Skip to content

Civil Technology Grade 11 2022 QP (Afr)

Question paperCivil TechnologyGrade 11202216 pages

Grade 11 Civil Technology question paper from the CIVIL TECH GR11 NOV2022 Civil Services(For Signing Off 25.01.22). Free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

CIVIL TECH GR11 NOV2022 Civil Services(For Signing Off 25.01.22) 2022

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EKSEMPLAAR) PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend 3 antwoordblaaie.
Downloaded from hlayiso.com 2 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2022) BENODIGDHEDE: 1. Tekeninstrumente 2. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar 3. ANTWOORDEBOEK INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: DRIE vrae is generies en DRIE vrae is vakspesifiek. 2. Beantwoord ALLE vrae. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. Moet NIE onderafdelings van vrae skei NIE. 4. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer. 7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE. 8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde. 9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk. 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. 12. Beantwoord VRAAG 2.7, 5.1, 5.6 en 5.7 op die aangehegte ANTWOORD- BLAAIE deur waar nodig van tekeninstrumente gebruik te maak. 13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en handig dit in saam met jou ANTWOORDEBOEK, of jy dit geantwoord het of nie. 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese kopiëring. 15. Google images is as die bron van alle foto’s en prentjies gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 3 VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIALE (GENERIES) 1.1 Watter tipe stewel is verpligtend om te dra wanneer daar met sement of beton gewerk word? (1) 1.2 Onder watter omstandighede sal die volgende persoonlike beskermings- toerusting gebruik word: 1.2.1 Skermbrille (1) 1.2.2 Oorproppe (1) 1.3 Motiveer kortliks waarom loshangende klere vermy moet word wanneer daar met masjiene gewerk word. (2) 1.4 Beskryf die veiligheidsmaatreël wat van toepassing is op die volgende handgereedskappe: 1.4.1 Hamerkoppe (1) 1.4.2 Saaggereedskap (1) 1.4.3 Wanneer beitels gedra word (1) 1.5 Motiveer kortliks waarom ʼn betonmenger met ʼn petrolenjin slegs in die buitelug gebruik mag word. (2) 1.6 Noem TWEE vereistes vir die berging van sement. (2 x 1) (2) 1.7 Waarom moet waarskuwingstekens vertoon word waar werkers oorhoofse werk doen? (1) 1.8 Noem VIER vereistes vir die berging van gevaarlike materiaal in die werkplek. (4 x 1) (4) 1.9 Noem die DRIE bestanddele wat benodig word om gidspleister te meng. (3 x 1) (3) 1.10 Noem DRIE gebruike vir gidspleister. (3 x 1) (3) 1.11 Motiveer kortliks waarom growwe aggregaat nie in ʼn daghamengsel gebruik moet word nie. (1) 1.12 Identifiseer die tipe bordprodukte wat vir die volgende werk gebruik sal word: 1.12.1 Agterkant van kaste (1) 1.12.2 Bekisting vir beton (1) 1.13 Beskryf kortliks die verskil tussen pleisterstene en sierstene. (2) 1.14 Noem TWEE gebruike van gietyster. (2 x 1) (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES) 2.1 Motiveer kortliks waarom die rondepuntskopgraaf nie effektief is om fondamentslote haaks af te werk nie. (1) 2.2 Noem DRIE handgereedskapstukke wat gebruik kan word om stene te sny. (3 x 1) (3) 2.3 Identifiseer die gereedskapstuk wat vir die volgende werk gebruik sal word: 2.3.1 Dra van pleister sodat dit op ʼn muur aangewend kan word (1) 2.3.2 Vir afstryking van gepleisterde mure (1) 2.3.3 Om ʼn geronde rand langs buitehoeke te skep (1) 2.3.4 Opknapping van klein areas wat opgevul moet word (1) 2.4 Beskryf kortliks die verskil in gebruik van ʼn kloofsaag en ʼn dwarssaag. (2) 2.5 Benoem die gereedskapstukke in FIGURE 2.5.1 tot 2.5.3 hieronder en noem EEN gebruik van elk. FIGUUR 2.5.1 FIGUUR 2.5.2 FIGUUR 2.5.3 (3 x 2) (6) 2.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die konstruksiemasjien in FIGUUR 2.6. FIGUUR 2.6 2.6.1 Wat word die gereedskapstuk genoem? (1) 2.6.2 Beskryf die doel van die masjien. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 5 2.7 FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 1 toon die isometriese aansig van ʼn T-aansluiting van ʼn halfsteenmuur in strykverband. Gebruik ANTWOORD-BLAD 1 en teken die vooraansig van die steenmuur op skaal 1 : 10. (13) 2.8 Beskryf die doel van detailtekeninge. (2) 2.9 Noem DRIE besonderhede wat op ʼn terreinplan aangedui moet word. (3 x 1) (3) 2.10 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op vloerplanne te illustreer. 2.10.1 Waterkloset (2) 2.10.2 Warmwatersilinder (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 3: HOEVEELHEDE, VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES) 3.1 FIGUUR 3.1 toon die fondamentstroke vir ʼn gebou. Die fondamente is 600 mm breed en 200 mm dik. ʼn Betonmengsel van 1 : 4 : 4 word gebruik. 9 000 6 000 FIGUUR 3.1 3.1.1 Bereken die hartlyn van die fondament. (5) 3.1.2 Bereken die volume beton benodig. (3) 3.2 ʼn Eensteenmuur van 1,2 m hoog en 12 m lank moet opgerig word. Bereken die hoeveelheid stene wat vir die muur benodig word. Toon ALLE berekeninge. (5) 3.3 Beskryf die aanwendingsprosedure van PVC-lym, wanneer PVC-pype gelas word. (4) 3.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK. 3.4.1 Kontaklym is rubberig. (1) 3.4.2 Kontaklym word net aan een oppervlak gesmeer om vas te sit. (1) 3.4.3 Kontaklym moet ten minste 5 mm dik aangewend word. (1) 3.4.4 Silikoon is hittewerend. (1) 3.4.5 Silikoon het ʼn lae toksisiteit. (1) 3.5 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wanneer epoksie gebruik word. (2 x 1) (2) 3.6 Maak ʼn netjiese skets van ʼn standaard boutekenpraktyk noordpyl. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 7 3.7 Beskryf die posisie van die noordpyl op ʼn tekenvel. (2) 3.8 Identifiseer die volgende tekensimbole. 3.8.1 40 W (1) 3.8.2 (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 4: VEILIGHEID, MATERIAAL, TOERUSTING EN VERBINDING (SPESIFIEK) 4.1 Rioolvuil bevat mikro-organismes wat skadelik vir loodgieters kan wees. Noem VIER voorsorgmaatreëls wat getref moet word om infeksies te verhoed. (4 x 1) (4) 4.2 Motiveer kortliks waarom soldeer skoonmaakoplosmiddels in ʼn digte bottel gehou moet word. (1) 4.3 Watter tipe kleredrag moet gedra word wanneer soldeerwerk gedoen word? Motiveer jou antwoord. (2) 4.4 Noem TWEE eienskappe van keramiek. (2 x 1) (2) 4.5 Identifiseer die tipe gereedskapstukke in FIGURE 4.5.1 tot 4.5.3 hieronder en noem EEN gebruik van elk. FIGUUR 4.5.1 FIGUUR 4.5.2 FIGUUR 4.5.3 (3 x 2) (6) 4.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in FIGUUR 4.6. A B C D .E FIGUUR 4.6 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 9 4.6.1 Identifiseer die gereedskapstuk in FIGUUR 4.6. (1) 4.6.2 Noem onderdele A tot E van die gereedskapstuk. (5) 4.6.3 Noem TWEE versorgingsmaatreëls vir die gereedskapstuk. (2 x 1) (2) 4.7 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in FIGUUR 4.7. FIGUUR 4.7 4.7.1 Wat word dié gereedskapstuk genoem? (1) 4.7.2 Noem die gebruik van dié gereedskapstuk. (1) 4.8 Noem TWEE komponente waaruit ʼn chemiese anker bestaan. (2) 4.9 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.9.1 tot 4.9.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.9.4 F. KOLOM A KOLOM B 4.9.1 ʼn Voorwerp waarvoor ʼn patroon A Sinkchloried ontwikkel moet word 4.9.2 Word gebruik om staal wat met ʼn B Aambeeld lagie tin bedek is, te soldeer 4.9.3 Word gebruik wanneer koper en C Passtuk geelkoper gesoldeer word D Harpuis E Rou suur (3 x 1) (3) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 5: GRAFIKA, KONSTRUKSIE EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK) 5.1 FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD 2 toon ʼn 45° afsnyding van ʼn silindriese pyp. Gebruik ANTWOORDBLAD 2 en ontwikkel en teken die ontvouing van die afsnyding van die silindriese pyp op skaal 1 : 1. (14) 5.2 Wanneer beton gegiet word, word lug in die vars beton vasgevang. Wat word die proses om die lug te verwyder genoem? (1) 5.3 Noem DRIE faktore wat tydens die plasing van beton in ag geneem moet word. (3 x 1) (3) 5.4 Kies die korrekte antwoord in die hakies en skryf dit teenoor die vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer. 5.4.1 Die minimum dikte van ʼn mangatblad is (100 mm / 150 mm). (1) 5.4.2 Die bodemhoogte van pypkoppelings in ʼn mangat is ten minste (30 mm / 50 mm) hoër as die hoofpyp. (1) 5.5 Identifiseer die tipe steenlae in FIGURE 5.5.1 en 5.5.2. (2) FIGUUR 5.5.1 FIGUUR 5.5.2 5.6 Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD 3 en bereken die volume beton wat vir ʼn vloer van 6 m lank, 3 m breed en 75 mm dik benodig word. (3) 5.7 Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD 3 en bereken die hoeveelheid stene wat vir ʼn spoumuur met ʼn lengte van 4 m en ʼn hoogte van 2,4 m benodig word. (5) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 11 VRAAG 6: KOUEWATER- EN WARMWATERTOEVOER, RIOLERING, STORMWATER EN SANITÊRE TOEBEHORE (SPESIFIEK) 6.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK. 6.1.1 Koperpype is roesbestand. (1) 6.1.2 Koperpype buig maklik. (1) 6.1.3 Gegalvaniseerde pype buig maklik. (1) 6.1.4 Hoëdigtheidspoliëtileenpype roes maklik. (1) 6.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die kraan in FIGUUR 6.2. FIGUUR 6.2 6.2.1 Wat word dié tipe kraan genoem? (1) 6.2.2 Noem onderdele A tot D. (4) 6.2.3 Watter pylpunt dui die korrekte vloeirigting aan, pylpunt E of F? (1) 6.3 Beskryf die doel van ʼn flotterklep. (2) 6.4 Noem TWEE vereistes waaraan versteekte watertoevoerpype in gewapende betonstrukture moet voldoen. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2022) 6.5 Maak netjiese simboolsketse van die volgende kouewaterstelsels: 6.5.1 Vloeiskakelaar (2) 6.5.2 Pypkuising (2) 6.6 Identifiseer die volgende afkortings vir warmwaterstelsels: 6.6.1 BT (1) 6.6.2 PCV (1) 6.7 Noem TWEE oorsake waarom T&D-kleppe van ʼn geiser ontlaai. (2 x 1) (2) 6.8 Verduidelik kortliks wat ʼn direk-gekoppelde sonwarmwatergeiserstelsel is. (2) 6.9 Wat is die nadeel van ʼn direk-gekoppelde sonwarmwatergeiserstelsel wanneer dit nie hoog genoeg geïnstalleer is nie? (1) 6.10 Motiveer kortliks waarom ʼn sonwarmwatergeiserstelsel noord moet front. (1) 6.11 Beskryf die eienskappe van die buitenste buis van die hoëdruk-sonwarm- watergeiserstelsel. (2) 6.12 Wat is die minimum helling van ʼn 300 mm-stormwaterpyp? (1) 6.13 Gee die afkorting van die volgende dreineringstelsels: 6.13.1 Rioolput (1) 6.13.2 Spoelkloset (1) 6.13.3 Drekwaterpyp (1) 6.14 Noem TWEE voordele van ʼn enkelstam-dreineringstelsel. (2 x 1) (2) 6.15 Wat is die standaard hoogte bokant vloervlak waarop ʼn stortroos gemonteer word? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 13 6.16 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die toestel in FIGUUR 6.16. FIGUUR 6.16 6.16.1 Wat word die toestel genoem? (1) 6.16.2 Wat is die doel van die toestel? (1) 6.16.3 Noem DRIE nadele van dié toestel. (3 x 1) (3) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2022) ANTWOORDBLAD NAAM: 1 SIVIELE DIENSTE ANSWER SHEET NAME: 2.7 FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 1 toon die isometriese aansig van ʼn T-aansluiting van ʼn halfsteenmuur in strykverband. Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en teken die vooraansig van die steenmuur op skaal 1 : 10. (13) T-aansluiting 4 Steengrootes / Skaal 3 Hoogte en lengte 2 Streksteenverband 2 Lynwerk / Netheid 2 TOTAAL: 13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 15 ANTWOORDBLAD NAAM: 2 SIVIELE DIENSTE ANSWER SHEET NAME: 5.1 FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD 2 toon ʼn 45° afsnyding van ʼn silindriese pyp. Gebruik ANTWOORDBLAD 2 en ontwikkel en teken die ontvouing van die afsnyding van die silindriese pyp op skaal 1 : 1. (14) SY-AANSIG BOAANSIG Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2022) ANTWOORDBLAD NAAM: 3 SIVIELE DIENSTE ANSWER SHEET NAME: 5.6 Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD 3 en bereken die volume beton wat vir ʼn vloer van 6 m lank, 3 m breed en 75 mm dik benodig word. (3) 5.7 Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD 3 en bereken die hoeveelheid stene wat vir ʼn spoumuur met ʼn lengte van 4 m en hoogte van 2,4 m benodig word. (5) A B C D 5.6 5.7 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Civil Technology

View all