Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I
NASIENRIGLYNE
Tyd: 2 uur 200 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning van detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees van die toepassing van die
nasienriglyne.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Business Studies Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Business Studies · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 18
- File size
- 299.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 18
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 18
AFDELING A
VRAAG 1 Meerkeusige vrae
1.1 B
1.2 D
1.3 A
1.4 A
1.5 D
1.6 B
1.7 C
1.8 D
1.9 C
1.10 A
VRAAG 2 Pas die kolomme
2.1 G
2.2 B
2.3 D
2.4 J
2.5 A
2.6 O
2.7 H of A
2.8 M
2.9 K
2.10 I
VRAAG 3
3.1 laissez-faire
3.2 Bybetaling
3.3 normstelling
3.4 te behou
3.5 Globale Rapporteringsinisiatief (GRI)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 18
AFDELING B
VRAAG 4
Vereiste: Voorsien die ontbrekende inligting in elk van die volgende skematiese
diagramme.
4.1 Makro-uitdagings waarvoor 'n VULSTASIE-franchise in Suid-Afrika te staan kom
Makro-uitdaging Beskryf hoekom die element Verskaf 'n ander strategie vir
in die eerste kolom elk van die makro-uitdagings
'n uitdaging kan wees wat in die eerste kolom
geïdentifiseer is
• Ekonomiese groei en ontwikkelingskoerse in Die voorgestelde strategie moet
4.1.1 Ekonomies die land, en die direkte gevolg van hierdie verband hou met die gegewe
faktore: die verbetering (of verlaging) van die uitdaging.
lewenstandaard van die land se mense.
• Inflasiekoerse: inflasie is die voortdurende en (Oorweeg enige relevante
beduidende toename in die algemene
strategie om die uitdaging te
prysvlak van goedere en dienste.
• Hoe hoër die inflasiekoers, hoe laer sal die oorkom)
koopkrag van die monetêre eenheid wees.
• Rentekoerse: die tempo waarteen mense of
besighede geld by die bank leen of die
persentasie opbrengs op beleggings
wanneer geld in die bank gespaar word.
• Hoë rentekoerse maak dit moeilik vir
besighede om geld te leen om uit te brei.
• Wisselkoerse, d.w.s. die sterkte van die
plaaslike geldeenheid vs. die geldeenhede
van ander lande.
• As die rand teen 'n ander geldeenheid
depresieer, sal dit duurder word om uit
daardie land in te voer.
• Hoë werkloosheidskoerse beteken mense
het nie geld nie en gevolglik is ondernemings
se winste laer.
• Belasting soos inkomstebelasting,
BTW, invoerbelasting, ens.
(Oorweeg enige ander relevante ekonomiese
uitdaging)
(Minimum van 1 punt, moet toon hoekom dit
'n uitdaging vir 'n vulstasie is)
• Die aantal enkelouers wat vir 'n gesin moet Die voorgestelde strategie moet
4.1.2 Sosiaal sorg. verband hou met die gegewe
• MIV/vigs-infeksie en siektes soos TB en uitdaging.
malaria.
• Vlakke van geletterdheid/opvoeding wat die (Oorweeg enige relevante
ontwikkeling van 'n loopbaan belemmer en strategie om die uitdaging te
die vermoë om 'n ordentlike loon / salaris te
vra. oorkom)
• Hoë vlakke van werkloosheid
• Persoonlike veiligheid en misdaad.
• Die veranderende rol van vroue in die
samelewing in sekere kulture.
• Kulturele en etniese houdings / tradisies.
(Oorweeg enige ander relevante sosiale
uitdaging)
(Minimum van 1 punt, moet toon hoekom dit
'n uitdaging vir 'n vulstasie is)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 18
• Vinnige ontwikkeling van kwessies rondom Die voorgestelde strategie moet
sosiale media. verband hou met die gegewe
• Outomatisering van verskillende prosesse, uitdaging.
wat minder gebruik van laer-geskoolde (en
4.1.3 dus goedkoper) handearbeid vereis. (Oorweeg enige relevante
Tegnologies • Voorskotte in aanlyn geldoordragte strategie om die uitdaging te
(internetbankdienste, elektroniese oorkom)
fondsoorplasings).
• Vinniger verkooptransaksies in die
brandstofvoorpleine deur EPOSSE
(Elektroniese verkoopspunt skanderings-
toerusting) in teenstelling met handinvoer-
pryse by betaalpunte.
• Produkontwikkeling deur middel van
navorsing en ontwikkeling.
(Oorweeg enige ander relevante tegnologiese
uitdaging)
(Minimum van 1 punt, moet wys hoekom dit
'n uitdaging vir 'n vulstasie is)
Moontlike strategieë wat op Vraag 4.1.1 – 4.1.3 van toepassing kan wees
Gee krediet indien die kandidate die volgende strategieë in hul antwoorde noem
(waar toepaslik)
• Groeistrategieë (bv. markpenetrasie, produkontwikkeling, markontwikkeling,
diversifikasie)
• Afname/Defensiewe strategieë (bv. verkoop-, likwidasie- en uitdiensstellingstrategieë)
• Korporatiewe kombinasiestrategieë (bv. gesamentlike ondernemings, samesmeltings
en oornames)
• Generiese strategieë (bv. laekoste-, differensiasie- en fokusstrategieë)
• Integrasie (bv. Vooruit integrasie, agteruit integrasie, horisontale integrasie)
• Hersiening van sakemissie
• Vestig of hersien doelwitte
• Ken hulpbronne anders toe
Let wel: Kandidaat mag nie bloot die naam van die strategie gee nie – daar moet 'n
