Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye,
'n HTML-merkersblad en 'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC Supplementary Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die
eksamenlokaal geld.
2. Tik jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van ELKE dokument
wat jy skep of stoor, waar toepaslik.
3. Die toesighouer sal 'n CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') met al die lêers
wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar
die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n CD/DVD aan
jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die
CD/DVD skryf. Indien jy op die netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur
die toesighouer/onderwyser gegee word, volg.
4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
toesighouer vir 'n ander kopie vra.
5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
6. Beantwoord AL die vrae.
7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheuestokkie wat deur
die toesighouer aan jou gegee is, inlewer, met AL jou antwoordlêers daarop
gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan
jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word.
MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE. MOENIE duplikaat-
antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE.
10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel voorsien word, MOET NA
AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD. Lewer
dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.
11. Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme wat jy
gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
12. Tensy anders aangedui, gebruik formules en/of funksies vir ALLE
berekeninge in sigbladvrae. Gebruik absolute selverwysings slegs waar
nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle
in 'n sigblad kopieer.
13. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
aan die bestaande data gemaak word.
14. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy
steeds voortgaan met die vrae wat volg.
15. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui.
16. Gebruik sentimeter as maateenheid wanneer jy hierdie vraestel beantwoord.
17. Alternatiewe instruksies vir kandidate wat LibreOffice gebruik, word
gegee in gevalle waar dit verskil van die instruksies vir kandidate wat
Microsoft Office gebruik.
18. Gewoonlik word een punt per aksie toegeken; dus sal 'n 2 punt-vraag
gewoonlik TWEE aksies vereis, ensovoorts.
19. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheuestokkie wat jy saam met hierdie
vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker
dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.
1Climate_Klimaat Prentlêer
1Effect_Effek Woordverwerkingslêer
2Nature_Natuur Woordverwerkingslêer
3Extreme_Uiters Sigbladlêer
4Imp CSV-lêer
4Species_Spesies Sigbladlêer
5Spec_Spes Databasislêer
6Eleph_Olif Prentlêer
6Elephant_Olifant HTML-lêer
6Save_Red Woordverwerkingslêer
7Answ_Antw Woordverwerkingslêer
7Bird_Voël Woordverwerkingslêer
7Birds_Voëls Databasislêer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
SCENARIO
Die wêreld se klimaat is besig om te verander. Ys smelt en gletsers verdwyn.
Hittegolwe, storms en vloede word erger. Ons planeet word warmer en selfs 'n klein
styging in temperatuur kan ons klimaat verander. As ons klimaat verander, beïnvloed
dit ons almal.
Jou klas loods 'n bewusmakingsprogram om leerders bewus te maak van die
uitwerking van aardverwarming.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
'n Dokument wat die uitwerking van aardverwarming verduidelik, sal aan leerders
uitgedeel word. Jy is gevra om te help om die dokument te voltooi.
Maak die 1Effect_Effek-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou
eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in.
1.1 Meer inligting moet by die voorblad gevoeg word. Voltooi die voorblad
soos volg:
1.1.1 Voeg jou eksamennommer onder die opskrif 'Author' in die
teksinhoudkontrole ('text content control') in.
LET WEL: MOENIE die dokument se kenmerke ('properties')
verander NIE. (1)
1.1.2 Voeg die 1Climate_Klimaat-prent wat in die eksamenlêergids
gevind word, in die prentkontrole ('picture control') in. (2)
1.1.3 Pas die 'Global'-styl op die titel '10 Most Common Effects of Global
Warming' toe. (1)
1.2 Pas die aanhaling 'One of the most controversial topics in today's age is
global warming' aan sodat dit NIE in die inhoudsopgawe sal verskyn NIE.
LET WEL: Die inhoudsopgawe bevat slegs een opskrifstylvlak ('heading
style level').
Dateer ('update') die hele inhoudsopgawe op bladsy 2 op. (3)
1.3 Vind die teks 'global warming' in die eerste paragraaf van die dokument en
pas enige teksomlyning ('text outline') op die teks toe.
LET WEL: MOENIE WordArt/Fontwork gebruik NIE. (1)
1.4 Pas outomatiese nommering op die opskrif 'Rising Sea Levels' toe. (1)
1.5 Vind die paragraaf wat met 'When the surface …' begin en met '… low-lying
coastal areas' eindig.
Pas outomatiese woordafkapping ('automatic hyphenation') op hierdie
paragraaf toe. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.6 Voeg 'n boekmerk ('bookmark') met die naam 'Heat' by die opskrif
'2. Heat Waves' in. (2)
1.7 Vind die prent onder die opskrif '3. Killer Storms'.
Pas 'n 3.5 pt-raam ('border') om die prent toe.
Voeg 'n skaduwee-effek ('shadow effect') van jou keuse by. (3)
1.8 Vind die prent onder die opskrif '8. Wars'.
Merk die prent met 'n indeksinskrywing ('index entry') met die naam 'Wars'. (2)
1.9 Vervang alle gevalle waar die '&'-karakter voorkom, met die woord 'and'. (1)
1.10 Vind die bladsy waarop die opskrif '10. Ecosystem Failure' verskyn.
1.10.1 Plaas SLEGS hierdie bladsy, die opskrif en inhoud ingesluit, in
landskap-oriëntasie ('landscape orientation'). (1)
1.10.2 Die vorm ('shape') met die teks 'Soil' is nie by die gegroepeerde
prent ingesluit nie. Voeg die vorm ('shape') by die res van die groep
vorms op die bladsy. (1)
1.11 Vind die teks op die tweede laaste bladsy wat met 'We should install …' begin
en met '… not using them' eindig.
Voeg outomatiese kolpunte by hierdie teks.
Gebruik die (Microsoft Office: Wingdings-karakterkode 123/LibreOffice:
U+F07B) vir die kolpunte. (2)
1.12 Vind die prent op die tweede laaste bladsy onder die opskrif 'Preventive
Measures:'.
Pas dit aan sodat dit soortgelyk aan die voorbeeld hieronder vertoon.
Mineral
Resource
Sustainable Synthetic
Equality
Development Materials
Biological
Productivity
LET WEL: Maak seker dat die nuwe vorm se grootte soortgelyk is aan dié
van die ander vorms. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.13 Voeg 'n outomaties gegenereerde indeks ('index') op die laaste bladsy in sodat
die indeks soortgelyk aan die voorbeeld hieronder vertoon.
Gebruik die volgende formateringsopsies vir die indeks:
Gebruik een kolom.
Groepeer die inskrywings alfabeties onder die letters van die alfabet.
Stel bladsynommers inlyn ('align') met gidslyne ('tab leaders').
LET WEL: Jou bladsynommers mag verskil.
(4)
1.14 Voeg outomatiese bladsynommering soos volg in:
Voeg die bladsynommers gesentreerd ('centred') in die bladsyonderskrif
('page footer') in.
Begin die bladsynommering met 'i' (Romeinse syfer 1) op die bladsy met die
inhoudsopgawe.
Gebruik die nommeringstyl 1, 2, ensovoorts vir die res van die dokument, en
begin die nommering van die bladsye vanaf bladsy 1.
LET WEL: Die voorblad moet NIE genommer word NIE. (5)
Stoor en maak die 1Effect_Effek-dokument toe. [35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Die klas het 'n poësiekompetisie gehou om Natuurdag te vier. Die gedig wat die
kompetisie gewen het, is gepubliseer.
Maak die 2Nature_Natuur-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou
eksamennommer in die bladsyboskrif ('page header') in.
2.1 Stel die linker- en regter-inkeping ('indentation') van die hele dokument
op 3 cm. (2)
2.2 Pas soos volg 'n vergrotehoofletter-effek ('drop cap effect') op die opskrif
'Nature is Crying, You Should Know' toe:
Die vergrote hoofletter ('drop cap') moet in die kantlyn ('margin') verskyn.
Die vergrote hoofletter ('drop cap') moet oor TWEE reëls verskyn. (3)
2.3 Voeg soos volg 'n eindnota ('endnote') by die opskrif 'Nature is Crying, You
Should Know':
Gebruik die '#'-karakter op die sleutelbord as die doelgemaakte merk
('custom mark') vir die nota.
Gebruik die verhelderde ('highlighted') teks wat op die laaste reël van die
dokument gevind word as teks vir die eindnota. (3)
2.4 Verander die reëlspasiëring van die hele dokument na 'Multiple', gestel
op 1.15. (1)
2.5 Sentreer die teks en die prent in die dokument horisontaal en vertikaal op die
bladsy. (2)
2.6 Voeg 'n hiperskakel ('hyperlink') op die prent onderaan die bladsy in. Dit moet
met die webtuiste crying.com skakel. (2)
2.7 Verander die bladsykleur na enige kleur van jou keuse. (1)
2.8 Voeg die huidige datum ('current date') in die bladsyonderskrif ('page footer')
in. Die datum moet elke keer as die dokument oopgemaak word, outomaties
opdateer. (2)
Stoor en maak die 2Nature_Natuur-dokument toe. [16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 3: SIGBLAD
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. Gebruik absolute
selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy
dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer). Alle formules en/of funksies
moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word
veranderinge aan die bestaande data aangebring.
Data oor uiterste temperature en reënval is versamel.
Maak die 3Extreme_Uiters-sigblad oop en werk in die Ex_Eks-werkblad.
3.1 Formateer die werkblad soos volg:
3.1.1 Verander die agtergrondkleur van sel A1 na enige kleur van jou
keuse. (1)
3.1.2 Voeg sel A1:J1 saam ('merge'). (1)
3.1.3 Roteer die opskrifte van ry 2 met 90 grade. (1)
3.1.4 Verander die kleur van SLEGS die onderste raam ('border') van
sel A2:J2 na rooi. (2)
3.2 Gebruik 'n dataformaat ('data format') om al die negatiewe getalle in
sel C7:C32 in rooi en met TWEE desimale plekke te vertoon.
LET WEL: MOENIE voorwaardelike formatering ('conditional formatting')
gebruik NIE. (3)
3.3 Gebruik voorwaardelike formatering ('conditional formatting') in kolom D om
die sel met die GROOTSTE waarde EN die sel met die KLEINSTE waarde in
vetdruk te vertoon. (4)
3.4 Gebruik 'n kombinasie van funksies om die temperatuur in grade Fahrenheit
(131oF) uit sel C4 (die grade Celsius-kolom) te onttrek en dit in sel D4 (in die
kolom vir grade Fahrenheit) in te voeg.
LET WEL: Maak seker dat die korrekte resultate steeds verkry sal word,
selfs al verander die temperatuur in grade Fahrenheit in sel C4
(byvoorbeeld na 27oC of 80oF).
WENK: Bepaal eers die posisie van die spasie. Al die data ná die spasie
moet in die kolom vir grade Fahrenheit verskyn. Jy mag enige
van die leë kolomme, soos kolom K en L, gebruik om enige
voorlopige resultate te bereken. (7)
3.5 Die volgende formule word gebruik om grade Celsius na grade Fahrenheit om
te skakel:
o
C × 9 ÷ 5 + 32 = oF
Voeg 'n formule in sel D7 in deur die temperatuur in grade Celsius in sel C7
te gebruik en skakel dit om na grade Fahrenheit. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
3.6 Gebruik 'n funksie/formule in sel G4 om die getal volle dae wat verloop
het vanaf die datum waarop die hoogste temperatuur (sel F4) in Afrika ervaar
is, te bereken.
Byvoorbeeld, as die datum van die hoogste temperatuur 'Monday,
11 February 1935' was, sal die dae wat verloop het, 29 470 wees. (5)
3.7 Verander die bladsyinstelling ('page setup') soos volg:
Stel die reeks A2:D32 as die drukarea.
Gebruik 'n sigbladeienskap om te verseker dat al die data op een bladsy
sal pas.
LET WEL: MOENIE die sigblad druk NIE. (2)
Stoor en maak die 3Extreme_Uiters-sigblad toe. [28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 4: SIGBLAD
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. Gebruik absolute
selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy
dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer). Alle formules en/of funksies
moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word
veranderinge aan die bestaande data aangebring.
'n Studie is gedoen oor al die spesies wat die gevaar loop om uit te sterf.
'n Opsomming van hierdie bedreigde spesies is in 'n sigblad gestoor.
Maak die 4Species_Spesies-sigblad oop en werk in die Spec_Spes-werkblad.
4.1 Verander die hoogte van ry 1 na 30 pt. (1)
4.2 Gebruik 'n VLOOKUP-funksie in sel B6 om te bepaal tot watter tipe 'Birds' in
sel A6 behoort deur die tabel in die Type_Tipe-werkblad te gebruik.
Maak seker dat hierdie funksie korrek sal werk as dit na die ander selle
gekopieer word. (4)
4.3 Voeg 'n funksie in sel C10 om die totale getal 'vertebrate'-spesies te bereken. (2)
4.4 Voeg 'n funksie in sel L5 in om die persentasie van die getal soogdiere
('mammals') wat in 2014 bedreig was (kolom K) in verhouding tot die totale
getal spesies wat geëvalueer is (sel D10), te bereken. (2)
4.5 Voeg soos volg 'n funksie in sel N6 in om die vlak van erns ('severity level') te
bepaal deur die erns-persentasie in kolom M te gebruik:
'n Erns-persentasie van meer as 50% word as 'Very severe' geklassifiseer.
'n Erns-persentasie van meer as 15% en minder as of gelyk aan 50%,
word as 'Severe' geklassifiseer.
'n Erns-persentasie van minder as of gelyk aan 15%, word as 'Moderate'
geklassifiseer. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
4.6 Skep 'n sirkelgrafiek in sel O2 om die erns van die bedreigingstempo per
totale spesie te vertoon, soos in die voorbeeld hieronder getoon.
18%
50%
7%
Total Vertebrates
% of endangered types
Total Invertebrates 25%
Total Plants
Total Others
LET WEL:
Die data wat in die sirkelgrafiek gebruik is, word in kolom A en M vertoon.
Die titel '% of endangered types' verskyn ongeveer in die middel van die
sirkelgrafiek.
Die verklaring ('legend') verskyn links onder in die hoek.
Databyskrifte ('data labels') word gebruik, soos hierbo getoon.
Die 'Total Invertebrates'-segment is geskei van die res van die
sirkelgrafiek, soos hierbo getoon. (6)
4.7 Voer die data van die 4Imp-lêer in die eksamenlêergids in die Imp-werkblad
in. (2)
Stoor en maak die 4Species_Spesies-sigblad toe. [22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 5: DATABASIS
'n Databasis is geskep om data oor sekere bedreigde spesies vas te lê.
Maak die 5Spec_Spes-databasis oop.
5.1 Redigeer die Survey_Opname-tabel soos volg:
5.1.1 Verander die veldgrootte ('field size') van die Type-veld na 10. (1)
5.1.2 Daar is tans twee primêre sleutels op die tabel gestel. Verwyder die
primêre sleutel wat nie geskik is nie sodat slegs EEN geskikte
primêre sleutel oorbly.
WENK: Kyk na die data wat in hierdie velde gestoor is. (1)
5.1.3 Skep 'n toevoermasker ('input mask') op die ID-veld om te verseker
dat die gebruiker soos volg 'n kode invoer:
Vyf verpligte hoofletters
Gevolg deur ten minste een, maar moontlik twee, syfers
VOORBEELD: REPHE99 of MOLAL4 kan as aanvaarbare kodes
ingevoer word. (5)
5.1.4 Die Protected-veld vertoon nie die 'Yes'- en 'No'-waarde in die
aftreklysblokkie ('drop-down list box') soos bedoel nie.
Verander die opsoekveldkenmerke ('lookup field properties') om die
fout reg te stel. (1)
5.1.5 Skep 'n nuwe opsoekveld ('lookup field') met die naam FullStatus.
Gebruik die data in die Name-veld van die Code_Kode-tabel om die
waardes vir die nuwe veld te voorsien. (4)
Stoor en maak die Survey_Opname-tabel toe.
5.2 Skep soos volg 'n vorm met die naam frm5_2 wat op die Survey_Opname-
tabel gebaseer is:
Sluit al die velde van die Survey_Opname-tabel in.
Die vorm moet 'n tabeluitleg ('tabular layout') hê.
Verander die font van die vormopskrif ('form heading') na vetdruk en
verander die agtergrondkleur van die vormopskrif na enige kleur van jou
keuse.
Tik jou eksamennommer in die vormvoetskrif ('form footer').
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
5.3 Maak die qry5_3-navraag oop.
Vertoon slegs die voël- en planttipes wat beskerm ('protected') is.
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (5)
5.4 Maak die qry5_4-navraag oop.
Voeg die velde SName, Status en Population in die twee tabelle wat
voorsien is, in die navraag in.
Sorteer die navraag in stygende ('ascending') volgorde op die
CName-veld.
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (3)
5.5 Navorsing toon dat die bevolking van elke spesie elke jaar met 1% sal
verminder. Maak die qry5_5-navraag oop.
Vertoon slegs die rekords waar 'n waarde vir die algemene naam (CName)
gegee is.
Voeg 'n berekende veld met die naam NewPop in wat die nuwe bevolking
sal bereken nadat die grootte met 1% verminder is.
Vertoon hierdie getal as 'n telgetal ('whole number').
Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
5.6 Skep 'n verslag met die naam rep5_6 wat op die Survey_Opname-tabel
gebaseer is.
Die verslag moet die inligting vertoon in 'n uitleg soortgelyk aan die een in die
voorbeeld hieronder.
rep5_6
Survey by Year SurveyDate ID CName Protected
2012 Number of items: 20
2012/02/02 FisAm84 Roanoke bass Yes
2012/02/14 BirAi56 Bachman's sparrow Yes
2012/03/01 MolFu48 Atlantic pigtoe Yes
2012/04/19 FisEt10 Carolina darter - Eastern No
2012/04/20 PlaEm62 Eastern isopyrum No
2012/05/27 PlaAl86 Striped garlic No
2012/07/01 InsGo22 Rapids clubtail No
2012/08/19 InsCa67 Carolina ladle crayfish Yes
2012/08/24 BirLa41 Loggerhead shrike No
2012/08/25 RepHe99 Four-toed salamander Yes
2012/09/01 InsCh76 A mayfly No
2012/09/10 MolTo77 Savannah lilliput No
2012/10/01 MolVi50 Carolina creekshell Yes
2012/10/25 PlaPh99 Buttercup phacelia Yes
2012/10/28 PlaPa79 Horsetail crown grass Yes
2012/11/03 MolAl4 Brook floater Yes
2012/11/07 MolVi54 Notched rainbow Yes
2012/11/11 MolAl91 Triangle floater Yes
2012/11/17 PlaDi85 A witch grass No
2012/12/31 BirHa57 Bald eagle Yes
2013 Number of items: 12
2013/02/06 PlaFo64 Large witch alder No
2013/03/06 MolEl15 Roanoka slabshell No
2013/03/26 InsGo37 No
2013/04/12 InsNe40 Septima's clubtail No
2013/05/24 PlaPt92 Harperella Yes
2013/05/31 FisNo17 Cape Fear shiner No
2013/06/25 PlaCo38 Piedmont horsebalm Yes
LET WEL:
Die formatering hoef nie presies soos die formatering in die voorbeeld
hierbo te lyk nie.
Maak seker dat die korrekte data verskyn.
Die verstekgroepering ('default grouping') volgens datum verskaf die
datum volgens maand ('date by month'). Verander dié opsie om die datum
volgens jaar ('date by year') te vertoon.
'Survey by Year' is 'n groepopskrif ('group heading').
Die formaat van die datum mag verskil, afhangend van die instellings van
die rekenaar.
Let op die berekeninge wat verskyn.
Stoor en maak die rep5_6-verslag toe. (7)
Maak die 5Spec_Spec-databasis toe. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
Jy word gevra om 'n inligtingspamflet te help ontwerp om te help om olifante te red.
Maak die onvolledige 6Elephant_Olifant-webblad in 'n webblaaier, asook in 'n teks-/
HTML-redigeerder oop.
LET WEL:
Vraagnommers word as opmerkings ('comments') in die kodering ingevoeg om aan
te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te word.
'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg.
Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vraag te help.
6.1 Korrigeer die HTML-merkers om die teks 'Save the Elephant' in die
webblaaier-oortjie ('browser tab') te vertoon. (1)
6.2 Voeg HTML-merkers by om die 6Eleph_Olif.jpg-prent wat in die
eksamenlêergids gevind word, te vertoon.
Stel die prent links inlyn, soos in die voorbeeld op die vorige bladsy getoon. (2)
6.3 Formateer die teks 'SAVE THE ELEPHANT' met die font 'Elephant'. (2)
6.4 Vergroot die fontgrootte van die teks 'FROM THE KIDS ANIMAL
PROTECTION' met 1. (2)
6.5 Voeg 'n horisontale lyn met die volgende kenmerke onder die liggaammerker
('body tag') in, soos in die lêer getoon:
Stel die lynkleur op 'n geel kleur.
Stel die lyngrootte op 4. (3)
6.6 Voeg 'n ry met die teks 'Asian Elephant' by die tabel.
Die tabel moet soos volg vertoon:
African Elephant
Asian Elephant (2)
6.7 Formateer die teks 'Physical description' met 'n 'Heading 2'-styl. (1)
6.8 Vertoon die teks 'Proboscidea' in skuinsdruk/kursief. (1)
6.9 Pas soos volg nommering toe op die teks onder die opskrif 'Threats to
elephants':
i. Poaching is still a problem.
ii. Habitat loss is a concern. (3)
6.10 Voeg 'n skakel ('link') op die woorde 'Save the Elephant' wat na die dokument
6Save_Red.docx skakel wat in die eksamenlêergids gevind word. (3)
Stoor en maak die 6Elephant_Olifant-dokument toe. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 7: ALGEMEEN
'n Nuusbrief is geskep oor die uitwerking van aardverwarming op voëls. Jy is gevra om
te help om die dokument te voltooi.
Maak die 7Bird_Voël-woordverwerkingsdokument oop.
7.1 Vind die teks op die eerste bladsy wat met 'What is Global Warming?' begin
en met '… and other species' op die tweede laaste bladsy eindig en doen die
volgende:
Plaas hierdie teks in twee kolomme.
Maak seker dat die opskrif 'How will Global Warming affect us?' altyd
boaan die tweede kolom sal verskyn. (2)
7.2 Vind die volgende teks op die tweede laaste bladsy:
Snow Goose Chen caerulescens
Canada Goose Branta canadensis
Trumpeter Swan Cygnus buccinator
Wood Duck Aix sponsa
Sommige tabelstopinstellings ('tab settings') is reeds op die teks toegepas.
Pas die tabelstopinstellings aan om die teks te formateer sodat dit soos volg
vertoon:
Snow Goose ...................................... Chen caerulescens
Canada Goose .................................. Branta canadensis
Trumpeter Swan ............................ Cygnus buccinator
Wood Duck ....................................... Aix sponsa (2)
7.3 Voeg 'n tekswatermerk ('text watermark') in wat die teks 'Birds' vertoon. (2)
7.4 Vind die teks 'Figure 1: Comparison of bird species for 2000 and 2014'.
Gebruik enige metode om 'n grafiek ('chart/graph') onder hierdie teks te skep,
soos hieronder getoon.
LET WEL:
Gebruik die data in die tabel op die laaste bladsy om 'n vergelyking tussen
die jaar 2000 en 2014 te toon.
Ignoreer die inlynstelling van die horisontale byskrifte ('labels').
2500
2000
1500
1000 2000
500
0 2014
(4)
Stoor en maak die 7Birds_Voëls-dokument toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
7.5 Jy is gevra om te help om die data in die 7Birds_Voëls-databasis te ontleed.
Maak die 7Answ_Antw-dokument oop en voeg jou eksamennommer in die
dokument in.
Hierdie vraag vereis dat jy die antwoord gee en kortliks die spesifieke
metode/formule/funksie verduidelik wat jy gebruik het om die antwoord te
verkry.
VOORBEELD:
VRAAG KORT VERDUIDELIKING ANTWOORD
Hoeveel seuns is in die Filtreer om die seuns van 12A 24
graad 12A-klas? te onttrek en gebruik dan die
'Count'-funksie.
Gebruik die Birds_Voëls-tabel in die 7Birds_Voëls-databasis om die vrae
hieronder te beantwoord.
7.5.1 Hoeveel rekords is daar in die databasis?
LET WEL: Geen verduideliking word vereis nie. (1)
7.5.2 Hoeveel voëls het nog nie 'n Engelse naam ('English name') gekry
nie? (2)
7.5.3 Tot watter familie behoort die 'Pardusco' ('English name')? (2)
7.5.4 Hoeveel voëls met 'n Engelse naam wat die woord 'Macaw' bevat, is
daar in die databasis? (2)
7.5.5 Hoeveel unieke families is daar in die databasis? (2)
Stoor en maak die 7Answ_Antw-dokument toe. [19]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
<body></body> Definieer die liggaam van die Voor elke lysitem ingevoeg, en
webblad voeg 'n nommer of simbool by
<li></li>
<body Stel die agtergrondkleur van afhangende van die tipe lys wat
bgcolor="pink"> die webblad geselekteer is
<body Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in
text="black"> liggaamteks
<head></head> Bevat inligting oor die Stel 'n prent inlyn: kan "left",
<img src="name"
webblad "right", "center", "bottom", "top",
align="left">
<html></html> Skep 'n HTML-dokument – "middle" wees
begin en eindig 'n webblad
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title> Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent
webblad
<br/> Voeg 'n reëlbreuk in <img src="name"
width="200" Stel die hoogte en breedte van
<!-- --> Kommentaar 'n prent
Teksmerkers ('Text Tags') height ="200">
Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks
<img src="name"
<hl></hl> wanneer die muis oor 'n prent
Skep die grootste opskrif alt="alternative
text"> gehou word of wanneer die
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif prent nie gevind kan word nie
<hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n
Skep teks in vetdruk
lyn
<i></i> <hr width="80%"/> Stel die breedte van 'n lyn, in
Skep teks in skuinsdruk
persentasie of absolute waarde
<font Stel fontgrootte, van "1" tot <hr color=
size="3"></font> "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
"7"
<font Tabelmerkers ('Table Tags')
color="green"> Stel fontkleur
</font> Merker ('Tag') Beskrywing
<font face="Times <table></table> Skep 'n tabel
New Roman"></font> Stel fonttipe
<tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
Merker ('Tag') Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
<th></th> vetgedrukte, gesentreerde
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel teks)
<a href="URL"><img <table
src="name"></a> Skep 'n prentskakel width="50"> Stel die breedte van die tabel
Skep 'n teikenarea in die <table Stel die breedte van die raam
<a name="NAME"></a>
dokument border="1"> rondom die selle van die tabel
Skakel na 'n teikenarea wat <table Stel die spasie tussen die selle
<a href= cellspacing="1">
elders in die dokument van die tabel
"#NAME"></a>
geskep is <table Stel die spasie tussen 'n
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan
Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die
<tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook ''center''
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf of ''right'' wees)
Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling
<p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> vir sel(le) ("top", kan ook
''center'' wees "middle" of "bottom" wees)
<br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line
<td colspan="2"> Stel die getal kolomme waaroor
break') in
'n sel moet strek
<ol></ol> Skep 'n genommerde lys
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel
<td rowspan="4">
"I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
<ul type="disc",
Definieer die tipe kolpunte
"square","circle">
</ul> wat gebruik word
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – FEBRUARIE/MAART 2016
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat voltooi word) 180
SENTRUMNOMMER ___________________________________________________________
EKSAMENNOMMER ____________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER _________________________________________________________
SUITE GEBRUIK
LibreOffice 4.4 Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office
(Maak 'n kruisie in die
of hoër 2007 2010 2013
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander
(Maak 'n kruisie in die Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer (Spesifiseer)
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam(-name) wat vir elke antwoord gebruik is, inskryf. Maak 'n
regmerkie indien dit gestoor en/of gedoen is.
Nasiener-
Vraag- Gestoor Gedoen Maksimum Punt
Lêernaam paraaf/
nommer () () Punt Behaal
-kode
1 35
2 16
3 28
4 22
5 40
6 20
7 19
TOTAAL 180
Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper