Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2018
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 413.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25)
AFDELING B (75)
AFDELING C (50)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.
7. Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken. 'n 2 punt-vraag sal dus
TWEE feite vereis, ens.
8. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.
9. Antwoorde soos 'goedkoper', 'vinniger/stadiger', 'makliker', ens. sal SLEGS
aanvaar word indien dit saam met 'n rede of 'n verduideliking gebruik is.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.
1.1 Watter EEN van die volgende is beide 'n toevoertoestel EN 'n afvoertoestel?
A Stilus ('Stylus')
B Raakskerm ('Touch screen')
C Laserdrukker ('Laser printer')
D Vingerafdrukskandeerder ('Fingerprint scanner') (1)
1.2 Die digitale kloof ('digital divide') verwys na die gaping tussen mense wat …
A toegang tot IKT's ('ICTs') het en mense sonder toegang tot IKT's.
B in landelike gebiede woon en mense wat in stede woon.
C opleiding ontvang en mense wat nie opleiding ontvang nie.
D mobiele toestelle gebruik en mense wat tafelrekenaars gebruik. (1)
1.3 Watter lys van kabellose tegnologieë hieronder is vanaf die langste reikwydte
('range') tot die kortste reikwydte ('range') gesorteer?
A NVK ('NFC'), WiMAX, Bluetooth
B WiMAX, NVK ('NFC'), Bluetooth
C Bluetooth, NVK ('NFC'), WiMAX
D WiMAX, Bluetooth, NVK ('NFC') (1)
1.4 Inprop-en-speel('Plug-and-play')-tegnologie ...
A laat slegs handspeletjiekonsoles ('hand-held gaming consoles') toe om
aan 'n rekenaar te koppel.
B laat nuwe toestelle toe om aan rekenaars sonder USB-poorte te koppel.
C installeer die drywer outomaties wanneer 'n nuwe toestel gekoppel word.
D laat slegs een stoortoestel op 'n keer toe om aan 'n rekenaar gekoppel
te word. (1)
1.5 Watter EEN van die volgende is NIE 'n voordeel van ruitnetrekenarisering
('grid computing') NIE?
A Dit laat toe dat hoë volumes data verwerk kan word.
B Dit spaar elektrisiteitskoste en datagebruikskoste.
C Die aantal rekenaars wat in 'n ruitnet gebruik word, kan verskil.
D Dit kombineer die verwerkingskrag van baie rekenaars. (1)
1.6 'n … is die veiligste manier om 'n slimfoon teen ongemagtigde toegang
te beskerm.
A USB-koppeling
B Skermsluitpatroon ('Screen lock pattern')
C Wagwoord
D Vingerafdruk (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/November 2018
NSS
1.7 Watter EEN van die volgende is 'n oorheersstring('wild card')-karakter wat
gebruik kan word wanneer jy 'n lêer soek?
A *
B @
C #
D & (1)
1.8 'n Klanklêer ('audio file') wat van die internet na 'n toestel afgelaai kan word,
word 'n ... genoem.
A blog
B potgooi ('podcast')
C vlog
D videosending ('vodcast') (1)
1.9 'n E-pos kan in 'n afsender se uitmandjie ('Outbox') bly omdat die ...
A afsender nie die ontvanger se e-posadres gespesifiseer het nie.
B ontvanger se e-posadres verkeerd gespel is.
C afsender nie op daardie oomblik aan die internet gekoppel was nie.
D ontvanger se posbus ('mailbox') vol is en nie nog e-posse kan ontvang
nie. (1)
1.10 'n Databasisnavraag ('query') vertoon die volgende rekords wanneer dit loop:
Naam Van Bedrag
Lego Komane R 8 000.00
Joseph Sithole R 21 000.00
Zaheed Kamir R 15 870.00
Carel Fourie R 7 800.00
Watter EEN van die volgende kriteria is in die Bedrag-veld gebruik om die
rekords wat vertoon word, te selekteer?
A >=7 800 And <21 000
B >7 800 And <=21 000
C >=7 800 And <=21 000
D <=7 800 And >=21 000 (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 2: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Gebruik van IKT's ('ICTs') om jou in A RFID-etiket ('RFID tag')
staat te stel om weg van jou kantoor af
te werk B valideringsreël ('validation
rule')
2.2 'n Eksterne poort wat gebruik word om
toestelle direk aan 'n rekenaar te C regstelling ('patch')
koppel
D uitgebreide realiteit
2.3 'n Webgebaseerde toepassing wat ('augmented reality/AR')
gebruik word om inligting oor 'n
spesifieke onderwerp op die E USB
Wêreldwye Web te vind
F strepieskode ('barcode')
2.4 Druktake ('Print jobs') wat wag om na G VPN
'n drukker toe gestuur te word
H SoIP ('VoIP')
2.5 'n Sagtewareopdatering ('Software
update') wat ontwerp is om 'n I webblaaier ('browser')
spesifieke programfout ('bug') te
korrigeer J spil ('hub')
2.6 'n Protokol wat video-oproepe oor die K drukkerdatabuffer ('printer
internet moontlik maak spooling')
2.7 Tegnologie wat in rekenaarspeletjies L soekenjin ('search engine')
gebruik word om denkbeeldige
karakters by werklike tonele ('real-life M dienspakket ('service pack')
scenes') te voeg
N metadata
2.8 Tegnologie wat dikwels gebruik word
om hardlopers in 'n marathon te volg O toevoermasker ('input mask')
2.9 'n Boodskap wat vertoon word P drukkertou ('printer queue')
wanneer gebruikertoevoer in 'n
databasistabel ongeldig is Q virtuele realiteit ('virtual reality/
VR')
2.10 Addisionele data wat in 'n prentlêer
R valideringsteks ('validation
gestoor word, soos die datum
afgeneem, ligging en afmetings van die text')
prent S geo-etiket ('geotag')
T telependel ('telecommuting')
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte
woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE' gebruik om
die stelling te verander NIE. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
geskryf word NIE.)
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Rekenaarprograminstruksies word deur
Waar
die SVE ('CPU') uitgevoer.
'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
Onwaar – moederbord
komponente.
3.1 Toepassingsagteware beheer al die aktiwiteite op 'n toestel. (1)
3.2 'n OKT ('UPS') stel die rekenaar in staat om vir 'n beperkte tyd te loop sodat
dokumente gestoor kan word en toepassings toegemaak kan word wanneer
'n kragonderbreking voorkom. (1)
3.3 Uitvissing ('Phishing') is 'n tipe kwaadwillige sagteware ('malware') wat
'n betaling eis om die lêers wat dit onwettig geënkripteer het, te herstel
('restore'). (1)
3.4 Sosiale manipulasie ('Social engineering') is 'n wettige manier om finansiële
ondersteuning vir 'n projek te kry deur bydraes aanlyn van 'n aantal mense in
te samel. (1)
3.5 'n Berekening wat al die rekords in 'n databasisverslag insluit, moet in
die verslagonderskrif ('report footer') gedoen word. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Wat is die doel van 'n drywerprogram? (2)
4.2 'n Rekenkundige klerk gebruik 'n sleutelbord wat nie 'n numeriese syferbord
('numeric keypad') het nie. Verduidelik waarom 'n sleutelbord met 'n
numeriese syferbord 'n beter opsie sou wees. (2)
4.3 'n Lys lêers wat op 'n rekenaar gestoor is, word hieronder getoon.
4.3.1 Watter tipe inhoud sal in 'n lêer met 'n .mp4-uitbreiding gevind word? (1)
4.3.2 Gee die volle naam van die sigblad wat 'n nuwer lêerformaat het in
die lys lêers hierbo. (1)
4.3.3 Books.dotx is 'n templaatlêer ('template file'). Wat is 'n templaatlêer? (1)
4.3.4 Gee EEN rede waarom 'n saamgeperste ('compressed') lêer, soos
Books.zip, geskep word. (1)
4.4 Noem TWEE voordele vir skootrekenaars wat in slaapmodus ('sleep mode')
ingaan. (2)
4.5 Verduidelik die term rugwaartse versoenbaarheid ('backward compatibility'). (2)
4.6 Verskillende tipes geheue/stoor word dikwels op een toestel gebruik.
4.6.1 Gee 'n voorbeeld van geheue wat sy inhoud verloor as die rekenaar
afgeskakel word. (1)
4.6.2 Gee TWEE redes waarom moderne mobiele toestelle meer
waarskynlik ingeboude vastetoestandaandrywers ('solid state drives')
in plaas van hardeskywaandrywers ('hard disk drives') sal hê. (2)
4.6.3 Waarom is Blu-Ray-stoor gewild by mense wat rekenaarspeletjies
speel? (1)
4.6.4 Noem TWEE maniere waarop data, wat op 'n SD-kaart in 'n kamera
gestoor is, na 'n persoonlike rekenaar oorgedra kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/November 2018
NSS
4.7 Gee DRIE voorbeelde van toeganklikheidsagteware-eienskappe ('accessibility
software features') wat deel is van die bedryfstelsel. (3)
4.8 Noem TWEE maniere om toegang tot 'n webtuiste te kry sonder om die URL
of die IP-adres in 'n webblaaier in te tik. (2)
4.9 Een van die funksies van die bedryfstelsel is om 'n gebruikerskoppelvlak
('user interface') te verskaf.
Gee TWEE bykomende basiese funksies van die bedryfstelsel. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Noem TWEE faktore wat sorgvuldig oorweeg moet word wanneer 'n IDV
(internetdiensverskaffer/'ISP') gekies word, behalwe koste. (2)
5.2 Gee TWEE beperkings wanneer 'n ADSL-konneksie gebruik word. (2)
5.3 Noem TWEE tegnologieë/protokolle wat enkripsie gebruik om kommunikasie
oor 'n wye-areanetwerk ('wide-area network') veilig te hou. (2)
5.4 Wat is die voordele van 'n kabellose LAN bo 'n gekabelde LAN? (2)
5.5 Verduidelik waarom groot video's gedurende kantoorure stadig stroom
('stream'), maar dieselfde video's stroom laatnag vinniger, selfs al gebruik jy
dieselfde rekenaar en dieselfde internetkonneksie. E-posse en lêers laai egter
ewe vinnig bedags of snags af. (3)
5.6 Jy gebruik jou slimfoon slegs vir kitsboodskappe ('instant messaging') en
selfoonoproepe. Die maandelikse datalimiet ('cap') van 5 GB op jou slimfoon
is opgebruik voor die einde van die maand.
Gee TWEE moontlike redes waarom die datalimiet nie die hele maand gehou
het nie. (2)
5.7 Noem TWEE netiketreëls vir 'n groepklets ('group chat') op sosiale media. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Die voorbeeld hieronder toon drie vrae wat deel was van 'n vraelys vir
leerders wat Wiskunde as laerskoolvak neem.
VRAELYS
Vraag 1: Het jy Wiskunde deurgekom?
Vraag 2: Hoeveel leerders in Suid-Afrika neem Wiskunde as 'n vak?
Vraag 3: Watter impak het Wiskunde op die ekonomie?
Beantwoord die volgende vrae wat op die vraelys hierbo gebaseer is.
6.1.1 Identifiseer EEN oop vraag uit die vrae hierbo. (1)
6.1.2 Watter vraag (Vraag 1, Vraag 2 of Vraag 3) in die vraelys sal meer
waarskynlik bruikbare data gee indien laerskoolleerders die vraelys
voltooi het? (1)
6.2 Noem TWEE maniere waarop 'n onderwyser kan nagaan of 'n leerder plagiaat
vanaf die internet gepleeg het. (2)
6.3 Gee TWEE wenke wat leerders kan gebruik om die gehalte van inligting na te
gaan wanneer navorsing oor 'n onderwerp op die internet gedoen word. (2)
6.4 Noem TWEE breë kategorieë van sigbladeienskappe/-opsies wat gebruik kan
word om data van 'n vraelys te interpreteer. (2)
6.5 Waarom het jy 'n sitaat ('citation') in die liggaam van 'n navorsingsverslag en
'n bibliografie aan die einde van 'n navorsingsverslag nodig? (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 'n Gebruiker deel soms sy/haar persoonlike besonderhede wanneer sosiale
media gebruik word, bv. 'n selfoonnommer of 'n e-posadres.
Waarom moet 'n gebruiker goed daaroor dink voordat hy/sy dié inligting op
sosialemedia-webtuistes deel? (1)
7.2 Noem TWEE maniere waarop 'n stelseladministrateur 'n netwerk teen
kuberkrakers ('hackers') kan beskerm. (2)
7.3 Waarom sal 'n navorsingsmaatskappy baat vind by die gebruik van 'groot
data' ('big data')? (2)
7.4 Verduidelik waarom jy wil hê dat jou vriend 'n privaat deurblaaiermodus
('private browsing mode'), soos incognito-modus, gebruik wanneer hy jou
rekenaar gebruik om op sy webgebaseerde e-posdiens aan te teken. (2)
7.5 'n Skool wil e-leer ('e-learning') bevorder deur die BJET('BYOD')-konsep op
'n Wi-Fi-netwerk te gebruik.
7.5.1 Verduidelik die BJET('BYOD')-konsep. (MOENIE slegs die akroniem
uitskryf nie.) (1)
7.5.2 Noem TWEE probleme wat hierdie skool kan ondervind wanneer 'n
BJET-beleid geïmplementeer word. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 Gee EEN rede waarom woorde soos 'color' en 'favor' (in plaas van die
verwagte 'colour' en 'favour') NIE as spelfoute geïdentifiseer word wanneer jy
'n speltoets ('spell check') op 'n woordverwerkingsdokument uitvoer NIE. (1)
8.2 Gee TWEE moontlike redes waarom 'n hoofpossamevoegingsdokument
('main mail merge document') nie die databron ('data source') laai wanneer jy
dit probeer oopmaak nie. (2)
8.3 Die databasistabel hieronder is geskep om leerders se toetspunte vas te lê.
Kopieer die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit deur 'n
geskikte datatipe vir ELK van die DRIE oorblywende velde (8.3.1 tot 8.3.3) by
te voeg.
Field Name Data Type
Naam Text
ID-Nommer 8.3.1
Datum van Toets 8.3.2
Punt 8.3.3 (3)
8.4 Hoe sou jy seker maak dat 'n ander gebruiker NIE data by sekere selle in
'n sigblad kan invoeg NIE? (1)
8.5 Die volgende foutboodskap word in 'n sigbladsel vertoon: #VALUE!
Verduidelik hoe jy die fout, wat veroorsaak dat die boodskap hierbo verskyn,
sal regstel. (2)
8.6 Die twee onderstreepte argumente in die funksie hieronder voorkom dat die
funksie korrek werk wanneer dit afgekopieer word:
=VLOOKUP("A1", L1:M5, 2, FALSE)
Stel EEN verbetering vir ELK van die TWEE onderstreepte argumente voor.
(MOENIE na die spasies in die funksie in jou antwoord verwys NIE.) (2)
8.7 Stel EEN funksie voor wat gebruik kan word om die hele formule in ELK van
die volgende gevalle te vervang:
8.7.1 =A1&A2&A3 (1)
8.7.2 =(A1+A2+A3+A4+A5)/5 (1)
8.8 Verduidelik die doel van ELK van die volgende HTML-merkers ('tags'):
8.8.1 <a name="NAME"> (1)
8.8.2 <a href="#NAME"> (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/November 2018
NSS
AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 9
Leerders gebruik digitale tegnologieë wat 'n positiewe en 'n negatiewe impak op hulle
lewens kan hê. Jy moet 'n paar vrae oor digitale tegnologieë beantwoord.
9.1 Die meeste leerders gebruik mobiele toestelle om deur die Web te blaai.
9.1.1 Sommige leerders verwar die terme internet en Wêreldwye Web.
Verduidelik die terme internet en Wêreldwye Web. (2)
9.1.2 Watter term word gebruik om die konsep te verduidelik waar 'n
leerder tegelykertyd meer as een toep ('app') op dieselfde toestel
kan gebruik? (1)
9.1.3 Gee EEN rede waarom 'n webblad nie in die deurblaaier ('browser')
op 'n mobiele toestel oopmaak nie. (1)
9.1.4 Noem EEN argument daarteen om toegang tot die internet deur
'n openbare Wi-Fi-toegangspunt ('Wi-Fi hotspot') te verkry. (1)
9.2 Die skool se internetkonnektiwiteit maak dit vir leerders moontlik om die skool
se rekenaars te gebruik om toegang tot sosialemedia-webtuistes te verkry.
9.2.1 Beveel TWEE reëls aan wat by 'n skool se sosialemedia-beleid
ingesluit moet word. (2)
9.2.2 Leerders kan geklikkaap ('click-jacked') word wanneer hulle deur 'n
sosialemedia-webtuiste blaai.
Verduidelik die term klikkaping ('click-jacking'). (2)
9.2.3 Leerders deel gereeld foto's op sosiale media.
Noem TWEE eienskappe van 'n slimfoon wat bepaal hoeveel foto's
daarop gestoor kan word. (2)
9.2.4 Die deurblaaier toon 'n boodskap wat aanbied om 'n inpropprogram
('plug-in') te installeer wanneer jy op 'n Facebook-blad klik.
Verduidelik wat 'n inpropprogram ('plug-in') is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/November 2018
NSS
9.3 Leerders gebruik gereeld die skool se mobiele toestelle vir lang rukke elke
dag om hulle leerervaring in die klaskamer te verryk.
9.3.1 Noem TWEE maniere waarop leerders oogooreising kan voorkom
wanneer hulle baie tyd op hierdie mobiele toestelle bestee. (2)
9.3.2 Noem TWEE moontlike geestesgesondheidskwessies wat die
aanhoudende gebruik van tegnologie kan veroorsaak. (2)
9.3.3 Noem TWEE positiewe invloede wat tegnologie op onderwys het. (2)
9.3.4 Stel TWEE maniere voor waarop onderwysers kan voorkom dat
leerders se aandag afgelei word wanneer hulle die skool se mobiele
toestelle in die klaskamer gebruik. (2)
9.4 'n Woordverwerkingstoep is gebruik om die prent hieronder te skep om die
gewildheid van sosiale netwerke te vergelyk, dit is Twitter 28%, Facebook
67% en Instagram 9%.
Stel 'n kombinasie van TWEE woordverwerkingstegnieke voor om die
voorkoms van die prent hieronder te verbeter sodat al die teks in die objekte
duidelik sigbaar is.
LET WEL: MOENIE na 'cut and paste', 'hertik' of 'herskep' in jou antwoord
verwys nie.
(2)
9.5 'n Graad 12-RTT-leerder het die prent hieronder by sy/haar PAT-verslag
ingevoeg om sy/haar navorsingsuitslae te toon.
Bespreek TWEE redes waarom die inligting in die prent moeilik is om te
interpreteer.
(2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
AcademyOne is 'n groot akademiese biblioteek wat boeke na kleiner biblioteke
dwarsoor die land stuur. Jy moet die personeel met IKT-verwante kwessies help.
Werknemerdata en finansiële data moet beskerm word.
10.1 Die meeste van die bestaande rekenaars in die biblioteek is intreevlak-
rekenaars.
10.1.1 Jy moet die minimum stelselvereistes ('minimum system
requirements') van die rekenaars nagaan om vas te stel of hulle
spesifieke sagteware kan uitvoer ('run').
Definieer minimum stelselvereistes. (2)
10.1.2 Noem TWEE hardewarekomponente, behalwe 'n moederbord, wat
waarskynlik opgedateer moet word om dit moontlik te maak om
groot hoeveelhede data te verwerk en die data-analise-sagteware
uit te voer. (2)
10.1.3 Gee TWEE redes waarom rekenaars oor 'n tydperk stadiger kan
word. (2)
10.2 Die rekenaars in die AcademyOne-biblioteek moet aan 'n netwerk gekoppel
word sodat hulpbronne gedeel kan word.
10.2.1 Watter komponent, indien dit nog nie deel van die moederbord is
nie, moet in elke rekenaar geïnstalleer word om die rekenaars in
staat te stel om aan die netwerk te koppel? (1)
10.2.2 Die biblioteek gebruik 'n groot aantal rekenaars.
Waarom sal 'n eweknienetwerk ('peer-to-peer network') NIE vir
hierdie biblioteek geskik wees nie? (2)
10.2.3 Stel gekabelde media voor wat geskik sal wees om die biblioteek se
rekenaars in 'n netwerk te koppel. (1)
10.2.4 Watter toestel sal nodig wees om die biblioteek se LAN aan die
internet te koppel? (1)
10.3 Data moet gereeld gerugsteun word. Die internet verskaf verskeie aanlyn
stoorfasiliteite.
10.3.1 Gee TWEE redes waarom die biblioteek wolkberging ('cloud
storage') sal gebruik om lêers te stoor en rugsteunkopieë te maak. (2)
10.3.2 Gee TWEE redes om data vanuit 'n rugsteun te herstel ('restore'). (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 16 DBE/November 2018
NSS
10.4 Jy moet 'n webtuiste voltooi deur HTML te gebruik.
10.4.1 Watter merker ('tag') sal gebruik word om 'n kolpuntlys ('bulleted list')
in HTML te skep? (1)
10.4.2 Watter merker sal gebruik word om 'n oop reël in 'n paragraaf in
HTML te skep? (1)
10.4.3 Wanneer die HTML-kode hieronder in 'n deurblaaier uitgevoer word,
behoort dit 'n tabel met drie rye en twee kolomme te skep. Die kode
vertoon nie die tabel korrek nie.
Bestudeer die kode en beantwoord die vraag wat volg.
<table border=1>
<td> Ry 1 Sel 1 </td> <td> Ry 1 Sel 2 </td>
<td> Ry 2 Sel 1 </td> <td> Ry 2 Sel 2 </td>
</table>
<td> Ry 3 Sel 1 </td> <td> Ry 3 Sel 2 </td>
Stel TWEE veranderinge aan die kode voor sodat die tabel korrek
vertoon.
LET WEL: MOENIE die kode oorskryf NIE. (2)
10.5 Die skermkopie hieronder toon 'n paar rekords uit 'n groter datastel wat
gebruik is om die salarisse van deeltydse werknemers by kleiner biblioteke
dwarsoor die land te vertoon. Die bedrae verdien (kolom E) is gebaseer op
die aantal dae gewerk.
10.5.1 Watter sigbladeienskap kan gebruik word om die inhoud van sel E1
volledig te vertoon sonder om die kolombreedte te verander? (1)
10.5.2 Watter formatering is op die selwaardes in die reeks A2:A6
toegepas? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 17 DBE/November 2018
NSS
10.5.3 Die opsies hieronder kan gebruik word om die totale bedrag wat
deur die deeltydse werknemers van Kaapstad verdien is, te bepaal.
Opsie 1: =SUMIF(B2:B37492,"Kaapstad",E2:E37492)
Opsie 2: =E3+E6+E11+E17+ … +E37492
Watter EEN van die twee opsies hierbo sal die geskikste vir die taak
wees? Motiveer jou antwoord. (2)
10.5.4 Indien 'n werknemer ouer as 30 is en meer as R10 000 in die jaar
verdien het, moet die teks 'Ja' in kolom F vertoon word, anders moet
'Nee' vertoon word.
Die IF-stelling in sel F2 (hieronder getoon) is na die res van die selle
in die kolom afgekopieer:
=IF(D2>30,IF(E2>10000,"Nee","Ja"))
Gee TWEE redes waarom die IF-stelling NIE korrek werk NIE. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper