Downloaded from hlayiso.com
LANDBOUTEGNOLOGIE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2018
Hierdie dokument bestaan uit 26 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentDocument 











View all
Agricultural Technology PAT GR 12 2018 Afr hlayiso.com
Agricultural Technology · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Practical assessment task, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Document
- Year
- 2018
- Pages
- 26
- File size
- 988.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 26
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 2 DBE/PAT 2018
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR ONSERWYSERS 3
2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2018 3
2.2 Hoe om die PAT te administreer 4
2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek 6
2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje 6
2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses 7
2.3.3 Fase 3: Finale produk 7
2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering 7
2.4.1 Kriteria en riglyne om die ontwerpportefeulje te assesseer 8
2.4.2 Kriteria en riglyne om die vervaardigingsproses te assesseer 8
2.4.3 Kriteria en riglyne om die finale produk te assesseer 8
2.5 Moderering van die PAT 9
3. RIGLYNE VIR LEERDERS 9
3.1 Inleiding 9
3.2 Illustrasie van die PAT 9
3.3 Snylys en kosteberekening 10
3.4 Lys van verbruikbare materiaal en gereedskap benodig 10
3.5 Stappe om te volg vir die vervaardigingsproses 11
3.6 Alternatiewe ontwerpe 16
4. ASSESSERINGSRUBRIEKE
4.1 Assesseringsrubriek vir die ontwerpportefeulje Bylae A 17
4.2 Assesseringsrubriek vir die vervaardigingsproses Bylae B 18
4.3 Assesseringsrubriek vir die finale produk Bylae C 20
4.4 Verklaring van Egtheid Bylae D 21
4.5 Eksterne/Interne modereringsinstrument vir PAT Bylae E 22
4.6 Puntestaat Bylae F 25
4.7 Konsolidasievorm vir Landboutegnologie Bylae G 26
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 3 DBE/PAT 2018
NSS
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie
vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en
ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese
komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde
van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar
geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid
om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit
maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n
geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is
dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese
assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en
uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS
2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2018
Die doel van die PAT is om leerders te leer om tegnologiese probleme in die
landbou-omgewing met gebruik van kritiese, innoverende denkvaardighede
op te los.
Die PAT bestaan uit 'n ontwerpkomponent, vervaardigingskomponent en 'n
finale produk. Die PAT lei die leerder om die produk te ontwerp en te
ontwikkel volgens tegnologiese prosesse.
Skole sal in kwartaal 4 van die graad 11-jaar oor die graad 12-projek ingelig
word om die onderwyser en leerder geleentheid te gee om vooraf beplanning
te doen.
Hieronder volg 'n scenario en 'n volledige uitleg van die voorbeeldmodel wat
as die PAT vir 2018 gebruik kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 4 DBE/PAT 2018
NSS
Scenario:
'n Boer benodig 'n vuurbak wat gebruik kan word om in vuur te maak
wanneer hy beeste brandmerk vir identifikasiedoeleindes. Ontwerp 'n
vuurvaste bak wat effektief gebruik kan word in hierdie situasie.
Die vuurbak moet in verskeie omstandighede en toestande gebruik kan
word. Dit moet lig, eenvoudig en maklik hanteerbaar wees, maar stewig
genoeg om gewig te dra. Dit moet nie maklik kan omkantel wanneer
gebruik word nie.
Maak gebruik van verskeie tegnologiese prosesse om jou te help tydens
die ontwerp en vervaardiging van hierdie stuk toerusting, bv. beplanning,
ondersoek, navorsing en verskeie praktiese vaardighede.
2.2 Hoe om die PAT te administreer
Die onderwyser moet hierdie PAT-dokument gebruik as 'n riglyn om die PAT
te doen. Die leerder, met leiding van die onderwyser, moet die hele PAT self
ontwerp en beplan. Die onderwyser sal slegs die probleemstelling aan die
leerders verskaf. Die ideaal is dat die leerders almal verskillende PAT-
ontwerpe moet hê. Die onderwyser moet die praktiese toepaslikheid van die
leerder se ontwerp evalueer en voorstelle maak voordat die leerder die finale
ontwerpportefeulje voorlê/inlewer.
Indien die skool/leerders besluit om 'n alternatiewe PAT te doen, moet
daardie PAT voldoen aan die voorgeskrewe standaarde wat in hierdie PAT-
riglyndokument uiteengesit is. Dit moet bewyse van die ontwerpportefeulje,
werksprosedure, rubrieke en bewyse van die finale produk insluit. Die kriteria
en formaat om die ontwerpportefeulje, vervaardigingsproses en finale produk
te assesseer, moet dieselfde as dié van die voorgeskrewe PAT wees.
Die projek moet uit ten minste SEWE van die kriteria, soos op bladsy 46 en
47 van die Landboutegnologie: Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
(KABV) aangedui, bestaan.
Die model moet funksionele waarde hê en moet geskik wees om in werklike
omstandighede in 'n plaas- en werkswinkelsituasies te gebruik. Die leerders
moet vertroud wees met die assesseringskriteria voordat hulle met die taak
begin. Die PAT moet onder toesig van die aangewese onderwyser gedoen
word.
Die Praktiese Assesseringstaak in graad 12 word onder gekontroleerde
toestande voltooi en met behulp van rubrieke geassesseer.
Die promosiepunt van Landboutegnologie bestaan uit 'n PAT-komponent van
100 punte (25%), 'n skoolgebaseerde-assessering(SGA)-komponent van
100 punte (25%) en 'n eindeksamenkomponent van 200 punte (50%).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 5 DBE/PAT 2018
NSS
Voordat 'n leerder met die vervaardigingsproses kan begin, moet die
ontwerpportefeulje voltooi wees en deur die onderwyser geassesseer word.
