Skip to content

Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

Question paperDance StudiesGrade 1120168 pages

Grade 11 Dance Studies question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2016 DANSSTUDIES PUNTE: 100 TYD: 3 uur *IDNCA* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord slegs NEGE vrae. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: 3. AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG – 40 PUNTE AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID – 60 PUNTE 4. AFDELING A: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord slegs VIER vrae in hierdie afdeling. Let daarop dat jy ʼn keuse het tussen VRAAG 2 en VRAAG 3 in hierdie afdeling. Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word. AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Antwoord al die vrae in hierdie afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Lees elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word. 7. Jy mag rowwe beplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek ʼn streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 8. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:  Slegs in een taal te antwoord  Inligting te organiseer en duidelik oor te dra  Die spesifieke formaat te gebruik wat in bepaalde vrae vereis word  Die korrekte dansterminologie, waar nodig, te gebruik 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) DANSSTUDIES 3 AFDELING A VEILIGE DANSPRAKTYK EN -GESONDHEIDSORG VRAAG 1 BELYNING/KERNSTABILITEIT 1.1 Beskryf die belyning van ʼn danser se liggaam. (2) 1.2 Verduidelik waarom kernstabiliteit belangrik is vir ʼn danser. (3) 1.3 Hoe kan kernstabiliteit deur ʼn danser ontwikkel word? (3) 1.4 Verduidelik EEN oefening wat sal help om kernstabiliteit te ontwikkel. (2) [10] JY HET ʼn KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3. BEANTWOORD SLEGS EEN VRAAG. VRAAG 2 (KEUSEVRAAG) – GEWRIGTE/ANATOMIESE AKSIES 2.1 Teken die hieropvolgende tabel in jou antwoordeboek aan en vul die volgende in: Gewrigtipe Liggaamsdeel waar EEN anatomiese dit te vinde is beweging 2.1.1 Bal-en-potjie-gewrig (2) 2.1.2 Skarniergewrig (2) 2.2 Verduidelik VIER funksies van die geraamte. (4) 2.3 Watter soort bewegings kan in die volgende gesien word: 2.3.1 http://www.northcoastfootcare.com/pages/biomechanics.htm (1) 2.3.2 http://www.northcoastfootcare.com/pages/biomechanics.htm (1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 3 (KEUSEVRAAG ) – SPIERE/ANATOMIESE AKSIES 3.1 Benoem die spiere soos in die diagram hieronder aangedui word. Skryf slegs die antwoord langs A, B, C en D neer in jou antwoordeboek. POSTERIOR A B C D http//wicoseco36.soup.io487179309/upper-boc (4) 3.2 Voltooi die volgende sinne oor anatomiese aksies deur die ontbrekende woorde in te vul. 3.2.1 … is laterale beweging weg van die middellyn van die liggaam. (1) 3.2.2 … is sirkelvormige beweging rondom ʼn as (spil). (1) 3.2.3 … is om die tone/voet te punt. (1) 3.2.4 … is om ʼn gewrig oop te maak of die gradiënt (hoek) tussen twee beendere te vermeerder (vergroot). (1) 3.3 Noem enige TWEE spiere wat vir kernstabiliteit gebruik word. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) DANSSTUDIES 5 VRAAG 4 VOETE/SKEENBESERINGS 4.1 Beskryf die vereistes wat op die voete van ʼn danser gedurende dansklasse geplaas kan word. (2) 4.2 Hoe kan jy krag en soepelheid in ʼn danser se voete ontwikkel? (2) 4.3 Wat kan jy doen om atleetvoete te voorkom? (2) 4.4 Bespreek die behandeling van skeenbeserings. (4) [10] VRAAG 5 STEREOTIPE/POSITIEWE LIGGAAMSBEELD/VOEDING 5.1 Beskryf TWEE maniere hoe stereotipe in dans voorkom kan word. (2) 5.2 Verduidelik die voordele van ʼn positiewe liggaamsbeeld. (3) 5.3 Gee ʼn verduideliking van die verskillende kossoorte wat in ʼn danser se dieet ingesluit moet word om gesond te bly. (2) 5.4 Bespreek die positiewe effekte wat goeie voeding op die liggaam sal hê. (3) [10] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING B DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID VRAAG 6 DANSVORME/BEGINSELS 6.1 Beskryf DRIE dansbewegings wat in Afrika-danse gebruik word. Beginsels mag ook ingesluit word. (3) 6.2 Gee die naam van jou hoof dansvorm en verduidelik VIER van hierdie (4) dansvorm se beginsels. 6.3 Waarom is dit belangrik om danse van ander kulture te bestudeer? (3) [10] VRAAG 7 INTERNASIONALE CHOREOGRAAF Kies ʼn voorgeskrewe Internasionale Choreograaf uit die voorgeskrewe lys hier onder en beantwoord die volgende vrae: HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN INTERNASIONALE CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE George Balanchine Appollo/Jewels Alvin Ailey Revelations Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze Christopher Bruce Ghost Dancers Mathew Bourne Swan Lake/Cinderella Pina Bausch Rites of spring William Forsythe In the middle, somewhat elevated Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen Rudi van Dantzig Four Last Songs Jiri Killian Wings of wax 7.1 Gee die naam van die choreograaf. 7.2 Beskryf die choreograaf se agtergrond en opleiding as ʼn danser. (4) 7.3 Verduidelik hoe die choreograaf se choreografiese loopbaan ontwikkel het. (4) 7.4 Verduidelik die karaktertrekke wat deur hierdie choreograaf se dansstyl in sy/haar danswerke gebruik word. (4) 7.5 As ʼn Suid-Afrikaanse dansstudent, waarom dink jy is dit belangrik om oor internasionale dans geskiedenis te leer? (3) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) DANSSTUDIES 7 VRAAG 8 SUID-AFRIKAANSE DANSWERK Kies een SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF en ʼn DANSWERK uit die voorgeskrewe lys hieronder en beantwoord die volgende vrae: HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE SUID-AFRIKAANSE DANSWERKE CHOREOGRAWE Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen Vincent Mantsoe Gula Matari Alfred Hinkel Last Dance (Bolero)/Rain in a dead man’s footprints/Cargo Sylvia Glasser Tranceformations Gary Gordon Bessie’s Head Mavis Becker Flamenco de Africa Hazel Acosta Blood Wedding Caroline Holden Imagenes Gregory Maqoma Beauty Trilogy/Skeleton Dry 8.1 Gee die naam van die choreograaf en die danswerk. 8.2 Beskryf die storie/sinopsis van die danswerk. (5) 8.3 Gee ʼn verduideliking van die produksie elemente soos kostuum, stelontwerp en musiek. (4) 8.4 Verduidelik die karaktertrekke van die dansstyl wat deur die choreograaf gebruik word. (3) 8.5 Bespreek die choreograaf se bydra tot dans. (3) [15] VRAAG 9 MUSIKALITEIT /INSTRUMENTE/KATEGORIEË 9.1 Verduidelik waarom musikaliteit in dans belangrik is. (2) 9.2 Lys TWEE ander maniere behalwe musiek wat dansers/choreograwe kan gebruik as begeleiding wanneer hulle dans. (2) 9.3 Verduidelik hoe die volgende musiekkategorieë musiek produseer en noem EEN instrument vir elk van die musiekkategorieë. 9.3.1 Aërofoon (2) 9.3.2 Chordofoon (2) 9.3.3 Elektrofoon (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 10 PRODUKSIEROLLE/CHOREOGRAFIESE ELEMENTE/OPVOERINGSRUIMTES 10.1 Kies enige DRIE produksie-loopbane hieronder en verduidelik wat elke loopbaan behels. (3) Verhoogbestuurder Bemarkingsbestuurder Danskaptein Voorhuisbestuurder Tegniese bestuurder 10.2 Verduidelik die volgende choreografiese elemente: 10.2.1 Oorgange (1) 10.2.2 Klimaks (1) 10.2.3 Volgordebepaling (1) 10.3 Bespreek die kenmerke van die volgende opvoeringsruimtes: 10.3.1 Proceniumboog (2) 10.3.2 Stam/Inheemse omgewing (2) [10] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Dance Studies

View all