Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2017
LANDBOUWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IAGRSA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 11 P2 2017 QP (Afr)
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1012.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Plant reproduction, protection and resource utilisation24 marks
- Question 1.2Plant reproduction, protection and resource utilisation30 marks
- Question 1.3Soil chemistry and organic matter20 marks
- Question 1.4Plant reproduction, protection and resource utilisation5 marks
- Question 2.1Plant nutrition and water relations8 marks
- Question 2.2Plant nutrition and water relations3 marks
Show all 15 questions
- Question 2.3Mineral nutrition and fertilisers8 marks
- Question 2.4Mineral nutrition and fertilisers6 marks
- Question 2.5Mineral nutrition and fertilisers10 marks
- Question 3.1Plant reproduction, protection and resource utilisation7 marks
- Question 3.2Plant reproduction, protection and resource utilisation5 marks
- Question 3.3Plant reproduction, protection and resource utilisation7 marks
- Question 3.4Plant reproduction, protection and resource utilisation9 marks
- Question 3.5Plant reproduction, protection and resource utilisation4 marks
- Question 3.6Plant reproduction, protection and resource utilisation3 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLINGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer alle vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Toon ALLE berekeninge, insluitend eenhede en formules, waar van toepassing
en rond alle antwoorde tot TWEE desimale plekke af.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 … is ʼn struktuur in ʼn plant wat water en opgeloste minerale soute vanaf
die wortels na die blare van die plant vervoer.
A Floëem
B Stingel
C Xileem
D Kutikula (2)
1.1.2 Die chemiese voordele om landboukalk by suurgrond te voeg is:
i. Dit verlaag giftige ione soos sink en yster om te loog.
ii. Dit verhoog die beskikbaarheid van fosfor vir plante.
iii. Dit verhoog die beskikbaarheid van mangaan vir plante.
iv. Dit verlaag die beskikbaarheid van swaar metale.
Kies die korrekte kombinasie:
A i, ii en iv
B ii, iii en iv
C i, ii en iii
D i, iii en iv (2)
1.1.3 Een van die besproeiingstelsels onderaan is gunstig vir enige
grondsoort en enige helling van die land:
A Vloedbesproeiing
B Drupbesproeiing
C Sprinkelbesproeiing
D Kombesproeiing (2)
1.1.4 ʼn Wetenskaplike toets wat deur leerders in ʼn stroom gedoen is, het
getoon dat daar baie hoë vlakke van bemestingstowwe in die water is.
Die toestand kan beskryf word as …
A eutrofikasie.
B loging.
C ammonifikasie.
D immobilisasie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
1.1.5 Suikerriet en roosplante kan die beste vermeerder word deur …
A blaar stegies.
B bolle.
C risome.
D stingelsteggies. (2)
1.1.6 Een van die volgende skade aan plante word deur peste veroorsaak:
A Swak ontkieming en groei van ʼn saailing
B Geel blare wat lei tot swak fotosintese
C Verlenging van saailinge
D Graan- en vrugtebeskadiging voor dit volwassenheid bereik (2)
1.1.7 ʼn Groot byproduk van fotosintese noodsaaklik vir menslike oorlewing
is …
A stikstofgas.
B koolstofdioksied.
C suurstof.
D watermolekules. (2)
1.1.8 ʼn Apparaat gebruik deur boere om die krag, waarmee water in die
grond deur die grondpartikels gehou word, in kilopascal te meet:
A Neutronvogmeter
B Tensiometer
C Klas A verdampingspan
D Termometer (2)
1.1.9 Die diagram onderaan toon ʼn vorm van voedingstofbinding deur ʼn
bakterie in die wortels van peulplante.
Die plantvoedingstof wat met die beskrywing boaan geassosieer word,
is ...
A koolstofdioksied.
B stikstof.
C boor.
D swawel. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5
1.1.10 Grondvoorbereiding wat gedoen word om klonte in grond op te breek
tot ʼn fyn saadbed word beskou as …
A kaal bewerking.
B boomkwekery.
C sekondêre bewerking.
D primêre bewerking. (2)
(20)
1.2 Kies ʼn beskrywing van KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Dormansie A Benodig vir stikstoffiksering
1.2.2 Primêre bewerking B Produseer stuifmeelkorrels
1.2.3 Denitrifikasie C Fotosintetiese balans
1.2.4 Stempel D Mislukking van lewensvatbare saad om te
ontkiem
1.2.5 Molibdeen E Ontvang stuifmeel gedurende bestuiwing
F Sny, omkeer en verbryseling van grond met
roterende ploeë
G Stikstofbinding in wortelknoppies
H Anioon-katioonbalans in selle
I Mikrobiale omskakeling van nitrate na
stikstofgas
J Saadbedvoorbereiding vir sorg van sade
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Opbouing van natrium in die grond of besproeiingswater
1.3.2 Chemikalieë wat geabsorbeer word en in die plant inbeweeg en dus die
hele plant doodmaak
1.3.3 ʼn Verandering in die struktuur van ʼn geen wat lei tot ʼn variante vorm
wat na toekomstige generasies oorgedra kan word
1.3.4 Groei van gewasse in ʼn medium anders as grond
1.3.5 Die praktyk om dieselfde gewas jaar na jaar op dieselfde grond te plant
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Mikro-besproeiing behels die gebruik van verskillende pype om
oortollige water vanaf ʼn land te dreineer.
