Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II
NASIENRIGLYNE
Tyd: 2 uur 100 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning van detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees van die toepassing van die
nasienriglyne.
Die volgende aspekte sal in aanmerking geneem word wanneer punte in hierdie
vraestel toegeken word:
• Formaat:
− Die KORREKTE formaat vir elke vraag moet gebruik word, m.a.w.
besigheidsverslag.
− Waar van toepassing, sluit 'n inleiding en gevolgtrekking in.
− Gebruik opskrifte en onderopskrifte waar toepaslik.
• Terminologie: korrekte besigheidsterminologie moet gebruik word.
• Inhoud: moet voldoende wees om alle aspekte van die vraag te dek.
• Stawing: motivering vir stellings wat gemaak is.
• Toepassing op gevallestudie/konteks/tema.
• Kreatiewe probleemoplossing eerder as net weergee van teoretiese feite.
• Sintese en logiese vloei.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Business Studies Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Business Studies · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 25
- File size
- 373.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 25
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 25
VRAAG 1
Feitepunte word toegeken soos per rubriek vir:
• Noem
• Verduideliking/stawing/motivering
• Voorbeelde
• Strategieë om probleme op te los
• Aktuele sake
• 10 Addisionele feite – moet waarde toevoeg tot die bespreking/argument
Organisatoriese prestasie
Voordat 'n mens die probleme in die besigheidsomgewing oorweeg en die strategieë wat
geïmplementeer kan word om die impak van probleme op die prestasie van die
besigheid uit te skakel of te verminder, is dit belangrik om te kyk na wat die
besigheidsomgewing behels.
Met die makro-omgewing is eksterne besigheidsinvloede geïdentifiseer met behulp van
'n PE²STLE-analise:
• Politieke faktore
• Ekonomiese faktore
• Etiese faktore
• Sosiale/sosio-ekonomiese faktore
• Tegnologiese faktore
• Regsomgewing
• Omgewingsfaktore
Porter se model van ses kragte is gebruik om die markomgewing en die invloede van
verskeie rolspelers in die markomgewing te bekyk:
• Vlak van wedywering/krag van mededingers
• Bedreiging van nuwe toetreders
• Beskikbare plaasvervangerprodukte
• Mag van kopers
• Mag van verskaffers
Die mikro-omgewing sluit die agt besigheidsfunksies in:
• Aankope-afdeling
• Produksie-afdeling
• Finansiële funksie
• Menslike Hulpbronne/Menslike kapitaalfunksie
• Bemarkingsafdeling
• Openbare betrekkinge
• Administratiewe funksie
• Algemene bestuur
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 25
Die belangrikheid van kreatiewe denke en probleemoplossingstegnieke om
strategieë te identifiseer wat die algehele prestasie van die besigheid kan verbeter.
• Om probleme in 'n besigheidskonteks op te los, moet 'n mens soms kreatief wees en
nie net "uit die boks dink" nie, maar "dink asof daar geen boks is nie"! Met ander
woorde, om nuwe probleme op te los, is dit nie goed genoeg om ou oplossings te
gebruik nie.
• Kreatiewe denke in hierdie konteks kan gedefinieer word as "die identifisering van 'n
probleem waarvan die verbruiker nog nie eens bewus is nie en 'n manier om die
probleem op te los".
• Die doel daarvan om kreatiewe oplossings vir besigheidsverwante probleme te vind, is
om 'n mededingende voordeel vir die besigheid te skep en in stand te hou. In die
vinnig veranderende wêreld van vandag word produkte se lewensiklusse egter korter
en daarom moet die besigheid voortdurend aanpas om te verseker dat die kliënt se
behoeftes bevredig word.
Verskillende kreatiewe denke en probleemoplossingstegnieke wat gebruik kan word
om strategieë te ontwikkel wat die prestasie van die besigheid kan verbeter.
Voordele en Nadele Tabel
• Hierdie tegniek help die bestuurder om 'n besluit te neem, gebaseer op die voor- en
nadele van 'n spesifieke opsie, byvoorbeeld:
Bekendstelling van 'n Kitskos Interne Handelsmerk
VOORDELE NADELE
• Bied kliënte 'n wyer keuse • Het nie werknemer se kennis met hierdie
• Kan meer kliënte lok kennisbasis nie – koste van die aanstelling
van 'n addisionele werker
• Moet meer ruimte skep
• Wanneer die voordele en nadele noukeurig oorweeg of opgeweeg word, kan 'n besluit
geneem word. Die besluit wat geneem word, kan verander as omstandighede op 'n
latere stadium verander.
Besluitboom
• 'n Besluitboom is 'n visuele voorstelling (amper soos 'n vloeidiagram) van verskillende
uitkomste vir 'n enkele gebeurtenis. Dit help die besluitnemer om na verskillende
opsies en die gevolge van elkeen te kyk.
Waardekettingontleding
• In 'n besigheidsomgewing moet die konsep van waardetoevoeging vir die kliënt die
doel wees, want 'n besigheid het tevrede kliënte nodig om suksesvol te wees.
• In 'n vervaardigingsomgewing is dit maklik om te sien hoe en wanneer waarde
toegevoeg word. Volg net die proses van grondstowwe (insette) wat in 'n waardevolle
produk (uitset) omskep word. In ander gevalle kan dit egter moeiliker wees om die
toegevoegde waarde te sien wanneer 'n diens gelewer word, d.w.s. mense gebruik
tyd, kennis en stelsels (insette) om dienste (ontasbare uitvoering) vir die kliënt te skep.
• As 'n mens in gedagte hou dat daar interne kliënte (mede-werkers of die baas) en
eksterne kliënte is, is dit belangrik om na die hele besigheidsproses te kyk om te
bepaal waar waarde op 'n koste-effektiewe wyse toegevoeg word om die gehalte van
die produk of diens gelewer, te verhoog.
• Daar word aanvaar dat as 'n besigheid betrokke is by iets wat nie sy kernbesigheids-
krag is nie, sal daardie spesifieke aktiwiteit waarskynlik nie waarde toevoeg tot die
besigheidsproses nie. In so 'n geval is dit dalk beter om die diens uit te kontrakteer.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 25
Die Delphi-tegniek
• Hierdie tegniek word gebruik as 'n metode om die menings van kundiges oor 'n
spesifieke onderwerp te verkry, sonder om noodwendig van aangesig tot aangesig met
hulle te praat. Om nie die opsie van raadgewende kundiges te oorweeg nie, word
dikwels verkeerdelik beskou as 'n kostebesparingsmaatreël.
• Die werklike rede waarom kundiges geraadpleeg word in 'n situasie waarin hulle met
mekaar kommunikeer, maar anoniem bly, is om 'n situasie te voorkom waar
subjektiwiteit en persoonlike menings verhoed dat lede van die groep hul menings/
aanbevelings krities uitdruk.
• Inligting word ontleed en aan die paneel oorgedra vir 'n tweede rondte besprekings.
Die paneel kry dan die geleentheid om hul gevolgtrekkings te hersien op grond van die
terugvoering wat deur al die paneellede gegee word, behalwe dat elke bydraer van die
paneel streng anoniem bly. Dit help om 'n situasie te voorkom waar die paneellede
beïnvloed word deur mekaar se teenwoordigheid of insette, of waar hulle eenvoudig
saamstem (met die res van die paneel) om te voorkom dat hulle "dom" lyk
(groepdenke).
Hulpbrongebaseerde benadering
• Die hulpbrongebaseerde benadering tot probleemoplossing bepaal dat die besigheid
moet uitvind watter hulpbronne van strategiese belang vir die besigheid is. Dit is die
hulpbronne wat die besigheid kan help om 'n mededingende voordeel in die mark te
skep.
• Wanneer 'n besigheid probleme ondervind, moet dit bepaal watter hulpbronne nodig is
om die probleem op te los, soos die beskikbaarheid en koste van die verkryging van
die bronne. As 'n skaars hulpbron benodig word en die besigheid het hierdie hulpbron
tot sy beskikking, kan dit die besigheid 'n mededingende voordeel gee. Byvoorbeeld:
Twee entrepreneurs poog om 'n hoender-kitskosbesigheid as toegevoegde waarde by
hul vulstasies te vestig. Die een koop 'n Nando's-franchise en die ander een nie.
Hierdie skaars hulpbron (kennis, kundigheid, ondersteuning van franchisegewer en
gevestigde handelsmerk) sal die Nando's franchisenemer die mededingende voordeel
gee.
• Hulpbronne kan tasbare en ontasbare elemente insluit. Tasbare hulpbronne kan
skaars grondstowwe, finansiële hulpbronne, grond en geboue (goeie ligging),
toerusting, ens. insluit. Ontasbare bates kan patente, 'n gevestigde handelsmerk,
vaardighede en 'n arbeidsmag met 'n goeie moraal en 'n reputasie van uitmuntende
kliëntediens, ens. wees.
• Afhangende van beskikbare hulpbronne en/of die koste om dit te verkry, kan
verskillende benaderings tot die oplossing van die probleem oorweeg word.
Gebalanseerde telkaart
• Die tradisionele gebalanseerde telkaart-benadering is deur Kaplan en Norton
ontwikkel. Die rede vir die ontwikkeling van die gebalanseerde telkaart is om die
sleuteluitkomste te beskryf wat die besigheid wil "meet" (evalueer) ten einde hierdie
uitkomste te verbeter.
• Die gebalanseerde telkaart dwing bestuur om op kwessies te fokus wat belangrik is
omdat hulle waarde in en vir die besigheid skep. Planne en strategieë kan dan
ontwikkel word om die mededingende voordeel van die besigheid te skep/in stand te
hou/te verbeter.
• Die elemente van die (tradisionele) gebalanseerde telkaart wat gebruik word, is
finansies, kliënte, interne besigheidsperspektief en 'n leer- en groeistandpunt. Pogings
word aangewend om te identifiseer en te beskryf hoe elkeen 'n kritieke rol in die
besigheid speel.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 25
− Die finansiële perspektief fokus op maksimum benutting van bates en
minimalisering van koste ten einde aandeelhouerswaarde te skep.
− Die kliënteperspektief fokus op hoe kliënte die besigheid beskou en wat hul
verwagtings mag wees.
− Die interne besigheidsperspektief is gefokus op innoverende produkte en
dienste, die bestuur van sake en maatskaplike beleggings om die besigheid te
verbeter.
− Die leer- en groeiperspektief kyk na hoe werknemers die besigheid kan verbeter
en waarde skep. Dit word gedoen deur ontasbare bates van die besigheid, soos
inligtingskapitaal (intellektuele eiendom) wat deur die mensekapitaal (werknemers)
ontwikkel word. Leierskap, aanspreeklikheid, kultuur en spanwerk is belangrike
komponente wanneer 'n kultuur van lewenslange leer en ontwikkeling tot stand
gebring word.
Strategieë/planne van aksie oor hoe 'n besigheid kan reageer op uitdagings
(tendense en krisisse) in die interne en eksterne besigheidsomgewings ten einde
die besigheid se mededingende voordeel te skep of te verdedig.
Om 'n strategie te formuleer wat reageer op veranderinge in die besigheidsomgewing, is
dit belangrik dat die bestuur gebeure in sowel die interne as eksterne
besigheidsomgewing deeglik monitor. Onthou:
• Interne omgewing: Agt besigheidsfunksies/afdelings word geëvalueer deur (onder
andere) SSGB (Sterktes, Swakpunte), die Hulpbrongebaseerde Benadering, die
Waardekettingontleding en Gebalanseerde Telkaart.
• Eksterne omgewing: Markomgewing (Porter se ses kragte) en makro-omgewing
(elemente van PE²STLE), sowel as bestuur en tegnologie in beide die mark- en makro-
omgewings.
Strategiese bestuur kan gedefinieer word as:
• Die topbestuur ontleed gebeure wat in die besigheidsomgewing plaasvind. Party
gebeure kan met verloop van tyd ontwikkel ('n tendens), terwyl ander gebeurtenisse 'n
verrassing (krisis) vir die besigheid is.
• Die besluite en optrede wat geneem word na aanleiding van die analise. Hierdie
besluite en optrede vorm dan die strategieë van die besigheid.
Om 'n suksesvolle strategiese plan van aksie te formuleer en te implementeer, sal die
bestuur die vraag vra: "Hoe kan ons 'n mededingende voordeel in die mark skep?" Om
hierdie vraag te beantwoord, is die eerste stap om 'n duidelike begrip te hê van:
• Wat is die visie en missie van die besigheid? Die visie is 'n verklaring van wat jou
organisasie wil word, terwyl jou missiestelling 'n beskrywing is van wat 'n organisasie
doen of die doel van die besigheid.
• Sodra die visie en missie geformuleer is, sal die besigheid die langtermyn- en
korttermyndoelwitte uiteensit. By die formulering van die doelwitte is die toekoms die
beginpunt. Die besigheid kan nie bekostig om slegs op toekomstige gebeure te
reageer wanneer dit plaasvind nie, maar moet "die toekoms afdwing/'n eie toekoms
skep". Dit word gedoen deur die huidige situasie in ooreenstemming te bring met wat
in die toekoms verlang word. Dit kan beteken dat hierdie besigheid dadelik moet
verander om "die toekoms te ontmoet voordat dit gebeur" deur dinge proaktief te
verander. Hierdie voorkomende benadering beteken dat die besigheid nie wag vir die
verandering om plaas te vind nie, maar om die verandering te inisieer wanneer dit as
'n geleentheid vir groei en ontwikkeling beskou word. Strategiese bestuur stel die
bestuurder in staat om dinge te laat gebeur, eerder as om dinge te sien gebeur of om
te besef dat die groter prentjie misgeloop is.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 25
• Sodra die doelwitte geformuleer is, word strategieë ontwerp en geïmplementeer om
die doelwitte te bereik. Alhoewel daar 'n verskeidenheid "formele strategieë" is (soos in
die volgende afdeling bespreek), kan 'n strategie gedefinieer word as enige plan van
aksie om die verlangde uitkoms te bereik.
Generiese strategieë:
• Laekoste-strategie
− Die mededingende voordeel wat deur 'n laekoste-strategie geskep word, is
gebaseer op die laagste koste in die bedryf. Om dít te bereik, moet die personeel
toegewyd wees om koste te bespaar. Dit kan bereik word as:
o die besigheid toegang tot goedkoop grondstowwe het (d.w.s. lae insetkoste).
o kostes deur doeltreffendheid verlaag kan word, deur massaproduksie-,
tegnologie- en herontwerp-aktiwiteite te gebruik (d.w.s. laekoste-vervaardiging).
o aktiwiteite wat nie kostevoordele bied nie, gestaak of uitgekontrakteer word om
koste te bespaar. Hierdie strategie werk die beste as daar 'n groot markaandeel
is, wat lei tot hoë omsetvolumes en dus hoë inkomste.
• Fokus (nismark)
− Die gebruik van 'n fokusstrategie om 'n mededingende voordeel te ontwikkel,
beteken dat alle pogings gerig is op 'n spesifieke marksegment, gebaseer op
geografie, kultuur, ouderdom, stokperdjies of enige ander kriteria wat 'n unieke
groep kliënte in die mark geskep het. Hierdie unieke groep sal ander behoeftes as
die res van die teikenmark hê. Kliënte moet spesifieke voorkeure hê waarvoor daar
voorsiening gemaak word. Hierdie nismark word die fokus en bied geleenthede vir
die besigheid, want dit word dikwels deur mededingers oor die hoof gesien of as
"nie die moeite werd nie", beskou. Die nis moet groot genoeg wees of
groeipotensiaal hê om dit waardevol te maak.
o Om die suksesvolle implementering van 'n fokusstrategie te bereik, moet die
besigheid deskundige kennis van die nismark hê en die vermoë om die
produkte vir hierdie marksegment te ontwikkel.
• Differensiasie
− Alle pogings is daarop gemik om 'n unieke produk/diens te lewer wat kliëntelojaliteit
sal verseker, aangesien dit die besigheid die geleentheid bied om 'n premieprys te
hef. Die uniekheid kan gebaseer wees op faktore soos:
o kwaliteit (werklik of veronderstel deur handelsnaam, beeld, ens.)
o na-verkope ondersteuning
o produkeienskappe
o verspreiding of bemarkingspogings
o Om die besigheid se mededingende voordeel op 'n differensiasiestrategie te
kan baseer, moet dit vir mededingers moeilik wees om te kopieer. Die sleutel tot
'n suksesvolle differensiasiestrategie is die voortdurende herontwikkeling van
produkte en/of dienste om op hoogte te bly van veranderings in die omgewing.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 25
Korporatiewe strategieë:
• Korporatiewe kombinasie
− Daar is verskillende opsies wanneer 'n korporatiewe kombinasiestrategie
geïmplementeer word:
o 'n Gesamentlike besigheid kom tot stand wanneer twee of meer besighede 'n
ooreenkoms aangaan om hulpbronne te kombineer en sodoende die
funksionering van albei besighede te verbeter. Engen-vulstasies sluit
byvoorbeeld 'n ooreenkoms met Woolworths Food om vir Woolworths ruimte in
die Engen-winkel te skep om Woolworths-produkte te verkoop. Op hierdie
manier kan mense besluit om by Engen stil te hou wanneer hulle brandstof wil
ingooi en middagete koop, want dit bied hulle die geleentheid om albei aktiwiteite
gelyktydig op EEN plek te doen. Dieselfde geld vir Engen en Wimpy wat 'n
perseel deel; albei besighede baat deur hulpbronne te deel (perseel).
Afname/Defensiewe strategieë
Wanneer 'n besigheid besluit om sy bedrywighede of sommige van die produkte af te
skaal of te verminder, volg dit 'n defensiewe- of afnamestrategie.
• As 'n besigheid besluit om 'n afleggingstrategie te volg, verminder dit die grootte van
die besigheid of die verskeidenheid produkte/dienste wat verkoop word. Dit word
gedoen om uitgawes te verminder en sodoende die finansiële posisie van die besigheid
te verbeter. Skeiding is deel van 'n afleggingstrategie en behels dat die besigheid
sommige van sy bedrywighede verkoop omdat bates wat in hierdie bedrywighede
aangewend word, onderbenut word en die finansiële prestasie van die besigheid
belemmer. As Shell besluit het om al hul brandstoftenkwaens te verkoop, sou dit 'n
voorbeeld van skeiding gewees het. (Let wel, dit gebeur nie, dis net 'n voorbeeld!)
• As 'n besigheid bankrot is, lei dit tot likwidasie. Dit beteken dat alle bates verkoop word
om vir die skuld van die besigheid te betaal, en die besigheid hou op om te bestaan.
Groei
Wanneer 'n groeistrategie geïmplementeer word, is die doel om die besigheid se omset
en verkoopsvolume te laat groei.
Markpenetrasie: Die bestaande mark Produkontwikkeling: Dit behels om 'n nuwe
en bestaande produkte word gebruik produk vir 'n bestaande mark aan te bied.
om uit te brei. 'n Besigheid kan Toe internetbankdienste die eerste keer
verskillende taktieke gebruik om dit te bekendgestel is, was dit 'n voorbeeld van
bereik. Om laer pryse of meer produkontwikkeling. Daar was alreeds 'n
intensiewe verspreiding te bied, kan bankmark, maar die eerste bank wat kliënte
Nuwe MARK Bestaan
bestaande verbruikers van 'n bestaande 'n produk gebied het om hul banksake op 'n
produk oortuig om nuwe manier te doen, sou kliënte van
oor te skakel. mededingers lok en sodoende die besigheid
uitbrei. Maar sodra mededingers die "unieke"
konsep van internetbankdienste gekopieer
het, was die mededingende voordeel verlore.
Markontwikkeling: Toe Pick n Pay Diversifikasie: Die besigheid betree 'n nuwe
besluit het om uit te brei na BP mark met 'n nuwe produk. Dit beteken nie
Vulstasies waar die konsep van dat die mark of produk glad nie bestaan nie,
kleinhandelaars nog nie gevestig was net dat hierdie besigheid nog nooit hierdie
nie, is 'n bestaande produk produk aan hierdie mark verkoop het nie en
(voedselkleinhandel) na 'n nuwe mark dit nou doen om die besigheid te laat groei.
geneem.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 25
Ander moontlike strategieë om die algehele prestasie van die besigheid te verbeter:
• Hersien besigheidsmissie en/of hersien doelwitte
− Soos reeds gesê van die missieverklaring: Dit is 'n beskrywing van wat die
besigheid doen of die doel wat die besigheid dien. As die besigheid produkte lewer
wat verbruikers nie meer wil hê nie, is dit tyd om die besigheidsmissie te hersien. 'n
Besigheid wat beplan om sy missie te hersien nadat die verbruikersvraag reeds
verander het, het te lank gewag.
− In die vinnig-veranderende wêreld waarin ons leef, kan geen besigheid bekostig om
te wag om te sien wat die toekoms inhou nie. Die bestuur moet proaktief wees in
die benadering tot moontlike veranderings in die mark en dan die missie en
doelwitte van die besigheid in ooreenstemming bring met wat in die toekoms
verlang word. Die besigheid sal dadelik die missie en doelwitte moet hersien, om
"die toekoms te ontmoet voordat dit gebeur".
• Ken hulpbronne anders toe
− Hulpbronne in die besigheid verwys na werknemers, geld, toerusting, tyd, grond-
stowwe en selfs vaardighede. Hulpbronne moet toegewys word waar dit die
produktiefste is, met ander woorde waar dit die grootste mededingende voordeel
skep en die meeste winste genereer.
− As die besigheid besluit het om die missie en doelwitte te hersien, sal dit moet
heroorweeg hoe hulpbronne in die besigheid toegewys word. En as hulpbronne
toegewys word aan 'n taak wat nie waarde toevoeg nie, moet dié taak uitgekontrak-
teer of beëindig word, sodat die hulpbronne toegewys kan word aan 'n meer
produktiewe deel van die besigheid se bedrywighede.
• Totale Gehaltebestuur (TGB) en Totale Kliëntetevredenheid
− Geen besigheid sal oorleef as dit nie kliënte tevrede hou nie. TGB is 'n proses waar
almal in die besigheid daaraan toegewy is om na te dink oor hoe alle optredes 'n
impak het op die gehalte van alle take en algehele kliëntetevredenheid.
− Dit is belangrik om daarop te let dat kliëntetevredenheid ook betrekking het op
interne kliënte, soos die volgende voorbeeld illustreer: Die kliënte van die
opleidingsafdeling is al die werknemers wat in die besigheid opgelei is (dit wil sê 'n
interne kliënt). As die opleidingsdepartement nie die filosofie van TGB volg nie, sal
werknemers nie die nodige kennis hê om hul werk te doen nie, en die moraal kan
laag wees omdat werknemers nie bemagtig voel om hul werk te doen nie. Dit sal
produksie, bemarking en alle ander afdelings van die besigheid waar hierdie
werknemers werk, beïnvloed.
− Om die gehalte van 'n produk of diens te bepaal, kan inspeksies uitgevoer word.
Inspeksies verwys na die proses van meting, ondersoek of toetsing van die produk
of diens, of een of meer komponente daarvan. Die resultate word vergelyk met
voorafbepaalde spesifikasies om te bepaal of die kwaliteit aanvaarbaar is of nie.
Inspeksies kan ook uitgevoer word deur te kyk na elke produk/diens wat gelewer
word. Steekproefneming is 'n statistiese metode van kwaliteitsbeheer waar 'n
sekere aantal items uit die algehele produksiestel getoets word. As die getoetste
monsters van 'n sekere gehalte is (aanvaarbaar of nie), kan daar aanvaar word dat
alle items van dieselfde gehalte sal wees.
− Onthou dat die besigheid slegs kwaliteit kan verbeter as daar bewustheid is dat iets
nie reg is nie. Dit is dus in die besigheid se belang om kliënte se terugvoering te kry
en daarop te reageer sodat die kwaliteit van die produk en/of die diens kan
verbeter.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 25
• Normstelling
− Normstelling is wanneer die besigheid kyk na wat die "beste praktyk" in die bedryf
is. Dit behels die meting van die besigheid se huidige prestasie teen die standaard
wat dit moet behaal (beste praktyk). As die besigheid onderpresteer, word stappe
geïmplementeer om hierdie onderpresteringsgaping (tussen hoe dit gedoen word
en hoe dit gedoen moet word) te verklein of uit te skakel.
• Finansiële verhoudings
− Solvensie, opbrengs op belegging/winsgewendheid en likiditeit ressorteer onder die
finansiële funksie. Hierdie aanwysers kan gebruik word om 'n strategie/aksieplan
op te stel om die funksie van die besigheid te verbeter.
• Prestasiebeoordelings (360°) en selfevaluering
− Prestasiebeoordeling is 'n instrument wat gebruik word om werknemers se
prestasie te beplan, te evalueer en te verbeter.
− Dit is 'n beplanningsinstrument omdat die werknemer en sy/haar bestuurder tydens
die prestasiebeoordeling prestasieteikens bespreek en daaroor ooreenkom.
− Dit is 'n evalueringsinstrument omdat die werknemer by die volgende evaluering
sy/haar prestasie self beoordeel, terwyl die bestuurder ook die werknemer se
prestasie evalueer. Insette kan selfs van ander relevante partye versoek word by
wie die werknemer betrokke is terwyl die werk verrig word. Dit kan kliënte,
verskaffers, eweknieë en ondergeskiktes insluit. Dit word 'n 360°
prestasiebeoordeling genoem.
− Dit is 'n terugvoeringinstrument omdat die bereiking (of nie) van doelwitte bespreek
word en aksieplanne ontwikkel word om probleme op te los. Indien van toepassing,
word bevorderingsgeleenthede en loopbaanmoontlikhede ook bespreek.
• Deurlopende Vaardigheidsontwikkeling
− Ons leef in 'n tyd waar kennis die belangrikste bate vir enige besigheid is. Die
besigheid moet daarna streef om 'n kultuur te skep waar werknemers voortdurend
groei en leer, want dit sal voortdurende verbetering in die funksionering van die
besigheid tot gevolg hê. Sonder die voortdurende ontwikkeling van werknemers se
vaardighede sal die besigheid ernstige probleme ondervind. Dink net hoe vinnig
dinge om ons verander. Nuwe tegnologie, veranderings in wetgewing, nuwe
produkte van mededingers of veranderings in die aanvraag van die kliënt, alles
noodsaak nuwe vaardighede van die personeel.
− Die besigheid moet leergeleenthede verskaf, maar die werknemer moet ook
verantwoordelikheid aanvaar vir sy/haar selfontwikkeling om hom/haar in staat te
stel om persoonlike doelwitte te bereik.
• Spanwerk
− Daar is 'n aantal redes waarom spanwerk belangrik is vir die sukses van 'n
besigheid:
o Spanwerk skep nuwe idees om die besigheid te verbeter.
o Spanlede kan mekaar mentor of eenvoudig 'n klankbord wees om idees te toets.
o Die gesamentlike spanpoging kan 'n besigheid maak of breek. Stel jou voor hoe
omgekrap 'n kliënt sal wees om te hoor dat die enigste persoon wat in staat is
om hom/haar te help, op verlof is.
o Daar is baie soorte intelligensie in 'n span en twee koppe was nog altyd beter
as een. Een persoon se krag kan vergoed vir 'n ander se swakheid.
o Spanwerk kan voorsiening maak dat werk verdeel word, waar elke persoon
fokus op wat hy/sy goed kan doen.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 25
VRAAG 2
Feitepunte word toegeken soos per rubriek vir:
• Noem
• Verduideliking/stawing/motivering
• Voorbeelde
• Strategieë om probleme op te los
• Aktuele sake
• 10 Addisionele feite – moet waarde toevoeg tot die bespreking/argument
Belegging
As 'n mens na verskillende beleggingsgeleenthede kyk wat beskikbaar is, kan dit soms
oorweldigend wees om te besluit watter beleggingsgeleentheid 'n persoon of besigheid
die beste pas. Bepaalde kriteria kan gebruik word om die geskikste beleggingsopsie op 'n
spesifieke tydstip te bepaal.
Die volgende kriteria sal gebruik word om elk van die beleggingsopsies te evalueer:
• Risiko
• Opbrengs op belegging
• Tydraamwerke
Risiko
• 'n Hoë risiko-belegging sal na verwagting 'n hoër opbrengs lewer MITS die belegging
slaag. 'n Hoë risiko-belegging kan ook 'n groot verlies tot gevolg hê as die belegging
misluk. Dit kan met 'n eenvoudige voorbeeld geïllustreer word. Iemand neem sy/haar
geld casino toe en verwed dit alles op "rooi" by die roulettetafel. As die balletjie op rooi
beland, kry die persoon 'n HOË opbrengs op die belegging. Daar is 'n gelyke risiko dat
die balletjie op "swart" kan beland; dan is al die geld verlore en daar is 'n NUL
opbrengs op die belegging.
• 'n Verdere idee wat met risiko verband hou, is die konsep van diversifikasie.
Diversifikasie beteken dat al die eiers nie in een mandjie gehou word nie. Gevolglik
word nie slegs EEN van die beleggingsopsies hieronder gebruik om alle reserwes te
bevat nie. 'n KOMBINASIE van hierdie beleggingsopsies word eerder gebruik om
risiko's oor verskillende bates te versprei.
• Die belegger het die opsie om die graad van risiko te kies, relatief tot die geskikste
beleggingsopsie vir hom/haar op daardie tydstip.
Opbrengs op belegging (OOB) kan beskryf word as 'n instrument om die
doeltreffendheid van die belegging te meet. Dit is 'n aanduiding van wat die belegger sal
verdien bo en behalwe die oorspronklike belegging.
Tydraamwerke (tydperk van belegging)
Hoe langer die beleggingstydperk wat vir die belegger beskikbaar is, hoe groter is die
risiko's wat die belegger kan bekostig om te neem. As iemand voorsiening vir sy/haar
aftrede wil maak en die persoon is tans 20 jaar oud, het hy/sy nog 45 jaar voor aftrede om
van moontlike verliese te herstel. As iemand egter reeds 50 jaar oud is en voorsiening vir
aftrede wil maak, is daar heelwat minder tyd voor die aftree-ouderdom; hierdie persoon
kan vanselfsprekend nie bekostig om te veel risiko's met sy/haar beleggings te neem nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 25
Beleggingsgeleenthede/instrumente:
Ekwiteite/(aandele):
Beskrywing
Ekwiteite staan ook bekend as aandele in 'n maatskappy. Party maatskappye is op die
JSE Bpk. genoteer (hierna net JSE genoem), terwyl ander maatskappye nie genoteer is
nie.
Wanneer ons ekwiteite of aandele oorweeg, gaan ons kyk na dié in genoteerde
maatskappye, want inligting oor die aandele se prestasie is deurentyd beskikbaar. As die
maatskappy nie genoteer is nie, sal dit inligting oor die finansiële prestasie van die
besigheid slegs aan aandeelhouers, banke, krediteure en die SAID verskaf – nie aan die
algemene publiek nie. Sonder hierdie finansiële inligting is dit onmoontlik om te bepaal of
die belegging aanvaarbare opbrengste gelewer het.
Die eienaars van aandele (ekwiteite) besit elk 'n gedeelte van die besigheid. Daar is twee
opsies/maniere om 'n aandeelhouer in 'n maatskappy te word wat op die JSE genoteer is:
• Die aandele is van die maatskappy aangekoop toe aandele die eerste keer uitgereik
is. Die persoon wat die aandele gekoop het, dra dus kapitaal tot die besigheid by.
• Die aandele is op die JSE gekoop van 'n vorige aandeelhouer. Die geld wat vir die
aandeel betaal word, gaan nie na die besigheid toe nie, maar na die persoon wat
sy/haar aandele verkoop het. Aandele wat op die JSE gekoop en verkoop word, het
geen impak op die kapitaal wat vir die besigheid beskikbaar is nie.
Risiko
• Die JSE (en ander aandelebeurse in die wêreld) het streng reëls vir maatskappye om
op die aandelebeurs te lys om beleggers te beskerm en (hopelik) die risiko van
belegging in hierdie genoteerde maatskappye te verminder. Ten spyte hiervan word
aandele steeds as 'n matige tot hoërisiko-belegging beskou.
• Voorkeuraandele (Blue chip-aandele) is aandele in eersteklas maatskappye op die
aandelebeurs en die risiko om aandele in so 'n maatskappy te verkry, is kleiner as om
aandele in 'n ander maatskappy te hê. Die OOB in hierdie eersteklas maatskappye is
gewoonlik hoër as in ander maatskappye.
• Beleggers neem gewoonlik 'n kleiner risiko's as mense wat met aandele spekuleer
(sien die bespreking onder tydraamwerk om die verskil tussen hierdie twee groepe
mense te verstaan).
Opbrengs op belegging (OOB)
By die evaluering van die OOB van aandele wat in 'n genoteerde maatskappy gekoop is,
is daar twee faktore wat tot die OOB bydra:
• Verhoging in aandeelprys
• Dividende
Aandeelhouers sal aandele in 'n maatskappy koop in die hoop dat
• die aandeelprys oor 'n tydperk sal styg (kapitaalgroei).
• goeie dividende genereer sal word. Dividende is die winste van 'n maatskappy wat
tussen die aandeelhouers verdeel word en nie in die hande van die aandeelhouer in
Suid-Afrika belas word nie.
• 'n kombinasie van bogenoemde plaasvind, aangesien dit gewoonlik meehelp om beter
as inflasie te presteer.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 25
Wat sal die prys van 'n aandeel op die aandelemark bepaal? Die antwoord op hierdie
vraag is eenvoudig: markkragte, of andersins bekend as vraag en aanbod. Soos met
enige ander kommoditeit wat ons koop, word die prys bepaal deur hoeveel mense die
produk (vraag) wil hê en hoeveel van die produk beskikbaar is (aanbod).
Die vraag wat nou beantwoord moet word, is: Wat bepaal die vraag en aanbod van 'n
spesifieke aandeel op die JSE? Hierdie antwoord is effens meer ingewikkeld. Die
volgende faktore sal almal die vraag na die aandeel beïnvloed en gevolglik ook die
aandeelprys. Dit beteken dat dit ook die algehele opbrengs van die aandeelhouers se
beleggings sal beïnvloed (OOB):
• Die vlak van vertroue in die toestand van die ekonomie. Wanneer die ekonomie goed
presteer, sal beleggers positief voel oor beleggings op die JSE en hulle sal gretig wees
om aandele (bulmark) te koop. As beleggers pessimisties is en verliese verwag, sal
hulle hul aandele verkoop (beermark).
• Staatsbeleid of nuwe wetgewing sal die algemene vertroue in die land se ekonomie en
dus die aandeelpryse beïnvloed. As daar byvoorbeeld bespiegel word oor
nasionalisering (die staat neem eienaarskap van private bates oor), sal aandeelhouers
hul aandele wil verkoop en die aandeelpryse sal daal.
• Bedryfsprestasie sal al die maatskappye wat in daardie bedryf gelys word, beïnvloed.
Party nywerhede kan aantrekliker vir beleggers wees as ander. As 'n bedryf onlangs
negatiewe publisiteit gehad het weens probleme (stakings, verouderde tegnologie) of
positiewe publisiteit as gevolg van komende gebeure (toerismebedryf sal baat vind as
'n wêreldbeker-geleentheid deur Suid-Afrika gewen word), kan die aandeelpryse in
daardie bedryf val of styg.
• Finansiële prestasie van die besigheid: verkope, winste, finansiële verhoudings soos
solvensie, likiditeit, opbrengs op belegging en verklaarde dividende. Hoe beter die
finansiële prestasie van die besigheid, hoe meer waarskynlik sal die maatskappy goeie
dividende verklaar en as gevolg hiervan sal die aandeelprys waarskynlik styg.
• Bestuur en die publiek se vertroue in die bestuurspan. Hoe groter die vertroue in die
bestuurspan, hoe groter sal die aanvraag wees vir die aandele en die aandeelpryse
sal styg.
• Maatskaplike kwessies rondom die maatskappy kan byvoorbeeld sy beeld insluit in
terme van omgewingsvriendelike vervaardigingsprosesse of die mate van
betrokkenheid by KMV. Dit kan óf 'n positiewe óf 'n negatiewe impak op aandeelpryse
hê.
• Regskwessies soos hangende regsgedinge of bewerings van prysvasstelling kan 'n
negatiewe uitwerking op die aandeelprys hê.
• Mediadekking verhoog openbare bewustheid van bogenoemde ontwikkelings,
waardeur bepaalde persepsies van die land, bedryf en/of maatskappy by beleggers en
potensiële beleggers geskep word; dit sal weer 'n direkte impak op aandeelpryse hê.
Tydraamwerk van die belegging
• Party mense verkies om hul geld in aandele te belê sonder 'n korttermyn behoefte om
groot kapitaalwins te verdien. Die belegger sal in voorkeuraandele belê waar
kapitaalgroei (toename in aandeelprys) op die langtermyn plaasvind, en waar
dividende wat uit die aandeleportefeulje verdien word, dikwels gebruik word om meer
voorkeuraandele te koop.
• Mense wat met aandele spekuleer, het 'n ander benadering. Spekulante koop aandele
in maatskappye wat (na hul mening) 'n vinnige en beduidende toename in die
aandeelprys sal hê. Die spekulant sal dan die aandele verkoop wanneer daar 'n
geleentheid is om wins te maak, gebaseer op 'n hoër aandeelprys. Die spekulant is nie
werklik besorg oor dividende nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 25
Skuldbriewe:
Beskrywing
• Skuldbriewe word soms ook effekte genoem (moet nie verwar word met 'n verband
nie, wat 'n lening is om vaste eiendom te koop).
• 'n Skuldbrief is 'n kredietbrief ('n "IOU") wat 'n besigheid verkoop om geleende kapitaal
vir groot projekte in te samel.
• Skuldbriewe word gewoonlik nie deur spesifieke bates verseker nie. As die
maatskappy dus nie die skuld kan terugbetaal nie (skuldbrief) en dit gelikwideer word,
sal die skuldbriefhouers nie 'n voorkeureis op bates hê nie. Daarom sal mense
huiwerig wees om skuldbriewe te koop in maatskappye wat as 'n hoë risiko vir
likwidasie beskou word.
• Die skuldbriefhouer sal rente ontvang op die bedrag van die skuldbrief. As die
besigheid wat die skuldbrief uitreik as 'n hoë risiko beskou word, moet 'n hoër
rentekoers aangebied word om mense te oorreed om skuldbriewe te koop.
• Skuldbriefhouers kan die skuldbrief op enige stadium aan ander belanghebbende
partye op die JSE verkoop.
• Soorte skuldbriewe:
− 'n Aflosbare skuldbrief is op 'n bepaalde datum terugbetaalbaar.
− 'n Onaflosbare skuldbrief word nooit deur die maatskappy terugbetaal nie, maar sal
onbepaald voortduur, met die skuldbriefhouer wat rente kry.
− 'n Omskepbare skuldbrief sal teen 'n bepaalde datum in die toekoms in aandele
omskep word.
Risiko
• Wanneer die skuldbrief verkoop word, word dit dikwels teen 'n vaste rentekoers
verkoop, wat voordele en risiko's inhou. As rentekoerse daal, sal die skuldbriefhouer in
die voordelige posisie wees dat hy/sy 'n hoër rentekoers op die skuldbrief verdien as
wat die banke bied. As rentekoerse egter styg, kan die skuldbriefhouer die geleentheid
misloop om hoër rentekoerse te verdien wat ander geleenthede bied. As die skuldbrief
teen 'n veranderlike rentekoers (gekoppel aan prima) verkoop word, bestaan hierdie
risiko nie.
• Omdat skuldbriewe gewoonlik onversekerde finansiële instrumente is, is daar altyd
risiko's dat die besigheid bankrot kan raak, met die skuldbriefhouer se gevolglike
verlies van sy/haar belegging. Die mate van hierdie risiko sal bepaal word deur die
maatskappy se finansiële krag, en natuurlik die mate van risiko wat verband hou met
die soort aktiwiteit/projekte waarby die besigheid betrokke is.
• Dit hou 'n hoër risiko as beleggings by banke in, maar 'n laer risiko as 'n belegging in
aandele, want krediteure word hoër as eienaars geag om hul geld in die geval van
likwidasie te verhaal.
Opbrengs op belegging (OOB)
• Die maatskappy wat die skuldbrief uitreik, is wetlik verplig om rente te betaal. Dit
verhoog die potensiaal vir 'n opbrengs op 'n belegging in vergelyking met
aandeelhouers, omdat die maatskappy nie dividende hoef te verklaar as die finansiële
posisie dit nie toelaat nie.
• Daar is geen kapitaalgroei verbonde aan skuldbriewe nie, net 'n bestendige stroom
rente.
• Omdat skuldbriewe onversekerde skuld is, moet die besigheid 'n hoër rentekoers aan
potensiële beleggers bied om vir die hoër risiko's te vergoed.
• Onthou dat rente-inkomste belasbaar is (bo die drempel) en nadat belasting betaal is,
klop die OOB op skuldbriewe selde inflasie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 25
Tydraamwerk van die belegging
• Skuldbriewe kan as langtermyn finansiële instrument gebruik word om rente te verdien
totdat die skuldbrief afgekoop word.
Aftree-annuïteite en pensioenfondse:
Beskrywing
• 'n Aftree-annuïteit is 'n polis wat daarop gemik is om 'n inkomste aan 'n persoon te
bied wanneer hy/sy die ouderdom van 55 bereik. 'n Maandelikse premie word betaal
en wanneer die aftree-annuïteit uitbetaal, sal dit in 'n enkelbedrag, tesame met 'n
maandelikse inkomste, wees. Die bedrag wat uitbetaal word wanneer die aftree-
annuïteit verval, sal afhang van die tydperk wat die premies betaal is en/of hoe hoog
die premies was.
• Die regering kan nie voorsiening maak vir alle burgers om 'n ordentlike
lewenstandaard op ouderdomspensioene te handhaaf nie, gevolglik probeer dit mense
aanmoedig om voorsiening vir hul eie aftrede te maak. Om hierdie rede is daar
belastingverligting op aftree-annuïteitpremies.
• Pensioenfondse word geskep wanneer alle werknemers wat deel van die betrokke
pensioenfonds is, hul bydraes by 'n pensioenfondsadministrateur saamvoeg. Hierdie
administrateur belê dan die fondse op so 'n manier dat dit (hopelik) sal groei en inflasie
klop. Wanneer mense aftrede bereik, ontvang hulle dan 'n maandelikse pensioen
(inkomste) uit die fonds. Bydraes tot pensioenfondse word van salarisse afgetrek
voordat belasbare inkomste bereken word. Die rede is weer eens dat die regering
mense wil aanmoedig om vir hul eie aftree-inkomste voorsiening te maak.
Risiko
Die risiko wat verband hou met sowel 'n aftree-annuïteit as 'n pensioenfonds sal afhang
van hoe en waar die administrateurs lede se bydraes belê het.
Ons kan risiko ook uit 'n ander perspektief beskou. Dink hoe pensioenfondse of aftree-
annuïteite individue kan help om hul risiko te bestuur van onvoldoende inkomste om van
te leef nadat hulle afgetree het (wanneer hulle nie meer 'n salaris verdien nie).
Sowel aftree-annuïteite as pensioenfondse is instrumente om 'n inkomste te voorsien
wanneer die werknemer ophou werk en op pensioen gaan. Ongelukkig maak baie mense
nie voldoende voorsiening vir aftrede nie, gevolglik kan hulle nie hul lewenstandaard
handhaaf nie. Die volgende punte weerspieël redes waarom party mense nie finansiële
sekuriteit het wanneer hulle aftree-ouderdom bereik nie:
• Mense wag te lank voordat hulle voorsiening vir aftrede begin maak. Wie wil daaraan
dink om geld te spaar vir 30 of 40 jaar in die toekoms?
• Mense leef oor die algemeen langer as gevolg van goeie mediese sorg en moet dus
voorsiening maak vir 'n langer tydperk ná 65 (aftree-ouderdom), wanneer hulle sonder
'n salaris moet klaarkom.
• Om ouer te word, kan ook beteken dat meer geld nodig is vir gesondheidsorg.
Bykomende voorsiening moet vir hierdie uitgawes gemaak word.
• Mense oorweeg nie altyd die verlies van voordele wanneer hulle aftree nie. Hulle is
tevrede as hul pensioenbetaling by aftrede ooreenstem met hul salaris. Wat egter van
die verlies van 'n maatskappymotor of behuisingsubsidie wanneer hulle aftree? 'n
Mens sal in so 'n geval eintlik meer geld van die pensioenfonds/aftree-annuïteit
benodig as die laaste salaris wat jy verdien het.
• Wanneer mense van werk verander, kan die pensioen wat by die vorige werk opgebou
is, uitbetaal word. Mense behoort hierdie geld onmiddellik in die nuwe pensioenfonds
te herbelê, eerder as om dit op luukshede te spandeer. Ongelukkig herbelê baie
mense nie hul geld nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 25
Pensioenfondse het ook die opsie/voordeel om lede te help om risiko's te bestuur in terme
van dood en/of ongeskiktheid, aangesien dit die dekking vir albei hierdie gebeure bied.
Opbrengs op belegging (OOB)
• Die OOB sal bepaal word deur die omsigtige besluite van die beleggingsbestuurder
wat die bydraes hanteer en belê het. Daar is egter geen waarborge nie en selfs as 'n
spesifieke OOB deur die aftree-annuïteitfonds/pensioenfonds gewaarborg word, is dit
belangrik om dit met inflasie te vergelyk. Let wel: Die syfers oor OOB wat deur die
fondse gegee word, klink gewoonlik beter as wat dit werklik is, omdat die fondse
"voorspellings" (vooruitskattings) maak van wat hulle hoop om te bereik.
• Wees ook daarvan bewus dat die meeste finansiële instrumente (pensioenfondse en
aftree-annuïteite ingesluit) administratiewe koste en bestuursfooie behels wat die OOB
sal verlaag.
Tydraamwerk van die belegging
Uit die bostaande bespreking onder Risiko behoort dit duidelik te wees dat voorsiening vir
aftrede, hetsy in die vorm van 'n aftree-annuïteit of 'n pensioenplan, so gou moontlik moet
begin en vir die volle 40 of 45 jaar volgehou moet word terwyl 'n werknemer 'n salaris
verdien.
Skenkings:
Beskrywing
• Skenkings is 'n soort langtermynbesparing. Die besparing kan 'n enkelbedrag-
belegging en/of maandelikse bydraes wees.
• Die belegger sal die volle bedrag na 'n bepaalde tydperk ontvang wanneer die polis
verval (gewoonlik 5 tot 10 jaar), of in geval van dood, sal die naasbestaandes die
belegging onmiddellik ontvang.
Risiko
• Wanneer 'n uitkeerpolis uitgeneem word, kan die belegger die risikoprofiel kies wat hy
graag wil hê – wat kan wissel van hoë risiko in 'n aandelefonds tot 'n laer risiko waar 'n
meer gebalanseerde beleggingsbenadering gevolg word.
• As die belegger verkies om maandelikse bydraes te belê, is dit moontlik (by sommige
versekeraars) om 'n bydraekwytskelding by te voeg, wat beteken dat indien die
belegger aan 'n ernstige siekte ly of ongeskik raak, en derhalwe nie verder kan bydra
tot die belegging nie, die versekeraar die maandelikse bydraes namens die versekerde
sal betaal. Dit is 'n soort risikobestuur wat die versekerde in geval van ongunstige
omstandighede kan uitneem.
Opbrengs op belegging (OOB)
• Die OOB sal afhang van die risikoprofiel wat gekies is.
• Daar is bestuurs- en administrasiefooie wat afgetrek word van die spaarbedrag en wat
die OOB sal verminder.
Tydraamwerk van die belegging
Die belegging is gewoonlik vir 'n tydperk van 5 tot 10 jaar. Dit is dus 'n langtermyn
spaarplan.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 25
Buitelandse beleggings:
Beskrywing
• Wanneer 'n mens besluit om plaaslik te belê, moet daar besluit word oor watter
beleggingsmiddel die beste geskik is.
• Dieselfde keuses moet gemaak word wanneer jy in 'n ander land (buiteland) belê.
• Buitelandse beleggings is derhalwe betreklik uitdagend, maar beleggingsopsies wat
die moeite werd is, mits verstandige keuses gemaak word.
Risiko en Opbrengs op belegging (OOB)
Sommige van die redes vir die keuse om in 'n buitelandse rekening te belê, kan insluit:
• Diversifikasie (wanneer daar na buitelandse beleggings verwys word) beteken dat
risiko's oor verskillende lande versprei word. Party lande het meer stabiele markte
(ontwikkelde lande) as ander (ontluikende markte).
• Veranderings in wisselkoerse kan dit aantrekliker maak om in 'n ander land te belê. Die
Rand het 'n neiging om te depresieer teen die wêreld se vernaamste geldeenhede –
Amerikaanse dollar, Britse pond en die Euro. As die geldeenheid depresieer (verswak)
is dit voordelig vir iemand met 'n belegging in 'n ander land. Om te illustreer hoe 'n
waardeverminderende rand 'n goeie OOB kan lewer, oorweeg die volgende voorbeeld:
Veronderstel John het R5 in die VSA belê in 'n tyd toe die wisselkoers 1$ = R5 was.
Dit beteken dat hy 'n belegging van 1$ sal hê. Die wisselkoers het sedertdien
gedepresieer tot 1$ = R10. As John sy belegging nou laat uitbetaal, kry hy R10 vir die
oorspronklike R5 wat hy belê het.
• Daar mag beleggingsgeleenthede in ander lande wees wat nie in Suid-Afrika bestaan
nie. Suid-Afrika het nie olie nie en as 'n belegger voel olie is 'n goeie belegging om te
maak, sal hy/sy aandele moet koop in 'n oliemaatskappy wat in 'n ander land gelys
word.
• Iemand mag dalk die opsie van emigrasie na 'n ander land oorweeg. As gevolg van die
uitruilbeheermeganismes wat in Suid-Afrika bestaan, is dit slegs moontlik om 'n
beperkte bedrag geld jaarliks uit die land te neem. Dit kan dan 'n goeie idee wees om
'n beleggingsportefeulje in die buiteland te vestig.
Tydraamwerk van die belegging
Die enigste tydsbeperking is die hoeveelheid geld wat jaarliks uit die land geneem mag
word weens valutabeheer deur die regering. Buitelandse beleggings kan egter as 'n
langtermyn- of korttermyn beleggingstrategie gebruik word.
Effektetrusts:
Beskrywing
• Effektetrusts kan beskryf word as 'n "groep aandele" wat op die beurs verhandel word.
• By die aankoop van effektetrusts sal die belegger die soort risikoprofiel aandui wat vir
hom/haar aanvaarbaar is.
• Effektetrusts word bestuur deur 'n fondsbestuurder wat verantwoordelik is vir die
instandhouding van daardie spesifieke fonds.
• 'n Effektetrustfonds kan oor verskeie nywerhede op die JSE of tussen verskillende
maatskappye binne 'n bepaalde bedryf gediversifiseer word. Die persoon wat die
effektetrusts koop, besluit in watter opsie hy/sy wil belê.
• Effektetrusts kan met 'n enkelbedrag, maandelikse bydraes of 'n kombinasie van die
twee aangekoop word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 25
Risiko
Die opsies wat beskikbaar is om van te kies, kan wissel van 'n hoërisikobeleggingsfonds
waar alle fondse in aandele belê word, tot 'n stabiele fonds waar risiko's verminder word
deur beleggings tussen aandele, internasionale markte en selfs in sommige laerisiko
geldmarkinstrumente, te diversifiseer.
Opbrengs op belegging (OOB)
• 'n Goeie effektetrust-belegging sal inflasie oor 'n mediumtermyn van 3 tot 5 jaar klop.
• Die opbrengskoers sal afhang van die risiko-opsie wat gekies is, maar sal uiteindelik
afhang van hoe goed die fondsbestuurder die geld belê het.
Tydraamwerk van die belegging
Belegging in effektetrusts is gewoonlik 'n medium- tot langtermynbelegging.
Versamelstukke:
Beskrywing
• Voorbeelde van versamelstukke kan oudhede, munte, kunswerke, seëls, juweliersware
en Krugerrande insluit.
• Wanneer versamelstukke gekies word, is dit belangrik om die mark te verstaan waar
hierdie items gekoop en verkoop word.
• Die mark vir versamelstukke in Suid-Afrika is beperk in vergelyking met die res van die
wêreld, maar met tegnologie word dit minder van 'n probleem.
Risiko
• Om in versamelstukke sake te doen, verg 'n hoë vlak van kennis en kundigheid.
• Enige skade aan iets soos 'n seëlversameling, kunswerk of oudhede sal die waarde
daarvan drasties verminder.
Opbrengs op belegging (OOB)
• As die artikel werklik 'n versamelaarsitem is, sal die waarde daarvan mettertyd
verhoog (mits daar geen skade is nie).
• Die nadeel van hierdie soort belegging is dat daar geen maandelikse bron van
inkomste vir die belegger is nie.
Tydraamwerk van die belegging
• Die markte vir ware versamelaarsitems is nooit werklik onbestendig nie en hierdie
soort belegging toon gewoonlik groei oor 'n lang tydperk.
• Dit is natuurlik moontlik om in 'n kort tydjie 'n wins te maak as 'n item teen 'n lae prys
gekoop word, bv. 'n onbekende kunstenaar word skielik bekend nadat hy/sy "ontdek"
is. Of 'n antieke meubelstuk, gekoop by 'n pandjieswinkel wat nie die waarde van die
artikel besef nie, word daarna teen 'n aantreklike wins verkoop. Gewoonlik is hierdie
onverwagse meevallers egter die uitsondering op die reël en blote geluk vir die
belegger.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 25
Kennisdeposito's:
Vaste beleggings:
Beskrywing
• 'n Vaste deposito word by die bank geopen wanneer 'n spesifieke bedrag vir 'n vaste
(bepaalde) tyd belê word teen 'n rentekoers wat óf vasgestel is óf kan verander as die
primakoers verander.
• Vaste deposito's is langtermynbeleggings en die geld kan slegs onttrek word wanneer
die vervaldatum bereik word of wanneer die belegger sterf. As die belegger die fondse
voor die vervaldatum wil onttrek, sal 'n boete gehef word.
Risiko
Geld wat by 'n bank belê word, hou gewoonlik 'n baie lae risiko in. Die belegging kan slegs
"verlore" gaan as die bank gelikwideer word. Dit het al in die verlede gebeur dat banke in
Suid-Afrika gelikwideer is, maar dit is 'n seldsame gebeurtenis. Neem egter kennis van die
situasie waar African Bank in Augustus 2014 onder kuratorskap geplaas is om te verstaan
dat selfs geld in die bank 'n mate van risiko het.
Opbrengs op belegging (OOB)
• Die rentekoers wat op 'n vaste deposito aangebied word, sal van bank tot bank verskil.
Dit sal ook afhang van die hoeveelheid geld wat belê word. Hoe langer die
tydraamwerk en hoe groter die bedrag wat belê word, hoe hoër sal die rentekoers
gewoonlik wees. Ten spyte hiervan kan daar net gehoop word dat die vaste deposito
(selfs met saamgestelde rente) inflasie sal oorskry. Ongelukkig is dit dikwels nie die
geval nie.
• Die enigste kapitaalgroei wat met 'n vaste deposito behaal word, is wanneer rente op
die vaste deposito gekapitaliseer (herbelê) word. Saamgestelde rente word dan op die
oorspronklike vaste deposito verdien asook op die rente wat herbelê is.
• As die belegger besluit dat die rente aan hom/haar uitbetaal moet word om sy/haar
inkomste aan te vul, sal daar geen kapitaalgroei wees nie.
• Die opbrengs op 'n vaste deposito-belegging is gewoonlik laag, maar so ook die risiko
wat met die vaste deposito verband hou.
Tydraamwerk van die belegging
Vaste deposito's kan van 'n jaar tot 10 jaar wees (of selfs langer). Hoe langer die
tydraamwerk van die belegging is, hoe hoër is die rentekoers gewoonlik.
Geldmarkrekenings:
Beskrywing
• 'n Geldmarkrekening is 'n soort korttermynbelegging en word toenemend gewild.
• Dit is op korttermyn maklik om toegang tot geldmarkrekeninge te verkry, omdat dit baie
vloeibaar is. 'n Voorbeeld van 'n geldmarkrekening is 'n daggeldrekening, waar geld
onbepaald belê word. Die belegger moet slegs kennis gee dat hy/sy fondse in die
toekoms wil onttrek. 'n 32 dae-daggeldrekening het 'n kennisgewingperiode van 32
dae.
Risiko en Opbrengs op belegging (OOB)
Geldmarkrekeninge het 'n lae risiko, maar bied 'n laer rentekoers as langtermynbeleg-
gings.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 19 van 25
Die rentekoers op geldmarkrekeninge is gewoonlik beter as op gewone spaarrekeninge.
Dit maak hulle aantreklike opsies vir korttermynbeleggers.
Tydraamwerk van die belegging
'n Geldmarkrekening is 'n korttermyn-beleggingsopsie wat wissel in tydperke van
ongeveer 'n maand tot 'n jaar.
Versekering
Wanneer mense van versekering praat, verwys hulle gewoonlik na sowel versekering as
assuransie.
• Versekering is vir ingeval iets gebeur (bv. brand, diefstal, oorstroming, ens.). Hierdie
gebeure hoef nie noodwendig plaas te vind nie, maar om die risiko te bestuur ingeval
dit wel plaasvind, wil die versekerde gevrywaar wees (in dieselfde finansiële posisie
wees as voor die gebeure).
• So seker as wat ons aardbewoners is, sal ons almal aftree nadat ons gewerk het, of
moontlik voor aftrede sterf. Met assuransie kan ons die risiko bestuur van geliefdes
wat na ons afsterwe sonder 'n inkomste is, of as ons na aftrede nie 'n ordentlike lewen-
standaard kan handhaaf nie.
Deur versekering of assuransie uit te neem, betaal die versekerde ('n individu of
besigheid) 'n maandelikse premie om die risiko aan die versekeraar oor te dra.
Versekerbare en nieversekerbare risiko's
Sommige risiko's is onversekerbaar en party is so duur om te verseker dat dit
onbekostigbaar is om teen hierdie risiko's te verseker. Van hierdie risiko's is:
• Oorlog en gepaardgaande risiko's is gewoonlik onversekerbaar, aangesien
versekeringsmaatskappye dit as 'n risiko beskou wat deur die regering bestuur moet
word (deur dit te voorkom).
• 'n Risiko wat gewoonlik as onversekerbaar beskou word, is slegte skuld. Daar bestaan
egter versekering teen slegte skuld, maar dit is 'n risiko wat feitlik onbetaalbaar duur is.
• Besigheidsrisiko's, soos prysskommelings as gevolg van tydsintervalle (tussen die tyd
wanneer goedere bestel word en die tyd wat dit ontvang word), word nie deur middel
van 'n tradisionele versekeringspolis gedek nie. Die besigheid kan egter besluit om
teen sulke risiko's te verskans, maar dit is nie deel van ons leerplan nie.
• As handelsvoorraad in onbruik of verouderd raak weens verandering in die mode, is dit
'n besigheidsrisiko wat nie versekerbaar is nie.
• Tegnologie verander vinnig en voortdurende verbeterings word aangebring aan
masjinerie en die produksieprosesse. 'n Besigheid kan nie versekering uitneem teen
masjiene wat verouderd raak nie. Huurkontrakte is egter 'n opsie om te verhoed dat 'n
besigheid verouderde toerusting het.
• Niemand kan versekering uitneem teen die pleging van 'n onwettige daad nie. Ek kan
byvoorbeeld nie 'n versekeringspolis uitneem teen 'n boete vir 'n moontlike verkeers-
oortreding nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 20 van 25
Soorte versekering:
Verpligte versekering:
Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)
• Die Wysigingswetsontwerp op Werkloosheidsversekering (2013) verander sekere
kwessies wat deur die Werkloosheidsversekeringswet van 2001 gedek is.
• Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) gee korttermynverligting aan werkers
wanneer hulle werkloos is, of as hulle nie kan werk weens kraamverlof of siekte nie.
Dit bied ook verligting aan die afhanklikes van 'n gestorwe werknemer wat tot die fonds
bygedra het.
• Bydraes word deur sowel die werknemer as werkgewer gemaak. 1% van die bruto
salaris word van die werknemer se salaris afgetrek en 'n ooreenstemmende bedrag
word deur die werkgewer bygedra, wat verantwoordelik is vir die betaling van die
bedrag aan die SAID. Die plafonbedrag (limiet vir die berekening van bydraes) is tans
(2015) R14 872 per maand.
• Die volgende persone word uitgesluit van WVF-versekering:
− Werknemers wat minder as 24 uur per maand werk
− Werknemers wat slegs kommissie verdien
• Staatsamptenare en buitelanders wat in die land werk, is voorheen uitgesluit. Tans
word sommige buitelanders deur WVF gedek. Vakleerlinge word ook ingesluit.
• Huiswerkers word by WVF INGESLUIT en die werkgewer moet seker maak dat hy/sy
by die Departement van Arbeid registreer.
• Die maksimum bedrag wat aan 'n werklose persoon betaal word, is 58% van die
maandelikse salaris, mits hy/sy reeds vir minstens 4 jaar tot die WVF bygedra het. Die
eis sal nie langer as 238 dae betaal word nie. In die geval van kraamverlof is 121 dae
die maksimum tydperk waarvoor die ma kan eis.
• Kraamverlof kan teen 'n vaste koers van 66% geëis word, mits aan al die vereistes van
die wet voldoen is.
Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (WVBS)
• Dit was voorheen bekend as die Werknemers se Ongevallefonds.
• As 'n werknemer by die werk beseer word of siek of ongeskik raak as gevolg van
sy/haar werk, is die persoon daarop geregtig om vergoeding van die WVBS te eis.
Gesinne of afhanklikes van 'n broodwinner kan ook eis as hy/sy as gevolg van 'n
werkverwante ongeluk of siekte dood is.
• Elke werkgewer registreer by die Vergoedingsfonds en betaal 'n jaarlikse fooi,
gebaseer op die werknemer se verdienste en die risiko's verbonde aan die betrokke
werk.
• Die bedrag van die vergoeding wat aan 'n werknemer betaal word, word bereken as 'n
persentasie van die salaris wat die werknemer op daardie tydstip verdien het.
• Wanneer sal eise nie betaal word nie?
− Huiswerkers wat privaat werk, mag nie eis nie, maar werkers wat by 'n hotel of
gastehuis in diens is, mag eis.
− Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag of Suid-Afrikaanse Polisiediens
word nie deur WVBS gedek nie, omdat hulle 'n eie afsonderlike fonds het.
− As 'n werknemer vir drie dae of minder as gevolg van die voorval afgeboek word,
sal die fonds nie betaal nie.
− As die eis ouer is as 12 maande sedert die datum van die voorval of wanneer die
diagnose gemaak is, word die eis outomaties verwerp.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 21 van 25
Padongelukkefonds (POF)
• Die Padongelukkefonds (POF) is verpligte versekering wat alle Suid-Afrikaanse
padgebruikers dek.
• Die POF help mense wat tydens 'n motorongeluk beseer is en sal vir rehabilitasie en
mediese eise betaal.
• Die POF gee skadeloosstelling aan die persoon wat die ongeluk veroorsaak het; dit
verhoed dat die persoon wat beseer is, of sy/haar gesin, 'n eis teen die skuldige party
hoef in te stel.
• Die POF sal in die volgende gevalle betaal:
− Enige persoon wat tydens 'n motorvoertuigongeluk beseer is, hetsy dit die
bestuurder, 'n passasier of 'n voetganger is
− Die gesin van 'n oorlede slagoffer mag ook eis
• Bydraes tot die fonds is by die brandstofprys ingesluit.
Nie-verpligte versekering
Daar is 'n verskeidenheid versekeringspolisse beskikbaar vir besighede en individue.
Verskillende versekeringsmaatskappye kan korttermynversekeringspolisse aanbied wat
onderling verskil. Wat hieronder gegee word, is 'n veralgemening, aangesien daar besef
word dat verskille tussen polisse mag bestaan.
Wanneer versekering uitgeneem word, betaal die versekerde 'n premie aan die
versekeraar (bv. Sanlam, First for Women, MiWay, Auto and General, Outsurance, ens.)
om die risiko van 'n bepaalde gebeurtenis te dek. Premies vir hierdie versekeringspolisse
sal afhang van persoonlike behoeftes, die risikoprofiel van die kliënt, maar ook van die
waarde van die bates wat verseker word.
Brandversekering
• Alhoewel brandversekering soms as 'n afsonderlike versekeringspolis gelys word, sal
versekering teen brandskade gewoonlik deel van ander versekeringspolisse wees:
− Brandskade aan die struktuur van 'n huis of gebou word gewoonlik ingesluit in die
versekering wat deur banke verplig word wanneer hulle 'n verband op die gebou
finansier.
− Brand wat skade aan 'n voertuig veroorsaak, sal by die motorversekering ingesluit
word.
− Die inhoud van die huis of gebou sal deur die huiseienaar se versekering teen
brand gedek wees.
• Hoe meer vlambaar die produk is (grasdak of voorraad soos hout, papier, gas, ens.),
hoe hoër is die risiko, gevolglik hoe hoër is die premie.
• Die aard van omliggende geboue kan ook 'n impak op die risiko en premie hê. As die
versekerde gebou (huis of besigheid) direk langs 'n vulstasie (wat petrol of diesel
verkoop) geleë is, sal daar 'n hoë risiko met betrekking tot versekering wees en dus is
'n hoë premie betaalbaar.
Algemene besigheidsversekering/kommersiële versekering
Besigheidsversekering is waarskynlik een van die belangrikste besluite wat 'n
entrepreneur of bestuurder moet oorweeg om die besigheid teen verliese, veroorsaak
word deur onvoorsiene omstandighede, te verseker. Hierdie omstandighede kan diefstal
insluit (winkeldiefstal), asook inbraak (gedwonge toegang), openbare aanspreeklikheid as
'n kliënt op 'n nat vloer gly en in die winkel beseer word (aanspreeklikheidsversekering
genoem) en skade deur brand of natuurelemente.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 22 van 25
Versekeringskontrakte met betrekking tot versekering vir voorraad (handelsvoorraad) sal
'n "brandkluis-klousule" bevat. Dit vereis dat die versekerde (besigheid) 'n rekord van
voorraad voorhande moet hou in 'n kluis wat brandbestand is en wat nie deur die vuur
vernietig kan word nie. Dit is nie meer nodig om rugsteunrekords in 'n brandbestande kluis
op die perseel te hou nie, omdat voorraadrekords deur tegnologie elders bewaar kan
word.
Die besigheid moet ook weet dat daar in uiterste omstandighede 'n totale of gedeeltelike
verlies van inkomste kan wees as die besigheid nie kan funksioneer terwyl herstelwerk
aan die gang is nie. Hierdie verlies van inkomste kan ook deur 'n
handelsversekeringspolis gedek word.
Huishoudelike versekering
'n Huishoudelike polis sluit gewoonlik alle soorte bates in wat deel uitmaak van elke
huishouding wat 'n risiko is as gevolg van gebeurtenisse soos inbraak, ongelukke of
verliese as gevolg van brand, weerlig, vloede, ens. Bates kan wissel van meubels,
elektriese items, klere, speelgoed, sporttoerusting en gereedskap tot tuintoerusting. As die
versekerde besoekers ontvang, kan hulle besittings ook gedek word indien daar in die
polis voorsiening gemaak is. Aanspreeklikheidsversekering word gewoonlik ook
ingesluit as deel van die huishoudelike versekering. Dit sal die huiseienaar dek teen
verliese of beserings wat opgedoen is deur mense wat op die perseel werk of dit besoek.
Voertuigversekering
Wanneer ons van voertuigversekering praat, onderskei ons gewoonlik tussen twee
opsies:
• Allesomvattende versekering: Allesomvattende versekering beteken die versekerde
se motor en die ander voertuig sal herstel word in die geval van 'n ongeluk. Skade wat
deur 'n brand veroorsaak is, sal gedek wees, of as die motor gesteel word, sal die
versekerde skadeloos gestel word (in dieselfde finansiële posisie wees as voordat die
verlies plaasgevind het). Dit is belangrik om te onthou dat items soos duur
klankstelsels, skootrekenaars en ander waardevolle items afsonderlik gespesifiseer
moet word om te verhoed dat hierdie bates nie deur die versekeringspolis gedek word
nie. Versekeraars kan 'n doelgemaakte oplossing uitwerk om die individuele behoeftes
van die versekerde te dek.
• Derdeparty, brand en diefstal: Hoe ouer die voertuig is, hoe minder is sy waarde. As
'n voertuig redelik oud is, is dit dalk nie finansieel die moeite werd om steeds volle
versekering te hê nie, aangesien die versekeringsmaatskappy dalk die voertuig sal
afskryf as dit beskadig is, en nie 'n ordentlike waarde uitbetaal nie. As die bestuurder
(van die ou voertuig) blameer word vir 'n ongeluk wat skade aan 'n ander baie duur
voertuig veroorsaak het, moet die skade aan die ander motor (derde party) in so 'n
geval ten minste deur sy/haar versekeringsmaatskappy betaal word. Hierdie soort
versekering betaal ook uit as die motor gesteel of in 'n brand beskadig word.
Ons het reeds genoem dat die premie wat op versekering betaal word, bepaal word
volgens die waarde van die bate en die risiko. Dit is interessant om daarop te let dat
manlike bestuurders onder die ouderdom van 25 jaar as 'n baie hoë risiko geklassifiseer
word en dat hul motorversekeringspremies gewoonlik baie hoog is.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 23 van 25
Geld in transito versekering
As 'n besigheid baie kontant hanteer, kan dit verstandig wees om Geld in transito-
versekering uit te neem om moontlike verliese wat tussen die besigheid en die bank mag
voorkom, te dek. Party besighede verkies om nie hierdie risiko te neem nie en sal die
vervoer van geld aan 'n derde party, soos 'n Coin Sekuriteitsmaatskappy (wat beslis
hierdie soort versekering sal hê), uitkontrakteer.
Getrouheidsversekering
Getrouheidsversekering word uitgeneem om die besigheid te beskerm teen finansiële
verliese as gevolg van oneerlike werknemers. Diefstal van geld of bedrog kan gedek
word. As slegs een of twee mense in die besigheid die geld hanteer of met finansies werk,
kan die polis uitgeneem word om individuele werknemers te dek (hul name word in die
polis aangedui). As 'n groot aantal personeellede gedek moet word, kan 'n swewende
polis uitgeneem word waar spesifieke poste (betrekkings), eerder as individuele persone,
gedek word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 24 van 25
LAERORDEDENKERUBRIEK (60% GEWIGSWAARDE)
KRITERIA 0 1 2 Vraag 1 Vraag 2
Formaat Voldoen nie aan die korrekte
Gedeeltelik korrekte formaat Korrekte formaat
standaard nie
0 1 2 3
Terminologie Geen gebruik van Enkele/beperkte
Goeie gebruik van Uitstekende gebruik van
besigheidsterminologie gebruik van
besigheidsterminologie. besigheidsterminologie.
nie. besigheidsterminologie.
Inhoud (aantal Maksimum 50 feite. Deel deur twee om 'n punt uit 25 te kry. Punte word onder andere toegeken vir noem van die feit,
relevante feite) verduideliking van feite of stellings, toepaslike voorbeelde, uitbreiding van akronieme. LET WEL: Gelyste feite wat nie verduidelik
word nie = maks. 4 punte (8 feite)
Subtotaal: (30 punte) 1A 2A
HOËRORDEDENKERUBRIEK (40% GEWIGSWAARDE)
As alle AFDELINGS nie voltooi is nie, word die beoordeling gegrond op die hoeveelheid verwagte inligting.
Bv. 'n kandidaat wat een afdeling goed motiveer, maar nie die ander beantwoord nie, kan nie vir 'n "meerderheid van stellings"-punt kwalifiseer nie.
KRITERIA 0 1 2 3 4 Vraag 1 Vraag 2
Stawing (motivering vir Geen poging om Die meerderheid Die meerderheid
Uiters beperkte Minder as die helfte
stellings wat gemaak is) te staaf nie. stellings is gestaaf. stellings is deeglik
motivering om te stellings is gestaaf.
gestaaf wat wydte
staaf.
en/of diepte van
begrip toon.
0 1 2 3 4
Oppervlakkige Deurlopende Voorbeelde het
Toepassing op Deurlopende Voorbeelde het
verwysing gegrond op verwysing na die betrekking op die
konteks/nywerheid verwysing na die betrekking op die
gevallestudie/gegewe gevallestudie/gegewe gevallestudie/gegewe
gevallestudie/gegewe gevallestudie/gegewe
konteks. (Noem die konteks met 'n paar konteks en is ten volle
naam van die toepaslike voorbeelde. konteks met 'n paar konteks en is ten volle by die respons
ten volle by die respons
besigheid geïntegreer wat 'n
geïntegreerde geïntegreer wat
herhaaldelik sonder begrip van die
toepaslike voorbeelde. begrip van die betrokke kwessies
voorbeelde). betrokke kwessies toon. Aktuele sake is
toon. Verwys na
ten volle by die
aktuele sake.
antwoord geïntegreer.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 25 van 25
0 1 2 3 4 5 6
Kreatiewe Geen begrip Identifisering Identifisering Goeie insig en
Goeie insig en Goeie insig en Goeie insig en
probleemoplos- van die van die van die begrip van die
sing probleem en 'n probleem met begrip van die begrip van die begrip van die
probleem en holistiese
verkeerde/ wydte, maar nie helfte van die meerderheid van holistiese
geen oplossing probleem met
swak oplossing diepte nie probleem, bied die probleme met probleem met
gegee nie. oplossings wat
voorgestel. oplossings wat oplossings wat oplossings wat
(oppervlakkig). volledig
diepte van aangebied word volledig
bespreek word,
begrip toon OF wat diepte van bespreek word ,
toon begrip van
minder as die begrip toon OF toon wydte en
alle aspekte OF
helfte in wydte die helfte in diepte van
die meeste in
en diepte. wydte en diepte. begrip.
wydte en diepte.
0 1 2 3 4 5 6
Nie aan enige Voldoen aan Voldoen aan Voldoen aan Voldoen aan
Voldoen aan Voldoen aan
kriteria wat enige drie enige vier enige vyf al ses kriteria.
minstens een enige twee
Sintese hieronder kriteria. kriteria. kriteria.
kriterium. kriteria.
gelys is,
voldoen nie.
1. Inleiding – skryf nie net die vraag oor nie, maar toon begrip van die verband tussen die onderwerpe.
2. Gevolgtrekking – dit moet 'n logiese bevestiging wees van die punte wat geopper word.
3. Vloei van gedagtes, d.i. paragrawe volg logies op mekaar.
4. Integrasie van onderwerpe wat in die vraag gegee word.
5. Integrasie van die vraag met ander besigheidsverwante onderwerpe om die gehalte van die antwoord te verhoog.
6. Argumente word ontwikkel.
Subtotaal: (20 punte) 1B 2B
TOTAAL
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
Related documents

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2016 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo
More from Grade 12 Business Studies

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo

MemorandumIEB