Skip to content
Question paper

Civil Technology Grade 11 North West June 2017 Question Paper

Grade 11 Civil Technology question paper from the North West June Exam 2017, 47 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Civil TechnologyGrade 11201747 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 SIVIELE TEGNOLOGIE MODEL 2017 PUNTE: 200 TYD : 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye, 1 formuleblad en antwoordblaaie (20) vir die onderskeie afdelings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 2 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model BENODIGDHEDE: 1. Tekeninstrumente 2. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar 3. ANTWOORDEBOEK INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A, B, C en D. 2. AFDELING A (VRAAG 1, 2, 3) is VERPLIGTEND vir alle leerders. 3. Kies EEN van die volgende AFDELINGS na aanleiding van die spesialiseringsterrein waarvoor jy geregistreer het: AFDELING B (VRAAG 4, 5 en 6) – Konstruksie AFDELING C (VRAAG 7, 8 en 9) – Siviele Dienste AFDELING D (VRAAG 10, 11 en 12) – Houtbewerking LET WEL: Indien jy vrae in AFDELING B, C en D beantwoord waarvoor jy NIE geregistreer het NIE, sal dit NIE nagesien word NIE. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 6. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 7. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer. 8. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE. 9. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde. 10. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk. 11. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 12. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. 13. Beantwoord vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE, soos in elke vraag voorgeskryf, waar van toepassing. 14. As gevolg van elektroniese kopiëring is tekeninge in die vraestel NIE volgens skaal NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 3 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model AFDELING A: GENERIES (VERPLIGTEND) VRAAG 1: VEILIGHEID, MATERIAAL EN DWELMMIDDELMISBRUIK 1.1 Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–M) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 K. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Harde hoed A dra wanneer met hoekslypmasjien gewerk word 1.1.2 Oorpak B glyvaste stewels 1.1.3 Veiligheidshandskoene C gereedskap moet duidelik gemerk 1.1.4 Veiligheidstewels wees wanneer dit gestoor word 1.1.5 Beton word met die hand D veroorsaak problematiese gedrag gemeng E moet gedra word wanneer met 1.1.6 Lomerigheid/Slaperigheid swaar voorwerpe gewerk word 1.1.7 Sigbare waarskuwings- F om jou hande te beskerm tekens G gebruik wanneer praktiese werk in 1.1.8 Goeie huishouding 'n werkswinkel gedoen word om jou klere en liggaam te beskerm 1.1.9 Alkohol H gebruik om hoofbeserings te 1.1.10 Oogbeskerming voorkom I simptome van alkoholvergiftiging J op enige bouterrein geplaas K verhoog produktiwiteit L drafskoene M dra rubberstewels (10 x 1) (10) 1.2 Noem DRIE bordprodukte wat vir muurpaneelwerk geskik is. (3) 1.3 Noem DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer materiaal gestapel word. (3) 1.4 Onderskei tussen ysterhoudende en nie-ysterhoudende metale met verwysing na die samestelling daarvan. (2) 1.5 Dui TWEE simptome van alkoholvergiftiging aan. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 4 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 1.6 Gee 'n rede waarom verskillende tipes gevaarlike materiaal in veilige, aparte kamers gestoor moet word. (1) 1.7 Water word gebruik om beton te meng. Noem DRIE ander bestanddele van beton. (3) 1.8 Verduidelik die doel van water in die betonmengsel. (2) 1.9 Beskryf EEN gebruik van die volgende: 1.9.1 Vlaklaag (1) 1.9.2 Laaghout (1) 1.9.3 Aluminium (1) 1.10 Verduidelik EEN maatreël wat jy kan tref om sodat jy nie met die MIV geïnfekteer word nie. (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 5 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VRAAG 2: MATERIAAL, GEREEDSKAP EN TOERUSTING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.11 C. 2.1.1 'n… kan gebruik word om staalboorpunte en kouebeitels skerp te maak. A Hoekslyper B Platvyl C Elektriese boor D Bankslypmasjien (1) 2.1.2 'n … kan gebruik word om skroewe vinnig in te draai. A Plat skroewedraaier B Kragskroewedraaier C Phillips-skroewedraaier D Koevoet (1) 2.1.3 'n … word gebruik om groewe in steenmure te sny. A Draagbare sirkelsaag B Mokerhamer C Hoekslyper D Elektriese boor (1) 2.1.4 'n … kan gebruik word om die daksparre van 'n geïnstalleerde dakkap volgens die korrekte lengte te sny. A Bobaansaag B Draagbare sirkelsaag C Kloofsaag/Dwarshoutsaag D Snykruishout (1) 2.1.5 'n … is die effektiefste gereedskap om groot hoeveelhede beton op 'n bouterrein te meng. A Rondepuntskopgraaf B Stompneusskopgraaf C Graaf D Betonmenger (1) 2.1.6 'n … word gebruik om los grond tot 'n diepte van 300 mm te kompakteer. A Plaatkompakteerder B Betonvibreerder C Stamper D Reihout (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 6 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 2.1.7 'n … kan gebruik word om snymoere in moeilik bereikbare spasies agter sanitêre toebehore vas te draai. A Waterpomptang B Wasbakmoersleutel C Hoektroffel D Universele tang (1) 2.1.8 'n … kan gebruik word om klein spykertjies, soos paneelspykers, in te slaan. A Mokerhamer B Klouhamer C Bolpenhamer D Dwarspenhamer (1) 2.1.9 'n … kan gebruik word om hoeke te kopieer en na ander oppervlakke oor te dra. A Swaaihaak B Winkelhaak C Verstekwinkelhaak D Kombinasieskaaf (1) 2.1.10 'n … kan gebruik word om lang planke te skaaf om 'n reguit oppervlak kry. A Soetskaaf B Voorloperskaaf C Reiskaaf D Al die bogenoemde (1) 2.2 FIGUUR 2.2 hieronder toon 'n handgereedskapstuk en een stuk terrein- toerusting. A B FIGUUR 2.2 2.2.1 Identifiseer A en B. (2) 2.2.2 Verduidelik EEN gebruik van A en B. (2) 2.2.3 Verduidelik die versorging van 'n gebruikte kouebeitel. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 7 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 2.3 Gebruik ANTWOORDBLAD 2.3 en teken volgens skaal 1 : 2 'n isometriese aansig van 'n gewone steen. (5) 2.4 Gebruik ANTWOORDBLAD 2.4 en teken 'n netjiese vryhandtekening, in goeie verhouding, van die deursneeaansig van die bobou van 'n gebou. Toon die volgende op jou tekening: • Deel van die muur onder die venster • Buitevensterbank • Binnevensterbank • Vensterraam • TWEE lateie bo die venster • Deel van die muur bokant die venster (9) 2.5 FIGUUR 2.5 hieronder toon die vloerplan van 'n gebou. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg. A V1 5 000 B C V2 8 000 FIGUUR 2.5 2.5.1 Identifiseer deel A, B en C. (3) 2.5.2 Gebruik ANTWOORDBLAD 2.5.2 en ontwikkel en teken, volgens skaal 1 : 50, die oos-aansig van die gebou. Gebruik die volgende spesifikasies: • Die gebou het 'n geweldak met 'n helling van 30°. • Venster 1 is 1 500 mm wyd en 1 200 mm hoog. • Venster 2 is 2 000 mm wyd en 1 200 mm hoog. • Al die vensters is in die middel van die mure geplaas. • Die deur is 2 000 mm hoog en 900 mm wyd. • Die hoogte van die natuurlike grondvlak tot die afgewerkte vloervlak is 300 mm. • Die hoogte van die bobou is 2 700 mm. • Die dak word afgewerk met 220 mm-windvere en geen geute word aangebring nie. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 8 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VRAAG 3: HOEVEELHEDE EN HEGTING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy 3.1 Formules word gebruik om hoeveelhede te bereken. Skryf die formule neer wat jy sal gebruik om die volgende te bereken: 3.1.1 Oppervlakte (1) 3.1.2 Volume (1) 3.2 In watter eenheid word die lengtes van vloerlyste en kwartrondes gemeet? (1) 3.3 'n Fondasie met 'n lengte van 28 m, wydte van 450 mm en 'n dikte van 150 mm moet met beton gegooi word. Bereken die volume beton wat vir die fondasie in m3 benodig word (4) 3.4 Figuur 3.4 toon die vloerplan van 'n enkelvertrekgebou. 6 440 8 440 FIGUUR 3.4 Spesifikasies: • Die wydte van die muur is 220 mm. • Die opening vir die deur is 2 100 mm x 900 mm • Die opening vir die venster is 2 000 mm x 1 200 mm • Die hoogte van die bobou is 2 700 mm • Gebruik 50 stene per vierkante meter vir 'n halfsteenmuur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 9 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model Gebruik ANTWOORDBLAD 3.4 en bereken die volgende: 3.4.1 Die hartlyne van die mure in meter (5) 3.4.2 Die getal stene benodig om die mure van die bobou te bou. (10) 3.5 Voltooi die volgende sinne deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf die woord langs die vraagnommer (3.5.1–3.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. PVC-kleefmiddels; kontakgom; water; hout; epoksie 3.5.1 PVA-gom word gebruik om … te heg. (1) 3.5.2 …-gom bestaan uit 'n hars en 'n verharder. (1) 3.5.3 Silikoongom kan as 'n basiese verseëlaar teen die penetrasie van … gebruik. (1) 3.5.4 …-gom word gou droog en as die dele aan mekaar raak kan dit nie weer losgemaak word nie. (1) 3.5.5 Plastiekpype word met … geheg. (1) 3.6 Noem EEN eienskap van ELK van die volgende kleefmiddels: 3.6.1 Kontakgom (1) 3.6.2 PVA-gom (1) 3.6.3 Silikoon (1) [30] TOTAAL AFDELING A: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 10 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model AFDELING B: KONSTRUKSIE VRAAG 4: UITGRAWINGS EN FONDASIES Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Gebruik ANTWOORDBLAD 4.1 en teken 'n isometriese aansig van 'n vrou- sluiter volgens skaal 1 : 2. Toon EEN afmeting op jou tekening met gebruik van die korrekte tekentegniek. Begin jou tekening in die posisie wat op die ANTWOORDBLAD aangedui is. (5) 4.2 Noem TWEE gebruike van smeebare gietyster. (2) 4.3 Onderskei tussen koper en lood volgens gebruik en kleur. Tabuleer jou antwoord soos volg: MATERIAAL KLEUR GEBRUIK Koper Lood (4) 4.4 FIGUUR 4.4 hieronder toon 'n stamper. Verwys na die figuur en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 4.4 4.4.1 Noem TWEE persoonlikeveiligheid-toerustingsitems wat 'n werker kan gebruik wanneer met die stamper gewerk word. (2) 4.4.2 Noem TWEE gebruike van die stamper. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 11 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 4.5 FIGUUR 4.5 op ANTWOORDBLAD 4.5 toon 'n onvoltooide vertikale deursneeaansig van 'n oopdakrandkonstruksie. Voltooi die tekening van die vertikale deursneeaansig op ANTWOORDBLAD 4.5. Toon die volgende op jou tekening: • Dakbedekking • Bindbalk • Muurplaat • Kaplat • Fassiebord • Gegalvaniseerde dakbedekking (5) 4.6 Jy wil 'n grensmuur aan die een kant van jou erf bou. Die hoogte van die muur is 2 m en die lengte is 15 m. Die muur is 'n eensteenmuur. Vyftig stene is nodig om een vierkante meter van 'n halfsteenmuur te bou. 4.6.1 Bereken die oppervlakte van die muur. (2) 4.6.2 Bereken die totale getal stene nodig om die muur te bou. (2) 4.7 Noem TWEE tipes gewapendebeton-hangvloere. (2) 4.8 Baie ongelukke gebeur tydens uitgrawings. Noem TWEE oorsake van ongelukke wat tydens uitgrawings kan plaasvind. (2) 4.9 Verduidelik onder watter omstandighede jy die volgende fondasies sal gebruik: 4.9.1 Vlotfondasie (1) 4.9.2 Kortboorheipaalfondasie (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 12 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VRAAG 5: BEKISTING, KONSTRUKSIESTAAL EN SPOUMURE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 5.1 Verduidelik TWEE veiligheidsmaatreëls waaraan voldoen moet word wanneer 'n kragflotteerder op terrein gebruik word. (2) 5.2 Watter veiligheidsmaatreël moet jy toepas wanneer jy met kleefmiddels werk wat giftige gasse afgee? (1) 5.3 FIGUUR 5.3 hieronder toon die vloerplan van 'n eenvertrekgebou. 4 400 10 400 FIGUUR 5.3 Spesifikasies: • Die wydte van die muur is 220 mm • Die opening vir die deur is 2 100 mm x 900 mm • Die minimum oorhang van die latei aan beide kante van die opening is 150 mm Gebruik ANTWOORDBLAD 5.3 en bereken die volgende: 5.3.1 Die lengte van die latei wat nodig is bokant die opening van die deur (2) 5.3.2 Die oppervlakte van die vloerbedekking wat benodig word (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 13 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 5.4 FIGUUR 5.4 hieronder toon illustrasies van staalprofiele wat op die konstruksieterrein gebruik word. A B C FIGUUR 5.4 5.4.1 Identifiseer A, B en C. (3) 5.4.2 Verduidelik EEN gebruik van ELKE staalprofiel. (3) 5.5 Gebruik ANTWOORDBLAD 5.5 en voltooi 'n tekening, volgens skaal 1 : 10, van 'n horisontale deursneeaansig van die bekisting van 'n vierkantige kolom. Gebruik die volgende spesifikasies: • Grootte van kolom is 500 mm x 500 mm • Bekistingsbord 21 mm dik • Twee klampe 76 mm x 50 mm • Twee jukke 76 mm x 50 mm • Vier wiggies • Twee 16 mm diameter (Ø) skroefdraadstawe met moere Benoem EEN deel van die tekening. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 14 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 5.6 FIGUUR 5.6 hieronder is 'n foto van konstruksieterreintoerusting. FIGUUR 5.6 5.6.1 Identifiseer die konstruksieterreintoerusting. (1) 5.6.2 Stel EEN voorsorgmaatreël voor wat getref moet word indien die toerusting in FIGUUR 5.6 onklaar raak. (1) 5.7 Voltooi FIGUUR 5.7 op ANTWOORDBLAD 5.7 om die middelpunt van 'n platboog aan te dui. (2) 5.8 FIGUUR 5.8 hieronder is 'n skets van TWEE tipes muurbinte wat in spoumure gebruik kan word. Identifiseer muurbint A en B. A B FIGUUR 5.8 (2) 5.9 Verduidelik TWEE regulasies ten opsigte van die horisontale en vertikale spasiëring van muurbinte in 'n spoumuur. (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 15 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VRAAG 6: STEENWERK, TRAPPE EN DAKBEDEKKING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 6.1 Beveel TWEE tipes beskermende klerasie aan wat gedra kan word wanneer met sement gewerk word. (2) 6.2 Wanneer 'n tabel vir 'n snylys ontwikkel word, moet die opskrif van elke kolom aangedui word. Noem DRIE opskrifte vir 'n snylys. (3) 6.3 Beskryf TWEE metodes wat gebruik kan word om 'n houtvensterraamstyl aan steenwerk te heg. (2) 6.4 Noem DRIE handgereedskapstukke wat jy sal benodig om die bekisting van 'n vierkantige kolom te maak. (3) 6.5 Noem EEN tipe spyker wat jy sal gebruik om dakkapdele aan mekaar te heg. (1) 6.6 Die skets op ANTWOORDBLAD 6.6 toon 'n planlaag van 'n hoekaansluitingsmuur (buitehoek), een steen wyd, wat in Engelse verband gebou is. Gebruik ANTWOORDBLAD 6.6 en projekteer en teken, vanaf die aansig gegee, die alternatiewe planlaag van die muur in goeie verhouding. Dui die volgende byskrifte op jou tekening aan: • Koplaag • Vrousluiter LET WEL: Verhouding en lynwerk sal twee punte tel. (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 16 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 6.7 FIGUUR 6.7 hieronder toon die bekisting vir 'n betontrap. Bestudeer die skets en beantwoord die vrae wat volg. A B C D FIGUUR 6.7 6.7.1 Identifiseer deel A. (1) 6.7.2 Beveel 'n geskikte hoogte vir B aan. (1) 6.7.3 Identifiseer deel C. (1) 6.7.4 Identifiseer deel D. (1) 6.7.5 Teken die simbool vir beton. (2) 6.8 Beskryf die doel van dakbedekking in 'n gebou. (2) 6.9 Noem TWEE tipes profiele van metaaldakbedekking wat in die boubedryf gebruik word. (2) 6.10 FIGUUR 6.10 op ANTWOORDBLAD 6.10 toon 'n onvoltooide segmentpasboog met konstruksielyne. Die onvoltooide lae omliggende steenwerk word ook aan die regterkant getoon. 6.10.1 Gebruik ANTWOORDBLAD 6.10 en voltooi die segmentpasboog deur die voussoirs (stene) net verby die middelpunt van die boog te teken. (3) 6.10.2 Benoem die sluitsteen. (1) 6.10.3 Voltooi die omliggende steenwerk in strykverband aan die regterkant van die boog binne DRIE van die lae gegee. (2) 6.10.4 Dui die styging op jou tekening aan. (1) 6.10.5 Dui die span op jou tekening aan. (1) 6.10.6 Dui die binnewelwing op jou tekening aan. (1) 6.10.7 Dui die buitewelwing op jou tekening aan. (1) [40] TOTAAL AFDELING B: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 17 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model AFDELING C: SIVIELE DIENSTE VRAAG 7: KONSTRUKSIE IN SIVIELE DIENSTE, KOUEWATER- EN WARMWATERTOEVOER Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 7.1 Verduidelik die term plasing van beton. (2) 7.2 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om beton te kompakteer. (2) 7.3 Motiveer hoekom dit nodig is om nabehandeling op beton toe te pas. (1) 7.4 FIGUUR 7.4 op ANTWOORDBLAD 7.4 toon die boaansig van twee opeenvolgende lae van die T-aansluiting van 'n halfsteenmuur in stryk- verband. Projekteer en teken vanaf die gegewe aansig die vooraansig van die muur, soos gesien vanaf die kant van die tak muur. Toon DRIE steenlae. (6) 7.5 FIGUUR 7.5 hieronder toon 'n stelsel wat koue- en warm water aan 'n huis voorsien. Polycop-pyp word gebruik vir die kouewatertoevoer en koperpyp vir die warmwatertoevoer. Bestudeer die tekening en voltooi die hoeveelheidslys hieronder om die loodgieterinstallasie te voltooi. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (7.5.1–7.5.5) in die ANTWOORDEBOEK. 1 1 3 6 5 7 2 4 6 FIGUUR 7.5 ITEM NAAM VAN MATERIAAL GROOTTE HOEVEELHEID SANITERE WARE/TOEBEHORE 1 7.5.1 Geelkoper 22 mm 2 2 HoëdrukgeIser --- 150 liter 1 3 Temperatuur- en druk- Geelkoper 22 mm 1 beheerklep 4 Drukverminderingsklep Geelkoper 22 mm 1 5 Druklas-elmboog --- 22 mm 2 6 Druk-T-las 7.5.2 22 mm 7.5.3 7 Kapillêre T-las 7.5.4 22 mm 7.5.5 (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 18 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 7.6 Noem EEN voordeel van koperpyp. (1) 7.7 Noem EEN nadeel van hoëdigtheid-poliëtileenpype. (1) 7.8 Jy moet 'n koperpyp regmaak wat lek en waarvan die watertoevoer nie heeltemal afgeskakel kan word nie. Beveel die tipe toebehore aan wat die geskikste sal wees om hierdie pyp te las/heg. (1) 7.9 FIGUUR 7.9 toon 'n klep. A B C FIGUUR 7.9 7.9.1 Identifiseer die klep wat in FIGUUR 7.9 getoon word. (1) 7.9.2 Benoem A tot C korrek. (3) 7.10 Verduidelik TWEE regulasies wat nagekom moet word wanneer 'n hoëdruk- elektriese geiser geïnstalleer word. (2) 7.11 Teken netjiese vryhandtekeninge van die volgende simbole wat in warm- waterinstallasies gebruik word: 7.11.1 Eenrigtingklep (2) 7.11.2 Afsluitkraan (2) 7.12 Noem EEN voordeel van songeisers. (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 19 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VRAAG 8: GRAFIKA, DAKWERK EN STORMWATER Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 8.1 Noem TWEE veiligheidsreëls wat nagekom moet word wanneer daar gesoldeer word. (2) 8.2 Noem TWEE gebruike van soldeerdraad. (2) 8.3 Noem EEN gebruik van keramiek. (1) 8.4 FIGUUR 8.4 hieronder toon verskillende stukke gereedskap wat in plaatmetaalwerk gebruik word. A B C FIGUUR 8.4 8.4.1 Identifiseer gereedskapstuk A–C in FIGUUR 8.4. (3) 8.4.2 Verduidelik EEN gebruik van ELK van hierdie stukke gereedskap. (3) 8.5 Teken 'n netjiese vryhandskets van 'n groefoorslaglas met gegrendelde/ aaneengekoppelde rande voordat dit met gereedskapstuk B, in FIGUUR 8.4, klaargemaak word. (2) 8.6 Maak 'n netjiese vryhandtekening van die ontwikkeling van die doodloopent van 'n vierkantige geut met 'n oop bokant. Toon die volgende op jou tekening: • Entdekstrook • DRIE kante oopgevou • Naattoelating vir soldeerwerk aan onderkant (4) 8.7 Verduidelik wat stormwater is. (1) 8.8 FIGUUR 8.8 op ANTWOORDBLAD is 'n tekening van die skoen van 'n vierkantige geut. Gebruik ANTWOORDBLAD 8.8 en ontwikkel en teken die ontwikkeling van deel A van die skoen. Gebruik skaal 1 : 1. Toon 4 mm vir die naattoelating aan albei kante van die ontwikkeling. (12) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 20 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VRAAG 9: RIOLERING EN SANITÊRE TOEBEHORE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 9.1 Blootstelling aan rou riool is 'n gesondheidsrisiko vir werkers. Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan voldoen moet word om infeksies te voorkom wanneer daar met rou riool gewerk word. (2) 9.2 Noem die stuk handgereedskap wat jy sal gebruik om die ente van pype af te skuins sodat die pype makliker aan pyptoebehore gelas kan word wanneer oPVC-rioolpype gelê word. (1) 9.3 FIGUUR 9.3 hieronder is die uitleg van 'n rioleringstelsel volgens skaal 1 : 100 geteken. Die diameter van die vuilpyp is 110 mm en dié van die vuilwaterpype 50 mm. Bestudeer die tekening en voltooi die hoeveelheidstabel hieronder in om die loodgieterinstallasie te voltooi. Vir berekening van pyplengtes gebruik skaal 1 mm op die tekening = 100 mm vir die pyp. Skryf slegs die antwoorde langs die vraagnommers (9.3.1–9.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 7 7 7 6 8 5 2 3 4 1 7 1 6 FIGUUR 9.3 ITEM NAAM VAN SANITÊRE MATERIAAL GROOTTE HOEVEEL- LENGTE MEUBLEMENT/ HEID TOEBEHORE 1 9.3.1 9.3.2 --- 2 --- 2 Kombuisdubbel- opwasbak Vlekvrye 1 500 mm 1 --- staal 3 Wasbak --- --- 1 --- 4 Bad --- 1 800 mm 1 --- 5 9.3.3 --- --- 1 --- 6 9.3.4 oPVC 110 mm 9.3.5 --- 7 Aansluiter 135° oPVC 110 mm 4 --- 8 Buig 135° oPVC 110 mm 1 --- 9 Vuilpyp (takpype ingesluit oPVC 110 mm --- 9.3.6 (7) 9.4 Verduidelik hoe jy TWEE stukke 50 mm diameter oPVC-pyp met PVC-gom sal las. (3) 9.5 Onderskei tussen drekwater en vuilwater. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 21 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 9.6 Waarvoor staan ELK van die volgende afkortings? 9.6.1 BD (1) 9.6.2 oPVC (1) 9.6.3 WT (1) 9.6.4 VWP (1) 9.7 Teken die simbool vir ELK van die volgende: 9.7.1 Stort, soos vir pypwerk gebruik (2) 9.7.2 Enkelopwasbak (2) 9.8 FIGUUR 9.8 hieronder toon 'n groep sanitêre meublement/toebehore aan 'n eenpypstelsel verbind. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg. A B C FIGUUR 9.8 9.8.1 Verduidelik wat in die hele pypstelsel sal gebeur wanneer water uit C gelaat word. (Verwys na die korrekte name van pyp A en B, die uitlaat, hewelaksie en ventilasie wat in die stelsel plaasvind.) (5) 9.8.2 Wanneer 'n reeks toebehore horisontaal gelyk is, moet die sisteem geventileer word. Wat is die minimum diameter van die volgende ten opsigte hiervan? • Vuilpype • Vuilwaterafvoerpype (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 22 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 9.9 Kategoriseer die volgende sanitêre meublement ten opsigte van vuilwater- en drekwatertoebehore in 'n tabel: • Opwasbak • Bad (3) • Urinaal 9.10 Noem DRIE eienskappe van 'n effektiewe watersperder. (3) 9.11 Onderskei tussen 'n spoelbak en 'n spoelklep ten opsigte van die voordele van elk. Tabuleer jou antwoord. (4) [40] TOTAAL AFDELING C: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 23 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model AFDELING D: HOUTBEWERKING VRAAG 10: VENSTERS, DEURE EN MUURPANEELWERK Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 10.1 Gee EEN rede hoekom 'n timmerman gedroogde hout moet gebruik om 'n deur te maak. (1) 10.2 Teken in jou ANTWOORDEBOEK een kwart van 'n stomp om te wys hoe gevierendeelde planke verkry word. (2) 10.3 Die tekening op ANTWOORDBLAD 10.3 toon die horisontale deursneeaansig van 'n tussenstyl met twee aangrensende raamstyle en glas in posisie. Benoem enige SES dele van die tekening. (6) 10.4 Noem EEN masjien wat gebruik kan word om sponnings op raamdele te vorm. (1) 10.5 Gebruik tekeninstrumente en teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie verhouding, 'n skets van die horisontale deursnee deur 'n 50 mm x 40 mm- hegstuk en twee 12 mm dik laaghoutpanele om te toon hoe die voeg afgewerk word met 'n 12 mm dik dekstrook, soos wat in muurpaneelwerk gebruik word. (4) 10.6 Gebruik ANTWOORDBLAD 10.6 en teken, volgens skaal 1 : 10, die voor- aansig van 'n eenpaneeldeur. Die panele word in 'n 12 mm wye sponning geplaas en met 'n kraallys vasgesit. Gebruik die volgende spesifikasies: • Die deur is 2 032 mm hoog en 813 mm wyd • Die boreling en style is 114 mm x 44 mm • Die onderste reling is 220 mm x 44 mm • 16 mm plat laaghoutpaneel. Drukskryf 'n titel vir die deur. (6) 10.7 Noem EEN voeg wat gebruik kan word om die style aan die boreling van 'n deur te heg. (1) 10.8 Noem die veiligheidstoerusting wat jy sal gebruik om jou oë te beskerm wanneer jy 'n elektriese boor gebruik. (1) 10.9 Bereken die grootte van die laaghout wat benodig sal word vir die paneel van die deur in VRAAG 9.6 as die paneel in 'n 12 mm-groef van elke onderdeel van die deur gepas word. Skryf die volgende formule in jou ANTWOORDEBOEK as 'n gids neer om jou berekening te voltooi: Wydte van paneel = _____ - ( ____ + _____ ) + ____ = ______ Lengte van paneel = _____ - ( ____ + _____ ) + ____ = ______ (8) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 24 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VRAAG 11: FORMEEL, BEKISTING EN SKORING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 11.1 Verduidelik die term formeel, soos in siviele tegnologie gebruik. (1) 11.2 Gebruik tekeninstrumente en teken, in jou ANTWOORDEBOEK, 'n netjiese, benoemde skets om te onderskei tussen oop bekleding aan die een kant en geslote bekleding aan die ander kant wat aan die rib van die formeel vir 'n platboog geheg is. Benoem enige TWEE dele van die skets. (5) 11.3 Noem EEN veiligheidsvoorsorgmaatreël wat deur 'n werker wat elektriese gereedskap gebruik, nagekom moet word. (1) 11.4 Stel EEN stuk elektriese gereedskap voor wat gebruik kan word om die rib van 'n halfsirkelvormige boog uit te sny. (1) 11.5 Definieer die term bekisting. (2) 11.6 Noem EEN materiaal wat vir die konstruksie van bekisting gebruik kan word. (1) 11.7 Motiveer hoekom dit nie nodig is om spykers heeltemal in te slaan wanneer bekistingsdele geheg word nie. (1) 11.8 FIGUUR 11.8 op ANTWOORDBLAD 11.8 toon 'n deel van die vertikale deursnee deur die bekisting van 'n betonvloerblad. Voltooi die tekening om die volgende te toon: • TWEE stutte • Voetplaat • Wiggies • Draers • Balk • Benoem die stutte en wiggies. (10) 11.9 Verduidelik TWEE gevalle wanneer dit nodig sou wees om leunskoring in 'n gebou te installeer. (2) 11.10 FIGUUR 11.10 op ANTWOORDBLAD 11.10 toon die buitemure van twee verbindings. Lugskore moet tussen die twee mure geïnstalleer word. Voltooi die tekening om die horisontale skoor, muurplaat, wiggies, naald, klamp/klos en voetspanbalk te toon. Ignoreer die stut. (6) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 25 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VRAAG 12: HANGVLOERE, PLAFONNE, TRAPPE, KASTE EN YSTERWARE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 12.1 Gee EEN rede waarom behandelde hout vir hangvloere gebruik word. (1) 12.2 Gebruik ANTWOORDBLAD 12.2 en teken, volgens skaal 1 : 10, 'n vertikale deursnee deur 'n houthangvloer en toon die volgende detail (moet NIE die fondasie teken NIE): • 330 mm-fondasiemuur • 220 mm-buitemuur • Mierwering en VWL, 150 mm onder die muurplaat geïnstalleer • 220 mm x 50 mm-vloerbalk • 150 mm x 30 mm-tong-en-groef-vloerplank • 70 mm x 22 mm-vloerlys teen die 12 mm dik gepleisterde binnemuur • Drukskryf die titel van die tekening. • Benoem enige EEN deel van die tekening. (9) 12.3 Gebruik tekeninstrumente en teken, in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie verhouding, 'n skets om die term versteekte bespykering, soos in vloerkonstruksie gebruik, te illustreer. Toon enige TWEE vloerplanke. (3) 12.4 Noem EEN stuk handgereedskap wat jy sal gebruik om 'n plafon te installeer. (1) 12.5 Noem EEN veiligheidskledingstuk wat jy sal dra wanneer jy materiaal vir 'n ingeboude kas saag. (1) 12.6 Gebruik ANTWOORDBLAD 12.6 en tekeninstrumente en teken, in goeie verhouding, 'n vertikale deursnee deur 'n plafonkonstruksie. Toon die volgende op jou skets: • Bindbalk • Plafonlatte • Gipsplafonbord • Benoem die plafonlatte. (5) 12.7 Bereken die totale lengte kroonlys wat benodig word vir 'n vertrek wat 5 meter lank en 3 meter wyd aan die binnekant is. (3) 12.8 Onderskei tussen die terme styging en stygstuk, soos in 'n trap-konstruksie gebruik word. (2) 12.9 Noem EEN trapboom wat in trapkonstruksie gebruik word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 26 DBE/2017 KABV – Graad 11 Model 12.10 'n Kabinet, 800 mm hoog, 1 000 mm breed en 500 mm diep, moet tussen twee mure en onder 'n toonbank geïnstalleer word. 12.10.1 Gebruik ANTWOORDBLAD 12.10 en dui die volgende byskrifte op die tekening aan: • Basis • Deurraam • Blad • Middelrak • Onderste rak • Laaghoutagterkant (6) 12.10.2 Beveel 'n alternatiewe materiaal vir die agterkant van die kabinet aan. (1) 12.10.3 Beveel DRIE tipes materiaal aan wat gebruik kan word om die kabinet te maak. (3) 12.11 Beveel 'n skarnier aan wat jy sal gebruik om die deure van die kabinet in VRAAG 12.10 te hang. (1) 12.12 Noem EEN ander ysterware-item wat vir die kabinet benodig word. (1) 12.13 Beveel 'n ysterware-item aan wat in die volgende gevalle gebruik kan word: 12.13.1 'n Ingangsdeur wat teen 180° ten opsigte van die raam moet oopmaak (1) 12.13.2 Ekstra sekuriteit vir deure behalwe 'n slot (1) [40] TOTAAL AFDELING D: 100 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model FORMULEBLAD FORMULES OPPERVLAKTE VAN FORMULE FORMULE (in woorde) (in simbole) Vierkant sy x sy sxs Reghoek Lengte x breedte ℓxb Gelykbenige driehoek ½ x basis x hoogte ½b x h Gelyksydige driehoek/ Ongelyksydige ½ x basis x hoogte ½b x h driehoek Berekening van volumes van verskillende aggregate vir beton: Volume van materiaal = Volume van beton benodig x Mengverhouding van materiaal Totale mengverhouding Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model AFDELING A: GENERIES – ANTWOORDBLAAIE VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING A: ANTWOORDBLAD 2.3 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING A: ANTWOORDBLAD 2.4 ASSESSERINGS- PUNTE LEERDER KRITERIA SE PUNT Muur bokant venster 1 Muur onder venster 1 Lateie 2 Vensterraam 1 Buitevensterbank 1 Binnevensterbank 1 Dagwange 2 TOTAAL 9 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING A: ANTWOORDBLAD 2.5.2 ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER SE PUNT Buitemure 2 Natuurlike grondvlak 1 Voltooide vloervlak 1 Venster 1 Vensterbank 1 Windveer 1 Geweloorhang 1 TOTAAL 8 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING A: ANTWOORDBLAD 3.4 A B C D Hartlyne van mure: 2/ ___________= _________ 2/___________ = _________ = ______________ Minus 4/_______= ________ Totale lengte of hartlyn =________ (5) = ______________ Oppervlakte van mure voor aftrekkings 1/ _______ Hartlyn van die muur = __________ _______ ____________ Hoogte van muur =______________ (2) Oppervlakte van deur 1/ ______ Deuropening is 2 100 mm x 900 mm ______ ____________ (2) Oppervlakte van venster 1/ ______ Vensteropening is 2 000 mm x 1 200 mm ______ ____________ (2) Oppervlakte van mure na aftrekkings Oppervlakte van mure – oppervlakte van vensters – oppervlakte van deur ________ - _______ - ________ = _________ (1) 2/ ________ Aantal stene benodig ________ ______ stene 50 stene per m2 vir 'n halfsteenmuur (3) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model AFDELING B: KONSTRUKSIE – ANTWOORDBLAAIE VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING B: ANTWOORDBLAD 4.1 ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER SE PUNT Vooraansig 1 Boaansig Linkeraansig 1 Een afmeting 1 Toepassing van skaal 1 : 2 1 TOTAAL: 5 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING B: ANTWOORDBLAD 4.5 FIGUUR 4.5 ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER SE PUNT Enige korrekte byskrifte 1 Dakbedekking korrek geteken 1 Muur plaat korrek geteken 1 Dakspar korrek geteken 1 Netheid 1 TOTAAL: 5 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING B: ANTWOORDBLAD 5.3 A B C D Lengte van latei wat bokant opening benodig word Wydte van deur = 900 mm Lengte van latei = opening + 2(oorhang) = + = Binne-afmeting van binnemure Binnelengte van lang muur = 10 400 mm – 220 mm – 220 mm = Binnelengte van kort muur = 4 400 mm – 220 mm – 220 mm = Oppervlakte van vloerbedekking benodig 1/ Binnelengte van lang muur = 9 960 mm Binnelengte van kort muur = 3 960 mm Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING B: ANTWOORDBLAD 5.5 FIGUUR 5.5 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING B: ANTWOORBLAD 5.7 FIGUUR 5.7 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING B: ANTWOORDBLAD 6.6 ASSESSERINGSKRITERIA LP Koplaag 2 Strykverband 2 Vrousluiter 1 Verhouding en lynwerk 2 Byskrif : Kop 1 Byskrif: Vrousluiter 1 TOTAAL 9 LP = Leerder se punt √ √ (9) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING B: ANTWOORDBLAD 6.10 FIGUUR 6.10 ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER SE PUNT Stene 3 Sluitsteen 1 Omliggende steenwerk 2 Styging (dui aan en benoem) 1 Span (dui aan en benoem) 1 Binnewelwing (dui aan en benoem ) 1 Buitewelwing (dui aan en benoem) 1 TOTAAL 10 (10) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model AFDELING C: SIVIELE DIENSTE – ANTWOORDBLAAIE VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING C: ANTWOORDBLAD 7.4 EERSTE LAAG FIGUUR 7.4 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING C: ANTWOORDBLAD 8.8 20 20 A FIGUUR 8.8 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model AFDELING D: HOUTBEWERKING – ANTWOORDBLAAIE VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING D: ANTWOORDBLAD 10.3 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING D: ANTWOORDBLAD 10.6 ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LP Boreling 1 Style 2 Onderste reling 1 Korrekte skaal 2 TOTAL 6 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING D: ANTWOORDBLAD 11.8 FIGUUR 11.8 ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER SE PUNT Stutte 2 Voetplaat 2 Wiggies 2 Draers 1 Balk 1 Byskrif: Stut 1 Byskrif: Wiggies 1 TOTAAL 10 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING D: ANTWOORDBLAD 11.10 ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER SE PUNT Muurplaat 1 Klamp/Klos 1 Naald 1 Horisontale skoor 1 Wiggies 1 Voetspanbalk 1 TOTAAL 6 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING D: ANTWOORDBLAD 12.2 ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER SE PUNT Fondasiemuur 1 VWL 1 Mierwering 1 Muurplaat 1 Vloerbalk 1 Vloerplank 1 Vloerlys 1 Buitemuur 1 Een byskrif 1 TOTAAL 9 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING D: ANTWOORDBLAD 12.6 ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER SE PUNT Tong-en-groefbord 1 Versteekte bespykering 1 Balk 1 TOTAAL 3 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/2017 KABV – Graad 11 Model VAN EN NAAM: KLAS: AFDELING D: ANTWOORDBLAD 12.10 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Civil Technology

View all