Skip to content

Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

MemorandumDance StudiesGrade 11201720 pages

Grade 11 Dance Studies memorandum from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 DANSSTUDIES NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) NOTA AAN NASIENERS/ONDERWYSERS Hou streng by hierdie memorandum wanneer nagesien word. In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel uitoefen. Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis.  By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate beide vrae beantwoord het, sien slegs die antwoorde op die eerste vraag na.  Kandidate kan ʼn wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangende van wat hulle in die klas behandel het.  Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word in die Fokustabel by elke vraag ingesluit.  MOENIE volpunte toeken vir opstel-/paragraaftipe vrae indien daar taal- en spelfoute voorkom nie en ook nie as die antwoord in die verkeerde formaat geskryf is nie.  Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ʼn antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is NIE.  Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 3 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: POSTUUR/OPWARMING/AFKOELING MEMO: LAAG MEDIUM HOOG 1.1 5 1.2 6 1.3 4 NOTA AAN NASIENERS: Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE: 1.1 Ken 5 punte toe vir ʼn beskrywing oor die voordele van goeie postuur.  'n Goed-belynde liggaam verbrand die minste energie wanneer die beweging uitgevoer word.  Dit verhoed moegheid terwyl jy dans.  Verseker dat die spiere reg tydens sekere bewegings gebruik word.  Dansbewegings word met gemak gedoen.  Verhoed die risiko van beserings.  Vermy spanning en wanbalanse wat ʼn uitwerking op die lyn en vorm van bewegings het.  Dit verseker beheer en balans tydens bewegings.  Enige ander relevante antwoord. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 1.2 Ken 6 punte toe vir ʼn verduideliking oor wat met die liggaam gebeur tydens opwarming.  Jou hartklop neem toe sodat suurstofryke bloed na die spiere gepomp kan word.  Die suurstof help om brandstof vir spieraksie af te breek.  Die verhoogde bloedvloei help ook om ontslae te raak van afvalprodukte, bv. melksuur wat krampe veroorsaak.  Jou liggaamstemperatuur styg wat die elastisiteit van die spiere vermeerder en dit meer soepel maak/kan vrylik beweeg.  Dit verminder die risiko van beserings aangesien koue spiere nie ten volle kan funksioneer nie.  Sinoviale vloeistof word vrygestel deur die sinoviale membraan in die gewrigte om hulle te smeer en om wrywing te voorkom.  Jy begin om te fokus op die klas/aktiwiteit waaraan jy gaan deelneem en maak jou gedagtes skoon van ander dinge wat nie met dans te doen het nie.  Dit help met jou konsentrasie en fokus in die klas – dit help ook om beserings te voorkom.  Jy begin om te fokus op die manier waarop jy jou liggaam hou en verbeter jou postuur en liggaamslyn.  Jy leer deur herhaling. Herhalende bewegings is nodig om die liggaam op te warm, maar dis ook nodig om jou vermoë om bewegingspatrone te onthou, te verbeter.  Verbeter postuur en liggaamslyn – berei die liggaam voor vir klas. (6) 1.3 Ken 4 punte toe as die leerling kan verduidelik wat met die liggaam sal gebeur as jy nie afkoeloefeninge aan die einde van ʼn klas doen nie.  Die hartklop sal nie geleidelik na normaal terugkeer nie - wat nie die hoeveelheid adrenalien in die bloed sal verminder nie.  Die bloed sal in die ledemate opdam.  Die liggaamstemperatuur sal nie onmiddellik verminder word nie.  Afvalprodukte soos melksuur sal nie verwyder word nie – dit kan krampe en styfheid veroorsaak.  Die gees en liggaam sal nie in staat wees om kalm te kan dink oor die optrede in die klas nie. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 5 VRAAG 2: SOEPELHEID/KRAG/KRAMPE MEMO: LAAG MEDIUM HOOG 2.1 5 2.2 6 2.3 4 MOONTLIKE ANTWOORDE: VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE: 2.1 2.1.1 Ken 5 punte toe vir 5 voordele. SOEPELHEID  Om jou omvang van beweging te verhoog  Om vrylik en met gemak te kan beweeg  Om met gemaklikheid en grasie alle bewegings uit te voer  Om die gewrigte en liggaam teen sy volle omvang van beweging te kan beweeg  Om stres en spanning op liggaamsdele te vermy KRAG  Dit verhoog fisiese optrede, uithouvermoë/energie  Dit verminder die risiko van besering  Dit verhoog die krag in jou gewrigte sodat jy jou been hoog kan lig  Dit verbeter jou balans en krag om die liggaam in enige posisie te hou.  Dit stel jou in staat om hoër te spring  Dit verseker dat jou liggaam goed belyn is met die gewig oor die middel van jou voete en jou skouers oor heupe, heupe oor knieë en knieë oor die middelste tone. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 2.1.2 Ken 6 punte toe as die leerling kan verduidelik hoe om hierdie komponente te ontwikkel. DIE LEERLING MOET SLEGS EEN VAN DIE TWEE VRAE BEANTWOORD: Soepelheid deur strekking  Stadige volgehoue strek is die veiligste manier om te strek – jy hou die strekposisie vir 16–30 sekondes totdat die spanning gemaklik voel.  Wanneer dit gemaklik voel, druk verder in die strek in om die spanning weer te vind.  Strek van spiere, ligamente en senings moet stadig en versigtig gedoen word en moet slegs gedoen word wanneer die spiere warm is, aangesien daar geen pyn of stres gevoel moet word nie.  Fokus daarop om die 'spanning' van 'n strek eerder as die ‘pyn’ te voel.  Ligte strekwerk kan gedoen word as deel van die opwarming (voor die klas) aangesien dit die liggaam help voorberei vir aktiwiteit.  Die beste tyd om strekwerk te doen om jou bewegingsomvang ('ROM') te verbeter, is aan die einde van 'n klas wanneer jou liggaam baie warm is.  Gebruik asemhalingstegnieke wanneer gestrek word, dit is asem uit op die strek om spanning te verlig.  Moet nooit ʼn ander persoon in 'n strek inforseer nie.  Ballistiese strekwerk is gevaarlik, kan beserings veroorsaak en moet eerder vermy word Krag – tipe oefeninge  Bene: Stootspronge (lunges) is die beste beenoefening want hulle werk al die spiere in die bene met 'n eenvoudige beweging, of jy kan enige ander relevante oefening doen.  Arms: Plank − die dra van jou eie gewig verhoog die krag in jou arms, of jy kan enige ander relevante oefening doen.  Bolyf: Vloerwerk − lê op jou rug en doen maagoefeninge/ opsitte, of jy kan enige ander relevante oefening doen. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 7 2.2 Ken 4 punte toe vir 4 feite oor hoe om krampe te behandel.  Krampe sal gewoonlik weggaan sonder die noodsaaklikheid vir behandeling.  Stop die aktiwiteit wat die krampe veroorsaak.  Strek en masseer die liggaamsdeel waar jy krampe ervaar.  Hou die gewrig in 'n uitgestrekte posisie totdat die krampe weggaan.  Verbeter jou fiksheid vlakke en vermy spieruitputting − oorgebruik van spesifieke spiere.  Doen gereelde strekoefeninge.  Doen deeglike opwarmingsoefeninge.  Die meeste spierkrampe is nie ernstig nie, maar as hulle ernstiger word en aanhou voorkom, dan moet jy jou dokter raadpleeg.  Vermy ontwatering. (4) [15] DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 3 EN VRAAG 4. VRAAG 3: SPIERE/GEWRIGTE/ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG) LAAG MEDIUM HOOG 3.1 5 3.2 – 3.6 5 ANTWOORDE: 3.1 A Gluteus maximus (1) B Adductors (1) C Biceps Femoris (1) D Semitendinosus (1) E Gastrocnemius (1) 3.2 Skarniergewrig (1) 3.3 Bal-en-potjiegewrig (1) 3.4 Ekstensie (1) 3.5 Plantaar-fleksie (1) 3.6 Rotasie (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) OF VRAAG 4: RUGGRAAT (KEUSEVRAAG) MEMO LAAG MEDIUM HOOG 4.1 5 4.2 – 4.3 5 ANTWOORDE: 4.1 A Servikaal (1) B Torakale (1) C Lumbaal (1) D Sakraal (1) E Koksiks (1) 4.2 Ken 2 punte toe vir 2 anatomiese aksies.  Buig vooroor om aan tone (fleksie) te raak  Buig agteroor (ekstensie)  Draai bolyf na die linker- of regterkant (aksiale rotasie)  Buig sywaarts (laterale fleksie) (2) 4.3 Ken 3 punte toe vir 3 funksies van die ruggraat.  Dit dien as ʼn skokbreker as gevolg van al sy krom lyne  Dit help beweging  Dit is ʼn beskermende dop vir die werwelkolom  Dit heg spiere vas  Dit ondersteun die liggaam in ʼn regop (vertikale) posisie  Dit help met goeie postuur en balans (3) [10] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 9 AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID VRAAG 5: DANSVORME/BEGINSELS LAAG MEDIUM HOOG 5.1 4 5.2 6 MOONTLIKE ANTWOORDE: 5.1 Ken 4 punte toe vir die beskrywing van hoe jy Afrika-danse sal herken.  Afrika-danse gebruik die natuurlike kromminge/kurwes van die liggaam.  Bewegings word na die grond toe gedans en komplementeer swaartekrag eerder as om dit uit te daag.  Basiese en komplekse ritmiese patrone word gebruik.  Alledaagse bewegings word gebruik of bewegings wat die natuur (voëls, diere, insekte of plante) naboots of dramatiseer, of die elemente, vuur, water, die aarde of die lug, word as stimulus vir beweging gebruik.  Danse het gewoonlik ʼn tema (vrugbaarheid/hofmakery/ werk/hiërargie, ens.) en doel (protes/sosialisering/ feesviering/bevraagtekening van sosiale kwessies, ens.)  Afrika-danskostuums verskil baie afhangende van die kultuur- en ouderdomsgroep wat die dans opvoer.  Dierevelle word algemeen gebruik asook oordadige kralewerk, bruin of helderkleurige materiaal, enkelratels, vere, ens.  Musikale begeleiding bestaan gewoonlik uit tromme, sang, handeklap en/of dreunsang.  Die tromme, sang, handeklap en ratels saam met die gestamp van voete skep poliritmiese klanke.  Afrika-danse word gewoonlik uitgevoer deur die gemeenskap en het ʼn spesifieke rede/funksie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 5.2 Ken 6 punte toe vir die verduideliking van die verskil tussen teater- en kulturele dansvorms. TEATERDANSVORMS  Danse wat opgevoer word om die gehoor te vermaak.  Hierdie danse word meestal deur professionele dansers/ opvoerders gedoen.  Klassieke ballet, kontemporêre danse en musiekblyspele is almal voorbeelde van teaterdanse. KULTURELE DANSVORMS  Dansvorms sluit alle gemeenskappe in wat hulle verteenwoordig.  Hierdie danse word van een generasie na die volgende oorgedra, en vertel die geskiedenis en kulture wat hulle verteenwoordig.  Hierdie danse bind mense saam terwyl hulle rituele soos geboorte, inlywing, troues of dood vier. (6) [10] DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 6 EN VRAAG 7. VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE/INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSEVRAAG) MEMO LAAG MEDIUM HOOG 6.1 6.2 4 6.3 – 6.5 12 6.6 4 NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in 'n ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf nie. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. EEN MOONTLIKE ANTWOORD: 6.1 Alfred Hinkel se Bolero. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 11 6.2 Ken 4 punte toe vir 'n beskrywing van die choreograaf se agtergrond en opleiding as ʼn danser.  Hinkel se begeerte om te dans het die tradisionele grense van die klein kopermyndorpie waarin hy opgevoed was, verontagsaam.  Sy pa wou nie hê dat hy moes dans nie omdat hy gedink het dit was slegs vir vroue.  Hinkel moes op die ouderdom van 10 met ʼn vriend na balletklasse wegsluip.  Daar was ook baie min dansskole in die gebied wat verder sy vordering belemmer het.  Hy het drama gaan studeer aan die Universiteit van Kaapstad en is geïnspireer deur die bewegingsklasse wat aangebied is om later dansstudies te doen.  Hy het later by die UCT Balletskool ingeskryf, maar is ontnugter met die balletopleiding wat hy ontvang het.  Hy verhuis toe na Namibië en ontvang opleiding van Diane Sparks.  Hy keer terug na Nababeep waar hy begin onderwys gee in die arm gemeenskappe met slegs 'n paar fasiliteite – hierdie ervaring sou die grondslag lê vir sy oorspronklike en vindingryke manier van onderrig gee.  Hy sluit later aan by Jazzart onder Sue Parker.  Hy het kortliks opleiding ontvang van Val Steyn en andere en het die Alexander-tegniek bestudeer. (4) 6.3 Ken 4 punte toe vir bespreking van die samevatting /tema/intensie/storie wat gebruik word.  Bolero, ʼn werk wat redelike politiek van aard was, het voortdurend verander soos dit verwerk is vir elk van die geleenthede waartydens dit opgevoer word.  Die oorspronklike weergawe gaan oor die “oorwinning oor vooroordeel,” en fokus spesifiek op die Ontugwet – waarskynlik die mees kontroversiële van al die wette van die Suid-Afrikaanse Apartheidsregering, waardeur gepoog is om die vermenging van paartjies van verskillende rasse te verbied.  Die kostuums vir hierdie weergawe was knoopgedoopte T-hemde – rubberstewels is nog nie op daardie stadium gebruik nie.  In die 1980’s het verskeie kunstenaars die Grahamstad Kunstefees geboikot en ʼn alternatiewe, nie-gesegregeerde fees by die Universiteit van Durban Westville gehou.  Dit was ʼn tydperk van dreigende geweld waartydens die Suid- Afrikaanse regering ʼn nasionale “noodtoestand” afgekondig het.  Die plofbare, onstuimige toon van die era soos weerspieël in Hinkel se 1987-weergawe van Bolero is deur die toevoeging van rubberstewels aangevul.  Hy sê die dans met rubberstewels het gekom van die werkersklasse, meestal myners en hawewerkers. Die stewels het verdrukking verteenwoordig. Hulle was die toue wat nie alleen dié wat onderdruk was gebind het nie, maar ook dié wat deur onkunde gebind was. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 6.4 Ken 4 punte toe vir ʼn gedetailleerde verduideliking van die kostuums, beligting en stelontwerp.  Kostuumontwerp is miskien ʼn misleidende term wanneer ʼn mens na die eerste weergawe van Bolero op band verwys. In hierdie weergawe kom dit voor asof die dansers ateljeedrag in wisselende kleure en style aantrek.  In die volgende weergawe van Bolero is daar duidelik aandag aan die kostuumontwerp gegee. Al die dansers behalwe een dra uitrustings in dieselfde styl en kleur, swart.  In die volgende weergawes is swart ʼn keusekleur. Die kostuums waarna Hinkel verwys as die “S&M Version” bestaan uit nagemaakte leerrompe, swart visnetkouse, kousbande (suspenders), swart bra’s en metaalkettings.  Die leervoorkoms maak ʼn sterk stelling in die ‘slegs vroue’ weergawe van Bolero, deur te suggereer dat vroue sterk is.  In ander weergawes dra beide mans en vroue leerrompe wat ʼn aanduiding van geslagsgelykheid kan wees.  In Jazzart se medewerking met KRUIK, komplementeer kostuumontwerp en beligting mekaar in dié sin dat die reflekterende eienskappe van die materiale wat vir die kostuums gebruik is, die gehoor die essensiële bewegings kon sien wanneer die beligting dof is of ʼn donker filter het.  Die kostuumontwerp van die opvoering van die Last Dance is sonder twyfel ʼn volmaakte kombinasie van individualiteit en konsekwentheid. Soos met die eerste weergawe op band, dra elke danser ʼn unieke kostuum, maar in hierdie geval lyk dit asof daar met meer aandag na die individuele kostuums gekyk is, aangesien daar ʼn mate van kohesie in die voorkoms van die groep as geheel is.  Bolero, soos opgevoer in die Spier Amfiteater, maak die mees effektiewe gebruik van kostuum- en beligtingontwerp. Die kostuums is nie heeltemal uniform nie, en tog plaas die individualiteit die dansers nie in afsonderlike kategorieë nie. Beligting en stelontwerp:  Die ontwerp maak op die beligting staat.  Daar is geen verhoogstelle nie. Oor die algemeen bestaan die beligting uit blou, rooi en wit ligte.  Die werk begin met minimale beligting en silhoeëtte (skaduwees) gevolg deur ʼn kombinasie van kleure tydens die stuk en ook teen die einde. Die beligting verminder geleidelik tot dit uiteindelik in algehele donkerte eindig.  