verbruikbare materiaal, masjiene en gereedskap wat benodig word om die projek te vervaardig Gereedskap wat benodig word • Metaalsnymasjien/Hoekslyp- • Kraspen masjien • Senterpons • Voetstukboormasjien • Verfkwas • Oksiasetileen-stel • Hamer • MIG-sweismasjien • Besem • Omsettersweismasjien/ • Plat en ronde vyle Boogsweismasjien • Pypbuigapparaat • Plasmasnyer • Persoonlike beskermingsdrag • Verskeidenheid moersleutels en tange • Winkelhaak • Ystersaag Verbruikbare materiaal • Staalboorpunt Ø5 mm • Oksiasetileengas en sweisstafies • Slyp-/Snyskywe/Plasma- • Terpentyn snyertoebehore (spuitstuk, • Handskoonmaakmiddel insetsels, spasieerders) • Onderlaagverf • Boogsweisstafies • Verf vir finale laag • MIG-voerdraad en gas • Ystersaaglemme 3.5 Prosedures om te volg in die vervaardigingsproses VOORGESTELDE WERK-/TYDSKEDULE DATUM VOORSPEL Ongeveer 2 ure per week word vir die PAT benodig, soos in die KABV- dokument voorgeskryf. Ongeveer 18 weke (36 ure) is vir die vervaardigingsproses beskikbaar. A. ONTWERPPORTEFEULJE (25 punte) 1. PAT-probleemstelling/taak moet aan leerders gegee word. Week 1 Onderwyser moet die probleemstelling/taak verduidelik. Leerders het DRIE weke om die ontwerpportefeulje te voltooi. 2. Onderwyser moet aktief betrokke wees en leerders gedurende die Week 2 ontwerpproses bystaan. 3. Onderwyser moet die voltooide portefeulje inneem, evalueer, Week 3 assesseer en terugvoering gee voordat die leerders met die vervaardigingsproses kan begin. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 13 DBE/PAT 2016 NSS B. VERVAARDIGINGSPROSES (50 punte) (Die onderwyser moet die hele vervaardigingsproses monitor en evalueer.) Hoofraamwerk DEEL A Week 4–7 1. Meet, merk en saag 'n pyp van 2 230 mm, DEEL A1. 2. Buig die pyp 30º en 90º, soos in die foto hierbo getoon, om die handvatselgedeelte en die hoofdeel van die trollie te vorm. 3. Meet, merk en saag 'n pyp van 865 mm, DEEL A2. 4. Meet, merk en saag 3 pype van 620 mm, DEEL A3. 5. Meet, merk en saag 'n pyp van 500 mm, DEEL A4. 6. Sweis die dele aan die hoofraamwerk, soos in die foto's aangedui. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 14 DBE/PAT 2016 NSS Basisraamwerk DEEL B Week 8–10 1. Meet, merk en saag 'n pyp van 1 670 mm, DEEL B1. 2. Buig DEEL B1 twee keer 90º, soos in die foto hierbo getoon, om die basisdeel van die trollie te vorm. 3. Buig die twee pypente 30º, 110 mm van die punte af, soos in die foto hieronder getoon. 4. Meet, merk en saag 4 pype van 45 mm, DEEL B2. 5. Meet, merk en saag 2 pype van 535 mm, DEEL B3. 6. Buig die pypente 30º, soos in die foto hierbo getoon, om die basisdeel van die trollie te vorm. 7. Sweis DEEL B2 aan die dele van die basisraam vas, soos in die foto's hieronder getoon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 15 DBE/PAT 2016 NSS Wielhegtingversterkings DEEL C Week 13–19 1. Meet, merk en saag 2 platysters van 130 mm x 50 mm. Boor 'n Ø25 mm-gat deur die platyster, DEEL C1. Meet, merk en saag 2 pype van 535 mm, DEEL B3. 2. Meet, merk en saag 2 x Ø25 mm-pype wat 530 mm lank is. Maak die een punt van die pyp plat, soos in die foto hierbo getoon, DEEL C2. 3. Sweis DEEL C1 en C2 aan mekaar en aan DEEL A1 vas om die wielversterkingstruktuur te vorm, soos in die foto hierbo getoon. As vir wielsamestelling DEEL D Week 28 1. Boor twee Ø5 mm-gate vir elke wiel in die pyp, DEEL C3, vir die splitpenne, soos in die foto's hieronder getoon. (Gebruik 'n voetstukboormasjien met 'n Ø5 mm-boorpunt.) 