Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2016
BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I
NASIENRIGLYNE
Tyd: 2 uur 200 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende interpretasies mag wees oor die toepassing van
die nasienriglyne.
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentMemorandum %20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)






%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)




View all
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)


Business Studies P1 MG 2016 Afr hlayiso.com
Business Studies · Grade 12 · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Pages
- 25
- File size
- 1011.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 25
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 25
AFDELING A
VRAAG 1 MEERKEUSEVRAE
1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7 1.8 1.9 1.10 1.11 1.12 1.13 1.14 1.15
B C B B A C A B B C D C D A D
VRAAG 2 PAS DIE KOLOMME
2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 2.6 2.7 2.8 2.9 2.10
D K A M H B O I P F
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 25
AFDELING B
VRAAG 3
3.1 Bestuur en Leierskap by 'n Mr Price winkel
3.1.1 Identifiseer enige DRIE entrepreneurseienskappe van 'n suksesvolle bestuurder.
'n Suksesvolle bestuurder moet:
resultaatgedrewe wees;
'n visionêr wees;
'n spanspeler wees;
'n begeerte om te presteer, hê;
ambisieus wees;
voortdurend na prestasie streef;
in staat wees om die werksmag te motiveer;
die vermoë hê om vertroue by sy/haar volgelinge in te boesem;
oor 'n hoë mate van emosionele intelligensie beskik;
goeie kommunikasievaardighede hê;
sluit aktiewe luister in om –
sy/haar idees oor te dra, terwyl –
insette terselfdertyd van ander bekom word;
selfgemotiveerd wees –
(planne) kan deurvoer en –
planne implementeer om die gewenste uitkomste te bereik.
Beplanner, organiseerder, goeie kommunikeerder, goed kan delegeer, in beheer
wees, risiko nemer, delegeerder, probleemoplosser.
{Oorweeg enige ander relevante entrepreneurseienskappe van 'n suksesvolle bestuurder.}
3.1.2 Beskryf wat dit beteken wanneer 'n Mr Price bestuurder 'n transformasionele
leierskapstyl gebruik.
'n Leier motiveer die volgelinge om op te tree, gegrond op die VERWAGTINGS
WAT in die groep GEDEEL WORD (spanwerk)
eerder as op wat elke individu in ruil sal kry.
Transformasionele leiers moedig transformasie by hul volgelinge aan deur
kreatief te wees
en kreatiwiteit by hul volgelinge aan te moedig.
Daar is dikwels 'n verandering in gesindheid en verwagting van die volgelinge
omdat hulle bemagtig is om hul volle potensiaal te bereik.
Die transformasionele leier moet sy/haar sterk punte ken
en hoe om dit te benut,
maar terselfdertyd van sy/haar swak punte bewus wees en
hoe om hierdie swak punte te oorkom.
Die transformasionele leier help sy volgelinge om hul hoërordebehoeftes te
bevredig en terselfdertyd ook die doelwitte van die besigheid te bereik.
Die transformasionele leier is buigsaam
en skep dikwels nuwe verwagtings by sy/haar mense en
sit 'n bemagtigingsproses aan die gang terwyl doelwitte nagestreef word.
Charismaties, inspireer verandering, laat werknemers in hulleself glo (voel
waardeer), luister na ander so opinies, hoë verwagtinge van ander en laat hulle
daarna streef om dit te bereik.
{Oorweeg enige ander relevante feite wat die transformasionele leierskapstyl
beskryf.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 25
3.1.3 Identifiseer TWEE nie-monetêre faktore wat die bestuur kan gebruik om
werknemers te motiveer.
Posuitbreiding
Posverryking
Bemagtiging en bevordering van die werknemer
Buigsame werksure
Langverlof
Welstandprogramme
Geskenkbewys, meer verantwoordelikheid delegeer, bevordering,
werkomgewing verbeter
{Oorweeg enige ander relevante nie-monetêre motiveringsfaktore}
3.1.4 Beskryf, met behulp van 'n voorbeeld, die volgende bestuursbevoegdhede:
(a) Organisasiebewustheid
Die bestuur moet bewus wees van die interne
en eksterne faktore wat 'n invloed op die sukses van die besigheid kan hê.
Die bestuurder moet die sterk en
swak punte van die besigheid verstaan.
Dit is belangrik om 'n begrip te hê van wat in die hele organisasie gebeur,
omdat die handelinge van die verskillende afdelings in die besigheid
mekaar beïnvloed – daar is 'n interafhanklikheid,
bv. die werwingsproses wat in die Menskapitaalafdeling plaasvind,
beïnvloed die werwingsbehoeftes van die ander afdelings
of die begrotingsproses wat in die finansiële afdeling plaasvind, het 'n
uitwerking op die vermoë van ander afdelings om 'n idee te hê van
wat/waar hulle hul finansiële hulpbronne kan spandeer.
Die bestuur moet 'n begrip van die druk hê wat verskillende afdelings
ervaar en
moet mense waar moontlik akkommodeer sodat die algehele sukses van
die besigheid nie gekompromitteer word nie,
bv. die bemarkingsafdeling kan onder druk wees gedurende die
bekendstelling van 'n nuwe klere-reeks by Mr Price – maar die MH-
afdeling kan minder stres in hierdie tydperk hê – 'n kompromie kan
wees om van die MH se werknemers te gebruik om die
bemarkingsafdeling in hierdie stresvolle tyd te help.
Daar moet begrip van die organisasiekultuur van die besigheid wees.
Hê 'n proaktiewe plan gereed wanneer daar 'n verandering in die kultuur is en
hierdie verandering nie in ooreenstemming met die missie/visie van die
organisasie is nie.
Daar moet 'n begrip wees van eksterne invloede op die organisasie, bv.
mededinging,
die invloed van politieke,
maatskaplike,
tegnologiese,
en omgewingsfaktore op die organisasie.
{Oorweeg enige ander relevante feite wat met 'n begrip van
organisasiebewustheid verband hou.}
(Kandidate moet een voorbeeld in hul verduideliking gee –
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 25
(b) Klantdiensoriëntasie
Klante en hul behoeftes moet 'n primêre fokusgebied van enige
suksesvolle besigheid wees.
Die besigheid moet meganismes gereed hê waar klantterugvoering
aangeteken,
ontleed en
ontwikkel word.
Dit kan gedoen word deur middel van toepaslike mark-/teikengroep-
navorsing.
Daar moet 'n begrip van die verwagtings van die klant wees en
hoe die besigheid beoog om aan hierdie verwagtings te voldoen,
bv. stel 'n klantprofiel/ontleding van die demografie, ens. saam.
Deur 'n goeie verhouding met die klantbasis te hê,
sal die besigheid beter toegerus wees om die uitdagings waarvoor hulle te
staan kom, die hoof te bied.
Klante sal verandering meer geredelik aanvaar
(bv. verandering in bestuur/verandering in winkelontwerp),
as daar 'n mate van vertroue tussen hulle en die besigheid is.
Die besigheid moet seker maak hulle is eties in hul omgang met klante en
dat die regte van klante beskerm word,
bv. doeltreffende implementering van die vereistes van die Wet op
Verbruikersbeskerming.
{Oorweeg enige ander relevante feite wat met 'n begrip van
klantdiensoriëntasie verband hou.}
(Kandidate moet een voorbeeld in hul verduideliking gee –
3.2 Stel voor, met 'n verskillende strategie vir elkeen, hoe die Mr Price Groep Bpk. se
bestuurspan elk van die volgende denkbeeldige mikro-uitdagings doeltreffend kan
hanteer.
3.2.1 Die Aankoopbestuurder versuim aanhoudend om die begrotingsperdatums te
bereik.
Daar moet 'n ondersoek/ontleding wees van die redes vir die onvermoë van die
Aankoopbestuurder om begrotingskeertye na te kom.
Die Aankoopbestuurder kan op 'n kursus gestuur word
wat daarop fokus om hom tegnieke oor tydbestuur
of toepaslike organisasievaardighede te leer,
d.i. een of ander vorm van opleiding om die Aankoopbestuurder met hierdie
uitdaging te help.
Die Aankoopbestuurder kan deur 'n kollega gementor word;
wat hom met indiensopleiding met betrekking tot die nakom van keertye kan help.
Lae koste, waarskuwing, tydsbestuur
{Oorweeg enige ander relevante strategie om hierdie uitdaging die hoof
te bied.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 25
3.2.2 Daar is 'n gebrek aan toewyding by bestuurders om rassisme in die werkplek te
hanteer.
Laat bestuurders 'n werkswinkel bywoon
waar vaardighede geleer word om rassisme in die werkplek doeltreffend te hanteer.
Laat deskundiges kom en bespreek die kwessies rakende rassisme en
die invloed wat dit op die moreel van die personeel het.
Maak seker dat kwessies oor rassisme eties en
deursigtig hanteer word
sodat daar nie 'n gevoel is dat die kwessie geïgnoreer word nie.
Maak tyd om die kwessie van rassisme op personeelvergaderings te bespreek
of maak seker dit word by die agenda van weeklikse/maandelikse personeel-
vergaderings ingesluit.
Sluit positiewe verhale in van hoe werkers in die besigheid rassisme hanteer
en dit kan daartoe lei dat bestuurders hierdie optrede naboots.
Hê 'n nulverdraagsaamheidsbeleid teenoor rassisme en
verskaf monetêre aansporings
aan bestuurders wat proaktief rassisme in die werkplek aanpak.
Konflik bestuur, waarskuwing, werkswinkel as opleiding, veranderingsbedtuur
(change management).
{Oorweeg enige ander relevante strategie om hierdie uitdaging die hoof
te bied.}
3.2.3 Die metode wat gebruik word om prestasiebeoordelings uit te voer, word as die
hoofrede vir personeelbedankings genoem.
Stel 'n taakspan saam om te ondersoek
watter aspekte van die prestasiebeoordeling problematies is.
Doen 'n proeflopie met alternatiewe prestasiebeoordelingstegnieke en
kies dan die een wat minder konflik skep.
Kweek 'n kultuur waar werkgewers en werknemers gemaklik is met die
beoordelingstelsel omdat
hulle inkoop by die ontwerp en
implementering daarvan het.
{Oorweeg enige ander relevante strategie om hierdie uitdaging die hoof te bied.}
Let wel: by Vraag 3.2 mag kandidate nie dieselfde strategie by die verskillende vrae herhaal
nie. Sien die strategie net een keer na.
Neem kennis:
VRAAG 3.3
Daar moet 'n verband wees tussen die UITDAGING waarvoor te staan gekom word en die
STRATEGIE om die uitdaging die hoof te bied.
Kandidate mag nie dieselfde strategie in die verskillende vrae herhaal nie. In hierdie geval,
sien die strategie of belanghebbende een keer na.
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 25
3.3 Porter se Vyfkragtemodel
Belanghebbende wat by
Element van Strategie om uitdaging die
Uitdaging waarvoor te staan gekom word implementering van strategie
Porter hoof te bied
sal baat
3.3.1 Vlak van Veranderings in handelsnaamlojaliteit Doen 'n mededingerprofiel Aandeelhouer
mede- Mededingers met 'n beter ligging (dit kan (aantal mededingers, Klant/Verbruiker
dinging geriefliker, moderner of nader wees). nabyheid van mededinger, Verskaffer
in die 'n Groter versameling produkte of ooreenkomste en verskille Gemeenskap
mark beter diens (bv. gratis aflewering ingesluit/sake- ten opsigte van Werknemers
ure) kan klante maklik oorreed om hulle te produkreeks wat aangebied
ondersteun. word,
Op 'n meer aggressiewe wyse kan mededingers die vlak van mark wat deur die
mag hê om in 'n prysoorlog met jou besigheid mededinger oorheers word,
betrokke te raak (pryse te verlaag of waarde tot hul ens.) sodat die besigheid
produkte te voeg), d.i. die prysbepalingstruktuur beter voorbereid kan wees
van die mededinger; om die uitdaging die hoof
of om 'n nuwe marktendens te identifiseer en te bied.
kragtig na te streef, wat eenvoudig jou klante Vorm 'n alliansie met die
permanent wegrokkel. rolspelers in die mark.
Finansiële hulpbronne van mededingers. Doen toepaslike
Markaandeel van mededinger. marknavorsing om 'n
Selfs al is die klant lojaal aan 'n spesifieke mededingende voordeel te
handelaar se handelsnaam of produk, dink aan hoe bekom.
maklik die klant deur 'n advertensie oorreed word,
spesiale aanbieding,
verkoping of nuwe besigheid van 'n mededinger {Oorweeg enige ander
wat oopmaak. relevante strategie om die {Oorweeg enige ander
{Oorweeg enige ander relevante punt oor die uitdaging die hoof te bied.} relevante belanghebbende.}
uitdaging waarvoor te staan gekom word.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 25
Belanghebbende wat by
Element van Strategie om uitdaging die
Uitdaging waarvoor te staan gekom word implementering van
Porter hoof te bied
strategie sal baat
3.3.2 Die mag Sonder stiptelike lewering Oop kommunikasie Aandeelhouer
van ver- van die korrekte produkte en dienste kan 'n Stiptelike betaling Klant/Verbruiker
skaffers besigheid nie funksioneer nie. Gereelde hersiening van Gemeenskap
Daar kan 'n verlies van klante wees verantwoordelikhede (bv. Werknemers
omdat verskaffers nie goedere betyds gelewer het wie reël vervoer,
nie. versekering,
In 'n besigheid, is tyd geld en prysaanpassings)
alle oponthoude sal die insetkoste verhoog – wat Prioritisering, byvoorbeeld
winste verminder. verseker dat verskaffer se
Produkte en dienste van 'n swak gehalte sal ook afleweringswaens
meer vermorsing of ongelukkige klante tot gevolg onmiddellik afgelaai word en
hê. die voorraad doeltreffend
Die probleem word eksponensieel groter indien dit ingeneem word om hulle in
'n hoofverskaffer is. staat te stel om na die
Mens moet ook die uitdagings waarvoor plaaslike volgende klant aan te
teenoor internasionale verskaffers te staan kom, in beweeg.
aanmerking neem en
die feit dat die regering probeer om plaaslike
verskaffers te beskerm/ondersteun al bied
internasionale verskaffers meer mededingende {Oorweeg enige ander {Oorweeg enige ander
pryse. relevante strategie om die relevante
{Oorweeg enige ander relevante punt oor die uitdaging die hoof te bied.} belanghebbende.}
uitdaging waarvoor te staan gekom word.}
Moontlike strategieë wat op Vraag 3.3.1 en 3.3.2 van toepassing kan wees.
Gee krediet indien die kandidaat die volgende strategieë in sy/haar antwoorde (waar van toepassing) noem:
Groeistrategieë (bv. interne groei, soos organiese groei; eksterne groei, soos alliansies, verkrygings en samesmeltings)
Afnamestrategieë (bv. disinvesteringstrategie, oesstrategie, likwidasiestrategie, ontdoening, skeiding, aflegging)
Korporatiewe kombinasiestrategieë (bv. gesamentlike ondernemings, samesmeltings, oornames)
Generiese strategieë (bv. laekostestrategie, differensiasiestrategie, fokusstrategie)
Intensiewe strategieë (bv. markpenetrasie, produkontwikkeling, markontwikkeling)
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 25
3.4 Beleggingsgeleenthede
Beleggingsopsies Kriteria Bespreking
3.4.1 Ekwiteite Risiko Ekwiteite word as 'n matige- tot hoërisiko-
belegging beskou. Kan ook laag wees as dit
blue-chip aandele is.
Dit is ten spyte van die feit dat die JSE streng
reëls vir maatskappye het om op die aandelebeurs
te noteer, ten einde beleggers te beskerm deur die
risiko van hul belegging te verminder.
Oorweeg die risikofaktor van beleggers (risiko-
afkeer) teenoor spekulante (risikonemers).
{Oorweeg enige ander relevante feit met
betrekking tot die risikofaktor wat met
ekwiteite gepaardgaan.}
3.4.2 Versamel- Opbrengs op Indien 'n artikel werklik 'n versamelstuk is, sal
stukke belegging die waarde van die artikel mettertyd styg (mits
(OOB) dit nie beskadig is nie).
Daar is nie 'n bron van maandelikse inkomste
vir die belegger nie.
Moet ekspert wees om die regte stukke te koop
{Oorweeg enige ander relevante feit wat met
die OOB-faktor wat met versamelstukke
verband hou, gepaardgaan.}
3.4.3 Vaste Tydraamwerk Vaste deposito's kan van 3 tot 12 maande wees
deposito of selfs 10 jaar.
Hoe langer die tydraamwerk van die belegging,
hoe hoër die opbrengs.
{Oorweeg enige ander relevante feit met
betrekking tot die tydraamwerkfaktor wat
met 'n vaste deposito gepaardgaan.}
3.5 3.5.1 (a) Voorbeeld van 'n tasbare hulpbron: grond en geboue; masjinerie; voertuie;
handelsvoorraad; toerusting, werknemers, kontant.
Voorbeeld van 'n nietasbare hulpbron: klandisiewaarde; patent; kopiereg
op reklamemateriaal of intellektuele eiendom, 'word of mouth', bruikhuur-
ooreenkomste, sosiale media platform, lisensies, organisasiekultuur, gedrags-
kode.
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 25
(b) 'n Strategie wat Mr Price kan gebruik om te verseker dat tasbare
hulpbronne optimaal benut word:
Hê geskikte versekering
teen moontlike risiko's waarvoor die hulpbron te staan kan kom.
Hê 'n instandhoudingsbeleid
om te verseker dat die tasbare hulpbron optimaal benut kan word.
Beskryf in breë trekke die beskikkings-/vervreemdingsbeleid van die
tasbare hulpbron
vir wanneer dit 'n stadium bereik waar dit nie meer haalbaar is om die
hulpbron in stand te hou nie.
Hou boek van wie
toegang tot die hulpbron het en
maak seker dat daar toerekenbaarheid is indien die hulpbron voor
skadevergoeding te staan kom.
TKB (TQM), Normstelling
{Oorweeg enige ander relevante strategie.}
3.5.2 'n Moontlike sterk punt van Mr Price:
Mr Price het 'n goed gevestigde handelsnaam in die mark.
Mr Price bied waarde vir geld aan baie Suid-Afrikaners (d.i. goeie prys, goeie
gehalte).
Mr Price het tot dusver uitstekend gevaar wat voldoening aan korporatiewe
beheer betref, wat baie beleggers lok.
Mr Price het suksesvol sy handelsnaam in die internasionale mark uitgebrei.
Mr Price bied mededingende opbrengste aan sy aandeelhouers.
{Oorweeg enige ander relevante sterk punt van Mr Price.}
3.5.3 'n Voordeel wanneer die bestuur 'n omgewingsondersoek by Mr Price doen:
Die bestuur het 'n idee van die interne en eksterne uitdagings waarvoor hy te
staan kan kom.
Die bestuur kan toepaslike strategieë ten uitvoer bring (kort en lang termyn) om
die uitdagings die hoof te bied
voordat hulle die mededingende voordeel wat Mr Price in die mark het, skade
berokken.
Die bestuur sal skriftelike bewys hê
dat hulle die omgewing waarin hulle werksaam is, bestudeer het en
'n proaktiewe benadering tot uitdagings gevolg het.
Moontlike geleenthede en gapings in die mark kan geïdentifiseer word.
Bly op die hoogte van jou mededingers.
Kan help met normstelling
{Oorweeg enige ander relevante voordeel.}
3.5.4 Die betrokke proses om 'n waardekettingontleding te doen:
Verdeel die besigheid in die verskillende aktiwiteite of sakeprosesse wat in die
besigheid plaasvind.
Beskryf elke proses: begin by die insette (verkryging, admin., MH, ens. ...) en
eindig met die produksie van die produkte/dienste en naverkoopdiens aan klante.
Identifiseer die gebiede wat uiters belangrik is om 'n mededingende voordeel te skep
en besluit of die besigheid dit intern kan hanteer (kry vaardighede indien nodig)
of kontrakteer die aktiwiteit uit.
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 25
3.6 Mr Price Sport teken hoë verkope gedurende die feesseisoen in Desember aan, maar daar is
'n drastiese daling in hierdie syfer van Januarie tot Maart. Verkope is geneig om weer in
April te verbeter.
Met behulp van EEN kreatiewe probleemoplossingstegniek moet jy:
die probleem waarvoor Mr Price Sport te staan kom, ontleed; en
'n oplossing vir die probleem voorstel.
Moontlike kreatiewe probleemoplossingstegnieke:
Kaart van voor- en nadele
Die bestuur sal die voordele (positiewe punte) en die nadele (negatiewe punte) van die
keuse lys.
Ten einde die probleem op te los, weeg mens die opsies op deur 'n numeriese waarde aan
elke opsie toe te ken – en indien dit 'n hoë waarde behaal, dan is die opsie
lewensvatbaar.
Stap-vir-stap-ontleding
Die bestuur het die geleentheid om die voorgestelde strategie in hanteerbare stukke vir
verwerking te verdeel.
Deur die onderdele stap vir stap te ontleed, is jy in 'n posisie om inligting te oorweeg wat
jy nie aanvanklik gedink het relevant vir die gevolge van die strategie is nie – bereik
uiteindelik die bron van die uitdaging in die makro-omgewing.
Vloeikaarte
Dit is waar die bestuur die strategie in die vorm van 'n diagram sit en die verskillende
fases waar besluite geneem moet word, toon.
Die bestuur kry die "groter prentjie" wat die implementering van die strategie sal hê,
aangesien al die relevante detail in die vloeidiagram voorgestel is.
Scenario-ontleding
Die bestuur is in 'n posisie om moontlike toekomstige gebeure te ontleed deur alternatiewe
moontlike uitkomste vanweë die implementering van die strategie te oorweeg.
Hierdie tegniek is ontwerp om verbeterde besluitneming moontlik te maak deur
vollediger oorwegings van uitkomste en hul implikasies moontlik te maak.
Delphi-tegniek
In hierdie tegniek gebruik die bestuur 'n paneel of enkele deskundige wat voorspellings
maak, gegrond op hul uitmuntende kennis van die uitdaging en die voorgestelde strategie.
Die identiteit van die deskundige word geheim gehou om die stralekranseffek te verhoed
en om die finale aanbeveling geldig en uitvoerbaar te hou.
Beslissingsboom
Die bestuur vergelyk grafies die verskillende beskikbare opsies wanneer 'n besluit
geneem word. Die doel is om rasionale besluitneming te bevorder en beskikbare opsies
te verduidelik. Die moontlike opsies word gekwantifiseer sodat die waarskynlikheid van
sukses gekwantifiseer kan word.
{Oorweeg enige ander relevante probleemoplossingstegniek – GEEN PUNTE INDIEN
KANDIDATE WAARDEKETTINGONTLEDING GEBRUIK het nie.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 25
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Gee TWEE redes hoekom, as deel van bemarkingsbeplanning, Mr Price
marknavorsing moet doen.
Om 'n begrip van klante (teikenmark) se veranderende behoeftes te hê.
Om hul produk te ondersoek/toets voordat groot hoeveelhede handelsware
gekoop word.
Om agter te kom watter nuwe produkte in die behoeftes van verbruikers sal voorsien.
Om terugvoering te kry oor die effektiwiteit van bemarkingsbeleide (die 7 p's)
om bemarkingsdoelwitte te bereik.
Om die effektiwiteit (voor- en nadele) van strategiese verhoudings met
verskaffers te ondersoek.
{Oorweeg enige ander relevante redes vir die behoefte om marknavorsing te
doen.}
4.1.2 Verduidelik met behulp van 'n voorbeeld hoe Mr Price handelsmerkrekking
geïmplementeer het.
Handelsmerkrekking verwys na 'n situasie waar Mr Price die suksesvolle
handelsnaam (klere) gebruik het om 'n produk by 'n onverwante mark (meubels)
te voeg.
4.1.3 Beskryf DRIE voordele wat Mr Price sal hê as gevolg van 'n sterk
handelsnaam.
Inspireer klantlojaliteit wat tot herhaalde verkope
mondelinge aanbeveling lei.
Handelsmerkitems kan gewoonlik hoër pryse afdwing
veral indien die handelsnaam die markleier is.
Kleinhandelaars en diensondernemings wil die handelsname wat die
topverkopers is in voorraad hê,
aangesien dit verbruikers na die winkels sal lok.
Help met besigheid se voorkoms en beeld.
Voeg geloofwaardigheid by en verhoog vertroue in die besigheid.
{Oorweeg enige ander relevante voordeel om 'n sterk handelsnaam te hê.}
4.1.4 Bespreek DRIE faktore wat help om handelsmerkwaarde vir Mr Price te skep.
Gehalte:
‒ is 'n noodsaaklike deel van 'n handelsnaam,
‒ dit verteenwoordig die kernvoordeel,
‒ die dinge wat die verbruiker van die handelsnaam verwag.
Posisionering:
‒ gaan oor die posisie in die markruimte wat die handelsnaam inneem
‒ in die gedagtes van die verbruiker.
‒ Sterk handelsname het duidelike en
‒ dikwels unieke posisies in die teikenmark.
Posisionering word bereik deur:
o Handelsnaam
o Beeld
o Diensstandaarde
o Produkwaarborge
o Verpakking
o Lewering
‒ Posisionering vereis gewoonlik 'n kombinasie van bogenoemde elemente en
‒ hoe dit by die groter mark inpas.
‒ Of 'n handelsnaam as 'n luukse verskaffer of
‒ 'n noodsaaklike diens geposisioneer is, word dit beheer deur, en beheer,
bogenoemde elemente.
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 25
Herposisionering:
‒ Vind plaas wanneer 'n handelsnaam probeer om sy markposisie te verbeter
om die verandering in klantsmake te weerspieël.
‒ Dit kan wees dat die handelsnaam oud en moeg geword het, en
‒ miskien nie meer aantreklik vir 'n sekere markgroep is nie,
‒ d.i. die oorspronklike markgroep het ontwikkel.
‒ 'n Nuwe benadering moet gevolg word om 'n nuwe posisie in die huidige of
nuwe mark te skep,
‒ bv. Mr Price wat besluit om ontwerpersjeans in hul Mr Price klere-reeks te
verkoop.
Kommunikasie:
‒ verseker dat al die elemente van die bemarkingsamestelling goed deurdink is en
‒ met die klante se persepsies in gedagte.
‒ Dit moet bewustheid kweek en
‒ help om 'n persoonlikheid te skep en
‒ die persepsies versterk.
Langtermynperspektief:
‒ handel oor ontwikkeling van en belegging in 'n handelsnaam oor 'n tydperk en
‒ om spesifiek te kyk hoe klantlojaliteit geskep en gehandhaaf kan word.
Interne bemarking:
‒ kyk na hoe die handelsnaam intern ontwikkel word
‒ en ook ekstern
‒ deur te fokus op die hele besigheid se begrip van die handelsnaamwaarde en
‒ posisionering met die besigheid se
‒ missie en visie.
‒ Om die werknemers so ver te kry om die handelsnaam te leef en
‒ in wese die handelsnaamambassadeurs te word.
Geloofwaardigheid/vertroue:
‒ dit is die besigheid se belofte om te lewer wat hy gesê het hy sal.
‒ Deur die regte gehalte,
‒ tyd,
‒ prys en
‒ plek te lewer,
‒ bou die besigheid 'n positiewe naam by verbruikers.
Konsekwentheid
‒ Die klant se ervaring van die handelsnaam moet oor 'n lang tyd konsekwent wees,
‒ of dit van aangesig tot aangesig gebeur,
‒ in winkels.
‒ deur advertensies
‒ of interaksie met werknemers.
‒ Die handelsnaam projekteer en herinner verbruikers wat die besigheid
verteenwoordig
‒ by elke moontlike geleentheid.
Duidelike identiteit
‒ Die handelsnaam verteenwoordig iets uniek vir die klant.
‒ Wat is belangriker: gehalte of waarde vir geld?
‒ Verteenwoordig die handelsnaam die regte boodskap aan die korrekte LSM
(Lewenstandaardmeting – 'n segmenteringsinstrument wat wyd in SA gebruik
word)?
Gemeensaamheid met klante
Onderskeidende stem
{Oorweeg enige ander relevante faktor wat help om 'n suksesvolle
handelsnaam te bou.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 25
4.1.5 Bespreek hoe die verbruiker se reg op verantwoordelike bemarking die
bemarkingsaktiwiteite van Mr Price beïnvloed.
Alle klante het die reg om dieselfde behandel te word,
daar mag nie onbillik teen verbruikers met betrekking tot goedere en dienste
gediskrimineer word nie.
Verskaffers word nie toegelaat om die toegang van 'n verbruiker tot goedere en
dienste te beperk nie
of die toegang van 'n klas verbruikers te beperk nie.
Geen besigheid mag onbillik diskrimineer nie deur 'n verbruiker of groep
verbruikers te prioritiseer ten opsigte van
bemarking, verkope en die verspreiding van hul goedere en dienste nie .
Verskaffers mag nie die gehalte van goedere en dienste op 'n diskriminerende
wyse verander nie.
Verbruikers het dus die reg om enige vorm van minderwaardige gehalte en diens
wat gelewer is, te bevraagteken.
Om onbillik pryse vir dieselfde goedere en dienste aan 'n ander verbruikersbasis
te vra, sal as gronde vir diskriminasie beskou word.
Klante moet as gelykes behandel word,
ongeag hul geslag, ras, sosio-ekonomiese standaarde of hul geografiese ligging.
Verbruikers sal die reg hê om kwessies na die Gelykheidshof of die Kommissie
te neem.
Sakepraktyke, soos reklame, bemarking, kontrakte, standaardbepalings en
-voorwaardes, produketikettering, reklamekompetisies, prysbepalingsbeleide,
teruggawebeleid, franchises, besigheidsname, produkaanspreeklikheid en
produkveiligheid en selfs besigheidstaal, sal streng gereguleer word.
Produk-/diensinligting moet in 'n taal wees wat by die teikenmark pas en
verstaanbaar is vir iemand met gemiddelde geletterdheidsvaardighede.
Verbruikers kla dikwels oor die "fyn druk" in die bepalings en voorwaardes van
beleide.
Volgens artikel 61 van die Wet op Verbruikersbeskerming, wat 'n stelsel van
streng maatskappy-aanspreeklikheid bekendstel,
sal verbruikers die verskaffers en vervaardigers van goedere en/of
dienste vir skadevergoeding kan dagvaar
of vir beserings wat deur hulle opgedoen is as gevolg van die gebruik van die goedere
of as gevolg van die dienste wat gelewer is,
ongeag of so 'n verskaffer,
vervaardiger of diensverskaffer nalatig was.
{Oorweeg enige ander relevante feite wat die invloed van die
bemarkingsaktiwiteite van Mr Price aandui.}
4.1.6 Verduidelik, met behulp van 'n aparte voorbeeld vir elkeen, hoekom die
volgende bemarkingsbeleide belangrik vir Mr Price is:
(a) Produk
'n Besigheid moet seker maak hy lewer 'n produk wat die verbruiker kan
en bereid is om te koop.
'n Suksesvolle besigheid sal die regte marknavorsing doen om uit te vind
wat die verbruiker se behoeftes en begeertes is en
dan die regte produk dienooreenkomstig ontwikkel
met die korrekte vlak van gehalte om in die verbruikers se behoeftes nou
en in die toekoms te voorsien.
Die korrekte produk moet geskep word met die oog daarop om waarde tot
die verbruiker te voeg.
Ons moet 'n produk/diens lewer wat die verbruiker wil hê,
nie wat ons dink hulle wil hê nie.
Produklewensiklus, Handelsnaam, SABS
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 25
Voorbeelde:
Die verskillende kategorieë van produkte, d.i. verbruikersgoedere,
nywerheidsgoedere en -dienste moet deur die bemarkingsafdeling
verstaan word.
Mr Price sal die ontwerp, styl, die grootte en die kleur van die produk(te)
oorweeg.
Mr Price moet die verskillende produklewensiklusse oorweeg waardeur
die verskillende produkkategorieë beweeg.
Oorweging sal geskenk word aan die verpakkingsbesluite wat geneem
moet word.
Besluite rakende handelsmerke en handelsmerkgewing van die produk.
Produktoetsing voordat groot hoeveelhede handelsware gekoop word.
{Oorweeg enige ander relevante feite oor die PRODUKBELEID.}
(Kandidate moet een voorbeeld in hul verduideliking gee –
(b) Persone (People)
Dit is belangrik om te onthou dat enige iemand wat in aanraking met jou
verbruiker kom,
'n uitwerking op hulle sal hê;
dit kan 'n diepgaande effek op die verbruiker se vlak van tevredenheid
wat van die besigheid ontvang word, hê.
Die besigheid se handelsnaam en aansien berus by die mense.
Dus, moet die besigheid seker maak die korrekte vlak van opleiding
en motivering word gegee om te verseker dat hierdie mense die regte
gesindheid het.
Die werknemer is die gesig van die besigheid.
Dit is noodsaaklik vir sakesukses om te verseker dat alle werknemers wat
kontak het
korrek vir die werk opgelei word.
Evaluasies moet gereeld plaasvind om te verseker dat daar geen
prestasiegaping bestaan nie.
Navorsing het getoon dat baie verbruikers nie die produk of diens van die
werknemer wat dit lewer, skei nie.
Dit beklemtoon die vlak van belangrikheid wat op mense geplaas word.
Naverkoopdienste en -advies wat deur die besigheid verskaf word,
is 'n manier om waarde tot die produk of diens te voeg wat deur die klant
gekoop word.
Dus is dit belangrik om na die produkte en dienste te kyk wat die hoogste
persentasie van jou verkope het,
en om te evalueer of hulle die nodige naverkoopondersteuning het.
Diensvlakke en klantpersepsies van werknemerdiensvlakke.
Werknemermoreel, -vaardighede, -gedrag, -motivering sal dienslewering
beïnvloed.
Bv., om seker te maak dat aan die vereistes van die Wet op
Verbruikersbeskerming voldoen word.
{Oorweeg enige ander relevante feite oor die MENSBELEID.}
(Kandidate moet een voorbeeld in hul verduideliking gee)
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 25
(c) Bemarkingskommunikasie
Daar is vier komponente vir die bemarkingskommunikasiebeleid van Mr
Price, naamlik: reklame, persoonlike verkope, verkoopspromosie en
publisiteit.
Die besigheid moet betaal om te adverteer, maar kan dus die boodskap
kies.
Verkopers herhaal die boodskap 'n paar keer en dit gee die koper die
geleentheid om boodskappe van verskillende verskaffers te vergelyk.
Dit kan 'n baie duur vorm van kommunikasie wees, waar kleur, klank,
drukwerk en beweging gebruik kan word.
Dit is 'n onpersoonlike boodskap wat op 'n massagehoor gemik is. Die
gehoor is nie verplig om op die boodskap te reageer nie en kan die
boodskap ignoreer sonder om skuldig te voel.
Bv., spesialisspanne wat dikwels reis en marknavorsing doen.
Persoonlike verkope:
Daar is regstreekse interaksie tussen mense waar die koper deur die
verkoopspersoon gekonfronteer word. Die koper voel dikwels verplig om
te reageer.
Die verkoopspersoon toon 'n persoonlike belangstelling in die koper en
(behoort) die koper se belange op die hart (te) dra.
Die koper voel dikwels onder 'n verpligting om te luister en reageer en
die verkoopspersoon voel dieselfde verpligting teenoor enige navrae van
die potensiële koper.
Persoonlike verkope kan ook gebruik word om inligting vir
marknavorsing in te samel.
Verkoopspromosie:
Die onmiddellike versoek oorreed die verbruikers om onmiddellik te koop.
Te veel verkoopspromosiewerktuie dra die boodskap oor dat die verkoper
baie gretig is om te verkoop. Die verbruikers kan dan die gehalte van die
produk/diens bevraagteken.
Voorbeelde van promosies kan "koop-een-kry-een-gratis", afslag en
monsters insluit.
Publisiteit:
Publisiteit het 'n hoër mate van geloofwaardigheid as advertensies omdat
die besigheid nie vir die boodskap betaal nie.
Die boodskap is nie "verkoopspraatjies" nie, aangesien dit verbruikers sal
bereik wat verkooplui vermy en nie advertensies lees nie. Dit beteken dat
die besigheid nie enige beheer oor die boodskap het nie en publisiteit kan
dus goed of sleg wees.
Publisiteit kan die beeld van die besigheid verhoog. Dit beteken dat verkope
indirek bevorder word en dit kos die besigheid nie groot bedrae geld nie.
Interne publisiteit verwys na die indruk wat mense kry van die voorkoms
van die geboue, uitstalling van goedere en voorkoms van personeellede.
Dit sluit ook die manier waarop personeel met klante praat en die gehalte
van die diens in. Daar is geen sin dat besighede groot bedrae geld aan
reklame spandeer nie indien hierdie faktore nie goed hanteer word nie.
Reklame:
Indien die handelaar adverteer, kan, en hopelik sal, vraag styg. Hoër
verkope beteken groter wins.
Reklame help die vervaardiger om by grootskaalse produksie te baat
(advertensies verhoog die vraag). Massaproduksie lei tot 'n laer koste per
eenheid.
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 25
Reklame help om die lewenstandaard te verhoog. Verbruikers leer oor
nuwe/goedkoper produkte wat hul behoeftes kan bevredig.
Reklame maak die taak van die verkoopspersoon makliker. Kopers weet
van die produkte en vra dikwels selfs vir die produk.
Werwing van personeel is makliker omdat die besigheid deur reklame
bekend raak en 'n goeie reputasie bou.
Reklame help die vervaardiger om sy/haar produk te verbeter omdat
hy/sy kan sien wat ander vervaardigers bied.
Reklame beskerm en waarsku die verbruiker teen minderwaardige
plaasvervangers en goedkoop namaaksels. Die handelsmerk herinner die
klant aan gehalteprodukte.
Reklame kan ook help om die beeld/reputasie van die besigheid te verbeter.
Sosiale media
{Oorweeg enige ander relevante feite oor die
BEMARKINGSKOMMUNIKASIEBELEID.}
4.2 4.2.1 Hoekom is dit vir Mr Price se bestuurspan belangrik om verkoopteikens te stel?
Die vasstelling van verkoopteikens gee die bestuurspan 'n sin van rigting.
Die span sal 'n norm/standaard hê waarvoor hulle mik.
Die span sal hul werklike prestasie teen die gewenste prestasie kan meet.
Die vasstelling van teikens wys dat die span toegewy is aan strategiese
doelwitbepaling.
Die span is gefokus op die sukses van die besigheid wanneer hulle die toekoms
beplan.
Beleggersvertroue, beheer prestasie, motivering
{Oorweeg enige ander relevante feit oor die belangrikheid om verkoopteikens te stel.}
4.2.2 Bespreek 'n metode wat Mr Price kan gebruik om die gehalte van prestasie in
hul Aankoopafdeling te evalueer.
Mr Price kan 'n verskeidenheid strategieë gebruik om die gehalte van prestasie in die
Aankoopafdeling te verbeter.
Hersien die missie en visie van die Aankoopafdeling,
sodat dit in ooreenstemming met huidige tendense in die kleinhandelbedryf kom.
Die besigheid kan die "beste praktyk"-benadering oorweeg om die
Aankoopafdeling doeltreffend te bestuur, d.i. normstelling.
Wys hulpbronne anders toe: Heroorweeg die toewysing van werknemers, geld,
masjientyd, grondstowwe en vaardighede in die Aankoopafdeling.
Moet die besigheid sy Aankoopafdeling se aktiwiteite uitkontrakteer of anders
die hulpbronne aan ander belangrike gebiede van die organisasie hertoewys?
Die bestuur kan 'n verskeidenheid finansiële verhoudings wat aan aankope
gekoppel is, verrig, bv. Tempo van voorraadomset, getal voorraadeenhede in
voorraad, ekonomiese bestellingshoeveelheid, die vuurproefverhouding,
ekonomiese hefboom, ens. en redes ondersoek vir onder- en oorprestasie.
Steekproefneming
{Oorweeg enige ander relevante metode om gehalte van prestasie in die
Aankoopafdeling te evalueer.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 25
4.2.3 Wat is die verband tussen risikobestuur en gehalte van prestasie? Gebruik 'n
voorbeeld om jou antwoord te illustreer.
Enige besigheid moet groei/verhoogde omset/hoë prestasie as een van sy
doelwitte hê.
Hierdie doelwit is belangrik indien besigheid in 'n hoogs mededingende sake-
omgewing wil slaag.
Dit is ook waar dat daar uitdagings/risiko's gaan wees wat die organisasie se
vermoë om hierdie doelwit te bereik, sal beïnvloed.
Dit is dus belangrik dat die besigheid sekere strategieë gereed het om hierdie
risiko's te hanteer.
Hierdie strategieë kan so eenvoudig wees soos om 'n versekeringsbeleid te hê of
so kompleks soos om 'n strategiese bestuurspan te hê.
Hoe beter die besigheid toegerus is om die uitdagings te hanteer, hoe groter die
kans vir 'n verbetering in die gehalte van die besigheid se prestasie.
Voorbeelde:
‒ Oorweeg hoe die vermindering van die risiko van brand, diefstal en skade
aan die besigheid en sy hulpbronne sal verseker dat die besigheid sy bates in
die organisasie beveilig het.
‒ Die besigheid sal in 'n posisie wees om steeds te werk om 'n wins te maak.
‒ Beveiliging van werknemers verseker dat hierdie hulpbron kan aanhou om na
winsmaksimering vir die besigheid te werk.
{Oorweeg enige ander relevante punt wat die verband tussen
risikobestuur en die gehalte van prestasie aandui.}
4.2.4 Beskryf die volgende elemente van die Balanstelkaart en gee 'n voorbeeld waar
Mr Price se bestuurspan elk van die elemente kan gebruik om die algehele
prestasie van die groep te beoordeel.
(a) Finansiële perspektief
Kyk na hoe die besigheid sy bates benut; en
minimeer sy koste;
ten einde aandeelhouerwaarde te skep.
Die besigheid kan na winste en die feite kyk wat 'n positiewe of
negatiewe uitwerking op wins het,
dividenduitbetalings – kyk na 'n vergelyking tussen verdienste per
aandeel en dividende per aandeel,
kontantvloei – bronne van kontantfondse en hoe hierdie kontanthulp-
bronne gebruik word (bedryf-, belegging- en finansieringsaktiwiteite),
solvabiliteit – vergelyk totale bates met totale laste.
Begrotings
{Oorweeg enige ander relevante punt oor die finansiële perspektief.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 19 van 25
(b) Interne sakeperspektief
Kyk na wat gedoen kan word om 'n mededingende voordeel in die mark
te skep deur op
geleenthede vir nuwe produkte en dienste te fokus;
ontwikkeling van hierdie nuwe produkte deur navorsing en ontwikkeling;
ontwikkel en handhaaf verskafferverhoudings;
verbeter verspreiding en lewering van produkte en dienste aan klante;
kyk na omgewingskwessies (energie- en hulpbronverbruik en vrystellings
in die lug, water en grond);
veiligheid- en gesondheidskwessies (veiligheidsgevare vir werknemers),
indiensnemingspraktyke (diversiteit van werknemers) en
gemeenskapsbelegging, d.i. korporatiewe maatskaplike belegging.
{Oorweeg enige ander relevante punt oor die finansiële perspektief.}
(c) Leer-en-groei-perspektief
Kyk na hoe werknemers in die besigheid kan aanhou verbeter en waarde
skep.
Dit kan bereik word deur ontasbare bates van die besigheid, soos
inligtingskapitaal (d.i. die skepping van intellektuele eiendom).
Ander manier kan wees deur die skepping van 'n kultuur van lewenslange
leer. OF
Kweek leierskap (hê 'n mentorprogram waar bestuurders werknemers in
die rol van bestuur lei),
toerekenbaarheid (moedig werknemers aan om verantwoordelikheid vir
hul besluitneming/optrede te aanvaar),
spanwerk en
kweek entrepreneurskap/intrapreneurskap.
Opleiding
{Oorweeg enige ander relevante punt oor die finansiële perspektief.}
(d) Klantperspektief
Fokus op hoe klante die besigheid sien,
en wat hul verwagtings kan wees.
Die besigheid sal navorsing/opnames doen om uit te vind wat hul klante
se perspektief is,
groepsbesprekings/terugvoering kan gehou word om die klant by hierdie
kwessie te betrek.
{Oorweeg enige ander relevante punt oor die finansiële perspektief.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 20 van 25
VRAAG 5
5.1 5.1.1 Noem TWEE nieversekerbare risiko's.
Prysskommelings weens tydsverloop.
Handelsvoorraad wat verouderd raak weens veranderings in die mode.
Tegnologiese veranderings wat masjinerie en toerusting verouderd maak.
Onwettige handelinge.
Verliese gedek weens oorlog.
Die moontlikheid van slegte skuld.
Resessie, wisselkoers
5.1.2 Noem en bespreek die vereistes vir 'n geldige versekeringskontrak.
(a) Versekerbare belang
Versekerbare belang beteken dat die versekerde moet kan bewys dat
hy/sy finansieel 'n verlies sal lei indien die voorwerp wat verseker is
vernietig of beskadig word. Die persoon of objek in gevaar vorm die
basis van die kontrak.
Die volgende is voorbeelde van versekerbare belang:
‒ 'n Persoon het 'n versekerbare belang in sy eie lewe en gesondheid.
‒ Vennote het 'n versekerbare belang in die lewens van medevennote.
‒ 'n Krediteur het 'n versekerbare belang in die lewe van sy debiteur.
‒ 'n Getroude persoon het 'n versekerbare belang in die lewe van die gade.
‒ 'n Persoon het versekerbare belang in sy eie eiendom
(b) Goeie trou/absolute eerlikheid
Die versekerde moet aan die versekeraar alle relevante inligting wat die
risiko kan affekteer, bekendmaak.
Alle vrae wat deur die versekeraar gevra word, moet eerlik en akkuraat
beantwoord word, anders sal die polis nietig verklaar word.
(c) Handelingsbevoegdheid
Die persoon wat die versekeringskontrak sluit moet by sy/haar volle
verstand en meerderjarig wees.
(d) Voorneme om te bind
Die partye tot die kontrak moet ernstig wees oor waartoe hulle in die
kontrak ooreenkom.