Die beligtingstegniek is subtiel, hoewel die kleure strak kan wees.  Die gebruik van die koue blou en helder wit beligting is veral verrassend.  Die sterkste beligtingsoomblik is aan die einde van Bolero (Last Dance) wanneer die dansers chasse (glybeweging) en in ʼn posisie op die vloer eindig.  Die oomblik wanneer die dansers ʼn houding inneem, gaan die ligte af.  Die meeste ander oorgange tussen gekleurde ligte of tussen donker en helder beligting gebeur geleidelik.  Die beligting verander nooit te dramaties nie, met die meeste weergawes wat in geleidelike donkerte afspeel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 13  Dit trek nie die aandag van die choreografie af nie, aangesien die danser in die donkerte tot ʼn byna mitiese status verhef word. (4) 6.5 Ken 4 punte toe vir die karaktertrekke van die dansstyl wat die choreograaf in haar/sy danswerke gebruik het.  Hinkel het nie altyd werk vir vermaak geproduseer nie en die inhoud was dikwels ontstellend.  Hinkel werk hoofsaaklik met onopgeleide dansers en ontwikkel hul talent deur sy eie opleidingmetodes wat hy ontwikkel het deur sy werk in minderbevoorregte gemeenskappe.  Met behulp van fisiese intelligensie en sy uitstekende oog vir die ontwikkeling van bewegings, het hy meestal sy eie werkswyse ontwikkel.  Hinkel se idees van kostuums gaan nie oor skoonheid nie, maar oor bruikbaarheid en relevansie.  Hinkel het 'n artistieke vermoë om sy verhoog pragtig te belig.  Hinkel kombineer ook 'n mengsel van style - kontemporêr, Afrika, Indies, asook klassieke elemente van dans.  Hinkel is grootliks beïnvloed deur Afrika-dans wat sy choreografie totaal hervorm het.  Hy het sy eie styl van opleiding ontwikkel en het 'n metode ontwikkel wat hy oor die volgende 30 jaar sou gebruik om sy dansers op te lei. Sy metode is hoofsaaklik bevrydingstegniek.  Die choreograaf het die sosio-politieke invloede rondom hom gebruik as inspirasie vir sy werk. (4) 6.6 Ken 4 punte toe as die leerling ʼn beskrywing kan gee van wat hierdie danswerk innoverend gemaak het.  Hoewel dit volgens vandag se standaarde nie innoverend is nie, was Bolero destyds ʼn nuwigheid. Hinkel se werk word gekenmerk deur elemente wat selde (indien ooit) voorheen op die verhoog gesien is:  Afrika-danse is as verhoogkuns opgevoer Afrika-danse is voorheen beskou as ʼn rare toeriste-attraksie. Die opvoering van die vroeëre weergawes van Bolero was kardinaal in die vestiging van ʼn erkende plek vir Afrika kontemporêre dans in die wêreld van die Suid-Afrikaanse uitvoerende kunste.  Afrika-danse is getoonset op klassieke musiek  Rubberstewels is deur vroue en in die besonder wit vroue gedra. ʼn Mens moet besef om met rubberstewels te dans van “werkersklasmense, meestal myners en dokwerkers gekom het”, en dat dit nie iets was vroue gedoen het, veral nie wit vroue nie. Dus toe die vrouedansers van Bolero trots op die verhoog gestap het, het hulle ʼn kulturele en maatskaplike drumpel oorgesteek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)  Rubberstewels is op ʼn ‘avant-garde’-manier gebruik. Tradisioneel word die dans met ʼn geboë rug uitgevoer, maar Hinkel demonstreer hoe ʼn bestaande tegniek gemanipuleer kan word vir skeppende doeleindes toe hy sy dansers hul eie, regop weergawe van rubbersteweldans laat uitvoer.  Die kontakwerk wat in Bolero voorkom is baie innoverend vir sy tyd. In Bolero tel mans mans op, vroue tel vroue op, vroue lig mans op, ensovoorts. Die tradisionele rolle van die man en die vrou word omgekeer toe Hinkel se werk op ʼn revolusionêre manier voorstel dat vroue geregtig en in staat is om aksie te inisieer en leierskap te aanvaar, en dat mans swak en weerloos kan voel.  Bolero het onbeskroomd politieke stellings gemaak. In die vroeëre weergawes van Bolero wou Hinkel dinge sê wat nie bedoel was om te sê nie (dit het amper een van Jazzart se beleid geword) oor politiek, misbruik, seksualiteit ens. (4) [20] OF VRAAG 7: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSEVRAAG) MEMO LAAG MEDIUM HOOG 7.1 4 7.2 – 7.4 12 7.5 4 NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in ʼn ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf en die danswerk nie. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 15 EEN MOONTLIKE ANTWOORD: 7.1 Ken 4 punte toe vir die beskrywing van Bruce se opleiding.  As ʼn jong seun het hy polio gekry, wat sy bene beskadig het.  Sy pa het hom aangemoedig om te dans, omdat hy geglo het dat dit sou help om sy bene te herstel en dat dit ʼn goeie loopbaan kon wees.  Hy het begin om dansklasse by die Benson Stage Academy in Scarborough, waar hy onderrig gekry het in ballet, klop- en akrobatiese danse, te neem.  Elemente van al hierdie vroeë style is in sy choreografie sigbaar.  Op die ouderdom van dertien het hy by die Ballet Rambert Skool aangesluit, en is in 1963 tot die Geselskap toegelaat.  Dit was op hierdie stadium hoofsaaklik ʼn balletgeselskap. In 1966 het die Artistieke Direkteur, Norman Morrice, Rambert oortuig om kontemporêre werke in die repertoire in te sluit.  Bruce het na vore getree as een van die maatskappy se belangrikste dansers en is beskryf as 'n intense en dramatiese kunstenaar.  Hy het meestal vir die Rambert Dansgeselskap opgetree met gasoptredes vir ander balletgeselskappe.  Enige ander relevante antwoord. (4) 7.2 Ken 4 punte toe vir ʼn verduideliking van die samevatting/doelstelling van die danswerk.  Ghost Dances is gegrond op die onskuldige burgers van Suid- Amerika wat in die politieke kwessies van Pinochet se regime vasgevang was.  Sedert die Spaanse verowering is baie mense gemartel en vermoor omdat hulle te uitgesproke was.  Die musikant Victor Jara speel ʼn rol in Inti-Illimani se musiek in Ghost Dances en sy storie word deur sy weduwee Joan Jara vertel. Dit het Christopher Bruce geïnspireer om Ghost Dances te choreografeer. Jara is as gevolg van sy uitgesproke standpunte teen die regering gemartel en vermoor.  In hierdie dans het Bruce die volgehoue verwoesting van politieke onderdrukking in daardie tyd vasgevang, hoe hulle geleef het en hulle moed/dapperheid ten spyte van teëspoed.  Bruce het sy tema aan die jaarlikse 'Day of the Dead'-fees ontleen. Baie ou godsdienste gebruik hierdie eenvoudige en naïewe beeld van geraamtes as simbole of figure van hulle geloof. Mense verheerlik hulle gestorwe geliefdes deur hulle gesigte te verf om ʼn kopbeen voor te stel.  Diablada/Boliviaanse maskers stel die duiwel in godsdienstige seremonies voor. Hierdie maskers beeld onderwêreldfigure uit en word in verskillende danse, vir verskillende kulture en op verskillende wyses gebruik. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 7.3 Ken 4 punte toe as die leerling 'n verduideliking kan gee van die produksie-elemente soos kostuums, stelontwerp en musiek. Kostuums van die Dooies:  Die Dooies dra alledaagse klere wat gewone mense voorstel wat in ʼn oorlog vasgevang is. Dit bewys dat die boodskap universeel is.  Die klere is stukkend en geskeur wat die brutaliteit van die regime toon.  Die klere toon die verskillende sosiale status/agtergrond van die mense asook ouderdom – simboliseer dat almal deur hierdie oorlog geaffekteer word.  Enige ander geskikte antwoorde. Kostuums van die Spoke:  Die Spoke stel die bose regime/oorlog wat in Chili plaasvind, voor. Dit is egter 'n danswerk wat ʼn universele boodskap het. Enige persoon kan daarby aansluiting vind.  Die kostuums van hierdie spokerige figure dra by tot die stemming (‘mood’) en skep ʼn angswekkende atmosfeer.  Die kopbeenagtige maskers bedek die hele gesig en steek die persoon daaragter heeltemal weg; die donker, hol oogkaste laat dit lyk asof niks daarbinne is nie.  Omdat die identiteit van die persoon agter die duiwelagtige masker onbekend is, word ʼn ongemaklike gevoel geskep as jy na die bose glimlag kyk.  Enige ander geskikte antwoorde. Musiek  Die musiek vir die werk is deur die Chileense groep Inti-Illimani gekomponeer en sluit twee liedere en vier volkswysies in.  Die musiek word dikwels lewendig opgevoer.  Die instrumente wat gebruik word sluit in klassieke en baskitaar, snaartromme en verskeie slaginstrumente.  Die windklanke in die openingstonele is opnames. Choreografie en stel: Christopher Bruce Beligting: Nick Chelton Stel en beligting:  Die stel ontwerp bly deurgaans dieselfde.  Dit verteenwoordig ʼn kaal en rotsagtige area wat ʼn vlakte of ʼn grot kan wees.  Op die verhoog is daar sewe rotsagtige strukture waarop die Spoke lê en wag vir hul slagoffers.  Die beligting versterk die atmosfeer en gee die stel en verhoog ʼn skaduagtige voorkoms.  Terwyl die Spoke dans, word ʼn diepgroen lig gebruik en wat hul liggame beklemtoon met kantbeligting wat hulle ʼn beeldhoutagtige (sculptural) voorkoms gee. Sekere oomblikke word beklemtoon met spesifieke beligtingseffekte soos ʼn skerp lig van bo af wat op die karakters skyn wanneer hulle sterf.  Enige ander geskikte antwoorde. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 17 7.4 Ken 4 punte toe vir 4 feite betreffende bewegingswoordeskat.  Die Spoke gebruik baie atletiese bewegings asook die vloer wat ʼn gevoel van baie primitiewe/dieragtige wesens skep en ʼn skrikwekkende prentjie optower. Dit laat jou angstig voel in die verwagting dat iets slegs (oorlog/die dood) gaan plaasvind.  Die Spoke gebruik baie gebare wat ook dreigend is, soos die leë blik na beide die gehoor en die kant van die verhoog asof hulle vir hulle volgende slagoffers wag.  Dit lyk asof die Spoke voortdurend op hulle hoede is, asof hulle vir hulle prooi – oorlogslagoffers – wag.  Die gebruik van kanon en eenheid in die trio’s van die Spoke skep die gevoel van ʼn trop – geen individualiteit − nie, terwyl die Dooies in verskillende groepe en kombinasies met ʼn baie breër bewegingswoordeskat werk wat hulle individualiteit en persoonlike verhaal toon.  Sterk motiewe is in hierdie werk gebruik – die wye plié in tweede met uitgestrekte arms asof daar om hulp gevra word. Die magsvuis gebruik deur die Dooies wat verset toon teen die situasie waarin hulle hulleself bevind.  Die gebruik van volksdanse skep die gevoel van die Suid- Amerikaners se lewensvreugde – lewenskrag om in teëspoed op te staan.  Enige ander geskikte antwoorde. (4) 7.5 Ken 4 punte toe as die leerling die simboliek kan bespreek wat gebruik word.  Die kenmerkende, ritmiese bewegings wat uitgevoer word op maat van Suid-Amerikaanse volksmusiek bly jou by en simboliseer die onskuldige mense van Suid-Amerika die eeue oor.  Die spookagtige figure simboliseer die Spaanse Pinochet-regime.  Die Dooies simboliseer onskuldige mense wat in die oorlog vasgevang is en hoe hulle lewens wreed onderbreek word.  Die drupklankeffekte wat gebruik word, skep ʼn gevoel van vrees wat die lewe wat verbygaan/bloed wat drup, ens. kan simboliseer.  Baie van die bewegings het sterk simboliese beelding – die drie meisies wat in die dood deur die drie Spoke opgelig word, kan die drie kruise in die Bybel wees.  Die kleure van die kostuums kan simbolies wees, bv. die rooi rok simboliseer liefde/dood/woede. Die wit rok simboliseer reinheid/ onskuld.  Enige ander geskikte antwoorde. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 8 : MUSIEKTERME/GENRES MEMO: LAAG MEDIUM HOOG 8.1 5 8.2 6 8.3 4 MOONTLIKE ANTWOORDE: 8.1 8.1.1 Tempo (1) 8.1.2 Ritme (1) 8.1.3 Duur (1) 8.1.4 Poliritme (1) 8.1.5 Pas (1) 8.2 Ken 2 punte toe vir 2 musiekgenres en 4 punte vir ʼn verduideliking van die 2 genres se karatereienskappe en instrumentasie. Klassieke musiek: dit sluit alle ‘kunsmusiek’ in wat die toets van die tyd deurstaan het, byvoorbeeld Jacques Offenbach se ‘Orpheus in die Onderwêreld’. ʼn Volle orkes word dikwels gebruik in klassieke musiek. Dit word gewoonlik opgevoer deur opgeleide musikante. Dit word oorgedra van geslag tot geslag. Tradisionele en volksmusiek: Musiek wat behoort aan spesifieke kulturele groepe. Dit word gekenmerk deur ʼn seker musiekstyl of tipiese instrumente (byvoorbeeld penniefluitjies, tamboeryne, ens), melodieë en ritmes, en taal in die geval van ʼn lied, byvoorbeeld Shosholoza. Dit word van geslag tot geslag oorgedra. Tradisionele en volksmusiek sluit gewoonlik die hele gemeenskap in. Die musikante het miskien geen opleiding gehad op die instrument(e) wat hulle speel nie. (6) 8.3 Ken 4 punte toe as die leerling kan bespreek hoe musiek die dans beïnvloed het.  Dit bepaal die spoed waarop jy sal dans (tempo)  Verskillende instrumente het verskillende klanke (timbres) en dit beïnvloed die gemoedstemming van die dans  Die volume van ʼn stuk – forte / pianissimo (dinamika) – sal bydra tot die stemming van die stuk  Die genre van die musiek – klassiek, jazz, rock − sal die interpretasie van bewegings beïnvloed  Kan help om die storie te vertel  Dit kan die karakters in hul rolle ondersteun  Dit kan ʼn bepaalde atmosfeer skep  Dit kan sekere tonele beklemtoon (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 19 VRAAG 9: OPVOERINGSRUIMTES/CHOREOGRAFIESE ELEMENTE/ BEMARKING MEMO: LAAG MEDIUM HOOG 9.1 5 9.2 6 9.3 4 ANTWOORDE: 9.1 9.1.1 Die gedeelte van die verhoog wat die verste van die gehoor is. (1) 9.1.2 Die gedeelte van die verhoog wat die naaste aan die gehoor is. (1) 9.1.3 Die middelgedeelte van die verhoog. (1) 9.1.4 Dit is óf ʼn permanente gepleisterde muur, ʼn reguit skerm of ʼn doek wat aan die agterkant van die verhoog hang (1) 9.1.5 Die gebied aan die linker- en regterkant van die verhoog waar kunstenaars voorberei om op die verhoog te gaan (1) 9.2 9.2.1 Gaan van een beweging oor in ʼn ander – skep vloeiende bewegings (1) 9.2.2 Hoogtepunt in ʼn dans, dit staan duidelik uit om ʼn stelling te maak (1) 9.2.3 Verskillende hoogtes van bewegings – laag, medium en hoog. (1) 9.2.4 Beginpunt van ʼn dans-idee/bewegingsuitdrukking (1) 9.2.5 Hoe jy ʼn dans begin en hoe jy dit eindig (1) 9.2.6 Onderskeidende kenmerk of oorheersende idee van ʼn komposisie wat dikwels in ʼn danswerk herhaal word/terugkeer (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 9.3 Ken 4 punte toe vir 4 feite oor hoe om ʼn produksie te bemark. Daar is verskillende wyses waarop jy jou produk kan adverteer soos plakkate, pamflette, strooibiljette aanplakborde, pers verklarings, netwerk, radio-en televisie-onderhoude, deur word of mouth, asook om persoonlike uitnodigings te stuur, e-posse, e-bulletins en jou skool se webwerf.  Advertensies in koerante/tydskrifte – die kan baie duur wees.  Persverklarings – Skryf kort artikels oor die vertoning/dansers/ choreograwe, ens.  Aanplakborde/strooibiljette – Hierdie kan in winkelsentrums of biblioteke uitgedeel word, gewoonlik waar daar heelwat mense is. Jy moet konsentreer op gebiede waar jy jou teikengroep kan bereik.  Advertensies vir radio en televisie – Miskien het jy ʼn kontak. Dit is egter ʼn duur manier van adverteer.  Uitnodigings – Miskien aan mense van die media, jou skoolhoof of aan bekendes.  Netwerk – Die gebruik van sosiale media is ʼn uitstekende manier om jou vertoning te adverteer bv. Facebook ‘Events’ wat jou in staat stel om al jou Facebook-aanhangers te kontak. Jy kan ook deur jou skool se databasis en Twitter adverteer – Twitter is ʼn groot hulpmiddel wat persone aanlyn en aflyn verbind aan jou gebeurtenis (‘event’).  Webwerwe – Skakel met verskeie webwerwe, soos byvoorbeeld “Whats On” in jou dorp/’gebeurtenis’-kalenders, ens. Die gebruik van die internet sal jou algehele bemarkingsdoelwitte verbeter en ondersteun. (4) [15] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Dance Studies

View all
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr) | Hlayiso