2. Maak die as-openinge toe deur dit toe te sweis of deur plastiekdoppies te gebruik. Jy mag oksiasetileen-sweiswerk gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 16 DBE/PAT 2016 NSS Samestelling Week 29 1. Voeg die wiele en basisraamwerk, DEEL B, op die wielas saam, soos in die foto getoon. 2. Voeg die wasters in om as spasieerders te dien, soos in die foto getoon. 3. Sit die splitpenne in die gaatjies en buig die punte van die penne om die wielsamestelling in plek te hou. Toetsing Week 30 1. Toets vir funksionaliteit, duursaamheid en sterkte. 2. Maak aanpassings indien nodig. 3. Toets weer vir behoorlike funksionering. Afwerking Week 31 1. Verwyder skerp rande/puntjies met 'n vyl of hoekslypmasjien. 2. Skuur alle oppervakke met skuurpapier. Verf Week 32 1. Verf/bespuit met roeswerende grondlaag. 2. Verf/Bespuit met oliebasisverf. 3. Poleer die geverfde area met was en 'n fynskuurder. C FINALE PRODUK (25 punte) Week 33 1. Onderwyser moet die finale produk evalueer en die PAT-punte vir die jaar finaliseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 17 DBE/PAT 2016 NSS 3.6 Alternatiewe ontwerpe TROLLIE TROLLIE SLEEPWA-STEUNWIEL HANDTROLLIE VEELSYDIGE TROLLIE TROLLIE MET TRAPWIELE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 18 DBE/PAT 2016 NSS 4. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/PAT 2016 NSS 5. ASSESSERINGSRUBRIEKE Naam van kandidaat: ______________________ Skool: _________________Graad:_____________ Datum: ___________________ ONTWERP- VERVAARDIGINGS- KWALITEIT VAN TOTAAL HANDTEKENING VAN HANDTEKENING VAN PORTEFEULJE PROSES DIE PRODUK ONDERWYSER EKSTERNE MODERATOR /25 /50 /25 /100 5.1 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE ONTWERPPORTEFEULJE BYLAE A KRITERIA 0 1 2 3 4 5 MOONTLIKE PUNT PUNT BEHAAL Beplannings- Geen poging Toon 'n beperkte Toon 'n poging om Identifiseer die Ontleed die gegewe Identifiseer die gegewe vaardighede: is aangewend poging om inligting relevante inligting te gegewe probleem probleem korrek en toon probleem/behoefte korrek en Analise/ nie en geen te identifiseer en in identifiseer en in te korrek en samel bewyse van die gebruik van gebruik 'n verskeidenheid Ontleding en bewyse gevind te samel om die samel, om die relevante inligting in 'n wye reeks inligtingsbronne ondersoekstrategieë om 5 diagnose om te gegewe probleem/ gegewe probleem/ om die gegewe om die probleem/behoefte te relevante inligting te bekom assesseer nie. behoefte mee te behoefte mee te probleem/behoefte verstaan. wat gehelp het met die ontleed. ontleed. mee te ontleed. ontwikkeling en ontwerp van innoverende idees. Onderlinge Geen poging Wend geen poging Bewustheid van die Bewustheid en Toepassing en kennis van Toepassing en kennis van verband tussen is aangewend aan om die onderlinge verband is kennis van die aspekte van die onderlinge aspekte van die onderlinge tegnologie, nie en geen onderlinge verband getoon. onderlinge verband verband. verband en die 5 samelewing en bewyse gevind te oorweeg nie. is getoon. implementering van omgewing om te voorkomingsmaatreëls. assesseer nie. Skep/Genereer Geen poging Noem 'n paar idees. Toon geringe Bied 'n paar Gebruik oorspronklike en Genereer 'n uitstekende idees is aangewend bewustheid van alternatiewe idees kreatiewe idees en kies die verskeidenheid alternatiewe nie en geen alternatiewe idees met beperkte geskikste opsie. en innoverende idees. 5 bewyse gevind beredenering van Die voorkeuropsie is goed om te keuses aan. gemotiveer met duidelike assesseer nie. skakels met die ontwerp. Oplossings Geen poging Pogings om met Pogings om met Verskaf ontwerp- Verskaf uitstekende Verskaf uitstekende is aangewend beperkte ontwerp- ontwerpsketse, sketse en 'n ontwerpsketse en 'n lys innoverende ontwerpsketse nie en geen sketse en 'n paar spesifikasies en verskeidenheid relevante spesifikasies en wat uiters goed geformuleer bewyse gevind spesifikasies beperkinge t.o.v. die spesifikasies en beperkinge t.o.v. die gegewe is en definieer die behoefte om te vorendag te kom. gegewe probleem beperkinge rakende probleem. volgens die gegewe 5 assesseer nie. Beperkinge t.o.v. vorendag te kom. die gegewe probleem. die gegewe probleem. probleem. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/PAT 2016 NSS KRITERIA 0 1 2 3 4 5 MOONTLIKE PUNT PUNT BEHAAL Sketswerk Geen poging is Verskaf irrelevante Verskaf 'n paar Verskaf relevante Verskaf sketse met korrekte Verskaf uitstekende sketse aangewend nie sketse wat beperkte relevante sketse sketse met korrekte lyne en simbole wat verband volgens die gegewe en geen bewyse tekenvaardighede met verkeerde lyne lyne en simbole. hou met die gegewe probleem. Oorweeg 5 gevind om te demonstreer. en/of verkeerde probleem. moontlike oplossings. assesseer nie. simbole. Materiaal-, Geen poging is Poog om party van Verskaf 'n Verskaf 'n lys van Verskaf 'n lys met 'n Verskaf 'n lys van die mees gereedskap- aangewend nie die materiaal, verkeerde of relevante materiaal, verskeidenheid relevante relevante materiaal, en toerusting- en geen bewyse gereedskap en onvoldoende lys gereedskap en materiaal, gereedskap en gereedskap en toerusting 5 lys gevind om te toerusting te noem. van materiaal, toerusting. toerusting benodig. benodig in 'n kreatiewe assesseer nie. gereedskap en formaat. toerusting. Algemene Geen poging is Poog om Toon beperkte Toon bewustheid, Toon bewustheid, kennis en Toon bewustheid, kennis en veiligheid aangewend nie veiligheids- bewustheid van kennis en toepassing toepassing van veiligheids- toepassing van veiligheids- en geen bewyse regulasies in ag te veiligheids- van veiligheidsregula- regulasies rakende verskeie regulasies rakende alle 5 gevind om te neem. regulasies. sies. situasies. toestande en neem assesseer nie. voorkomingsmaatreëls in ag. Kostebereke- Geen poging is Verskaf 'n Poog om kostebere- Verskaf koste- Verskaf kosteberekeninge Verskaf kosteberekeninge ninge en aangewend nie materiaallys met kening te doen. berekeninge met met gebruik van korrekte met gebruik van korrekte materiaallys en geen bewyse geen berekeninge. Gebruik verkeerde gebruik van korrekte eenhede en data ingesamel eenhede en data ingesamel gevind om te eenhede, data en eenhede en data en neem beperkinge in ag. en neem relevante 5 assesseer nie. materiaallys. ingesamel, sonder beperkinge in ag. om beperkinge in ag te neem. Vergelykings Geen poging is Geen vergelykings Swak vergelyking Vergelyking van 'n Deeglike vergelyking van 'n Deeglike vergelyking van aangewend nie nie. van een proses. verskillende verskillende prosesse, verskillende prosesse, en geen bewyse prosesse, vaardighede en materiaal. vaardighede en materiaal en 5 gevind om te vaardighede en kom tot 'n gevolgtrekking assesseer nie. materiaal. Portefeulje- Geen poging is Portefeulje is Die portefeulje is Die portefeulje is Die portefeulje is voltooi en Die voltooide portefeulje- aanbieding aangewend nie onvolledig en swak voltooi, maar swak voltooi en voldoende goed aangebied. aanbieding toon 'n hoë vlak en geen bewyse georden en georden en georden en voorberei. van innovering en 5 gevind om te voorberei. voorberei. kreatiwiteit. assesseer nie. TOTALE PUNT 50÷2=25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 21 DBE/PAT 2016 NSS 5.2 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE VERVAARDIGINGSPROSES BYLAE B KRITERIA 1 2 3 4 5 MOONTLIKE PUNT PUNT BEHAAL Veilige hantering Geen poging is Toon bewustheid Toon bewustheid en Toon genoeg kennis en Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis van gereedskap/ aangewend nie en van veiligheids- kennis van 'n paar bewustheid van en bewustheid van alle en bewustheid van alle toerusting geen bewyse maatreëls. veiligheidsmaatreëls. toepaslike veiligheids- toepaslike veiligheids- toepaslike veiligheids- 5 (sigmoderering) gevind om te maatreëls. maatreëls. maatreëls en pas assesseer nie. voorkomingsmaatreëls toe. Vaardighede met Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie kennis Toon genoeg kennis en Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis betrekking tot die aangewend nie en kennis en en vaardighede wat vaardighede wat verband en vaardighede wat en vaardighede wat hantering van geen bewyse vaardighede en verband hou met die hou met gereedskap en verband hou met verband hou met gereedskap en gevind om te toerusting hou gereedskap en toerusting gebruik en gereedskap en gereedskap en toerusting 5 toerusting assesseer nie. verband met die toerusting gebruik en bewyse van huishouding. toerusting gebruik en gebruik en uitstekende (sigmoderering) gereedskap huishouding. goeie huishouding. huishouding. gebruik. Kennis van Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie kennis Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis materiaal aangewend nie en agtergrondkennis van materiaal en die materiaal en die van materiaal en die van materiaal en die geen bewyse van materiaal eienskappe daarvan. eienskappe en konsepte eienskappe, konsepte eienskappe, konsepte en 5 gevind om te gebruik. daarvan. en beginsels daarvan. beginsels daarvan om assesseer nie. probleme op te los. Prosestegnieke Geen poging is Toon 'n bietjie Toon beperkte kennis Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis aangewend nie en kennis van van tegnieke gebruik. korrek geselekteerde oor hoe om relevante van korrek geselekteerde geen bewyse onvanpaste tegnieke. tegnieke korrek te en toegepaste tegnieke. 5 gevind om te tegnieke gebruik. selekteer en toe te pas. Neem moontlike assesseer nie. beperkinge in ag. Vaardighede Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie kennis Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis gebruik in aangewend nie en kennis van van vaardighede vaardighede benodig. van vaardighede van vaardighede benodig prosesse geen bewyse vaardighede benodig. benodig en neem 'n en neem relevante 5 (sigmoderering) gevind om te benodig. paar beperkinge in ag. beperkinge in ag. assesseer nie. TOTALE PUNT 25x2=50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 22 DBE/PAT 2016 NSS 5.3 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE KWALITEIT VAN DIE FINALE PRODUK BYLAE C KRITERIA 0 1 2 3 4 5 MOONTLIKE PUNT PUNT BEHAAL Ondersoek/Bekyk Geen poging is Die produk is Die produk is klaar, Die produk is klaar en Die produk voldoen aan die Die produk voldoen aan die probleem/ aangewend nie en onvolledig. Die maar ondersoek/ ondersoek/bekyk die doel waarvoor dit ontwerp die doel waarvoor dit behoefte geen bewyse voltooide produk bekyk glad nie die probleem of behoefte is, maar toon geen werklike ontwerp is en toon gevind om te het 'n tekort aan probleem of behoefte gedeeltelik. bewyse van innovering in innovering wat pas by die 5 assesseer nie. detail en maak nie. die oplossing van die probleem of behoefte interpretasie geïdentifiseerde probleem geïdentifiseer. moeilik. of behoefte nie. Afmetings en Geen poging is Afmetings verskil Afmetings verskil van Party afmetings verskil Afmetings verskil effens Maatskrywing en mates van die aangewend nie en heeltemal van oorspronklike van oorspronklike van oorspronklike ontwerp. afmetings kom heeltemal finale produk geen bewyse oorspronklike ontwerp, maar doen tekenontwerp. Meer Toon baie meer met oorspronklike gevind om te ontwerp. Toon 'n bietjie moeite om akkuraatheid en moeite akkuraatheid en moeite om ontwerp ooreen. 5 assesseer nie. geen moeite om korrekte afmetings te om korrekte afmetings korrekte afmetings te korrekte afmetings maak. te maak. maak. te maak nie. Voorkoms: Geen poging is Geen afwerking Produk se voorkoms Produk se voorkoms Produk se voorkoms meer Produk se voorkoms is Afwerking, vyl, aangewend nie en nie. Geen vylwerk, is nie aanvaarbaar aanvaarbaar as gevolg aanvaarbaar aangesien baie aanvaarbaar en toon skuur, slyp en geen bewyse verf of skuurwerk nie aangesien van party van die afwerking gedoen is, maar 'n hoë vlak van verf gevind om te nie. Toon min sommige van die afwerkingsmetodes wat geen verfwerk is gedoen innovering en kreatiwiteit. 5 assesseer nie. moeite om afwerkingsmetodes gebruik is. nie. voorkoms aan- nie gevolg is nie. vaarbaar te maak. Funksionaliteit Geen poging is Die produk is Die produk is voltooi, Die produk is klaar en Die produk is klaar, Die produk is klaar, van die finale aangewend nie en onvolledig en maar dit is glad nie funksioneer, maar toon funksioneer goed en toon funksioneer baie goed en produk. geen bewyse funksioneer glad funksioneel nie. geen nuwe 'n paar nuwe verbeterings toon baie nuwe Funksioneer die gevind om te nie. Toon geen nuwe verbeterings nie en min en innovering. verbeterings en 'n baie 5 produk behoorlik? assesseer nie. verbeterings nie. innovering. hoë vlak van innovering. Tydsbestuur Geen poging is Baie min bewyse Toon 'n beperkte Bewyse van realistiese Bestuur tyd goed volgens Bestuur tyd uitstekend aangewend nie en van tydsbestuur. gevoel van tydsbestuur in die oorspronklike plan. deur alternatiewe in ag te geen bewyse tydsbestuur, maar beplanning, maar hou neem volgens die 5 gevind om te beplanning is nie by die beplanning oorspronklike plan. assesseer nie. onrealisties. nie. TOTALE PUNT 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 23 DBE/PAT 2016 NSS 5.4 VERKLARING VAN EGTHEID BYLAE D VERKLARING VAN EGTHEID Die ONTWERPPORTEFEULJE is volgens een van die volgende metodes aangebied: Bronboek, Werkboek of Lêer. Dit is deel van die Vakportefeulje. Die ONTWERPPORTEFEULJE moet voltooi wees voor die aanvang van vervaardigingsproses Die volgende is by die ONTWERPPORTEFEULJE ingesluit: • Ontleding/Analisering van die probleem • Onderlinge verband tussen tegnologie, samelewing en die omgewing • Vermoë om idees te genereer • Verskaf 'n oplossing • Sketswerk (afmetings, sweissimbole, skale en projeksiesimbole) • Materiaal, gereedskap en toerusting • Algemene veiligheidsmaatreëls • Kosteberekening en materiaallys • Bewys van vergelykings tussen verskillende prosesse en vaardighede • Portefeulje-aanbieding 100% van hierdie PAT is onder toesig van die aangewese onderwyser en sonder die hulp van iemand anders gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat al die werk wat aangebied word die oorspronklike werk van die leerder self is. Prosesse wat nie deur die leerder gedoen is nie, is nie as deel van die leerder se werk geassesseer nie. Leerder Skool Distrik Handtekening Datum Leerder Onderwyser Hoof Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 24 DBE/PAT 2016 NSS 5.5 EKSTERNE/INTERNE MODERERINGSINSTRUMENT VIR PAT BYLAE E LANDBOUTEGNOLOGIE SKOOL:________________________________ EMIS Nr: _______________ ONDERWYSER:__________________________ GRAAD: _______________ VAK SPESIALIS/-ADVISEUR:_______________ DATUM: _______________ GETAL LEERDERS IN GRAAD:___________ GETAL LEERDERS WAT DIE VAK NEEM IN GRAAD 10–12:______ 1 TOESTAND VAN DIE Goed Aanvaarbaar Swak Opmerkings WERKSWINKEL    Vensters Plafon Vloer Oliebestande vloerverf Mure Ligte Voldoende getal elektriese muurproppe Elektriese muurproppe in werkende toestand Ventilasie Diefwering 2 ONDERWYSER JANEE Voorbereidingslêer:  PAT-riglyndokument  Puntestaat  Rubrieke vir leerders  Verwysingsmateriaal (bykomende inligting en bronne wat onderwyser aan leerders gee) Veiligheid:  Veiligheidskerms/-toestelle  Veiligheid van asetileen-/gassilinders  Sweisareas goed afgeskerm  Word die area om gevaarlike masjiene met geel lyne op die vloer afgebaken?  Brandblusser  Noodhulpkassie  Veiligheidsplakkate  Veiligheidstekens  Toepaslike BGV-wet (OHS Act) in die werkswinkel geïmplementeer  Is die getal leerders per sessie in die werkswinkel nie meer as 15 nie, soos deur die BGV-wet voorgeskryf? Gereedskap en toerusting:  Volledig toegeruste werkswinkel  Basiese gereedskap en toerusting  Beskadigde en gebreekte toerusting  Is daar skaduborde teen die mure of mobiele eenhede? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 25 DBE/PAT 2016 NSS Werkswinkelatmosfeer:  Plakkate  Uitstallings  Veilige uitleg  Is die werkswinkel doelgebou? Netheid vanstoorkamer:  Stoorkamer is goed georganiseer  Stoorkamer is skoon Netheid van die werkswinkel:  Werkswinkel is skoon 3 LEERDERS SE PAT-PROJEKLÊERS JA NEE Het die leerders die voorgeskrewe PAT gedoen? Indien nie, is die PAT-projek van dieselfde of 'n hoër standaard as die voorgeskrewe PAT? Het al die leerders PAT-portefeuljelêers? Het al die leerders 'n voltooide leerderpunte-opsommingstaat? Het al die leerders die verklaring van egtheid onderteken? (bl. 23) Het al die leerders afskrifte van die ontwerpprojek (bl. 10–17) in hul PAT-lêers? Het die leerders die volgende fases van die PAT bevredigend voltooi:  Ontwerp  Vervaardiging Is daar bewyse dat al die take deur die onderwyser geassesseer is? Is al die rubrieke voltooi en die totale korrek na die puntestaat oorgedra? Is die assessering wat die onderwyser gedoen het regverdig en betroubaar? Kom die puntetoekenning en die prestasievlak ooreen met die res van die provinsie? Moet daar 'n aanpassing van daardie gemiddeld gemaak word? 4 ALGEHELE KWALITEIT VAN DIE PROJEK JA NEE Het al die leerders die projek voltooi? Is al die leerders se werk intern gemodereer? Kom die finale projek en die ontwerpe in die portefeulje ooreen? Kom die punte wat deur die onderwyser in die rubrieke gegee is, ooreen met die beskikbare bewyse in die leerderportefeulje? 5 INTERNE/EKSTERNE MODERERING: JA NEE Is daar bewyse van interne moderering deur die departementshoof? Is daar bewyse van interne moderering deur die vakspesialis/-adviseur? 6 INTERNE/EKSTERNE MODERERING: JA NEE Is daar bewyse van eksterne moderering deur die departementshoof? Is daar bewyse van eksterne moderering deur die adjunkhoof? Is daar bewyse van eksterne moderering deur die vakspesialis/-adviseur? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboutegnologie 26 DBE/PAT 2016 NSS 7 Bykomende inligting. Heg getikte lyste met die volgende inligting aan. Lys van toerusting benodig in die Landboutegnologie-werkswinkel. Lys van toerusting wat oortollig is in die Landboutegnologie-werkswinkel. Lys van toerusting wat nie meer herstel kan word nie en wat afgeskryf moet word in die Landboutegnologie-werkswinkel. SAMEVATTENDE WAARNEMINGS: Onderwyser se Datum Departementshoof Datum handtekening se handtekening Vakadviseur se Datum Hoof se Datum handtekening handtekening Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 27 DBE/PAT 2016 NSS 5.6 PUNTESKEDULE BYLAE F LANDBOUTEGNOLOGIE – PAT SKOOL: _____________________________ SENTRUMNR.: ____________________________ EMISNOMMER: ___________________ STREEK: ____________________________ DISTRIK: _____________________________ JAAR:_____________ KWALITEIT VAN DIE FINALE Nr. Leerder ONTWERPPORTEFEULJE VERVAARDIGINGSPROSES PRODUK Beplanningsvaardighede: Vaardighede betrokke by die hantering Materiaal, gereedskap & benodighede Funksionaliteit van die finale produk. Veilige hantering van gereedskap en Vaardighede gebruik in die prosesse Kosteberekening en materiaallys Ondersoek/Bekyk die probleem/ Ontleding/Analise en diagnose TOTAAL: 25 (50 ÷ 2=25) TOTAAL 50 (25 ÷ 2=50) van gereedskap en toerusting TOTAAL A+B+C=100 Ontwikkeling van idees. Algemene veiligheid Aanbied van portefeulje toerusting (sigmoderering) Kennis van materiale (sigmoderering) Afmetings en mates Voorkoms: Afwerking Onderlinge verband tussen tegnologie, Tekeninge/Sketse (sigmoderering) Proses tegnieke behoefte TOTAAL 25 samelewing en omgewing. Oplossing Vergelykings Tydsbestuur 5 5 5 5 5 5 5 5 5 5 25 5 5 5 5 5 50 5 5 5 5 5 25 1. 2. Totaal: Totaal: Totaal: Gemiddeld : Gemiddeld : Gemiddeld : ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: ______________________ DATUM: _______________ HOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN HOOF: ______________________ DATUM: _______________ MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: _______________________ DATUM: _______________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie Downloaded from hlayiso.com 28 DBE/PAT 2016 NSS 5.7 KONSOLIDASIEVORM BYLAE G LANDBOUTEGNOLOGIE SKOOL: _______________________________________ SENTRUMNOMMER: _________________ EMIS NOMMER: ___________________ STREEK : _______________________________________ DISTRIK: ___________________________ JAAR:_____________________________ Vervaardiging van die produk Kwaliteit van die finale produk KANDIDAAT- Ontwerpportefeulje Gemodereerde punt KANDIDATE EKSAMENNOMMER TOTAAL 25 50 25 100 100 1. 2. Totaal: Gemiddeld: ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: _____________________ DATUM: _______________ HOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN HOOF: _____________________ DATUM: _______________ MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: _____________________ DATUM: _______________ Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Agricultural Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all