verduideliking by wees.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 18
4.2 Drievoudige basislyn/Geïntegreerde verslagdoening deur Vivo Energy Bpk.
(Beherende maatskappy van Shell en Engen Vulstasies)
Noem DRIE elemente van Bespreek, met behulp van 'n voorbeeld vir elke
drievoudige basislyn/ element, hoe Vivo Energy Bpk. kan voldoen aan die
geïntegreerde drievoudige basislyn/geïntegreerde
verslagdoening verslagdoeningsvereistes
4.2.1 Winsverdienste • Die finansiële state van Vivo Energy Bpk. word
(verslagdoening) ekstern geouditeer, om sodoende te verseker dat
daar aan die vereistes van die Maatskappyewet
voldoen word.
• Die ouditeurs se kommentaar op die feit dat die
winste en feite vervat in die jaarverslag 'n ware
weerspieëling is van die finansiële prestasie van die
onderneming.
• Die maatskappy voldoen ook aan die relevante
risikobepaling en etiese vereistes van die
Maatskappyewet.
• Voorbeelde: winste is nodig om die bedryfsuitgawes
van die maatskappy te dek.
• Winste is nodig om aandeelhouers 'n opbrengs op
hul beleggings te gee.
(Oorweeg enige ander relevante voorbeeld van hoe
Vivo Energy Bpk. aan die element voldoen)
4.2.2 Bestuur van die mense • Die maatskappy het 'n verpligting teenoor sy
/belanghebbendes van franchisenemers en bied opleidingsprogramme aan
die organisasie hulle oor werwingskwessies, die ontwikkeling van
bestuursbevoegdhede, bemarking en handelsmerk,
gesondheidskwessies, ens.
• Vivo Energy Bpk. is van mening dat die
gemeenskappe wat hulle dien, beter daaraan toe
moet wees weens hul teenwoordigheid.
• Voorbeeld: die franchisenemers belê in plaaslike
projekte, bv. KIDS, 'n werknemersgedrewe inisiatief
waar werknemers gedurende die Kersseisoen
geskenke aan behoeftige kinders skenk of by ander
KMV-projekte in die gemeenskap betrokke is.
(Oorweeg enige ander relevante voorbeeld van hoe
Vivo Energy Bpk. aan die element voldoen)
4.2.3 Die volhoubaarheid • Vivo Energy Bpk. het onderneem om die opgradering
van die omgewing van sy logistieke en vervaardigingsbedrywighede op
waarin die maatskappy te knap om produktiwiteit en doeltreffendheid te
bedryf word verhoog.
• Byvoorbeeld: die strewe na hierdie doeltreffendheid
het 'n beweging na omgewingsvolhoubaarheid tot
gevolg, d.w.s. herwinning en die gebruik van
hernubare bronne/sonkragenergie.
(Oorweeg enige ander relevante voorbeeld van hoe
Vivo Energy Bpk. aan die element voldoen)
(Sien slegs die eerste drie elemente na)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 18
4.3 Bespreek hoe Sasol Bpk. die volgende beginsels van goeie korporatiewe
bestuur kan gebruik om aan belanghebbendes se verwagtings te voldoen.
4.3.1 Aanspreeklikheid
• Aanspreeklikheid verwys na 'n persoon wat verantwoordelikheid neem vir
sy of haar eie optrede.
• Wanneer bestuurders/direkteure van Sasol Bpk. swak sakebesluite neem
of oneties optree en hierdie optrede lei tot finansiële verlies vir die
maatskappy, moet die bestuurders/direkteure aanspreeklik gehou word
vir hulle swak besluitneming.
• Deur dít te doen, is hulle rolmodelle vir die res van die werknemers.
• Die direksie van die maatskappy kan aansporings bied vir werknemers
om aanspreeklik te wees, bv. deur 'n mindere dissiplinêre uitkoms op te
lê as werknemers aanspreeklik is vir hul optrede.
(Oorweeg enige ander relevante punt oor hoe Sasol Bpk. die beginsel van
aanspreeklikheid kan gebruik om aan belanghebbendes se verwagtings te voldoen.)
4.3.2 Deursigtigheid
• Besluite wat by Sasol Bpk. geneem word, moet in ooreenstemming met 'n
stel reëls wees
• waarmee almal bekend is en
• wat deur almal verstaan word.
(Oorweeg enige ander relevante punt oor hoe Sasol Bpk. die beginsel van
deursigtigheid kan gebruik om aan belanghebbendes se verwagtings te voldoen.)
4.4 4.4.1 Bespreek hoe 'n verandering in prosedures by 'n brandstofvoorplein-
besigheid tot konflik tussen werknemers kan lei.
• Werknemers wil graag roetine in hul werk hê, omdat dit vertroudheid te
weeg bring.
• Veranderings in prosedures lei tot onsekerheid en soms selfs wantroue
in bestuursbesluite.
• Werkers kan hierdie verandering teenstaan en dit kan tot konflik lei.
(Oorweeg enige ander relevante punt oor hoe verandering in prosedures by 'n
brandstofvoorpleinbesigheid tot konflik tussen werknemers kan lei.)