1.4.2 Die ontwikkeling van vrugte sonder ʼn stimulus is stimulatiewe
partenokarpie.
1.4.3 Die diffusie van watermolekules vanaf ʼn area met ʼn lae konsentrasie
tot ʼn area met ʼn hoë konsentrasie is adhesie.
1.4.4 Chlorose verwys na die dood van weefsel, spesifiek blaarweefsel,
veroorsaak deur ʼn tekort aan kalium, kalsium en magnesium.
1.4.5 Plaasmis is ʼn humusryke organiese materiaal wat gevorm word deur
aërobiese ontbinding van organiese oorblyfsels in hope. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7
AFDELING B:
VRAAG 2: PLANTVOEDINGSTOWWE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die skets onderaan toon die ligfase en donkerfase van fotosintese.
H2O CO2
Lig
ADP + P
NADP+
Stroma
Tilakoïede
NADPH
ATP
O2 Glukose
LIGFASE DONKER FASE
2.1.1 Dui die deel van die plastied aan waar die volgende plaasvind:
(a) Ligfase (1)
(b) Donkerfase (1)
2.1.2 Voorspel TWEE voordele van die proses genoem in VRAAG 2.1 vir die
mensdom. (2)
2.1.3 Noem TWEE bergingsorgane waar oortollige produkte, gevorm deur
die proses by VRAAG 2.1, gestoor kan word. (2)
2.1.4 Onderskei tussen fotosintese en respirasie met betrekking tot die
energieverbruik by elke proses. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
2.2 Twee ioon-opname meganismes word in die tabel onderaan aangedui. Pas die
ioon-opname meganismes met die stellings in VRAAG 2.2.1, 2.2.2 en 2.2.3.
Passiewe ioon-opname; Aktiewe ioon-opname
2.2.1 Beweging van molekule vanaf ʼn area met ʼn lae konsentrasie na ʼn area
met ʼn hoë konsentrasie (1)
2.2.2 Benodig energie en die gebruik van draerproteïene om voedingstowwe
te vervoer (1)
2.2.3 Minerale voedingstof-ione beweeg oor die selmembraan sonder dat
energie benodig word (1)
2.3 Plaasmis is ryk aan vesel wat grondstruktuur en waterhouvermoë van die
grond verbeter. Dit is ʼn ryk bron van stikstof vir organiese boerdery.
Desnieteenstaande die belangrikheid vir boerdery, is daar menigte faktore wat
die samestelling van plaasmis kan beïnvloed. Indien boere identifiseer dat hul
grond suur is, wend hul landboukalk by die grond om die suur te neutraliseer.
2.3.1 Identifiseer DRIE voordele van plaasmis uit die scenario hierbo. (3)
2.3.2 Noem TWEE voorbeelde van landboukalk wat gebruik word om
suurgrond te neutraliseer. (2)
2.3.3 Voorspel DRIE faktore wat die samestelling van plaasmis negatief kan
beïnvloed. (3)
2.4 Die prent onderaan toon ʼn voorbeeld van ʼn sak anorganiese bemestingstof.
2.4.1 Klassifiseer die tipe bemestingstof in die prent hierbo. (1)
2.4.2 Regverdig jou antwoord tot VRAAG 2.4.1. (1)
2.4.3 Bereken die persentasie stikstof in die sak bemestingstof. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9
2.5 Sommige graad 11-leerders het die effek van verskillende voedingstofelemente
op die vorming van knoppe by ʼn roosplant oor ses maande getoets. Hul
bevindings is in die tabel soos volg opgeteken:
Voedingstofelement Aantal knoppe gevorm na drie maande
sink 8
kobalt 5
stikstof 20
boor 25
kalium 15
2.5.1 Teken hul bevindinge op ʼn staafgrafiek en gee ʼn gepaste opskrif vir die
grafiek. (5)
2.5.2 Tabuleer die voedingstofelemente gebruik vir die toets in mikro- en
makrovoedingstowwe. (5)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die diagramme onderaan toon die ontkieming van sade van ʼn dikotiele en
monokotiele plant.
FIGUUR 3.1(a) FIGUUR 3.1(b)
3.1.1 Identifiseer die tipe ontkieming getoon in FIGUUR 3.1(a) en
FIGUUR 3.1(b). (2)
3.1.2 Stel TWEE metodes voor wat deur boere gebruik kan word om
dormansie by die saadtipe in FIGURE 3.1(a) te breek. (2)
3.1.3 Gee DRIE omgewingstoestande wat noodsaaklik is vir die suksesvolle
ontkieming van sade. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11
3.2
FIGUUR 3.2(a) FIGUUR 3.2(b)
3.2.1 Stel vas watter tipe ongeslagtelike voortplantingstegniek in
FIGUUR 3.2(a) en FIGUUR 3.2(b) gebruik word. (2)
3.2.2 Gee DRIE redes om die gebruik van ongeslagtelike voortplanting as
plantvermeerdering te regverdig. (3)
3.3 Die illustrasie onderaan toon twee plante aan by voortplanting, wat ʼn stap voor
bevrugting ondergaan
DIAGRAM 1
PLANT A
DIAGRAM 2
PLANT A PLANT B
3.3.1 Lei af wat die proses is wat in DIAGRAM 2 plaasvind. (1)
3.3.2 Verduidelik kortliks DRIE maniere hoe plante vir windbestuiwing
aangepas is. (3)
3.3.3 Gee DRIE ander agente van bestuiwing, anders as wind. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
3.4 Onkruid is plante wat groei waar hul nie moet nie. Onkruid het die vermoë om
landbougewasse uit te kompeteer, wat lei tot swak gewas opbrengste. Om
onkruid te beheer kan boere chemiese-, meganiese-, biologiese- of kulturele-
metodes gebruik. Onkruiddoders is gifstowwe wat gebruik word om onkruid te
beheer. Onkruiddoders kan gegroepeer word volgens die metode hoe hul
funksioneer, soos sistemiese- en kontak-onkruiddoders.
3.4.1 Gee DRIE redes om die geskiktheid van kontak-onkruiddoders vir die
beheer van onkruid te ondersteun. (3)
3.4.2 Stel DRIE redes voor hoekom onkruid landbougewasse so maklik
uitkompeteer. (3)
3.4.3 Lys DRIE negatiewe effekte van onkruid op die groei van
voedselgewasse. (3)
3.5 Stel VIER faktore voor wat in ag geneem moet word voordat gifstowwe op
gewasse toegedien moet word. (4)
3.6 Gee DRIE sleutel wetgewinginisiatiewe van die Nasionale Departement van
Landbou vir plantbeskerming in Suid-Afrika. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13
VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBENUTTING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Gewasboere moet effektiewe maniere vind om vermorsing op hul plase te
verminder en produksie te verbeter. Een van die moderne maniere om dit reg
te kry is deur presisie-boerdery. Presisie-boerdery stel boere in staat om weg
te beweeg van die aanwending van strookbemesting om sodoende net
kunsmis toe te dien in sekere onvrugbare areas. Presisie-boerdery laat boere
ook toe om inligting van oeste te vergelyk en om nie-vrugbare kolle in die lande
te identifiseer. Dit stel boere in staat om die oorsaak van onvrugbare grond op
hul plaas te ondersoek s.
4.1.1 Vanuit die scenario, identifiseer DRIE maniere hoe presisie-boerdery
tot optimale hulpbron benutting lei. (3)
4.1.2 Noem TWEE moderne stukke toerusting wat vir presisie-boerdery
gebruik word. (2)
4.1.3 Stel DRIE uitdagings voor wat ʼn bestaansboer in die gesig kan staar as
hulle besluit om met presisie-boerdery te begin. (3)
4.2 Besproeiing is die aanwend van water of enige groeimedium tot die grond, wat
tot voordeel van die plant is. Vloedbesproeiing en sprinkelbesproeiing is slegs
twee voorbeelde van baie stelsels wat deur boere gebruik word.
4.2.1 Onderskei tussen vloedbesproeiing en sprinkelbesproeiing. (4)
4.2.2 Stel TWEE toestande voor waaronder vloedbesproeiïng toegepas kan
word. (2)
4.2.3 Gee TWEE voordele van sprinkelbesproeiing by gewasproduksie. (2)
4.3 Nuttige inligting word in die tabel onderaan gegee:
(a) Beter lugbeweging
(b) Kompaksie vind plaas
(c) Verswakte belugting
(d) Geen kompaksie
4.3.1 Pas die inligting boaan wat die effekte van skoonbewerking en
deklaagbewerking voorstel, om die tabel te voltooi:
Skoonbewerking Deklaagbewerking
(4)
4.3.2 Definieer die onderstreepte terminologie in VRAAG 4.3.1. (2)
4.3.3 Gee TWEE redes om die gebruik van deklaagbewerking deur
groenteboere te ondersteun. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
4.4 Die illustrasie onderaan toon die verbouing van plante sonder grond.
Opening in
bottel
FIGUUR 4.4
4.4.1 Dui die verbouingstegniek in FIGUUR 4.4 aan. (1)
4.4.2 Stel DRIE belangrike faktore voor wat in ag geneem moet word vir die
keuse van groeimedium vir die tegniek in FIGUUR 4.4. (3)
4.4.3 Noem TWEE redes waarom jy die tegniek aan groenteboere sal
voorstel. (2)
4.5 Gee TWEE redes waarom versuipte grond dreineer moet word voordat groente
verbou word. (2)
4.6 Stel DRIE redes voor waarom uitheemse visspesies in akwakultuur in Suid-
Afrika gebruik word. (3)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2017 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2017 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2017 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2017 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum