NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)




View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 648.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
VOORSTELLE EN AANBEVELINGS VIR NASIENERS
• Verwys dikwels terug na die vrae en die nasienriglyn gedurende die
nasiensessie.
• Dit is raadsaam om die vrae gereeld te lees (en te herlees) tesame met die
kandidaat se antwoord om na te gaan dat dit ooreenstem, sodat jy nie deur die
kandidaat se stellings/antwoorde mislei word nie.
• Wees versigtig om nie op sleutelwoorde of algemene stellings te fokus nie, maar
lees eerder die hele antwoord. As jy twyfel, lees die hele antwoord, dan die vraag
in die vraestel en die antwoord in die nasienriglyn.
o Vra jouself of jou senior nasiener of die antwoord in die nasienriglyne kan
‘pas’ voordat die korrekte punte aan die kandidaat toegeken word.
o Aanvaar korrekte antwoorde wat anders uitgedruk word, bv. die nasienriglyn
noem ‘stadig’ en die kandidaat antwoord ‘nie vinnig nie’.
• Wees versigtig vir oorvleuelende antwoorde op ʼn spesifieke vraag. In die
algemeen word EEN punt per feit toegeken.
• Moenie antwoorde namens die kandidaat kies nie. Waar ʼn vraag vereis dat die
kandidaat moet LYS of NOEM: merk die eerste getal antwoorde wat vereis word,
bv. die eerste TWEE feite as ʼn kandidaat ʼn lys van VYF feite gee wanneer slegs
TWEE feite vereis word, selfs as dit in ʼn paragraafvorm aangebied word.
• Vrae wat langer antwoorde vereis moet as ʼn enkele eenheid gesien word. Punte
kan toegeken word indien korrekte stellings op enige plek in die paragraaf
voorkom.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE VRAAG 2: PASITEMS
1.1 B 2.1 K
1.2 A 2.2 R
1.3 D 2.3 I
1.4 C 2.4 T
1.5 B 2.5 C
1.6 D 2.6 B
1.7 D 2.7 H
1.8 A 2.8 S
1.9 D 2.9 D
1.10 A 2.10 L
(10 x 1) [10] (10 x 1) [10]
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Nota aan nasiener:
• In VRAE 3.1, 3.3, en 3.5: Moet kandidate die regte term gee om die punt te
verdien.
• Ken die punt toe indien die korrekte antwoord gegee is sonder die woord
ONWAAR.
• MOENIE die punt toeken indien slegs die woord ONWAAR gegee is sonder die
korrekte antwoord NIE.
3.1 Onwaar – ergonomie (1)
3.2 Waar (1)
3.3 Onwaar – bandwydte (1)
3.4 Waar (1)
3.5 Onwaar – stelselsagteware (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Beskryf ʼn SOHO gebruiker en gee EEN voorbeeld van so ʼn gebruiker
Beskrywing
• SOHO-gebruikers (Small Office Home Office) gebruik gewoonlik
algemene intreevlak rekenaars vir algemene funksies soos
byvoorbeeld, rekeningkundige take of rekeninge uitstuur, beplanning,
elektroniese dokumentering, ens.
Voorbeeld
argitek, eiendomsagent, regsdienste, ens. of enige iemand wat van die huis
af werk 2
4.2 TWEE algemene take/funksies wat deur nutsprogramme uitgevoer
word
Funksie:
• Programme wat die stelsel instand hou, stelseladministrasie
verrig en wat hardeware- en netwerkkonfigurasie doen
OF
Take:
• Lêer bestuur
• Lêer sorteer
• Lêer herbenoeming
• Lêer omskakeling
• Lêer herstel
• Skyfskandering en defragmentering
• Druktake
• Rugsteun van data
• Anti-virus
• Samepersing
Nota aan merker: (Enige ander aanvaarbare voorbeelde)
(enige 2 funksies en/of take) 2
4.3 4.3.1 TWEE maniere waarop data op ʼn rekenaar verlore kan gaan
• Hardeskyf faal
• Data is korrup
• Data word per ongeluk uitgevee
• Rekenaar word gesteel
• Rekenaar in brand of aardbewing beskadig of vernietig sou word
• Virus
Nota aan merker: (Enige ander aanvaarbare voorbeelde)
(Enige twee) 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
4.3.2 EEN manier hoe rugsteun van data veiliger gedoen kan word
• Stoor data op eksterne toestelle soos flits skywe, draagbare
hardeskywe
• Hou data op ʼn veilige plek weg van die rekenaar
• Aanlyn-rugsteundienste
(Enige een) 1 3
4.4 4.4.1 Negatiewe verband verbonde aan die konsep van:
‘Altyd aan – Altyd gekonnekteer’
• Werkers is geneig om betrokke te wees by werkverwante sake
24/7/Geen wegbreek van die werksomgewing
• Verslawingsversteuring aan sosiale media/internet
• Geen ontspanning nie
• Gesondheidsprobleme
• Gebrek aan privaatheid
• Geen sosiale verhoudings nie/gebrekkige kommunikasie
• Impak op slaapgewoontes
Nota aan merker: (Enige ander aanvaarbare voorbeelde)
(enige een) 1
4.4.2 EEN rede hoekom notasagteware op mobiele toestelle tot
voordeel van verkeersbeamptes sal wees
• Notas word opgeneem, gestoor en georganiseer in een
toestel/plek
• Verhoed dat data verlore gaan
• Notas altyd byderhand – geen risiko van geen papier om op te
skryf nie
• Kan die notas en foto’s van die ongelukstoneel integreer
(Enige een) 1 2
4.5 4.5.1 Tegnologie in slimfone wat stemherkenning moontlik maak
Biometriese toevoer 1
4.5.2 Tegnologie om geografiese ligging te bepaal
GPS 1 2
4.6 Belangrikheid daarvan om lêers saam te pers
•Om lêers kleiner te maak, sodat dit minder stoorplek in beslag neem
•Maak skyfspasie vry
•Om ʼn e-posaanhegsel kleiner te maak en makliker te stuur
•Kan effektiewe rugsteunplan ondersteun
•Kan verseker dat gestoorde lêers veiliger is
(Enige twee) 2
4.7 Defragmentasie van hardeskyf sal nie ekstra spasie beskikbaar stel nie
ʼn Skyfdefragmenteeder is ʼn nutsprogram wat dele van lêers herorganiseer
en jou rekenaar vinniger maak en nie ekstra spasie beskikbaar stel nie 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
4.8 4.8.1 Konsep virtuele geheue
Die ongebruikte skyfspasie van ʼn hardeskyf, wat die bedryfstelsel
in staat stel om te werk asof dit toegang het tot meer RAM, stel die
rekenaar in staat om nog meer programme tegelyk uit te voer 1
4.8.2 TWEE voorbeelde wanneer bedryfstelsel virtuele geheue
gebruik
• Wanneer te veel programme oop is
• Wanneer programme te groot is om van beskikbare ETG
(RAM) af te werk
• Wanneer die beskikbare geheue vol is
(Enige twee) 2 3
4.9 4.9.1 Tegnologie waarna die prent verwys
Hommeltuig tegnologie 1
4.9.2 TWEE beperkings van hommeltuigtegnologie
•
Die batteryleeftyd beperk die vlieg tyd van die hommeltuig
•
Weerveranderinge in ʼn gebied beïnvloed die gebruik van
hommeltuie en reën of sneeu kan die elektroniese
komponente beskadig en die kommunikasie tussen die
hommeltuig en die beheerder belemmer
• Die gebruik van hommeltuie kan deur reëls/wette oor
lugruimtes beperk word
• Mens benodig ʼn spesiale vlieglisensie om sommige
hommeltuie te vlieg
(Enige twee) 2 3
4.10 4.10.1 Verduideliking hoe Virtuele Realiteit werk
•Laat gebruikers toe om deur ʼn virtuele wêreld omring te
word/mislei jou brein om te glo jy is in ʼn 3D-wêreld
• Dit word gedoen met stereoskopiese beelde en werk deur
twee effens verskillende hoeke van die toneel aan elke oog te
vertoon en sodoende diepte te simuleer 2
4.10.2 DRIE beperkings van die gebruik van virtuele realiteit
• Onvolledige tegnologie (nog steeds nuut)
• Kan bewegingsiekte veroorsaak
• Tegniese beperkings: beweging, swak hardeware en lae
resolusie
• Sielkundig: morele en etiese kwessies
(Enige drie) 3 5
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
VRAAG 5: INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Konsep e-handel
• E-handel is die algemene term vir enige tipe besigheidstransaksie wat
kommunikasie oor die internet behels
• Dit verwys na die koop en verkoop van goedere of dienste en ook na die
bemarking daarvan 2
5.2 TWEE aanbevelings vir beter privaatheid op sosiale media, soos
Facebook of WhatsApp
• Verseker dat slegs gemagtigde persone die plasings/inhoud kan sien /
privaatheidinstellings kan gebruik (verberg persoonlike besonderhede)
• Skakel koekies uit/af
• Deaktiveer/beperk toegang tot programme van derdepartye/Skakel die
deel van data met diensverskaffer van sosiale netwerke uit, indien moontlik
• Blokkeer gebruikers waarmee u nie wil kommunikeer nie
• Versteek/moenie persoonlike besonderhede deel nie
• Skakel die funksie “Deel ligging” uit
(Enige twee) 2
5.3 TWEE redes vir vesel-internetverbinding bo ADSL-verbinding
• Optiese vesel is vinniger
• Betroubaarder
• Beter (duideliker) in data-oordrag
• Optiese kabels word nie maklik gesteel nie (soos koperkabels)
• Minder steuring van elektriese bronne
• Maak nie saak hoe ver van die sentrale punt nie, maar steeds sterk data-
oordrag
• Het nie ʼn vaste lyn nodig om toegang tot die internet te kry nie
(enige twee) 2
5.4 TWEE voordele van aanlyn-inkopies
• Aflewering by jou huis/Jy hoef nie jou huis te verlaat nie/Geriefliker, 24/7
vanuit die gerief van jou eie huis
• Pryse kan goedkoper wees
• Die besigheid kan sy oorhoofse koste (lone, winkelhuur en handel
wêreldwyd) verminder.
• Die besigheid hoef nie groot hoeveelhede voorraad te dra nie.
• Veiliger as om na ʼn winkel te gaan
• Kan jou inkopies vanaf enige toestel wat aan die internet gekoppel is, doen
• Kan spesifikasies/pryse maklik vergelyk/makliker vind om spesifieke
artikels te vind
• Kan aanbevelings/keuses van ander klante sien
• Baie wyer verskeidenheid artikels om van te kies/kan by oorsese winkels
gekoop word
• Bespaar reiskoste wanneer jy inkopies doen, ens.
(Enige twee) 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
5.5 TWEE maatreëls om kliënte te beskerm tydens aanlyn bank
• Gebruik van eenmalige/per sessiewagwoorde wat na jou slimfoon
gestuur word
• 2 stap/faktor bekragtiging
• Wagwoorde/PIN nommers per sessie
• SMS-kennisgewing van transaksies
• Veilige protokolle soos (BSL) SSL
• Sleutelbord op die skerm om PIN nommers in te voer en die gevaar van
keyloggers te elimineer
• ʼn Aanlyn-sessie sal outomaties stop as die gebruiker vir ʼn seker tyd geen
aktiwiteit toon nie.
• Banke plaas prominente waarskuwings en veiligheidswenke op hul
webwerwe.
(Enige twee) 2
5.6 Hoekom nie VoIP vir noodoproepe nie
• Internetverbinding is dalk nie betroubaar nie
• Gebrek aan bandwydte
• Bestemmingspunt het moontlik nie VoIP nie
• Dit is moeilik vir nooddienste om die oorsprong van die oproep op te
spoor
(Enige een) 1
5.7 Verduidelik kortliks wat inligtingoorlading is
Inligtingoorlading is wat gebeur wanneer mense nie die hoeveelheid inligting
waaraan hulle daagliks blootgestel word, kan hanteer nie. 1
5.8 Verskil tussen roeteerder (‘router’) en modem
Jy het ʼn modem nodig om aan die internet te konnekteer terwyl ʼn
roeteerder die internettoegang na jou toestelle (rekenaar, slimfoon, slim-TV,
ens.) versprei
OF
Die verskil tussen ʼn modem en ʼn roeteerder is dat ʼn modem aan die internet
koppel en ʼn roeteerder koppel toestelle aan Wi-Fi
OF
Roeteeerder skep ʼn netwerk tussen die rekenaars in jou huis, terwyl die
modem daardie netwerk (rekenaars, toestelle) aan die internet koppel 2
5.9 Lêer formaat/tipe om potgooi te stoor
MP3 1
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR
6.1 TWEE voordele van elektroniese vorms om inligting te versamel
• Verbeterde akkuraatheid/ Datavalidering kan gedoen word/Geen probleme
met handskrif nie
• Minder tyd benodig vir datavaslegging/Respondente is dalk meer geneig
om die opname te voltooi/beantwoord
• Data kan direk vir ontleding uitgevoer word (bv. na ʼn sigblad)
• Makliker om opname te ‘versprei’ /het ʼn groter verskeidenheid
respondente, ens.
(Nota aan merker: Aanvaar antwoorde wat verband hou met enige tipe
elektroniese vorm, soos Google Docs, Microsoft Word-vorms, ens.)
(Enige twee) 2
6.2 Twee redes vir ʼn gevolgtrekking in ʼn formele verslag
Dit ...
• Verskaf ʼn opsomming van die hoofargumente
• Verskaf ʼn moreel / aanroep tot aksie
• Verskaf ʼn algemene antwoord op die Fokusvraag
(Enige twee) 2
6.3 6.3.1 TWEE redes inligting nie betroubaar is nie – evalueer bronne
Dit het ʼn bron evalueringsprobleem ten opsigte van ...
•
Gesag (is materiaalvervaardigers mode-deskundiges?)
•
Akkuraatheid (word die inligting gestaaf?)
•
Tydigheid (is dit nog steeds relevant, nog nie eers ʼn eeu nie?)
•
Objektiwiteit (materiaalvervaardigers mag eie belange nastreef
(Enige twee) 2
6.3.2 EEN manier om paragraaf meer geskik te maak vir insluiting in
verslag
•
Sluit in ʼn verwysing by die bron, byvoorbeeld deur middel van ʼn
aanhaling, hiperskakel, ens.
• Sluit die inligting uit wat nie gestaaf kan word nie
• Sluit inligting uit ʼn ander bron in, om die huidige stelling te staaf
(Enige een) 1 3
6.4 TWEE aspekte wat by ʼn taakdefinisie ingesluit moet word
• Stel die probleem/huidige situasie/Waarom dit ʼn probleem is
• Fokus van die ondersoek
• Hoe om die navorsing te doen
• Waar om inligting te kry/Hoe inligting gebruik sal word
• Teiken gehoor (Target audience)
• Hoe die inligting aangebied sal word
(Enige twee) 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
6.5 Hoe om te vermy om aan plagiaat skuldig te wees
• Gee erkenning aan bronne, (bv. bibliografie en sitaat)
• Skryf in jou eie woorde/Gebruik ʼn omskrywingsinstrument
(‘paraphrasing tool’)
• Moenie teks kopieer en plak nie
• Gebruik ʼn ooreenkoms-toetser (‘similarity checker’) (bv. Turnitin)
(Enige een) 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Konsep gebruiker-gesentreerde ontwerp (GGO)
ʼn Metode van rekenaarprogramontwerp wat op die gebruiker se spesifieke
behoeftes en vereistes fokus 1
7.2 Sagteware toeganklikheidsopsie vir persoon met bewerasies
• Stadige muis-spoed
• Filter sleutels
• Stem-tik/stemherkenning/ spraak-tot-teks/'narrator'
(Enige een) 1
7.3 7.3.1 Rol van bot in DDoS-aanval
• DDoS aanval gebruik duisende geïnfiltreerde rekenaars (bots)
om ʼn bediennerrekenaar te oorweldig met massa navrae
• Die bot (rekenaar) word deur ʼn aanvaller beheer en die aanval
is suksesvol as die bediener so oorweldig raak dat gewone
gebruikers nie meer toegang tot die stelsel kan verkry nie 2
7.3.2 Hoe DDoS-aanval gebruik word om kuberoorlog te voer
• Hulle kan dit gebruik om ʼn vyand/ʼn ander land se dienste aan
te val/oor te neem soos:
• (militêre/uitsaai-) kommunikasie
• kernterreine (lansering/deaktiveer missiele)
• infrastruktuur (bv. water, sanitasie, kragnetwerk)
• vervoer, ens.
(Enige twee) 2 4
7.4 7.4.1 Tegnologie gebruik deur E-leer toepassing
Verhoogte werklikheid (‘Augmented Reality’) 1
7.4.2 Hoekom AR tegnologie meer nuttig is in vergelyking met
die kyk van ʼn video
• Dit pas by/word toegepas op die omgewing/toerusting wat JY
sien (nie net ʼn generiese voorbeeld nie)
Nota aan merker: Aanvaar enige geldige verduideliking wat ʼn
voordeel van AR is, of aanvaar ook ʼn geskikte vergelyking. 1 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
7.5 TWEE voorbeelde van die gebruik van Kunsmatige Intelligensie
• Stemassistent-toeps/-toepassings wat jy kan vra vir hulp om inligting op
te soek: Alexa, Siri, Google Assistant, Bixby, ens.
• Persoonlike voorstelle in (vermaak) toepassings soos: Spotify, Apple
Music, Netflix, YouTube, ens.
• Toepassings op sosiale media en die funksie vir gesigsherkenning op
ons slimfone
• Finansiële instellings om te identifiseer watter transaksies waarskynlik
bedrog is, ʼn vinnige en akkurate kredietgradering gee, sowel as om
handgedrewe intensiewe data-bestuurstake te outomatiseer
• In die kleinhandelsektor bied AI virtuele inkopie moontlikhede wat
persoonlike aanbevelings bied
• Voorraadbestuur en tegnologieë vir die uitleg van persele kan ook
verbeter word met die gebruik van AI
• Dit kan persoonlike medisyne en X-straallesings bied en persoonlike
gesondheidsorg-assistente kan as lewensafrigters optree en jou
daaraan herinner om jou medisyne te neem, om te oefen of gesonder
te eet
• Selfbesturende motors is ontwikkel m.b.v. masjienleer (wat is mense,
wat beteken padtekens) en maak nou staat op AI vir intyds (‘real-time’)
besluitneming om te bestuur, gegewe die beskikbare data (om
ongelukke te vermy, die beste roete te neem ens.)
Nota aan merker: NIE slegs die name van toepassings nie
(Enige twee) 2
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13
VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING
8.1 8.1.1 Outomatiese inhoudsopgawe, style gebruik – rede vir
foutboodskap asook hoe om dit op te los
Rede
Behoorlike/geskikte opskrifstyle (‘heading styles’) is nie gebruik
nie
Oplossing
Om dit reg te stel moet jy al die opskrifte in die dokument na ʼn
geskikte opskrifstyl (‘heading style’) verander en die inhoudsopgawe
opdateer
OF
Rede
Die inhoudsopgawe opsie is nie ingestel om die verkose styl te
vertoon nie
Oplossing
Gaan na die inhoudsopgawe opsie blokkie en selekteer die styl wat jy
gekies het
(enige rede met aanvaarbare oplossing) 2
8.1.2 Hoe om te voorkom dat skrif en formaat verander
Gebruik Paste Special
Gebruik Keep source formatting 2 4
8.2 Skryf formule/funksie neer in kolom D3
=IF (C3="Female", "New", "Old")
Nota aan merker: (-1 indien aanhalingstekens nie gebruik is nie.
Ander alternatief kan ook aanvaarbaar wees byvoorbeeld ʼn VLOOKUP
funksie) 4
8.3 TWEE kenmerke van sigblad, behalwe grafieke, wat met
verwerking help
Funksies en formules
Sortering
Filtrering
Voorwaardelike formatering
Pivot tables
(Enige twee) 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
8.4 Toevoermasker – hoofletter E begin, gevolg drie verpligte syfers
en een nie-verpligte kleinletter
>E000<?
>E (1 punt)
000 (1 punt)
<? (1 punt) 3
8.5 TWEE redes hoekom navraag nie gewenste resultaat lewer nie
Water veld se Kriteria (Is Not Null) moet na die ‘Criteria’ ry geskuif
word en nie in ‘Or’ ry staan nie
Recieved veld moet die volgende Kriteria bevat:
Yes/True 2
[15]
TOTAAL AFDELING B 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15
AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 9
9.1 TWEE voordele vir gebruik van aanlynplatform soos ZOOM vir leer
• Die gebruikerskoppelvlak is baie maklik om te gebruik
• Die vermoë om baie groot aanlyn konferensies aan te bied
• Koste-effektiewer in vergelyking met fisieke vergaderings
• Dit maak verbinding vanaf enige plek in die wêreld moontlik
• Virtuele vergaderings maak dit moontlik om ʼn wye verskeidenheid
inligting in werklike tyd met alle deelnemers te deel
• Verhoogde produktiwiteit en doeltreffendheid
(enige twee) 2
9.2 Sou jy verkies om bronne van jou opvoeder via WhatsApp groep of
per e-pos te ontvang? Gee TWEE redes om jou keuse te motiveer.
Die volgende is slegs ʼn riglyn wat as moontlike antwoorde kan dien:
WhatsApp
• Kan vinnig kommunikeer
• Kan dit stel dat slegs die administrateur boodskappe stuur
• Kan multi-media stuur
E-pos
• Kan vinnig kommunikeer
• Kan aan baie leerders gelyktydig stuur
Nota aan merker: (Aanvaar enige aanvaarbare redes vir die keuse van
die leerder)
(Enige twee) 2
9.3 9.3.1 TWEE nadele vir leerders om video's met hoë resolusie af te
laai
• Stadige aflaaispoed
• Hoër datakoste
• Meer stoor van data benodig
(Enige twee) 2
9.3.2 EEN sagteware-toepassing om video’s te redigeer
• Adobe Premiere
• Windows Movie maker
• Blender
• Lightworks
• Open shot
(Enige een) 1 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
9.4 TWEE hardewarevereistes om videokonferensievergaderings te hou
• video-kamera
• ʼn mikrofoon
• luidsprekers wat gekoppel is aan hul rekenaar (Enige twee) 2
9.5 Verskil tussen dienspaket (‘service pack’) en patch – verwys na funksie
van elkeen
Patch – ʼn opdatering om ʼn bepaalde fout (bug) in ʼn program te herstel
Service pack – versameling opdaterings, foutoplossings en verbeterings wat
as ʼn enkele pakket gelewer word en wat voorsiening maak vir ʼn maklike enkel
installasie 2
9.6 TWEE aspekte hoe BJET beleid voldoen aan Covid-19 veiligheids-
protokolle
• Slegs die eienaar sal die toestel gebruik/hanteer
• Die toestel bly nie by die skool nie, dus is dit nie nodig om die volgende
dag te ontsmet nie
Nota aan merker: (Of enige ander aanvaarbare antwoord)
(Enige twee) 2
9.7 TWEE redes hoekom skootrekenaar beter opsie as tabletrekenaar is vir
aanlyn-leer
• Langer batterylewe
• Groter skerm
• Meer toepassings/funksies
• Meer geheue (Enige twee) 2
9.8 9.8.1 Verduidelik die term drabare tegnologie
Drabare toestelle en -tegnologieë is elektroniese mobiele toestelle
wat as bykomstighede of as kledingstuk gedra word, wat
voortdurend data uit verskillende omgewings genereer en met
ander toestelle/persoonlike rekenaars (PR’s)/netwerke kommunikeer 2
9.8.2 TWEE gebruike van drabare tegnologie (‘wearable technology’)
• Slim horlosies gee ʼn persoon nie net die tyd nie, maar ook
kennisgewings van hul oproepe, boodskappe, e-posse, ens. op
sosiale media
• Fiksheidwaarnemers en sporthorlosies hou tred met die aantal
stappe/hoeveelheid tyd wat jy oefen en monitor die hartklop
• 'Smart glasses' kan in die hoek van jou oë funksionaliteit bied
soos GPS-navigasie, die vermoë om maklik ʼn foto te neem,
inkomende oproepe te neem ens.
• Slimklere is ontwikkel om dinge soos hartklop, bloedglukose-
vlakke en fiksheidsvlakke te monitor wanneer dit gedra word
• Ingeplante draagbare toestelle word chirurgies onder die vel
ingeplant en word gewoonlik gebruik vir mediese redes soos
aanduiding van insulienvlakke, simptome van siektes, ens.
• Die speletjiesbedryf voeg meer draagbare items by soos
handskoene en kopstelle vir virtuele realiteit
(Enige twee) 2 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 17
9.9 Verduidelik hoe blokketting (‘blockchain’) werk
• Blokketting is ʼn spesifieke tipe databasis
• Blokkettings stoor data in blokke wat aan mekaar vasgeketting word en
wanneer nuwe data inkom, word dit in ʼn nuwe blok ingevoer
• Sodra die blok met data gevul is, word dit aan die vorige blok
vasgeketting, so dus is die data in chronologiese volgorde vasgebind 3
9.10 Term vir: ʼn enkele idee wat befonds word deur verskeie klein skenkings
Skarebefondsing 1
9.11 Definieer konsep 5de industriële revolusie
Die (5IR) plaas die fokus terug op mense en menslike strewe (pogings),
deur die etiek en die impak van tegnologie wat in die 4IR ontwikkel is, te
definieer 2
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 10
10.1 10.1.1 Verduidelik: Tweefaktor (Tweestap) verifikasie
Tweefaktor (tweestap) verifikasie is ʼn sekuriteitsproses waarin
gebruikers twee verskillende verifikasiefaktore verskaf om hulself
te verifieer, gewoonlik iets wat jy ken (soos ʼn wagwoord) plus
iets wat jy het (soos ʼn een-keer-wagwoord-OTP-wat na jou foon
toe gestuur word).
Nota aan merker: (Aanvaar enige antwoord waar die leerder
verduidelik hoe ʼn tweestap-verifikasie gedoen kan word, of
indien hulle voorbeelde gee van tweestap-verifikasie.) 2
10.1.2 TWEE voordele van verifikasie as veiligheidsmaatreël
• Veiliger – help om ongemagtigde toegang tot jou
bankrekening te voorkom
• Kwaadwillige sagteware het nie toegang tot jou data nie,
selfs al is jou wagwoord in gevaar gestel
• Dit kan jou waarsku oor ʼn moontlike bedrog-poging op jou
rekening as jy ʼn OTP ontvang en dit nie aangevra het nie.
(Enige twee) 2 4
10.2 10.2.1 Definieer die term 'digitale geldeenheid'
Digitale geldeenheid is ʼn vorm van virtuele geldeenheid, dit
kan verruil word vir ander geldeenhede, produkte en dienste 2
10.2.2 EEN voorbeeld van ʼn digitale geldeenheid
• Bitcoins
• Ethereum
• Luno
(Enige een) 1
10.2.3 Doeltreffendheid van die gebruik van digitale geldeenhede
• Digitale geldeenheid het lae fooie
• Vinnige transaksies en gebruiksgemak
• Word meestal gebruik vir die betaling van kriminele
aktiwiteite soos losprys-eise.
Nota aan merker: (Enige ander aanvaarbare logiese
verduideliking)
(Enige twee) 2 5
10.3 10.3.1 Korrigeer HTML kode
src in plaas van scr
"info.png"
spelling van height 3
10.3.2 Enige ander rede waarom die prent nie sal vertoon nie
As die prent nie in dieselfde leergids (‘folder’) as die
teksdokument is nie 1 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 19
10.4 10.4.1 TWEE tegnologieë om registrasiefooi te betaal
• Internetbankdienste/Bank-toep (‘app’)
• Selfoonbankdienste
• Snapscan/Zappe
(Enige twee) 2
10.4.2 Hoe kan die organiseerders bevestig dat registrasiegeld
betaal is
• Ontvang ʼn bevestigingskennisgewing per e-pos of SMS
• Elektroniese kwitansies
• Gaan aanlynbankstate na
(Enige twee) 2 4
10.5 10.5.1 Watter funksie: hoeveel deelnemers reeds betaal het
=COUNTIF 2
10.5.2 Hoe om ʼn kolom tussen kolom D en E by te voeg
Klik regs op Kolom E
Klik op Insert 2
10.5.3 Hoe om te verseker bedrag bly dieselfde
Gebruik absolute selverwysing 1 5
10.6 10.6.1 EEN netwerk-koppelstuk wat Wi-Fi toegang bied
Broadcom 802.111n 1
10.6.2 Rede vir twee verwerkers gelys
Verwerker het twee kerne 2 3
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)
Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2013 Memo
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2023 QP (Eng)

Errata