Downloaded from hlayiso.com
LANDBOUTEGNOLOGIE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2019
Hierdie riglyne bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentDocument 











View all
Agricultural Technology PAT GR 12 2019 Afr hlayiso.com
Agricultural Technology · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Practical assessment task, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Document
- Year
- 2019
- Pages
- 23
- File size
- 1.5 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 23
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 2 DBE/PAT 2019
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR ONSERWYSERS 3
2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2019 3
2.2 Hoe om die PAT te administreer 4
2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek 5
2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje 5
2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses 6
2.3.3 Fase 3: Finale produk 6
2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering 6
2.4.1 Kriteria en riglyne om die ontwerpportefeulje te assesseer 7
2.4.2 Kriteria en riglyne om die vervaardigingsproses te assesseer 7
2.4.3 Kriteria en riglyne om die finale produk te assesseer 7
2.5 Moderering van die PAT 7
3. RIGLYNE VIR LEERDERS 8
3.1 Inleiding 8
3.2 Illustrasie van die PAT 8
3.3 Lys van verbruikbare materiaal en gereedskap benodig 8
3.4 Stappe om te volg vir die vervaardigingsproses 9
3.5 Veiligheid 12
3.6 Alternatiewe ontwerpe 12
4. GEVOLGTREKKING 13
5. ASSESSERINGSRUBRIEKE 13
5.1 Assesseringsrubriek vir die ontwerpportefeulje BYLAE A 17
5.2 Assesseringsrubriek vir die vervaardigingsproses BYLAE B 18
5.3 Assesseringsrubriek vir die finale produk BYLAE C 20
5.4 Verklaring van Egtheid BYLAE D 21
5.5 Eksterne/Interne modereringsinstrument vir PAT BYLAE E 22
5.6 Puntestaat BYLAE F 25
5.7 Konsolidasievorm vir Landboutegnologie BYLAE G 26
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 3 DBE/PAT 2019
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke (KAVB) wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en
ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT
opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende
die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering
van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te
verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS
2.1 Praktiese Assesseringstaak (PAT) vir 2019
Die doel van die PAT is om leerders te leer om tegnologiese probleme in die
landbou-omgewing met gebruik van kritiese, innoverende denkvaardighede op te los.
Die PAT bestaan uit 'n ontwerpkomponent, vervaardigingskomponent en 'n finale
produk. Die PAT lei die leerder om die produk te ontwerp en te ontwikkel volgens
tegnologiese prosesse.
Skole sal in kwartaal 4 van die graad 11-jaar oor die graad 12-projek ingelig word om
die onderwyser en leerder geleentheid te gee om vooraf beplanning te doen.
Hieronder volg 'n scenario en 'n volledige uitleg van die voorbeeldmodel wat as die
PAT vir 2019 gebruik kan word.
Scenario:
'n Boer benodig 'n werksbank wat as 'n werksplatform vir die uitvoer van verskillende
doeleindes in en om die plaas gebruik kan word.
Die werksbank moet meerdoelig wees sodat dit in verskillende omstandighede en
toestande gebruik kan word. Dit moet lig, eenvoudig en maklik hanteerbaar wees,
maar stewig genoeg om swaar gewig te dra. Dit moet nie maklik kan omkantel
wanneer dit gebruik word nie.
Gebruik verskillende tegnologiese prosesse om jou te help met die ontwerp en
vervaardiging van hierdie stuk toerusting, bv. beplanning, ondersoek, navorsing en
verskillende praktiese vaardighede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 4 DBE/PAT 2019
NSS
2.2 Hoe om die PAT te administreer
Die onderwyser moet hierdie PAT-dokument gebruik as 'n riglyn om die PAT te doen.
Die leerder, met leiding van die onderwyser, moet die hele PAT self ontwerp en
beplan. Die onderwyser sal slegs die probleemstelling aan die leerders verskaf. Die
ideaal is dat die leerders almal verskillende PAT-ontwerpe moet hê. Die onderwyser
moet die praktiese toepaslikheid van die leerder se ontwerp evalueer en voorstelle
maak voordat die leerder die finale ontwerpportefeulje voorlê/inlewer.
Indien die skool/leerders besluit om 'n alternatiewe PAT te doen, moet daardie PAT
voldoen aan die voorgeskrewe standaarde wat in hierdie PAT-riglyndokument
uiteengesit is. Dit moet bewyse van die ontwerpportefeulje, werksprosedure, rubrieke
en bewyse van die finale produk insluit. Die kriteria en formaat om die
ontwerpportefeulje, vervaardigingsproses en finale produk te assesseer, moet
dieselfde as dié van die voorgeskrewe PAT wees.
Die projek moet uit ten minste SEWE van die kriteria, soos op bladsy 46 en 47 van
die Landboutegnologie: Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV)
aangedui, bestaan.
Die model moet funksionele waarde hê en geskik wees om in werklike
omstandighede in 'n plaas- en werkswinkelsituasies te gebruik. Die leerders moet
vertroud wees met die assesseringskriteria voordat hulle met die taak begin. Die
PAT moet onder toesig van die aangewese onderwyser gedoen word.
Die praktiese assesseringstaak in graad 12 word ekstern opgestel, intern
geassesseer en ekstern gemodereer. Die PAT word onder gekontroleerde toestande
voltooi en met behulp van rubrieke geassesseer.
Die promosiepunt van Landboutegnologie bestaan uit 'n PAT-komponent van
100 punte (25%), 'n skoolgebaseerde-assessering(SGA)-komponent van 100 punte
(25%) en 'n eindeksamenkomponent van 200 punte (50%). Die PAT dra 25% tot die
totale promosiepunt (400) in graad 12 by. Die praktiese assesseringstaak is
100 punte en bestaan uit 'n ontwerpportefeulje (25 punte), 'n vervaardigingsproses
(50 punte) en die finale produk (25 punte).
Voordat 'n leerder met die vervaardigingsproses kan begin, moet die
ontwerpportefeulje voltooi en deur die onderwyser geassesseer word. Die rede
hiervoor is dat die onderwyser ontwerpfoute, wat gekorrigeer moet word, vir die
leerder moet identifiseer.
Die ontwerpportefeulje en finale produk moet vir monitering en moderering
beskikbaar wees. Die PAT moet deur die onderwyser geëvalueer, nagegaan en
gewaarmerk wees voordat dit as die leerder se finale bewys van prestasie voorgelê
word.
Die onderwyser se PAT-lêer moet bewyse bevat van:
(a) Die PAT-opdrag
(b) 'n Volledige assesseringsrekord wat ten alle tye vir moniterings- en
modereringsdoeleindes beskikbaar moet wees
Die ontwerpportefeulje en die projek moet gedurende die hele skooljaar vir
monitering en moderering by die skool beskikbaar wees. Eksterne moderering sal
deur die onderskeie provinsiale moderators en die nasionale Departement van
Basiese Onderwys gedoen word. Geen leerder word toegelaat om sy/haar projek
huis toe te neem voordat finale moderering nie afgehandel is nie.
Indien 'n onderwyser sou versuim om 'n rekord van die PAT-assessering te hou, is
dit wangedrag en sal dit volgens paragraaf 5(3) van die beleidsdokument, Nasionale
Beleid oor die Afneem, Administrasie en Bestuur van die Nasionale Senior
Sertifikaat: 'n Vlak 4-kwalifikasie op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR), of
ander gepaste maatreëls, hanteer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 5 DBE/PAT 2019
NSS
Die afwesigheid van punte vir die praktiese assesseringstaak in graad 10–12, sonder
'n geldige rede, sal daartoe lei dat die kandidaat wat vir die vak geregistreer is
onvolledige uitslae kry. Die kandidaat sal drie weke voor die begin van die finale
jaareindeksamen gegee word om die uitstaande praktiese assesseringstaak voor te
lê. Indien die kandidaat sou versuim om die praktiese assesseringstaak voor te lê,
sal hy/sy ingelig word dat hy/sy nie aan die minimum vereistes vir promosie voldoen
het nie en dat hy/sy die vak die volgende jaar sal moet herhaal.
2.3 Fases in die ontwikkeling van die PAT-projek
Die projek moet in die volgende drie fases voltooi word:
2.3.1 Fase 1: Ontwerpportefeulje
Leerders moet die probleem of behoefte in hulle gekose projek
identifiseer. Hy/Sy moet ook die projek ondersoek, idees skep en
moontlike ontwerpoplossings vind om die model te vervaardig, te evalueer
en 'n oplossing vir die probleem/behoefte te gee. Die bewyse vir hierdie
fase word in die ontwerpportefeulje geplaas wat in kwartaal 4 van die
graad 11-jaar begin kan word en voortduur tot die einde van Januarie van
die graad 12-jaar. In hierdie fase moet die leerder aangemoedig word om
kreatief te wees en inisiatief te toon.
'n Verklaring van Egtheid (BYLAE D) moet voor finale moderering deur
elke leerder voltooi word.
Die ontwerpportefeulje moet bewyse bevat van hoe die ontwikkeling van
die produk benader is, soos hieronder aangetoon:
• Analisering/Ontleding en beplanning van die opdrag
• Verband tussen tegnologie, die samelewing en omgewing
• Sketse, diagramme of berekenings
• Materiaal gebruik
• Gereedskap gebruik
• Algemene veiligheidsmaatreëls van toepassing
• Vergelyking van prosesse en gereedskap wat gebruik moet word
• Kosteberekening en materiaallys
• Kennis en vaardighede vereis in die vervaardigingsproses
• Vervaardigingsprosesse wat gevolg is
• Tydsbeplanning van die begin tot by die finale produk
• Navorsing of ondersoeke onderneem
• Enige ander inligting rakende die projek
Formaat van die ontwerpportefeulje:
Voorblad: Naam van leerder
Graad
Skool
Eksamennommer
Jaar
Inhoud: Opdrag
Beplanning en navorsing
Ontwerpsketse
Materiaallys
Gereedskap benodig en relevante veiligheidsmaatreëls
Vergelykings van prosesse en gereedskap benodig
Kosteberekeninge
Bronnelys
Stappe wat gevolg moet word
Enige bykomende inligting
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 6 DBE/PAT 2019
NSS
2.3.2 Fase 2: Vervaardigingsproses
Leerders begin met die konstruksie van die werklike model aan die begin
van Februarie, in kwartaal 1 in die graad 12-jaar, of sodra die leerder die
ontwerpportefeulje voltooi het en dit deur die onderwyser goedgekeur is.
Die leerder begin dan met Fase 2. Die model moet teen die middel van
kwartaal 3 in graad 12 voltooi wees.
Daar word van die leerder verwag om die model in die skool se
werkswinkel te vervaardig, onder toesig van die onderwyser. Prosesse
wat nie deur die leerder uitgevoer is nie, kan nie as deel van die leerder
se werk geassesseer word nie.
Die model moet 'n aantal praktiese vaardighede insluit, maar neem in ag
dat die model aan die minimum aantal vaardighede moet voldoen, soos
in die KABV-dokument voorgeskryf.
Die onderwyser moet deurlopende assessering tydens die
vervaardigingsproses doen om sekere vaardighede en prosesse met
behulp van die aangehegte rubriek te evalueer en te assesseer.
