NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
LANDBOUWETENSKAPPE V1
(EKSEMPLAAR)
PUNT: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 11 P1 2020 QP (Afr)
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Soil physics20 marks
- Question 1.2Basic agricultural chemistry10 marks
- Question 1.3Basic agricultural chemistry10 marks
- Question 1.4Basic agricultural chemistry5 marks
- Question 2.1Organic chemistry in agriculture9 marks
- Question 2.2Organic chemistry in agriculture7 marks
Show all 21 questions
- Question 2.3Bio-molecules8 marks
- Question 2.4Soil chemistry and organic matter6 marks
- Question 2.5Bio-molecules5 marks
- Question 3.1Soil physics6 marks
- Question 3.2Soil physics7 marks
- Question 3.3Soil moisture, air and temperature8 marks
- Question 3.4Soil physics4 marks
- Question 3.5Soil moisture, air and temperature5 marks
- Question 3.6Soil moisture, air and temperature5 marks
- Question 4.1Soil morphology and classification6 marks
- Question 4.2Soil morphology and classification4 marks
- Question 4.3Soil chemistry and organic matter10 marks
- Question 4.4Soil chemistry and organic matter8 marks
- Question 4.5Soil chemistry and organic matter5 marks
- Question 4.6Mineral nutrition and fertilisers2 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord ALLE vrae in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin elke vraag op ‘n NUWE bladsy.
3. Lees ALLE vrae korrek en antwoord net wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde tot die volgende vrae voorsien.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die sub-atomiese deeltjie van ʼn atoom wat nie positief of negatief is nie,
is ʼn ...
A elektron.
B isotoop.
C neutron.
D proton.
1.1.2 ʼn Propaan is ʼn alkaan wat bestaan uit … -atome.
A 2 koolstof en 5 waterstof
B 4 koolstof en 10 waterstof
C 1 koolstof en 4 waterstof
D 3 koolstof en 8 waterstof
1.1.3 Die volgende is eienskappe van ʼn koolstofatoom.
(i) Is algemeen in die kos en vesel wat ons produseer.
(ii) Kan met dit self bind om lang kettings te vorm.
(iii) Het ses valens elektrone.
(iv) Gevind in meeste insekdoders wat in boerdery gebruik word.
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (iii), en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.4 Grondtekstuur met ʼn deursnit van 10,00 – 2,00 mm het …
A hoë deurlaatbaarheid en lae plastisiteit.
B lae dreinering en belugting.
C lae deurlaatbaarheid en hoë plastisiteit.
D hoë graad van platisiteit en hoë kohesie.
1.1.5 Die volgende is NIE ʼn faktor wat die ontwikkeling van grondstruktuur
beïnvloed NIE.
A Teenwoordigheid van organiese materiaal
B Aktiwiteit van erdwurms
C Onveranderde grondvogtoestande.
D Hoë klei-inhoud.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.6 Die gevlekte voorkoms in grond is ʼn aanduiding van die volgende:
(i) Die reduksie van rooi ferriese yster na blou-grys ferriese yster.
(ii) Baie vlekke in die ondergrond.
(iii) Kolle roes, geel en grys kleure.
(iv) Versuiping vir ʼn deel van die dag.
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (iii), en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.7 Die beweging van ʼn vloeistof in klein spasies teen gravitasie word
veroorsaak deur … -kragte.
A kohesie en adhesie
B kohesie en gravitasie
C versadigheid en perkolasie
D infiltrasie en adhesie
1.1.8 ʼn Gat in die grond gegrawe om die horisonne te toon is ʼn ...
A horizongat.
B profielgat.
C putgat.
D horisonput.
1.1.9 ʼn Unieke vertikale suksessie van diagnostiese horisonne.
A Grondreeks
B Grondklassifikasie
C Grondprofiel
D Grondvorm
1.1.10 Die omsetting van voedingstowwe vanaf ʼn organiese vorm na ʼn
anorganiese vorm tydens ontbinding.
A Ammonifikasie
B Mineralisasie
C Immobilisasie
D Oplosbaarheid (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Komplekse proteïene ʼn Proteïen wat na dit gehidroliseer is
B: Eenvoudige proteïene slegs na aminosure opbreek
1.2.2 A: Etanol Alkohol wat vorm as gevolg van
B: Metanol fermentasie deur mikro-organismes
1.2.3 A: Swart kleur Teenwoordigheid van limoliet
B: Ligte kleur
1.2.4 A: Evapokappilariteit Verlies van water deur die huidmondjies
B: Evapotranspirasie van plante.
1.2.5 A: Gley-toestande G-horison
B: Tekens van reduksie
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die algemene naam van elemente op die periodieke-tabel wat slegs een
elektron kort om ʼn vol buite-orbitaal te vul
1.3.2 Die struktuur waar die buitenste elektron(e) van ʼn atoom met kolle en
kruise voorgestel word
1.3.3 ʼn Tekstuur waar sand, klei en slik in gunstige hoeveelhede voorkom
1.3.4 Die gas wat oksidasie verminder deur suurstof te verdun
1.3.5 ʼn Baie klein negatief gelaaide deeltjie wat in water kan oplos (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD/E in ELK van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 ʼn Anioon vorm waneer ʼn atoom een of meer elektrone verloor.
1.4.2 Kapillêre vog word as ʼn dun lagie deur adhesiekragte styf teenaan
gronddeeltjies gehou.
1.4.3 Neutrale grond word deur aluminium en waterstof oorheers.
1.4.4 Rhizobium is die fungi wat in simbiose met plantwortels is en dit help om
meer fosfor te absorbeer.
1.4.5 Eluviasie is die proses waar materiaal van ʼn A-horison na ʼn B-horison
verplaas word. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B
VRAAG 2: BASIESE LANDBOUCHEMIE
Begin hierdie vraag op ’n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon die struktuurformule van verskeie verbindings.
STRUKTUUR A STRUKTUUR B
H H H H H
H C C C C H H N
H H H H H
STRUKTUUR C STRUKTUUR D
H O
O C O
H
STRUKTUUR E
2.1.1 Klassifiseer die verbindings voorgestel deur struktuur A en B in twee
kategorieë. (2)
2.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord by VRAAG 2.1.1 gebaseer op hul strukture. (2)
2.1.3 Die strukture genommer A en E het dieselfde molekulêre formule, maar
verskillende strukture. Gee die naam van sulke verbindings. (1)
2.1.4 Skryf die chemiese formule van die verbinding voorgestel deur
struktuur A. (2)
2.1.5 Identifiseer die letter van die verbinding verantwoordelik vir die
volgende:
(a) Katalisator in baie chemiese reaksies
(b) Word as ʼn skoonmaakmiddel gebruik (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
2.2 Analiseer die vloeidiagram hieronder en beantwoord die vrae daaroor.
MMaterie
Elemente A Mengsels
Waterstof Suurstof Water Tafelsout B C
Bv. sout en Bv. sout
water en slik
2.2.1 Identifiseer die stowwe genommer A, B en C. (3)
2.2.2 Verduidelik die verskil tussen ʼn element en ʼn stof in A. (2)
2.2.3 Onderskei tussen mengsels B en C. (2)
2.3 Die strukture onderaan toon die binding van koolstofatome in vetsure:
VETSUUR A VETSUUR B
C C C C C C C C C C C C
2.3.1 Identifiseer die tipe vetsuur genommer A en B. (2)
2.3.2 Dui die letter van die vetsuur aan wat by elk van die beskrywings
onderaan pas:
(a) Kom van plante af (1)
(b) Vastestof by kamertemperatuur (1)
(c) Het ʼn hoë smeltpunt (1)
(d) Vloeistof by kamertemperatuur (1)
2.3.3 Noem TWEE redes waarom vette belangrik in lewende organismes is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.4 Hieronder is stowwe met verskillende pH-waardes:
Bakpoeier
Lemoensap
Melk
Batterysuur
2.4.1 Dui aan of elk van die stowwe hierbo neutraal, suur, sterk suur, basies of
sterk basies is. Skryf die stof en die pH-aanwyser. (4)
2.4.2 Dui die stof in VRAAG 2.4 aan wat ʼn hoë konsentrasie van die volgende
het:
(a) Hidroksiedioon (1)
(b) Waterstofioon (1)
2.5 Die struktuurformule hieronder verteenwoordig monosakkariedes.
STRUKTUUR A STRUKTUUR B
2.5.1 Benoem struktuur A en struktuur B. (2)
2.5.2 Dui die verbinding aan wat vorm wanneer struktuur A en B bind. (1)
2.5.3 Gee TWEE elemente wat die basiese samestelling van alle koolhidrate
is. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
VRAAG 3: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die illustrasies onderaan stel grondmonsters voor met verskillende groottes
grondpartikels en massadigtheid.
GRONDMONSTER A GRONDMONSTER B
Massadigtheid: 1,4 g/cm3 Massadigtheid: 3,2 g/cm3 Sleutel
0,001 mm
1,0 mm
3.1.1 Identifiseer die grondmonster wat by elk van die eienskappe hieronder
pas:
(a) Moeilik om te bewerk
(b) Lae vermoë om vog en voedingstowwe te behou
(c) Hoë katioon uitruilkapasiteit
(d) Verweer maklik (4)
3.1.2 Gee kommentaar oor die porieruimtes van grondmonster B deur na die
massadigtheid te verwys. (2)
3.2 Die illustrasie onderaan toon verskillende grondstrukture gebaseer op hul vorm.
A B C
3.2.1 Identifiseer die grondstrukture genommer A, B en C. (3)
3.2.2 Dui die letter aan wat die struktuur toon wat:
(a) Algemeen in kleipanne voorkom (1)
(b) Geskik vir gewasproduksie is (1)
3.2.3 Noem TWEE wanpraktyke deur boere wat tot die vernietiging van die
grondstruktuur kan lei. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
3.3 Analiseer die illustrasie van grondwater hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
3.3.1 Noem die toepaslike term wat na die illustrasie genommer A en B
verwys. (2)
3.3.2 Regverdig met ʼn rede jou antwoord tot VRAAG 3.3.1. (2)
3.3.3 Verduidelik die plantrespons wanneer dit in grond gegroei word soos in
illustrasie B en C. (2)
3.3.4 Onderskei tussen tydelike- en permanente-verwelkingspunt. (2)
3.4 ʼn Grondkleur is belangrik in landbou want dit dui die spesifieke eienskappe en
toestande van die grond aan.
3.4.1 Onderskei tussen homogene en nie-homogene grondkleur. (2)
3.4.2 Noem TWEE faktore wat die kleur van grond bepaal. (2)
3.5 ʼn Grondkundige het ʼn ondersoek gedoen om die invloed van grondgas op plante
te toets.
EKSPERIMENT Nr. Nr. 1 Nr. 2
Toestande waar- Geplante sade in grond Sade geplant in grond met
onder sade in grond en grond word versuip goed verrotte organiese
geplant word gehou materiaal en net nat gemaak
wanneer nodig
UITSLAE Geen groei plaasgevind Weelderige groei
3.5.1 Dui die gas aan wat afwesig in eksperiment Nr.1 is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.5.2 Verduidelik die rol wat die gas genoem in VRAAG 3.5.1 kon gespeel het
indien dit nie gebrekkig was nie. (1)
3.5.3 Noem die gas wat volop is in grond as gevolg van die aktiwiteit soos in
eksperiment Nr. 2. (1)
3.5.4 Verduidelik die rede vir die hoë hoeveelheid gas genoem in
VRAAG 3.5.3. (2)
3.6 Die diagram hieronder toon die oriëntasie van die land as ʼn faktor wat
grondtemperatuur beïnvloed.
3.6.1 Dui die letter aan wat die grond voorstel waar die volgende plaasvind:
(a) Verhoogde saadontkieming en ontkiemingspersentasie (1)
(b) Vertraag mikrobiese aktiwiteit (1)
(c) Vinniger chemiese reaksies (1)
3..6.2 Gee TWEE metodes wat die boer kan toepas om grondtemperatuur te
manipuleer. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder toon horisontale lae van ʼn grond.
4.1.1 Skets die profiel van die grond met die horisontale lae soos in die
diagram hierbo. (2)
4.1.2 Dui die horison aan wat sigbaar sal wees indien die grond hierbo aan
die volgende blootgestel word:
(a) Hoë graad van loging (1)
(b) Baie nat toestande (1)
4.1.3 Noem TWEE diagnostiese horisonne van die horison gemerk D. (2)
4.2 Grondklassifikasie is die metode wat deur grondkundiges gebruik word om
grond in verskillende klasse te verdeel volgens hul besonderse eienskappe.
4.2.1 Stel DRIE redes waarom klassifiksaie van grond belangrik vir landbou
is. (3)
4.2.2 Noem die stelsel wat in Suid-Afrika gebruik word om grond te
klassifiseer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
4.3 Die tabel hieronder toon die pH-waardes en molibdeen-beskikbaarheid van
grond.
GROND pH BESKIKBAARHEID
VAN MOLIBDEEN (g)
2 0
4 1
6 3
8 4
10 8
12 14
4.3.1 Gee die inligting hierbo in die tabel in die vorm van ʼn lyngrafiek. (6)
4.3.2 Lei die invloed van suurheid en alkaliniteit op die beskikbaarheid van
molibdeen af. (2)
4.3.3 Dui die maatreëls aan wat ʼn boer kan volg om die volgende probleme
op te los:
(a) Verminderde beskikbaarheid van molibdeen in grond met ʼn
pH tussen 2 en 4 (1)
(b) Giftige hoeveelhede molibdeen in grond met ʼn pH van 14 (1)
4.4 Die skematiese voorstelling hieronder toon katione in grondoplossing en
grondkolloïede.
A
B
4.4.1 Lei die term af wat van toepassing is op die proses wat A en B
genommer is. (2)
4.4.2 Noem ʼn rede vir die proses in VRAAG 4.4.1 B. (1)
4.4.3 Dui die waterstofkatioon aan vanuit die voorstelling hierbo, wat ʼn
invloed op plante kan hê. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
4.4.4 Noem TWEE tipes kolloïede waarin die prosesse genoem in
VRAAG 4.4.1 plaasvind. (2)
4.4.5 Onderskei tussen natriumgrond en soutgrond met verwysing na die
oorheersende soute. (2)
4.5 ʼn Groep jong boere wat in organiese boerdery belangstel het ʼn skenking wurms
ontvang om te gebruik wanneer hulle bemestingstowwe maak.
4.5.1 Klassifiseer die wurms in groepe van grondorganismes. (1)
4.5.2 Stel TWEE toestande wat die groep moet skep vir die oorlewing van
hierdie wurms. (2)
4.5.3 Verduidelik hoe hierdie wurms die boere kan help. (2)
4.6 Noem die voedingstofsiklus wat die volgende in plante sal verhoog:
(a) Proteïen-inhoud (1)
(b) Koolhidraat-inhoud (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2020 Memo (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2020 QP (Eng)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum