Downloaded from hlayiso.com
LANDBOUTEGNOLOGIE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2017
Hierdie dokument bestaan uit 26 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentDocument 











View all
Agricultural Technology PAT GR 12 2017 Afr hlayiso.com
Agricultural Technology · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Practical assessment task, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Document
- Year
- 2017
- Pages
- 26
- File size
- 813.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 26
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 2 DBE/PAT 2017
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 3
2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2017 3
2.2 Hoe om die PAT te administreer 4
2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek 6
2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje 6
2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses 7
2.3.3 Fase 3: Finale produk 7
2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering 7
2.4.1 Kriteria en riglyne om die ontwerpportefeulje te assesseer 8
2.4.2 Kriteria en riglyne om die vervaardigingsproses te assesseer 8
2.4.3 Kriteria en riglyne om die gehlate/kwaliteit van die finale produk
te assesseer 8
2.5 Moderering van die PAT 9
3. RIGLYNE VIR LEERDERS 10
3.1 Inleiding 10
3.2 Illustrasie van die PAT 10
3.3 Snylys en kosteberekening 11
3.4 Lys van verbruikbare materiaal en gereedskap benodig 11
3.5 Stappe om te volg vir die vervaardigingsproses 12
3.6 Alternatiewe ontwerpe 15
4. GEVOLGTREKKING 16
5. ASSESSERINGSRUBRIEKE 17
5.1 Assesseringsrubriek vir die ontwerpportefeulje Bylae A 17
5.2 Assesseringsrubriek vir die vervaardigingsproses Bylae B 19
5.3 Assesseringsrubriek vir die finale produk Bylae C 20
5.4 Verklaring van Egtheid Bylae D 21
5.5 Eksterne/interne modereringsinstrument vir PAT Bylae E 22
5.6 Punteskedule Bylae F 25
5.7 Konsolidasievorm Bylae G 26
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 3 DBE/PAT 2017
NSS
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie
vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en
ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese
komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde
van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar
geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid
om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit
maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n
geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is
dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese
assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en
uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS
2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2017
Die doel van die PAT is om leerders te leer om tegnologiese probleme in die
landbou-omgewing met gebruik van kritiese, innoverende en
denkvaardighede op te los.
Die PAT bestaan uit 'n ontwerpkomponent, vervaardigingskomponent en 'n
finale produk. Die PAT lei die leerder om te ontwerp en die produk te
ontwikkel volgens tegnologiese prosesse.
Skole sal aan die begin van kwartaal 4 van die graad 11-jaar oor die
graad 12-projek ingelig word om die onderwyser en leerder geleentheid te
gee om vooraf beplanning te doen.
'n Scenario en 'n volledige uitleg van die voorbeeldmodel wat as die PAT vir
2017 gebruik kan word, word op die volgende bladsy gegee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 4 DBE/PAT 2017
NSS
SCENARIO
Persoonlike veiligheid is baie belangrik in elke werksplek en plaassituasie waar
fisiese arbeid vir praktiese werk gebruik word. Ernstige beserings van
plaaswerkers kan voorkom word deur gepaste toerusting te gebruik wanneer
heiningpale uit die grond getrek word.
Ontwerp 'n toerustingstuk wat jy effektief kan gebruik om heiningpale wat stewig
in die grond is uit die grond te trek. Die stuk toerusting moet veelsydig wees sodat
dit in verskeie toestande en omstandighede gebruik kan word. Dit moet lig,
eenvoudig, duursaam en maklik wees om te hanteer, maar sterk genoeg om
swaar laste te dra. Die stuk toerusting moet opvoubaaar wees en moet nie veel
bergingspasie opneem nie.
Gebruik verskeie tegnologiese prosesse om jou te help met die ontwerp en
vervaardig van die stuk toerusting, bv.: beplanning, ondersoek, navorsing en
verskeie praktiese vaardighede.
2.2 Hoe om die PAT te administreer
Die onderwyser moet hierdie PAT-dokument gebruik as 'n riglyn om die PAT
te doen. Die leerder self, met die onderwyser se leiding, moet die hele PAT
ontwerp en beplan. Die onderwyser sal slegs die probleemstelling aan die
leerders verskaf. Die idee is dat die leerders almal verskillende PAT-ontwerpe
moet hê. Die onderwyser moet die leerder se ontwerp vir die praktiese kant
daarvan evalueer en voorstelle maak voordat die leerder die finale
ontwerpportefeulje voorlê/inlewer.
Indien die skool/leerders besluit om 'n alternatiewe PAT te doen, moet
daardie PAT voldoen aan die voorgeskrewe standaarde wat in hierdie PAT-
riglyndokument uiteengesit is. Dit moet bewyse van die ontwerpportefeulje,
werksprosedure, rubrieke en bewyse van die finale produk insluit. Die kriteria
en formaat om die ontwerpportefeulje, vervaardigingsproses en finale produk
te assesseer, moet dieselfde as dit in die voorgeskrewe PAT wees.
Die projek moet uit ten minste SEWE van die kriteria, soos op bladsy 46 en
47 van die Landboutegnologie: Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
(KABV) aangedui, bestaan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 5 DBE/PAT 2017
NSS
Die model moet funksionele waarde hê en moet geskik wees om in werklike
omstandighede in 'n plaas- en werkswinkelsituasies te gebruik. Die leerders
moet vertroud wees met die assesseringskriteria voordat hulle met die taak
begin. Die PAT moet onder toesig van die aangewese onderwyser gedoen
word.
Die praktiese assesseringstaak in graad 12 word ekstern opgestel, intern
geassesseer en ekstern gemodereer. Die projek word onder gekontroleerde
toestande voltooi en met behulp van 'n rubriek geassesseer.
Die promosiepunt van Landboutegnologie bestaan uit 'n PAT-komponent van
100 punte (25%), 'n skoolgebaseerde assessering (SGA)-komponent van
100 punte (25%) en 'n eindeksamenkomponent van 200 punte (50%).
Die PAT dra 25% tot die finale promosiepunt (400) in graad 12 by. Die praktiese
assesseringtaak tel 100 punte en bestaan uit 'n ontwerpportefeulje (25 punte),
vervaardigingsproses (50 punte) en die finale produk (25 punte).
Voordat 'n leerder met die vervaardigingsproses kan begin, moet die
ontwerpportefeulje voltooi wees en deur die onderwyser geassesseer word. Die
rede hiervoor is sodat die onderwyser ontwerpfoute, wat gekorrigeer moet word,
vir die leerder kan identifiseer.
Die ontwerpportefeulje en finale produk moet vir monitering en moderering
beskikbaar wees. Die PAT moet deur die onderwyser geëvalueer, nagegaan en
gewaarmerk wees voordat dit as die leerder se finale bewys van prestasie
voorgelê word.
Die onderwyser se PAT-lêer moet bewyse bevat van:
(a) Die PAT-opdrag
(b) 'n Volledige assesseringsrekord wat altyd vir moniterings- en
modereringsdoeleindes beskikbaar moet wees
Die ontwerpportefeulje en die projek moet gedurende die hele skooljaar vir
monitering en moderering by die skool beskikbaar wees.
Eksterne moderering sal deur die onderskeie provinsiale moderators en die
nasionale Departement van Basiese Onderwys gedoen word. Geen leerder
word toegelaat om sy/haar projek huis toe te neem voordat finale moderering
nie afgehandel is nie.
Indien 'n onderwyser sou versuim om 'n rekord van die PAT-assessering te hou,
is dit wangedrag en sal dit volgens paragraaf 5(3) van die beleidsdokument,
Nasionale Beleid oor die Afneem, Administrasie en Bestuur van die Nasionale
Senior Sertifikaat: 'n Vlak 4-kwalifikasie op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk
(NKR), of ander gepaste maatreëls, hanteer word.
Die afwesigheid van punte vir die praktiese assesseringstaak in graad 10–12,
sonder 'n geldige rede, sal daartoe lei dat die kandidaat wat vir die vak
geregistreer is onvolledige uitslae sal kry. Die kandidaat sal drie weke voor die
begin van die finale jaareindeksamen gegee word om die uitstaande praktiese
assesseringstaak voor te lê. Indien die kandidaat sou versuim om die praktiese
assesseringstaak voor te lê, sal hy/sy ingelig word dat hy/sy nie aan die
minimum vereistes vir promosie voldoen het nie en dat hy/sy die vak die
volgende jaar sal moet herhaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 6 DBE/PAT 2017
NSS
2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek
Die projek moet in die volgende drie fases voltooi word:
2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje
Leerders moet die probleem of behoefte in hulle gekose projek
identifiseer. Hy/Sy moet ook die projek ondersoek, idees skep en tot
moontlike ontwerpoplossings kom om die model te vervaardig, te
evalueer en 'n oplossing vir die probleem/behoefte te gee. Die
bewyse vir hierdie fase word in die ontwerpportefeulje geplaas wat
in kwartaal 4 van die graad 11-jaar begin kan word en voortduur tot
die einde van Januarie van die graad 12-jaar. In hierdie fase moet
die leerder aangemoedig word om kreatief te wees en inisiatief te
toon.
'n Verklaring van Egtheid (BYLAE D) moet voor finale moderering
deur elke leerder voltooi word.
Die ontwerpportefeulje moet bewyse bevat van hoe die ontwikkeling
van die produk benader is, soos hieronder aangetoon:
• Analisering/Ontleding en beplanning van die opdrag
• Verband tussen tegnologie en samelewing en omgewing
• Sketse, diagramme of berekenings
• Materiaal gebruik
• Gereedskap gebruik
• Algemene veiligheidsmaatreëls van toepassing
• Vergelyking van prosesse en gereedskap wat gebruik moet word
• Kosteberekening en materiaallys
• Kennis en vaardighede vereis in die vervaardigingsproses
• Vervaardigingsprosesse wat gevolg is
• Tydsbeplanning van die begin tot by die finale produk
• Navorsing of ondersoeke onderneem
• Enige ander inligting rakende die projek
Formaat van die ontwerpportefeulje:
Voorblad: Naam van Leerder:
Graad:
Skool:
Eksamennommer:
Jaar:
Inhoudsopgawe: Opdrag
Beplanning en navorsing
Ontwerpsketse
Materiaallys
Gereedskap benodig en relevante
veiligheidsmaatreëls
Vergelykings van prosesse en gereedskap wat
gebruik gaan word
Kosteberekeninge
Bronnelys
Stappe wat gevolg moet word
Enige bykomende inligting
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 7 DBE/PAT 2017
NSS
2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses
Leerders begin met die konstruksie van die werklike model aan die
begin van Februarie, in kwartaal 1, of sodra die leerder die
ontwerpportefeulje voltooi het en dit deur die onderwyser
goedgekeur is. Die leerder begin dan met Fase 2. Die model moet
teen die middel van kwartaal 3 in graad 12 voltooi wees.
Daar word van die leerder verwag om die model in die skool se
werkswinkel te vervaardig, onder toesig van die onderwyser.
Prosesse wat nie deur die leerder uitgevoer is nie, kan nie as deel
van die leerder se werk geassesseer word nie.
Die model moet 'n aantal praktiese vaardighede insluit, maar
onthou dat die model aan die minimum aantal vaardighede moet
voldoen, soos voorgeskryf in die KABV-dokument.
Die onderwyser moet gedurende die vervaardigingsproses
deurlopend assesseer om die vervaardigingsproses te evalueer en
sekere vaardighede te assesseer, met behulp van die aangehegte
rubriek (BYLAE B).
2.3.3 Fase 3: Finale produk
Leerders moet die modelle teen die einde van die kwartaal 3 vir
assessering voorlê. Die beplanning gedoen in fase 1 (ontwerp-
portefeulje) moet ook vir assessering van die finale produk
voorgelê word. Vir finale assessering moet die model voltooi en
funksioneel wees.
2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering
Die PAT bestaan uit drie fases. Elke fase moet deur die onderwyser, met
behulp van die aangehegte rubrieke, geassesseer word.
• Die ONTWERPPORTEFEULJE moet nie later as die einde van kwartaal 1
nie, voltooi en nagesien wees. Sodra 'n leerder klaar is met die
ontwerpportefeulje en dit deur die onderwyser geassesseer en
goedgekeur is, kan hy/sy met fase 2 voortgaan. Die onderwyser moet die
rubriek op BYLAE A gebruik om die ontwerpportefeulje te assesseer.
• Die VERVAARDIGINGSPROSES is 'n deurlopende proses en die
verskillende vaardighede moet voortdurend deur die onderwyser
geassesseer word wanneer die verskillende vaardighede toegepas word.
Die rubriek op BYLAE B moet gebruik word.
• Die FINALE PRODUK moet met behulp van die rubriek op BYLAE C
geëvalueer en geassesseer word.
• BYLAE D is die Verklaring van Egtheid en moet deur elke leerder en die
onderwyser voltooi word.
• BYLAE E moet deur die onderwyser gebruik word om te verseker dat die
Landboutegnologie-werkswinkel en -geriewe vir eksterne moderering op
standaard is.
• BYLAE F en G is voorbeelde van puntestate wat gebruik kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 8 DBE/PAT 2017
NSS
2.4.1 Kriteria en riglyne om die ONTWERPPORTEFEULJE te
assesseer (25 punte)
• Ontleding van die probleem
• Onderlinge verband tussen tegnologie, samelewing en die
omgewing
• Vermoë om idees te skep/genereer
• Gee 'n oplossing
• Sketswerk (maatskrywing, sweissimbole, skaal en projeksie-
simbole)
• Materiaal, gereedskap en toerusting
• Algemene veiligheidsmaatreëls
• Kosteberekening en materiaallys
• Bewyse van vergelykings tussen verskillende prosesse en
vaardighede
• Portefeulje-aanbieding.
2.4.2 Kriteria en riglyne om die VERVAARDIGINGSPROSES te
assesseer (sigmoderering) (50 punte)
• Veilige hantering en instandhouding van gereedskap en
toerusting
• Vaardighede verwant aan die behoorlike gebruik en
instandhouding van gereedskap en toerusting
• Kennis van materiaal om probleme op te los
• Toepassing van verskillende tegnieke en prosesse
• Vaardighede getoon in die toepassing van prosesse
2.4.3 Kriteria en riglyne om die GEHALTE/KWALITEIT van die
FINALE PRODUK te assesseer (25 punte):
• Die produk voldoen aan die doel waarvoor dit ontwerp is en
toon innovering wat by die probleem pas
• Afmetings en mates van die finale produk
• Voorkoms: Afwerking sluit vyl, slyp, skuur en verf in
• Verseker dat die produk behoorlik funksioneer
• Tydsbestuur: Gaan die volledigheid van die model na
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 9 DBE/PAT 2017
NSS
2.5 MODERERING VAN DIE PAT
• Interne moderering (Departementshoof)
Die onderwyser en leerder se PAT-portefeuljes moet deur die
departementshoof of senior onderwyser van die vak by die skool
gemodereer word.
• Eksterne moderering (Vakspesialis/-adviseur)
Die vakspesialis/-adviseur moet een keer per kwartaal eksterne
moderering doen. Die vakspesialis/-adviseur moet aan die einde van
kwartaal 1 die ontwerpportefeulje assesseer. Die werklike
vervaardigingsproses deur die leerder moet gedurende kwartaal 2
gemodereer word. Die finale produk asook die finale PAT-punt moet in
kwartaal 3 gemodereer word.
• Eksterne moderering (Nasionale paneel)
'n Paneel moderators wat deur die nasionale Departement van Basiese
Onderwys aangestel is, sal die PAT en praktiese werkswinkel modereer.
BYLAE E is die modereringsinstrument wat deur die nasionale paneel vir
moderering by skole gebruik sal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 10 DBE/PAT 2017
NSS
3. RIGLYNE VIR LEERDERS
3.1 Inleiding
Die model wat die leerders moet maak, moet die prosesse insluit wat vanaf
graad 10 in die teoretiese werk geleer is. Hierdie prosesse is deel van die
verskillende take wat op 'n plaas verrig kan word. Die leerders gebruik die
vaardighede en kennis wat in Landboutegnologie bekom is, om hierdie projek
te voltooi.
Let daarop dat die ontwerpportefeulje vir graad 12 in kwartaal 4 van die
graad 11-jaar begin moet word en teen week 3 van kwartaal 1 van die
graad 12-jaar voltooi moet wees. Die konstruksieproses moet teen die einde
van kwartaal 2 voltooi wees. Assessering en moderering sal deurlopend
gedoen word.
3.2 Illustrasie van die PAT
Die twee foto's hieronder toon 'n trollie wat gebruik word om swaar voorwerpe
rond te skuif.
Heiningpaaluittrekker
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 11 DBE/PAT 2017
NSS
3.3 Snylys en kosteberekening
Die materiaal hieronder moet aangekoop en volgens die mates gegee,
gesny/gesaag word. Die pryse van die onderdele is bepaal volgens pryse toe
die projek beplan is.
ONDERDEEL- KOMPONENT- TIPE MATES HOEVEEL KOSTE
NOMMER NAAM MATERIAAL -HEID
1 Hoofraam Platstaaf 360 x 30 x 8 mm 2 R30,00
2 Raamspasiebalk Platstaaf 12 x 12 x 50 mm 1 R6,00
U-yster
3 Voetstuk 210 x 57 x 51 mm 1 R29,00
4 Hefboom Platstaaf 500 x 50 x 12 mm 1 R39,00
5 Hefboomhandvatsel Metaalpyp 300 x Ø 50 mm (4) 1 R31,00
6 Kake Platstaaf 200 x 50 x 16 mm 1 R18,00
7 Kontakpunt Platstaaf 50 x 50 mm 2 R17,00
8 Greepplaat Platstaaf 50 x 30 mm 1 R9,00
9 Bout en moer Bout en moer M10 x 60 mm 1 R3,10
10 Bout en moer Bout en moer M12 x 60 mm 2 R6,20
Materiaalkoste R188.30
Verbruikbare
R55,00
materiaal
Totalekoste R 243.30
3.4 Lys van verbruikbare materiaal, masjiene en gereedskap wat benodig
word om die projek te vervaardig
Gereedskap wat benodig word
Metaalsnymasjien/Hoeksnymasjien Verstekhaak Swaaihaak
Voetstukboormasjien Ystersaag Plat en ronde vyl
Oksiasetileen-snystel Kraspen Pypbuigapparaat
MIG-sweismasjien Senterpons Persoonlike
beskermingsdrag
Omsettersweismasjien/ Hamer Verfkwas
boogsweismasjien
Plasmasnyer Meetband Besem
Moersleutels en tange Staalliniaal
Verbruikbare materiaal
Staalboorpunt Ø 10 en 12 mm Terpentyn
Amarilskuur/Snylemme/Plasmasnyer-bykomstighede Handskoonmaakmiddel
(spuitstukke, invoegstukke, spasieerstukke)
Boogsweisstafies Onderlaagverf
MIG-voerdraad en -gas Verf vir finale laag
Ystersaaglemme Skuurpapier
Oksiasetileengas vir opwarming, snywerk en buigwerk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 12 DBE/PAT 2017
NSS
3.5 Stappe om te volg vir die vervaardigingsproses
VOORGESTELDE WERK-/TYDSKEDULE Datum
voorspel
Ongeveer 2 uur per week word benodig vir die PAT soos voorgeskryf
in die KARV-dokument.
Ongeveer 18 weke (36 ure) is beskikbaar vir die vervaardigingsproses
A ONTWERPPORTEFEULJE (25 Punte)
1. PAT-probleemstelling/taak moet aan leerlinge uitgedeel word. Die Week 1
onderwyser moet die probleemstelling/taak aan die leerlinge
verduidelik. Leerlinge het DRIE weke om die Onwerpportefeulje te
voltooi.
2. Die onderwyser moet aktief betrokke wees en ondersteuning en
leiding aan die leerlinge bied tydens die ontwerpproses.
3. Die onderwyser moet die voltooide portefeuljes evalueer, Week 2
assesseer en terugvoering gee alvorens leerders met die
vervaardigings-proses kan begin.
4. Leerlinge moet verbeteringe aan die Ontwerpportefeulje aanbring. Week 3
5. Die onderwyser moet punte vir die Ontwerpportefeulje op die PAT-
puntestaat aanteken.
B VERVAARDIGINGSPROSES (50 Punte)
(Onderwyser moet die vervaardigingsproses monitor en evalueer).
Hoofraamwerk Week 4–7
1. Meet, merk af en saag twee stukke 50 x 8 mm platstaaf, 360 mm
lank.
2. Saag 'n spasiebalk van 12 x 12 x 50 mm.
3. Spasieer die twee platstawe en MIG-swys die spasiebalk tussen
die stawe om die hoofraamwerk te vorm, soos in die foto getoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 13 DBE/PAT 2017
NSS
Voetstuk Week 8–10
4. Saag 'n 210 mm stuk U-yster.
5. Sweis die U-yster en die oop ent van die hoofraam aan mekaar,
soos in die foto getoon.
Week 13–
Hefboom
19
6. Saag een stuk platstaaf van 500 mm lank.
7. Maak 'n 115º buig, 150 mm vanaf die een punt.
8. Boor twee 12 mm-gate, soos in die foto getoon.
9. Saag 'n 340 mm lang stuk Ø 50 mm-pyp.
10. Plaas die pyp ongeveer 50 mm oor die punt van die hefboom en
maak hierdie deel van die pyp plat deur dit warm te maak en dan
met 'n hamer te slaan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 14 DBE/PAT 2017
NSS
Kake/Kloue
11. Saag 'n stuk 16 mm-platstaaf, 200 mm lank.
12. Verhit en buig die twee punte teen 'n hoek van 90º, soos in die foto
getoon.
13. Saag twee stukke platstaaf om die kontakpunt met die hefboom te
vorm, soos in die foto getoon.
14. Boor 'n 12 mm-gat in die middel van elke platstaaf
15. Swys die twee stukke platstaaf aan die kake vas, soos in die foto
getoon.
16. Saag 'n 8 mm-platstaat, 30 mm lank. Boor 'n 10 mm-gat in die
middel van die platstaaf.
17. Boor 'n 10 mm-gat in die een punt van die kake, soos in die foto
getoon.
18. Heg die greepplaat aan hierdie deel van die kake met die M10-
bout en moer.
Montering Week 28–
29
19. Verbind die kake eenheid met die hefboom met 'n M12 bout en
moer.
20. Verbind die hefboomeenheid met die hoofraamwerk met 'n M12-
bout en moer, soos in die foto getoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 15 DBE/PAT 2017
NSS
20. Toesting Week 30
• Toets vir funksionaliteit, duursaamheid en sterkte.
• Maak aanpassings, indien nodig.
• Toets weer vir finale funksionaliteit.
21. Afwerking Week 31
• Verwyder skerp punte met 'n vyl of hoekslypmasjien.
• Skuur alle oppervlakke met skuurpapier.
22. Verf Week 32
• Verf/Sproeiverf met verf met 'n roeswerende basis.
• Verf/Sproeiverf met verf met 'n oliebasis.
• Poleer die geverfde area met politoer en poleer af.
C FINALE PRODUK (25 Punte) Week 33
• Die onderwyser moet die finale produk evalueer en die PAT-
punte vir die jaar finaliseer.
• Punte moet op die SGA-puntestaat aangeteken word.
3.6 Alternatiewe ontwerpe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 16 DBE/PAT 2017
NSS
4. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees
om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede,
waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die
klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die
PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die
geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/PAT 2017
NSS
5. ASSESSERINGSRUBRIEKE
Naam van kandidaat: ______________________ Skool: _________________Graad:_____________ Datum: ___________________
ONTWERP- VERVAARDIGINGS- KWALITEIT VAN TOTAAL HANDTEKENING VAN HANDTEKENING VAN
PORTEFEULJE PROSES DIE PRODUK ONDERWYSER EKSTERNE MODERATOR
/25 /50 /25 /100
5.1 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE ONTWERPPORTEFEULJE BYLAE A
KRITERIA 0 1 2 3 4 5 MOONTLIKE
PUNT
PUNT
BEHAAL
Beplannings- Geen poging Toon 'n beperkte Toon 'n poging om Identifiseer die Ontleed die gegewe Identifiseer die gegewe
vaardighede: is aangewend poging om inligting relevante inligting te gegewe probleem probleem korrek en toon probleem/behoefte korrek en
Analise/ nie en geen te identifiseer en in identifiseer en in te korrek en samel bewyse van die gebruik van gebruik 'n verskeidenheid
Ontleding en bewyse gevind te samel om die samel, om die relevante inligting in 'n wye reeks inligtingsbronne ondersoekstrategieë om
5
diagnose om te gegewe probleem/ gegewe probleem/ om die gegewe om die probleem/behoefte te relevante inligting te bekom
assesseer nie. behoefte mee te behoefte mee te probleem/behoefte verstaan. wat gehelp het met die
ontleed. ontleed. mee te ontleed. ontwikkeling en ontwerp van
innoverende idees.
Onderlinge Geen poging Wend geen poging Bewustheid van die Bewustheid en Toepassing en kennis van Toepassing en kennis van
verband tussen is aangewend aan om die onderlinge verband is kennis van die aspekte van die onderlinge aspekte van die onderlinge
tegnologie, nie en geen onderlinge verband getoon. onderlinge verband verband. verband en die
5
samelewing en bewyse gevind te oorweeg nie. is getoon. implementering van
omgewing om te voorkomingsmaatreëls.
assesseer nie.
Skep/Genereer Geen poging Noem 'n paar idees. Toon geringe Bied 'n paar Gebruik oorspronklike en Genereer 'n uitstekende
idees is aangewend bewustheid van alternatiewe idees kreatiewe idees en kies die verskeidenheid alternatiewe
nie en geen alternatiewe idees met beperkte geskikste opsie. en innoverende idees.
5
bewyse gevind beredenering van Die voorkeuropsie is goed
om te keuses aan. gemotiveer met duidelike
assesseer nie. skakels met die ontwerp.
Oplossings Geen poging Pogings om met Pogings om met Verskaf ontwerp- Verskaf uitstekende Verskaf uitstekende
is aangewend beperkte ontwerp- ontwerpsketse, sketse en 'n ontwerpsketse en 'n lys innoverende ontwerpsketse
nie en geen sketse en 'n paar spesifikasies en verskeidenheid relevante spesifikasies en wat uiters goed geformuleer
bewyse gevind spesifikasies beperkinge t.o.v. die spesifikasies en beperkinge t.o.v. die gegewe is en definieer die behoefte
om te vorendag te kom. gegewe probleem beperkinge rakende probleem. volgens die gegewe
5
assesseer nie. Beperkinge t.o.v. vorendag te kom. die gegewe probleem.
die gegewe probleem.
probleem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/PAT 2017
NSS
KRITERIA 0 1 2 3 4 5 MOONTLIKE
PUNT
PUNT
BEHAAL
Sketswerk Geen poging is Verskaf irrelevante Verskaf 'n paar Verskaf relevante Verskaf sketse met korrekte Verskaf uitstekende sketse
aangewend nie sketse wat beperkte relevante sketse sketse met korrekte lyne en simbole wat verband volgens die gegewe
en geen bewyse tekenvaardighede met verkeerde lyne lyne en simbole. hou met die gegewe probleem. Oorweeg 5
gevind om te demonstreer. en/of verkeerde probleem. moontlike oplossings.
assesseer nie. simbole.
Materiaal-, Geen poging is Poog om party van Verskaf 'n Verskaf 'n lys van Verskaf 'n lys met 'n Verskaf 'n lys van die mees
gereedskap- aangewend nie die materiaal, verkeerde of relevante materiaal, verskeidenheid relevante relevante materiaal,
en toerusting- en geen bewyse gereedskap en onvoldoende lys gereedskap en materiaal, gereedskap en gereedskap en toerusting
5
lys gevind om te toerusting te noem. van materiaal, toerusting. toerusting benodig. benodig in 'n kreatiewe
assesseer nie. gereedskap en formaat.
toerusting.
Algemene Geen poging is Poog om Toon beperkte Toon bewustheid, Toon bewustheid, kennis en Toon bewustheid, kennis en
veiligheid aangewend nie veiligheids- bewustheid van kennis en toepassing toepassing van veiligheids- toepassing van veiligheids-
en geen bewyse regulasies in ag te veiligheids- van veiligheidsregula- regulasies rakende verskeie regulasies rakende alle 5
gevind om te neem. regulasies. sies. situasies. toestande en neem
assesseer nie. voorkomingsmaatreëls in ag.
Kostebereke- Geen poging is Verskaf 'n Poog om kostebere- Verskaf koste- Verskaf kosteberekeninge Verskaf kosteberekeninge
ninge en aangewend nie materiaallys met kening te doen. berekeninge met met gebruik van korrekte met gebruik van korrekte
materiaallys en geen bewyse geen berekeninge. Gebruik verkeerde gebruik van korrekte eenhede en data ingesamel eenhede en data ingesamel
gevind om te eenhede, data en eenhede en data en neem beperkinge in ag. en neem relevante 5
assesseer nie. materiaallys. ingesamel, sonder beperkinge in ag.
om beperkinge in ag
te neem.
Vergelykings Geen poging is Geen vergelykings Swak vergelyking Vergelyking van 'n Deeglike vergelyking van 'n Deeglike vergelyking van
aangewend nie nie. van een proses. verskillende verskillende prosesse, verskillende prosesse,
en geen bewyse prosesse, vaardighede en materiaal. vaardighede en materiaal en 5
gevind om te vaardighede en kom tot 'n gevolgtrekking
assesseer nie. materiaal.
Portefeulje- Geen poging is Portefeulje is Die portefeulje is Die portefeulje is Die portefeulje is voltooi en Die voltooide portefeulje-
aanbieding aangewend nie onvolledig en swak voltooi, maar swak voltooi en voldoende goed aangebied. aanbieding toon 'n hoë vlak
en geen bewyse georden en georden en georden en voorberei. van innovering en 5
gevind om te voorberei. voorberei. kreatiwiteit.
assesseer nie.
TOTALE PUNT 50÷2=25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/PAT 2017
NSS
5.2 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE VERVAARDIGINGSPROSES BYLAE B
KRITERIA 1 2 3 4 5 MOONTLIKE
PUNT
PUNT
BEHAAL
Veilige hantering Geen poging is Toon bewustheid Toon bewustheid en Toon genoeg kennis en Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
van gereedskap/ aangewend nie en van veiligheids- kennis van 'n paar bewustheid van en bewustheid van alle en bewustheid van alle
toerusting geen bewyse maatreëls. veiligheidsmaatreëls. toepaslike veiligheids- toepaslike veiligheids- toepaslike veiligheids-
5
(sigmoderering) gevind om te maatreëls. maatreëls. maatreëls en pas
assesseer nie. voorkomingsmaatreëls
toe.
Vaardighede met Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie kennis Toon genoeg kennis en Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
betrekking tot die aangewend nie en kennis en en vaardighede wat vaardighede wat verband en vaardighede wat en vaardighede wat
hantering van geen bewyse vaardighede en verband hou met die hou met gereedskap en verband hou met verband hou met
gereedskap en gevind om te toerusting hou gereedskap en toerusting gebruik en gereedskap en gereedskap en toerusting 5
toerusting assesseer nie. verband met die toerusting gebruik en bewyse van huishouding. toerusting gebruik en gebruik en uitstekende
(sigmoderering) gereedskap huishouding. goeie huishouding. huishouding.
gebruik.
Kennis van Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie kennis Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
materiaal aangewend nie en agtergrondkennis van materiaal en die materiaal en die van materiaal en die van materiaal en die
geen bewyse van materiaal eienskappe daarvan. eienskappe en konsepte eienskappe, konsepte eienskappe, konsepte en 5
gevind om te gebruik. daarvan. en beginsels daarvan. beginsels daarvan om
assesseer nie. probleme op te los.
Prosestegnieke Geen poging is Toon 'n bietjie Toon beperkte kennis Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
aangewend nie en kennis van van tegnieke gebruik. korrek geselekteerde oor hoe om relevante van korrek geselekteerde
geen bewyse onvanpaste tegnieke. tegnieke korrek te en toegepaste tegnieke. 5
gevind om te tegnieke gebruik. selekteer en toe te pas. Neem moontlike
assesseer nie. beperkinge in ag.
Vaardighede Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie kennis Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
gebruik in aangewend nie en kennis van van vaardighede vaardighede benodig. van vaardighede van vaardighede benodig
prosesse geen bewyse vaardighede benodig. benodig en neem 'n en neem relevante 5
(sigmoderering) gevind om te benodig. paar beperkinge in ag. beperkinge in ag.
assesseer nie.
TOTALE PUNT 25x2=50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/PAT 2017
NSS
5.3 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE KWALITEIT VAN DIE FINALE PRODUK BYLAE C
KRITERIA 0 1 2 3 4 5 MOONTLIKE
PUNT
PUNT
BEHAAL
Ondersoek/Bekyk Geen poging is Die produk is Die produk is klaar, Die produk is klaar en Die produk voldoen aan die Die produk voldoen aan
die probleem/ aangewend nie en onvolledig. Die maar ondersoek/ ondersoek/bekyk die doel waarvoor dit ontwerp die doel waarvoor dit
behoefte geen bewyse voltooide produk bekyk glad nie die probleem of behoefte is, maar toon geen werklike ontwerp is en toon
gevind om te het 'n tekort aan probleem of behoefte gedeeltelik. bewyse van innovering in innovering wat pas by die 5
assesseer nie. detail en maak nie. die oplossing van die probleem of behoefte
interpretasie geïdentifiseerde probleem geïdentifiseer.
moeilik. of behoefte nie.
Afmetings en Geen poging is Afmetings verskil Afmetings verskil van Party afmetings verskil Afmetings verskil effens Maatskrywing en
mates van die aangewend nie en heeltemal van oorspronklike van oorspronklike van oorspronklike ontwerp. afmetings kom heeltemal
finale produk geen bewyse oorspronklike ontwerp, maar doen tekenontwerp. Meer Toon baie meer met oorspronklike
gevind om te ontwerp. Toon 'n bietjie moeite om akkuraatheid en moeite akkuraatheid en moeite om ontwerp ooreen. 5
assesseer nie. geen moeite om korrekte afmetings te om korrekte afmetings korrekte afmetings te
korrekte afmetings maak. te maak. maak.
te maak nie.
Voorkoms: Geen poging is Geen afwerking Produk se voorkoms Produk se voorkoms Produk se voorkoms meer Produk se voorkoms is
Afwerking, vyl, aangewend nie en nie. Geen vylwerk, is nie aanvaarbaar aanvaarbaar as gevolg aanvaarbaar aangesien baie aanvaarbaar en toon
skuur, slyp en geen bewyse verf of skuurwerk nie aangesien van party van die afwerking gedoen is, maar 'n hoë vlak van
verf gevind om te nie. Toon min sommige van die afwerkingsmetodes wat geen verfwerk is gedoen innovering en kreatiwiteit. 5
assesseer nie. moeite om afwerkingsmetodes gebruik is. nie.
voorkoms aan- nie gevolg is nie.
vaarbaar te maak.
Funksionaliteit Geen poging is Die produk is Die produk is voltooi, Die produk is klaar en Die produk is klaar, Die produk is klaar,
van die finale aangewend nie en onvolledig en maar dit is glad nie funksioneer, maar toon funksioneer goed en toon funksioneer baie goed en
produk. geen bewyse funksioneer glad funksioneel nie. geen nuwe 'n paar nuwe verbeterings toon baie nuwe
Funksioneer die gevind om te nie. Toon geen nuwe verbeterings nie en min en innovering. verbeterings en 'n baie 5
produk behoorlik? assesseer nie. verbeterings nie. innovering. hoë vlak van innovering.
Tydsbestuur Geen poging is Baie min bewyse Toon 'n beperkte Bewyse van realistiese Bestuur tyd goed volgens Bestuur tyd uitstekend
aangewend nie en van tydsbestuur. gevoel van tydsbestuur in die oorspronklike plan. deur alternatiewe in ag te
geen bewyse tydsbestuur, maar beplanning, maar hou neem volgens die 5
gevind om te beplanning is nie by die beplanning oorspronklike plan.
assesseer nie. onrealisties. nie.
TOTALE PUNT 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 21 DBE/PAT 2017
NSS
5.4 VERKLARING VAN EGTHEID BYLAE D
VERKLARING VAN EGTHEID
Die ONTWERPPORTEFEULJE is volgens een van die volgende metodes aangebied:
Bronboek, Werkboek of Lêer. Dit is deel van die Vakportefeulje. Die
ONTWERPPORTEFEULJE moet voltooi wees voor die aanvang van vervaardigingsproses
Die volgende is by die ONTWERPPORTEFEULJE ingesluit:
• Ontleding/Analisering van die probleem
• Onderlinge verband tussen tegnologie, samelewing en die omgewing
• Vermoë om idees te genereer
• Verskaf 'n oplossing
• Sketswerk (afmetings, sweissimbole, skale en projeksiesimbole)
• Materiaal, gereedskap en toerusting
• Algemene veiligheidsmaatreëls
• Kosteberekening en materiaallys
• Bewys van vergelykings tussen verskillende prosesse en vaardighede
• Portefeulje-aanbieding
100% van hierdie PAT is onder toesig van die aangewese onderwyser en sonder die hulp van
iemand anders gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat al die werk wat aangebied word die
oorspronklike werk van die leerder self is. Prosesse wat nie deur die leerder gedoen is nie, is
nie as deel van die leerder se werk geassesseer nie.
Leerder
Skool
Distrik
Handtekening Datum
Leerder
Onderwyser
Hoof
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 22 DBE/PAT 2017
NSS
5.5 EKSTERNE/INTERNE MODERERINGSINSTRUMENT VIR PAT BYLAE E
LANDBOUTEGNOLOGIE
SKOOL:________________________________ EMIS Nr: _______________
ONDERWYSER:__________________________ GRAAD: _______________
VAK SPESIALIS/-ADVISEUR:_______________ DATUM: _______________
GETAL LEERDERS IN GRAAD:___________
GETAL LEERDERS WAT DIE VAK NEEM IN GRAAD 10–12:______
1 TOESTAND VAN DIE Goed Aanvaarbaar Swak Opmerkings
WERKSWINKEL
Vensters
Plafon
Vloer
Oliebestande vloerverf
Mure
Ligte
Voldoende getal
elektriese muurproppe
Elektriese muurproppe in
werkende toestand
Ventilasie
Diefwering
2 ONDERWYSER JANEE
Voorbereidingslêer:
PAT-riglyndokument
Puntestaat
Rubrieke vir leerders
Verwysingsmateriaal (bykomende inligting en bronne wat onderwyser
aan leerders gee)
Veiligheid:
Veiligheidskerms/-toestelle
Veiligheid van asetileen-/gassilinders
Sweisareas goed afgeskerm
Word die area om gevaarlike masjiene met geel lyne op die vloer
afgebaken?
Brandblusser
Noodhulpkassie
Veiligheidsplakkate
Veiligheidstekens
Toepaslike BGV-wet (OHS Act) in die werkswinkel geïmplementeer
Is die getal leerders per sessie in die werkswinkel nie meer as 15 nie,
soos deur die BGV-wet voorgeskryf?
Gereedskap en toerusting:
Volledig toegeruste werkswinkel
Basiese gereedskap en toerusting
Beskadigde en gebreekte toerusting
Is daar skaduborde teen die mure of mobiele eenhede?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 23 DBE/PAT 2017
NSS
Werkswinkelatmosfeer:
Plakkate
Uitstallings
Veilige uitleg
Is die werkswinkel doelgebou?
Netheid vanstoorkamer:
Stoorkamer is goed georganiseer
Stoorkamer is skoon
Netheid van die werkswinkel:
Werkswinkel is skoon
3 LEERDERS SE PAT-PROJEKLÊERS JA
NEE
Het die leerders die voorgeskrewe PAT gedoen?
Indien nie, is die PAT-projek van dieselfde of 'n hoër standaard as die
voorgeskrewe PAT?
Het al die leerders PAT-portefeuljelêers?
Het al die leerders 'n voltooide leerderpunte-opsommingstaat?
Het al die leerders die verklaring van egtheid onderteken? (bl. 23)
Het al die leerders afskrifte van die ontwerpprojek (bl. 10–17) in hul
PAT-lêers?
Het die leerders die volgende fases van die PAT bevredigend voltooi:
Ontwerp
Vervaardiging
Is daar bewyse dat al die take deur die onderwyser geassesseer is?
Is al die rubrieke voltooi en die totale korrek na die puntestaat oorgedra?
Is die assessering wat die onderwyser gedoen het regverdig en
betroubaar?
Kom die puntetoekenning en die prestasievlak ooreen met die res van die
provinsie?
Moet daar 'n aanpassing van daardie gemiddeld gemaak word?
4 ALGEHELE KWALITEIT VAN DIE PROJEK JA
NEE
Het al die leerders die projek voltooi?
Is al die leerders se werk intern gemodereer?
Kom die finale projek en die ontwerpe in die portefeulje ooreen?
Kom die punte wat deur die onderwyser in die rubrieke gegee is, ooreen
met die beskikbare bewyse in die leerderportefeulje?
5 INTERNE/EKSTERNE MODERERING: JA
NEE
Is daar bewyse van interne moderering deur die departementshoof?
Is daar bewyse van interne moderering deur die vakspesialis/-adviseur?
6 INTERNE/EKSTERNE MODERERING: JA
NEE
Is daar bewyse van eksterne moderering deur die departementshoof?
Is daar bewyse van eksterne moderering deur die adjunkhoof?
Is daar bewyse van eksterne moderering deur die vakspesialis/-adviseur?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 24 DBE/PAT 2017
NSS
7 Bykomende inligting. Heg getikte lyste met die volgende inligting aan.
Lys van toerusting benodig in die Landboutegnologie-werkswinkel.
Lys van toerusting wat oortollig is in die Landboutegnologie-werkswinkel.
Lys van toerusting wat nie meer herstel kan word nie en wat afgeskryf moet word in die
Landboutegnologie-werkswinkel.
SAMEVATTENDE WAARNEMINGS:
Onderwyser se Datum Departementshoof Datum
handtekening se handtekening
Vakadviseur se Datum Hoof se Datum
handtekening handtekening
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 25 DBE/PAT 2017
NSS
5.6 PUNTESKEDULE BYLAE F
LANDBOUTEGNOLOGIE – PAT
SKOOL: _____________________________ SENTRUMNR.: ____________________________ EMISNOMMER: ___________________
STREEK: ____________________________ DISTRIK: _____________________________ JAAR:_____________
KWALITEIT VAN DIE FINALE
Nr. Leerder ONTWERPPORTEFEULJE VERVAARDIGINGSPROSES
PRODUK
Beplanningsvaardighede:
Vaardighede betrokke by die hantering
Materiaal, gereedskap & benodighede Funksionaliteit van die finale produk.
Veilige hantering van gereedskap en Vaardighede gebruik in die prosesse
Kosteberekening en materiaallys
Ondersoek/Bekyk die probleem/
Ontleding/Analise en diagnose
TOTAAL: 25 (50 ÷ 2=25) TOTAAL 50 (25 ÷ 2=50)
van gereedskap en toerusting
TOTAAL A+B+C=100
Ontwikkeling van idees. Algemene veiligheid Aanbied van portefeulje toerusting (sigmoderering) Kennis van materiale (sigmoderering) Afmetings en mates Voorkoms: Afwerking
Onderlinge verband tussen tegnologie,
Tekeninge/Sketse (sigmoderering) Proses tegnieke behoefte TOTAAL 25
samelewing en omgewing. Oplossing Vergelykings Tydsbestuur
5 5 5 5 5 5 5 5 5 5 25 5 5 5 5 5 50 5 5 5 5 5 25
1.
2.
Totaal: Totaal: Totaal:
Gemiddeld : Gemiddeld : Gemiddeld :
ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: ______________________ DATUM: _______________
HOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN HOOF: ______________________ DATUM: _______________
MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: _______________________ DATUM: _______________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 26 DBE/PAT 2017
NSS
5.7 KONSOLIDASIEVORM BYLAE G
LANDBOUTEGNOLOGIE
SKOOL: _______________________________________ SENTRUMNOMMER: _________________ EMIS NOMMER: ___________________
STREEK : _______________________________________ DISTRIK: ___________________________ JAAR:_____________________________
Vervaardiging van die produk Kwaliteit van die finale produk
KANDIDAAT-
Ontwerpportefeulje Gemodereerde punt
KANDIDATE EKSAMENNOMMER TOTAAL
25 50 25 100 100
1.
2.
Totaal:
Gemiddeld:
ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: _____________________ DATUM: _______________
HOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN HOOF: _____________________ DATUM: _______________
MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: _____________________ DATUM: _______________
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2022 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2021 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2020 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2019 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2018 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2016 Afr hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Agricultural Technology May June 2025 MG Afr

Memorandum
Agricultural Technology May June 2024 MG Afr

Question paper
Agricultural Technology May June 2024 Afr

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2017 Memo Eng hlayiso.com

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2017 Memo Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology Nov 2017 Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Technology
Explore more published documents in this catalogue.





