Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Afr)
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 915.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Soil physics20 marks
- Question 1.2Soil moisture, air and temperature10 marks
- Question 1.3Bio-molecules10 marks
- Question 1.4Soil chemistry and organic matter5 marks
- Question 2.1Organic chemistry in agriculture8 marks
- Question 2.2Bio-molecules5 marks
Show all 19 questions
- Question 2.3Bio-molecules9 marks
- Question 2.4Bio-molecules5 marks
- Question 2.5Organic chemistry in agriculture8 marks
- Question 3.1Soil physics8 marks
- Question 3.2Soil moisture, air and temperature6 marks
- Question 3.3Soil moisture, air and temperature7 marks
- Question 3.4Soil moisture, air and temperature9 marks
- Question 3.5Soil physics5 marks
- Question 4.1Soil morphology and classification8 marks
- Question 4.2Soil morphology and classification7 marks
- Question 4.3Soil chemistry and organic matter10 marks
- Question 4.4Soil chemistry and organic matter6 marks
- Question 4.5Plant reproduction, protection and resource utilisation4 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon AL jou berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 … is ʼn voorbeeld van ʼn anorganiese verbinding. .
A Glukose
B Ammoniak
C Vette
D Alkane
1.1.2 Die tipe binding wat gevorm word wanneer twee aminosure verbind
word, wat tot die verlies van water lei.
A Kovalent
B Ionies
C Peptied
D Waterstof
1.1.3 Die volgende is eienskappe van sure.
(i) Hulle stel waterstofione in water vry om ʼn hidronium te vorm.
(ii) Hulle korrodeer aktiewe metale.
(iii) Hulle is proton ontvangers.
(iv) Hulle het ʼn hoë konsentrasie van waterstofione
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.4 ʼn Voordeel van ʼn goeie grondstruktuur vir ʼn boer is ...
A verbeterde opkoms van saailing as gevolg van verhoogde
grondkorsvorming.
B verhoogde versuiping vir wortelpenetrasie.
C verhoog grondkorsvorming met verbeterde biologiese aktiwiteit.
D verminderde soutwanbalanse as gevolg van verbeterde
buffervermoë van grond.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
1.1.5 Die volgende stelling is WAAR oor die verskil tussen grondlug en
atmosferiese lug.
A Grondlug bevat tien keer minder koolstofdioksied as atmosferiese
lug.
B Grondlug bevat minder suurstof en ʼn groter hoeveelheid water in
vergelyking met atmosferiese lug.
C Atmosferiese lug is baie meer gekonsentreer met koolstofdioksied
en stikstof as grondlug.
D Atmosferiese lug is hoër gekonsentreer met vog teenoor grondlug.
1.1.6 Die gevlekte voorkoms in grond is ʼn aanduiding van die volgende:
(i) Die reduksie van rooi ferri-ioon tot blougrys ferri-ioon.
(ii) Baie vlekke in die ondergrond.
(iii) Vlekke van roes, geel en grys kleure.
(iv) Versuiping vir ʼn gedeelte van die dag.
Kies die regte kombinasie:
A (i), (iii), en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.7 Die massadigtheid van grond word deur die volgende faktore, behalwe,
... beïnvloed.
A hittekapasiteit van grond
B minerale samestelling
C mate van verdigting
D grootte van gronddeeltjies
1.1.8 Die blootgestelde deursnee van al die lae, van bo na onder, wat ʼn
bepaalde grond uitmaak, staan as ʼn grond- ... bekend.
A vorm
B familie
C horison
D profiel
1.1.9 Die … is die punt waar plante verdor en doodgaan.
A permanente verwelking
B tydelike verwelking
C veldkapasiteit
D waterversadiging
1.1.10 Die volgende is die fisiese invloed van organiese materiaal op grond.
A Verhoogde KAV-waarde
B Verbeterde deurlugting
C Verhoogde mikrobe-aktiwiteit
D Verhoogde beskikbaarheid van voedingstowwe (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
A: Periode Elemente met dieselfde aantal elektrone in
1.2.1
B: Groep hul buitenste orbitaal
A: Ioniese bindings Die binding waar atome wat gebind is,
1.2.2 B: Elektrovalente elektrone deel
bindings
A: Prismaties Die strukturele eenhede is vertikaal langer
1.2.3 B: Kolomvormig as wat hulle breed is met ʼn afgeronde of plat
bokant
A: Natriumkarbonaat Organiese materiaal word versprei en op
1.2.4
B: Kalsiumkarbonaat die boonste lae grond neergelê
A: Assimilasie Die proses waardeur ʼn stof oplosbaar
1.2.5
B: Ammonifikasie gemaak word
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die disakkaried word gevorm wanneer glukosemolekule met fruktose
bind
1.3.2 ʼn Eienskap van ʼn koolstofatoom wat dit in staat stel om met hulself te
bind om ʼn lang ketting te vorm
1.3.3 Die gas wat die oksidasieproses wat deur suurstof veroorsaak word,
verminder
1.3.4 Die horison gekenmerk deur anaerobiese grondtoestande
1.3.5 Omskakeling van ammoniumverbindings na nitriete en nitrate
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
beskrywings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Propanol is die produk van fermentasie van suiker in alkoholiese
drankies.
1.4.2 Grondverdigting is die rangskikking van gronddeeltjies in eenhede om ʼn
kenmerkende patroon te gee.
1.4.3 Katioonuitruiling is die versameling van die stof op die oppervlak van die
kolloïed.
1.4.4 Die vog wat styf deur die gronddeeltjies vasgehou word en nie deur
plante gebruik kan word nie, is kapillêr.
1.4.5 Stikstof-assimilasie is die proses waarin nitrate onder lae
suurstoftoestande in gasvormige vorms omgeskakel word. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
VRAAG 2: BASIESE LANDBOUCHEMIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die tabel hieronder toon stowwe wat in landbou gebruik word.
STOF A STOF B STOF C
Water en NaCl Sand en Sout NH3
2.1.1 Identifiseer die STOF A, B en C uit die tabel hierbo wat by elk van die
beskrywings hieronder pas:
(a) Komponente kan op fisiese wyse geskei word
(b) Word as ʼn huishoudelike skoonmaakproduk gebruik
(c) Kan ʼn homogene mengsel vorm (3)
2.1.2 Dui die rol van water in STOF A aan. (1)
2.1.3 Skryf die struktuurformule van STOF C. (2)
2.1.4 Komponente in STOF A word as verbindings beskou. Regverdig hierdie
stelling. (2)
2.2 Die struktuur hieronder toon ʼn koolhidraat.
2.2.1 Klassifiseer die koolhidrate wat deur die struktuur hierbo geïllustreer
word. (1)
2.2.2 Skryf die chemiese formule van ʼn koolhidraat in die struktuur hierbo. (2)
2.2.3 Noem TWEE belangrike funksies van die koolhidraat wat in
bogenoemde struktuur hierbo geïllustreer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
2.3 Hieronder is voedseltipe wat verskillende vette bevat.
VOEDSELTIPE A VOEDSELTIPE B
VLEIS
2.3.1 Klassifiseer die tipes vet in die voedseltipe hierbo as versadig en
onversadig. (2)
2.3.2 Identifiseer die vet, van die voedseltipes hierbo, wat aanbeveel word
om in ʼn dieet ingesluit te word. (1)
2.3.3 Gee TWEE redes vir die antwoord op VRAAG 2.3.2. (2)
2.3.4 Onderskei tussen die vet wat in voedseltipe A en in voedseltipe B
met betrekking tot die volgende voorkom:
(a) Reaksie by kamertemperatuur (2)
(b) Binding tussen die koolstofatome (2)
2.4 Proteïene is komplekse organiese verbindings en het verskillende funksies
afhangende van hul vorm.
2.4.1 Noem die bousteen van ʼn proteïenmolekule. (1)
2.4.2 Wat is die verskil tussen eenvoudige en komplekse proteïene? (2)
2.4.3 Dui die rede aan waarom diere in elk van die volgende situasies
proteïen gegee word:
(a) Beseerde dier (1)
(b) Pasgebore dier (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.5 Die tabel hieronder toon basiese groepe van organiese verbindings,
struktuurformule sowel as molekulêre formule.
NAAM VAN ʼn FUNKSIONEL STRUKTUUR MOLEKULÊRE
VERBINDING E GROEP FORMULE FORMULE
H H H
A Koolwaterstof H C C C H B
(1) H H H (1)
Etanol C D C2H5OH
(1) (2)
H O
H C C OH
E Karboksiel CH3 COOH
H
(1)
2.5.1 Voltooi die tabel deur byskrifte A tot E te verskaf. (6)
2.5.2 Identifiseer die verbinding wat in alkoholiese drank gebruik kan word. (1)
2.5.3 Dui EEN belangrikheid aan van die verbinding gemerk A vir landelike
gemeenskappe. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 3: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die tekstuurdiagram hieronder word deur grondontleders gebruik om die grond
in verskillende tekstuurklasse, gebaseer op die relatiewe proporsie deeltjies te
klassifiseer.
3.1.1 Gebruik die tekstuurdiagram hierbo om die tekstuurklas van die
volgende monsters te bepaal:
(a) 60% klei, 20% sand en 20% slik (1)
(b) 30% klei, 40% sand en 30% slik (1)
3.1.2 Vergelyk die tekstuurklas genoem in VRAAG 3.1.1(a) met ʼn tekstuurklas
op die tekstuurdiagram hierbo wat 90% sanddeeltjies bevat met
betrekking tot die volgende:
(a) Bewerkbaarheid van grond (2)
(b) Mate van plastisiteit (2)
3.1.3 Gee TWEE redes waarom dit vir die boer belangrik is om die
tekstuurklas van die grond op die plaas te ken. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.2 ʼn Eksperiment is uitgevoer om die beweging van water in die grond te bepaal.
Drie grondmonsters wat sand, slik en klei bevat, is opgestel en in ʼn pan met water
geplaas. Die volgende waarnemings is gemaak:
MONSTER A MONSTER B MONSTER C
Water het 5 uur geneem Water het 30 minute Water het ʼn uur geneem
om te styg en die hoogste geneem om te styg en om die helfte van die
vlak van die houer bereik die laagste vlak van die houer te bereik
houer te bereik
3.2.1 Dui die waterbeweging aan wat in die eksperiment gedemonstreer is. (1)
3.2.2 Gee ʼn rede vir die antwoord in VRAAG 3.2.1. (1)
3.2.3 Identifiseer GRONDMONSTERS A en C op grond van die waarneming. (2)
3.2.4 Noem die manier waarop die water in MONSTER B verlore kan gaan. (1)
3.2.5 Adviseer die boer oor ʼn metode om in te stel, om die waterverlies wat in
VRAAG 3.2.4 gestel word, te verminder. (1)
3.3 ʼn Grondkundige het ʼn eksperiment gedoen om die invloed van grondgas op
saadontkieming en -groei te toets. Dieselfde sade is in twee houers gemerk A
en B geplant. In houer A, is sade in ʼn goed, deurlugte grond, ryk aan vars
organiese materiaal geplant en water wanneer nodig gegee. In houer B, is sade
in versuipte grondtoestande geplant.
3.3.1 Voorspel die resultate van die eksperiment in houer A en B. (2)
3.3.2 Verduidelik ʼn rede vir die antwoord in VRAAG 3.3.1 vir houer B deur na
die gas te verwys. (2)
3.3.3 Aktiwiteite in houer A kan tot die ophoping van ʼn gas lei. Gee die naam
van hierdie gas. (1)
3.3.4 Gee TWEE redes vir die hoë hoeveelheid gas in VRAAG 3.3.3 genoem. (2)
3.4 Die data hieronder toon die grondtemperatuurlesings vanaf 06:00 tot 18:00.
TEMPERATUURLESING TEMPERATUURLESING
TYD
5 cm DIEP (°C) 30 cm DIEP (°C)
06:00 08 04
08:00 10 04
10:00 14 05
12:00 21 12
14:00 27 16
16:00 24 18
18:00 19 16
3.4.1 Lei die faktor af wat grondtemperatuur uit die tabel hierbo beïnvloed. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
3.4.2 Teken ʼn staafgrafiek wat grondtemperatuurlesings op verskillende
dieptes gedurende verskillende tye van die dag toon. (6)
3.4.3 Verduidelik die tendens van temperatuur in die grond op 5 cm diep. (2)
3.5 ʼn 80 cm3 grondmonster is versamel en gedroog waarna ʼn massa van 680 g
aangeteken is.
3.5.1 Bereken die massadigtheid van die monster hierbo. (3)
3.5.2 Lewer kommentaar met ʼn rede oor die geskiktheid van die grond vir
diepgewortelde gewasse gebaseer op die massadigtheid daarvan. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
VRAAG 4: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die tabel hieronder toon grondprofiele met verskillende kombinasies van
grondhorisonne:
GRONDPROFIEL GRONDPROFIEL GRONDPROFIEL GRONDPROFIEL
A B C D
A A A B
C E G C
B C
4.1.1 Identifiseer die grondprofiel (A, B, C of D) wat die beste by elk van die
beskrywings hieronder pas:
(a) Moet voor verbouing van gewasse gedreineer word (1)
(b) Toon teken van erosie (1)
(c) Dui die mate van loging aan (1)
4.1.2 Noem die horison wat met elk van die volgende stellings geassosieer word:
(a) Ontvang eluviasie materiaal (1)
(b) Mengsel van anorganiese materiaal en volledig ontbindende
organiese materiaal (1)
(c) Grond word direk deur fisiese verwering gevorm (1)
4.1.3 Dui TWEE moontlike diagnostiese horisonne aan wat in grondprofiel C kan
voorkom. (2)
4.2 Grondklassifikasie is ʼn sistematiese manier om grond volgens sekere eienskappe in
klasse te groepeer. Prosedure word gevolg wanneer klassifikasie gedoen word.
4.2.1 Herrangskik die stappe hieronder in die korrekte volgorde wat gevolg word
wanneer grond geklassifiseer word:
• Vestig grondvorm
• Bepaal grondreekse
• Reekskenmerke word geïdentifiseer
• Identifiseer diagnostiese horisonne
• Afbaken meesterhorisonne (5)
4.2.2 Noem TWEE vlakke van klasse wat in Suid-Afrika gebruik word om die grond
te klassifiseer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
4.3 Die skematiese voorstelling hieronder illustreer die katioonadsorpsie op die
oppervlak van die kolloïede.
4.3.1 Identifiseer die tipe kolloïed wat in die skematiese voorstelling hierbo
voorgestel word. (1)
4.3.2 Onderskei tussen die kolloïed genoem in VRAAG 4.3.1 en die ander
kolloïed met betrekking tot die vorm. (2)
4.3.3 Dui die toestand van die kolloïedetiket A en B aan gebaseer op die
geadsorbeerde katioon. (2)
4.3.4 Noem TWEE faktore wat die oorsaak kan wees van die kolloïdale
toestand genoem in VRAAG 4.3.3 vir die kolloïed gemerk A. (2)
4.3.5 Noem die nadelige effek van die katioon wat dominant is op die kolloïed
gemerk C op die grondstruktuur. (1)
4.3.6 Stel TWEE maniere voor om die kolloïdale toestand gemerk C fisies reg
te stel. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.4 Die prent hieronder toon voedingstofsiklusse.
4.4.1 Identifiseer die letter wat die prosesse toon waarin koolstofverbinding in
lewende organismes geïnkorporeer word. (1)
4.4.2 Noem TWEE prosesse wat in die diagram sigbaar is wat die terugkeer
van koolstofdioksied in die atmosfeer aantoon. (2)
4.4.3 Ontbindingsproses in die prente hierbo word deur mikro-organismes wat
sekere toestande benodig om te oorleef gedoen. Regverdig hierdie
stelling deur DRIE van hierdie voorwaardes te noem. (3)
4.5 Simbiotiese verhoudings vind plaas tussen sekere plante en mikro-organismes
tot voordeel van beide.
4.5.1 Gee die naam van ʼn mikro-organisme wat by die volgende
verwantskappe betrokke is:
(a) Bevestig stikstof vir die peulgewasse (1)
(b) Help plantwortels om fosfor uit die grond te absorbeer (1)
4.5.2 Verduidelik die simbiotiese verwantskap tussen peulgewasse en die
mikro-organisme in VRAAG 4.5.1(a) genoem. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2018 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2017 QP (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2017 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2018 QP (Afr)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum