Skip to content

Agricultural Sciences Grade 11 P1 2013 QP (Afr)

Question paperAgricultural SciencesGrade 11201314 pages

Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 LANDBOUWETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye insluitend ʼn antwoordblad.
Downloaded from hlayiso.com 2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord ALLE vrae van BEIDE TWEE AFDELINGS A en B. 2. AFDELING A (VRAAG 1) moet op die bygevoegde ANTWOORDBLAD beantwoord word. 3. Plaas jou ANTWOORDBLAD van AFDELING A (VRAAG 1) binne in jou ANTWOORDEBOEK. 4. AFDELING B (VRAE 2 tot 4) moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 5. Begin elke vraag van AFDELING B op ʼn NUWE bladsy. 6. Lees die vrae versigtig en maak seker jy antwoord wat gevra word. 7. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 8. MOENIE die antwoorde tot vrae OPBREEK NIE. 9. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en maak ʼn kruisie (X) in die blokkie (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD. GEEN punte sal toegeken word as meer as een kruisie (X) vir ʼn antwoord verskyn nie. Voorbeeld: 1.1.11 A B C D 1.1.1 Die kleinste vorm van materie wat op sy eie kan voortbestaan word ʼn … genoem. A element B atoom C isotoop D verbinding 1.1.2 Die klein groepe atome wat in molekules voorkom wat verantwoordelik is vir sekere eienskappe van die molekule asook die reaksies waaraan hulle kan deelneem staan as ... bekend. A ioniese groepe B fosfaat groepe C funksionele groepe D radikale groepe 1.1.3 Molekules met dieselfde molekulêre formule maar met verskillende rangskikking van atome word isomere genoem. Die volgende illustrasies dui die isomere van ... aan. A metaan B propaan C butaan D pentaan
Downloaded from hlayiso.com 4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2013) 1.1.4 Die eenheid van saamklewende grondpartikels wat gevorm word deur natuurlike prosesse word … genoem. A gruis B klei C peds D slik 1.1.5 Die instrument wat gebruik word om die digtheid van water en grond te meet word ʼn ... genoem. A fotometer B hidrometer C termometer D barometer 1.1.6 Die veldmetode om die tekstuur van ʼn grond te bepaal is belangrik want daardeur kan die grondeienskappe ook bepaal word. Die diagram toon ʼn grond wat bestaan uit ... partikels. A sand B leem C klei-leem D slik 1.1.7 Die volgende faktore beïnvloed die bulkdigtheid (matriksdigtheid) van ʼn grond, behalwe, die ... A hoeveelheid organiese materiaal in die grond. B kleur van die grond. C kompaksie van die gronddeeltjies. D graad van bewerking. 1.1.8 Die tipe grondwater wat ʼn baie dun lagie rondom die grondpartikels vorm en nie toeganklik vir plante is nie. A Higroskopiese water B Gravitasiewater C Kapillêre water D Kohesie water 1.1.9 ʼn Grondoppervlakhorison wat ʼn tekort aan fyn materiaal het en wat lig van kleur is en baie organiese koolstof bevat is ... A orties. B verties. C melanies. D humies.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5 1.1.10 Die proses ontstaan wanneer die stikstofvoorraad in die grond laag is en die grondmikrobes wedywer met plante om die beskikbare stikstof in die grond staan as ... bekend. A mineralisasie B immobilisasie C assimilasie D oplosbaarmaking (10 x 2) (20) 1.2 In die tabel hieronder word ʼn beskrywing en TWEE moontlike antwoorde gegee. Besluit of die beskrywing in KOLOM B verband hou met slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen van die antwoorde in KOLOM A nie en maak ʼn kruisie (X) in die blokkie (A–D) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD. Voorbeeld: KOLOM A KOLOM B A: Oranje Basisse of alkali B: Seep Antwoord: Die stelling verwys na: Slegs A Slegs B A en B Geeneen A B C D KOLOM A KOLOM B 1.2.1 A: Adhesie Kragte uitgeoefen deur water B: Kohesie 1.2.2 A: Aminosure Monomere van koolhidrate B: Glukose 1.2.3 A: Buffer Molekules wat groot veranderings in pH B: Neutraliseerder teenwerk 1.2.4 A: Katabolies Proses verwys na molekules of verbindings wat opgebreek word in B: Anabolies kleiner verbindings 1.2.5 A: Homogeen Faktore wat grondkleur beïnvloed B: Nie-homogeen (5 x 2) (10)
Downloaded from hlayiso.com 6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2013) 1.3 Gee EEN WOORD/FRASE vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer. 1.3.1 Die reaksie wat plaasvind wanneer ʼn isotoop van ʼn atoom uitbarstings van energie afgee 1.3.2 Die punt waar alle porieë tussen grondpartikels met water gevul word 1.3.3 ʼn Polimeer wat in ʼn plantsel aangetref word en die plantsel houtagtig en stewig sal maak 1.3.4 Die chemiese reaksie wat plaasvind wanneer water toegevoeg word en die bindings opbreek wat die atome aan mekaar verbind 1.3.5 Die noue, soliede opstapeling van grondpartikels (5 x 2) (10) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stelling om hulle WAAR te maak. Skryf die toepaslike woord(e) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer. 1.4.1 Elektrone is positief gelaai en word in die kern van ʼn atoom aangetref. 1.4.2 ʼn Gas het ʼn vasgestelde volume onafhanklik van die vorm van ʼn houer waarin dit is. 1.4.3 Grondpartikels in ʼn aggregaat word aanmekaar gebind deur atomiese kragte. 1.4.4 Neutralisasie is die afbrekingsproses waardeur die verbindings vinnig afgebreek word na elemente soos ammonium, swawel, fosfaatione, koolstofdioksied en water. 1.4.5 Die verlies van water vanaf die grondoppervlak na die atmosfeer in die vorm van waterdamp word transpirasie genoem. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7 AFDELING B BEGIN HIERDIE VRAAG OP ’N NUWE BLADSY. VRAAG 2: BASIESE CHEMIE 2.1 Voedingskundiges het navorsing gedoen op gebruik van biobrandstofafvalstowwe in dierevoer, met moontlike voordele vir die landelike bevolkings. Die doel is om biobrandstof meer ekonomies te produseer en produksie-eenhede in landelike en semi-landelike gebiede te vestig. Bogenoemde ontwikkeling kan fabrieke insluit wat die biobrandstof vervaardig, sowel as om die neweprodukte soos oliekoekmeel te verwerk om verdere waardetoevoeging te verkry. Bogenoemde prosesse sal lugbesoedeling verminder want minder koolstofdioksied word vrygestel en sodoende word die kweekhuiseffek ook verminder. Biobrandstofproduksie speel ʼn groot rol in die diervoedingsmark en dit neem baie vinnig toe. 2.1.1 Stel die rol voor wat biobrandstofvervaardiging in die verbetering van dierevoeding kan speel. (1) 2.1.2 Hoe kan die biobrandstof-industrie tot voordeel van landelike gebiede en kleinboere wees? (1) 2.1.3 Meld die voordele van die gebruik biobrandstowwe vir die omgewing inhou. (1) 2.1.4 Verduidelik waarom daar ʼn toename in die vervaardiging van biobrandstof is. (1)
Downloaded from hlayiso.com 8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2013) 2.2 Gebruik die onderstaande periodieke tabel om die volgende vrae te beantwoord. 2.2.1 Identifiseer die ligste element in die periodieke tabel. (1) 2.2.2 Groep 18 op die periodieke tabel is saamgestel uit gasse wat chemies onaktief is, en kan nie reageer met andere soos in die periodieke tabel groepering aangedui nie. Stel ʼn naam vir hierdie groep voor en noem dan TWEE voorbeelde. (3) 2.2.3 Teken en voltooi die onderstaande tabel in jou antwoordeboek. ELEMENT VALENS- ATOOM- MASSA- ELEKTRONE GETAL GETAL Magnesium Swawel (6)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9 2.3 Die onderstaande diagramme toon die soorte chemiese bindings. Beantwoord die vrae wat op die diagramme gebaseer is. DIAGRAM A DIAGRAM B 2.3.1 Dui die tipe binding wat deur diagramme A en B voorgestel word. (2) 2.3.2 Differensieer tussen die twee bindings A en B soos in VRAAG 2.3.1 genoem. (2) 2.3.3 Teken die Lewis-struktuur van natriumchloried (NaCl) en magnesiumoksied (MgO) en dui aan hoe die binding tussen die katione en anione gevorm word. (4) 2.4 Die onderstaande tabel toon die vetinhoud en verskillende voedingswaardes van vette. Analiseer dit en beantwoord dan die volgende vrae. Voedingswaarde Olyfolie Sonneblom Harde Botter (g) per 100 g (g) (g) margarien Totale vet 98 91,6 80 81 Versadigde vet 14 12,0 42 51 Onversadigde vet 73 17,0 28 20 Poli-onversadig 11 59,0 10 03 2.4.1 Trek ʼn staafgrafiek om die versadigde, onversadigde en poliversadigde vette wat in lipiede voorkom soos geanaliseer in die bostaande tabel. (6) 2.4.2 Differensieer tussen ʼn versadigde en ʼn onversadigde vet. (2) 2.4.3 Noem enige TWEE funksies van vette/lipiede in lewende organismes. (2) 2.5 Die onderstaande struktuur toon die struktuurformule van ʼn onvolledige polipeptiedketting. 2.5.1 Voltooi die struktuur en dui aan hoe peptiedbindings gevorm word. (1) 2.5.2 Definieer polipeptied. (2) [35]
Downloaded from hlayiso.com 10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2013) BEGIN HIERDIE VRAAG OP ’N NUWE BLADSY. VRAAG 3: GRONDKUNDE 3.1 Die sifmetode is een van die belangrikste metodes om grondtekstuur mee te bepaal. Voordat die grond gesif word, word dit eers geweeg en daarna word dit die boonste sif geplaas. Die totale aantal siwwe vibreer outomaties of dit word met die hand geskud. Grondmonsters moet eers platgedruk word om die peds op te breek voor sifting. Die grondmonster word eers gedroog en enige vorm van organiese materiaal moet verwyder of verband word. Nadat die grond gesif is, word die individuele gewigte bereken as ʼn persentasie van die totale gewig. In ʼn eksperiment is 3 800 g grond geneem om die verskillende groottes te bepaal en die resultaat was as volg: 1 700 g sand 1 200 g klei en 900 g slik. 3.1.1 Bereken die persentasie gewig van die sand in die grondmonster. (3) 3.1.2 Behalwe vir die sifmetode, noem die ander TWEE metodes wat aangewend kan word om die tekstuur van grond te bepaal. (2) 3.1.3 Waarom moet ʼn boer weet watter tipe tekstuur sy/haar grond het? (1) 3.2 Die onderstaande illustrasie toon die verskillende struktuurtipes wat ons in grond aantref. A B C D E F 3.2.1 Identifiseer die grondstruktuurtipes A–F. (6) 3.2.2 Stel TWEE faktore voor wat die ontwikkeling van grondstruktuur beïnvloed. (2) 3.2.3 Dui TWEE metodes aan wat ʼn boer kan toepas om grondstruktuur te verbeter. (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11 3.3 Die onderstaande diagram toon die ontwikkeling van die meeste horisonte sowel as ʼn grondprofiel daarvan. Beantwoord die vrae daarop. Gebruik die diagram en verbind die verskillende horisonte met die volgende eienskappe: 3.3.1 Die horisonte wat gevorm word as gevolg van ʼn verlies aan grondstruktuur (1) 3.3.2 Minerale deeltjies word in hierdie horisont aangetref (1) 3.3.3 Bevat slegs anorganiese materiaal (1) 3.3.4 Bevat ʼn mengsel van anorganiese sowel as ten volle ontbinde organiese materiaal (1) 3.3.5 Grond word uit hierdie materiaal gevorm (1) 3.3.6 Fisiese verwering kom daarin voor (1) 3.4 Koolstofdioksied afkomstig van wortelrespirasie en die vertering van organiese materiaal verbind met water om organiese materiaal met water en koolsuur te vorm. Koolstofdioksied in die lug verbind met reënwater en vorm ook koolsuur. 3.4.1 Koolstofdioksied + water = koolsuur Dui bogenoemde aan as ʼn chemiese vergelyking. (2) 3.4.2 Dui DRIE funksies van koolstofdioksied in grond aan. (3) 3.5 Grondkleur het ʼn groot invloed op die vrugbaarheid en produktiwiteit van grond. 3.5.1 Vergelyk die interpretasie van lig gekleurde en ʼn donker gekleurde grond ten opsigte van gewasproduksie. (4)
Downloaded from hlayiso.com 12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2013) 3.6 Bulkdigtheid is die massa per volume eenheid van ʼn stof. ʼn Monster-oond gedroogde grond het ʼn massa van 560 g en ʼn volume van 75 cm3. 3.6.1 Gebruik bostaande inligting en bereken die bulkdigtheid van die grondmonster. (4) 3.6.2 Dui EEN faktore aan wat ʼn invloed op die bulkdigtheid van ʼn grond sal hê. (1) [35] BEGIN HIERDIE VRAAG OP ’N NUWE BLADSY. VRAAG 4: GRONDKUNDEë 4.1 Analiseer die struktuur wat die stikstofsiklus voorstel. Dui die proses in die stikstofsiklus aan wat die volgende tot gevolg sal hê: 4.1.1 Omskakeling van anorganiese stikstof na nog ʼn anorganiese vorm. (1) 4.1.2 Omskakeling van organiese stikstof na anorganiese stikstof. (1) 4.1.3 Omskakeling van anorganiese stikstof na organiese stikstof. (1) 4.1.4 Beskryf kortliks die verskynsel in die stikstofsiklus wat water na ʼn groen kleur verander wat deur die groei van alge veroorsaak word. (2) 4.1.5 Differensieer tussen nitrifikasie en denitrifikasie. (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13 4.2 Die onderstaande grafiek verteenwoordig grondtemperature wat op verskillende dieptes in grond geneem is. 4.2.1 Dui die gronddieptes aan waar die minste verandering tussen dag en nagtemperature voorkom. (1) 4.2.2 Beskryf die verskil in grondtemperatuur in ʼn grond op ʼn diepte van 1 cm en 10 cm. (2) 4.2.3 Gee ʼn rede vir die antwoord in VRAAG 4.2.2 hierbo. (2) 4.2.4 Identifiseer DRIE faktore wat grondtemperatuur beïnvloed, behalwe die een wat in die grafiek voorkom. (3) 4.3 Tabuleer enige DRIE menslike aktiwiteite wat die organiese materiaalinhoud van grond kan verminder of vermeerder. (6) 4.4 Boere klassifiseer grond volgens tekstuur, struktuur en vrugbaarheid. 4.4.1 Verduidelik kortliks VIER redes waarom grond geklassifiseer moet word. (4) 4.4.2 Herrangskik die volgende stappe in die grondklassifikasie-proses in die regte volgorde.  Vasstelling van grondvorm  Baken die grondseries af  Maak ʼn profielgat of maak ʼn bestaande een skoon  Identifiseer die series-eienskappe van ʼn grond  Baken meesterhorisonte af  Identifiseer diagnostiese horisonte (6) 4.5. Kompos is ʼn baie gewilde en beskikbare organiese bemestingstof wat van huishoudelike afvalstowwe gemaak kan word. 4.5.1 Verduidelik die proses wat gevolg moet word om ʼn komposhoop te beplan en te maak om stikstofassimilasie maksimaal te laat plaasvind. (4) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com 14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2013) ANTWOORDBLAD LANDBOUWETENSKAPPE V1 NAAM EN VAN: AFDELING A VRAAG 1.1 VRAAG 1.2 1.1.1 A B C D BEIDE A en B SLEGS A SLEGS B 1.1.2 A B C D 1.1.3 A B C D Geen 1.1.4 A B C D 1.1.5 A B C D 1.1.6 A B C D 1.2.1 A B C D 1.1.7 A B C D 1.2.2 A B C D 1.1.8 A B C D 1.2.3 A B C D 1.1.9 A B C D 1.2.4 A B C D 1.1.10 A B C D 1.2.5 A B C D (10 x 2) (20) (5 x 2) (10) VRAAG 1.3 VRAAG 1.4 1.3.1 1.4.1 1.3.2 1.4.2 1.3.3 1.4.3 1.3.4 1.4.4 1.3.5 1.4.5 (5 x 2) (10) (5 x 1) (5) 45

Study this subject

More from Grade 11 Agricultural Sciences

View all