Downloaded from hlayiso.com
TOTALE PUNTE
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I
EKSAMENNOMMER
Tyd: 2 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Lees die vrae noukeurig deur.
3. Alle vrae is VERPLIGTEND.
4. Beantwoord AL die vrae op die vraestel en dien dit aan die einde van die eksamen
in. Onthou om jou eksamennommer in die ruimte te skryf wat daarvoor op die
vraestel voorsien is.
5. Toon insig, waar van toepassing, wanneer die vrae beantwoord word. Jy kan na
enige vulstasie (insluitende etenshoeke en kleinhandelafsetpunte wat verband hou
met vulstasies) verwys wat jy vanjaar bestudeer het.
6. Jy word aangeraai om besondere aandag aan taalgebruik en die puntetoekenning
te skenk.
7. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
8. Indien jy meer ruimte vir 'n vraag benodig, word 'n ekstra, skoon bladsy (bladsy 24)
aan die einde van die vraestel ingesluit. Dui asseblief die vraagnommer van jou
antwoord duidelik aan as jy hierdie ekstra spasie gebruik.
Toekenning van punte
V1 V2 V3 V4 V5 V6 Totaal
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Business Studies Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Business Studies · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 24
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 2 van 24
AFDELING A
VRAAG 1
Dui die mees korrekte antwoord aan deur die letter van die alternatief wat jy gekies het,
in die ruimte onderaan elke bladsy te skryf.
1.1 'n Direkteur wat uit sy/haar posisie in die maatskappy weens binnehandel bedank,
toon …
A sinergie.
B aanspreeklikheid.
C skadeloosstelling.
D vertikale integrasie.
1.2 Die voorkoms van petrolpompjoggies, die naamborde wat op die vulstasieperseel
gebruik word en die webwerf van die besigheid op die internet, maak deel uit van
die ... bemarkingsbeleid.
A produk
B promosie
C verspreiding
D fisiese bewyse
1.3 Die Wet op … verskaf riglyne om te verseker dat die dienskontrak wat deur albei
partye onderteken is, geldig is.
A Basiese Voorwaardes van Indiensname
B Gelyke Indiensneming
C Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes
D Vaardigheidsontwikkeling
1.4 As 'n vulstasie-eienaar kan bewys dat die onderneming 'n finansiële verlies in die
geval van 'n brand sal ervaar, sal die ... beginsel van toepassing wees.
A versekerbare belang
B diversifikasie
C regulatiewe dissipline
D positiewe hefboom
1.5 'n Moontlike uitkoms van disfunksionele konflik kan wees:
A verhoogde produktiwiteit.
B dat 'n groter verskeidenheid idees deur die teenstrydige partye oorweeg
word.
C dat bestuur wanopvattings van werkers opklaar.
D hoër vlakke van stres en angs vir die werkers.
1.1 1.2 1.3 1.4 1.5
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 3 van 24
1.6 Watter van die volgende aktiwiteite is nodig om mannekragbeplanning uit te voer?
A Werwing, induksie en keuring
B Werksanalise, posbeskrywing en posspesifikasie
C Koste plus voordele, koste vir die maatskappy en kommissiepakket
D Opleiding, dissipline en Korporatiewe Maatskaplike Belegging
1.7 'n Uitdaging wat 'n vulstasie van die mikro-omgewing in die gesig staar, kan wees
…
A 'n toename in die aantal vulstasies in die sakekern van Kaapstad.
B 'n verandering in die BTW-koers.
C ontevredenheid van petroljoggies oor die manier waarop prestasie-
beoordelings gedoen word.
D elektrisiteit wat petrol as 'n alternatief vir voertuie vervang.
1.8 Watter van die volgende is 'n voordeel vir werknemers wat by 'n beskermde staking
betrokke raak?
A Werknemers het die sekerheid om te weet dat hulle nie ontslaan kan word
nie.
B Werkgewers kan nie 'n hofinterdik verkry om werknemers te verhoed om te
staak nie.
C Werkgewers mag nie skadevergoeding eis vir die verlies van produktiwiteit
van werknemers nie.
D Al die bogenoemde.
1.9 'n Aandeelhouer wat belê in BP-aandele …
A sal rente ontvang as 'n opbrengs op die belegging.
B betaal kapitaalwinsbelasting wanneer aandele gekoop word.
C kan op die langtermyn kapitaalgroei en goeie dividende hê.
D sal 'n hoë opbrengs op die belegging verdien aangesien dit op die
korttermyn risikovry is.
1.10 Topbestuur is verantwoordelik vir …
A die langtermyn strategiese besigheidsplan, insluitende die visie, missie,
doelwitte en strategieë vir die besigheid as geheel.
B taktiese planne, wat behels die verkryging van hulpbronne wat benodig word
deur die afdelings wat hulle beheer.
C beplanning van werkskedules en programme op 'n daaglikse basis.
D nie een van die bogenoemde nie.
1.6 1.7 1.8 1.9 1.10
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 4 van 24
VRAAG 2
Pas die beskrywings in Kolom A by die konsepte in Kolom B. Skryf slegs die korrekte
letter uit Kolom B onder die toepaslike vraagnommer van Kolom A in die spasie wat in die
rooster aan die einde van die vraag voorsien word.
KOLOM A KOLOM B
2.1 'n Instrument wat deur die finansiële A Werwing
bestuurder gebruik word om 'n organisasie B Handelsmerkrekking
se likiditeit te evalueer.
C Versoening
2.2 Die gebruik van 'n gevestigde handelsmerk D Vakbond
om produkte in onverwante markte bekend
te stel. E Voorwaartse integrasie
2.3 Adviseer en verteenwoordig lede oor F BGSEB
diensvoorwaardes en griewe tydens G Vuurproefverhouding
onderhandelings, asook ander
arbeidsverhoudingkwessies. H Konflik van belange
2.4 I Terugwaartse integrasie
Fundamentele wet van Suid-Afrika en geen
ander wet of kontrak mag dit vervang nie. J Grondwet
2.5 Om werkaansoekers met die nodige K Handelingsbevoegdheid
vaardighede en motivering te lok om L Solvensie
mannekragtekorte uit te wis.
M Hulpbrongebaseerde benadering
2.6 Wanneer 'n derde party 'n aanbeveling N Keuring
doen oor hoe 'n geskil besleg moet word,
maar die aanbeveling is nie bindend nie. O Bemiddeling
2.7 'n Persoon wat op die Raad van Direkteure P Handelsmerkherstel
dien, word deur 'n mededinger genader om Q Korrupsie
op hul Direksie te dien.
2.8 'n Probleemoplossingstegniek wat deur 'n
maatskappy gebruik word om vas te stel
watter tasbare en ontasbare items van
strategiese belang vir die maatskappy is.
2.9 'n Persoon ouer as 18 in Suid-Afrika kan
bindende ooreenkomste onderteken.
2.10 'n Maatskappy koop een van sy verskaffers
om die mag van die verskaffer in die proses
uit te skakel.
2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 2.6 2.7 2.8 2.9 2.10
[20]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 5 van 24
VRAAG 3
Kies die korrekte term tussen hakies wat die stelling WAAR sal maak.
Skryf slegs die korrekte woord/term in die spasie wat na elke vraag verskaf word.
3.1 'n Bestuurder wat 'n (outokratiese / laissez-faire) leierskapstyl volg, glo dat hy/sy
nie moet inmeng in die proses om 'n taak uit te voer nie.
__________________________________________________________________
3.2 (Bybetaling / Sekuriteit) is die randbedrag van die verlies of eis wat gespesifiseer
word in die polis wat deur die versekerde betaal moet word wanneer 'n eis ingedien
word.
__________________________________________________________________
3.3 Die proses waar die onderneming na sy eie metodologieë kyk om 'n taak uit te voer
en dit dan te vergelyk met ander metodes, word na verwys as (normstelling /
werktoleransie).
__________________________________________________________________
3.4 'n Vulstasie franchisenemer skep 'n gunstige werksomgewing vir sy/haar werkers
sodat hulle nie uit die werk bedank nie, omdat hy/sy die werkers wil (inlyf / behou).
__________________________________________________________________
3.5 Die (COFESA / GRI) is 'n onafhanklike instelling wat 'n aanvaarbare riglyn oor
volhoubare verslagdoening ontwikkel.
__________________________________________________________________
[10]
50 punte
[Bron: <http://www.engen.co.za/motorists/our-network/1-stops>]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 6 van 24
AFDELING B
Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
VRAAG 4
Vereiste: Voorsien die ontbrekende inligting in elk van die volgende skematiese
diagramme.
4.1 Makro-uitdagings waarvoor 'n VULSTASIE-franchise in Suid-Afrika te
staan kom
Makro- Beskryf hoekom die element Verskaf 'n verskillende
uitdaging in die eerste kolom strategie vir elk van die makro-
'n uitdaging kan wees uitdagings wat in die eerste
kolom geïdentifiseer is
4.1.1
Ekonomies
(2) (2)
4.1.2
Sosiaal
(2) (2)
4.1.3
Tegnologies
(2) (2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 7 van 24
4.2 Drievoudige / geïntegreerde verslagdoening deur Vivo Energy Bpk.
(Beherende maatskappy van Shell en Engen Vulstasies)
Noem DRIE elemente van Bespreek, met behulp van 'n voorbeeld vir
drievoudige / geïntegreerde elke element, hoe Vivo Energy Bpk. kan
verslagdoening voldoen aan drievoudige / geïntegreerde
verslagdoeningsvereistes
4.2.1
(1) (2)
4.2.2
(1) (2)
4.2.3
(1) (2)
[Bron: <https://thesa-mag.com/features/energy/shell-south-africa-energized-commitment-
for-over-a-century/>]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 8 van 24
4.3 Bespreek hoe Sasol Bpk. die volgende beginsels van goeie korporatiewe
bestuur kan gebruik om aan belanghebbendes se verwagtings te voldoen.
4.3.1 4.3.2
Aanspreeklikheid Deursigtigheid
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ ________________________________
________________________________ _______________________________
(3) (3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 9 van 24
4.4 4.4.1 Bespreek hoe 'n verandering in prosedures by 'n brandstofvoorhofwinkel kan
lei tot konflik tussen werknemers.
(3)
4.4.2 Bespreek hoe die bestuurder van 'n brandstofvoorhofwinkel die verandering
in prosedures kan hanteer om die impak van konflik tussen werknemers te
beperk.
(3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 10 van 24
4.5.1
Seksuele
teistering
4.5
(2)
Maak 'n
voorstel,
met 'n
4.5.2
ander
strategie Onvanpaste
vir elkeen, geskenke deur
hoe Hoof- werknemers
kantoor aanvaar
die (2)
volgende
onetiese
sakeprak-
tyke kan 4.5.3
hanteer as
dit by 'n Bedrieglike
brandstof- advertensies
voorhof-
winkel (2)
voorkom.
[Bron: <https://www.news24.com/Drum/Archive/bp-to-invest-billions-in-sa-20170728>]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 11 van 24
4.6 4.6.1 'n Vulstasie franchisegewer oorweeg of ekstra fondse spandeer moet word
op:
kliëntediensopleiding vir sy werknemers, of
'n belegging in 'n kitskos-franchise wat aan die vulstasie gekoppel is.
Daar word van jou verwag om:
die franchisegewer by te staan in sy besluit, deur 'n voor- en nadele kaart
vir die twee opsies te voltooi.
jou finale besluit te motiveer.
Beantwoord die vraag in die volgende tabel.
Voor- en Nadele Kaart
Kliëntediensopleiding vir die werknemers
Voordele Nadele
(2) (2)
Belegging in 'n kitskos-franchise gekoppel aan 'n vulstasie
Voordele Nadele
(2) (2)
Jou finale besluit en motivering: (Let wel: 2 punte is vir die motivering)
(2)
4.6.2 Stel EEN probleem voor wat die vulstasie-franchisegewer kan ervaar
wanneer die voor- en nadele kaart as 'n kreatiewe probleemoplossings-
instrument gebruik word.
(1)
[50]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 12 van 24
VRAAG 5
5.1 Die impak van arbeidswetgewing op werkgewers en werknemers by Sasol Bpk.
5.1.1 (a) Beskryf die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.
(3)
(b) Beskryf die impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995
op werkgewers en werknemers van Sasol-vulstasies.
(7)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 13 van 24
5.1.2 Bespreek TWEE moontlike voordele vir Sasol Bpk. as daar toepaslike
dissiplinêre/grieweprosedures in plek is in die besigheid.
(4)
5.2 Verduidelik waarom 'n etiese kode belangrik is in 'n vulstasievoorhofwinkel.
(4)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 14 van 24
5.3 Mensekapitaalfunksie by Sasol Bpk.
5.3.1 Verduidelik waarom die voorlopige sifting van aansoekers 'n belangrike stap
in die keuringsproses is.
(4)
5.3.2 Beskryf die doel van 'n onderhoud in die keuringsproses.
(4)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 15 van 24
5.3.3 Beskryf die toetse wat van kandidate vereis kan word om af te lê as deel van
die keuringsproses.
(4)
5.3.4 Verduidelik die moontlike nadele wanneer Sasol Bpk. van eksterne werwing
gebruik maak.
(4)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 16 van 24
5.3.5 Bespreek die moontlike voordele wanneer Sasol Bpk. 'n
prestasiebeoordeling as deel van personeelontwikkeling gebruik.
(4)
5.4 Die markomgewing van Sasol Bpk.
Beskryf hoe die volgende elemente van Porter se Seskragte-model die vermoë van
Sasol Bpk. kan beïnvloed om 'n mededingende voordeel in die brandstofbedryf te
skep en in stand te hou. Gee in elke geval strategieë oor hoe Sasol Bpk. op die
uitdagings kan reageer.
5.4.1 Bedreiging van nuwe toetreders
(6)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 17 van 24
5.4.2 Mag van die koper
(6)
[50]
[Bron: <https://en.wikipedia.org/wiki/Sasol>]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 18 van 24
VRAAG 6
6.1 Verwys na die volgende uittreksel waar van toepassing wanneer jy die vrae wat
volg, beantwoord.
SHELL SELECT WINKELS
Shell Select bied 'n 24 uur, sewe dae 'n week koopgerief.
Ons bied 'n wye verskeidenheid bakkery-items en koeldranke. Daar is iets vir almal.
Daar is bakkerye op 'n groot aantal van ons persele en Shell Select streef voortdurend
daarna om jou innoverende bakkery-lekkernye te bied. Al ons produkte word daagliks
vars gebak. Uitgesoekte personeel is goed opgelei om jou 'n uitsonderlike smaakervaring
te gee wat jou sal laat terugkom vir meer.
Select bied ook 'n verskeidenheid standaard kruideniersware-items. Ons maak seker dat
ons die voorste handelsmerke aanhou sodat jy van vars, kwaliteitprodukte gewaarborg
kan wees.
[Aangepas van: <https://www.shell.co.za/motorists/inside-our-stations/shell-select-stores.html>
Verkry Desember 2018]
6.1.1 Evalueer hoe Shell Suid-Afrika die produkbeleid gebruik om 'n
mededingende voordeel te behou. Gebruik bewyse uit die uittreksel om jou
argument te ondersteun.
(5)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 19 van 24
6.1.2 Wat is die moontlike voordele vir Shell Suid-Afrika om 'n sterk handelsmerk
te ontwikkel?
(6)
6.1.3 Beskryf hoe die koper die stimulus-responsmodel gebruik om koopbesluite
te neem.
(8)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 20 van 24
6.1.4 Bespreek die impak van die "reg op openbaarmaking van inligting" uit die
Wet op Verbruikersbeskerming op die Bemarkingsafdeling van Shell Suid-
Afrika.
(4)
6.2 Bespreek watter metodes werkgewers kan gebruik om organisatoriese doelwitte
aan hul werknemers te kommunikeer.
(4)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 21 van 24
6.3 Verwys na die volgende uittreksel waar van toepassing wanneer jy die vrae wat
daarop volg, beantwoord.
Ceppwawu staking sal ekonomie knou – Sacci
Johannesburg – Die staking deur die Chemiese, Energie-, Papier-, Druk-, Hout- en
Geallieerde Werkersunie (Ceppwawu), wat aflewerings van olieraffinaderye en
brandstofdepots beïnvloed het, sal 'n negatiewe uitwerking op die ekonomie hê, het die
SA Kamer van Koophandel en Nywerheid (Sacci) Vrydag gewaarsku.
[Aangepas van <https://www.iol.co.za/business-report/economy/ceppwawu-strike-to-hurt-
economy-sacci-2054495> Verkry Des 2018]
6.3.1 Bespreek die moontlike negatiewe implikasies van 'n staking in die
petroleumbedryf. Jy kan na die impak op vulstasies, werknemers of kliënte
verwys.
(6)
6.3.2 Beskryf ander alternatiewe vorme van arbeidsoptrede wat die lede van
Ceppwawu kon gebruik het om hul griewe te lug.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 22 van 24
(6)
6.4 Bespreek DRIE moontlike voordele vir Shell Suid-Afrika om as 'n besigheid by
KSV-programme betrokke te raak. Gebruik voorbeelde om jou antwoord te
illustreer.
(6)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 23 van 24
6.5 Bestudeer die volgende infografika en beantwoord dan die vraag wat volg.
[Bron: <https://petroconnect.co.za/blog Verkry Februarie 2019>]
Doen voorstelle aan die hand van hoe vulstasie-eienaars party of al hierdie
stelselfoute kan hanteer.
(5)
[50]
150 punte
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: BESIGHEIDSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 24 van 24
ADDISIONELE SPASIE (ALLE vrae)
ONTHOU OM DUIDELIK BY DIE VRAAG AAN TE DUI DAT JY DIE ADDISIONELE
SPASIE GEBRUIK HET OM TE VERSEKER DAT ALLE ANTWOORDE NAGESIEN
WORD.
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
Related documents

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2016 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo
More from Grade 12 Business Studies

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

Question paperIEB
Business Studies Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

MemorandumIEB