2.3.3 Fase 3: Finale produk
Leerders moet die modelle teen die einde van die kwartaal 3 vir
assessering voorlê. Die beplanning gedoen in Fase 1 (ontwerp-
portefeulje) moet ook vir assessering van die finale produk voorgelê
word. Vir finale assessering moet die model voltooi en funksioneel wees.
Die finale produk moet ooreenstem met die beplanning in Fase 1.
2.4 Kriteria en riglyne vir PAT-assessering
Die PAT bestaan uit DRIE fases. Elke fase moet deur die onderwyser, met behulp
van die aangehegte rubrieke, geassesseer word.
• Die ONTWERPPORTEFEULJE moet nie later as die einde van kwartaal 1 nie,
voltooi en nagesien wees. Sodra 'n leerder klaar is met die ontwerpportefeulje en
dit deur die onderwyser geassesseer en goedgekeur is, kan hy/sy met Fase 2
voortgaan. Die onderwyser moet die rubriek op BYLAE A gebruik om die
ontwerpportefeulje te assesseer.
• Die VERVAARDIGINGSPROSES is 'n deurlopende proses en die verskillende
vaardighede moet voortdurend deur die onderwyser geassesseer word wanneer
die verskillende vaardighede toegepas word. Die rubriek op BYLAE B moet
gebruik word.
• Die FINALE PRODUK moet met behulp van die rubriek op BYLAE C geëvalueer
en geassesseer word.
• BYLAE D is 'n Verklaring van Egtheid en moet deur elke leerder en die
onderwyser voltooi word.
• BYLAE E moet deur die onderwyser gebruik word om te verseker dat die
Landboutegnologie-werkswinkel en -geriewe vir eksterne moderering op
standaard is.
• BYLAE F en G is voorbeelde van puntestate wat gebruik kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 7 DBE/PAT 2019
NSS
2.4.1 Kriteria en riglyne om die ONTWERPPORTEFEULJE te assesseer
(25 punte)
• Ontleding van die probleem
• Verwantskap tussen tegnologie, samelewing en die omgewing
• Vermoë om idees te skep/genereer
• Gee 'n oplossing
• Sketswerk (maatskrywing, sweis-, skaal- en projeksiesimbole)
• Materiaal, gereedskap en toerusting
• Algemene veiligheidsmaatreëls
• Kosteberekening en materiaallys
• Bewyse van vergelykings tussen verskillende prosesse en
vaardighede
• Portefeulje-aanbieding
2.4.2 Kriteria en riglyne om die VERVAARDIGINGSPROSES te assesseer
(sigmoderering) (50 punte)
• Veilige hantering en instandhouding van gereedskap en toerusting
• Vaardighede wat verband hou met die behoorlike gebruik en
instandhouding van gereedskap en toerusting
• Kennis van materiaal om probleme op te los
• Toepassing van verskillende tegnieke en prosesse
• Vaardighede getoon in die toepassing van prosesse
2.4.3 Kriteria en riglyne om die gehalte/kwaliteit van die FINALE PRODUK
te assesseer (25 punte):
• Die produk voldoen aan die doel waarvoor dit ontwerp is en toon
innovering wat by die probleem pas
• Afmetings en mates van die finale produk
• Voorkoms: Afwerking sluit vyl, slyp, skuur en verf in
• Verseker dat die produk behoorlik funksioneer
• Tydsbestuur: Gaan die volledigheid van die model na
2.5 Moderering van die PAT
• Interne moderering (Departementshoof)
Die onderwyser en leerder se PAT-portefeuljes moet deur die departementshoof
of senior onderwyser van die vak by die skool gemodereer word.
• Eksterne moderering (Vakspesialis/-adviseur)
Die vakspesialis/-adviseur moet EEN KEER PER KWARTAAL eksterne
moderering doen. Die vakspesialis/-adviseur moet aan die einde van kwartaal 1
die ontwerpportefeulje assesseer. Die werklike vervaardigingsproses deur die
leerder moet gedurende kwartaal 2 gemodereer word. Die finale produk asook
die finale PAT-punt moet in kwartaal 3 gemodereer word.
• Eksterne moderering (Nasionale paneel)
'n Paneel moderators wat deur die nasionale Departement van Basiese
Onderwys aangestel is, sal die PAT en praktiese werkswinkel modereer.
BYLAE E is die modereringsinstrument wat deur die nasionale paneel vir
moderering by skole gebruik sal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 8 DBE/PAT 2019
NSS
3. RIGLYNE VIR LEERDERS
3.1 Inleiding
Die model wat die leerders moet maak, moet die prosesse insluit wat vanaf graad 10
in die teoretiese werk geleer is. Hierdie prosesse is deel van die verskillende take
wat op 'n plaas verrig kan word. Die leerders gebruik hulle vaardighede en kennis
wat in Landboutegnologie bekom is, om hierdie projek te voltooi.
3.2 Illustrasie van die PAT
Die prent hieronder toon 'n praktiese werksbank wat as 'n tafel om op te sweis,
gebruik kan word.
3.3 Lys van verbruikbare materiaal, masjiene en gereedskap wat benodig word om
die projek te vervaardig
Gereedskap benodig
Metaalsnymasjien Winkelhaak Vyle
Staanboormasjien Ystersaag Persoonlike beskermingsdrag
Plasmasnyer Kraspen Besem
Sweismasjien Senterpons Verfkwas
Werksbank Moersleutels Hamers
Draagbare hoekslypmasjien Tange Klampe
Maatband
Verbruikbare materiaal
Staalboortjie Ø 12 mm Ystersaaglemme
Amarilskuur/Snylemme/Plasmasnyer- Terpentyn
bykomstighede (spuitstukke, invoegstukke, Potlood
spasieerstukke)
Rust-Oleum hoëtemperatuur-spuitverf Handskoonmaakmiddel
Sweisstafies Onderlaagverf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 9 DBE/PAT 2019
NSS
3.4 Stappe om te volg vir die vervaardigingsproses
VOORGESTELDE WERKS-/TYDSKEDULE Datum
voorspel
Ongeveer 2 ure per week word benodig vir die PAT soos in die KABV-
dokumentvoorgeskryf. Ongeveer 18 weke (36 ure) is beskikbaar vir die
vervaardigingsproses.
A ONTWERPPORTEFEULJE (25 punte)
1. PAT-probleemstelling/taak moet aan leerders uitgedeel word. Die Week 1
onderwyser moet die probleemstelling/taak aan die leerders verduidelik.
Leerders het DRIE weke om die ontwerpportefeulje te voltooi.
2. Die onderwyser moet aktief betrokke wees en ondersteuning en leiding aan Week 2
die leerders tydens die ontwerpproses bied.
3. Die onderwyser moet die voltooide portefeuljes evalueer, assesseer en
terugvoering gee alvorens leerders met die vervaardigingsproses kan begin.
4. Leerders moet verbeteringe aan die portefeulje aanbring, waar nodig. Week 3
5. Die onderwyser moet die punte vir die ontwerpportefeulje op die
SBA-puntestaat aanteken.
B VERVAARDIGINGSPROSES (50 punte)
(Onderwyser moet die vervaardigingsproses monitor en evalueer).
ITEM- HOEV. BESKRYWING LENGTE KOSTE
NR.
1. 2 Hoekyster 50 mm x 50 mm x 5 mm 750 mm
2. 2 Hoekyster 50 mm x 50 mm x 5 mm 1 800 mm
3. 1 Hoekyster 50 mm x 50 mm x 5 mm 740 mm
4. 1 Hoekyster 50 mm x 50 mm x 5 mm 1 790 mm
5. 4 Hoekyster 75 mm x 75 mm x 5 mm 950 mm
6. 1 Hoekyster 50 mm x 50 mm x 5 mm 1 790 mm
7. 1 Hoekyster 50 mm x 50 mm x 5 mm 740 mm
8. 4 Driehoekige voetplaatmontering 65 mm x 65 mm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 10 DBE/PAT 2019
NSS
Stap 1:
Sny items 1 en 2, soos in tekening #2 getoon. Week
4–7
Stap 2:
Sweis items 1 en 2 in 'n reghoekige raam, soos hieronder getoon. Dit sal die Week
werksbank se boonste raam wees. Maak seker die raamwerk is plat met haakse 8–10
90 grade-hoeke.
Stap 3:
Sny VIER (4) item # 5's. Dit sal die pote van die werksbank word. Maak seker dat Week
hulle almal dieselfde lengte is. 10–15
Keer die boonste bankraam om en sweis die pote loodreg aan die boonste raam
vas. Maak seker hulle is haaks.
Stap 4:
Sweis item 3, 4, 6 en 7 aanmekaar vas, soos hieronder getoon. Verwys na die Week
werksbanktekening vir afmetings. Dit is die rakraam wat onder die werksbank se 16–19
blad (bokant) inpas. Maak seker die raamwerk is plat met haakse 90 grade-
hoeke.
Stap 5:
Posisioneer die rakraamwerk soos op die tekening getoon en puntsweis dit. Maak Week
seker dat die rakraamwerk dieselfde afstand vanaf die onderkant van elke 20–24
werksbankpoot is voordat met finale sweising begin word. Sweis soos getoon op
tekening.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 11 DBE/PAT 2019
NSS
Stap 6:
Sweis VIER item 8's (voetplaat) aan die onderkant van die werksbankpote, soos Week
hieronder getoon. 25–29
Stap 7:
Maak alle oppervlakke skoon en skuur glad. Week
30
Stap 8:
Wend 'n roeswerende grondlaag aan en verf. Laat die verf toe om behoorlik droog Week
te word. 30
ITEM HV. BESKRYWING LENGTE KOSTE
NR.
1. 1 Werksbank 1 800 mm x 750 mm
x 950 mm
2. 1 Werksbank-blad (Staalplaat) 1 800 mm x 750 mm
x 10 mm
3. 1 Werksbankrak (Staalplaat) 1 790 mm x 540 mm
x 2 mm
4. 1 Verstellingsvoet 10 mm bout en moer
Stap 9:
Klamp die werksbankstaalplaatblad (item nr. 2) en rakplaat (item nr. 3) aan die Week
gesweiste raamwerk vas. Maak seker die kante is opgelyn. Sweis die plate aan die 31
onderskeie raamwerke vas.
Stap 10: Week
Heg die verstellingsvoetjies (item nr. 4) aan die onderkant van die werksbankpote. 32
Voltooide werksbank
C. FINALE PRODUK (25 punte) Week
33
• Die onderwyser moet die finale produk evalueer en die PAT-punte vir die jaar
finaliseer.
• Punte moet op die SGA-puntestate aangeteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 12 DBE/PAT 2019
NSS
3.5 Veiligheid
• 'n Veilige werkwyse en die verantwoordelike gebruik van die werksbank sal die
kans op ongelukke of beserings verlaag.
• Dra gepaste veiligheidstoerusting en -klere vir sweiswerk en metaalwerk. Klere
moet van vuurbestande katoen of wol wees, en nooit van sintetiese materiaal
wat kan smelt nie.
• Dra altyd 'n helm wanneer jy sweis en 'n volgesigskerm wanneer jy 'n
slypmasjien gebruik.
• Dra ook leersweishandskoene om jouself teen brandwonde te beskerm.
• Jy moet altyd in 'n goed geventileerde area werk.
3.6 Alternatiewe ontwerpe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 13 DBE/PAT 2019
NSS
4. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om
hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en
redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en
uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se
lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings
betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 14 DBE/PAT 2019
NSS
5. ASSESSERINGSRUBRIEKE BYLAE A
Naam van kandidaat: ______________________ Skool: _________________Graad:_____________ Datum: _______________
ONTWERP- VERVAARDIGINGS- KWALITEIT VAN DIE TOTAAL HANDTEKENING VAN HANDTEKENING VAN
PORTEFEULJE PROSES PRODUK ONDERWYSER EKSTERNE MODERATOR
/25 /50 /25 /100
5.1 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE ONTWERPPORTEFEULJE
KRITERIA MOONT- PUNT
0 1 2 3 4 5
LIKE PUNT BEHAAL
Beplannings- Geen poging is Toon 'n beperkte Toon 'n poging om Identifiseer die gegewe Ontleed die gegewe Identifiseer die gegewe
vaardighede: aangewend nie poging om relevante inligting te probleem korrek en probleem korrek en toon probleem/behoefte korrek
Analise/ en geen inligting te identifiseer en in te samel relevante inligting bewyse van die gebruik en gebruik 'n
Ontleding en bewyse gevind identifiseer en in samel, om die in om die gegewe van 'n wye reeks verskeidenheid
diagnose om te te samel om die gegewe probleem/ probleem/behoefte mee inligtingsbronne om die ondersoekstrategieë om
5
assesseer nie. gegewe behoefte mee te te ontleed. probleem/behoefte te relevante inligting te
probleem/ ontleed. verstaan. bekom wat gehelp het met
behoefte mee te die ontwikkeling en
ontleed. ontwerp van innoverende
idees.
Onderlinge Geen poging is Wend geen Bewustheid van die Bewustheid en kennis Toepassing en kennis Toepassing en kennis van
verband aangewend nie poging aan om onderlinge verband van die onderlinge van aspekte van die aspekte van die onderlinge
tussen en geen die onderlinge is getoon. verband is getoon. onderlinge verband. verband en die
5
tegnologie, bewyse gevind verband te implementering van
samelewing om te oorweeg nie. voorkomingsmaatreëls.
en omgewing assesseer nie.
Skep/ Geen poging is Noem 'n paar Toon geringe Bied 'n paar alternatiewe Gebruik oorspronklike en Genereer 'n uitstekende
Genereer aangewend nie idees. bewustheid van idees met beperkte kreatiewe idees en kies verskeidenheid
idees en geen alternatiewe idees beredenering van keuses die geskikste opsie. alternatiewe en
bewyse gevind aan. innoverende idees. 5
om te Die voorkeuropsie is goed
assesseer nie. gemotiveer met duidelike
skakels met die ontwerp.
Oplossings Geen poging is Pogings om met Pogings om met Verskaf ontwerp- sketse Verskaf uitstekende Verskaf uitstekende
aangewend nie beperkte ontwerp- ontwerpsketse, en 'n verskeidenheid ontwerpsketse en 'n lys innoverende
en geen sketse en 'n paar spesifikasies en spesifikasies en relevante spesifikasies ontwerpsketse wat uiters
bewyse gevind spesifikasies beperkinge t.o.v. die beperkinge rakende die en beperkinge t.o.v. die goed geformuleer is en
5
om te vorendag te kom. gegewe probleem gegewe probleem. gegewe probleem. definieer die behoefte
assesseer nie. Beperkinge t.o.v. vorendag te kom. volgens die gegewe
die gegewe probleem.
probleem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 15 DBE/PAT 2019
NSS
KRITERIA MOONT- PUNT
0 1 2 3 4 5
LIKE PUNT BEHAAL
Sketswerk Geen poging is Verskaf Verskaf 'n paar Verskaf relevante sketse Verskaf sketse met Verskaf uitstekende sketse
aangewend nie irrelevante sketse relevante sketse met met korrekte lyne en korrekte lyne en simbole volgens die gegewe
en geen wat beperkte verkeerde lyne en/of simbole. wat verband hou met die probleem. Oorweeg
5
bewyse gevind tekenvaardighede verkeerde simbole. gegewe probleem. moontlike oplossings.
om te demonstreer.
assesseer nie.
Materiaal-, Geen poging is Poog om party Verskaf 'n verkeerde Verskaf 'n lys van Verskaf 'n lys met 'n Verskaf 'n lys van die mees
gereedskap- aangewend nie van die materiaal, of onvoldoende lys relevante materiaal, verskeidenheid relevante relevante materiaal,
en toerusting- en geen gereedskap en van materiaal, gereedskap en materiaal, gereedskap gereedskap en toerusting
5
lys bewyse gevind toerusting te gereedskap en toerusting. en toerusting benodig. benodig in 'n kreatiewe
om te noem. toerusting. formaat.
assesseer nie.
Algemene Geen poging is Poog om Toon beperkte Toon bewustheid, kennis Toon bewustheid, kennis Toon bewustheid, kennis
veiligheid aangewend nie veiligheids- bewustheid van en toepassing van en toepassing van en toepassing van
en geen regulasies in ag veiligheids- veiligheidsregula-sies. veiligheids-regulasies veiligheids-regulasies
bewyse gevind te neem. regulasies. rakende verskeie rakende alle toestande en 5
om te situasies. neem
assesseer nie. voorkomingsmaatreëls in
ag.
Koste- Geen poging is Verskaf 'n Poog om kostebere- Verskaf koste- Verskaf Verskaf kosteberekeninge
berekeninge aangewend nie materiaallys met kening te doen. berekeninge met gebruik kosteberekeninge met met gebruik van korrekte
en en geen geen Gebruik verkeerde van korrekte eenhede en gebruik van korrekte eenhede en data
5
materiaallys bewyse gevind berekeninge. eenhede, data en data ingesamel, sonder eenhede en data ingesamel en neem
om te materiaallys. om beperkinge in ag te ingesamel en neem relevante beperkinge in ag.
assesseer nie. neem. beperkinge in ag.
Vergelykings Geen poging is Geen Swak vergelyking Vergelyking van 'n Deeglike vergelyking 'n Deeglike vergelyking van
aangewend nie vergelykings nie. van een proses. verskillende prosesse, van verskillende verskillende prosesse,
en geen vaardighede en prosesse, vaardighede vaardighede en materiaal
5
bewyse gevind materiaal. en materiaal. en kom tot 'n
om te gevolgtrekking
assesseer nie.
Portefeulje- Geen poging is Portefeulje is Die portefeulje is Die portefeulje is voltooi Die portefeulje is voltooi Die voltooide portefeulje-
aanbieding aangewend nie onvolledig en voltooi, maar swak en voldoende georden en goed aangebied. aanbieding toon 'n hoë vlak
en geen swak georden en georden en en voorberei. van innovering en
bewyse gevind voorberei. voorberei. kreatiwiteit.
5
om te
assesseer nie.
TOTALE PUNT 50÷2=25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 16 DBE/PAT 2019
NSS
5.2 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE VERVAARDIGINGSPROSES BYLAE B
MOONT-LIKE PUNT
KRITERIA 1 2 3 4 5
PUNT BEHAAL
Veilige Geen poging is Toon bewustheid Toon bewustheid en Toon genoeg kennis en Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
hantering van aangewend nie van veiligheids- kennis van 'n paar bewustheid van en bewustheid van alle en bewustheid van alle
gereedskap/ en geen maatreëls. veiligheidsmaatreëls toepaslike veiligheids- toepaslike veiligheids- toepaslike veiligheids-
5
toerusting bewyse gevind . maatreëls. maatreëls. maatreëls en pas
(sigmodere- om te voorkomingsmaatreëls
ring) assesseer nie. toe.
Vaardighede Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie Toon genoeg kennis en Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
met aangewend nie kennis en kennis en vaardighede wat verband en vaardighede wat en vaardighede wat
betrekking tot en geen vaardighede en vaardighede wat hou met gereedskap en verband hou met verband hou met
die hantering bewyse gevind toerusting hou verband hou met die toerusting gebruik en gereedskap en toerusting gereedskap en toerusting
van om te verband met die gereedskap en bewyse van huishouding. gebruik en goeie gebruik en uitstekende 5
gereedskap assesseer nie. gereedskap toerusting gebruik huishouding. huishouding.
en toerusting gebruik. en huishouding.
(sigmodere-
ring)
Kennis van Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
materiaal aangewend nie agtergrondkennis kennis van materiaal materiaal en die van materiaal en die van materiaal en die
en geen van materiaal en die eienskappe eienskappe en konsepte eienskappe, konsepte en eienskappe, konsepte en
5
bewyse gevind gebruik. daarvan. daarvan. beginsels daarvan. beginsels daarvan om
om te probleme op te los.
assesseer nie.
Proses- Geen poging is Toon 'n bietjie Toon beperkte Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
tegnieke aangewend nie kennis van kennis van tegnieke korrek geselekteerde oor hoe om relevante van korrek geselekteerde
en geen onvanpaste gebruik. tegnieke. tegnieke korrek te en toegepaste tegnieke.
5
bewyse gevind tegnieke gebruik. selekteer en toe te pas. Neem moontlike
om te beperkinge in ag.
assesseer nie.
Vaardighede Geen poging is Toon beperkte Toon 'n bietjie Toon genoeg kennis van Toon voldoende kennis Toon voldoende kennis
gebruik in aangewend nie kennis van kennis van vaardighede benodig. van vaardighede benodig van vaardighede benodig
prosesse en geen vaardighede vaardighede en neem 'n paar en neem relevante
5
(sigmodere- bewyse gevind benodig. benodig. beperkinge in ag. beperkinge in ag.
ring) om te
assesseer nie.
TOTALE PUNT 25 x 2=50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/PAT 2019
NSS
5.3 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE KWALITEIT VAN DIE FINALE PRODUK BYLAE C
MOONT-LIKE PUNT
KRITERIA 0 1 2 3 4 5
PUNT BEHAAL
Ondersoek/ Geen poging is Die produk is Die produk is klaar, Die produk is klaar en Die produk voldoen aan Die produk voldoen aan
Bekyk die aangewend nie onvolledig. Die maar ondersoek/ ondersoek/bekyk die die doel waarvoor dit die doel waarvoor dit
probleem/ en geen voltooide produk bekyk glad nie die probleem of behoefte ontwerp is, maar toon ontwerp is en toon
behoefte bewyse gevind het 'n tekort aan probleem of gedeeltelik. geen werklike bewyse innovering wat pas by
om te detail en maak behoefte nie. van innovering in die die probleem of behoefte 5
assesseer nie. interpretasie oplossing van die geïdentifiseer.
moeilik. geïdentifiseerde
probleem of behoefte
nie.
Afmetings en Geen poging is Afmetings verskil Afmetings verskil Party afmetings verskil Afmetings verskil effens Maatskrywing en
mates van die aangewend nie heeltemal van van oorspronklike van oorspronklike van oorspronklike afmetings kom heeltemal
finale produk en geen oorspronklike ontwerp, maar doen tekenontwerp. Meer ontwerp. Toon baie meer met oorspronklike
bewyse gevind ontwerp. Toon 'n bietjie moeite om akkuraatheid en moeite akkuraatheid en moeite ontwerp ooreen.
om te geen moeite om korrekte afmetings om korrekte afmetings te om korrekte afmetings te 5
assesseer nie. korrekte te maak. maak. maak.
afmetings te
maak nie.
Voorkoms: Geen poging is Geen afwerking Produk se voorkoms Produk se voorkoms Produk se voorkoms Produk se voorkoms is
Afwerking, aangewend nie nie. Geen is nie aanvaarbaar aanvaarbaar as gevolg meer aanvaarbaar baie aanvaarbaar en
vyl, skuur, en geen vylwerk, verf of nie aangesien van party van die aangesien afwerking toon 'n hoë vlak van
slyp en bewyse gevind skuurwerk nie. sommige van die afwerkingsmetodes wat gedoen is, maar geen innovering en
verf om te Toon min moeite afwerkingsmetodes gebruik is. verfwerk is gedoen nie. kreatiwiteit. 5
assesseer nie. om voorkoms nie gevolg is nie.
aan-vaarbaar te
maak.
Funksionaliteit Geen poging is Die produk is Die produk is voltooi, Die produk is klaar en Die produk is klaar, Die produk is klaar,
van die finale aangewend nie onvolledig en maar dit is glad nie funksioneer, maar toon funksioneer goed en toon funksioneer baie goed en
produk. en geen funksioneer glad funksioneel nie. geen nuwe verbeterings 'n paar nuwe toon baie nuwe
Funksioneer bewyse gevind nie. Toon geen nuwe nie en min innovering. verbeterings en verbeterings en 'n baie 5
die produk om te verbeterings nie. innovering. hoë vlak van innovering.
behoorlik? assesseer nie.
Tydsbestuur Geen poging is Baie min bewyse Toon 'n beperkte Bewyse van realistiese Bestuur tyd goed volgens Bestuur tyd uitstekend
aangewend nie van tydsbestuur. gevoel van tydsbestuur in die oorspronklike plan. deur alternatiewe in ag te
en geen tydsbestuur, maar beplanning, maar hou neem volgens die
bewyse gevind beplanning is nie by die beplanning oorspronklike plan. 5
om te onrealisties. nie.
assesseer nie.
TOTALE PUNT 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 18 DBE/PAT 2019
NSS
5.4 VERKLARING VAN EGTHEID BYLAE D
VERKLARING VAN EGTHEID
Die ONTWERPPORTEFEULJE is volgens een van die volgende metodes aangebied: Bronboek,
Werkboek of Lêer. Dit is deel van die Vakportefeulje. Die ONTWERPPORTEFEULJE moet voltooi wees
voor die aanvang van vervaardigingsproses
Die volgende is by die ONTWERPPORTEFEULJE ingesluit:
• Ontleding/Analisering van die probleem
• Onderlinge verband tussen tegnologie, samelewing en die omgewing
• Vermoë om idees te genereer
• Verskaf 'n oplossing
• Sketswerk (afmetings, sweissimbole, skale en projeksiesimbole)
• Materiaal, gereedskap en toerusting
• Algemene veiligheidsmaatreëls
• Kosteberekening en materiaallys
• Bewys van vergelykings tussen verskillende prosesse en vaardighede
• Portefeulje-aanbieding
Die hele PAT is onder toesig van die aangewese onderwyser en sonder die hulp van iemand anders
gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat al die werk wat aangebied word die oorspronklike werk van die
leerder self is. Prosesse wat nie deur die leerder gedoen is nie, is nie as deel van die leerder se werk
geassesseer nie.
Leerder
Skool
Distrik
Handtekening Datum
Leerder
Onderwyser
Hoof
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 19 DBE/PAT 2019
NSS
5.5 EKSTERNE/INTERNE MODERERINGSINSTRUMENT VIR PAT BYLAE E
LANDBOUTEGNOLOGIE
SKOOL:________________________________ EMISnr: _______________
ONDERWYSER:__________________________ GRAAD: _______________
VAK SPESIALIS/-ADVISEUR:_______________ DATUM: _______________
GETAL LEERDERS IN GRAAD:___________
GETAL LEERDERS WAT DIE VAK NEEM IN GRAAD 10–12:______
1 TOESTAND VAN DIE GOED AANVAAR- SWAK KOMMENTAAR
WERKSWINKEL BAAR
Vensters
Plafon
Vloer
Oliebestande vloerverf
Mure
Ligte
Genoeg elektriese
muurproppe
Elektriese muurproppe in
werkende toestand
Ventilasie
Diefwering
2 ONDERWYSER JA
NEE
Voorbereidingslêer:
PAT-riglyndokument
Puntestaat
Rubrieke vir leerders
Verwysingsmateriaal (bykomende inligting en bronne wat onderwyser aan
leerders gee)
Veiligheid:
Veiligheidskerms/-toestelle
Veiligheid van asetileen-/gassilinders
Sweisareas goed afgeskerm
Word die area om gevaarlike masjiene met geel lyne op die vloer afgebaken?
Brandblusser
Noodhulpkassie
Veiligheidsplakkate
Veiligheidstekens
Toepaslike BGV-wet ('OHS Act') in die werkswinkel geïmplementeer
Is die getal leerders per sessie in die werkswinkel nie meer as 15 nie, soos
deur die BGV-wet voorgeskryf?
Gereedskap en toerusting:
Volledig toegeruste werkswinkel
Basiese gereedskap en toerusting
Beskadigde en gebreekte toerusting
Is daar skaduborde teen die mure of mobiele eenhede?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 20 DBE/PAT 2019
NSS
Werkswinkelatmosfeer:
Plakkate
Uitstallings
Veilige uitleg
Is die werkswinkel doelgebou?
Netheid vanstoorkamer:
Stoorkamer is goed georganiseer
Stoorkamer is skoon
Netheid van die werkswinkel:
Werkswinkel is skoon
3 LEERDERS SE PAT-PROJEKLÊERS JA
NEE
Het die leerders die voorgeskrewe PAT gedoen?
Indien nie, is die PAT-projek van dieselfde of 'n hoër standaard as die
voorgeskrewe PAT?
Het al die leerders PAT-portefeuljelêers?
Het al die leerders 'n voltooide leerderpunte-opsommingstaat?
Het al die leerders die Verklaring van Egtheid onderteken? (Bladsy 18)
Het al die leerders afskrifte van die ontwerpprojek (bladsy 8 tot 13) in hul
PAT-lêers?
Het die leerders die volgende fases van die PAT bevredigend voltooi:
Ontwerp
Vervaardiging
Is daar bewyse dat al die take deur die onderwyser geassesseer is?
Is al die rubrieke voltooi en die totale korrek na die puntestaat oorgedra?
Is die assessering wat die onderwyser gedoen het regverdig en betroubaar?
Kom die puntetoekenning en die prestasievlak ooreen met die res van die
provinsie?
Moet daar 'n aanpassing van daardie gemiddeld gemaak word?
4 ALGEHELE KWALITEIT VAN DIE PROJEK JA
NEE
Het al die leerders die projek voltooi?
Is al die leerders se werk intern gemodereer?
Kom die finale projek en die ontwerpe in die portefeulje ooreen?
Kom die punte wat deur die onderwyser in die rubrieke gegee is, ooreen met die
beskikbare bewyse in die leerderportefeulje?
5 INTERNE/EKSTERNE MODERERING: JA
NEE
Is daar bewyse van interne moderering deur die departementshoof?
Is daar bewyse van interne moderering deur die vakspesialis/-adviseur?
6 INTERNE/EKSTERNE MODERERING: JA
NEE
Is daar bewyse van eksterne moderering deur die departementshoof?
Is daar bewyse van eksterne moderering deur die adjunkhoof?
Is daar bewyse van eksterne moderering deur die vakspesialis/-adviseur?
7 Bykomende inligting. Heg getikte lyste met die volgende inligting aan.
Lys van toerusting benodig in die Landboutegnologie-werkswinkel.
Lys van toerusting wat oortollig is in die Landboutegnologie-werkswinkel.
Lys van toerusting wat nie meer herstel kan word nie en wat afgeskryf moet word in die
Landboutegnologie-werkswinkel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 21 DBE/PAT 2019
NSS
Waarnemings:
Onderwyser se Datum Departementshoof se Datum
handtekening handtekening
Vakadviseur se Datum Hoof se Datum
handtekening handtekening
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 22 DBE/PAT 2019
NSS
5.6 Puntestaat BYLAE F
LANDBOUTEGNOLOGIE – PAT
SKOOL: _____________________________ SENTRUMNR.: ____________________________ EMISNOMMER: ___________________
STREEK: ____________________________ DISTRIK: _____________________________ JAAR:_____________
KWALITEIT VAN DIE FINALE
Nr. Leerder ONTWERPPORTEFEULJE VERVAARDIGINGSPROSES
PRODUK
Vaardighede betrokke by die hantering
Onderlinge verband tussen tegnologie,
Materiaal, gereedskap & benodighede Funksionaliteit van die finale produk.
Veilige hantering van gereedskap en Vaardighede gebruik in die prosesse
Kosteberekening en materiaallys
Beplanningsvaardighede: Ondersoek/Bekyk die probleem/
TOTAAL: 25 (50 ÷ 2=25) TOTAAL 50 (25 ÷ 2=50)
van gereedskap en toerusting
Ontwikkeling van idees. Aanbied van portefeulje
TOTAAL A+B+C=100
samelewing en omgewing. Tekeninge/Sketse Algemene veiligheid toerusting (sigmoderering) Kennis van materiale (sigmoderering) behoefte Afmetings en mates Voorkoms: Afwerking
Ontleding/Analise en diagnose Vergelykings (sigmoderering) Proses tegnieke Tydsbestuur
TOTAAL 25
Oplossing
5 5 5 5 5 5 5 5 5 5 25 5 5 5 5 5 50 5 5 5 5 5 25
1.
2.
Totaal: Totaal: Totaal:
Gemiddeld : Gemiddeld : Gemiddeld :
ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: ____________________ DATUM: _______________
HOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN HOOF: ____________________ DATUM: _______________
MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: ____________________ DATUM: _______________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie
Downloaded from hlayiso.com 23 DBE/PAT 2019
NSS
5.7 Konsolidasievorm BYLAE G
LANDBOUTEGNOLOGIE
SKOOL: ________________________________ SENTRUMNOMMER: _________________ EMIS NOMMER: ___________________
STREEK : ________________________________ DISTRIK: ___________________________ JAAR:_____________________________
Vervaardiging van die produk Kwaliteit van die finale produk
KANDIDAAT-
Ontwerpportefeulje Gemodereerde punt
KANDIDATE EKSAMENNOMMER TOTAAL
25 50 25 100 100
1.
2.
Totaal:
Gemiddeld:
ONDERWYSER: _____________________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: _____________________ DATUM: _______________
HOOF: _____________________ HANDTEKENING VAN HOOF: _____________________ DATUM: _______________
MODERATOR: _____________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: _____________________ DATUM: _______________
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2022 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2021 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2020 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2018 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2017 Afr hlayiso.com

Document
Agricultural Technology PAT GR 12 2016 Afr hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Agricultural Technology May June 2025 MG Afr

Memorandum
Agricultural Technology May June 2024 MG Afr

Question paper
Agricultural Technology May June 2024 Afr

Question paper
Agricultural Technology May June 2019 Eng hlayiso.com

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2019 Memo Afr hlayiso.com

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2019 Memo Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Technology
Explore more published documents in this catalogue.