(e) Uitvoerbaar
Redelike voorwaardes waaraan voldoen moet word, moet by die kontrak
ingesluit wees.
(f) Verpligting
Albei partye moet duidelikheid hê oor wat van hulle in die kontrak
verwag word.
(g) Regtens bindend
Die kontrak moet 'n regsoogmerk hê. Mens kan nie 'n kontrak sluit oor
iets wat onregmatig is nie.
{Oorweeg enige ander relevante vereistes vir 'n geldige versekeringskontrak.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 21 van 25
5.1.3 Bespreek TWEE voordele verbonde aan Mr Price wat versekering en
lewensversekering aanbied.
Die versekerde kan sommige van die risiko's na die versekeringsmaatskappy
oordra wat dan vrywaring verskaf, bv. Bedrieglike transaksies indien die Mr
Price kaart verloor of gesteel is – Verlorekaartbeskerming.
Lewensversekering wat uitgeneem word (Klantbeskermingsplan) verseker dat
die kaarthouer nie finansiële verliese ly indien die versekerde ongeskik raak, aan
'n kritieke siekte ly, vir meer as 14 opeenvolgende dae gehospitaliseer word of
dat sy/haar afhanklikes nie 'n bykomende finansiële verpligting moet dra nie
indien hy/sy te sterwe kom.
360°-beskermingsplan – die versekerde ontvang R10 000 dekking in geval van
dood, aflegging, sekere kritieke siektes en hospitalisasie vir meer as 14
opeenvolgende dae.
Bestuurder- of passasiersdekking – die versekerde sal tot R50 000 dekking vir
dood deur 'n ongeluk en R75 000 permanente ongeskiktheidsdekking kry indien
hy/sy die bestuurder of passasier in 'n motorvoertuig is.
Kritiekesiekte-en-hospitalisasieplan dek sekere kritieke siektes en hospitalisasie
(voorwaardes is van toepassing).
Gesinsbegrafnisplan help die versekerde om uitgawes te dek van 'n begrafnis vir
hom/haar of geliefdes.
Kandidate hoef nie detail te gee nie – eenvoudig dat sulke versekering
gebied word en in die bespreking aandui dat dit voordelig is.
{Oorweeg enige ander relevante voordeel van versekering.}
5.1.4 Beskryf hoe die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes (WVBS)
die risikobestuursprogram by Mr Price beïnvloed.
Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes vereis dat werkgewers
vergoeding namens hul werknemers uitneem
om werknemers teen beserings of dood by die werk te beskerm.
WVBS beskerm die werkgewer teen eise wat teen hom/haar deur die werknemer
gemaak word.
Vergoeding word aan die werknemers of sy/haar familie verskaf
in geval van die werknemers wat nie kan werk nie weens 'n ongeluk terwyl by
die werk is.
Mediese uitgawes en verlies van inkomste word ook gedek.
Indien dit 'n ernstige ongeluk is en die werknemer ongeskik is,
kan hy/sy ook voordele eis en indien hy/sy te sterwe kom,
kwalifiseer sy/haar afhanklikes vir vergoeding.
WVBS is nie van toepassing op militêre personeel, die polisiemag, huiswerkers
of tydelike werkers nie.
Die bedrag word jaarliks aan die Vergoedingskommissie betaal en is op die
werknemer se verdienste en die risiko wat met die beroep gepaardgaan, gegrond.
{Oorweeg enige ander relevante punt oor WVBS.}
5.1.5 Verduidelik hoe elk van die volgende konsepte op 'n versekeringskontrak van
toepassing sal wees.
(a) Bybetalingsklousule:
'n Bybetaling is die bedrag van elke eis wat nie deur die polis gedek word
nie.
Die bybetalingsbedrag word in die versekeringspolis gespesifiseer.
Die versekerde sal die eerste (bedrag) wat in die kontrak aangedui is,
moet betaal.
{Oorweeg enige ander relevante feite oor die bybetalingsklousule.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 22 van 25
(b) Premie:
Dit is die bedrag wat die versekerde aan die versekeringsmaatskappy sal
betaal om die spesifieke risiko wat die versekerde sal ly, te vergoed/dek.
Die premie wat gevra word, sal afhang van die risiko wat gevrywaar
word, bv. Die aard van die produk (ontvlambaar of onontvlambaar in die
geval van brandversekering).
Nog 'n faktor wat die premie beïnvloed, is die waarde van die versekerde
item. Die versekerde sal dokumentasie van die huidige markwaarde van
die item moet verskaf.
{Oorweeg enige ander relevante feite oor die premie in 'n versekeringskontrak.}
5.2 Mr Price Groep Bpk. Kan voor tegnologiese uitdagings te staan kom. Beskryf in
hooftrekke TWEE van hierdie uitdagings en stel in elke geval voor watter strategieë
die Mr Price Groep kan gebruik om die uitdagings die hoof te bied.
Die uitdaging van aanlyn inkopies. Mr Price moet die nodige rugsteun hê om te verseker
dat die hele koopproses effektief gedoen word (bv. Ondersteuningspersoneel/-sagteware,
ens. ...)
Die uitdaging om voorraadopnames te doen wat akkuraat is. Die gebruik van
strepieskodes en om voorraadvolumes noukeurig dop te hou. Daar moet 'n proses wees
waar fisiese kontrole met elektroniese kontrole ooreenstem.
Toegang tot vertroulike inligting, bv. Klantbesonderhede en werknemerbesonderhede.
Daar moet wagwoordbeheermaatreëls wees en ander sekuriteitsmaatreëls om die
onwettige verkryging (kuberkrakery) van hierdie sensitiewe data te verhoed.
Om op hoogte te bly met veranderings in rekenaarhardeware en –sagteware. Maak seker
jou IT-afdeling het die finansiële/mannekraghulpbronne om 'n effektiewe en
doeltreffende diens aan die hele organisasie te verskaf.
{Oorweeg enige ander relevante tegnologiese uitdagings waarvoor Mr Price te staan kan
kom.}
5.3 Bespreek, met behulp van voorbeelde, hoe beplanning, delegering en kommunikasie
daartoe kan lei dat Mr Price 'n mededingende voordeel in die mark het.
(a) Beplanning:
Elke besigheid moet beplan om te verseker dat handelinge op die
gewenste uitkoms toegespits is.
Die plan moet opgestel word met die doel om die doelwitte en doelstellings van
die besigheid te bereik,
maar die plan moet buigsaam en aanpasbaar volgens omstandighede wees.
Die volgende is moontlike stappe wat gedurende die beplanningsproses gedoen
kan word:
− Verstaan en omskryf die probleem
− Kry al die relevante inligting
− Ontleed die inligting en oorweeg alle moontlike gebeurlikhede
− Besluit op 'n plan van aksie, maar oorweeg alternatiewe planne
(gebeurlikheidsplanne)
− Implementeer die plan sorgvuldig en
− volg op om seker te maak die plan is geslaagd; indien nie, implementeer
regstellende aksie.
Beplanning in die besigheid vind op verskillende bestuursvlakke plaas:
Die topbestuur is vir die algehele, langtermyn- strategiese sakeplan
verantwoordelik,
insluitend die visie, missie, doelstellings en strategieë vir die hele besigheid.
Die middelbestuur formuleer taktiese planne,
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 23 van 25
wat die verkryging van hulpbronne wat die afdelings nodig het wat hulle beheer,
behels, naamlik die Finansiële afdeling, Bemarkingsafdeling, Produksie-afdeling,
Menskapitaalafdeling, ens.
Die middelbestuur is vir mediumtermynbeplanning verantwoordelik en
moet verseker dat laer vlakke van bestuur gelei word om hul daaglikse
beplanning met die van die middelbestuur in ooreenstemming te bring.
Laer bestuur is daagliks in beheer van beplanningswerkskedules en -programme.
{Oorweeg enige ander relevante feite oor BEPLANNING.}
(b) Delegering:
Delegering is nodig ten einde die werkslading van senior werknemers te
verminder en
om 'n sinvoller verdeling van take en verantwoordelikhede te bereik.
Die bestuurder sal pligte,
gesag en
verantwoordelikhede aan ondergeskiktes delegeer.
Die persoon aan wie die take gedelegeer word, moet die nuwe take kan verrig en
kan bykomende opleiding nodig hê om hom/haar te bemagtig.
Dit is ook belangrik om te onthou dat wanneer verantwoordelikhede gedelegeer
word, die werker ook gemagtig word om situasies te hanteer wat uit die
bykomende verantwoordelikheid spruit.
Beide die werknemer en die bestuurder wat die verantwoordelikheid gedelegeer
het, sal toerekenbaar gehou word vir die gehalte van die werk wat gedoen is.
{Oorweeg enige ander relevante feite oor DELEGERING.}
(c) Kommunikasie:
Kommunikasie verwys na die oordrag en
ontvangs van idees en gesindhede
tussen die bestuur en werkers,
maar ook tussen die besigheid en eksterne groepe,
soos die media, verskaffers, klante en die regering.
Sonder goeie, duidelike kommunikasie is dit nie moontlik om verhoudings met
hierdie verskillende belanghebbendes te bou nie.
Kommunikasie verseker koördinasie van aktiwiteite in die besigheid
deur werkers te laat weet presies wat van hulle verwag word.
Aan die ander kant, duidelike kommunikasiekanale stel werkers (of eksterne
belanghebbendes) in staat
om die bestuur oor probleme en idees in te lig.
Behoorlike kommunikasie kan help om die algehele prestasie van die besigheid
te verbeter
omdat die betrokke persone oor sekere feite ingelig is indien en
wanneer (of voordat) hulle die inligting nodig het.
{Oorweeg enige ander relevante feite oor KOMMUNIKASIE.}
5.4 5.4.1 Lys DRIE gevalle uit die uittreksel wat aandui dat mannekragbestuur tot
voordeel van Mr Price is.
Ontwikkeling en behoud van "eie" talent of ontwikkeling van interne werwing.
Om 'n lae personeelomset op senior bestuursvlak te hê.
Voorindiensnemingsassessering wat streng is.
Werwing, keuring, sifting, ontwikkel personeel, mentors, tydsbestuur,
opleidingsprogramme, vaardigheidstoetse (numering en geletterdheid).
{Oorweeg enige ander relevante punt uit die gegewe uittreksel.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 24 van 25
5.4.2 Hoekom is dit 'n voordeel vir Mr Price om 'n lae personeelomset te hê?
Die besigheid is van goeie personeelmoreel verseker.
Dit is 'n aanduiding dat personeel gelukkig met hul werksomstandighede is.
Die besigheid sal laer werwingskoste of koste gekoppel aan die MH-afdeling hê.
Minder opleiding sal nodig wees, aangesien daar minder nuwelinge is wat by die
besigheid aansluit.
Die besigheid het tyd en geld om aan ander kwessies te spandeer wat die
menslikehulpbronafdeling raak – en hoef nie op nuwelinge te konsentreer nie.
Dit verskaf aan die besigheid 'n goeie beeld/reputasie wat tot die besigheid se
voordeel gebruik kan word.
Beter moraal, meer produktiwiteit, minder konflik, meer geld vir opleiding a.g.v.
minder induksiekostes.
{Oorweeg enige ander relevante voordeel om 'n lae personeelomset te hê.}
5.4.3 Bespreek TWEE metodes wat Mr Price kan gebruik om die effektiwiteit van
hul Menskapitaalafdeling te evalueer.
Die besigheid kan 'n vraelys gebruik en dit aan departementshoofde en
werknemers gee. Oorweeg die terugvoering wat deur albei partye gegee word en
ontleed die sukseskoers van die afdeling om doelstellings te bereik.
'n Een-tot-een-onderhoud om inligting/data oor die doeltreffendheid van die
afdeling om met die res van die organisasie te skakel, in te samel. Dit stel die
onderhoudvoerder in staat om insette te hê in watter vrae gevra word en
geloofwaardigheid aan die inligtingsinsamelingsproses te verleen.
Die bestuur kan groepsbesprekings bywoon of daaraan deelneem. Dit sal hulle in
staat stel om eerstehands te sien of die afdeling doeltreffend bestuur word.
Mr Price kan die doeltreffendheid van die MH-afdeling teen norme in die bedryf
meet. Kyk na gebiede van onder- of oorprestasie.
Die besigheid kan die 360°-beoordelingstelsel gebruik – fokus op
werknemerprestasie in die afdeling en die baie komponente wat 'n invloed op sy
sukses kan hê.
Meet afwesigheidsvlakke, personeelevaluering.
{Oorweeg enige ander relevante metodes.}
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 25 van 25
5.5
"Daar is 'n algemene persepsie dat alle leiers ook bestuurders moet wees,
aangesien dit die mededingende voordeel van die besigheid sal verhoog."
Mark Zuckerberg, stigter van Facebook.
[Aangepas en vertaal uit: <http://www.cpiworld.com/knowledge-center/blog/are-hr-departments-becoming-
obsolete-what-hr-professionals-need-to-know>, November 2015 afgelaai]
Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord.
Oorweeg die kandidate se argument ter ondersteuning van hul antwoord.
Leierskap vs. bestuur – moontlike argumente
Baie is al geskryf oor die verskil tussen 'n bestuurder en 'n leier en of dit enigsins moontlik
is om tussen die twee te onderskei.
Een van die omskrywings wat dikwels gebruik word om tussen die twee te onderskei, is:
'n Bestuurder word in 'n gesagsposisie aangestel wat hom/haar in staat stel om daarop
aan te dring dat mense doen wat hy/sy beveel.
'n Leier het die kundigheid om mense bewus te maak van die voordele om 'n sekere
handelswyse te volg, en sodoende 'n begeerte by mense skep om hom/haar te volg om 'n
gemeenskaplike doel te bereik.
In sy boek, On becoming a leader, het Warren Bennis 'n lys van die verskille tussen 'n
bestuurder en 'n leier saamgestel. 'n Paar hiervan is:
Bestuurder Leier
Die leier ontwikkel nuwe metodes om dinge
Die bestuurder hou stelsels in stand
te doen
Die bestuurder fokus op stelsels en struktuur Die leier fokus op mense
Die bestuurder maak op beheer staat Die leier inspireer vertroue
Die bestuurder aanvaar die status quo Die leier daag die status quo uit
Ideaal gesien, vir 'n bestuurder om suksesvol te wees, moet hy/sy ook 'n leier wees.
Dit is nie meer van pas om vir mense te sê, "omdat ek so sê" nie.
Baie min mense reageer goed om "bestuur" te word,
terwyl die meeste werknemers iemand respekteer wat elke individu se sterk punte en
die bydrae wat elkeen lewer, erken.
Die bestuurder sal beter toegerus vir sy/haar taak wees indien hy/sy
entrepreneurseienskappe ontwikkel.
Dieselfde beginsel is van toepassing: 'n goeie bestuurder sal seker maak hy/sy is ook 'n
leier.
Die vraag kan beantwoord word vanuit ʼn positiewe (JA), negatiewe (NEE) of neutrale
standpunt (BEIDE kante van die saak word verdedig)
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2016
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga

Memorandum
KZN Business Studies Grade 12 September 2024 P2 and Memo hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
BUSINESS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
Memorandum
Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers hlayiso.com

Question paper
BSTD P1 QP AFR JUNE 2024

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP JUNE2023 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans hlayiso.com
More from Grade 12 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies P2 (Afrikaans) June 2025 Possible Asnwers

Question paper
Business Studies P1 Nov 2025 Afr
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Gr 12 Business Studies P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper hlayiso.com

Memorandum
Business Studies NSC P1 MEMO May June 2024 Limpopo hlayiso.com

Memorandum