Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUTEGNOLOGIE
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





Agricultural Technology May June 2024 Afr
Agricultural Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Pages
- 19
- File size
- 842.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Landboutegnologie 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
en AFDELING B.
1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.
1.3 Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
1.4 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
1.5 Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
1.6 Toon ALLE berekeninge.
1.7 Skryf netjies en leesbaar.
2. AFDELING A: KORTVRAE
2.1 Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.
2.2 Volg die instruksies wanneer die vrae beantwoord word.
3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE
3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.
3.2 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Die stroomsterkte van 'n elektriese heining mag nooit hoër as
... ampère wees nie.
A 0,2
B 20
C 0,005
D 0,002
1.1.2 Wanneer daar met veselglas gewerk word, word die
verhardingsmiddel die ... genoem.
A katalisator
B hars
C gom
D epoksi
1.1.3 Identifiseer EEN van die volgende eienskappe wat die beste by die
transmissie-olie wat in 'n trekker se hidrouliese stelsel gebruik
word, pas:
A Vlugtig
B Saampersbaar
C Duur
D Bly vloeibaar oor 'n wye temperatuurspeling
1.1.4 Die tande van hierdie soort rat loop teen 'n skuinshoek in albei
rigtings en kan nie van die kant af ingekam word nie:
A Reguittandrat
B Heliese rat
C Dubbele heliese rat
D Tussenrat
1.1.5 Noem EEN nadeel van V-bande:
A Gly maklik van katrolle af
B Maklik om te las
C Baie gevaarliker as plat bande
D Onderhewig aan strekking
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.1.6 'n ... dui die gasdruk in die silinders van 'n oksiasetileenstel aan.
A Ontladingsklep
B Gekalibreerde glasbuis met 'n metaalbal binne-in
C Drukmeter
D Terugflitsindikator
1.1.7 … is NIE een van die funksies van 'n GPS in 'n moderne stroper
NIE.
A Opbrengsmonitering
B Onafhanklike stuur
C Opsporing van meganiese probleme
D Posisiebepaling van die stroper
1.1.8 'n Fotovoltaïese paneel gebruik die … in die sonstrale om
elektriese energie op te wek.
A fotone
B X-strale
C ultraviolet strale
D hitte
1.1.9 'n Voorbeeld van vaste uitgawes op 'n trekker:
A Brandstof
B Arbeid
C Depresiasie
D Herstelwerk
1.1.10 'n Songeiserstelsel konsentreer die hitte vanaf die son op die ... om
water warm te maak.
A glasbuise
B litiumselle
C plasmafilament
D fotonoppervlak (10 x 2) (20) 20242
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.2 Verander die onderstreepte woord(e) in die volgende om die stellings WAAR
te maak. Skryf slegs die toepaslike woord(e) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.
1.2.1 Brons is 'n metaalallooi wat van koper en gietyster gemaak word.
1.2.2 Die bande van 'n trekker kan met helium gevul word om die
massaverplasing van 'n trekker positief te verander.
1.2.3 Gedurende oorhoofse gassweising help die krag van die boog om
die gesmelte metaal in posisie te hou.
1.2.4 Die smeltpunt van Vesconite is 327 °C en dit word as 'n deklaag in
bakpanne gebruik.
1.2.5 Chroom word as 'n allooi-element in vlekvrye staal gebruik en dit
help om staal 'n redelike hoeveelheid taaiheid teen lae temperature
te gee. (5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Kapitaal gebruik om A beweeglike kapitaal
kontrakteurs vir werk en
herstelwerk wat op 'n plaas B termiese beelde
gedoen is, te betaal
C mikrobesproeiing
1.3.2 Tipe kapitaal gebruik om krale
op 'n plaas te verbeter en om D vaste kapitaal
boorgate te sink
E ewenaarslot
1.3.3 Word gebruik om ondergroei-
areas in 'n mielieland te bepaal F lopende uitgawes
1.3.4 Word gebruik om beide wiele G bedryfskapitaal
op 'n as te sluit soos op 'n
gemeenskaplike as H kruiskoppeling
1.3.5 Water word direk na die I oorhoofse besproeiing
wortels van plante gelewer
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die prent hieronder toon 'n vlekvryestaal-melktenk wat gebruik word om vars
melk in die melkstal te stoor.
2.1.1 Verduidelik waarom chroom 'n geskikte allooi vir die vervaardiging
van melktenks is. (3)
2.1.2 Watter allooi-element, behalwe chroom, kan by vlekvrye staal
gevoeg word om weerstand teen lug, water en baie sure en alkalië
te verseker? (1)
2.2 'n Waterpypstelsel moet in 'n melkstal geïnstalleer word om skoon lopende
water te verseker.
2.2.1 Gee 'n rede waarom koper nie 'n geskikte materiaal vir die
vervaardiging van pyptoebehore is nie. (1)
2.2.2 Noem die allooi-element wat saam met koper gebruik word om
duursame geelkoperpyptoebehore te vorm. (1)
2.2.3 Noem DRIE eienskappe van geelkoper. (3)
2.3 Maak 'n lys van DRIE algemene gebruike van tin. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.4 Die prent hieronder toon 'n onderdeel wat met 'n kleefmiddel herstel moet
word.
2.4.1 Noem TWEE belangrike aspekte wat in ag geneem moet word
wanneer 'n spesifieke kleefmiddel vir 'n hersteltaak gekies word. (2)
2.4.2 Bespreek hittebestandheid as 'n eienskap van 'n kleefmiddel. (2)
2.4.3 Verduidelik die verskil tussen die duur van bruikbaarheid en die
bindingsduur van kleefmiddels. (2)
2.5 Die prent hieronder toon 'n veselglaskano.
2.5.1 Noem VIER kenmerke van veselglas wat dit 'n geskikte materiaal
vir die vervaardiging van klein bootjies maak. (4)
2.5.2 Noem VIER voorkomingsmaatreëls wat deur die persoon wat met
veselglas werk, geneem moet word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.6 Die tabel hieronder toon 'n paar tipes materiaal wat op plase gebruik word.
Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (2.6.1 tot 2.6.3) in die
ANTWOORDEBOEK.
MATERIAAL BESKRYWING GEBRUIKE
Gespesialiseerde Busse
termoplastiek vervaardig Wassers
2.6.1 … (1)
van interne gesmeerde Slytplate
polimere Sluitpenne
'n Plastiek met die
2.6.2 …
Teflon laagste
(TWEE gebruike) (2)
wrywingskoëffisiënt
Gereedskap
Brons 2.6.3 … (2) Wapens
Klokke (5)
2.7 Die illustrasie hieronder toon 'n elektriese heining wat op 'n plaas gebruik
word om weiding te bestuur.
2.7.1 Noem deel A. (1)
2.7.2 Identifiseer die toestel wat in die illustrasie getoon word wat die
elektrisiteit vir die elektriese heining verskaf. (1)
2.7.3 Noem die funksie van deel B. (1)
2.7.4 Noem die materiaal waarvan deel B vervaardig word. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3: ENERGIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Alternatiewe energiestelsels soos die een wat hieronder getoon word, speel 'n
groot rol in elektrisiteitverskaffing op plase.
3.1.1 Noem TWEE gevalle waar 'n klein windturbine op 'n plaas kan
nuttig wees. (2)
3.1.2 Noem TWEE nadele van windturbines. (2)
3.1.3 Beskryf die belangrikheid van 'n groter lemoppervlakte van 'n
windturbine met betrekking tot die opwekking van elektriese
energie. (2)
3.1.4 Noem die toestel wat in die kop van die windturbine geïnstalleer
word om wringkrag te verminder en insetspoed van die as na die
opwekker te verhoog. (1)
3.2 Die prent hieronder toon 'n alternatiewe energiestelsel.
3.2.1 Identifiseer die tipe alternatiewe energiestelsel in die prent hierbo. (1)
3.2.2 Noem 'n geskikte materiaal vir die deklaag op die panele en noem
EEN eienskap van hierdie deklaag. (2)
3.2.3 Batterye kan met gebruik van die stelsel hierbo gelaai word. Wat
kan in die stelsel geïnstalleer word om die oorlading van die
batterye te voorkom? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
3.3 Bestudeer die tabel hieronder en herrangskik die werksbeginsels van 'n
geotermiese kragstasie in die korrekte volgorde, bv. 9, 7, 10, 8, 6.
STAPPE OPWEKKINGSVOLGORDE
1 'n Kondensator koel die stoom af en water word gevorm
2 Ondergrondse hittebron verhit die water
Opgewekte elektriese energie word na die nasionale netwerk
3
gestuur
4 Koue water word in die boorgat ingepomp
5 Stoom word na 'n turbine- en kragopwekkereenheid oorgedra (5)
3.4 Beskryf die term biobrandstof en gee EEN voorbeeld van so 'n brandstof. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die prent hieronder toon 'n onderdeel van die MIG-sweisapparaat.
4.1.1 Identifiseer die onderdeel van die MIG-sweisapparaat wat deur die
sweisoperateur gebruik word om die elektriese lading na die
werkstuk te aktiveer wat die vuldraad smelt. (1)
4.1.2 Beskryf die MIG-sweisproses. (5)
4.1.3 Noem die samestelling van die MIG-sweising-afskermgas. (3)
4.1.4 Noem VIER probleme tydens sweiswerk wat sal verhoed dat die
sweisdraad deur die sweispistool gevoer word. (4)
4.1.5 Identifiseer die sweisdefek wat deur A in die illustrasie hieronder
aangedui word en noem TWEE moontlike oorsake.
(3)
4.2 Beskryf die prosedure wat gevolg moet word wanneer gegalvaniseerde
metaal vir die sweisproses voorberei word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
4.3 Teken 'n skets met byskrifte van 'n horisontaal-vierkantige stuiksweislas. Dui
die hoek van die sweiselektrode en die beweegrigting aan.
Punte sal vir die volgende toegeken word:
Ontwerp 1
Hoek van elektrode 1
Beweegrigting 1
Netheid 1
Byskrifte 1 (5)
4.4 Die sweisvlak verander gedurig soos wat die sweiser 'n las op 'n pyp sweis.
Noem DRIE pypsweisposisies. (3)
4.5 Die prent hieronder toon 'n tipe oksiasetileen-apparaat.
4.5.1 Watter metale moet NIE met die toestel hierbo gesny word NIE?
Motiveer die antwoord. (2)
4.5.2 Wat gebeur wanneer die brander tydens die sny van 'n dik
metaalplaat te vinnig beweeg word? (3)
4.6 Die prent hieronder toon 'n plasmasny-spuitstuk.
4.6.1 Noem die materiaal wat gebruik word om die plasmasnyer-
spuitstukdoppie te vervaardig. (1)
4.6.2 Noem DRIE eienskappe van die materiaal wat in VRAAG 4.6.1
genoem is. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 Die prente hieronder toon TWEE tipes grassnyers. Beantwoord die vrae wat
volg.
A B
5.1.1 Identifiseer die kragbronne van snyer A en van snyer B. (2)
5.1.2 Noem TWEE instandhoudingstake wat op snyer B uitgevoer moet
word. (2)
5.1.3 Noem TWEE veiligheidswenke wanneer daar met grassnyers
gewerk word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
5.2 'n Hamermeul word gebruik om verskillende soorte dierevoer fyn te maal.
5.2.1 Identifiseer die veiligheidsgevare wat in ELK van die prente
hieronder uitgebeeld word.
A B
C D
(4)
5.2.2 Wanneer 'n hamermeul geïnstalleer word, moet dit op 'n gelyke
oppervlak gedoen word.
Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer die antwoord. (3)
5.2.3 'n KAT('PTO')-dryfas kan 'n rotasiespoed van tot 2 800 r/min
(revolusies per minuut) bereik. Bepaal hoeveel revolusies per
sekonde sal plaasvind. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 15 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
5.3 Pas ELKE toestel in die tabel hieronder by 'n gebruik. Skryf slegs die letter
(A–E) langs die vraagnommers (5.3.1 tot 5.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
TOESTEL GEBRUIK
5.3.1
A. wielsluitmeganisme wat op
4x4-voertuie gebruik word
5.3.2
B. 'n toestel wat 'n dryfas help om
teen 'n hoek te werk
5.3.3
C. verskaf tweerigting-krag
5.3.4
D. plaas dryfkrag vanaf die trekker
na die gesleepte implement oor
5.3.5
E. word gebruik om 'n sleepwa aan
'n trekker se sleepstang te haak
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 16 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
5.4 Die baalmasjien in foto A maak ronde bale en die baalmasjien in foto B maak
reghoekige bale.
A B
5.4.1 Skryf, in tabelvorm, TWEE voordele en TWEE nadele van ELKE
tipe baalmasjien neer. (8)
5.4.2 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om groot bale op
'n sleepwa te laai. (2)
5.4.3 Sekere veiligheidsmaatreëls moet gevolg word wanneer bale na 'n
stoor vervoer word. Noem TWEE van hierdie veiligheidsmaatreëls. (2)
5.5 Die driepuntmeganisme op 'n trekker word aan verskillende implemente
gekoppel om 'n verskeidenheid primêre en sekondêre bewerkingstake te
verrig.
5.5.1 Noem die onderdeel wat die beweging van die opligarms moontlik
maak. (1)
5.5.2 Noem onderdeel A. (1)
5.5.3 Verduidelik wat met die ploeg sal gebeur as die boonste stang,
gemerk B, nie gekoppel is wanneer die trekker vorentoe begin
beweeg nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 17 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
5.6 Enkel- en dubbelwerkende hidrouliese silinders word algemeen in
plaasgereedskap vir 'n verskeidenheid doeleindes gebruik. Identifiseer die
tipes hidrouliese silinders wat in die prente hieronder getoon word.
5.6.1 Voertuigdomkrag 5.6.2 Laaigraaf 5.6.3 Hidrouliese pers
(3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 18 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 6: WATERBESTUUR
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Bestudeer die prent van 'n spilpuntbesproeiingstelsel hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
6.1.1 Noem TWEE voordele van die gebruik van hierdie
besproeiingstelsel. (2)
6.1.2 Noem TWEE kommunikasietoestelle wat 'n boer kan gebruik om
die stelsel effektief te beheer. (2)
6.1.3 Noem TWEE wenke wat 'n boer in ag moet neem voordat die tipe
bemestingstof gekies word wat deur 'n spilpuntbesproeiingstelsel
toegedien word. (2)
6.2 Bestudeer die twee waterpompmetodes hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
A B
6.2.1 Wanneer sal 'n boer pomp A bo pomp B verkies? (3)
6.2.2 Maak 'n lys van DRIE faktore om in ag te neem wanneer 'n nuwe
pomp vir 'n besproeiingsland gekies word. (3)
6.2.3 Gee DRIE redes waarom PVC-pype bo staalpype verkies word om
water aan 'n besproeiingstelsel te voorsien. (3)
6.2.4 Die waterbron in prent A het 'n volume van 72 000 liter. Die pomp
het 'n pompkapasiteit van 120 ℓ/min. Bereken die tyd wat dit sal
neem om die waterbron leeg te pomp. Toon ALLE berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 19 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
6.3 Noem TWEE tipes dreineringstelsels wat gebruik kan word om oortollige
water rondom die geboue van 'n melkplaas te verwyder. (2)
6.4 Noem TWEE verskillende watersuiweringsmetodes wat gebruik kan word om
brak water te suiwer. (2)
6.5 Bestudeer die prent van 'n huis se rioolwaterstelsel hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.
6.5.1 Verduidelik die konstruksie en werking van die verspreidingsveld
wat aan die septiese tenk gekonnekteer is. (3)
6.5.2 Gee TWEE redes waarom 'n verspreidingsveld NIE naby
drinkwater-installasies of boorgate gebou moet word NIE. (2)
6.6 Noem TWEE gevalle waar VTT (veranderlike tempo tegnologie) in
presisieboerdery gebruik kan word. (2)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Agricultural Technology Nov 2025 Eng

Question paper
Agricultural Technology Nov 2025 Afr

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 Afr

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 Eng

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Agricultural Technology May June 2024 MG Afr

Memorandum
Agricultural Technology May June 2025 MG Afr

Question paper
Agricultural Technology May June 2023 Eng hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology May June 2023 Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology May June 2023 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology May June 2023 MG Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Tech ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr

Question paper
Agricultural Technology Nov 2023 Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology Nov 2022 MG Afr hlayiso.com

Question paper