Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend ʼn HTML
merkersblad, toevoermasker karakterblad en ʼn inligtingsblad.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 716.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die
eksamenlokaal geld.
2. As jy op die netwerk werk, of die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die
instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders
sal die toesighouer ʼn CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) met al die lêers wat
vir die eksamen benodig word, aan jou gee. Indien ʼn CD/DVD/geheueskyf
(‘flash drive’) aan jou uitgereik is, moet jy jou naam en van en klasseksie op
die CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) skryf.
3. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash
drive') inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou
antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou
antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die
toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is.
4. Maak absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
nie, verwyder NIE.
5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.
6. ʼn Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, mag jy die
toesighouer vir ʼn ander kopie vra.
7. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3
11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ʼn vraag vereis dat
die antwoord in sel F3 in ʼn sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel
G4 in, sal dit NIE nagesien word NIE.
12. Maak seker dat die streeksinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’
ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommeringstellings en
geldeenheidsinstellings (‘currency settings’) korrek ingestel is.
13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op ‘English (South Africa)’
stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui. Gebruik sentimeters as meeteenheid.
14. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ʼn sigblad kopieer.
LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as
veranderinge aan die bestaande data gemaak word.
15. Jy mag NIE ʼn woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
vraag te beantwoord NIE.
16. Die eksamenlêergids/data disket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang,
bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers
het voordat jy met hierdie eksamen begin.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
SCENARIO
Tegnologie ontwikkel net al hoe meer soos die tyd aanstap. Dit raak almal van
ons. Of ons daarvan hou of nie die 4de Industriële Revolusie is hier. Die
affekteer onderwys, besigheid, arbeid, ens.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
ʼn Dokument is geskep om meer inligting omtrent die 4de Industriële Revolusie te
verskaf. Redigeer die dokument soos versoek.
Open die 1_4th Industrial Revolution-woordverwerkingsdokument.
1.1 Verander die voorblad as volg:
1.1.1 Verander die jaar van die dokument na die huidige jaar. (1)
1.1.2 Die prentjie op die voorblad is onderstebo, roteer/draai die
prentjie sodat dit normaal vertoon. (1)
1.2 ʼn Inhoudsopgawe is in die dokument ingevoeg.
1.2.1 Die paragraaf wat in blou verlig is onder die opskrif: “What
exactly is the fourth Industrial Revolution?” verskyn in die
inhoudsopgawe.
Verander die paragraaf sodat slegs die opskrif van die paragraaf
in die inhoudsopgawe verskyn en nie die paragraaf nie. (3)
1.2.2 Verander die ‘heading style 2’ opskrif as volg:
Verander die fontkleur na enige blou kleur.
Spasiëring na die paragraaf moet 12 pt wees. (2)
1.3 Vind al die verskynsels van die “4th Industrial Revolution” en vervang dit
met 4IR. (2)
1.4 Vind die prentjie onder die opskrif “Where did the term ‘Fourth Industrial
Revolution’ come from?”
Voeg ʼn 2 pt geel raam rondom die prentjie.
Voeg ʼn ‘Offset Top shadow’-effek rondom die prentjie. (3)
1.5 Skuif die Figure 2 prentjie regs tot na die verligte paragraaf, dieselfde as
die Figure 1 prentjie.
Maak seker dat die byskrif (caption) Figure 2 onder die prentjie verskyn. (3)
1.6 Vind die woorde “Klaus Schwab” verhelder in rooi.
Voeg ʼn eindnota in met die volgende teks, “Founder and
Executive Chairman of the World Economic Forum”. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.7 Vind die teks “Placeholder1” verhelder in liggroen en doen die volgende:
Voeg ʼn nuwe joernaal-artikel (bron) in met die skrywer genaamd
“Klaus Schwab”.
Voeg die jaar 2020 in die jaar-veld. (3)
1.8 Verander die oriëntasie van die bladsy wat begin met die opskrif, “What
are the technologies driving change?” wat in geel verlig is, na landskap.
LET WEL: Slegs bladsy 5 moet in landskap wees. (3)
1.9 Vind en korrigeer die spelfout in die dokument. (1)
1.10 Sorteer die paragrawe op bladsy 6 wat begin met “Virtual Reality” en
eindig met “Energy Capture” in stygende orde. (2)
1.11 Voeg ʼn outomatiese bladsynommering in die bladsyonderskrif (footer) van
die dokument as volg:
Die bladsynommers moet gesentreer word.
Die eerste en tweede bladsy van die dokument moet NIE
genommer word nie.
Bladsynommering moet op die derde bladsy begin met nommer
1, dan 2, ens. (5)
1.12 Voeg ʼn tekswatermerk slegs op die laaste bladsy in met die teks 4IR wat
horisontaal vertoon. (4)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Jy word ook versoek om die brief aan te pas en te versprei na mense wat belang
sal stel om beoordelaars te wees.
Maak die 2_4IR Research-woordverwerkingsdokument oop en verander die
dokument as volg:
2.1 Verander die bladsy-uitleg as volg:
Boonste en onderste kantruimtes moet 1,5 cm wees.
Verander die grootte van die papier na 20 cm wydte en 28 cm hoogte. (2)
2.2 Vind die paragrawe wat met die woorde “The keynote”, “Instead” en “A
vast” begin.
Plaas hierdie teks in DRIE kolomme.
Verander die spasie tussen die kolomme na 1,1 cm.
Maak seker dat die verligte woorde altyd aan die bokant van die kolom
is.
Justifiseer al die teks in die kolomme. (4)
2.3 ʼn Opname is gedoen om die gereedheid van die mense omtrent die 4IR
te toets. Resultate word aangedui onder die opskrif “A survey”, wat met
“Technologies” begin en met “33” eindig.
Omskep (Convert) die teks na tabel.
Gebruik ʼn ‘Grid Table 4 Accent 2’ styl vir die tabel.
Gebruik ʼn woordverwerkingseienskap (feature) om te verseker dat die
tabelopskrifte herhaal sal word indien die tabel na ʼn volgende bladsy
skuif.
Sentreer al die inhoud van die tabel, vertikaal en horisontaal. (5)
2.4 Voeg ʼn skadu dubbellyn-omraming om die laaste paragraaf van die
dokument. (2)
2.5 Voeg die huidige datum (current date) in die bladsyonderskrif (footer). Die
datum moet outomaties opdateer elke keer wat die dokument oopgemaak
word. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 3: SIGBLAD
Die munisipaliteit in jou omgewing bied opleidingsgeleenthede aan die
gemeenskappe om hulle op te lei, om hulle vir die 4IR voor te berei.
Maak die 3_ Resources-sigblad oop en werk in die WardInfo-werkblad.
3.1 Formateer die werkblad as volg:
3.1.1 Voegsaam en sentreer die inhoud van selle A1:O1. (2)
3.1.2 Voeg ʼn 'Thin Diagonal Stripe' patroonstyl vul-effek in die
saamgevoegde sel. (2)
3.1.3 Verseker dat die inhoud van ry 3 sigbaar is sonder om die wydte
van die kolom te vergroot. (1)
3.1.4 Vries die panele sodat al die opskrifte in ry 3 sigbaar is wanneer jy
afbeweeg. (2)
3.2 Voeg kommentaar (comment) in sel E4 met die woorde “Unit Price”. (2)
3.3 ʼn “Ward Number” word vir elke saal (ward) verskaf. Skep ʼn wyknommer
in sel B5 vir Ward 1 deur van die volgende gebruik te maak:
Eerste letter van die “Ward Name”.
Laaste twee letters van die “Ward Name”.
Eerste letter van die “Location” in kleinletters. (4)
3.4 Elke wyk het ʼn begroting gekry om die gemeenskap te help.
Die bedrag is in kolom J. Die wyke moet die geld op rekenaar, tablette,
internettoegang, projektors en interaktiewe witborde spandeer.
Voeg ʼn funksie in sel K5 om al die uitgawes in Ward 1 te bereken. (2)
3.5 Bereken in sel L8 die balans (balance) van die bedrag wat deur Ward 4
gespandeer is. (2)
3.6 Gebruik ʼn formule in sel M5 om die aantal rekenaars wat deur Ward 1
gekoop is te bereken.
Kopieer die formule af vir al die wyke (wards). (4)
3.7 Bereken in sel N6 watter persentasie van die uitgawes was spandeer op
rekenaars in Ward 2, rond die antwoord af tot geen desimale plekke. (3)
3.8 Gebruik ʼn sigbladeienskap in selle L5:L34 om outomaties ʼn groenvul met
donkergroen teks op die getalle wat ʼn oorspandering (over expenditure)
aandui. (3)
3.9 Alle wyke wat nie hulle begroting oorskry het nie, word vergoed met ʼn bonus.
Voeg ʼn funksie in sel O5 om Bonus te wys vir die wyke wat kwalifiseer vir
ʼn bonus en laat oop (blank) vir die wat nie kwalifiseer nie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.10 Daar was aanbeveel dat die meeste van die begroting spandeer moes
word om rekenaars aan te koop.
Bereken in sel E37, die bedrag wat “Urban wards” (Stedelike wyke) op
rekenaars spandeer het. (4)
3.11 “Rural wards” (Landelike wyke) was versoek om meer as 25% van hulle
begroting op rekenaars te spandeer. Dié wat so maak sal ʼn toekenning
ontvang.
Voeg ʼn funksie in sel E39 om te wys of Ward 3 ʼn toekenning sal ontvang,
indien wel, moet Award vertoon word en indien nie, dan moet No Award
vertoon word. (4)
3.12 Bereken in sel E41 die aantal “Semi Rural wards”.
(3)
3.13 Gebruik ʼn LOOKUP funksie in sel E43, om te bepaal wat die geslag van
die raadslid vir Ward 3 is. (5)
3.14 Voeg ʼn funksie in sel E45 om aan te dui watter wyke nie rekenaars
aangekoop het nie. (2)
3.15 Grafiek/Kaart
ʼn Opname is gedoen om die gereedheid van die mense te toets
aangaande die 4IR. Gebruik die inligting van die opname in die werkblad
“SurveyResults” om ʼn grafiek te skep soos die onderstaande een. Skuif
grafiek na die 4IR werkblad.
(7)
[56]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9
VRAAG 4: DATABASIS
Bystand is aan die onderskeie munisipaliteite rakende die 4IR vertonings (‘roadshows’)
belowe. Die bystand sal in die vorm van menslike en finansiële hulpbronne wees.
Open die 4_4IR databasis en doen die volgende:
4.1 Tabel: Wards
4.1.1 Verseker dat enige data wat tans in die WardName-veld gestoor is, in
hoofletters sal wees. (1)
4.1.2 Verander die veldeienskappe van die WardNumber-veld sodat:
Dit ʼn vereiste (required) veld is.
Die data in die veld in vasgestelde (fixed) formaat vertoon word. (2)
4.1.3 ʼn Prentjie van die kaart na die wyk word benodig. Verander die
datatipe van die Prentjie-veld (Image) sodat jy ʼn prentjie in die veld kan
invoeg. (1)
4.1.4 Verander die veldeienskappe van die SubmissionDate-veld sodat:
Dit nie ʼn datum na 30 June 2020 aanvaar nie.
ʼn Gepaste valideringsteks ingevoeg kan word. (3)
4.1.5 Skep ʼn nuwe veld genaamd Devices.
Gebruik die data in die Item field van die Info table om die waardes
van die nuwe veld te verskaf. (3)
4.2 Vorm
Skep ʼn vorm genaamd frm4_2 gebaseer op die WardInfo-tabel, wat
die volgende velde sal bevat:
WardName; WardNumber; Location; Budget; Expenditure en
Balance.
Die volgende moet in ag geneem word:
Vorm is in Columnar-uitleg geskep.
Die fontgrootte van die opskrif is 36 pt.
Die opskrif moet sentreer word.
Die agtergrondkleur van die vormboskrif moet geel wees.
Voeg die prentjie 4_Form.jpg wat in jou eksamenlêer voorkom in die
vormboskrif en skuif (align) die prentjie na regs.
Verander die formaat van die Budget veld na geldeenheid (Currency) met
geen desimale plekke.
Voeg ʼn knoppie (button) in vanaf die beskikbare kontrole (controls) in die
vormonderskrif van die vorm.
Die aksie van die knoppie (button) moet wees om na die volgende rekord
te beweeg.
Stoor en maak die frm4_2 vorm toe. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
4.3 Navrae
4.3.1 Skep ʼn navraag om te bereken wat die bedrag geld is wat elke
Location spandeer het op uitgawes. Wys selfs die Location-veld en
die veld waar berekening (calculate field) gedoen is.
Stoor navraag as Qry4_3_1. (3)
4.3.2 Verander die navraag Qry4_3_2 sodat slegs die Rural en Semi Rural
wyke vertoon. Gebruik ʼn databasisfunksie om die totale begroting wat
hierdie wyke gebruik het te bepaal. (4)
4.3.3 Wyke met ʼn negatiewe balans sal ʼn 30% lening kry, wat bereken
word op die begroting wat hulle ontvang het.
Verander die Qry4_3_3 om slegs die wyke wat kwalifiseer vir die
lening aan te dui.
Bereken die bedrag wat elke wyk as ʼn lening sal ontvang.
Die naam van die berekende veld moet Loan wees.
Stel die nuwe veld se geldeenheid (currency) na Suid-Afrikaanse
geldeenheid. (5)
4.4 Verslag
Skep ʼn verslag met die volgende velde, WardName; WardNumber;
Location en Budget vanaf die WardInfo-tabel.
Groepeer eers volgens Location en dan volgens Budget.
Voeg ʼn formule tot die Location-groepvoetskrif om totale begroting van
elke Location te bereken.
Maak gebruik van voorwaardelike formatering om die Rural Locations na
rooifont te verander.
Skep ʼn nuwe veld genaamd Future Projections waar jy 10% byvoeg tot die
Budget om te sien wat die verwagte uitgawes vir die volgende jaar sal wees,
indien pryse met 10% styg. (10)
[42]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11
VRAAG 5: WEBONTWERP (HTML)
Een van die wyksraadslede het ʼn webblad saamgestel om die gemeenskap oor
4IR in te lig.
Maak die onvolledige 5_Website.html-webblad in ʼn webblaaier en ook in ʼn teks-
/HTML-redigeerder oop. Jy mag NIE ʼn woordverwerkingsprogram soos Word
gebruik om die HTML-vraag te beantwoord NIE.
LET WEL:
Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om
jou te lei waar om die antwoord(e) in voeg. MOENIE hierdie kommentaar
uitvee NIE.
ʼn HTML-merkersblad is vir jou verwysing aangeheg.
Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
5.1 Sentreer die opskrif van die webblad en die fontgrootte na 50. (2)
5.2 Skep ʼn anker (anchor) heel boaan die webblad. (3)
5.3 Die prentjie boaan die webblad vertoon nie korrek nie. Maak die fout reg
sodat die prentjie sal vertoon soos op die voorbeeld op vorige bladsy. (2)
5.4 Die lys van nadele van die “4th Industrial Revolution” vertoon nie korrek
nie. Korrigeer die foute. (3)
5.5 Formateer die webblad sodat die kleur van die tabel ligblou is en die
wydte 80%. (2)
5.6 Voeg die ontbreekte ry in die tabel in soos vertoon word in die voorbeeld
op die vorige bladsy. (3)
5.7 Formateer die laaste ry sodat dit versprei oor die drie kolomme en
verander die teks na vetdruk. (2)
5.8 Voeg in ʼn hiperskakel wat die gebruiker sal terugneem na die bokant van
webblad. (3)
[21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13
VRAAG 6: ALGEMEEN
Wyke word deur die munisipaliteit versoek om kwotasies te kry om tegnologie-
toestelle aan te koop.
J & C Tech Suppliers het ʼn kwotasie vir al die wyke voorberei. Die bron van die
kwotasie is 6_Calculations.
6.1 Open die woordverwerkingsdokument 6_Quote en verander die kwotasie
as volg:
6.1.1 Voeg vandag se datum in die volgende formaat: (2020)(03)(10).
Maak seker dat die datum outomaties opdateer. (2)
6.1.2 Gebruik ʼn Woordverwerkingseienskap om die onderstaande tabel
te skep. Die tabel wys die toestelle wat deur J & C Suppliers
verkoop word. Die spasies tussen die kolomme is 0.3 cm.
Rekenaar Interaktiewe witbord Data-projektor
Slimfoon Wi-Fi Roeteerder Televisie
(4)
6.2 Die kwotasie sal SLEGS aan Wyke wie se begroting uitgeput is gestuur
word. Gebruik die Customer sheet in die 6_Calculator sigblad as die
ontvangerslys (recipients list) om die volgende te doen:
Gebruik ʼn saamvoegeienskap (mail merge) om die briewe na die
Wyke te stuur.
Voeg die Ward Names in die Ward Name-veld.
Voltooi die saamvoeg (Mail Merge).
Stoor die saamgevoegde briewe (merged letters) as Letters in die
eksamenlêer. (5)
[11]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
TOEVOERMASKER (INPUT MASK) KARAKTERBLAD
Basiese Merkers (Basic Tags) Formatting Tags continued
Merker (Tag) Beskrywing Merker (Tag) Beskrywing
<body></body> Definieer die liggaam van die <li></li> Word voor elke lysitem
webblad ingevoeg, en voeg dan ʼn
<body Stel die agtergrondkleur van nommer of simbool by
bg colour="pink"> die webblad afhangende van die tipe lys
wat geselekteer is
<body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg ʼn prent in
liggaamteks
<head></head> Bevat inligting oor die <img src="name" Stel ʼn prent inlyn: kan ook
dokument align="left"> ''right", "center"; "bottom",
"top", "middle'' wees
<html></html> Skep ʼn HTML-dokument – <img src="name" Stel die grootte van die raam
begin en eindig ʼn webblad border="1"> rondom ʼn prent
<title></title> Definieer ʼn titel vir die <img src="name" Stel die hoogte en breedte
dokument width="200" height van ʼn prent
<!-- --> Kommentaar ="200">
Teksmerkers (Text Tags) <img src="name" Vertoon alternatiewe teks
Tag Description alt="alternative wanneer die muis oor ʼn prent
<hl></hl> Skep die grootste opskrif text"> gehou word of wanneer die
prent nie gevind word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg ʼn horisontale lyn in
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van
ʼn reël
<i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width="80%"/> Stel die breedte van ʼn lyn, in
persentasie of absolute
waarde
<font Stel fontgrootte van "1" tot "7" <hr Stel die kleur van die lyn
size="3"></font> colour="ff0000"/>
<font Stel fontkleur Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times Stel fonttipe Merker (Tag) Beskrywing
New Roman"></font>
Skakelmerkers (Link Tags) <table></table> Skep ʼn tabel
Merker (Tag) Beskrywing <tr></tr> Skep ʼn ry in ʼn tabel
<a href="URL"></a> Skep ʼn hiperskakel <td></td> Skep ʼn sel in ʼn tabel
<a href="URL"><img Skep ʼn prentskakel <th></th> Skep ʼn tabelopskrif (in ʼn sel
src="URL"></a> met algemene vetgedrukte,
gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a> Skep ʼn teikenarea <table width="50"> Stel die breedte van die tabel
<a href="#NAME"></a> Skakel na ʼn teikenarea wat <table border="1"> Stel die breedte van die raam
elders in die dokument geskep rondom die selle van die
is tabel
Formateringsmerkers (Formating Tags) <table Stel die spasie tussen die
cellspacing="1"> selle van die tabel
Merker (Tag) Beskrywing <table Stel die spasie tussen ʼn
cellpadding="1"> selraam en die inhoud
daarvan
<p></p> Skep ʼn nuwe paragraaf <tr align="left"> Stel die inlynstelling vir die
sel(le) (kan ook ''center'' of
''right'' wees)
<p align="left"> Stel ʼn paragraaf links inlyn <tr valign="top"> Stel die vertikale inlynstelling
(verstek), kan ook ''right'' of vir sel(le) (kan ook ''middle'' of
''center'' wees ''bottom'' wees)
<br/> Voeg ʼn reëlbreuk ('line break') <td colspan="2"> Stel die getal kolomme
in waaroor ʼn sel moet strek
<ol></ol> Skep ʼn genommerde lys <td rowspan="4"> Stel die getal rye waaroor ʼn
sel moet strek
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat
"I","i","1"></ol> gebruik is
<ul></ul> Skep ʼn kolpuntlys
type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat
"square","circle"></ul> gebruik word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 15
KARAKTER BESKRYWING
Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-
0
tekens nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]-
9
en minus [–]-tekens nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as
oop plekke (‘blanks’) in Redigeringsmodus (‘Edit mode’)
#
vertoon, maar oop plekke word verwyder wanneer data gestoor
word; plus [+]- en minus [–]-tekens toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en
tydskeiers (Die werklike karakter wat gebruik word,
hang van die instellings ('settings') in die 'Regional
.,:;-/ Settings
Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die
'Windows Control Panel' af.)
Laat alle karakters na onderkas ('lower case')
<
omgeskakel word
Laat alle karakters na bokas ('upper case')
> omgeskakel word. Jy kan die uitroepteken by enige
plek in die toevoer invoeg.
Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van
links na regs, vertoon. Karakters wat in die
toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links
! na regs.
Jy kan die uitroepteken op enige plek in die
toevoermasker invoeg.
Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter
\ vertoon word (byvoorbeeld, \A word slegs as A
vertoon)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – SEPTEMBER 2020
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SKOOL:
NAAM:
WERKSTASIENOMMER: _______________________________
SUITE GEBRUIK Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office Office 365
(Maak ʼn kruisie in die 2010 2013 2016
toepaslike blokkie
(X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander
(VRAAG 6) (Spesifiseer)
Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer
(Maak ʼn kruisie in die
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM:
Maak ʼn regmerkie langs lêername indien dit gestoor en/of gepoog is.
Vraagnommer Lêernaam Gestoor Gepoog Maksimum Maksimum Nasiener HvD Groep EM
(√) (√) punt behaal
1 1_4th Industrial
35
Revolution
2 2_4IR
Research 15
3 3_Resources
56
4 4_4IR
42
5 5_Website
21
6 6_Calculator
11
6_Quote
TOTAAL: 180
Kommentaar (slegs vir die nasiener)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

Exam guideline
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 Guideline

Memorandum