4.4.2 Bespreek hoe die bestuurder van 'n brandstofvoorpleinbesigheid die
verandering in prosedures kan hanteer om die impak van konflik
tussen werknemers te beperk.
• Die bestuur moet oorleg pleeg met alle geaffekteerde partye voordat die
verandering in prosedures geïmplementeer word.
• Die bestuur moet verduidelik hoekom die verandering belangrik is vir die
sukses van die onderneming.
• 'n Tweerigtingkommunikasiestrategie laat werknemers gewaardeerd voel
en dra by tot hoë vlakke van inkoop.
• Opleiding van werknemers in die nuwe prosedure sal werknemers
selfversekerd laat voel en hulle in staat te stel om dit beter te hanteer.
(Oorweeg enige ander relevante voorstel oor hoe 'n bestuurder van
die brandstofvoorpleinbesigheid verandering in prosedures kan
hanteer om die impak van konflik tussen werknemers te verminder.)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 18
4.5 Maak 'n voorstel, met 'n ander strategie vir elkeen, hoe Hoofkantoor die
volgende onetiese sakepraktyke kan hanteer as dit by 'n brandstofvoorplein-
winkel voorkom.
4.5.1 Seksuele teistering
• Die besigheid moet 'n duidelik geformuleerde beleid oor seksuele
teistering hê,
• insluitende die prosedure om te volg as werknemers voel hulle is die
slagoffers van seksuele teistering,
• sowel as die tugmaatreëls as hulle skuldig bevind word aan hierdie
oortreding.
(Oorweeg enige ander relevante feit wat handel oor seksuele teistering
as 'n onetiese sakepraktyk)
4.5.2 Onvanpaste geskenke deur werknemers aanvaar
• Die meeste ondernemings verwag van werknemers om alle geskenke
wat hulle ontvang het, te verklaar.
• Hulle mag selfs stipuleer dat geen werknemer 'n geskenk groter as R ...
mag ontvang nie ('n sekere waarde).
(Oorweeg enige ander relevante feit wat handel oor onvanpaste geskenke vir
werknemers as 'n onetiese sakepraktyk)
4.5.3 Bedrieglike advertensies
•
Swaar tugmaatreëls sal opgelê word aan franchisenemers wat skuldig is
aan bedrieglike advertering.
• Kan werkswinkels hou om franchisenemers in toepaslike, etiese
advertensietegnieke te onderrig.
• Stel 'n tolvrye lyn beskikbaar waar kliënte gevalle van bedrieglike
advertensies kan aanmeld of waar hulle kan voorstel hoe om hierdie
onetiese praktyk te vermy.
(Oorweeg enige ander relevante feit wat handel oor bedrieglike advertering as
'n onetiese sakepraktyk)
Nota by Vraag 4.5
Kandidate mag nie die strategie wat vir elke onetiese praktyk gegee word, herhaal
nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 18
4.6 4.6.1 'n Vulstasie franchisegewer oorweeg of ekstra fondse spandeer moet
word op:
• kliëntediensopleiding vir sy werknemers, of
• om te belê in 'n kitskos-franchise wat aan die vulstasie gekoppel is.
Daar word van jou verwag om:
• die franchisegewer by te staan in sy besluit, deur 'n voor- en nadele-
voorstelling vir die twee opsies te voltooi.
• jou finale besluit te motiveer.
Beantwoord die vraag in die volgende tabel.
Voor- en Nadele Tabel
Kliëntediensopleiding vir sy werknemers
Voordele Nadele
• Hoër produktiwiteit van werknemers • Verhoogde opleidingskoste
• Verhoogde moraal • Kwessies met die opleiding, bv. opleiding-
• Groter kliëntetevredenheid handleidings onvoldoende, onbevoegde
• Hoër winste fasiliteerder vir die opleiding, ens. ...
• Verbeterde handelsmerkbeeld • Werknemers sal werktyd moet afneem vir die
opleiding.
• Nie alle werknemers kan opgelei word nie –kan
griewe veroorsaak
(Oorweeg enige ander relevante voordeel) (Oorweeg enige ander relevante nadeel)
Belê in 'n kitskos-franchise gekoppel aan 'n vulstasie
Voordele Nadele
• Die franchisegewer kan die oorspronklike • Die franchisegewer kan die deurlopende
besigheidskonsep uitbrei. opleiding en ondersteuning van die
• Die franchise-eienaar verkry kapitaal wanneer franchisenemers moeilik en veeleisend vind.
die franchises verkoop word. • Die franchisegewer het nie direkte beheer oor
• Die franchisegewer sal ook weet dat franchisenemers nie,
franchisenemers wat hul eie kapitaal belê het toe • tog is die sukses van die franchise afhanklik van
hulle die franchise gekoop het waarskynlik die sukses van die individuele franchisenemers.
• gemotiveer sal wees om die besigheid suksesvol
te bedryf. (Oorweeg enige ander relevante nadeel)
(Oorweeg enige ander relevante voordeel)
Jou finale besluit en motivering:
(Oorweeg enige 2 relevante punte oor die motivering vir die keuse)
Die kandidaat moet 'n besluit aan die hand doen om punte te verdien.
Die kandidaat mag nie albei opsies as 'n finale besluit aanbied nie.
