Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
DANSSTUDIES
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers _hlayiso.com_--1df684bf-cf23-4ae8-8676-1a802e77e828/v1-1b5cc7224ba2deb8dc70/card.webp)
_hlayiso.com_--4acd73cf-2cdd-4d1d-a585-f4b379c88766/v1-f33ecb8a5046810494c5/card.webp)
_hlayiso.com_--e480781f-1a59-4a13-9ee2-ea21774c7b40/v1-8834fbe5dacf1e02f0dc/card.webp)



View all





Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)
Grade 11 Dance Studies question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 843.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
Eastern Cape November 2013
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013 DANSSTUDIES 2
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
AFDELING A – Veilige Danspraktyke en Gesondheidsorg
AFDELING B – Dansgeskiedenis en -geletterdheid
2. Lees die hele vraestel noukeurig deur, voordat jy dit beantwoord.
3. Daar is ʼn keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
4. Daar is ELF vrae in hierdie vraestel.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
6. Laat DRIE reëls na elke VRAAG oop.
7. Begin ELKE AFDELING op ʼn NUWE bladsy.
8. Trek ʼn lyn deur enige vrae wat jy nie gemerk wil hê nie.
9. Die punte word NIE volgens die beginsel van ‘een punt per een feit’ toegeken
NIE, maar volgens die gehalte van jou antwoord.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013 DANSSTUDIES 3
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1
1.1 Verduidelik in detail wat “ʼn gebalanseerde dieet” is. (2)
1.2 Waaruit moet ʼn danser se dieet gedurende oefening en repetisies bestaan? (3)
1.3 Gee die definisie van die eetversteuring “Anorexia Nervosa”. (2)
1.4 Behalwe vir erge gewigsverlies, wat is sommige ander uitwerkings van
“Anorexia” op die liggaam? (3)
[10]
JY HET ʼn KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3.
VRAAG 2
A B
2.1 Gee die name van elkeen van die tipe gewrigte in die sketse hierbo, genoem A
en B. (2)
2.2 Gee EEN anatomiese aksie vir A. (1)
2.3 Gee EEN anatomiese aksie vir B. (1)
2.4 Verwys na die skets van gewrig A en noem ʼn gedeelte van die liggaam waar
hierdie gewrig gevind kan word. (1)
2.5 Verwys na die skets van gewrig B en noem ʼn gedeelte van die liggaam waar
hierdie gewrig gevind kan word. (1)
2.6 Noem en verduidelik VIER funksies van die skelet (geraamte). (4)
[10]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013 DANSSTUDIES 4
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die foto hieronder en identifiseer die opvolgende anatomiese aksies
wat in hierdie danser se verskillende gewrigte plaasvind. Noem EEN
ANATOMIESE aksie vir elke beweging.
3.1.1 Die kop (1)
3.1.2 Die heup – voorste regterbeen (1)
3.1.3 Die heup – agterste linkerbeen (1)
3.1.4 Die enkels – albei bene (1)
3.2 3.2.1 Gee die naam van die grootste spier in die liggaam. (1)
3.2.2 Gee die naam van die langste spier in die liggaam. (1)
3.2.3 Gee die name van TWEE spiere wat gebruik word vir kernstabiliteit. (2)
3.2.4 Gee die name van TWEE spiere wat gebruik word vir spierkrag om
bewegings oor ʼn tydperk saam te trek sowel as vir verplasing van gewig
soos in spronge, voortbewegings en draaie. (2)
[10]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013 DANSSTUDIES 5
VRAAG 4
4.1 Gee die naam van EEN van die beginsels van liggaamskondisionering wat ʼn
danser se postuur sal verbeter. (1)
4.2 Hoe kan hierdie beginsels van liggaamskondisionering bereik word? (2)
4.3 Wat is die voordele van spierkrag vir ʼn danser? (3)
4.4 Ontwerp ʼn plakkaat vir jou klaskamer wat ten minste VIER wenke gee oor hoe om
veilig te strek. (4)
[10]
VRAAG 5
5.1 Pas die korrekte voetprobleem in KOLOM B by die behandeling in KOLOM A.
Skryf slegs die vraagnommer (5.1.1–5.1.5) in KOLOM A en die gepaste letter (A–
E) van die antwoord uit KOLOM B op jou antwoordblad, byvoorbeeld 5.1.6 F.
KOLOM A KOLOM B
5.1.1 Week voete in warm water met A Gekraakte hakke
koeksoda
5.1.2 Smeer salf teen-swam aan of B Gebarste vel
gebruik voetpoeier
5.1.3 Gebruik poeier op jou voete om die C Moeë voete
hoeveelheid vog te verminder
5.1.4 Smeer room aan jou voete om D Sweterige voete
droë vel te voorkom
5.1.5 Verbind die balle van jou voete E Atletiese voete
wanneer jy dans
(5 x 1) (5)
5.2 Wat is die oorsaak van krampe gedurende dansklasse? (2)
5.3 Hoe kan ʼn besering soos skeenbeensplinters verhoed word? (3)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 40
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013 DANSSTUDIES 6
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 6
Hierdie jaar het jy ʼn kruis-kulturele/inheemse dans geleer. Voorsien die volgende
inligting.
6.1 Gee die naam van die dans en waar dit vandaan kom. (1)
6.2 Wie sal hierdie dans uitvoer? (1)
6.3 Wat is die doel van hierdie dans? (1)
6.4 Beskryf die deelnemers se kleredrag. (2)
6.5 Bespreek die musikale begeleiding wat in hierdie dans gebruik word. (2)
6.6 Waar sal hierdie dans plaasvind, en watter tipe bewegings sal in die dans gebruik
word? (3)
6.7 Bespreek sommige van die simboliek in Afrika-dans. (2)
[12]
VRAAG 7
Hierdie jaar het jy ʼn voorgeskrewe internasionale danswerk en ʼn internasionale
choreograaf bestudeer. Beantwoord die volgende vrae.
INTERNASIONALE CHOREOGRAAF DANSWERKE
George Balanchine Appollo/Jewels
Alvin Ailey Revelations
Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze
Christopher Bruce Ghost Dancers
Mathew Bourne Swan Lake/Cinderella
Pina Bausch Rites of spring
William Forsythe In the middle, somewhat elevated
Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen
Rudi van Dantzig Four Last Songs
Jiri Killian Wings of wax
7.1 Gee die naam van die danswerk en die choreograaf.
7.2 Verskaf die storie/sinopsis van die danswerk. (4)
7.3 Beskryf die kostuums wat deur die dansers gedra was. (3)
7.4 Beskryf die dansstyl van die danswerk. (3)
7.5 As ʼn Suid-Afrikaanse dansstudent, waarom dink jy is dit belangrik om oor
internasionale dansgeskiedenis te leer? (2)
[12]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013 DANSSTUDIES 7
VRAAG 8
Kies EEN SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK uit die voorgeskrewe
lys hieronder en beantwoord die volgende vrae.
SUID-AFRIKAANSE DANSWERKE
CHOREOGRAWE
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen
Vincent Mantsoe Gula Matari
Alfred Hinkel Last Dance (Bolero)/Rain in a dead man’s footprints/Cargo
Sylvia Glasser Tranceformations
Gary Gordon Bessie’s Head
Mavis Becker Flamenco de Africa
Hazel Acosta Blood Wedding
Caroline Holden Imagenes
Gregory Maqoma Beauty Trilogy/Skeleton Dry
8.1 Gee die naam van die choreograaf en die naam van die danswerk.
8.2 Voorsien inligting oor wat hierdie choreograaf beïnvloed en geïnspireer het. (3)
8.3 Beskryf sy/haar dansopleiding/choreografiese loopbaan. (3)
8.4 Gee ʼn beskrywing van die musikale begeleiding wat in hierdie dans gebruik
word. Sluit in die komponis/kunstenaars/genre/instrumente, ens. (2)
8.5 Hoe het die musiek die danswerk verbeter? (2)
[10]
VRAAG 9
Pas KOLOM A by KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–D) van die instrument langs die
ooreenstemmende vraagnommer (9.1–9.4) op jou antwoordblad, byvoorbeeld 9.5 E.
KOLOM A KOLOM B
9.1 Chordofoon A Afrika trom
9.2 Membranofoon B Trompet
9.3 Idiofoon C Viool
9.4 Aerofoon D Mbira [4]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013 DANSSTUDIES 8
VRAAG 10
Daar is verskillende hoofdansstyle. Beantwoord die volgende vrae oor jou hoofdansstyl.
10.1 Gee die naam van jou hoofdansstyl. (1)
10.2 Gee ʼn kort verduideliking oor die oorsprong en geskiedenis van jou hoofdansstyl. (3)
10.3 Hoe sal jy jou hoofdansstyl herken? (3)
10.4 Noem sommige van die beginsels van jou hoofdansstyl. (3)
[10]
VRAAG 11
11.1 Wat is die doel van improvisasie? (2)
11.2 Gedurende jou improvisasie-lesse het jy “vertrouings-bewegings” gedoen. Gee
redes waarom vertroue tussen dansers belangrik is. (2)
11.3 Verduidelik EEN van die “vertrouings-bewegings” wat jy gedurende klas gedoen
het en hoe dit jou laat voel het. (3)
11.4 Wat is rekwisiete? Gee EEN voorbeeld van hoe dit gebruik kan word. (2)
11.5 Noem die dinge wat jy sal oorweeg wanneer jy ʼn pamflet of ʼn plakkaat ontwerp
om jou dansproduksie te adverteer. (3)
[12]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--1df684bf-cf23-4ae8-8676-1a802e77e828/v1-1b5cc7224ba2deb8dc70/card.webp)
Question paper
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP (Eng)
_hlayiso.com_--4acd73cf-2cdd-4d1d-a585-f4b379c88766/v1-f33ecb8a5046810494c5/card.webp)
Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 Memo (Eng)
_hlayiso.com_--e480781f-1a59-4a13-9ee2-ea21774c7b40/v1-8834fbe5dacf1e02f0dc/card.webp)
Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 Memo (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2014 QP
More from Grade 11 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (Eng)

Memorandum