Die rede hiervoor is dat die onderwyser ontwerpfoute, wat gekorrigeer moet
word, vir die leerder moet identifiseer.
Die ontwerpportefeulje en finale produk moet vir monitering en moderering
beskikbaar wees. Die PAT moet deur die onderwyser geëvalueer, nagegaan
en gewaarmerk wees voordat dit as die leerder se finale bewys van prestasie
voorgelê word.
Die onderwyser se PAT-lêer moet bewyse bevat van:
(a) Die PAT-opdrag
(b) 'n Volledige assesseringsrekord wat altyd vir moniterings- en
modereringsdoeleindes beskikbaar moet wees
Die ontwerpportefeulje en die projek moet gedurende die hele skooljaar vir
monitering en moderering by die skool beskikbaar wees.
Eksterne moderering sal deur die onderskeie provinsiale moderators en die
nasionale Departement van Basiese Onderwys gedoen word. Geen leerder
word toegelaat om sy/haar projek huis toe te neem voordat finale moderering
nie afgehandel is nie.
Indien 'n onderwyser sou versuim om 'n rekord van die PAT-assessering te hou,
is dit wangedrag en sal dit volgens paragraaf 5(3) van die beleidsdokument,
Nasionale Beleid oor die Afneem, Administrasie en Bestuur van die Nasionale
Senior Sertifikaat: 'n Vlak 4-kwalifikasie op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk
(NKR), of ander gepaste maatreëls, hanteer word.
Die afwesigheid van punte vir die praktiese assesseringstaak in graad 10–12,
sonder 'n geldige rede, sal daartoe lei dat die kandidaat wat vir die vak
geregistreer is onvolledige uitslae sal kry. Die kandidaat sal drie weke voor die
begin van die finale jaareindeksamen gegee word om die uitstaande praktiese
assesseringstaak voor te lê. Indien die kandidaat sou versuim om die praktiese
assesseringstaak voor te lê, sal hy/sy ingelig word dat hy/sy nie aan die
minimum vereistes vir promosie voldoen het nie en dat hy/sy die vak die
volgende jaar sal moet herhaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 6 DBE/PAT 2018
NSS
2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek
Die projek moet in die volgende drie fases voltooi word:
2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje
Leerders moet die probleem of behoefte in hulle gekose projek
identifiseer. Hy/Sy moet ook die projek ondersoek, idees skep en
moontlike ontwerpoplossings vind om die model te vervaardig, te
evalueer en 'n oplossing vir die probleem/behoefte te gee. Die
bewyse vir hierdie fase word in die ontwerpportefeulje geplaas wat
in kwartaal 4 van die graad 11-jaar begin kan word en voortduur tot
die einde van Januarie van die graad 12-jaar. In hierdie fase moet
die leerder aangemoedig word om kreatief te wees en inisiatief te
toon.
'n Verklaring van Egtheid (BYLAE D) moet voor finale moderering
deur elke leerder voltooi word.
Die ontwerpportefeulje moet bewyse bevat van hoe die ontwikkeling
van die produk benader is, soos hieronder aangetoon:
• Analisering/Ontleding en beplanning van die opdrag
• Verband tussen tegnologie, die samelewing en omgewing
• Sketse, diagramme of berekenings
• Materiaal gebruik
• Gereedskap gebruik
• Algemene veiligheidsmaatreëls van toepassing
• Vergelyking van prosesse en gereedskap wat gebruik moet word
• Kosteberekening en materiaallys
• Kennis en vaardighede vereis in die vervaardigingsproses
• Vervaardigingsprosesse wat gevolg is
• Tydsbeplanning van die begin tot by die finale produk
• Navorsing of ondersoeke onderneem
• Enige ander inligting rakende die projek
Formaat van die ontwerpportefeulje:
Voorblad: Naam van leerder
Graad
Skool
Eksamennommer
Jaar
Inhoud: Opdrag
Beplanning en navorsing
Ontwerpsketse
Materiaallys
Gereedskap benodig en relevante
veiligheidsmaatreëls
Vergelykings van prosesse en gereedskap benodig
Kosteberekeninge
Bronnelys
Stappe wat gevolg moet word
Enige bykomende inligting
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 7 DBE/PAT 2018
NSS
2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses
Leerders begin met die konstruksie van die werklike model aan die
begin van Februarie, in kwartaal 1, of sodra die leerder die
ontwerpportefeulje voltooi het en dit deur die onderwyser
goedgekeur is. Die leerder begin dan met Fase 2. Die model moet
teen die middel van kwartaal 3 in graad 12 voltooi wees.
Daar word van die leerder verwag om die model in die skool se
werkswinkel te vervaardig, onder toesig van die onderwyser.
Prosesse wat nie deur die leerder uitgevoer is nie, kan nie as deel
van die leerder se werk geassesseer word nie.
Die model moet 'n aantal praktiese vaardighede insluit, maar
onthou dat die model aan die minimum aantal vaardighede moet
voldoen, soos voorgeskryf in die KABV-dokument.
Die onderwyser moet gedurende die vervaardigingsproses
deurlopend assesseer om die vervaardigingsproses te evalueer en
sekere vaardighede te assesseer, met behulp van die aangehegte
rubriek (BYLAE B).
2.3.3 Fase 3: Finale produk
Leerders moet die modelle teen die einde van die kwartaal 3 vir
assessering voorlê. Die beplanning gedoen in fase 1 (ontwerp-
portefeulje) moet ook vir assessering van die finale produk
voorgelê word. Vir finale assessering moet die model voltooi en
funksioneel wees.
2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering
Die PAT bestaan uit drie fases. Elke fase moet deur die onderwyser, met
behulp van die aangehegte rubrieke, geassesseer word.
• Die ontwerpportefeulje moet nie later as die einde van kwartaal 1 nie,
voltooi en nagesien wees. Sodra 'n leerder klaar is met die
ontwerpportefeulje en dit deur die onderwyser geassesseer en
goedgekeur is, kan hy/sy met fase 2 voortgaan. Die onderwyser moet die
rubriek op BYLAE A gebruik om die ontwerpportefeulje te assesseer.
• Die vervaardigingsproses is 'n deurlopende proses en die verskillende
vaardighede moet voortdurend deur die onderwyser geassesseer word
wanneer die verskillende vaardighede toegepas word. Die rubriek op
BYLAE B moet gebruik word.
• Die finale produk moet met behulp van die rubriek op BYLAE C
geëvalueer en geassesseer word.
• BYLAE D is 'n Verklaring van Egtheid en moet deur elke leerder en die
onderwyser voltooi word.
• BYLAE E moet deur die onderwyser gebruik word om te verseker dat die
Landboutegnologie-werkswinkel en -geriewe vir eksterne moderering op
standaard is.
• BYLAE F en G is voorbeelde van puntestate wat gebruik kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 8 DBE/PAT 2018
NSS
2.4.1 Kriteria en riglyne om die ontwerpportefeulje te assesseer
(25 punte)
• Ontleding van die probleem
• Onderlinge verband tussen tegnologie, samelewing en die
omgewing
• Vermoë om idees te skep/genereer
• Gee 'n oplossing
• Sketswerk (maatskrywing, sweissimbole, skaal en projeksie-
simbole)
• Materiaal, gereedskap en toerusting
• Algemene veiligheidsmaatreëls
• Kosteberekening en materiaallys
• Bewyse van vergelykings tussen verskillende prosesse en
vaardighede
• Portefeulje-aanbieding.
2.4.2 Kriteria en riglyne om die vervaardigingsproses te assesseer
(sigmoderering) (50 punte)
• Veilige hantering en instandhouding van gereedskap en
toerusting
• Vaardighede verwant aan die behoorlike gebruik en
instandhouding van gereedskap en toerusting
• Kennis van materiaal om probleme op te los
• Toepassing van verskillende tegnieke en prosesse
• Vaardighede getoon in die toepassing van prosesse
2.4.3 Kriteria en riglyne om die gehalte/kwaliteit van die finale
produk te assesseer (25 punte):
• Die produk voldoen aan die doel waarvoor dit ontwerp is en
toon innovering wat by die probleem pas
• Afmetings en mates van die finale produk
• Voorkoms: Afwerking sluit vyl, slyp, skuur en verf in
• Verseker dat die produk behoorlik funksioneer
• Tydsbestuur: Gaan die volledigheid van die model na
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 9 DBE/PAT 2018
NSS
2.5 MODERERING VAN DIE PAT
• Interne moderering (Departementshoof)
Die onderwyser en leerder se PAT-portefeuljes moet deur die
departementshoof of senior onderwyser van die vak by die skool
gemodereer word.
• Eksterne moderering (Vakspesialis/-adviseur)
Die vakspesialis/-adviseur moet een keer per kwartaal eksterne
moderering doen. Die vakspesialis/-adviseur moet aan die einde van
kwartaal 1 die ontwerpportefeulje assesseer. Die werklike
vervaardigingsproses deur die leerder moet gedurende kwartaal 2
gemodereer word. Die finale produk asook die finale PAT-punt moet in
kwartaal 3 gemodereer word.
• Eksterne moderering (Nasionale paneel)
'n Paneel moderators wat deur die nasionale Departement van Basiese
Onderwys aangestel is, sal die PAT en praktiese werkswinkel modereer.
BYLAE E is die modereringsinstrument wat deur die nasionale paneel vir
moderering by skole gebruik sal word.
3. RIGLYNE VIR LEERDERS
3.1 Inleiding
Die model wat die leerders moet maak, moet die prosesse insluit wat vanaf
graad 10 in die teoretiese werk geleer is. Hierdie prosesse is deel van die
verskillende take wat op 'n plaas verrig kan word. Die leerders gebruik die
vaardighede en kennis wat in Landboutegnologie bekom is, om hierdie projek
te voltooi.
3.2 Illustrasie van die PAT
Die foto hieronder toon 'n praktiese vuurbak wat gebruik kan word om
brandysters te verhit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 10 DBE/PAT 2018
NSS
3.3 Snylys en kosteberekening
Die materiaal hieronder moet aangekoop en volgens die gegewe mates
gesny/gesaag word. Die pryse van die onderdele is bepaal volgens pryse toe
die projek beplan is.
KOMPONENT SOORT AFMETINGS HOEVEEL- KOSTE
MATERIAAL HEID
Bak se kante A Treeplaat 600 x 380 mm 4 R80,00
Bak se bokant B Vierkantige pyp 25 x 25 x 450 mm 4 R40,00
Pote C Vierkantige pyp 25 x 25 x 450 mm 4 R40,00
Horisontale stutte D Vierkantige pyp 19 x 19 x 400 mm 4 R20,00
Diamant-maasrooster E Maasooster 162 x 162 mm 1 R20,00
Verbruikbare materiale R50,00
Prys van materiaal R 200.00
Totale prys R 250.00
3.4 Lys van verbruikbare materiaal, masjiene en gereedskap wat benodig
word om die projek te vervaardig
Gereedskap benodig
Metaalsnymasjien/Draagbare Winkelhaak Plat en rond vyl
hoeksnymasjien
Staanboormasjien Ystersaag Persoonlike
beskermingsdrag
Plasmasnyer Kraspen Besem
MIG-sweismasjien Senterpons Verfkwas
Werkbank Moersleutels Hamer
Hoekslypmasjien Tange Klampe
Meetband
Verbruikbare materiaal
Staalboorpunte, soos benodig Ystersaaglemme
Amarilskuur/Snylemme/Plasmasnyer- Terpentyn
bykomstighede (spuitstukke, invoegstukke, Potlood
spasieerstukke)
Rust-Oleum hoëtemperatuur-spuitverf Handskoonmaakmiddel
MIG-voerdraad en -gas Onderlaagverf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 11 DBE/PAT 2018
NSS
3.5 Stappe om te volg vir die vervaardigingsproses
Ongeveer 2 uur per week word benodig vir die PAT soos voorgeskryf Datum
in die KARV-dokument. Ongeveer 18 weke (36 ure) is beskikbaar vir voorspel
die vervaardigingsproses
A ONTWERPPORTEFEULJE (25 Punte)
1. PAT-probleemstelling/taak moet aan leerlinge uitgedeel word. Die Week 1
onderwyser moet die probleemstelling/taak aan die leerlinge
verduidelik. Leerlinge het DRIE weke om die Onwerpportefeulje te
voltooi.
2. Die onderwyser moet aktief betrokke wees en ondersteuning en Week 2
leiding aan die leerlinge bied tydens die ontwerpproses.
3. Die onderwyser moet die voltooide portefeuljes evalueer,
assesseer en terugvoering gee alvorens leerders met die
vervaardigings-proses kan begin.
4. Leerlinge moet verbeteringe aan die Ontwerpportefeulje aanbring. Week 3
5. Die onderwyser moet punte vir die Ontwerpportefeulje op die PAT-
puntestaat aanteken.
B VERVAARDIGINGSPROSES (50 Punte)
(Onderwyser moet die vervaardigingsproses monitor en evalueer).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 12 DBE/PAT 2018
NSS
Stap 1
Sny die vier dele van die trapplaat vir die vuurbak [A] volgens die Week
gegewe afmetings. Gebruik 'n hoekslypmasjien en metaalsnyskyf. 4–7
Sny die vierkantige pyp volgens die korrekte mates. Werk elke punt
van die vier lengtes wat die vuurbak gaan dra, af [B]. Doen die
saagwerk en afwerking akkuraat, anders sal die hoeke nie akkuraat
pas nie.
Stap 2
Gebruik afvalhout en bou `n houtraam met mates van 612 mm aan Week
die binnekant om te dien as samevoegingsvorm vir die vuurbak. Plaas 8–10
die vier bakkante bokant ondertoe in die raam sodat hul teen mekaar
rus. Sweis die dele aanmekaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 13 DBE/PAT 2018
NSS
Stap 3
Week
Gebruik 'n metaalwinkelhaak om die vier 45° afgewerkte dele 11–14
25 x 25 mm vierkantige pyp, wat die dragedeelte van die vuurbak
vorm, akkuraat en haaks te plaas en aan mekaar te sweis.
Stap 4
Voordat aanbeweeg word na die volgende stap, gebruik 'n draagbare Week
hoekslypmasjien met 'n slypwiel om die sweislaste van die 15-19
bakdraraam glad af te werk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 14 DBE/PAT 2018
NSS
Stap 5
Sweis die vier pote [C] in posisie op die hoeke van die bakdraraam. Week
Gebruik 'n winkelhaak om te verseker dat die pote korrek en haaks op 20-24
die bakdraraam geposisioneer is. Sodra die sweiswerk voltooi is,
werk die sweisvlakke glad af.
Stap 6
Sweis die onderste 19 x 19 mm horisontale ondersteuningsdele [D] in Week
plek tussen die pote. Gebruik `n stuk afvalhout om die korrekte 25-27
posisiese vir die ondersteuningsdele te bepaal. Sodra al vier dele in
plek gesweis is, werk die sweisvlakke glad af.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 15 DBE/PAT 2018
NSS
Stap 7
Sny of knip 'n 162 mm vierkantige gedeelte metaalgaasyster. Plaas dit Week
oor die onderkant van die vuurbak en sweis dit in plek. (Deur die maas 28-29
bietjie groter te sny het jy meer yster om mee te werk wanneer die metaal
smelt tydens die sweisproses.) Werk die sweisvlakke glad af. Maak die
totale werkstuk skoon met minirale spiritus en sprei met hittebestande
verf. Jy kan die werkstuk ook net so ongeverf laat sodat dit 'n
roeskleusige effek ontwikkel.
Toesting Week 30
• Toets vir funksionaliteit, duursaamheid en sterkte.
• Maak aanpassings, indien nodig.
• Toets weer vir finale funksionaliteit.
Afwerking Week 31
• Verwyder skerp punte met 'n vyl of hoekslypmasjien.
• Skuur alle oppervlakke met skuurpapier.
Verf Week 32
• Verf/Sproeiverf met verf met 'n roeswerende basis.
• Verf/Sproeiverf met verf met 'n oliebasis.
• Poleer die geverfde area met politoer en poleer af.
C FINALE PRODUK (25 Punte) Week 33
• Die onderwyser moet die finale produk evalueer en die PAT-punte
vir die jaar finaliseer.
• Punte moet op die SGA-puntestaat aangeteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 16 DBE/PAT 2018
NSS
VEILIGHEID
• 'n Veilige werkwyse en die verantwoordelike gebruik van die vuurbak sal die kans op
ongelukke of beserings verlaag.
• Dra gepaste veiligheidstoerusting en -klere vir sweiswerk en metaalwerk. Klere moet
van vuurbestande katoen of wol wees, en nooit van sintetiese materiaal wat kan smelt
nie.
• Dra altyd 'n helm wanneer jy sweis en 'n volgesig-skerm wanneer jy 'n slypmasjien
gebruik.
• Dra ook leersweishandskoene om jouself teen brandwonde te beskerm.
• Jy moet altyd in 'n goed geventileerde area werk.
3.6 Alternatiewe ontwerpe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/PAT 2018
NSS
4. ASSESSERINGSRUBRIEKE
BYLAE A
Naam van kandidaat: ______________________ Skool: _________________Graad:_____________ Datum: _______________
ONTWERP- VERVAARDIGINGS- KWALITEIT VAN TOTAAL HANDTEKENING VAN HANDTEKENING VAN
PORTEFEULJE PROSES DIE PRODUK ONDERWYSER EKSTERNE MODERATOR
/25 /50 /25 /100
5.1 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE ONTWERPPORTEFEULJE
KRITERIA 0 1 2 3 4 5 MOONTLIKE
PUNT
PUNT
BEHAAL
Beplannings- Geen poging Toon 'n beperkte Toon 'n poging om Identifiseer die gegewe Ontleed die gegewe Identifiseer die gegewe
vaardighede: is aangewend poging om inligting relevante inligting te probleem korrek en probleem korrek en probleem/behoefte korrek
Analise/ nie en geen te identifiseer en in identifiseer en in te samel relevante inligting toon bewyse van die en gebruik 'n
Ontleding en bewyse gevind te samel om die samel, om die in om die gegewe gebruik van 'n wye verskeidenheid
diagnose om te gegewe probleem/ gegewe probleem/ probleem/behoefte mee reeks inligtingsbronne ondersoekstrategieë om 5
assesseer nie. behoefte mee te behoefte mee te te ontleed. om die relevante inligting te bekom
ontleed. ontleed. probleem/behoefte te wat gehelp het met die
verstaan. ontwikkeling en ontwerp
van innoverende idees.
Onderlinge Geen poging Wend geen poging Bewustheid van die Bewustheid en kennis Toepassing en kennis Toepassing en kennis van
verband tussen is aangewend aan om die onderlinge verband van die onderlinge van aspekte van die aspekte van die onderlinge
tegnologie, nie en geen onderlinge verband is getoon. verband is getoon. onderlinge verband. verband en die
5
samelewing en bewyse gevind te oorweeg nie. implementering van
omgewing om te voorkomingsmaatreëls.
assesseer nie.
Skep/Genereer Geen poging Noem 'n paar idees. Toon geringe Bied 'n paar alternatiewe Gebruik oorspronklike Genereer 'n uitstekende
idees is aangewend bewustheid van idees met beperkte en kreatiewe idees en verskeidenheid
nie en geen alternatiewe idees beredenering van keuses kies die geskikste alternatiewe en
bewyse gevind aan. opsie. innoverende idees. 5
om te Die voorkeuropsie is goed
assesseer nie. gemotiveer met duidelike
skakels met die ontwerp.
Oplossings Geen poging Pogings om met Pogings om met Verskaf ontwerp- sketse Verskaf uitstekende Verskaf uitstekende
is aangewend beperkte ontwerp- ontwerpsketse, en 'n verskeidenheid ontwerpsketse en 'n lys innoverende
nie en geen sketse en 'n paar spesifikasies en spesifikasies en relevante spesifikasies ontwerpsketse wat uiters
bewyse gevind spesifikasies beperkinge t.o.v. die beperkinge rakende die en beperkinge t.o.v. die goed geformuleer is en 5
om te vorendag te kom. gegewe probleem gegewe probleem. gegewe probleem. definieer die behoefte
assesseer nie. Beperkinge t.o.v. die vorendag te kom. volgens die gegewe
gegewe probleem. probleem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/PAT 2018
NSS
KRITERIA 0 1 2 3 4 5 MOONTLIKE
PUNT
PUNT
BEHAAL
Sketswerk Geen poging is Verskaf irrelevante Verskaf 'n paar Verskaf relevante Verskaf sketse met korrekte Verskaf uitstekende sketse
aangewend nie sketse wat beperkte relevante sketse sketse met korrekte lyne en simbole wat verband volgens die gegewe
en geen bewyse tekenvaardighede met verkeerde lyne lyne en simbole. hou met die gegewe probleem. Oorweeg 5
gevind om te demonstreer. en/of verkeerde probleem. moontlike oplossings.
assesseer nie. simbole.
Materiaal-, Geen poging is Poog om party van Verskaf 'n Verskaf 'n lys van Verskaf 'n lys met 'n Verskaf 'n lys van die mees
gereedskap- aangewend nie die materiaal, verkeerde of relevante materiaal, verskeidenheid relevante relevante materiaal,
en toerusting- en geen bewyse gereedskap en onvoldoende lys gereedskap en materiaal, gereedskap en gereedskap en toerusting
lys gevind om te toerusting te noem. van materiaal, toerusting. toerusting benodig. benodig in 'n kreatiewe
5
assesseer nie. gereedskap en formaat.
toerusting.
Algemene Geen poging is Poog om Toon beperkte Toon bewustheid, Toon bewustheid, kennis en Toon bewustheid, kennis en
veiligheid aangewend nie veiligheids- bewustheid van kennis en toepassing toepassing van veiligheids- toepassing van veiligheids-
en geen bewyse regulasies in ag te veiligheids- van veiligheidsregula- regulasies rakende verskeie regulasies rakende alle 5
gevind om te neem. regulasies. sies. situasies. toestande en neem
assesseer nie. voorkomingsmaatreëls in ag.
Kostebereke- Geen poging is Verskaf 'n Poog om kostebere- Verskaf koste- Verskaf kosteberekeninge Verskaf kosteberekeninge
ninge en aangewend nie materiaallys met kening te doen. berekeninge met met gebruik van korrekte met gebruik van korrekte
materiaallys en geen bewyse geen berekeninge. Gebruik verkeerde gebruik van korrekte eenhede en data ingesamel eenhede en data ingesamel
gevind om te eenhede, data en eenhede en data en neem beperkinge in ag. en neem relevante 5
assesseer nie. materiaallys. ingesamel, sonder beperkinge in ag.
om beperkinge in ag
te neem.
Vergelykings Geen poging is Geen vergelykings Swak vergelyking Vergelyking van 'n Deeglike vergelyking van 'n Deeglike vergelyking van
aangewend nie nie. van een proses. verskillende verskillende prosesse, verskillende prosesse,
en geen bewyse prosesse, vaardighede en materiaal. vaardighede en materiaal en 5
gevind om te vaardighede en kom tot 'n gevolgtrekking
assesseer nie. materiaal.
Portefeulje- Geen poging is Portefeulje is Die portefeulje is Die portefeulje is Die portefeulje is voltooi en Die voltooide portefeulje-
aanbieding aangewend nie onvolledig en swak voltooi, maar swak voltooi en voldoende goed aangebied. aanbieding toon 'n hoë vlak
en geen bewyse georden en georden en georden en voorberei. van innovering en 5
gevind om te voorberei. voorberei. kreatiwiteit.
assesseer nie.
TOTALE PUNT 50÷2=25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/PAT 2018
NSS
4.2 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE VERVAARDIGINGSPROSES
BYLAE B
KRITERIA 1 2 3 4 5 MOONTLIKE
PUNT
PUNT
BEHAAL
Veilige hantering Geen poging is Toon bewustheid Toon bewustheid en Toon genoeg kennis Toon voldoende Toon voldoende kennis
van gereedskap/ aangewend nie en van veiligheids- kennis van 'n paar en bewustheid van kennis en en bewustheid van alle
toerusting geen bewyse maatreëls. veiligheidsmaatreëls. toepaslike bewustheid van alle toepaslike veiligheids-
5
(sigmoderering) gevind om te veiligheids- toepaslike maatreëls en pas
assesseer nie. maatreëls. veiligheids- voorkomingsmaatreëls
maatreëls. toe.
Vaardighede met Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie kennis Toon genoeg kennis Toon voldoende Toon voldoende kennis
betrekking tot die aangewend nie en kennis en en vaardighede wat en vaardighede wat kennis en en vaardighede wat
hantering van geen bewyse vaardighede en verband hou met die verband hou met vaardighede wat verband hou met
gereedskap en gevind om te toerusting hou gereedskap en gereedskap en verband hou met gereedskap en
5
toerusting assesseer nie. verband met die toerusting gebruik en toerusting gebruik gereedskap en toerusting gebruik en
(sigmoderering) gereedskap huishouding. en bewyse van toerusting gebruik uitstekende
gebruik. huishouding. en goeie huishouding.
huishouding.
Kennis van Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie kennis Toon genoeg kennis Toon voldoende Toon voldoende kennis
materiaal aangewend nie en agtergrondkennis van materiaal en die van materiaal en die kennis van van materiaal en die
geen bewyse van materiaal eienskappe daarvan. eienskappe en materiaal en die eienskappe, konsepte
5
gevind om te gebruik. konsepte daarvan. eienskappe, en beginsels daarvan
assesseer nie. konsepte en om probleme op te los.
beginsels daarvan.
Prosestegnieke Geen poging is Toon 'n bietjie Toon beperkte kennis Toon genoeg kennis Toon voldoende Toon voldoende kennis
aangewend nie en kennis van van tegnieke gebruik. van korrek kennis oor hoe om van korrek
geen bewyse onvanpaste geselekteerde relevante tegnieke geselekteerde en
5
gevind om te tegnieke gebruik. tegnieke. korrek te selekteer toegepaste tegnieke.
assesseer nie. en toe te pas. Neem moontlike
beperkinge in ag.
Vaardighede Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie kennis Toon genoeg kennis Toon voldoende Toon voldoende kennis
gebruik in aangewend nie en kennis van van vaardighede van vaardighede kennis van van vaardighede
prosesse geen bewyse vaardighede benodig. benodig. vaardighede benodig en neem
5
(sigmoderering) gevind om te benodig. benodig en neem 'n relevante beperkinge in
assesseer nie. paar beperkinge in ag.
ag.
TOTALE PUNT 25x2=50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/PAT 2018
NSS
4.3 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE KWALITEIT VAN DIE FINALE PRODUK BYLAE
C
KRITERIA 0 1 2 3 4 5 MOONTLIKE
PUNT
PUNT
BEHAAL
Ondersoek/Bekyk Geen poging is Die produk is Die produk is klaar, Die produk is klaar en Die produk voldoen aan Die produk voldoen
die probleem/ aangewend nie en onvolledig. Die maar ondersoek/ ondersoek/bekyk die die doel waarvoor dit aan die doel
behoefte geen bewyse voltooide produk bekyk glad nie die probleem of behoefte ontwerp is, maar toon waarvoor dit ontwerp
gevind om te het 'n tekort aan probleem of behoefte gedeeltelik. geen werklike bewyse is en toon innovering
assesseer nie. detail en maak nie. van innovering in die wat pas by die 5
interpretasie oplossing van die probleem of behoefte
moeilik. geïdentifiseerde geïdentifiseer.
probleem of behoefte nie.
Afmetings en Geen poging is Afmetings verskil Afmetings verskil van Party afmetings verskil Afmetings verskil effens Maatskrywing en
mates van die aangewend nie en heeltemal van oorspronklike van oorspronklike van oorspronklike afmetings kom
finale produk geen bewyse oorspronklike ontwerp, maar doen tekenontwerp. Meer ontwerp. Toon baie meer heeltemal met
gevind om te ontwerp. Toon 'n bietjie moeite om akkuraatheid en moeite akkuraatheid en moeite oorspronklike ontwerp 5
assesseer nie. geen moeite om korrekte afmetings te om korrekte afmetings om korrekte afmetings te ooreen.
korrekte afmetings maak. te maak. maak.
te maak nie.
Voorkoms: Geen poging is Geen afwerking Produk se voorkoms Produk se voorkoms Produk se voorkoms Produk se voorkoms
Afwerking, vyl, aangewend nie en nie. Geen vylwerk, is nie aanvaarbaar aanvaarbaar as gevolg meer aanvaarbaar is baie aanvaarbaar
skuur, slyp en geen bewyse verf of skuurwerk nie aangesien van party van die aangesien afwerking en toon 'n hoë vlak
verf gevind om te nie. Toon min sommige van die afwerkingsmetodes wat gedoen is, maar geen van innovering en 5
assesseer nie. moeite om afwerkingsmetodes gebruik is. verfwerk is gedoen nie. kreatiwiteit.
voorkoms aan- nie gevolg is nie.
vaarbaar te maak.
Funksionaliteit Geen poging is Die produk is Die produk is voltooi, Die produk is klaar en Die produk is klaar, Die produk is klaar,
van die finale aangewend nie en onvolledig en maar dit is glad nie funksioneer, maar toon funksioneer goed en toon funksioneer baie
produk. geen bewyse funksioneer glad funksioneel nie. geen nuwe 'n paar nuwe verbeterings goed en toon baie
Funksioneer die gevind om te nie. Toon geen nuwe verbeterings nie en min en innovering. nuwe verbeterings en 5
produk behoorlik? assesseer nie. verbeterings nie. innovering. 'n baie hoë vlak van
innovering.
Tydsbestuur Geen poging is Baie min bewyse Toon 'n beperkte Bewyse van realistiese Bestuur tyd goed volgens Bestuur tyd
aangewend nie en van tydsbestuur. gevoel van tydsbestuur in die oorspronklike plan. uitstekend deur
geen bewyse tydsbestuur, maar beplanning, maar hou alternatiewe in ag te 5
gevind om te beplanning is nie by die beplanning neem volgens die
assesseer nie. onrealisties. nie. oorspronklike plan.
TOTALE PUNT 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 21 DBE/PAT 2018
NSS
5.4 VERKLARING VAN EGTHEID BYLAE D
VERKLARING VAN EGTHEID
Die ONTWERPPORTEFEULJE is volgens een van die volgende metodes aangebied:
Bronboek, Werkboek of Lêer. Dit is deel van die Vakportefeulje. Die
ONTWERPPORTEFEULJE moet voltooi wees voor die aanvang van vervaardigingsproses
Die volgende is by die ONTWERPPORTEFEULJE ingesluit:
• Ontleding/Analisering van die probleem
• Onderlinge verband tussen tegnologie, samelewing en die omgewing
• Vermoë om idees te genereer
• Verskaf 'n oplossing
• Sketswerk (afmetings, sweissimbole, skale en projeksiesimbole)
• Materiaal, gereedskap en toerusting
• Algemene veiligheidsmaatreëls
• Kosteberekening en materiaallys
• Bewys van vergelykings tussen verskillende prosesse en vaardighede
• Portefeulje-aanbieding
Die hele PAT is onder toesig van die aangewese onderwyser en sonder die hulp van iemand
anders gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat al die werk wat aangebied word die
oorspronklike werk van die leerder self is. Prosesse wat nie deur die leerder gedoen is nie, is
nie as deel van die leerder se werk geassesseer nie.
Leerder
Skool
Distrik
Handtekening Datum
Leerder
Onderwyser
Hoof
Skoolstempel
4.5 EKSTERNE/INTERNE MODERERINGSINSTRUMENT VIR PAT BYLAE E
LANDBOUTEGNOLOGIE
SKOOL:________________________________ EMIS Nr: _______________
ONDERWYSER:__________________________ GRAAD: _______________
VAK SPESIALIS/-ADVISEUR:_______________ DATUM: _______________
GETAL LEERDERS IN GRAAD:___________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 22 DBE/PAT 2018
NSS
GETAL LEERDERS WAT DIE VAK NEEM IN GRAAD 10–12:______
1 TOESTAND VAN DIE Goed Aanvaarbaar Swak Opmerkings
WERKSWINKEL
Vensters
Plafon
Vloer
Oliebestande vloerverf
Mure
Ligte
Voldoende getal
elektriese muurproppe
Elektriese muurproppe in
werkende toestand
Ventilasie
Diefwering
2 ONDERWYSER JA
NEE
Voorbereidingslêer:
PAT-riglyndokument
Puntestaat
Rubrieke vir leerders
Verwysingsmateriaal (bykomende inligting en bronne wat onderwyser
aan leerders gee)
Veiligheid:
Veiligheidskerms/-toestelle
Veiligheid van asetileen-/gassilinders
Sweisareas goed afgeskerm
Word die area om gevaarlike masjiene met geel lyne op die vloer
afgebaken?
Brandblusser
Noodhulpkassie
Veiligheidsplakkate
Veiligheidstekens
Toepaslike BGV-wet (OHS Act) in die werkswinkel geïmplementeer
Is die getal leerders per sessie in die werkswinkel nie meer as 15 nie,
soos deur die BGV-wet voorgeskryf?
Gereedskap en toerusting:
Volledig toegeruste werkswinkel
Basiese gereedskap en toerusting
Beskadigde en gebreekte toerusting
Is daar skaduborde teen die mure of mobiele eenhede?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 23 DBE/PAT 2018
NSS
Werkswinkelatmosfeer:
Plakkate
Uitstallings
Veilige uitleg
Is die werkswinkel doelgebou?
Netheid vanstoorkamer:
Stoorkamer is goed georganiseer
Stoorkamer is skoon
Netheid van die werkswinkel:
Werkswinkel is skoon
3 LEERDERS SE PAT-PROJEKLÊERS JA
NEE
Het die leerders die voorgeskrewe PAT gedoen?
Indien nie, is die PAT-projek van dieselfde of 'n hoër standaard as die
voorgeskrewe PAT?
Het al die leerders PAT-portefeuljelêers?
Het al die leerders 'n voltooide leerderpunte-opsommingstaat?
Het al die leerders die verklaring van egtheid onderteken? (bl. 23)
Het al die leerders afskrifte van die ontwerpprojek (bl. 10–17) in hul
PAT-lêers?
Het die leerders die volgende fases van die PAT bevredigend voltooi:
Ontwerp
Vervaardiging
Is daar bewyse dat al die take deur die onderwyser geassesseer is?
Is al die rubrieke voltooi en die totale korrek na die puntestaat oorgedra?
Is die assessering wat die onderwyser gedoen het regverdig en
betroubaar?
Kom die puntetoekenning en die prestasievlak ooreen met die res van die
provinsie?
Moet daar 'n aanpassing van daardie gemiddeld gemaak word?
4 ALGEHELE KWALITEIT VAN DIE PROJEK JA
NEE
Het al die leerders die projek voltooi?
Is al die leerders se werk intern gemodereer?
Kom die finale projek en die ontwerpe in die portefeulje ooreen?
Kom die punte wat deur die onderwyser in die rubrieke gegee is, ooreen
met die beskikbare bewyse in die leerderportefeulje?
5 INTERNE/EKSTERNE MODERERING: JA
NEE
Is daar bewyse van interne moderering deur die departementshoof?
Is daar bewyse van interne moderering deur die vakspesialis/-adviseur?
6 INTERNE/EKSTERNE MODERERING: JA
NEE
Is daar bewyse van eksterne moderering deur die departementshoof?
Is daar bewyse van eksterne moderering deur die adjunkhoof?
Is daar bewyse van eksterne moderering deur die vakspesialis/-adviseur?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 24 DBE/PAT 2018
NSS
7 Bykomende inligting. Heg getikte lyste met die volgende inligting aan.
Lys van toerusting benodig in die Landboutegnologie-werkswinkel.
Lys van toerusting wat oortollig is in die Landboutegnologie-werkswinkel.
Lys van toerusting wat nie meer herstel kan word nie en wat afgeskryf moet word in die
Landboutegnologie-werkswinkel.
SAMEVATTENDE WAARNEMINGS:
Onderwyser se Datum Departementshoof Datum
handtekening se handtekening
Vakadviseur se Datum Hoof se Datum
handtekening handtekening
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 25 DBE/PAT 2018
NSS
4.6 PUNTESKEDULE BYLAE F
LANDBOUTEGNOLOGIE – PAT
SKOOL: _____________________________ SENTRUMNR.: ____________________________ EMISNOMMER: ___________________
STREEK: ____________________________ DISTRIK: _____________________________ JAAR:_____________
KWALITEIT VAN DIE FINALE
Nr. Leerder ONTWERPPORTEFEULJE VERVAARDIGINGSPROSES
PRODUK
Beplanningsvaardighede:
Vaardighede betrokke by die hantering
Materiaal, gereedskap & benodighede Funksionaliteit van die finale produk.
Veilige hantering van gereedskap en Vaardighede gebruik in die prosesse
Kosteberekening en materiaallys
Ondersoek/Bekyk die probleem/
Ontleding/Analise en diagnose
TOTAAL: 25 (50 ÷ 2=25) TOTAAL 50 (25 ÷ 2=50)
van gereedskap en toerusting
TOTAAL A+B+C=100
Ontwikkeling van idees. Algemene veiligheid Aanbied van portefeulje toerusting (sigmoderering) Kennis van materiale (sigmoderering) Afmetings en mates Voorkoms: Afwerking
Onderlinge verband tussen tegnologie,
Tekeninge/Sketse (sigmoderering) Proses tegnieke behoefte TOTAAL 25
samelewing en omgewing. Oplossing Vergelykings Tydsbestuur
5 5 5 5 5 5 5 5 5 5 25 5 5 5 5 5 50 5 5 5 5 5 25
1.
2.
Totaal: Totaal: Totaal:
Gemiddeld : Gemiddeld : Gemiddeld :
ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ______________________ DATUM: _______________
ONDERWYSER:
HOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN HOOF: ______________________ DATUM: _______________
MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN _______________________ DATUM: _______________
MODERATOR:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 26 DBE/PAT 2018
NSS
4.7 KONSOLIDASIEVORM BYLAE G
LANDBOUTEGNOLOGIE
SKOOL: _______________________________________ SENTRUMNOMMER: _________________ EMIS NOMMER: ___________________
STREEK : _______________________________________ DISTRIK: ___________________________ JAAR:_____________________________
Vervaardiging van die produk Kwaliteit van die finale produk
KANDIDAAT-
Ontwerpportefeulje Gemodereerde punt
KANDIDATE EKSAMENNOMMER TOTAAL
25 50 25 100 100
1.
2.
Totaal:
Gemiddeld:
ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN _____________________ DATUM: _______________
ONDERWYSER:
HOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN HOOF: _____________________ DATUM: _______________
MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN _____________________ DATUM: _______________
MODERATOR:
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2022 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2021 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2020 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2019 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2017 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2016 Afr hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Agricultural Technology May June 2025 MG Afr

Memorandum
Agricultural Technology May June 2024 MG Afr

Question paper
Agricultural Technology May June 2024 Afr

Memorandum
Agricultural Technology May June 2018 Memo Eng hlayiso.com

Memorandum
Agricultural Technology May June 2018 Memo Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology May June 2018 Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Technology
Explore more published documents in this catalogue.





