Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
SIVIELE TEGNOLOGIE
MODEL 2017
PUNTE: 200
TYD : 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye, 1 formuleblad en
antwoordblaaie (20) vir die onderskeie afdelings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper /CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Civil%20Services_Afrikaans_hlayiso.com_--195d9d88-060d-4288-a6c8-5c59a0e1f4e5/v1-2f03d63ea54e6bd10d71/card.webp)
/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Civil%20Services_English_hlayiso.com_--ed0b5808-e643-408f-bef2-165736e1c4b6/v1-0797091449081c3c3dfd/card.webp)
/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Construction_English_hlayiso.com_--ef9cc9f6-54a4-49fb-a7b1-407a487eeec8/v1-ddd234b1e4aa182f38ab/card.webp)









View all

/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Civil%20Services_Afrikaans_hlayiso.com_--85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8/v1-16d2544947d7d7544935/card.webp)
/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_--6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0/v1-b3dbeb7485c9d23d03e8/card.webp)


Civil Technology Grade 11 National November 2017 Question Paper
Grade 11 Civil Technology question paper from the National November 2017, 47 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Civil Technology · Grade 11 · National November · 2017. Question paper, 47 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- National November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 47
- File size
- 1.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 47
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 2 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
BENODIGDHEDE:
1. Tekeninstrumente
2. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A, B, C en D.
2. AFDELING A (VRAAG 1, 2, 3) is VERPLIGTEND vir alle leerders.
3. Kies EEN van die volgende AFDELINGS na aanleiding van die
spesialiseringsterrein waarvoor jy geregistreer het:
AFDELING B (VRAAG 4, 5 en 6) – Konstruksie
AFDELING C (VRAAG 7, 8 en 9) – Siviele Dienste
AFDELING D (VRAAG 10, 11 en 12) – Houtbewerking
LET WEL: Indien jy vrae in AFDELING B, C en D beantwoord waarvoor jy
NIE geregistreer het NIE, sal dit NIE nagesien word NIE.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
7. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
8. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
9. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
10. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
11. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
12. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
13. Beantwoord vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE, soos in elke vraag
voorgeskryf, waar van toepassing.
14. As gevolg van elektroniese kopiëring is tekeninge in die vraestel NIE volgens
skaal NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 3 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
AFDELING A: GENERIES (VERPLIGTEND)
VRAAG 1: VEILIGHEID, MATERIAAL EN DWELMMIDDELMISBRUIK
1.1 Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–M) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 K.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Harde hoed A dra wanneer met hoekslypmasjien
gewerk word
1.1.2 Oorpak
B glyvaste stewels
1.1.3 Veiligheidshandskoene
C gereedskap moet duidelik gemerk
1.1.4 Veiligheidstewels wees wanneer dit gestoor word
1.1.5 Beton word met die hand D veroorsaak problematiese gedrag
gemeng
E moet gedra word wanneer met
1.1.6 Lomerigheid/Slaperigheid swaar voorwerpe gewerk word
1.1.7 Sigbare waarskuwings- F om jou hande te beskerm
tekens
G gebruik wanneer praktiese werk in
1.1.8 Goeie huishouding 'n werkswinkel gedoen word om jou
klere en liggaam te beskerm
1.1.9 Alkohol
H gebruik om hoofbeserings te
1.1.10 Oogbeskerming voorkom
I simptome van alkoholvergiftiging
J op enige bouterrein geplaas
K verhoog produktiwiteit
L drafskoene
M dra rubberstewels
(10 x 1) (10)
1.2 Noem DRIE bordprodukte wat vir muurpaneelwerk geskik is. (3)
1.3 Noem DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer materiaal gestapel
word. (3)
1.4 Onderskei tussen ysterhoudende en nie-ysterhoudende metale met
verwysing na die samestelling daarvan. (2)
1.5 Dui TWEE simptome van alkoholvergiftiging aan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 4 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
1.6 Gee 'n rede waarom verskillende tipes gevaarlike materiaal in veilige, aparte
kamers gestoor moet word. (1)
1.7 Water word gebruik om beton te meng. Noem DRIE ander bestanddele van
beton. (3)
1.8 Verduidelik die doel van water in die betonmengsel. (2)
1.9 Beskryf EEN gebruik van die volgende:
1.9.1 Vlaklaag (1)
1.9.2 Laaghout (1)
1.9.3 Aluminium (1)
1.10 Verduidelik EEN maatreël wat jy kan tref om sodat jy nie met die MIV
geïnfekteer word nie. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 5 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 2: MATERIAAL, GEREEDSKAP EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(2.1.1–2.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.11 C.
2.1.1 'n… kan gebruik word om staalboorpunte en kouebeitels skerp
te maak.
A Hoekslyper
B Platvyl
C Elektriese boor
D Bankslypmasjien (1)
2.1.2 'n … kan gebruik word om skroewe vinnig in te draai.
A Plat skroewedraaier
B Kragskroewedraaier
C Phillips-skroewedraaier
D Koevoet (1)
2.1.3 'n … word gebruik om groewe in steenmure te sny.
A Draagbare sirkelsaag
B Mokerhamer
C Hoekslyper
D Elektriese boor (1)
2.1.4 'n … kan gebruik word om die daksparre van 'n geïnstalleerde
dakkap volgens die korrekte lengte te sny.
A Bobaansaag
B Draagbare sirkelsaag
C Kloofsaag/Dwarshoutsaag
D Snykruishout (1)
2.1.5 'n … is die effektiefste gereedskap om groot hoeveelhede beton op
'n bouterrein te meng.
A Rondepuntskopgraaf
B Stompneusskopgraaf
C Graaf
D Betonmenger (1)
2.1.6 'n … word gebruik om los grond tot 'n diepte van 300 mm te
kompakteer.
A Plaatkompakteerder
B Betonvibreerder
C Stamper
D Reihout (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 6 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
2.1.7 'n … kan gebruik word om snymoere in moeilik bereikbare spasies
agter sanitêre toebehore vas te draai.
A Waterpomptang
B Wasbakmoersleutel
C Hoektroffel
D Universele tang (1)
2.1.8 'n … kan gebruik word om klein spykertjies, soos paneelspykers,
in te slaan.
A Mokerhamer
B Klouhamer
C Bolpenhamer
D Dwarspenhamer (1)
2.1.9 'n … kan gebruik word om hoeke te kopieer en na ander
oppervlakke oor te dra.
A Swaaihaak
B Winkelhaak
C Verstekwinkelhaak
D Kombinasieskaaf (1)
2.1.10 'n … kan gebruik word om lang planke te skaaf om 'n reguit
oppervlak kry.
A Soetskaaf
B Voorloperskaaf
C Reiskaaf
D Al die bogenoemde (1)
2.2 FIGUUR 2.2 hieronder toon 'n handgereedskapstuk en een stuk terrein-
toerusting.
A B
FIGUUR 2.2
2.2.1 Identifiseer A en B. (2)
2.2.2 Verduidelik EEN gebruik van A en B. (2)
2.2.3 Verduidelik die versorging van 'n gebruikte kouebeitel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 7 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
2.3 Gebruik ANTWOORDBLAD 2.3 en teken volgens skaal 1 : 2 'n isometriese
aansig van 'n gewone steen. (5)
2.4 Gebruik ANTWOORDBLAD 2.4 en teken 'n netjiese vryhandtekening, in
goeie verhouding, van die deursneeaansig van die bobou van 'n gebou.
Toon die volgende op jou tekening:
• Deel van die muur onder die venster
• Buitevensterbank
• Binnevensterbank
• Vensterraam
• TWEE lateie bo die venster
• Deel van die muur bokant die venster (9)
2.5 FIGUUR 2.5 hieronder toon die vloerplan van 'n gebou. Bestudeer die
tekening en beantwoord die vrae wat volg.
A V1 5 000
B
C
V2
8 000
FIGUUR 2.5
2.5.1 Identifiseer deel A, B en C. (3)
2.5.2 Gebruik ANTWOORDBLAD 2.5.2 en ontwikkel en teken, volgens
skaal 1 : 50, die oos-aansig van die gebou.
Gebruik die volgende spesifikasies:
• Die gebou het 'n geweldak met 'n helling van 30°.
• Venster 1 is 1 500 mm wyd en 1 200 mm hoog.
• Venster 2 is 2 000 mm wyd en 1 200 mm hoog.
• Al die vensters is in die middel van die mure geplaas.
• Die deur is 2 000 mm hoog en 900 mm wyd.
• Die hoogte van die natuurlike grondvlak tot die afgewerkte
vloervlak is 300 mm.
• Die hoogte van die bobou is 2 700 mm.
• Die dak word afgewerk met 220 mm-windvere en geen geute
word aangebring nie. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 8 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 3: HOEVEELHEDE EN HEGTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy
3.1 Formules word gebruik om hoeveelhede te bereken. Skryf die formule neer
wat jy sal gebruik om die volgende te bereken:
3.1.1 Oppervlakte (1)
3.1.2 Volume (1)
3.2 In watter eenheid word die lengtes van vloerlyste en kwartrondes gemeet? (1)
3.3 'n Fondasie met 'n lengte van 28 m, wydte van 450 mm en 'n dikte van
150 mm moet met beton gegooi word. Bereken die volume beton wat vir die
fondasie in m3 benodig word (4)
3.4 Figuur 3.4 toon die vloerplan van 'n enkelvertrekgebou.
6 440
8 440
FIGUUR 3.4
Spesifikasies:
• Die wydte van die muur is 220 mm.
• Die opening vir die deur is 2 100 mm x 900 mm
• Die opening vir die venster is 2 000 mm x 1 200 mm
• Die hoogte van die bobou is 2 700 mm
• Gebruik 50 stene per vierkante meter vir 'n halfsteenmuur.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 9 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
Gebruik ANTWOORDBLAD 3.4 en bereken die volgende:
3.4.1 Die hartlyne van die mure in meter (5)
3.4.2 Die getal stene benodig om die mure van die bobou te bou. (10)
3.5 Voltooi die volgende sinne deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
Skryf die woord langs die vraagnommer (3.5.1–3.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
PVC-kleefmiddels; kontakgom; water; hout; epoksie
3.5.1 PVA-gom word gebruik om … te heg. (1)
3.5.2 …-gom bestaan uit 'n hars en 'n verharder. (1)
3.5.3 Silikoongom kan as 'n basiese verseëlaar teen die penetrasie
van … gebruik. (1)
3.5.4 …-gom word gou droog en as die dele aan mekaar raak kan dit nie
weer losgemaak word nie. (1)
3.5.5 Plastiekpype word met … geheg. (1)
3.6 Noem EEN eienskap van ELK van die volgende kleefmiddels:
3.6.1 Kontakgom (1)
3.6.2 PVA-gom (1)
3.6.3 Silikoon (1)
[30]
TOTAAL AFDELING A: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 10 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
AFDELING B: KONSTRUKSIE
VRAAG 4: UITGRAWINGS EN FONDASIES
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Gebruik ANTWOORDBLAD 4.1 en teken 'n isometriese aansig van 'n vrou-
sluiter volgens skaal 1 : 2. Toon EEN afmeting op jou tekening met gebruik
van die korrekte tekentegniek. Begin jou tekening in die posisie wat op die
ANTWOORDBLAD aangedui is. (5)
4.2 Noem TWEE gebruike van smeebare gietyster. (2)
4.3 Onderskei tussen koper en lood volgens gebruik en kleur. Tabuleer jou
antwoord soos volg:
MATERIAAL KLEUR GEBRUIK
Koper
Lood (4)
4.4 FIGUUR 4.4 hieronder toon 'n stamper. Verwys na die figuur en beantwoord
die vrae wat volg.
FIGUUR 4.4
4.4.1 Noem TWEE persoonlikeveiligheid-toerustingsitems wat 'n werker
kan gebruik wanneer met die stamper gewerk word. (2)
4.4.2 Noem TWEE gebruike van die stamper. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 11 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
4.5 FIGUUR 4.5 op ANTWOORDBLAD 4.5 toon 'n onvoltooide vertikale
deursneeaansig van 'n oopdakrandkonstruksie. Voltooi die tekening van die
vertikale deursneeaansig op ANTWOORDBLAD 4.5.
Toon die volgende op jou tekening:
• Dakbedekking
• Bindbalk
• Muurplaat
• Kaplat
• Fassiebord
• Gegalvaniseerde dakbedekking (5)
4.6 Jy wil 'n grensmuur aan die een kant van jou erf bou. Die hoogte van die
muur is 2 m en die lengte is 15 m. Die muur is 'n eensteenmuur. Vyftig stene
is nodig om een vierkante meter van 'n halfsteenmuur te bou.
4.6.1 Bereken die oppervlakte van die muur. (2)
4.6.2 Bereken die totale getal stene nodig om die muur te bou. (2)
4.7 Noem TWEE tipes gewapendebeton-hangvloere. (2)
4.8 Baie ongelukke gebeur tydens uitgrawings. Noem TWEE oorsake van
ongelukke wat tydens uitgrawings kan plaasvind. (2)
4.9 Verduidelik onder watter omstandighede jy die volgende fondasies sal
gebruik:
4.9.1 Vlotfondasie (1)
4.9.2 Kortboorheipaalfondasie (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 12 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 5: BEKISTING, KONSTRUKSIESTAAL EN SPOUMURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 Verduidelik TWEE veiligheidsmaatreëls waaraan voldoen moet word wanneer
'n kragflotteerder op terrein gebruik word. (2)
5.2 Watter veiligheidsmaatreël moet jy toepas wanneer jy met kleefmiddels werk
wat giftige gasse afgee? (1)
5.3 FIGUUR 5.3 hieronder toon die vloerplan van 'n eenvertrekgebou.
4 400
10 400
FIGUUR 5.3
Spesifikasies:
• Die wydte van die muur is 220 mm
• Die opening vir die deur is 2 100 mm x 900 mm
• Die minimum oorhang van die latei aan beide kante van die opening is
150 mm
Gebruik ANTWOORDBLAD 5.3 en bereken die volgende:
5.3.1 Die lengte van die latei wat nodig is bokant die opening van
die deur (2)
5.3.2 Die oppervlakte van die vloerbedekking wat benodig word (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 13 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
5.4 FIGUUR 5.4 hieronder toon illustrasies van staalprofiele wat op die
konstruksieterrein gebruik word.
A B C
FIGUUR 5.4
5.4.1 Identifiseer A, B en C. (3)
5.4.2 Verduidelik EEN gebruik van ELKE staalprofiel. (3)
5.5 Gebruik ANTWOORDBLAD 5.5 en voltooi 'n tekening, volgens skaal 1 : 10,
van 'n horisontale deursneeaansig van die bekisting van 'n vierkantige kolom.
Gebruik die volgende spesifikasies:
• Grootte van kolom is 500 mm x 500 mm
• Bekistingsbord 21 mm dik
• Twee klampe 76 mm x 50 mm
• Twee jukke 76 mm x 50 mm
• Vier wiggies
• Twee 16 mm diameter (Ø) skroefdraadstawe met moere
Benoem EEN deel van die tekening. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 14 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
5.6 FIGUUR 5.6 hieronder is 'n foto van konstruksieterreintoerusting.
FIGUUR 5.6
5.6.1 Identifiseer die konstruksieterreintoerusting. (1)
5.6.2 Stel EEN voorsorgmaatreël voor wat getref moet word indien die
toerusting in FIGUUR 5.6 onklaar raak. (1)
5.7 Voltooi FIGUUR 5.7 op ANTWOORDBLAD 5.7 om die middelpunt van
'n platboog aan te dui. (2)
5.8 FIGUUR 5.8 hieronder is 'n skets van TWEE tipes muurbinte wat in spoumure
gebruik kan word. Identifiseer muurbint A en B.
A B
FIGUUR 5.8 (2)
5.9 Verduidelik TWEE regulasies ten opsigte van die horisontale en vertikale
spasiëring van muurbinte in 'n spoumuur. (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 15 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 6: STEENWERK, TRAPPE EN DAKBEDEKKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Beveel TWEE tipes beskermende klerasie aan wat gedra kan word wanneer
met sement gewerk word. (2)
6.2 Wanneer 'n tabel vir 'n snylys ontwikkel word, moet die opskrif van elke kolom
aangedui word. Noem DRIE opskrifte vir 'n snylys. (3)
6.3 Beskryf TWEE metodes wat gebruik kan word om 'n houtvensterraamstyl aan
steenwerk te heg. (2)
6.4 Noem DRIE handgereedskapstukke wat jy sal benodig om die bekisting van
'n vierkantige kolom te maak. (3)
6.5 Noem EEN tipe spyker wat jy sal gebruik om dakkapdele aan mekaar te heg. (1)
6.6 Die skets op ANTWOORDBLAD 6.6 toon 'n planlaag van 'n
hoekaansluitingsmuur (buitehoek), een steen wyd, wat in Engelse verband
gebou is.
Gebruik ANTWOORDBLAD 6.6 en projekteer en teken, vanaf die aansig
gegee, die alternatiewe planlaag van die muur in goeie verhouding.
Dui die volgende byskrifte op jou tekening aan:
• Koplaag
• Vrousluiter
LET WEL: Verhouding en lynwerk sal twee punte tel. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 16 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
6.7 FIGUUR 6.7 hieronder toon die bekisting vir 'n betontrap. Bestudeer die skets
en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
C
D
FIGUUR 6.7
6.7.1 Identifiseer deel A. (1)
6.7.2 Beveel 'n geskikte hoogte vir B aan. (1)
6.7.3 Identifiseer deel C. (1)
6.7.4 Identifiseer deel D. (1)
6.7.5 Teken die simbool vir beton. (2)
6.8 Beskryf die doel van dakbedekking in 'n gebou. (2)
6.9 Noem TWEE tipes profiele van metaaldakbedekking wat in die boubedryf
gebruik word. (2)
6.10 FIGUUR 6.10 op ANTWOORDBLAD 6.10 toon 'n onvoltooide
segmentpasboog met konstruksielyne. Die onvoltooide lae omliggende
steenwerk word ook aan die regterkant getoon.
6.10.1 Gebruik ANTWOORDBLAD 6.10 en voltooi die segmentpasboog
deur die voussoirs (stene) net verby die middelpunt van die boog
te teken. (3)
6.10.2 Benoem die sluitsteen. (1)
6.10.3 Voltooi die omliggende steenwerk in strykverband aan die
regterkant van die boog binne DRIE van die lae gegee. (2)
6.10.4 Dui die styging op jou tekening aan. (1)
6.10.5 Dui die span op jou tekening aan. (1)
6.10.6 Dui die binnewelwing op jou tekening aan. (1)
6.10.7 Dui die buitewelwing op jou tekening aan. (1)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 17 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
AFDELING C: SIVIELE DIENSTE
VRAAG 7: KONSTRUKSIE IN SIVIELE DIENSTE, KOUEWATER- EN
WARMWATERTOEVOER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
7.1 Verduidelik die term plasing van beton. (2)
7.2 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om beton te kompakteer. (2)
7.3 Motiveer hoekom dit nodig is om nabehandeling op beton toe te pas. (1)
7.4 FIGUUR 7.4 op ANTWOORDBLAD 7.4 toon die boaansig van twee
opeenvolgende lae van die T-aansluiting van 'n halfsteenmuur in stryk-
verband. Projekteer en teken vanaf die gegewe aansig die vooraansig van die
muur, soos gesien vanaf die kant van die tak muur. Toon DRIE steenlae. (6)
7.5 FIGUUR 7.5 hieronder toon 'n stelsel wat koue- en warm water aan 'n huis
voorsien. Polycop-pyp word gebruik vir die kouewatertoevoer en koperpyp vir
die warmwatertoevoer. Bestudeer die tekening en voltooi die hoeveelheidslys
hieronder om die loodgieterinstallasie te voltooi. Skryf slegs die antwoord
langs die vraagnommer (7.5.1–7.5.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1 1
3
6 5
7
2
4
6
FIGUUR 7.5
ITEM NAAM VAN MATERIAAL GROOTTE HOEVEELHEID
SANITERE
WARE/TOEBEHORE
1 7.5.1 Geelkoper 22 mm 2
2 HoëdrukgeIser --- 150 liter 1
3 Temperatuur- en druk- Geelkoper 22 mm 1
beheerklep
4 Drukverminderingsklep Geelkoper 22 mm 1
5 Druklas-elmboog --- 22 mm 2
6 Druk-T-las 7.5.2 22 mm 7.5.3
7 Kapillêre T-las 7.5.4 22 mm 7.5.5 (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 18 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
7.6 Noem EEN voordeel van koperpyp. (1)
7.7 Noem EEN nadeel van hoëdigtheid-poliëtileenpype. (1)
7.8 Jy moet 'n koperpyp regmaak wat lek en waarvan die watertoevoer nie
heeltemal afgeskakel kan word nie. Beveel die tipe toebehore aan wat die
geskikste sal wees om hierdie pyp te las/heg. (1)
7.9 FIGUUR 7.9 toon 'n klep.
A
B
C
FIGUUR 7.9
7.9.1 Identifiseer die klep wat in FIGUUR 7.9 getoon word. (1)
7.9.2 Benoem A tot C korrek. (3)
7.10 Verduidelik TWEE regulasies wat nagekom moet word wanneer 'n hoëdruk-
elektriese geiser geïnstalleer word. (2)
7.11 Teken netjiese vryhandtekeninge van die volgende simbole wat in warm-
waterinstallasies gebruik word:
7.11.1 Eenrigtingklep (2)
7.11.2 Afsluitkraan (2)
7.12 Noem EEN voordeel van songeisers. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 19 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 8: GRAFIKA, DAKWERK EN STORMWATER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
8.1 Noem TWEE veiligheidsreëls wat nagekom moet word wanneer daar
gesoldeer word. (2)
8.2 Noem TWEE gebruike van soldeerdraad. (2)
8.3 Noem EEN gebruik van keramiek. (1)
8.4 FIGUUR 8.4 hieronder toon verskillende stukke gereedskap wat in
plaatmetaalwerk gebruik word.
A B C
FIGUUR 8.4
8.4.1 Identifiseer gereedskapstuk A–C in FIGUUR 8.4. (3)
8.4.2 Verduidelik EEN gebruik van ELK van hierdie stukke gereedskap. (3)
8.5 Teken 'n netjiese vryhandskets van 'n groefoorslaglas met gegrendelde/
aaneengekoppelde rande voordat dit met gereedskapstuk B, in FIGUUR 8.4,
klaargemaak word. (2)
8.6 Maak 'n netjiese vryhandtekening van die ontwikkeling van die doodloopent
van 'n vierkantige geut met 'n oop bokant.
Toon die volgende op jou tekening:
• Entdekstrook
• DRIE kante oopgevou
• Naattoelating vir soldeerwerk aan onderkant (4)
8.7 Verduidelik wat stormwater is. (1)
8.8 FIGUUR 8.8 op ANTWOORDBLAD is 'n tekening van die skoen van 'n
vierkantige geut. Gebruik ANTWOORDBLAD 8.8 en ontwikkel en teken die
ontwikkeling van deel A van die skoen. Gebruik skaal 1 : 1. Toon 4 mm vir die
naattoelating aan albei kante van die ontwikkeling. (12)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 20 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 9: RIOLERING EN SANITÊRE TOEBEHORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
9.1 Blootstelling aan rou riool is 'n gesondheidsrisiko vir werkers. Noem TWEE
veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan voldoen moet word om infeksies te
voorkom wanneer daar met rou riool gewerk word. (2)
9.2 Noem die stuk handgereedskap wat jy sal gebruik om die ente van pype af
te skuins sodat die pype makliker aan pyptoebehore gelas kan word wanneer
oPVC-rioolpype gelê word. (1)
9.3 FIGUUR 9.3 hieronder is die uitleg van 'n rioleringstelsel volgens skaal
1 : 100 geteken. Die diameter van die vuilpyp is 110 mm en dié van die
vuilwaterpype 50 mm. Bestudeer die tekening en voltooi die
hoeveelheidstabel hieronder in om die loodgieterinstallasie te voltooi.
Vir berekening van pyplengtes gebruik skaal 1 mm op die tekening
= 100 mm vir die pyp.
Skryf slegs die antwoorde langs die vraagnommers (9.3.1–9.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
7 7 7 6
8
5
2 3 4
1
7
1
6
FIGUUR 9.3
ITEM NAAM VAN SANITÊRE MATERIAAL GROOTTE HOEVEEL- LENGTE
MEUBLEMENT/ HEID
TOEBEHORE
1 9.3.1 9.3.2 --- 2 ---
2 Kombuisdubbel- opwasbak Vlekvrye 1 500 mm 1 ---
staal
3 Wasbak --- --- 1 ---
4 Bad --- 1 800 mm 1 ---
5 9.3.3 --- --- 1 ---
6 9.3.4 oPVC 110 mm 9.3.5 ---
7 Aansluiter 135° oPVC 110 mm 4 ---
8 Buig 135° oPVC 110 mm 1 ---
9 Vuilpyp (takpype ingesluit oPVC 110 mm --- 9.3.6 (7)
9.4 Verduidelik hoe jy TWEE stukke 50 mm diameter oPVC-pyp met PVC-gom
sal las. (3)
9.5 Onderskei tussen drekwater en vuilwater. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 21 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
9.6 Waarvoor staan ELK van die volgende afkortings?
9.6.1 BD (1)
9.6.2 oPVC (1)
9.6.3 WT (1)
9.6.4 VWP (1)
9.7 Teken die simbool vir ELK van die volgende:
9.7.1 Stort, soos vir pypwerk gebruik (2)
9.7.2 Enkelopwasbak (2)
9.8 FIGUUR 9.8 hieronder toon 'n groep sanitêre meublement/toebehore aan 'n
eenpypstelsel verbind. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat
volg.
A B
C
FIGUUR 9.8
9.8.1 Verduidelik wat in die hele pypstelsel sal gebeur wanneer water
uit C gelaat word. (Verwys na die korrekte name van pyp A en B,
die uitlaat, hewelaksie en ventilasie wat in die stelsel plaasvind.) (5)
9.8.2 Wanneer 'n reeks toebehore horisontaal gelyk is, moet die sisteem
geventileer word. Wat is die minimum diameter van die volgende
ten opsigte hiervan?
• Vuilpype
• Vuilwaterafvoerpype (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 22 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
9.9 Kategoriseer die volgende sanitêre meublement ten opsigte van vuilwater- en
drekwatertoebehore in 'n tabel:
• Opwasbak
• Bad (3)
• Urinaal
9.10 Noem DRIE eienskappe van 'n effektiewe watersperder. (3)
9.11 Onderskei tussen 'n spoelbak en 'n spoelklep ten opsigte van die voordele
van elk. Tabuleer jou antwoord. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 23 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
AFDELING D: HOUTBEWERKING
VRAAG 10: VENSTERS, DEURE EN MUURPANEELWERK
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
10.1 Gee EEN rede hoekom 'n timmerman gedroogde hout moet gebruik om
'n deur te maak. (1)
10.2 Teken in jou ANTWOORDEBOEK een kwart van 'n stomp om te wys hoe
gevierendeelde planke verkry word. (2)
10.3 Die tekening op ANTWOORDBLAD 10.3 toon die horisontale deursneeaansig
van 'n tussenstyl met twee aangrensende raamstyle en glas in posisie.
Benoem enige SES dele van die tekening. (6)
10.4 Noem EEN masjien wat gebruik kan word om sponnings op raamdele
te vorm. (1)
10.5 Gebruik tekeninstrumente en teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie
verhouding, 'n skets van die horisontale deursnee deur 'n 50 mm x 40 mm-
hegstuk en twee 12 mm dik laaghoutpanele om te toon hoe die voeg
afgewerk word met 'n 12 mm dik dekstrook, soos wat in muurpaneelwerk
gebruik word. (4)
10.6 Gebruik ANTWOORDBLAD 10.6 en teken, volgens skaal 1 : 10, die voor-
aansig van 'n eenpaneeldeur. Die panele word in 'n 12 mm wye sponning
geplaas en met 'n kraallys vasgesit.
Gebruik die volgende spesifikasies:
• Die deur is 2 032 mm hoog en 813 mm wyd
• Die boreling en style is 114 mm x 44 mm
• Die onderste reling is 220 mm x 44 mm
• 16 mm plat laaghoutpaneel.
Drukskryf 'n titel vir die deur. (6)
10.7 Noem EEN voeg wat gebruik kan word om die style aan die boreling van
'n deur te heg. (1)
10.8 Noem die veiligheidstoerusting wat jy sal gebruik om jou oë te beskerm
wanneer jy 'n elektriese boor gebruik. (1)
10.9 Bereken die grootte van die laaghout wat benodig sal word vir die paneel van
die deur in VRAAG 9.6 as die paneel in 'n 12 mm-groef van elke onderdeel
van die deur gepas word.
Skryf die volgende formule in jou ANTWOORDEBOEK as 'n gids neer om jou
berekening te voltooi:
Wydte van paneel = _____ - ( ____ + _____ ) + ____ = ______
Lengte van paneel = _____ - ( ____ + _____ ) + ____ = ______ (8)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 24 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 11: FORMEEL, BEKISTING EN SKORING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
11.1 Verduidelik die term formeel, soos in siviele tegnologie gebruik. (1)
11.2 Gebruik tekeninstrumente en teken, in jou ANTWOORDEBOEK, 'n netjiese,
benoemde skets om te onderskei tussen oop bekleding aan die een kant en
geslote bekleding aan die ander kant wat aan die rib van die formeel vir
'n platboog geheg is. Benoem enige TWEE dele van die skets. (5)
11.3 Noem EEN veiligheidsvoorsorgmaatreël wat deur 'n werker wat elektriese
gereedskap gebruik, nagekom moet word. (1)
11.4 Stel EEN stuk elektriese gereedskap voor wat gebruik kan word om die rib
van 'n halfsirkelvormige boog uit te sny. (1)
11.5 Definieer die term bekisting. (2)
11.6 Noem EEN materiaal wat vir die konstruksie van bekisting gebruik kan word. (1)
11.7 Motiveer hoekom dit nie nodig is om spykers heeltemal in te slaan wanneer
bekistingsdele geheg word nie. (1)
11.8 FIGUUR 11.8 op ANTWOORDBLAD 11.8 toon 'n deel van die vertikale
deursnee deur die bekisting van 'n betonvloerblad. Voltooi die tekening om
die volgende te toon:
• TWEE stutte
• Voetplaat
• Wiggies
• Draers
• Balk
• Benoem die stutte en wiggies. (10)
11.9 Verduidelik TWEE gevalle wanneer dit nodig sou wees om leunskoring in 'n
gebou te installeer. (2)
11.10 FIGUUR 11.10 op ANTWOORDBLAD 11.10 toon die buitemure van
twee verbindings. Lugskore moet tussen die twee mure geïnstalleer word.
Voltooi die tekening om die horisontale skoor, muurplaat, wiggies, naald,
klamp/klos en voetspanbalk te toon. Ignoreer die stut. (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 25 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 12: HANGVLOERE, PLAFONNE, TRAPPE, KASTE EN YSTERWARE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
12.1 Gee EEN rede waarom behandelde hout vir hangvloere gebruik word. (1)
12.2 Gebruik ANTWOORDBLAD 12.2 en teken, volgens skaal 1 : 10, 'n vertikale
deursnee deur 'n houthangvloer en toon die volgende detail (moet NIE die
fondasie teken NIE):
• 330 mm-fondasiemuur
• 220 mm-buitemuur
• Mierwering en VWL, 150 mm onder die muurplaat geïnstalleer
• 220 mm x 50 mm-vloerbalk
• 150 mm x 30 mm-tong-en-groef-vloerplank
• 70 mm x 22 mm-vloerlys teen die 12 mm dik gepleisterde binnemuur
• Drukskryf die titel van die tekening.
• Benoem enige EEN deel van die tekening. (9)
12.3 Gebruik tekeninstrumente en teken, in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie
verhouding, 'n skets om die term versteekte bespykering, soos in
vloerkonstruksie gebruik, te illustreer. Toon enige TWEE vloerplanke. (3)
12.4 Noem EEN stuk handgereedskap wat jy sal gebruik om 'n plafon te installeer. (1)
12.5 Noem EEN veiligheidskledingstuk wat jy sal dra wanneer jy materiaal vir
'n ingeboude kas saag. (1)
12.6 Gebruik ANTWOORDBLAD 12.6 en tekeninstrumente en teken, in goeie
verhouding, 'n vertikale deursnee deur 'n plafonkonstruksie. Toon die
volgende op jou skets:
• Bindbalk
• Plafonlatte
• Gipsplafonbord
• Benoem die plafonlatte. (5)
12.7 Bereken die totale lengte kroonlys wat benodig word vir 'n vertrek wat 5 meter
lank en 3 meter wyd aan die binnekant is. (3)
12.8 Onderskei tussen die terme styging en stygstuk, soos in 'n trap-konstruksie
gebruik word. (2)
12.9 Noem EEN trapboom wat in trapkonstruksie gebruik word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 26 DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
12.10 'n Kabinet, 800 mm hoog, 1 000 mm breed en 500 mm diep, moet tussen
twee mure en onder 'n toonbank geïnstalleer word.
12.10.1 Gebruik ANTWOORDBLAD 12.10 en dui die volgende byskrifte op
die tekening aan:
• Basis
• Deurraam
• Blad
• Middelrak
• Onderste rak
• Laaghoutagterkant (6)
12.10.2 Beveel 'n alternatiewe materiaal vir die agterkant van die kabinet
aan. (1)
12.10.3 Beveel DRIE tipes materiaal aan wat gebruik kan word om die
kabinet te maak. (3)
12.11 Beveel 'n skarnier aan wat jy sal gebruik om die deure van die kabinet
in VRAAG 12.10 te hang. (1)
12.12 Noem EEN ander ysterware-item wat vir die kabinet benodig word. (1)
12.13 Beveel 'n ysterware-item aan wat in die volgende gevalle gebruik kan word:
12.13.1 'n Ingangsdeur wat teen 180° ten opsigte van die raam moet
oopmaak (1)
12.13.2 Ekstra sekuriteit vir deure behalwe 'n slot (1)
[40]
TOTAAL AFDELING D: 100
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
FORMULEBLAD
FORMULES
OPPERVLAKTE VAN FORMULE FORMULE
(in woorde) (in simbole)
Vierkant sy x sy sxs
Reghoek Lengte x breedte ℓxb
Gelykbenige driehoek ½ x basis x hoogte ½b x h
Gelyksydige driehoek/
Ongelyksydige ½ x basis x hoogte ½b x h
driehoek
Berekening van volumes van verskillende aggregate vir beton:
Volume van materiaal = Volume van beton benodig x Mengverhouding van materiaal
Totale mengverhouding
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
AFDELING A: GENERIES – ANTWOORDBLAAIE
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING A: ANTWOORDBLAD 2.3
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING A: ANTWOORDBLAD 2.4
ASSESSERINGS- PUNTE LEERDER
KRITERIA SE PUNT
Muur bokant venster 1
Muur onder venster 1
Lateie 2
Vensterraam 1
Buitevensterbank 1
Binnevensterbank 1
Dagwange 2
TOTAAL 9
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING A: ANTWOORDBLAD 2.5.2
ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER SE
PUNT
Buitemure 2
Natuurlike grondvlak 1
Voltooide vloervlak 1
Venster 1
Vensterbank 1
Windveer 1
Geweloorhang 1
TOTAAL 8
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING A: ANTWOORDBLAD 3.4
A B C D
Hartlyne van mure:
2/ ___________= _________
2/___________ = _________
= ______________
Minus 4/_______= ________
Totale lengte of hartlyn =________ (5)
= ______________
Oppervlakte van mure voor aftrekkings
1/ _______ Hartlyn van die muur = __________
_______ ____________ Hoogte van muur =______________ (2)
Oppervlakte van deur
1/ ______ Deuropening is 2 100 mm x 900 mm
______ ____________ (2)
Oppervlakte van venster
1/ ______ Vensteropening is 2 000 mm x 1 200 mm
______ ____________ (2)
Oppervlakte van mure na aftrekkings
Oppervlakte van mure – oppervlakte van
vensters – oppervlakte van deur
________ - _______ - ________
= _________ (1)
2/ ________ Aantal stene benodig
________ ______ stene 50 stene per m2 vir 'n halfsteenmuur (3)
Kopiereg voorbehou
Siviele Tegnologie
Downloaded from hlayiso.com DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
AFDELING B: KONSTRUKSIE – ANTWOORDBLAAIE
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING B: ANTWOORDBLAD 4.1
ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER SE
PUNT
Vooraansig 1
Boaansig
Linkeraansig 1
Een afmeting 1
Toepassing van skaal 1 : 2 1
TOTAAL: 5
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM: KLAS:
AFDELING B: ANTWOORDBLAD 4.5
FIGUUR 4.5
ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER
SE PUNT
Enige korrekte byskrifte 1
Dakbedekking korrek geteken 1
Muur plaat korrek geteken 1
Dakspar korrek geteken 1
Netheid 1
TOTAAL: 5
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM: KLAS:
AFDELING B: ANTWOORDBLAD 5.3
A B C D
Lengte van latei wat bokant opening benodig word
Wydte van deur = 900 mm
Lengte van latei = opening + 2(oorhang)
= +
=
Binne-afmeting van binnemure
Binnelengte van lang muur = 10 400 mm – 220 mm –
220 mm
=
Binnelengte van kort muur = 4 400 mm – 220 mm –
220 mm
=
Oppervlakte van vloerbedekking benodig
1/ Binnelengte van lang muur = 9 960 mm
Binnelengte van kort muur = 3 960 mm
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING B: ANTWOORDBLAD 5.5
FIGUUR 5.5
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING B: ANTWOORBLAD 5.7
FIGUUR 5.7
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING B: ANTWOORDBLAD 6.6
ASSESSERINGSKRITERIA LP
Koplaag 2
Strykverband 2
Vrousluiter 1
Verhouding en lynwerk 2
Byskrif : Kop 1
Byskrif: Vrousluiter 1
TOTAAL 9
LP = Leerder se punt
√
√
(9)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING B: ANTWOORDBLAD 6.10
FIGUUR 6.10
ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER
SE PUNT
Stene 3
Sluitsteen 1
Omliggende steenwerk 2
Styging (dui aan en benoem) 1
Span (dui aan en benoem) 1
Binnewelwing (dui aan en benoem ) 1
Buitewelwing (dui aan en benoem) 1
TOTAAL 10
(10)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
AFDELING C: SIVIELE DIENSTE – ANTWOORDBLAAIE
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING C: ANTWOORDBLAD 7.4
EERSTE LAAG
FIGUUR 7.4
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING C: ANTWOORDBLAD 8.8
20
20
A
FIGUUR 8.8
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
AFDELING D: HOUTBEWERKING – ANTWOORDBLAAIE
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING D: ANTWOORDBLAD 10.3
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING D: ANTWOORDBLAD 10.6
ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LP
Boreling 1
Style 2
Onderste reling 1
Korrekte skaal 2
TOTAL 6
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING D: ANTWOORDBLAD 11.8
FIGUUR 11.8
ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER
SE PUNT
Stutte 2
Voetplaat 2
Wiggies 2
Draers 1
Balk 1
Byskrif: Stut 1
Byskrif: Wiggies 1
TOTAAL 10
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING D: ANTWOORDBLAD 11.10
ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER
SE PUNT
Muurplaat 1
Klamp/Klos 1
Naald 1
Horisontale skoor 1
Wiggies 1
Voetspanbalk 1
TOTAAL 6
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING D: ANTWOORDBLAD 12.2
ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER
SE PUNT
Fondasiemuur 1
VWL 1
Mierwering 1
Muurplaat 1
Vloerbalk 1
Vloerplank 1
Vloerlys 1
Buitemuur 1
Een byskrif 1
TOTAAL 9
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING D: ANTWOORDBLAD 12.6
ASSESSERINGSKRITERIA PUNTE LEERDER
SE PUNT
Tong-en-groefbord 1
Versteekte bespykering 1
Balk 1
TOTAAL 3
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/2017
KABV – Graad 11 Model
VAN EN NAAM:
KLAS:
AFDELING D: ANTWOORDBLAD 12.10
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Civil%20Services_Afrikaans_hlayiso.com_--195d9d88-060d-4288-a6c8-5c59a0e1f4e5/v1-2f03d63ea54e6bd10d71/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 11 2022 QP (Afr)
/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Civil%20Services_English_hlayiso.com_--ed0b5808-e643-408f-bef2-165736e1c4b6/v1-0797091449081c3c3dfd/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 11 2022 QP (Eng)
/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Construction_English_hlayiso.com_--ef9cc9f6-54a4-49fb-a7b1-407a487eeec8/v1-ddd234b1e4aa182f38ab/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 11 2022 QP (Eng)

Question paper
Civil Technology Grade 11 Exemplar November 2022 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 11 Exemplar November 2022 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 11 Exemplar November 2022 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Civil Technology Grade 11 National November 2017 Question Paper

Memorandum
Civil Technology Grade 11 National November 2017 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 11 National November 2017 Memo

Question paper
Civil Technology Grade 11 North West June 2017 Question Paper

Question paper
Civil Technology Grade 11 North West June 2017 Question Paper

Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo
More from Grade 11 Civil Technology

Annual teaching plan
Gr 11 Cons ATP 2023 24

Annual teaching plan
Gr 11 Civil Ser ATP 2023 24
/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Civil%20Services_Afrikaans_hlayiso.com_--85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8/v1-16d2544947d7d7544935/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 11 2022 Memo (Afr)
/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_--6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0/v1-b3dbeb7485c9d23d03e8/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 11 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 11 2022 Memo (Eng)

Memorandum