Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2017
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 11 P1 2017 QP (Afr)
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape November 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Soil moisture, air and temperature20 marks
- Question 1.2Soil physics10 marks
- Question 1.3Soil physics
- Question 1.4Soil chemistry and organic matter
- Question 2.1Bio-molecules7 marks
- Question 2.2Bio-molecules9 marks
Show all 18 questions
- Question 2.3Bio-molecules6 marks
- Question 2.4Organic chemistry in agriculture10 marks
- Question 2.5Bio-molecules3 marks
- Question 3.1Soil physics20 marks
- Question 3.3Soil moisture, air and temperature9 marks
- Question 3.4Soil physics3 marks
- Question 3.5Soil physics4 marks
- Question 4.1Soil morphology and classification7 marks
- Question 4.2Soil morphology and classification7 marks
- Question 4.3Soil chemistry and organic matter9 marks
- Question 4.4Soil chemistry and organic matter7 marks
- Question 4.5Soil chemistry and organic matter5 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLINGTING
1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
3. Lees AL die vrae noukeurig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.
4. Nommer alle vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Toon ALLE berekeninge, insluitend eenhede en formules, waar van
toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 … is ʼn voorbeeld van ʼn organiese verbinding.
A Glukose
B Ammonium
C Koolstofdioksied
D Water
1.1.2 Die tipe binding wat vorm wanneer twee aminosure bind en water
afgegee word:
A Kovalent
B Ionies
C Peptied
D Waterstof
1.1.3 Die volgende is eienskappe van sure:
(i) Hulle stel waterstofione vry in water om ʼn hidronium te vorm
(ii) Hulle irrodeer aktiewe materiale
(iii) Hulle is protonontvangers
(iv) Hulle het ʼn hoë konsentrasie waterstofione
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.4 ʼn Voordeel van goeie grondstruktuur vir die boer is ...
A beter opkoms van saailinge as gevolg van beter grondkorsting.
B toename in versuiping vir beter wortelpenetrasie.
C toename in korsvorming met beter biologiese aktiwiteite.
D afname in soutwanbalans as gevolg van beter bufferkapasiteit
van grond.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
1.1.5 Die volgende stelling is WAAR oor die verskil tussen grondlug en
atmosferiese lug:
A Grondlug bevat tien keer minder koolstofdioksied as
atmosferiese lug
B Grondlug bevat minder suurstof en meer water in vergelyking
met atmosferiese lug
C Atmosferiese lug is baie meer gekonsentreerd met
koolstofdioksied en stikstof as grondlug
D Atmosferiese lug is meer versadig aan vog as grondlug
1.1.6 Die volgende word NIE deur grondtemperatuur beïnvloed nie:
A Grondvorming
B Metaboliese prosesse in plante
C Gronddiepte
D Aktiwiteit van grond mikro-organismes
1.1.7 Die metode om grondsoutheid te beheer deur die sout op die
grondoppervlak meganies te verwyder is …
A spoeling.
B skraping.
C loging.
D dissosiasie.
1.1.8 Die diagnostiese sub-horison wat onder versuipte toestande vorm is
die …B horison.
A gleykutaniese
B humiese
C melaniese
D ortiese
1.1.9 Die fungi wat ʼn simbiotiese verhouding met plante se wortels vorm
sodat die plante meer fosfor kan opneem is ...
A honderdpote.
B aktinomisiete.
C rhizobium.
D mycorrhiza.
1.1.10 … is ʼn maatreël wat die boer kan neem om waterverlies deur
transpirasie te verminder.
A Minimum bewerking
B Verwyder onkruid
C Terrasvorming
D Verminder perkolasie (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.2 Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing is op
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen van die items in KOLOM A nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 SLEGS B.
KOLOM A KOLOM B
A Gliserol
1.2.1 Boustene van koolhidrate
B Glukose
A Hidrolise Chemiese reaksie wat lei tot die afbreek
1.2.2 B Kondensasie van chemiese verbindings deur water by te
voeg
A Kohesie Versameling van molekules van een stof
1.2.3
B Adhesie op die oppervlak van ʼn ander stof
A Siwwe Metode om grondtekstuur te bepaal deur
1.2.4
B Afsakkingskolomme grond in ʼn silinder water op te los
A Natriumbikarbonate Verweer die struktuur van grond deur die
1.2.5
B Natriumkarbonate verwydering van organiese materiaal
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die disakkaried wat vorm wanneer glukose met fruktose bind
1.3.2 ʼn Eienskap van koolstofatome wat dit in staat stel om met homself te
bind en lang kettings te vorm
1.3.3 Die beweging van water in grond deur die krag van gravitasie
1.3.4 Die massa per volume-eenheid van oondgedroogde grond
1.3.5 Grondkleur met kolle verskillende kleure veroorsaak deur periodiese
versadiging (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Propanol is die produk van fermentasie van suiker in alkoholiese
drankies.
1.4.2 Grondkompaksie is die rangskikking van grondpartikels in eenhede wat
dit ʼn kenmerkende patroon gee.
1.4.3 Stikstof is ʼn gas wat reageer met onoplosbare kalsiumkarbonaat en dit
verander na oplosbare kalsiumbikarbonaat.
1.4.4 Die vog wat baie styf deur grondpartikels vasgehou word en nie deur
plante opgeneem kan word nie is kapillêre water.
1.4.5 Mineralisasie is die omsetting van ʼn element van ʼn anorganiese na ʼn
organiese vorm in mikrobiale of plantweefsel. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING B
VRAAG 2: BASIESE LANDBOUCHEMIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die illustrasie hieronder toon stowwe wat in landbou gebruik word.
2.1.1 Dui die stof aan, A en B onderskeidelik, vanaf die illustrasie wat ʼn
verbinding en ʼn mengsel voorstel. (2)
2.1.2 Gee ʼn verskil tussen die stowwe gemerk A en B. (2)
2.1.3 Gebruik ʼn diagram om die chemiese binding te toon wanneer die stof
genommer A vorm. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
2.2 Die foto’s hieronder toon kossoorte wat verskillende soorte vette bevat.
KOS A KOS B
2.2.1 Klassifiseer die vette in die kos hierbo as onversadig en versadig. (2)
2.2.2 Identifiseer die vet vanuit die kossoort hierbo as deel van ʼn dieet wat
aanbeveel word. (1)
2.2.3 Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 2.2.2. (2)
2.2.4 Onderskei tussen kos A en kos B onder die volgende hoofde:
(a) Smeltpunt (2)
(b) Binding tussen die koolstofatome (2)
2.3 Proteïene is komplekse organiese verbindings en het verskillende funksies
afhangende van hul vorm.
2.3.1 Noem die bousteen van ʼn proteïenmolekule. (1)
2.3.2 Gee ʼn verskil tussen eenvoudige en komplekse proteïene. (2)
2.3.3 Dui die rede aan waarom diere proteïene in elk van die volgende
gevalle gegee moet word:
(a) Resiesperd (1)
(b) Beseerde dier (1)
(c) Pasgebore dier (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
2.4 Die tabel onderaan wys basiese groepe organiese verbindings,
struktuurformules, sowel as molekulêre formules.
Naam van ʼn Funksionele Struktuurformules Molekulêre
verbinding groep formules
A (1) H H H B (1)
Koolwaterstof H C C C H
H H H
C (1) D (2)
Etanol C2H5OH
E (1) F (1) G (2)
H O
H C C OH
H
2.4.1 Voltooi die tabel deur byskrifte vir A tot G te voorsien. (9)
2.4.2 Gee EEN belangrike gebruik van verbinding E vir landelike
gemeenskappe. (1)
2.5 Hieronder is foto’s van koolhidraatryke kosse.
2.5.1 Klassifiseer die kosse hierbo in verskillende tipes koolhidrate. (2)
2.5.2 Skryf die chemiese formule van die tipe koolhidraat waartoe suiker
behoort. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
VRAAG 3: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Grondtekstuur is die verhouding van sand, slik en klei in ʼn gegewe
grondmonster. Hieronder is ʼn tekstuurdiagram wat gebruik word om
tekstuurklasse te identifiseer, gebaseer op partikelgrootte analise.
3.1.1 Gebruik die tekstuurdiagram hierbo om die persentasie sand en klei in
die volgende tekstuurklasse te bepaal:
(a) Kleileem (2)
(b) Slikleem (2)
3.1.2 Die tekstuurklas met 20% sand, 20% slik en 60% klei het ʼn invloed op
grondeienskappe. Bewys hierdie stelling deur te verduidelik hoe die
tekstuur die volgende beïnvloed:
(a) Bewerkbaarheid van grond (2)
(b) Dreinering van grond (2)
3.1.3 Dui die tekstuur vanaf die tekstuurdriehoek aan wat ideaal is vir
gewasverbouing. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
3.2 Graad 11-leerders het ʼn ondersoek gedoen om die beweging van water deur
verskillende grondteksture te bepaal. Drie grondkolomme wat sand, leem/slik
en klei bevat is opgestel en in ʼn pan water geplaas.
Twee observasies is gemaak:
Hoogte tot waar water in elke grond kolom styg
Tyd wat water geneem het om die hoogste punt te bereik
3.2.1 Formuleer ʼn hipotese vir die ondersoek hierbo. (2)
3.2.2 Dui die tipe waterbeweging aan wat deur die leerders in die
ondersoek gewys is. (1)
3.2.3 Gebaseer op die waarnemings, noem die grondsoorte soos
verteenwoordig deur A, B en C. (3)
3.2.4 Dui die grond aan waar die volgende voorkom:
(a) Water styg die vinnigste (1)
(b) Water styg die stadigste (1)
3.2.5 Gee ʼn rede vir die antwoord in VRAAG 3.2.4 (a) en (b). (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.3 Die data hierbo wys die grondtemperatuurlesings by twee verskillende dieptes
gemeet vanaf 06:00 tot 18:00.
Tyd Temperatuurlesing op Temperatuurlesing
die oppervlak (°C) 20 cm diep (°C)
06:00 08 04
08:00 10 04
10:00 14 05
12:00 21 12
14:00 27 16
16:00 24 18
18:00 19 16
3.3.1 Trek ʼn staafgrafiek om die grondtemperatuurlesings by verskillende
dieptes gedurende verskillende tye van die dag te toon. (6)
3.3.2 Gee jou waarnemings oor die neiging van die temperatuur op die
grondoppervlak. (1)
3.3.3 Noem TWEE maniere om die toestande in VRAAG 3.3.2 te
verminder. (2)
3.4 Grondkleur is ʼn handige aanwyser van sekere eienskappe van grond.
Verskillende grondkleure bestaan as gevolg van sekere grondtoestande.
Dui die oorsaak van die volgende grondkleure aan:
3.4.1 Swart (1)
3.4.2 Rooi (1)
3.4.3 Grys (1)
3.5 Totale porieruimtes in grond is belangrik vir suksesvolle gewasproduksie as
gevolg van die invloed op die grond se vermoë om water, lug en
voedingstowwe te hou.
Verduidelik die invloed van die volgende grondeienskappe op die totale
porieruimtes:
3.5.1 Gronddiepte (2)
3.5.2 Krummelstruktuur (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 4: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die tabel hieronder toon ʼn grondprofiel met verskillende kombinasies van
grondhorisonne.
GRONDPROFIEL GRONDPROFIEL GRONDPROFIEL GRONDPROFIEL
A B C D
A A A B
C E G C
B C
C
4.1.1 Identifiseer die grondprofiel genommer A, B, C en D. (4)
4.1.2 Noem die horison wat verband hou met die volgende stellings:
(a) Ontvang grondmateriaal (1)
(b) Mengsel van anorganiese materiaal en volledig-ontbinde organiese
materiaal (1)
(c) Grond word direk deur fisiese verwering gevorm (1)
4.2 Grondklassifikasie is ʼn sistematiese manier om grond in klasse te groepeer volgens
sekere eienskappe. ʼn Prosedure word gevolg wanneer klassifikasie gedoen word.
4.2.1 Herrangskik die stappe hieronder om grond te klassifiseer in die korrekte
volgorde:
Bevestig grondvorm
Bepaal grondseries
Identifiseer diagnostiese horisonne
Series-eienskappe word geïdentifiseer
Merk meesterhorisonnte af (5 x 1) (5)
4.2.2 ‘In Suid-Afrika word ʼn binomiese klassifikasiestelsel gebruik wanneer grond
geklassifiseer word’. Verduidelik hierdie stelling. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
4.3 Die prente onderaan toon lewende organismes wat in grond aangetref word.
PRENT A PRENT B
4.3.1 Klassifiseer die organismes in prente A en B. (2)
4.3.2 Die organismes in die prente hierbo het sekere toestande nodig om te
oorleef. Noem DRIE toestande benodig vir die oorlewing van hierdie
organismes. (3)
4.3.3 Verduidelik hoe die organismes in die prente hierbo die volgende in
die grond verbeter:
(a) Grondstruktuur (2)
(b) Grondvrugbaarheid (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2017)
4.4 Die tabel hieronder toon twee plase met verskillende grondtoestande.
PLAAS A PLAAS B
Boonste laag grond is swart Wit laag sout kom op die
oppervlak voor
Grondpartikels dissosieer Water neem lank om in die grond
in te filtreer
Verminderde water infiltrasie Gewasse kom verlep voor, selfs
na besproeiing
Swak saadontkieming as gevolg Op warm dae verdamp water en
van verspreide partikels wat porieë los sout op die grond
blokkeer
4.4.1 Voorspel die pH van die grond by Plaas A en Plaas B. (2)
4.4.2 Gee die algemene terme om die pH-vlakke van Plaas A en Plaas B
te beskryf. (2)
4.4.3 Noem die soute wat sal domineer in Plaas A se grond. (1)
4.4.4 Stel TWEE maniere voor hoe die toestand van Plaas A se grond
reggestel kan word. (2)
4.5 Organiese en anorganiese grondkolloïede is klein partikels wat die
vrugbaarheid van die grond bepaal.
4.5.1 Gee ʼn voorbeeld van ʼn organiese kolloïed. (1)
4.5.2 Onderskei tussen organiese en anorganiese kolloïede met betrekking
tot die vorm. (2)
4.5.3 Verduidelik hoe organiese en anorganiese kolloïede
grondvrugbaarheid verbeter. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2018 QP (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2020 QP (Afr)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum