Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
DANSSTUDIES
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 16 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 







_hlayiso.com_--4acd73cf-2cdd-4d1d-a585-f4b379c88766/v1-f33ecb8a5046810494c5/card.webp)
View all


Gr11-DNCE-N16-MEMO-Afr_hlayiso.com_.pdf
Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
NOTA AAN MERKERS/ONDERWYSERS:
Hou streng by hierdie memorandum wanneer nagesien word. In sommige
kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel uitoefen.
Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers nagesien word aangesien
dit spesialiskennis vereis.
By sommige vrae het kandidate ʼn keuse. Indien kandidate beide vrae
beantwoord het, sien slegs die antwoorde op die eerste vraag na.
Kandidate kan ʼn wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangende van wat hulle
in die klas behandel het.
Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word
in die Fokustabel onder elke vraag ingesluit.
MOENIE volpunte toeken vir opstel-/paragraaftipe vrae indien daar taal- en
spelfoute voorkom nie en ook nie as die antwoord in die verkeerde formaat
geskryf is nie.
Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ʼn antwoord wat oppervlakkig en
ontoereikend is NIE.
Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DANSSTUDIES 3
AFDELING A VEILIGE DANSPRAKTYK EN -GESONDHEIDSORG
VRAAG 1 BELYNING/KERNSTABILITEIT
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG ONDERWERPE VERMOËNSVLAKKE
Belyning/kernstabiliteit 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG
√
Herkenning – 1.1 2
Analisering – 1.2 3
Analisering – 1.3 3
Toepassing – 1.4 2
NOTA AAN MERKERS:
Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer
die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kolpunte word
gebruik om nasien te vergemaklik.
VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:
1.1 Ken 2 punte toe vir ʼn beskrywing van wat belyning is.
Die wyse waarop die gewrigte gedurende beweging met mekaar belyn.
Die posisie van die liggaamsdele in verhouding met die hele liggaam. (2)
1.2 Ken 3 punte toe vir ʼn verduideliking oor die belangrikheid van kernstabiliteit vir
ʼn danser.
Hieronder is TWEE voorbeelde verskaf, maar die leerder kan ander gee.
Met kernstabiliteit sal ʼn goeie postuur en balans gehandhaaf word.
Dit help jou om die liggaam vryelik te beweeg sonder om druk op die
gewrigte en ruggraat te plaas.
Met kernstabiliteit sal jy kragtige bewegings van die arms en bene kan
uitvoer.
Dit help jou om bewegings te beheer.
Kernsterkte help jou om gewig vinnig te verplaas (vinnige rigting
veranderings). (3)
1.3 Ken 3 punte toe as die leerder kan verduidelik hoe om kernstabiliteit te
ontwikkel en te behou.
Beoefen goeie postuur te alle tye.
Gebruik die abdominale spiere tydens al die bewegings.
Trek die abdominale spiere binne toe en opwaarts na die ruggraat.
Hou ʼn balans tussen die abdominale spiere aan die voorkant en die lae rug
spiere van die rug.
Kondisioneer die stabiliserende spiere gedurende bewegende- en stilhou-
posisies. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
1.4 Ken 2 punte toe as die leerder een oefening kan bespreek wat kernstabiliteit
kan ontwikkel.
Die Plankoefening sal ʼn sterk kern ontwikkel.
Begin in ʼn opstootposisie met jou hande plat op die vloer en direk onder jou
skouers geplaas, bene uitgestrek en voete bymekaar.
Hou jou rug so plat as moontlik.
Jou kop en nek is in lyn met jou ruggraat – gesig na die grond.
Terwyl jy op jou voete en elmboë balanseer, lig die liggaam weg van die
grond terwyl jy jou elmboë reguit maak en keer terug na die vloer.
Hierdie posisie kan vir toenemende duurtes van tyd behou word. (2)
[10]
JY HET ʼn KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3.
BEANTWOORD SLEGS EEN VRAAG.