Die motivering mag nie die elemente wat as voordele of nadele genoem is, herhaal nie.
4.6.2 Stel EEN probleem voor wat die vulstasie-franchisegewer kan ervaar
wanneer die voor- en nadelevoorstelling as 'n kreatiewe probleem-
oplossingsinstrument gebruik word.
•
Daar kan vooroordeel wees wanneer besluit word wat 'n voordeel en wat
'n nadeel is.
• Die franchisegewer het dalk nie ervaring in die gebruik van die tegniek nie.
• Die proses kan tydrowend wees en
• geleenthede vir optrede kan verlore gaan.
• Die tegniek is slegs tweedimensioneel – maar die probleem wat
aangespreek moet word, het vele fasette.
(Oorweeg enige ander relevante probleem wat die vulstasie-franchisegewer kan
ervaar wanneer die voor- en nadelekaart as 'n kreatiewe
probleemoplossingsinstrument gebruik word.)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 18
VRAAG 5
5.1 Die impak van arbeidswetgewing op werkgewers en werknemers by Sasol
Bpk.
5.1.1 (a) Beskryf die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge se hoofdoelstellings is om:
• die fundamentele regte wat verband hou met arbeidskwessies wat
in die Grondwet gewaarborg word, af te dwing.
• ekonomiese ontwikkeling, arbeidsvrede, sosiale geregtigheid en
demokrasie in die werkplek te bevorder.
• 'n raamwerk te voorsien vir kollektiewe bedinging om
arbeidsgeskille op te los.
(Oorweeg enige ander relevante feite oor die doel van die Wet op
Arbeidsverhoudinge 66 van 1995)
(b) Beskryf die impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van
1995 op werkgewers en werknemers van Sasol-vulstasies.
Positiewe implikasies:
• Die WAV verseker dat internasionale arbeidstandaarde in die
Suid-Afrikaanse arbeidskonteks toegepas word.
• Die WAV verskaf duidelike riglyne oor hoe arbeidsgeskille opgelos
kan word.
Negatiewe implikasies:
•
Vakbonde het baie mag in Suid-Afrika en dit blyk dat hulle soms
vergeet dat hulle doel is om die regte van werknemers te beskerm
en nie by politiek en ander kwessies betrokke te raak onder die
voorwendsel dat hulle die WAV implementeer nie.
• Alle besighede moet aan Arbeidswetgewing voldoen.
• Dit kan die besigheid baie kos om die dienste van 'n arbeids-
konsultant te bekom wat met die nakoming moet help.
• Onkunde van die wet is geen verskoning volgens die wet nie.
(Oorweeg enige ander relevante feite oor die moontlike impak van die Wet op
Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 op werkgewers en werknemers van Sasol-
vulstasies)
5.1.2 Bespreek TWEE moontlike voordele vir Sasol Bpk. as daar toepaslike
dissiplinêre/grieweprosedures in die besigheid is.
• 'n Dissiplinêre beleid verskaf riglyne en
• lig die werknemer in oor wat aanvaarbare gedrag is en
• wat die verwagte standaarde is waaraan voldoen moet word,
• asook wat die gevolge sal wees as gedrag onaanvaarbaar is.
• 'n Grieweprosedure kan die werknemer die geleentheid bied om 'n grief
(probleem) op te los
• verwant aan hul indiensneming
• deur met die werkgewer oor die probleme te kommunikeer via 'n
voorafbepaalde prosedure en struktuur.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 18
• Werkgewers voel selfversekerd as hulle weet wat hul grense is met
betrekking tot hul werksverwagtinge.
• As hierdie prosedures in plek is, verseker dit dat almal regverdig behandel
word, omdat daar deursigtigheid met dissiplinêre protokol is.
(Oorweeg enige ander relevante voordele as Sasol Bpk. toepaslike
dissiplinêre/grieweprosedures in sy besigheid het)
5.2 Verduidelik hoekom 'n etiese kode belangrik is in 'n vulstasievoorplein-
besigheid.
• 'n Etiese kode kommunikeer die etiese visie van die onderneming, maar dek
ook spesifieke kwessies wat daaglikse gedrag bepaal.
• 'n Etiese kode skep 'n gemeenskaplike raamwerk vir alle besigheidsbesluite
sodat almal verstaan wat aanvaarbare gedrag is (en wat nie).
• Die kode sit die korrekte en gewenste gedrag/prosedure vir die besigheid en
werknemers in verskillende situasies uiteen.
• Die kode sal die gevolge van onetiese gedrag uitspel. Dit versterk die konsep
van aanspreeklikheid in die besigheid.
• Dit help om 'n besigheid te beskerm as 'n werknemer die kode oortree.
• Die kode sal nuwe werknemers help om te verstaan wat aanvaarbare gedrag is en
wat nie geduld sal word nie.
• Dit gee die onderneming die geleentheid om 'n positiewe beeld vir die besigheid
te skep. Sodoende gee dit die onderneming 'n mededingende voordeel in die oë
van die publiek.
• Die etiese kode kan ook gebruik word om die besigheid en werknemers te lei
ten opsigte van die belangrikheid van Korporatiewe Sosiale
Verantwoordelikheid.
• Enige element wat verband hou met 'n etiese kode.
(Oorweeg enige ander relevante punt waarom 'n Etiese Gedragskode
belangrik is in 'n vulstasievoorpleinbesigheid.)
5.3 Die funksie van menslike kapitaal by Sasol Bpk.
5.3.1 Verduidelik waarom die voorlopige sifting van aansoekers 'n
belangrike stap in die keuringsproses is.
• Gewoonlik sal die besigheid meer aansoeke ontvang as wat daar poste
beskikbaar is.
• Op grond van 'n stel kriteria kan die MH-bestuurder op hierdie stadium 'n
aanvanklike siftingsproses doen en kandidate uitskakel wat nie aan die
kriteria voldoen nie.
• Die proses verseker dat onnodige tyd en geld nie vermors word op
kandidate wat nie aan die vereiste kriteria voldoen nie.
• Slegs die mees geskikte kandidate kan gevra word om vir die onderhoud
te kom.
• Oorweeg agtergrondkontrole.
(Oorweeg enige ander relevante punt waarom die aanvanklike sifting
van aansoekers 'n belangrike stap in die keuringsproses is.)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 18
5.3.2 Beskryf die doel van 'n onderhoud in die keuringsproses.
• Om meer inligting van die aansoeker te verkry om sy/haar geskiktheid vir
die werk te assesseer; en
• Om die aansoeker van meer inligting oor die besigheid, die werk, en die
diensvoorwaardes te voorsien.
• Om seker te maak dat die doelstelling / visie van die kandidaat in lyn is
met die doelstelling / visie van die besigheid.
5.3.3 Beskryf die toetse wat van kandidate vereis kan word om af te lê as
deel van die keuringsproses.
• Aanleg-/ambagstoetse dui aan watter take die aansoeker tans kan
uitvoer en watter take hy/sy in die toekoms sal kan uitvoer as daar
geleentheid vir opleiding gebied word.
• Psigometriese toetse, wat persoonlikheids- en belangstellingstoetse
insluit, meet die aansoeker se motivering en intelligensies.
• Werkmonstertoetse is letterlik uittreksels van werk wat in 'n sekere pos
gevind word, en dit word gebruik om te bepaal wat die aansoeker kan
doen en op watter vaardigheidsvlak.
• Mediese toetse, dit is belangrik om daarop te let dat die Wet op Gelyke
Indiensneming (Deel 7) dit duidelik maak dat geen mediese ondersoek
vereis mag word nie, tensy dit 'n inherente vereiste van die werk is.
('n Maksimum van 3 punte kan toegeken word indien die kandidaat die
tipes toetse bloot noem.)
5.3.4 Verduidelik die moontlike nadele as Sasol Bpk. van eksterne werwing
gebruik maak.
• Die werknemers wat ekstern gewerf word, benodig 'n uitgebreide
induksieproses wat duur en tydrowend kan wees.
• Daar kan griewe van interne werknemers wees wat mag voel dat hulle
oor die hoof gesien is – dit kan tot konflik lei.
• Dit sal tyd neem vir die nuwe rekrute om gewoond te raak aan die
werketiek en kultuur van die organisasie.
• Werkswinkels mag nodig wees om die nuwe rekrute bekend te stel aan
hierdie vereistes.
• Met interne werwing het jy 'n rekord van die rekruut se vermoëns sowel
as hul sterk- en swakpunte.
• Dit is nie die geval met eksterne werwing nie. Die besluit berus op wat
verwysings sê – en dit is nie altyd 'n betroubare bron nie.
(Oorweeg enige ander relevante nadeel van eksterne werwing)
5.3.5 Bespreek die moontlike voordele as Sasol Bpk. 'n prestasiebeoordeling
as deel van personeelontwikkeling gebruik.
• As 'n beplanningsinstrument
‒ Tydens die prestasiebeoordeling kan daar tussen die werkgewer en
die werknemer oor prestasieteikens ooreengekom word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 18
• As 'n evalueringsinstrument
‒ By die volgende evalueringsvergadering kan die prestasie gesamentlik
deur die werkgewer en die werknemer geëvalueer word.
‒ Daar is 'n geleentheid om verskille te bespreek tussen
‒ die selfevaluering en die evaluering wat deur die bestuurder gedoen
is.
• As 'n terugvoeringsinstrument
‒ As teikens nie nagekom is nie, moet redes bespreek word.
‒ Albei partye kan hul besorgdheid lug en
‒ 'n plan kan in werking gestel word om die situasie reg te stel.
‒ Geleentheid vir bevordering en loopbaanmoontlikhede kan bespreek
word.
(Oorweeg enige ander relevante voordeel as Sasol Bpk.
'n prestasiebeoordeling op sy werknemers gebruik.)
5.4 Die markomgewing van Sasol Bpk.
Beskryf hoe die volgende elemente van Porter se Seskragte-model die
vermoë van Sasol Bpk. sal beïnvloed om 'n mededingende voordeel in die
brandstofbedryf te skep en in stand te hou. Gee in elke geval strategieë oor
hoe Sasol Bpk. op die uitdagings kan reageer.
5.4.1 Bedreiging van nuwe toetreders
• Nie net huidige mededingers "steel" kliënte nie,
• daar kan 'n uitdaging van 'n nuwe onderneming wees
• wat 'n geleentheid sien om geld te maak deur die mark te betree.
• 'n Bestaande besigheid sal enige potensiële nuwe besigheid as 'n
bedreiging vir sy markaandeel en winste beskou.
• Die besigheid probeer gevolglik "hindernisse" (strategieë) skep om te
verhoed dat nuwe besighede die mark suksesvol betree.
Voorbeelde van hindernisse om nuwe toetreders uit die mark te hou:
• 'n Besigheid kan ook 'n patent registreer
• om 'n potensiële nuwe besigheid te verhinder om 'n soortgelyke produk
te verkoop.
• Groot bedrae geld kan aan advertensies en promosies bestee word
• waar produkte of dienste teen 'n laer prys verkoop word,
• en dit moeilik maak vir 'n nuwe onderneming om die mark te betree.
(Oorweeg enige ander relevante punt oor hoe die bedreiging van nuwe
toetreders van Porter se Seskragte-model die vermoë van Sasol Bpk. sal
beïnvloed om 'n mededingende voordeel in die brandstofbedryf te handhaaf)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 18
5.4.2 Mag van die koper
• Die koper mag 'n groothandelaar wees wat van 'n vervaardiger bestel
word of 'n kleinhandelaar wat die produkte vir sy winkel aankoop of selfs
die verbruiker wat sy/haar swaarverdiende geld by jou besigheid moet
spandeer.
• As die kopers nie gerespekteer word nie, en
• swak waarde vir geld gebied word,
• kan kopers besluit om 'n ander besigheid te ondersteun.
Wanneer 'n kleinhandelaar aan die finale verbruiker verkoop, kan die
volgende aspekte dalk oorweeg word:
• Watter soort produk/diens word aangebied?
‒ 'n Verbruiker mag byvoorbeeld bereid wees om 'n groter afstand af te
lê om spesialiteitsgoedere te koop om presies te kry wat hy/sy wil hê.
‒ Geriefsgoedere (soos kruideniersware) en uitsoekgoedere regverdig
nie langer afstande nie
‒ en die verbruiker mag dalk tevrede wees om 'n ander handelsmerk of
'n plaasvervangerproduk te aanvaar.
• Is die verbruiker lojaal aan 'n bepaalde handelsmerk, of
• is die verbruiker bereid om handelsmerke te ruil as hy/sy iets beters kan
kry?
• Pryssensitiwiteit – in party gevalle mag kopers tevrede wees om meer vir
'n produk of diens te betaal
• as dit afgelewer word, 'n waarborg het of gerieflik beskikbaar is, ens.
• "Snob-waarde" of die beeld wat met die produk of diens geassosieer
word, kan dikwels beïnvloed waar die verbruiker die aankoop doen.
(Oorweeg enige ander relevante punt oor hoe die mag van die koper van
Porter se Seskragte-model 'n impak sal hê op Sasol Bpk. se vermoë om 'n
mededingende voordeel in die brandstofbedryf te handhaaf.)
Moontlike strategieë wat van toepassing kan wees op Vraag 5.4.1–5.4.2
Gee krediet as die kandidate die volgende strategieë in hul antwoorde
noem (waar toepaslik)
• Groeistrategieë (bv. markpenetrasie, produkontwikkeling, markontwikke-
ling, diversifikasie)
• Afname/Defensiewe strategieë (bv. verkoop-, likwidasie- en
uitdiensstellingstrategieë)
• Korporatiewe kombinasie strategieë (bv. gesamentlike ondernemings,
samesmeltings, oornames)
• Generiese strategieë (bv. laekoste-, differensiasie- en fokusstrategieë)
• Integrasie (bv. Voorwaartse integrasie, terugwaartse integrasie en
horisontale integrasie)
• Hersiening van sakemissie
• Vestig of hersien doelwitte
• Ken hulpbronne anders toe
Let wel: Kandidaat mag nie net die naam van 'n strategie gee nie – die
strategie moet verduidelik word om punte te verdien.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 18
VRAAG 6
6.1 6.1.1 Evalueer hoe Shell Suid-Afrika die produkbeleid gebruik om 'n
mededingende voordeel te behou. Gebruik bewyse uit die uittreksel om
jou argument te ondersteun.
Die produkbeleid van Shell Suid-Afrika kan die volgende insluit:
• Die keuse van 'n produk en die omvang van die produkreeks;
‒ Geriefsgoedere waar klante gewoonlik nie baie lojaal teenoor 'n
handelsmerk is nie en
‒ hulle wil die aankoop so vinnig en maklik as moontlik doen,
byvoorbeeld standaard kruideniersware-items, gebak en koeldrank
‒ As die besigheid hierdie produkte verkoop, sal dit ander
bemarkingstrategieë implementeer
‒ as dié van 'n besigheid wat uitsoek- of spesialiteitsgoedere verkoop,
omdat verskillende faktore die verbruiker se besluit om te koop,
beïnvloed.
‒ Die lewensiklus van die produk sal 'n invloed hê op hoe die produk
deur die besigheid bemark word.
• Die ontwerp, styl, grootte en die kleur van die produk of produkte;
• Die verpakking van die produk;
‒ Dit help om die produk te beskerm en
‒ kan dit makliker maak om die items op die rakke te stapel.
‒ Dit help om die vervaardiger te identifiseer deur die naam,
handelsnaam en handelsmerk te vertoon.
‒ Dit verskaf waardevolle inligting aan die verbruiker oor die
bestanddele wat in die vervaardiging van die produk gebruik is.
‒ Dit help om verskillende segmente van die teikenmark te teiken.
• Die handelsmerk en etikettering van die produk;
• Watter produkte deur Shell aangekoop of vervaardig sal word;
• Die diens en/of na-verkope dienste wat die produk sal vergesel
‒ Dienste is ontasbaar.
‒ Wanneer 'n diens bemark word, kan dit 'n individuele diens wees wat
verkoop word (bv. die olie, water in die enjin, banddruk nagaan)
‒ of die diens kan deel uitmaak van die algehele produk wat aangebied
word (bv. Shell bied aan om jou windskerm te was terwyl brandstof in
jou motor gegooi word).
(Oorweeg enige ander relevante feite wat evalueer hoe Shell Suid-Afrika
die produkbeleid gebruik om 'n mededingende voordeel te handhaaf)
6.1.2 Wat is die moontlike voordele vir Shell Suid-Afrika om 'n sterk
handelsmerk te ontwikkel?
• Inspireer kliëntlojaliteit wat lei tot herhaling van verkope en persoonlike
aanbeveling.
• Handelsmerke kan normaalweg hoër pryse vra, veral as die handelsmerk
die markleier is.
• Help met besigheidsvoorkoms en beeld.
• Voeg geloofwaardigheid toe en verhoog vertroue in die besigheid.
• As die handelsmerk geregistreer is, mag geen ander vervaardiger dit
gebruik nie,
• wat die besigheid beskerm teen nabootsingsprodukte;
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 18
•
'n Goed-gevestigde handelsnaam maak dit makliker om nuwe produkte
by die reeks te voeg, d.w.s. handelsmerkuitbreiding en handelsmerk-
rekking.
(Oorweeg enige ander voordele vir Shell Suid-Afrika om 'n sterk handelsmerk te hê)
6.1.3 Beskryf hoe die koper die stimulus-responsmodel gebruik om
koopbesluite te neem.
• Probleemherkenning / stimulus,
‒ d.w.s. die koper word daarvan bewus dat hy/sy 'n onvervulde
behoefte het
‒ of dat die produk/diens wat tans aan die behoefte voldoen,
‒ binnekort aangevul mag word.
‒ Die taak van die bemarkingsfunksie is om verbruikersbewustheid te
verhoog
‒ van verlangde behoeftes of tot dusver onbekende behoeftes.
• Soeke na inligting
‒ Gedurende hierdie fase kan die verbruiker vriende, familie, kennisse,
verkopers, advertensies raadpleeg
‒ via die massamedia, verbruikersforums of selfs eie kennis gebaseer
op vorige ervarings, om inligting in te samel.
• Evalueer verskillende alternatiewe*
‒ Wanneer verskillende alternatiewe oorweeg word, mag die verbruiker
bewustelik of onbewustelik
‒ verskillende kriteria gebruik soos
‒ die eienskappe van die produk,
‒ die voordele van die produk of
‒ selfs emosionele oorwegings soos "hoe groen is die produk"
‒ of die status wat met die produk verband hou.
• Die verbruiker neem dan 'n koopbesluit* oor wat om te koop:
‒ die produk keuse,
‒ handelsmerk keuse,
‒ kleinhandelaar keuse,
‒ wanneer om die produk te koop en
‒ hoeveel hy/sy sal spandeer.
(Oorweeg enige ander relevante feit oor hoe die koper die stimulus-
responsmodel gebruik om koopbesluite te neem)
6.1.4 Bespreek die impak van die "reg op openbaarmaking van inligting" uit
die Wet op Verbruikersbeskerming op die Bemarkingsafdeling van
Shell Suid-Afrika.
• Verbruikers het die reg om alle inligting in eenvoudige en verstaanbare
taal te ontvang.
• Alle pryse van goedere en dienste moet voor aankoop bekend wees.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 18
• Etikettering moet akkuraat wees en 'n handelsbeskrywing bevat.
• Verbruikers het die reg tot enige openbaarmaking deur tussengangers en
• mag vra vir die identifikasie van mense wat lewer, installeerders en ander
verwante partye.
• Die taal wat gebruik word, moet geskik vir die teikenmark en
• maklik verstaanbaar wees.
• Pryse moet sigbaar vir verbruikers wees.
• As 'n foutiewe prys vertoon word, d.w.s. laer as wat dit behoort te wees,
mag die verbruiker daarop aandring om dié prys te betaal.
(Oorweeg enige ander relevante feit oor die reg op openbaarmaking van
inligting)
6.2 Bespreek watter metodes werkgewers kan gebruik om organisatoriese
doelwitte aan hul werknemers oor te dra.
• Werkgewers kan die induksie van nuwe personeel gebruik as 'n geleentheid
om organisatoriese doelwitte uit te lig.
• Werkgewers kan interne memo's, kennisgewingborde of agendas van
vergaderings gebruik om inligting oor organisatoriese doelwitte te verskaf.
• Werkgewers kan selfs tolke gebruik of die doelwitte in verskillende tale omskryf.
• Werkgewers kan spanbou-geleenthede of algemene jaarvergaderings of
promosie-geleenthede reël, met die fokus op die uitruil van idees om strategieë
te genereer om die doelwitte te bereik.
• Demonstreer / lei deur die regte voorbeeld te stel.
(Oorweeg enige ander relevante metodes wat werkgewers kan gebruik
om organisatoriese doelwitte aan hul werknemers oor te dra)
6.3 6.3.1 Bespreek die moontlike negatiewe implikasies van 'n staking in die
petroleumbedryf. Jy kan na die impak op vulstasies, werknemers of
kliënte verwys.
• Die besigheid se beeld sal negatief geraak word.
• Stakings word dikwels met geweld en intimidasie geassosieer.
• Daar is 'n verlies aan produktiwiteit, winste ly skade en
• die aandeelprys mag 'n daling in markwaarde beleef.
• Daar kan 'n afname wees in franchisenemers wat in die franchise inkoop.
• Daar kan 'n verlies aan inkomste vir die werkers wees en
• dit kan erger raak as die stakingaksie uitgerek word.
(Oorweeg enige ander nadele wat die werknemers van Ceppwawu ervaar
het toe hulle aan 'n staking teen hul werkgewers deelgeneem het)
6.3.2 Beskryf ander alternatiewe vorme van nywerheidsoptrede wat die lede
van Ceppwawu kon gebruik het om hul griewe te lug.
• 'n Sloerstaking vind plaas wanneer werkers steeds werk, maar hul
produksietempo verminder.
• Werk volgens die reëls is 'n vorm van industriële optrede waar werkers
niks meer of niks minder doen as die minimum vereistes wat deur die
reëls van 'n werkplek beskryf word nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 18
•
Onderbroke stakings vind plaas wanneer werknemers ophou staak en
later weer dieselfde staking hervat; dit word dikwels oor 'n lang tydperk
uitgerek.
• As werknemers weier om oortyd te werk, is dit 'n vorm van
nywerheidsoptrede wat bekend staan as oortydverbod.
• Pikettering verwys na 'n situasie waar stakende werkers op 'n openbare
plek buite die werkplek betoog. Slegs 'n geregistreerde vakbond mag 'n
stakingsoptoglinie reël, en dit moet in ooreenstemming wees met die
vereistes soos uiteengesit in die Goeie Praktykkode vir Kollektiewe
Bedinging, Nywerheidsaksies en Protesoptogte, uitgereik deur
NEDLAC.
• Sluit elemente in soos konsiliasie, mediasie, arbitrasie, om na 'n
werksplekforum toe te gaan.
(Oorweeg enige ander relevante feite oor ander alternatiewe vorme van die
nywerheidsoptrede wat die lede van Ceppwawu kon onderneem om hul griewe te lug.)
6.4 Bespreek DRIE moontlike voordele vir Shell Suid-Afrika om as 'n besigheid
by KMV-programme betrokke te raak. Gebruik voorbeelde om jou antwoord te
illustreer.
• Media-aandag en positiewe publisiteit, bv. deur middel van sosiale media.
• 'n Beter funksionerende samelewing, omdat sommige sosio-ekonomiese
kwessies aangespreek is.
• Om 'n volhoubare verskil te maak in die lewens van mense, bv.
infrastruktuurverbeterings.
• Behaal meer punte op die JSE FTSE Verantwoordelikheidsindeks.
• 'n Positiewe beeld vir die besigheid as een met 'n gesonde korporatiewe
bestuursrekord.
• Dit verenig spanlede/werknemers in 'n gemeenskaplike doelwit om verwagtings
bo en behalwe hul amptelike werk, te bereik bv. die skepping van die span-
sinergie.
(Oorweeg enige ander relevante punte oor die voordele vir Shell Suid-Afrika
wanneer die besigheid in KMV-programme betrokke raak.)
(Sien slegs die eerste drie voordele na)
6.5 Doen voorstelle aan die hand van hoe vulstasie-eienaars party of al hierdie
stelselfoute kan hanteer.
Die foute in die agterkantoorstelsel genoem:
• Onakkurate spoedpuntrekonsiliasies
• Diefstal van petrol en diesel
• Swak gedefinieerde kontantopmaakprosesse
• Onjuisthede ten opsigte van BTW-berekenings
Moontlike voorstelle om hierdie stelselfoute te hanteer:
• CCTV-materiaal wat die brandstofpompe monitor om te bepaal wie toegang tot
die vloeistofvoorraad het.
• Duidelik omskrewe beleide om verantwoordelikhede van werknemers wat
kontant hanteer, aan te toon.
• 'n Gekwalifiseerde persoon om die rekonsiliasies vir BTW te doen.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 18
• Daar moet 'n skeiding wees tussen pligte van werknemers wat kontant hanteer
en werknemers wat die rekeningkundige rekords voltooi.
• Roteer die spoedpunte halfpad deur die dag en doen meer daaglikse
rekonsiliasies.
• Aansporings vir fluitjieblaser-werknemers wat ander werknemers rapporteer wat
by onreëlmatige onetiese dade betrokke is.
• Probeer stelsels standaardiseer vir verskeie besighede wat in dieselfde
brandstofvoorplein bedryf word.
• Voorsien opleiding om die tekortkomings in die optelprosesse en sigblaaie te
verbeter.
(Oorweeg enige ander relevante voorstelle oor hoe vulstasie-eienaars hierdie
stelselfoute kan hanteer).
(Kandidate kan voorstelle maak vir een spesifieke stelselfout OF algemene
voorstelle wat van toepassing sou wees op al die genoemde stelselfoute)
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
Related documents

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2016 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo
More from Grade 12 Business Studies

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

MemorandumIEB