Skip to content

Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 12201720 pages

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 2017 PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 'n HTML-merkersblad, 'n toevoermasker-karakterblad en 'n aparte inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/2017 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld. 2. Sleutel jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskrif ('footer') in van ELKE dokument wat jy skep of stoor, waar toepaslik. 3. Die toesighouer sal 'n CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') met al die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n CD/DVD aan jou uitgereik word, moet jy jou eksamennommer en sentrumnommer op die CD/DVD skryf. Indien jy op die netwerk werk, moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. 4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer sal wees, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. 6. Beantwoord AL die vrae. 7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 8. Lees elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheuestokkie inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat- antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE. 10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 11. Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme wat jy gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/2017 SSE 12. Tensy anders aangedui, gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in sigbladvrae. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. 13. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as die bestaande data verander. 14. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg. 15. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. 16. Gebruik sentimeter as meeteenheid wanneer jy hierdie vraestel beantwoord. 17. Een punt word gewoonlik per aksie toegeken; dus sal 'n 2-punt- vraag gewoonlik TWEE aksies vereis, ensovoorts. 18. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheuestokkie wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin. • 1Bullet Prentlêer • 1Cost Woordverwerkingslêer • 2Cars Prentlêer • 2Guide Woordverwerkingslêer • 3Car Sigbladlêer • 4Show Sigbladlêer • 5Old Prentlêer • 5Sales Databasislêer • 6Beware HTML-lêer • 6Drive Prentlêer • 7Acc Databasislêer • 7Answ Woordverwerkingslêer • 7Buy Databasislêer • 7Chart Sigbladlêer • 7Statem Woordverwerkingslêer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/2017 SSE SCENARIO Baie jong mense sou graag 'n motor as vervoermiddel wou koop. Wanneer hulle besluit om 'n motor te koop, moet hulle verskeie aspekte oor die besit van 'n motor versigtig oorweeg. VRAAG 1: WOORDVERWERKING Daar is baie verskuilde koste by die aankoop van 'n motor. Maak die 1Cost-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskrif ('footer') in. 1.1 Vind die WordArt 'What your car is really costing you' en verander dit soos volg: • Pas enige weerkaatsing-tekseffek ('reflection text effect') op die WordArt toe. Maak seker dat die hele WordArt en die weerkaatsing-effek duidelik sigbaar is. • Pas 'n teks-buitelyn ('text outline') van 1.5 pt (1½ pt) rondom die WordArt toe (die buitelyn verskyn om elke karakter en nie as 'n buiteraam ('border') nie). (3) 1.2 Vind die teks 'Document created:' onder die WordArt. Voeg 'n veld langs die teks in om die datum waarop die dokument geskep is, te vertoon. (2) 1.3 Gebruik die vervangings('replace')-eienskap van die woordverwerker om enige verskyning van die woord 'depreciation' te vervang sodat dit in vetdruk met 'n skrap('strikethrough')-effek vertoon. (4) 1.4 Vind die teks wat met 'Ownership Costs' begin en met '… overnight parking, etc.' eindig en doen die volgende: • Plaas hierdie teks in twee kolomme. • Maak seker dat die teks 'The costs of a car are:' altyd boaan die tweede kolom sal verskyn. (2) 1.5 Vind die teks wat met 'fuel …' begin en met '… roadworthy' eindig onder die opskrif 'Running Costs'. Skep 'n veelvlak('multilevel')-list en pas dit soos volg toe: • Voeg die prent 1Bullet vir alle vlak-een-inskrywings in en stel die teks om 1.5 cm weg van die kolpunte af te wees. • Voeg die 1, 2, 3 …-nommering vir die vlak-twee-nommering in, soos in die voorbeeld hieronder getoon. • Stel die nommer vir die vlak-twee-nommering op 0 cm inlyn. fuel 1 filling up the tank maintenance 1 car service 2 roadworthy (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/2017 SSE 1.6 Vind die tabel onder die teks wat met '… my example are:' eindig en verander die tabel soos volg: • Verander die ry-hoogte van al die rye in die tabel na presies 0.9 cm. • Formateer die tabel deur enige tabelstyl van jou keuse op die tabel toe te pas. • Sentreer die inhoud van die hele tabel vertikaal. • Voeg 'n byskrif ('caption') vir die tabel in deur die teks in die sel van kolom 1 en ry 5 as die byskrif van die tabel te gebruik. Die byskrif moet met 'Table 4' begin. (5) 1.7 Vind die teks wat met 'Summary: What …' begin. Plaas die teks vanaf hierdie punt tot aan die einde van die dokument in landskap-oriëntering ('landscape orientation'). Die res van die bladsye in die dokument moet in portret-oriëntering ('portret orientation') bly. (2) 1.8 Voeg enige outomatiese figuurtabel ('table of figures') aan die einde van die dokument in. (1) Stoor en maak die 1Cost-dokument toe. [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/2017 SSE VRAAG 2: WOORDVERWERKING 'n Riglyndokument is geskep om motorkopers te help. Maak die 2Guide-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskrif ('footer') in. 2.1 Verwyder die kommentaar ('comment') op die eerste bladsy van die dokument. (1) 2.2 Bring soos volg die volgende veranderinge op die eerste bladsy aan: • Pas die 'Car Front'-styl op die opskrif 'GUIDELINES TO BUYING A CAR' toe. • Voeg die prent 2Cars.jpg as 'n watermerk SONDER enige uitgewaste effek ('washout effect') in. Hierdie watermerk moet SLEGS op die eerste bladsy van die dokument verskyn. (5) 2.3 Vind die inhoudsopgawe ('table of contents') onder die teks 'TABLE OF CONTENTS' op die tweede bladsy van die dokument en doen die volgende: • Verander die formaat van die inhoudsopgawe na 'Modern' en MOENIE bladsynommers vertoon NIE. • Dateer die inhoudsopgawe op. (3) 2.4 Vind die aanhaling ('citation') 'Wisebuyer's Guides' aan die begin van bladsy 3 en redigeer die bron van die aanhaling deur die naam van die webblad 'Facts for car buyers' by te voeg. (1) 2.5 Vind die genommerde paragrawe op bladsy 3 van die dokument. Formateer paragraaf 2 en 3 onderskeidelik om dieselfde inkeping ('indentation') as die eerste genommerde paragraaf te hê. (2) 2.6 Verander die 'Heading 1'-styl soos volg: • Verander die fontgrootte na 20. • Verander die fontkleur na rooi. • Verander die paragraafspasiëring ('paragraph spacing') ná die paragraaf na 12 pt. (3) 2.7 Vind die teks 'emissions' in die paragraaf onder die opskrif '6. Fuel consumption to the fore'. Voeg soos volg 'n voetnoot ('footnote') op die teks in: • Die voetnoot moet altyd onder die teks verskyn. • Gebruik die simbool  (Webdings-karakterkode 113). • Voeg die teks 'Carbon dioxide' as die voetnoot-teks by. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/2017 SSE 2.8 Vind die teks 'So you have made your decision' in die laaste paragraaf (paragraaf 10). Voeg 'n skakel op hierdie teks in na die webtuiste www.cars4you.co.za. (2) 2.9 Justeer ('Justify') die hele dokument en pas outomatiese woordafbreking ('hyphenation') toe. (2) Stoor en maak die 2Guide-dokument toe. [23] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/2017 SSE VRAAG 3: SIGBLAD 'n Lys van motors wat by die Mzansi Car Sales-vertoonlokaal beskikbaar is, is in 'n sigblad vasgelê. LET WEL: • Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. • Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar dit deur die vraag vereis word, om te verseker dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in die sigblad kopieer. • Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data. Maak die 3Car-sigblad oop en werk in die Info-werkblad. 3.1 Voeg die teks 'MZANSI CAR SALES' in sel A1 in. (1) 3.2 Die kode vir elke motor word soos volg geskep: • Die eerste twee letters van die naam van die motorvervaardiger (kolom B) • Gevolg deur die laaste drie getalle van die jaar waarin die motor vervaardig is (kolom F) • Gevolg deur die eienaar se naam (kolom K) Voeg 'n funksie in sel A3 in om die kode vir daardie motor te skep. VOORBEELD: Chevrolet, 2007, J Bihl sal Ch007J Bihl as kode hê. (6) 3.3 Voeg 'n funksie in sel G4 in om die ouderdom van die motor te bereken deur die huidige jaar en die datum waarop die motor uit die fabriek beskikbaar gestel is, in kolom F te gebruik. Maak seker dat die funksie nog steeds die korrekte antwoord vir enige jaar sal produseer, byvoorbeeld 2017 of 2018. Die ouderdom moet as 'n heelgetal vertoon word. (4) 3.4 Gebruik 'n funksie in kolom J om die motor se registrasienommer in kolom I in bo-kas ('upper case ') te vertoon, byvoorbeeld VGG586FS. Steek kolom I weg. (3) 3.5 Voeg 'n funksie in sel L4 in om die posisie van die spasie tussen die eienaar se voorletters en van in kolom K te bepaal. (3) 3.6 Voeg 'n funksie in sel M5 in deur die posisie van die spasie in kolom L te gebruik om slegs die van uit kolom K te vertoon. VOORBEELD: 'HC Burger' sal 'Burger' vertoon en 'D Kotze' sal 'Kotze' vertoon. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/2017 SSE 3.7 Die deposito vir 'n motor word bereken deur die jaar (kolom F) en die verkoopprys (kolom N) soos volg te gebruik: JAAR DEPOSITO 2014 of nuwer 10% van verkoopprys 2010 tot 2013 20% van verkoopprys 2009 of ouer 30% van verkoopprys Voeg 'n geneste IF-funksie in sel O6 om die werklike deposito wat betaal moet word, te bereken. (4) 3.8 Die totale bedrag verskuldig vir 'n motor word bereken deur die rente (kolom P) by die verkoopprys (kolom N) te tel en dan die deposito (kolom O) af te trek. Voeg 'n formule in sel Q7 om die maandelikse terugbetaling van die motor oor 60 maande te bereken deur die totale bedrag verskuldig te gebruik. (Die motor sal met 60 gelyke maandelikse paaiemente terugbetaal word.) (2) 3.9 Voeg 'n VLOOKUP-funksie in sel R8 om die CO 2 -vrystellings vir elke enjingrootte (kolom E) te bepaal. Gebruik die tabel in die CO2-werkblad. Maak seker dat die funksie korrek sal werk as dit na die ander selle in kolom R gekopieer word. (4) Stoor en maak die 3Car-sigblad toe. [32] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/2017 SSE VRAAG 4: SIGBLAD Die verskillende tipes voertuie in die vertoonlokaal is in 'n sigblad vasgelê. LET WEL: • Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. • Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar dit deur die vraag vereis word, om te verseker dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in die sigblad kopieer. • Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data. Maak die 4Show-sigblad oop en werk in die Type_Tipe-werkblad. Verwys na die opsomming van die voertuie in die vertoonlokaal (sel I3:J16). 4.1 Voeg 'n funksie in sel J15 in om die totale getal Toyota-voertuie in die vertoonlokaal te bereken. (3) 4.2 Voeg 'n funksie in sel J18 in om die tweede hoogste totaal van al die verskillende tipes voertuie in die vertoonlokaal te bepaal (kolom J). (3) 4.3 Voeg 'n funksie in sel J19 in om die totale getal voertuie in die vertoonlokaal te bepaal. (2) 4.4 Voeg 'n funksie in sel J20 in om die totale waarde van die VW-voertuie in die vertoonlokaal te bepaal. (4) 4.5 Gebruik 'n toepaslike sigbladeienskap om alle unieke waardes in sel J3:J16 met 'n groen vulkleur te formateer. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/2017 SSE 4.6 'n Grafiek is geskep deur die data in reeks I3:J16 te gebruik. Verander die grafiek om soos die grafiek hieronder te lyk deur die instruksies wat volg, uit te voer: Makes Available 14 Audi 12 Chevrolet 10 Fiat Number of cars Ford 8 Honda 6 Hyundai Kia 4 Mazda 2 VW 0 Opel Renault Tata Toyota Make • Voeg die teks 'Number of cars' vir die vertikale as in. • Verander die grafiek-titel na 'Makes Available'. • Formateer die kolomme sodat daar geen gapings tussen die kolomme is nie. • Gebruik 'n sigbladeienskap om elke kolom te formateer sodat dit in 'n ander/variasiekleur sal vertoon. • Vertoon die rame ('borders') van die kolomme as 'n soliede swart lyn. • Skuif die grafiek na die Motor-werkblad. (6) Stoor en maak die 4Show-sigblad toe. [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/2017 SSE VRAAG 5: DATABASIS 'n Databasis is geskep om die besonderhede van motors te stoor. Maak die 5Sales-databasis oop. 5.1 Redigeer die tbSales-tabel soos volg: 5.1.1 Verander die veldgrootte van die Make-veld na 70. (1) 5.1.2 Voeg die 'SUV'-opsie by die aftreklys ('drop-down list') in die Type-veld. (1) 5.1.3 Voeg 'n valideringsreël ('validation rule') by om seker te maak dat slegs waardes later as of gelyk aan die huidige datum in die SellDate-veld ingevoer kan word. 'n Geskikte boodskap moet vertoon as 'n verkeerde datum ingevoer word. (3) 5.1.4 Verander die datatipe van die Photo-veld na 'n geskikte datatipe. (1) 5.1.5 Skep 'n toevoermasker ('input mask') op die RegNumber-veld om seker te maak dat die gebruiker 'n registrasienommer in die volgende formaat invoeg: • Al die letters moet in bo-kas ('upper case ') vertoon word • Twee verpligte letters • Gevolg deur ten minste een, maar moontlik twee, letters of syfers VOORBEELD: ABC, HL8C, GUY1, REFG, MN45 (4) Stoor en maak die tbSales-tabel toe. 5.2 Maak die navraag genaamd qry5_2, gebaseer op die tbClients-tabel, oop en doen die volgende: • Voeg die Title-veld uit die tbClients-tabel in. • Sorteer die lys alfabeties eers volgens van en dan volgens voorletters. Stoor en maak die qry5_2-navraag toe. (4) 5.3 Maak die navraag genaamd qry5_3, gebaseer op die tbPayments-tabel, oop en doen die volgende: • Voeg 'n berekende veld met die naam Balance in om die uitstaande bedrag te bereken. Die uitstaande bedrag word verkry deur die bedrag betaal en die deposito van die verkoopprys af te trek. • Formateer die SellingPrice-veld na geldeenheid ('currency') in rand. Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/2017 SSE 5.4 Maak die navraag met die naam qry5_4, gebaseer op die tbCars-tabel, oop en verander dit om slegs voertuie wat deur Nissan of Ford vervaardig is en 'n aankoopprys van minder as of gelyk aan R100 000 het, te vertoon. Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (4) 5.5 Maak die frm5_5-vorm, gebaseer op die tbCars-tabel, oop en doen die volgende: • Voeg die prent 5Old.jpg in die vormboskrif ('form header') in. • Voeg die Colour-veld by die vorm. • Stel die verstekwaarde ('default value') van die 'Popular'-merkblokkie ('check box') om nie geselekteer te wees nie. • Voeg 'n funksie in die teksblokkie ('text box') langs die 'Function_Funksie'- etiket ('label') in om die verkoopprys van die voertuig te bepaal. Die verkoopprys word bereken deur 10 persent by die aankoopprys te voeg. Stoor en maak die frm5_5-vorm toe. (8) 5.6 Maak die rep5_6-verslag oop en redigeer dit soos volg: • Verander die verslag se oriëntasie na landskap ('landscape'). • Voeg 'n tweede groepering op die Year-veld. • 'n Verkeerde poging is aangewend om die totale waarde van die voertuie per vervaardiger te bepaal. Maak die funksie reg en vertoon die berekening in geldeenheid ('currency'). • Die jaar van die huidige datum word in die verslagboskrif ('report header') vertoon. Verander die formule om die maand van die huidige datum te vertoon. • Voeg 'n funksie in en vertoon die gemiddelde prys van 'n voertuig vir 'n bepaalde vervaardiger. Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. (8) Stoor en maak die 5Sales-databasis toe. [39] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/2017 SSE VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) 'n Webblad is geskep. Volg die instruksies hieronder om die webblad te voltooi. Maak die onvolledige 6Beware-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teksredigeerder (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE) oop. LET WEL: • Vraagnommers is as kommentaar ('comments') in die kodering ingevoeg om te toon waar die antwoord(e) ongeveer ingevoeg moet word. • Jou webblad mag anders vertoon, afhangend van die webblaaier ('browser') wat gebruik word. • 'n HTML-merkersblad ('tag sheet') is as verwysing aangeheg. Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/2017 SSE LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met dié vraag te help. 6.1 Formateer die opskrif 'Unsafe Driving in the Cellphone Era' soos volg: • Verander die fonttipe na Tahoma. • Verander die fontgrootte na 24 pt. (2) 6.2 Voeg 'n horisontale lyn onder die opskrif 'Unsafe Driving in the Cellphone Era' in. (1) 6.3 Sentreer die prent horisontaal en plaas 'n raam van 5 pt rondom. (2) 6.4 Vind die teks 'Driver Behaviour: Distracted While Driving'. Verander dit na 'n vlak-twee-opskrif ('level two heading'). (1) 6.5 Vind die teks 'driver distraction' onder die opskrif 'Rise in Potentially Dangerous Vehicular Events'. Skep 'n skakel op hierdie teks na die anker 'Distraction' wat reeds in die dokument bestaan. (3) 6.6 Vind die teks wat met 'Handling the phone ...' begin en met '… on the road' eindig. Plaas hierdie inligting in 'n kolpuntlys ('bulleted list'), soos in die voorbeeld op die vorige bladsy getoon. (2) 6.7 Vind die tabel onder die opskrif 'Things drivers do that take their eyes and focus off the road:'. 6.7.1 Verander die tabel soos volg: • Verander die agtergrondkleur van die tabel na ligblou ('light blue'). • Stel die spasie tussen die teks en die selrame ('cell borders') na 3 pt. • Stel die breedte van tabel na 80%. (3) 6.7.2 Verander die eerste ry van die tabel soos volg: • Stel die hoogte van die eerste ry na 80 pt. • Stel die eerste ry se inhoud vertikaal inlyn sodat dit aan die onderkant verskyn. • Verander die opskrif 'Action' na kursief. (3) 6.7.3 Voeg die data 14% by die sel in die derde kolom van die vierde ry. (1) 6.7.4 Voeg die selle in die laaste ry van die tabel saam ('merge'). (1) Stoor en maak die 6Beware-webblad toe. [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/2017 SSE VRAAG 7: ALGEMEEN Maak die 7Statem-woordverwerkingsdokument oop, wat vir 'n possamevoeging ('mail merge') saam met die tbClients-tabel in die 7Acc-databasis gebruik sal word. 7.1 Skakel die 7Statem-possamevoegingsdokument met die tbClients-tabel in die 7Acc-databasis as 'n databron ('data source'). (2) 7.2 Vervang die teks '<Insert Initials>' en '<Insert Surname>' onderskeidelik met die voorletters-veld en van-veld uit die databron. MOENIE die possamevoeging voltooi NIE. (1) 7.3 Voltooi die vorm soos volg: • Voeg 'n vormkontrole ('form control') in die sel langs die teks 'Current Date' sodat 'n datum ingevoer kan word. • Verander die vormkontrole ('form control') in die sel langs die teks 'Amount Due' om slegs die rand-geldeenheid met twee desimale plekke te aanvaar. • Voeg 'n aftrekvormkontrole ('drop-down form control') in die sel langs die teks 'Payments'. Die aftrekvormkontrole moet die opsies 'Up to date' en 'Behind' vertoon. (6) Stoor en maak die 7Statem-dokument toe. Maak die 7Chart-sigblad oop. 7.4 Gebruik die data in die sigblad om 'n grafiek soortgelyk aan die voorbeeld hieronder te skep. 50000 37963 39933 40000 36788 35366 34413 32883 30873 32982 30000 20000 Cars Sold 10000 0 Jan 2014 Apr 2014 Jul 2014 LET WEL: • Slegs die data vir die maande van 2014 word vertoon. • Die manier waarop die maandelikse etikette vertoon word. • Die skaal wat op albei asse gebruik word. • Die verklaring ('legend') is 'Cars Sold'. • Die data-etikette ('data labels') is bygevoeg. (6) Stoor en maak die 7Chart-sigblad toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/2017 SSE 7.5 Besonderhede van motorkopers verskyn in die tbInfo-tabel van die 7Buy-databasis. Maak die 7Answ-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in. Hierdie vraag vereis dat jy die antwoord gee en kortliks die spesifieke metode/formule/funksie verduidelik wat jy gebruik het om die antwoord te verkry. VOORBEELD: VRAAG ANTWOORD KORT VERDUIDELIKING Hoeveel seuns is in 24 Filtreer om die seuns van die graad 12A-klas? graad 12A te onttrek en gebruik dan die 'Count'-funksie. Gebruik tbInfo-tabel in die 7Buy-databasis om die vrae hieronder te beantwoord. 7.5.1 Hoeveel rekords bevat die woord 'wood' in die stad se naam? (2) 7.5.2 Hoeveel rekords bevat kopers met slegs twee voorletters? (2) 7.5.3 Wat is die gemiddelde prys wat motorkopers van Durban betaal? (3) Stoor en maak die 7Answ-dokument en 7Buy-databasis toe. [22] TOTAAL: 180 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2017 SSE HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET') Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers vervolg Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing <body></body> Definieer die liggaam van Voor elke lysitem ingevoeg, en die webblad voeg 'n nommer of simbool by <li></li> <body Stel die agtergrondkleur van afhangende van die tipe lys wat bgcolor="pink"> die webblad geselekteer is <body Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in text="black"> liggaamteks <head></head> Bevat inligting oor die <img src="name" Stel 'n prent inlyn: kan "left", webblad align="left"> "right", "bottom", "top", wees <html></html> Skep 'n HTML-dokument – begin en eindig 'n webblad <p align="center"> <img src="name"> Stel 'n prent "center" inlyn, kan </p> ook "middle" wees <title></title> Definieer 'n titel vir die webblad <img src="name" Stel die grootte van die raam border="1"> rondom 'n prent <br/> Voeg 'n reëlbreuk in <img src="name" width="200" height Stel die hoogte en breedte van <!-- --> Kommentaar ="200"> 'n prent Teksmerkers ('Text Tags') Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks <img src="name" <hl></hl> Skep die grootste opskrif alt="alternative wanneer die muis oor 'n prent text"> gehou word of wanneer die <h6></h6> Skep die kleinste opskrif prent nie gevind kan word nie <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in Stel die grootte (hoogte) van 'n <b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> lyn <i></i> <hr width="80%"/> Stel die breedte van 'n lyn, in Skep teks in skuinsdruk persentasie of absolute waarde <font Stel fontgrootte, van "1" tot <hr color= size="3"></font> "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn "7" <font Tabelmerkers ('Table Tags') color="green"> Stel fontkleur </font> Merker ('Tag') Beskrywing <font face="Times <table></table> Skep 'n tabel New Roman"></font> Stel fonttipe <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel Merker ('Tag') Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met <th></th> <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel vetgedrukte, gesentreerde teks) <a href="URL"><img Skep 'n prentskakel <table width="50"> Stel die breedte van die tabel src="name"></a> <a name="NAME"></a> Skep 'n teikenarea in die <table border="1"> Stel die breedte van die raam dokument rondom die selle van die tabel Skakel na 'n teikenarea wat <table Stel die spasie tussen die selle <a href= cellspacing="1"> elders in die dokument van die tabel "#NAME"></a> geskep is <table Stel die spasie tussen 'n Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die <tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook ''center'' of <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf ''right'' wees) Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling vir <p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle" ''center'' wees of "bottom" wees) <br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line <td colspan="2"> Stel die getal kolomme waaroor break') in 'n sel moet strek <ol></ol> Skep 'n genommerde lys <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel <td rowspan="4"> "I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys <ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte "square","circle"> </ul> wat gebruik word Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2017 SSE TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD KARAKTER BESKRYWING 0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat nie) Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens nie 9 toegelaat nie) Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke ('blanks') # in Redigeringsmodus ('Edit mode') vertoon, maar oop plekke word verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter wat .,:;-/ gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control Panel' af.) < Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word > Laat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon. ! Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg. Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word (byvoorbeeld, \ \A word slegs as A vertoon) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2017 SSE Eksamenplakker 180 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – SSE 2017 INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word) SENTRUMNOMMER__________________________________________________________ EKSAMENNOMMER __________________________________________________________ WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________ SUITE GEBRUIK Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office Office 365 (Maak 'n kruisie in die 2010 2013 2016 toepaslike blokkie (X)) WEBBLAAIER GEBRUIK Ander (Spesifiseer) (Maak 'n kruisie in die Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer toepaslike blokkie (X)) LÊERGIDSNAAM ______________________________________________________________ Kandidaat maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of probeer is. Vraag- Gestoor Probeer Maksimum- Lêernaam Nasiener SN HN IM/EM nommer () () punt 1 1Cost 24 2 2Guide 23 3 3Car 32 4 4Show 21 5 5Sales 39 6 6Beware 19 7Answ 7 7Chart 22 7Statem TOTAAL 180 Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik) ____________________________________________________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all