Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
LANDBOUWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 11 P2 2022 QP (Afr)
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Eastern Cape November 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Plant reproduction, protection and resource utilisation20 marks
- Question 1.2Plant reproduction, protection and resource utilisation20 marks
- Question 1.3Plant reproduction, protection and resource utilisation20 marks
- Question 1.4Plant nutrition and water relations5 marks
- Question 2.1Plant nutrition and water relations4 marks
- Question 2.2Plant nutrition and water relations10 marks
Show all 14 questions
- Question 2.3Plant nutrition and water relations7 marks
- Question 2.4Plant nutrition and water relations8 marks
- Question 2.5Plant nutrition and water relations6 marks
- Question 3.1Plant reproduction, protection and resource utilisation9 marks
- Question 3.2Plant reproduction, protection and resource utilisation5 marks
- Question 3.3Plant reproduction, protection and resource utilisation8 marks
- Question 3.4Plant reproduction, protection and resource utilisation8 marks
- Question 3.5Plant reproduction, protection and resource utilisation5 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Wortelhaarselle absorbeer water deur ...
A osmose.
B diffusie.
C aktiewe opname.
D guttasie.
1.1.2 … is die eweredige verspreiding van kunsmis oor die oppervlak van ʼn
land.
A Band-plasing
B Uitsaai
C Bevrugting
D Lugtoediening
1.1.3 ʼn Boer koop kunsmis met die inskripsie 3 : 2 : 1 (28) daarop. Dit beteken
die kunsmis bevat ...
A 28% N.
B 14% N.
C 50% N.
D 9,3% N.
1.1.4 … is NIE ʼn voorbeeld van ʼn gestoorde graanplaag NIE.
A ʼn Ryskalander
B ’n Meelmot
C ʼn Graankewer
D ’n Mieliestronkboorder
1.1.5 … is ʼn voorbeeld van meganiese onkruidbeheer.
A Wisselbou
B Bekendstelling van natuurlike vyande
C Gebruik van vuur
D Gebruik van onkruiddoders
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
1.1.6 Die staat speel die volgende rolle in plantbeskerming.
(i) Trek wetgewing op
(ii) Verskaf kwarantyndienste
(iii) Dien plaagdoders namens boere toe
(iv) Doen navorsing
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (i) en (ii)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.7 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn nadeel van monokultuur NIE?
A Bied ʼn ideale omgewing vir die verspreiding van siektes
B Groot hoeveelhede plaagdoders word benodig
C Hoë kanse op totale oesmislukking
D Slegs een tipe masjinerie, kennis en insette word vereis
1.1.8 Die … is die mees geskikte dreineringstelsel op ʼn stuk grond wat ʼn
duidelike depressie in die middel het.
A natuurlike stelsel
B visgraat
C roosterstelsel
D parallelle stelsel
1.1.9 Data van ʼn grondopname word vir die volgende gebruik, behalwe vir ...
A plaasbeplanning.
B streekbeplanning.
C huishoudelike beplanning.
D eiendomswaardasies.
1.1.10 Watter EEN van die volgende stelsels is die meeste waterdoeltreffend?
A Vloedbesproeiing
B Drupbesproeiing
C Sprinkelbesproeiing
D Mikro-spuitstelsel (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5
1.2 Kies ʼn woord/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Aantrekkingskrag tussen verskillende A Turgied
molekules
1.2.2 Sagte, swak, slap selle wat deur die verlies B Afspening
van water veroorsaak word
1.2.3 ʼn Proses waartydens ʼn vrugteboom baie C Hidroponika
jong blomme en vrugte afgooi om die
hoeveelheid vrugset te verminder
1.2.4 Die produksie van vrugte sonder D Adhesie
bevrugting van ovules
1.2.5 Groei van plante sonder grond, deur E Partenokarpie
minerale voedingsoplossings te gebruik
F Kohesie
G Slap
H Binding
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDE-
BOEK neer.
1.3.1 Stowwe wat by grond gevoeg word om die voedingstatus van grond te
verbeter.
1.3.2 ʼn Wit of grys materiaal wat uit gehidreerde kalsiumsulfaat
(CaSO4.2H2O) bestaan.
1.3.3 Die samesmelting van manlike en vroulike gamete.
1.3.4 Die manipulasie van lewende dinge om nuttige produkte te maak.
1.3.5 Die beheerde proses om waterorganismes te kweek, veral vir menslike
gebruik. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Nekrose is die vergeling van plantblare as gevolg van die nie-produksie
van chlorofil in plante.
1.4.2 Chemikalieë wat gebruik word om swamme te beheer, word
onkruiddoders genoem.
1.4.3 ʼn Verdampingspan word gebruik om grondvogspanning in die grond te
meet.
1.4.4 Konvensionele bewerking is ʼn landboutegniek om gewasse of weiding
te verbou sonder om die grond deur bewerking te versteur.
1.4.5 Die bedekking van bewerkte grond met verskillende stowwe soos gras
of saagstof word na as lae verwys. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7
AFDELING B
VRAAG 2: PLANTSTUDIES (VOEDING)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Daar word na plante verwys as outotrofiese organismes vanweë hul vermoë
om voedsel vir hulself te vervaardig.
2.1.1 Gee TWEE organe waar die produkte van fotosintese gestoor word. (2)
2.1.2 Beskryf kortliks hoe klimaatsverandering fotosintetiese tempo’s in
plante kan beïnvloed. (2)
2.2 Graad 11-leerders het ʼn eksperiment uitgevoer om die effek van temperatuur
op die tempo van fotosintese te bepaal. Die effek van temperatuur op die tempo
van fotosintese word bepaal deur die aantal suurstofborrels wat ontwikkel is.
Die leerders het hul resultate in die tabel hieronder opgesom.
TEMPERATUUR (°C) AANTAL BORRELS
15 21
20 25
25 30
30 33
35 35
40 40
2.2.1 Omskep die inligting in die tabel hierbo in ʼn lyngrafiek. (6)
2.2.2 Beskryf die neiging in die grafiek wat jy in VRAAG 2.2.1 geteken het. (2)
2.2.3 Stel TWEE metodes voor wat boere kan gebruik om die faktor wat op
die grafiek gewys word vir maksimum fotosintese te manipuleer. (2)
2.3 Die selmembraan bestaan uit ʼn fosfolipied dubbellaag met verskeie proteïene
daarin ingebed. Hierdie struktuur stel verskillende stowwe in staat om deur die
membraan te beweeg deur óf eenvoudige diffusie, gefasiliteerde diffusie of
aktiewe vervoer.
2.3.1 Noem die metode in die uittreksel hierbo wat geskik is vir elk van die
omstandighede wat hieronder gegee word.
(a) Vereis energie in die vorm van ATP om te voorkom. (1)
(b) Beweeg voedingstowwe af van hul konsentrasiegradiënt. (1)
(c) Vind met behulp van transmembraanproteïene plaas. (1)
2.3.2 Onderskei tussen osmose en diffusie. (2)
2.3.3 Beskryf TWEE belangrike funksies van water in plante. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
2.4 Die tabel hieronder toon sommige plantminerale.
MINERAAL TEKORTSIMPTOOM MIKRO/MAKRO
A Ouer blare lyk pers van kleur Makro
Blaarrande en -punte word bruin
B en nekroties Makro
Molibdeen Vertraagde groei C
Stikstof D Makro
2.4.1 Verskaf die byskrifte A–D om die tabel volledig te maak. (4)
2.4.2 Stel TWEE metodes voor wat boere kan gebruik om die
voedingstofstatus van hul gronde te bepaal. (2)
2.4.3 Noem TWEE faktore wat die beskikbaarheid van die voedingstowwe in
die tabel hierbo, vir plante kan beïnvloed. (2)
2.5 Dieremis is ʼn waardevolle grondbemesting vir tuistuine. Dit verskaf primêre
voedingstowwe en mikrovoedingstowwe vir plantgroei en dien ook as ʼn bron
van organiese materiaal. Die verhoging van grond-organiese materiaal
verbeter grondstruktuur, verhoog waterhouvermoë van sanderige gronde en
verbeter dreinering van kleigrond.
2.5.1 Klassifiseer die kunsmis wat in die leesstuk hierbo beskryf word. (1)
2.5.2 Identifiseer TWEE fisiese voordele van dieremis wat in die leesstuk
hierbo genoem word. (2)
2.5.3 Beklemtoon TWEE potensiële gevare verbonde aan die gebruik van
dieremis. (2)
2.5.4 Noem die ander soort mis wat nie in die leesstuk voorkom nie. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9
VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE EN BESKERMING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Ontleed die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
D
C
E
B
A
3.1.1 Identifiseer die tipe bestuiwing wat hierbo uitgebeeld word. (1)
3.1.2 Noem die bestuiwingsmiddel in die diagram hierbo. (1)
3.1.3 Identifiseer TWEE nie-geslagtelike dele van die blomme wat hierbo
getoon word. (2)
3.1.4 Gee die versamelnaam van die strukture C en B. (1)
3.1.5 Benoem struktuur E in die diagram hierbo en noem die funksie
daarvan. (2)
3.1.6 Beskryf TWEE aanpassings van die blomme in die diagram hierbo vir
die tipe bestuiwing wat in VRAAG 3.1.1 genoem word. (2)
3.2 Die diagram hieronder toon ʼn belangrike stadium in plantreproduksie.
3.2.1 Identifiseer die proses wat in die diagram hierbo getoon word. (1)
3.2.2 Noem TWEE basiese vereistes vir die proses wat hierbo getoon word
om suksesvol te wees. (2)
3.2.3 Stel TWEE metodes voor wat deur boere aangewend kan word om die
proses wat hierbo getoon word, te bespoedig. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
3.3 Hieronder is voorbeelde van plante wat deur ongeslagtelike voortplanting
voortgeplant kan word.
uie, aartappels, aarbeie, rose
3.3.1 Identifiseer ʼn voorbeeld van ʼn plant uit die boks hierbo wat
gepropageer word deur elk van die metodes hieronder te gebruik.
(a) Steggies (1)
(b) Bolle (1)
(c) Knolle (1)
(d) Lopers (1)
3.3.2 Definieer ongeslagtelike voortplanting. (2)
3.3.3 Gee TWEE nadele van ongeslagtelike voortplantingsmetodes van
plantvoortplanting. (2)
3.4 Die diagram hieronder toon organismes wat gewasse op plase aanval.
Bakterieë
Fungi
Virus
Plantluis Aalwurms
3.4.1 Identifiseer TWEE mikro-organismes uit die diagram hierbo. (2)
3.4.2 Identifiseer EEN patogeen en sy vektor in die diagram hierbo. (2)
3.4.3 Gee TWEE wyse van oordrag van die mikro-organismes in VRAAG
3.4.1 genoem. (2)
3.4.4 Beveel TWEE maatreëls aan wat boere tref om die verspreiding van
siektes op hul plase te voorkom. (2)
3.5 Die vloeidiagram hieronder toon die stappe wat ʼn boer neem om gewasse op
die plaas te beskerm.
Voorkomende maatreëls Monitering Meganiese beheer
Biologiese beheer Verantwoordelike gebruik van plaagdoders
3.5.1 Noem die plaagbeheermetode wat hierbo gewys word. (1)
3.5.2 Beskryf TWEE voordele van die gebruik van die metode hierbo
genoem. (2)
3.5.3 Stel TWEE uitdagings voor wat landelike boere in die gesig staar met
die implementering van die strategie in VRAAG 3.4.1 genoem. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11
VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBENUTTING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder illustreer ʼn gewas(oes)stelsel wat gewild onder Suid-
Afrikaanse boere is.
Jaar 1
Jaar 4
Jaar 2
Jaar 3
4.1.1 Identifiseer die gewas(oes)stelsel wat hierbo getoon word. (1)
4.1.2 Gee TWEE redes waarom boere aangemoedig word om die
gewas(oes)stelsel hierbo getoon te gebruik. (2)
4.1.3 Beskryf DRIE beginsels wat toegepas is tydens die ontwerp van die
gewas(oes)stelsel hierbo getoon. (3)
4.1.4 Die gewasse in JAAR 3 sluit bone en ertjies in. Verskaf die algemene
naam wat aan hierdie gewasse gegee word. (1)
4.1.5 Verduidelik die rol van die gewasse wat in JAAR 3 geplant is in die
wisselbouprogram. (2)
4.2 Grondbewerking is die landbouvoorbereiding van grond deur meganiese
roering van verskeie tipes, soos grawe, roer en omslaan. Dit kan
mensgedrewe, trekdiergedrewe of gemeganiseerd wees.
4.2.1 Identifiseer die TWEE metodes uit die leesstuk wat hulpbron-arm boere
meer geneig is om te gebruik om bewerking op hul plase aan te dryf. (2)
4.2.2 Gee TWEE voorbeelde van werktuie wat tydens mensaangedrewe
grondbewerking gebruik kan word. (2)
4.2.3 Noem DRIE funksies van grondbewerking. (3)
4.2.4 Onderskei tussen primêre bewerking en sekondêre bewerking. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
4.3 Die struktuur hieronder is algemeen op Suid-Afrikaanse plase.
4.3.1 Identifiseer die struktuur in die prent hierbo. (1)
4.3.2 Skets TWEE voordele van die gebruik van sulke strukture in landbou. (2)
4.3.3 Noem DRIE omgewingstoestande wat in ag geneem moet word
wanneer die ligging van die struktuur in VRAAG 4.3.1 genoem, gekies
word. (3)
4.4 Die prent hieronder toon ʼn aktiwiteit wat op plase plaasvind.
4.4.1 Noem die proses wat in die prent hierbo getoon word. (1)
4.4.2 Noem TWEE bronne van water wat gebruik word vir die proses hierbo
getoon. (2)
4.4.3 Beskryf TWEE voordele van die proses in VRAAG 4.4.1 genoem. (2)
4.4.4 Identifiseer TWEE tekens van swak-kwaliteit water. (2)
4.4.5 Noem TWEE gevolge van die gebruik van swak-kwaliteit water in die
proses hierbo getoon. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2018 QP (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2020 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2018 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2017 QP (Afr)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum