Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)




View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 419.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantruimte van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat ʼn reël na ELKE sub-vraag oop.
7. Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ʼn 2 punt-vraag
TWEE feite vereis, ensovoorts.
8. Lees die vrae sorgvuldig en MOENIE meer inligting gee as wat die vraag
vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.
9. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.
10. Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘vinniger/stadiger’, ‘makliker’, ens. sal SLEGS
aanvaar word indien dit gemotiveer word.
11. MOENIE handelsname in antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek vereis
word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 ʼn USB-poort word gebruik om randapparatuur (‘peripherals’) aan ʼn
rekenaar te koppel. Indien jy ʼn beperkte aantal USB-poorte het, kan jy ʼn
USB- … gebruik om die aantal poorte uit te brei.
A koppelstuk (‘hub’)
B flitsskyf (‘flash disk’)
C verlengingskoord
D modem (1)
1.2 Watter sleutels moet jy druk om die Task Manager oop te maak?
A Alt + Ctrl
B Ctrl + Alt + Enter
C Alt + PrtScr
D Ctrl + Alt + Del (1)
1.3 Watter EEN van die volgende kombinasies van sigbladfunksies sal ʼn kode
in hoofletters, met die laaste 3 letters van die naam, vertoon?
(i) CAPITAL
(ii) UPPER
(iii) LEFT
(iv) RIGHT
A (ii) en (iv)
B (ii) en (iii)
C (i) en (iv)
D (iii) en (iv) (1)
1.4 ... verwys na ʼn besering wat kan voorkom as gevolg van die herhalende
gebruik van ʼn toevoertoestel soos ʼn sleutelbord.
A SVE ('CPU')
B RSS
C RFID
D RSI (1)
1.5 ... is ʼn voorbeeld van ʼn e-handel-webtuiste.
A Spotify
B eBay
C iCloud
D YouTube (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.6 ʼn … is NIE ʼn voorbeeld van kwaadwillige sagteware ('malware') NIE.
A Trojaan
B Advertensie-blokkeerder
C Wurm
D Sleutelvaslegger (‘keylogger’) (1)
1.7 Watter EEN van die volgende toestelle sal gebruik word om ʼn noodtoevoer
van elektrisiteit in geval van ʼn kragonderbreking te voorsien?
A Kragstuwing-beskermer (‘Surge protector’)
B Kragbron (‘Power Supply Unit’)
C OKT ('UPS')
D Modem (‘Router’) (1)
1.8 Watter een van die volgende is ʼn voorbeeld van sekondêre geheue?
A ETG ('RAM')
B LAG (‘ROM’)
C Drukker
D Geheuekaart (1)
1.9 ʼn Rede waarom ʼn web-kamera NIE gepas sal wees om foto’s by ʼn glans-
geleentheid soos ʼn prysuitdeling te neem NIE.
A Aangesig-tot-aangesig kommunikasie
B Hoë koste
C Lae video kwaliteit
D Onvoldoende stoorplek (1)
1.10 Om alle kommentare en veranderinge in ʼn dokument te druk, moet die
volgende in die ‘Print dialog box’ geaktiveer wees:
A Print Selection only
B Only Print even pages
C Print Markup
D Scale to Paper size (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
VRAAG 2: PASITEMS
Kies ʼn term/begrip uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–P) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 Q.
KOLOM A KOLOM B
2.1 ʼn Program wat op die Web soek vir webblaaie wat A Vorming (‘Shaping’)
verwant is aan sleutelwoorde of frases wat deur ʼn
persoon wat soek na inligting, ingesleutel is
2.2 ʼn Proses waar ʼn projek befonds word deur verskeie B Drywer (‘Driver’)
klein donasies deur baie donateurs
2.3 ʼn Voorbeeld van ʼn gewilde, gratis, aanlyn- C VPN
kantoorpakket
2.4 ʼn Kommunikasie-tegnologie wat ʼn paar-('pairing')- D Skyfskoonmaak
proses benodig (‘Disk Cleanup’)
2.5 ʼn Tegniek wat deur IDVs ('ISPs') gebruik word om E FTP
sommige dienste te prioritiseer
2.6 Protokol vir die stuur van groot lêers via die Internet F PPM
2.7 ʼn Tipe lêer wat beide klank- en video-inhoud bevat G MP4
2.8 ʼn Toestel wat gebruik kan word om data permanent H Podcast
te stoor
2.9 Sagteware wat ʼn rekenaar in staat stel om met I LTE
hardeware of toestelle te kommunikeer
2.10 ʼn Nutsprogram wat gebruik kan word om meer J Internet
stoorspasie beskikbaar te maak deur onnodige
lêers te verwyder
K Soekenjin (‘Search
engine’)
L Bluetooth
M SSD
N Opwipper-webblaaier
(‘Pop-ups’)
O Google Docs
P Skarebefondsing
(‘Crowd funding’)
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs
die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling
indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woorde(e) om die stelling WAAR
te maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie. GEEN
punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.)
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin. Waar
ʼn NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE (‘CPU’).
3.1 Toepassingsagteware beheer en bestuur hulpbronne op die rekenaar. (1)
3.2 ʼn Warmkol ('hotspot') is ʼn area waar jy koordloos toegang tot die internet kan
kry. (1)
3.3 OKH (‘OCR’)-sagteware word gebruik om geskandeerde beelde van teks om te
skakel in teks wat in ʼn program soos ʼn woordverwerker geredigeer kan word. (1)
3.4 Uitvissing ('Phishing') neem gebruikers na vals webtuistes sonder hulle
medewete. (1)
3.5 Byvoegingsagteware (‘add-on software’), soos flash-spelers, brei die funksies
van ʼn webblaaier uit. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Die bedryfstelsel is die belangrikste sagteware wat op ʼn rekenaar gelaai is.
Dit stel jou in staat om met die rekenaar te kommunikeer.
4.1.1 Een van die sleutelfunksies van die bedryfstelsel is om die geheue te
bestuur.
Waarom is dit so ʼn noodsaaklike funksie? (2)
4.1.2 Gee TWEE voorbeelde van hoe ʼn bedryfstelsel ons ʼn basiese vlak
van sekuriteit verskaf. (2)
4.1.3 Nutsprogramme is deel van stelselsagteware. Wat is die funksie van
nutsprogramme en wat is die ‘verwantskap’ tussen nutsprogramme
en die bedryfstelsel? (2)
4.2 Jy het ʼn saamgeperste lêer as ʼn e-posaanhegsel ontvang en het dit vir virusse
nagegaan en dit lyk asof dit ‘veilig’ is.
4.2.1 Het ʼn mens spesiale sagteware nodig om ʼn saamgeperste lêer te
skep?
Verduidelik jou antwoord kortliks. (2)
4.2.2 Wat is die algemeenste rede waarom ʼn mens ʼn lêer sal saampers,
wanneer dit as ʼn e-posaanhegsel gestuur word? (2)
4.3 ʼn Rekenaaradvertensie adverteer ʼn SVE (‘CPU”) met kasgeheue-grootte
(‘cache memory’) van 8192 KB.
Verduidelik wat kasgeheue (‘cache memory’) is en waarom dit die algehele
werkverrigting van ʼn rekenaar kan verbeter. (2)
4.4 Bestudeer die advertensie van ʼn skootrekenaar hieronder:
- 13.3 duim (‘inch’) FHD LED Vertoon
- Intel Core i7 8565U Verwerker
- 16 GB ETG ('RAM')
- 512 GB SSD
- Intel® UHD Graphics 620
- Windows 10 Home
- 3 Jaar Waarborg (By Registrasie) (https://www.incredible.co.za/dell-xps-13-9380-i7-notebook#)
4.4.1 Verduidelik waarna elke vertoon (‘display’) spesifikasie in die eerste
reël van die advertensie verwys. (3)
4.4.2 Wat is die grootte van die geheue (‘memory’) en die stoorplek
(‘storage’) onderskeidelik? Maak ʼn duidelike onderskeid tussen die
TWEE konsepte waarna jy verwys. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
4.4.3 Is Windows 10 ʼn eiendomsregtelike (‘proprietary’) of oopbron- (‘open
source’) bedryfstelsel? (1)
4.4.4 Noem die spesifieke poort wat die skootrekenaar moet hê om die
gebruiker in staat te stel om aan die volgende te koppel:
(a) ʼn Dataprojektor (1)
(b) ʼn Eksterne hardeskyf (1)
4.4.5 Noem EEN rede vir die keuse van ʼn SSD in plaas van ʼn HDD. (1)
4.5 Noem TWEE voordele van die gebruik van ‘HDMI’-tegnologie bo die van
‘VGA’-tegnologie. (2)
4.6 Noem TWEE maniere hoe ʼn gebruiker sagteware op ʼn rekenaar, wat nie ʼn
optiese aandrywer het nie, kan installeer. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Noem TWEE faktore wat sorgvuldig oorweeg moet word wanneer ʼn IDV
(‘ISP’) gekies word, behalwe koste. (2)
5.2 Gee TWEE beperkings wanneer ʼn ADSL-konneksie gebruik word. (2)
5.3 Bestudeer die internetkonneksie-pakket hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
30 GB data per maand
Gevormde (‘Shaped’)
5.3.1 Sou jy die bogenoemde pakket as beperk (‘capped’) of onbeperk
(‘uncapped’) beskryf? Motiveer jou antwoord. (2)
5.3.2 Gee die algemene term wat gebruik word wanneer ʼn internetdiens-
verskaffer jou internetspoed stadiger maak wanneer jy groot
hoeveelhede data aflaai. (1)
5.3.3 Gee TWEE faktore (behalwe die een in VRAAG 5.3.2) wat internet-
spoed kan beïnvloed. (2)
5.4 Leerders kan geklikkaap (‘click-jacked’) word wanneer hulle deur ʼn sosiale-
media-webtuiste blaai.
Verduidelik die term klikkaping (‘click-jacked’). (2)
5.5 Noem die tipe internetkonneksie wat lig vir data-oordrag gebruik. (1)
5.6 Baie maatskappye maak gebruik van video-konferensies om via ʼn netwerk
met mekaar te kan kommunikeer.
5.6.1 ʼn Persoon ervaar gereeld swak beeldgehalte tydens video-
konferensies (die beeld ‘breek op’).
Stel TWEE langtermynoplossings vir hierdie probleem voor. (2)
5.6.2 Verduidelik kortliks wat die term bandwydte beteken. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR
6.1 Verduidelik waarom die gebruik van ʼn aanlyn-vraelys ʼn doeltreffende opsie vir
data-insameling is, deur te verwys na:
Data-vaslegging
Data-verwerking (2)
6.2 Wat is die verskil tussen ʼn opname en ʼn onderhoud? (2)
6.3 Waarna verwys die term inligting oorlading (‘information overload')? (1)
6.4 Hoe sal jy weet of ʼn webblad eg en betroubaar is vir gebruik in navorsing? (2)
6.5 Gee TWEE potensiële voordele vir die gebruik van navrae (‘queries’) in plaas
van filters in ʼn databasis. (2)
6.6 Verduidelik waarom ʼn bibliografie by ʼn navorsingsverslag gevoeg moet word. (1)
[10]
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Verduidelik hoe ʼn blog van ʼn vlog verskil. (2)
7.2 Groot data (‘Big Data’) is massiewe gestruktureerde en ongestruktureerde
datastelle wat met rekenaars ontleed word om neigings en patrone te
openbaar.
Bespreek TWEE vaardighede wat van persone wat ʼn loopbaan in Groot data
(‘Big Data’) wil volg, vereis word. (2)
7.3 Wanneer jy nuwe sagteware koop en/of installeer, moet ʼn ELO (EULA)-
ooreenkoms aanvaar word. Wat is die doel van hierdie ooreenkoms? (2)
7.4 Gee TWEE potensiële nadele van e-leer (‘e-learning’), wat gedurende die
COVID-19 pandemie ervaar is, wanneer dit met die tradisionele
klaskamerbenadering uitgesluit enige koste-faktore vergelyk word. (2)
7.5 Beskryf die funksie van virtuele assistent-sagteware. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 Hoe verander jy ʼn eindnota (‘endnote’) na ʼn voetnota (‘footnote’)? (3)
8.2 Verwys na die diagram hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Elke student het ʼn unieke kode nodig om hulle algehele finale uitslae te
ontvang.
Skryf die formule wat jy in sel B6 sou gebruik om ʼn unieke kode te skep
neer, deur die volgende instruksies te volg:
Die eerste 2 letters van die studente se name (kolom C); gevolg deur
Die totaal van die semester (kolom G).
VOORBEELD: AS80 (4)
8.3 Bestudeer die sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
8.3.1 Gee slegs die naam van die funksie wat in Kolom C gebruik is om
die posisie van die spasie tussen die voornaam en die van in
Kolom B te bepaal. (1)
8.3.2 Noem die sigbladeienskap wat gebruik is om die woorde in sel C1
onder mekaar binne dieselfde sel te vertoon. (1)
8.3.3 Noem die sigblad-funksie wat in Kolom A gebruik is om stelselmatig
outomatiese nommers vanaf 1 tot 5 in opeenvolgende rye in te voeg. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
8.4 Bestudeer die skermkopie hieronder van ʼn uittreksel uit ʼn databasistabel is
en beantwoord die vrae wat volg.
8.4.1 Watter kriterium sou jy in ʼn navraag gebruik om woonbuurtes
(‘suburbs’) wat met ‘A’ begin te onttrek? (2)
8.4.2 Dui aan watter datasoort vir die veld DwellingNumber gebruik is. (1)
8.4.3 Watter kriterium sal jy in ʼn navraag voeg om die rekords te vind
waarvoor daar nie ʼn waarde in die DwellingNumber-veld gevoeg is
nie? (1)
8.5 Verduidelik kortliks waarvoor die Widow/Orphan-kontrole in ʼn woord-
verwerker gebruik word. (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Jou ouers het besluit om ʼn skootrekenaar te koop. Die verkoopsman het hulle
oortuig om ook ʼn VRX5 te koop aangesien dit deel van moderne tegnologie is. Hulle
het nog nooit tevore gehoor van ʼn VRX5 nie. Hieronder is ‘n prent van ʼn VRX5. Help
hulle deur die volgende vrae te beantwoord.
- 3D briltipe
- Materiaal: Hoë kwaliteit ABS-materiaal +
Sferiese Hars- ('Resin') Lens
- Analoog-besigtigingsafstand: 3 m om
1 000 duim reuseskerm te kyk
- Produk-kode: IS-VRX5
9.1 Identifiseer EN beskryf die tipe toestel (VRX5) hierbo. (2)
9.2 Noem EEN gebruik en EEN nadeel van die VRX5. (2)
9.3 Gee TWEE redes waarom jy liewer ʼn skootrekenaar bo ʼn tafelrekenaar in
hierdie konteks sou verkies. (2)
9.4 Identifiseer TWEE sagteware-verwante probleme wat die spoed van ʼn
rekenaar kan laat afneem.
Skryf ʼn potensiële oplossing vir ELK van die probleme neer. (4)
9.5 Jy gaan jou skootrekenaar met jou gedeeltelik siggestremde broer deel.
Noem TWEE toestelle wat hom kan help met sy interaksie met die inhoud op
die monitor. (2)
9.6 Skype is ʼn gewilde sagteware program wat SoIP (‘VoIP')-tegnologie gebruik.
Gee TWEE nadele van die gebruik van SoIP ('VoIP')-sagteware, buiten die
feit dat dit internet-toegang benodig. (2)
9.7 Gee TWEE moontlike gebruike vir stemherkenning-sagteware anders as vir
sekuriteit-doeleindes. (2)
9.8 Afkoopsagteware (‘Ransomware’) is ʼn tipe kwaadwillige sagteware
('malicious software') van kriptovirologie wat dreig om ʼn slagoffer se data
bekend te maak of toegang daartoe te blokkeer tensy ʼn losprys betaal word.
9.8.1 Hoe kan jy afkoopsagteware ('ransomware') verhoed? (2)
9.8.2 Waarom betaal baie mense die losprys? (2)
9.8.3 Anonieme betalings word vir losprysbetalings gebruik.
Noem EEN van betalingsmetode wat gebruik kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
9.9 Windows 10 het geen opsie om outomatiese stelsel-opdaterings af te skakel
nie.
9.9.1 Gee TWEE redes waarom sagteware-ontwikkelaars opdaterings
vrystel. (2)
9.9.2 Noem TWEE potensiële nadele om nie die opsie te hê om die
outomatiese opdaterings af te kan skakel nie. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15
VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
5G is die volgende generasie mobiele netwerk-
tegnologie na 4G. 5G is daarop gemik om
mobiele kommunikasie vinniger en
betroubaarder te maak namate al hoe meer
toestelle aanlyn gaan.
Anders as in die verlede, toe mobiele netwerke
slegs selfone moes ondersteun wat net op die
internet blaai en teksboodskappe stuur, het ons nou allerhande bandbreedte-
veeleisende toestelle soos HD-streaming slimfone, slimhorlosies met
dataplanne, altyd-aan sekuriteitskameras, selfbestuurde en internetgekoppelde-
motors, en ander moontlike toestelle soos gesondheidsensors en AR- en VR-
hardeware.
[Artikel vryvertaal uit 5G wireless technology deur Tim Fisher: www.lifewire.com]
10.1 Waarvoor staan die ‘G’ in 4G of 5G? (1)
10.2 Noem TWEE maniere (protokolle) waarop aanlyn-toestelle draadloos met
mekaar kan verbind. (2)
10.3 Noem EEN drabare rekenaar (‘wearable computer’) wat in die artikel
hierbo genoem word en gee EEN taak wat ʼn gebruiker met hierdie toestel
kan verrig. (2)
10.4 Wat word die rekenaar genoem wat alle inligting vanaf gekoppelde toestelle
ontvang en sentraal stoor? (1)
10.5 Verduidelik waarom HD-streaming baie bandwydte benodig. (2)
10.6 Gee die naam van die eenheid waarin oordragsnelheid na of vanaf die
internet gemeet word. (1)
10.7 Gee EEN rede waarom oplaaisnelhede (‘upload speeds’) gewoonlik stadiger
as aflaai-snelhede (‘download speeds’) is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
10.8 Koppel die dataplan in KOLOM B met ʼn gebruiker in KOLOM A. Skryf slegs
die vraagnommer en die letter van die dataplan neer, byvoorbeeld 10.8.4 D.
KOLOM A KOLOM B
GEBRUIKER DATAPLAN
10.8.1 Student wat die internet A
soos benodig vir navorsing
gebruik
10.8.2 Besigheidsgebruiker wat via B
Skype-vergaderings met
kliënte regoor die wêreld
kommunikeer
10.8.3 Kantoorgebruiker wat C
meestal e-posse stuur en
sosiale netwerke besoek
(3 x 1) (3)
10.9 Tydens die COVID-19 pandemie wil skole so ver as moontlik digitaal
(‘paperless’) funksioneer.
10.9.1 Noem TWEE voordele vir onderwys wanneer mobiele
kommunikasie vinniger en meer betroubaar word. (2)
10.9.2 Leerders sal kitsboodskappe gebruik om met onderwysers en
mekaar te kommunikeer.
Gee TWEE voorbeelde van kitsboodskap-toepassings. (2)
10.10 Die skool het tydens die pandemie elektroniese tablette aan leerders verskaf.
ʼn Databasis is geskep om met die tablette tred te hou.
Die volgende velde is geskep:
Veldnaam Data-tipe Omskrywing
Naam Short Text Die naam van die ontvanger van die tablet,
bv. Mpho Dlamini
Kategorie Short Text Die graad van ʼn leerder bv. Gr 12
Waarde 10.10.1 Die waarde van die tablet, bv. R4 500.00
TabletID 10.10.2 ʼn Foto van die reeksnommer van die tablet,
bv. SN 123654785.png
Beantwoord die volgende vrae gebaseer op die ontwerp van die databasis-
tabel hierbo:
10.10.1 Gee die mees geskikte datatipe vir die Waarde-veld. (1)
10.10.2 Gee die mees geskikte datatipe vir die TabletID-veld. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 17
10.11 Noem TWEE algemene voordele vir die gebruik van rekenaargebaseerde-
opleidingsagteware. (2)
10.12 Noem TWEE maniere waarop AR- en/of VR-tegnologie die
gesondheidsektor kan bevoordeel. (2)
10.13 Noem TWEE nadele van 3D-drukkers. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)
Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2013 QP (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

Exam guideline
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 Guideline

Memorandum