VRAAG 2 (KEUSEVRAAG) – GEWRIGTE/ANATOMIESE AKSIES
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG ONDERWERPE VERMOËNSVLAKKE
Gewrigte/anatomiese aksies 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG
√
Herkenning – 2.1 4
Analisering – 2.2 4
Herkenning – 2.3 2
ANTWOORDE:
VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:
Gewrigtipe Liggaamsdeel waar EEN anatomiese
dit te vinde is beweging
2.1 2.1.1 Bal-en-potjie-gewrig Heup/skouer Fleksie/ekstensie/
abduksie/adduksie/
rotasie (2)
2.1.2 Skarniergewrig Knie/elmboog/enkel Fleksie/ekstensie (2)
2.2 Ken 4 punte toe vir 4 feite oor die funksies van die geraamte.
Ondersteuning vir omliggende weefsel.
Beskerming vir die belangrike organe en ander sagte weefsel van die
liggaam.
Vorm en fatsoen van die liggaam.
Aanhegting vir spiere.
Stoorarea vir minerale en kalsium.
Bloedselle wat in die rooi beenmurg gevorm word.
Hefbome vir beweging deur die artikulasie van die gewrigte. (4)
2.3 2.3.1 Dorsifleksie (1)
2.3.2 Inversie (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DANSSTUDIES 5
VRAAG 3 (KEUSEVRAAG ) – SPIERE/ANATOMIESE AKSIES
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG ONDERWERPE VERMOËNSVLAKKE
Spiere/anatomiese aksies 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG
√
Herkenning – 3.1 4
Toepassing – 3.2 4
Herkenning – 3.3 2
3.1 A – Trapezius
B – Deltoid
C – Triceps
D – Latissimus dorsi (4)
3.2 3.2.1 Abduksie (1)
3.2.2 Rotasie (1)
3.2.3 Plantaarfleksie (1)
3.2.4 Ekstensie (1)
3.3 Enige twee:
Kernstabiliteit sal die spiere aan die voorkant (anterior) van die liggaam betrek:
Rectus Abdominus
Internal/external oblique’s
Transverse abdominus
Hierdie sal die spiere aan die agterkant (posterior) van die liggaam betrek:
Erector spinae
Multifidus
Gluteusspiere (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 4 VOETE/SKEENBESERINGS
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG ONDERWERPE VERMOËNSVLAKKE
Voete/skeenbeserings 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG
√
Herkenning – 4.1 2
Toepassing – 4.2 2
Toepassing – 4.3 2
Evaluering – 4.4 4
NOTA AAN MERKERS:
Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
geassesseer word. Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.
VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:
4.1 Ken 2 punte toe vir ʼn beskrywing van die eise wat op ʼn danser se voete in die
dansklas geplaas word.
Verskillende dansstyle vereis verskillende aksies en sommige van hierdie
aksies is onnatuurlik vir die voete.
Dansers doen draaie of stamp met kaal voete of dans op hul tone.
Dansers dans ook op verskillende dansoppervlaktes, soos sement, wat
verdere spanning op die voete plaas.
Krake en gate in vloerplanke kan die vel van die voete oop skeur.
Omdat ʼn danser se voete daagliks eise en spanning moet hanteer, behoort
hulle spesiale aandag aan hul voete te gee. (2)
4.2 Ken 2 punte toe vir ʼn verduideliking oor hoe om krag en soepelheid in jou
voete te ontwikkel.
Die beste oefeninge wat krag en soepelheid ontwikkel is die wat elke dag
in die klas gedoen word soos; tendus/voetborsels, réleve’s/rises, grawings,
klein spronge en voetmanipulasies.
Doen voetoefeninge terwyl jy lê of op die vloer sit, bv. punt of fleks die
voete en gebruik klein balle om die verskillende gedeeltes van die voete te
versterk. (2)
4.3 Ken 2 punte toe vir ʼn verduideliking oor hoe om atleetvoete te voorkom.
Hou jou voete droog en skoon.
Vermy dit om kaalvoete in publieke plekke te loop.
Maak jou voete deeglik tussen die tone droog.
Maak seker dat jou stort en kleedkamer is skoon. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DANSSTUDIES 7
4.4 Ken 4 punte toe vir ʼn bespreking oor die behandeling vir skeenbeserings.
Prevention (voorkoming) – moet nie dans/spring op soliede sement vloere
nie, d.w.s. ʼn vloer wat nie ʼn geveerde dansvloer is nie.
Rest (RUS) – verminder oefeninge. Stop wanneer jy pyn voel.
Ice (YS) – om inflammasie te verminder.
Compress (Druk) – gebruik ʼn beenskerm (strapping) om die beseerde
area te ondersteun.
Elevation (Elevasie) – lig die onderste been bokant die hart.
Die meeste oorsake van skeenbeserings is deur oorgebruik (overuse).
Strek die kuitspiere en versterk die voorkant van die been onder die knie.
Moet nie die Tibialis anterior, Gastrocnemius en Soleusspiere oorrek nie –
gaan geleidelik in die strekking.
Maak seker dat jy jou postuur gedurende dans korrek hou, want deur te ver
vooroor te leun terwyl jy dans, veroorsaak spanning op die onderste been.
As die pyn aanhou, moet jy mediese hulp verkry. (4)
[10]
VRAAG 5 STEREOTIPE/POSITIEWE LIGGAAMSBEELD/VOEDING
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG ONDERWERPE VERMOËNSVLAKKE
Stereotipe/positiewe 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG
liggaamsbeeld/voeding √
Herkenning – 5.1 2
Analysis - 5.2 3
Analisering – 5.3 2
Evaluering – 5.4 3
MOONTLIKE ANTWOORDE:
5.1 Ken 2 punte toe vir ʼn beskrywing oor hoe om stereotipes te verhoed.
Moet nie mense saam groepeer nie; elke mens is verskillend en uniek.
Vermy dit om ander mense te oordeel.
Jy moet ander mense se individualiteit respekteer. (2)
5.2 Ken 3 punte toe vir ʼn volledige verduideliking oor die voordele van ʼn positiewe
liggaamsbeeld.
ʼn Positiewe liggaamsbeeld sal jou selfvertroue gee en jou laat:
Tuis voel in jou eie liggaam
Gelukkig en vol selfvertroue voel oor wie jy is
Weerstaan om onrealistiese druk op jou te plaas om soos iemand anders te
lyk
Meer positief emosioneel/geestelik voel
Positiewe energie afgee in plaas van negatiewe energie (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
5.3 Ken 2 punt toe vir ʼn verduideliking van die kossoorte wat in ʼn danser se dieet
ingesluit moet word om gesond te bly.
Eet ʼn verskeidenheid van heel kosse (natuurlik gegroeide kosse soos
vrugte en groente).
Sluit in belangrike vette soos olie van vis, neute, avokado en sade.
Sluit in anti-oksidante wat jou daarteen beskerm om nie seer te voel nie,
soos sitrusvrugte en helder kleurige vrugte en groente (tamaties, beet,
wortels, bloubessies, ens.). (2)
5.4 Ken 3 punte toe vir ʼn bespreking oor die positiewe effekte van goeie voeding
op die liggaam.
Toename in energievlakke
Toename in verstandelike waaksaamheid
Toename in fiksheidsvlakke
Instandhouding van die ideale gewig
Vinnige herstelling van siektes/beserings
ʼn Sterker immuunstelsel
Toename in krag
Vermoë om stres te kan hanteer – goeie emosionele welstand
ʼn Positiewe houding teenoor oefening en opvoerings (3)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DANSSTUDIES 9
AFDELING B DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 6 DANSVORME/BEGINSELS
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG ONDERWERPE VERMOËNSVLAKKE
Dansvorme/-beginsels 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG
√
Herkenning – 6.1 3
Analisering – 6.2 4
Evaluering – 6.3 3
MOONTLIKE ANTWOORDE:
6.1 Ken 3 punte toe vir die herkenning van sommige dansbewegings wat in Afrika-
dans gebruik word.
Knieë gebuig – dans naby aan die grond, d.w.s. om nie swaartekrag teen te
staan nie.
Ritmies – basiese en komplekse ritmes en patrone.
Namaak en dramatisering van die natuurlike wêreld of die elemente soos
vuur, die aarde, water en wind.
Mans gebruik gewoonlik groot bewegings, insluitende opspring en spronge
terwyl vroue kleiner bewegings gebruik soos geskuifel stappies.
Die klank en ritme van die trom gee uiting aan die bui van die mense.
Die bewegings bring die mense nader aan mekaar. (3)
6.2 Ken 4 punte toe vir 4 kenmerke van die hoofdansvorm.
KLASSIEKE BALLET
Houding: die bolyf word goed behou en ondersteun terwyl die mees
belangrikste beweging in die arms en bene plaasvind.
Uitdraai: uitwaartse rotasie van die bene vanaf die heupe, noodsaaklik vir
klassieke ballet tegniek.
Plasing: rangskikking van die kop, ruggraat en ledemate in die korrekte
belyning met mekaar om ʼn geordende, gebalanseerde vorm te skep.
Wette van balans: ʼn ewewigtigheid van die ledemate om ʼn ekwilibrium te
handhaaf (gelyke gewig oor ʼn sentrale punt).
Basiese reëls van die kop, bene, arms en liggaam.
Verplasing van gewig: verplasing van gewig van een deel van die
liggaam na die volgende deel.
Koördinasie: bring liggaamsdele in korrekte verhouding met mekaar.
Gravitasie: Ballet werk teen swaartekrag. (4)
6.3 Ken 3 punte toe vir ʼn verduideliking oor waarom dit belangrik is om danse van
ander kulture te bestudeer.
Om ander kulture te verstaan en om meer oor hul agtergronde te leer.
Om enige stereotipe wat ons teenoor andere kulture mag hê te verbreek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
Verskaf die vermoë om dinge uit ʼn ander perspektief te sien en om dalk ʼn
groter respek vir ander kulture en hul tradisies te hê.
Ons vergroot ook ons kennis oor die wêreld om ons en dit lei tot self
ontdekking.
Hierdie studies sal verhoed dat die tradisies en simboliek van die kulture
uitsterf en daardeur hul lewensverwagting verleng.
Dit vermeerder ook ons eie danstaal. (3)
[10]
VRAAG 7 INTERNASIONALE CHOREOGRAAF
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG ONDERWERPE VERMOËNSVLAKKE
Internasionale choreograaf 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG
√
Herkenning – 7.2 4
Analysis – 7.3, 7.4 8
Evaluering – 7.5 3
NOTA AAN MERKERS:
Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in ʼn ander
gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee
punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf nie.
Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.
EEN MOONTLIKE ANTWOORD:
7.1 Revelations deur Alvin Ailey
7.2 Ken 4 punte toe vir die eienskappe van die dansstyl van sy/haar danswerke.
Ailey is in 1931 in Texas VSA gebore.
Hy het saam met sy moeder groot geword in ʼn arm gemeenskap toe swart
mense baie min geleenthede gehad het.
Ailey was ʼn atletiese en kreatiewe persoon en het begin belangstel in
gimnastiek terwyl hy op skool in Los Angeles was.
Sy gimnastieke opleiding word weerspieël in baie van die atletiese
bewegings wat hy in sy choreografie ingesluit het.
Sy gimnastiekonderwyser was ook ʼn moderne dansonderwyser en het hom
bekend gestel aan dans.
Hy het verlief geraak op moderne dans aangesien hy dit kon kombineer met
sy atletiese bou en sy kreatiwiteit.
Ailey het begin dansklasse neem by Katherine Dunham en later by Lester
Horton Skool, een van die min plekke wat swart dansers in die ateljee
verwelkom het.
Horton se tegniek het ʼn groot invloed op Ailey gemaak en hy het uiteindelik
die skool oorgeneem waar hy baie van Horton se style in sy eie danswerke
opgeneem het.
Ailey verhuis na New York waar hy onder Martha Graham studeer het. Haar
kontemporêre tegniek het weereens sy choreografiese styl beïnvloed. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DANSSTUDIES 11
7.3 Ken 4 punte toe vir ʼn gedetailleerde verduideliking oor hoe die choreograaf se
choreografiese loopbaan ontwikkel het.
Ailey het sy debuut as ʼn danser vir die Horton Company gemaak.
Ailey het as direkteur vir Horton se dansgeselskap na Horton se dood.
oorgeneem
Ailey het op en van Broadway af opgetree, ook in films, en het as ʼn
danser, choreograaf, akteur en regisseur gewerk.
Ailey het sy eie dansgeselskap gestig, bekend as die Alvin Ailey American
Dance Theatre, wat ʼn repertoriumgeselskap was wat dikwels die werk van
baie verskillende kunstenaars vertoon het, ongeag hulle ras.
Ailey het suksesvolle danswerke gechoreografeer wat in Europa, Australië
en Afrika getoer het, soos Revelations.
Ailey het saam mense soos Hugh Masekela gewerk toe hy Masekela’s
Language geskep het.
Hy het ook ʼn solo geskep, wat Cry genoem is, wat aan sy moeder op haar
verjaarsdag opgedra is.
Hy het meer as 50 danswerke vir sy geselskap geskep en nog baie meer
vir ander geselskappe in sy loopbaan. (4)
7.4 Ken 4 punte toe vir die karaktertrekke van die dansstyl van haar/sy danswerke.
Beïnvloed deur sy Dunham, Horton en Graham-opleiding, het Ailey ʼn baie
herkenbare kontemporêre-Afro-jazz-gospel-styl ontwikkel.
Hy het baie vloerwerk, golfbewegings van die bolyf en arms en kragtige,
emotiewe beweging gebruik.
Sy choreografie was vermaaklik en toeganklik.
Hy was bekend vir sy pragtige dansers, mooi aangetrek, wat pragtige
bewegings maak.
Sy choreografie was persoonlik, organies, akrobaties en sterk gewortel in
sy agtergrond en sy geloof.
Sy formasies van groot groepe dansers op die verhoog het groot toejuiging
ontvang.
Ailey het daarin geslaag om die gaping tussen kontemporêre dans en die
algemene publiek in die Verenigde State te oorbrug; hy het gevoel dat
dans toeganklik moet wees vir gewone mense, soos sy tantes en ooms
wat nooit baie geleenthede gehad het a.g.v. segregasie in Amerika.
Hy het ook populêre dansstyle en die ondervindings en die gelowe van
swart mense met groot teatrale vaardigheid saamgevoeg. (4)
7.5 Ken 3 punte toe vir waarom ʼn Suid-Afrikaanse student dink dit is belangrik om
van internasionale dansgeskiedenis te leer.
Help om ʼn oop gemoed te hê.
Het begrip vir die oorsprong van verskillende dansvorms.
Om te weet wat die neigings is.
Bly in kontak met wêreldveranderinge in dans.
Help om getrou te bly aan self as ʼn Suid-Afrikaanse danser.
Kan onderskei tussen oorspronklike en gekopieerde werkstyle – help om
nie te dupliseer wat alreeds gedoen is nie. (3)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 8 SUID-AFRIKAANSE DANSWERK
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG ONDERWERPE VERMOËNSVLAKKE
Suid-Afrikaanse danswerk 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG
√
Herkenning – 8.2 5
Analisering – 8.3 4
Analisering – 8.4 3
Evaluering – 8.5 3
NOTA AAN MERKERS:
Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in ʼn ander
gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee
punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf en die
danswerk nie. Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.
EEN MOONTLIKE ANTWOORD:
8.1 Veronica Paeper
8.2 Ken 5 punte toe vir ʼn beskrywing van die storie/sinopsis van die danswerk.
Orpheus in die Onderwêreld is ʼn uiters komiese ballet gebaseer op die
Griekse legende van Pluto, god van die Onderwêreld, wat verlief raak op
Euridike, vrou van Orpheus, en haar dan na sy koninkryk lok.
Paeper se storie doen weg met die tradisionele verhaal van Orpheus, en sy
baseer haar ballet op Jacques Offenbach se operette.
Die aksie vind plaas in die laat 1920’s, vroeë 1930’s binne ʼn Frans-
Italiaanse agtergrond met Pluto as hoof van ʼn Mafia-tipe onderwêreld,
Kalliope, Orpheus se ietwat neurotiese en later dranksugtige moeder en
Offenbach self wat ʼn ogie hou oor die verrigtinge.
Toneel 1: Hotel le Grand
Orpheus en Euridike se huwelik is nie gelukkig nie, en toe Pluto Euridike
verlei en ontvoer, is beide sy en Orpheus verheug. Toe Kalliope, Orpheus
se moeder, egter opdaag en uitvind wat gebeur het, is sy baie geskok en
dring daarop aan dat Orpheus, in die belang van die mitologie, Olimpus toe
gaan om hulp te kry sodat hy Euridike uit die Onderwêreld kan terugkry.
Natuurlik dring sy moeder daarop aan om hom te vergesel.
Toneel 2: Olimpus
Op Olimpus is die lewe taamlik vervelig, en toe Pluto vertel van Euridike, sy
nuutste verowering, bied dit welkome hoewel ietwat verontrustende
afleiding. Orpheus en Kalliope daag op en Jupiter stem toe tot haar versoek
om hulp, waarop al die gode en godinne besluit om hulle na Hades, die
Onderwêreld, te vergesel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DANSSTUDIES 13
Toneel 3: Hades
Euridike is teen dié tyd die ster van die Onderwêreld se nagklub. Net toe
die pret goed op dreef is, bederf Kalliope dit deur Jupiter te herinner aan die
doel waarvoor hulle gekom het. Hy beveel Orpheus om te gaan, met
Euridike saam met hom. Maar Offenbach gryp in en alles ontaard in chaos
(Offenbach is een van die karakters in die ballet). (5)
8.3 Ken 4 punte toe as die leerder ʼn verduideliking kan gee van die produksie
elemente soos kostuum, stelontwerp en musiek.
Peter Cazlet ontwerp beide die kostuums en dekor.
Die aandjasse wat die “godinne” dra is ontwerp deur Dicky Longhurst.
Die styl van die kostuums regdeur die ballet is tipies van die laat ‘20’s en
vroeë ‘30’s.
Die openingstoneel het ʼn swierige trap.
Olimpus lyk soos ʼn luukse passasiersboot kompleet met swembad en
stoele en Hades word uitgebeeld as ʼn bedompige nagklub met die
oorheersende kleure rooi, donkerpienk en swart.
Musiek gekomponeer deur die Franse komponis Jacques Offenbach is
humoristies, geestig en satiries wat die werk sy wonderlike humor gee.
Om die konsep van Orfeus as vioolleermeester te behou, is die bekende
viool solo van Offenbach se operette vir die ballet behou.
Nog ʼn herkenbare stuk is Offenbach se bekende Can-Can. Baie van die
melodieë is ʼn samesmelting van twee of meer wysies uit verskillende
operettes van Offenbach (4)
8.4 Ken 3 punte toe vir die karaktertrekke van die dansstyl wat deur hierdie
choreograaf gebruik word.
Orpheus het ʼn klassieke tradisie, maar stappies word verenig met
alledaagse bewegings en die styl van die stappies pas by die tydperk van
die werk.
Paeper gebruik dikwels die persoonlikhede van haar dansers as inspirasie
vir haar choreografie: Phyllis Spira, Prima Ballerina vir KRUIK, het ʼn
merkwaardige sin vir die komiese gehad, en Paeper skep komiese rolle vir
haar.
Paeper was altyd oop vir voorstelle en ander mense se bewegings.
Sy het die choreografie opgestel met net soveel insette van die dansers en
het hulle aangemoedig om hul eie persoonlike interpretasie van die rolle te
gebruik.
Haar werke is meestal verhalend en haar oogmerk is “om nooit ʼn gehoor te
verveel nie”. (3)
8.5 Ken 3 punte toe vir ʼn bespreking oor die choreograaf se bydrae tot dans.
Paeper het beslis ʼn bydrae tot die wêreld van Suid-Afrikaanse choreograwe
gelewer.
Sy het ʼn enorme repertoire van werke, wat geselskappe vandag nog kan
gebruik, ontwikkel.
Paeper word beskou as een van die voorlopers van Moderne Klassieke
Ballet in Suid-Afrika.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
Haar ballet Drie Diere word as heeltemal uniek beskou in die sin dat dit ʼn
samewerkingsinspuiting was vir al die kunsvorms – deur die vermenging
van poësie, musiek en dans.
Sy het ʼn kwartet van sonnette gebruik wat N.P. van Wyk Louw in 1942
geskryf het.
In hierdie sonnette skryf hy oor die vernietigende kwaliteite van die mens.
Klatzow was diep geraak deur hierdie gedig, en hy komponeer ʼn partituur
wat die tema van Verwoesting weerspieël.
Uit hierdie sonnette skep Paeper ʼn kragtige Dansdrama wat tot vandag toe
nog beskou word as ʼn mylpaal in Suid-Afrikaanse ballet. (3)
[15]
VRAAG 9 MUSIKALITEIT /INSTRUMENTE/KATEGORIEË
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG ONDERWERPE VERMOËNSVLAKKE
Musikaliteit/instrumente/ 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG
kategorieë √
Herkenning – 9.1 2
Herkenning – 9.2 2
Analisering – 9.3 3
Herkenning – 9.3 3
MOONTLIKE ANTWOORD:
9.1 Ken 2 punte toe vir die definisie van musikaliteit.
Musikaliteit is die vermoë om verband te hou en uitdrukking aan jouself te
gee deur musiek, om in staat te wees om dit nie net te hoor nie, maar ook
om dit te voel.
Musikaliteit is die vermoë om deur beweging die gevoel van ʼn sekere stuk
musiek te interpreteer.
Dit is wanneer die danser een word met die musiek.
Enige ander antwoorde wat die danser mee vorendag kan kom. (2)
9.2 Ken 2 punte toe vir die lys van 2 ander begeleidings wat in plaas van musiek
gebruik kan word vir dans.
Hulle kan hul liggame gebruik.
Hulle stemme.
Die klere wat hulle dra, byvoorbeeld rubberstewels.
Deur hande te klap. (2)
9.3 Ken 1 punt toe vir die verduideliking van die musiekkategorieë en 1 punt vir die
naam van ʼn instrument uit elke kategorie.
9.3.1 Deur te blaas - trompet (2)
9.3.2 Deur vibrerende stringe - kitaar (2)
9.3.3 Deur elektroniese stromings - elektroniese klawerbord (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DANSSTUDIES 15
VRAAG 10 PRODUKSIEROLLE/CHOREOGRAFIESE
ELEMENTE/OPVOERINGSRUIMTES
MEMO:
FOKUS VAN VRAAG ONDERWERPE VERMOËNSVLAKKE
Produksie 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG
loopbane/choreografiese √
elemente/opvoerings
ruimtes
Analisering – 10.1 3 3
Toepassing – 10.2 3
Evaluering – 10.3 4
MOONTLIKE ANTWOORDE:
10.1 Ken 3 punte toe vir ʼn verduideliking van 3 produksie loopbane.
VERHOOGBESTUURDER (VB)
Bestuur alles wat op die verhoog en agter die skerms gebeur soos die stelle
en rekwisiete veranderinge (bygestaan deur verhoog handlangers), en sal
ook kommunikeer met die klank en beligting tegnici.
Die VB dra gewoonlik ʼn kopstuk gedurende die vertonings en dirigeer lede
van die produksie en bemanning om te verseker dat alle aspekte van die
produksie - klank en beligting aanduidinge, die plasing van stelle en
rekwisiete op en af van die verhoog, en die uitgange en ingange van die
kunstenaars - is uitgevoer op die regte tyd en in ooreenstemming met die
choreograaf se aanwysings.
Die verhoog bestuurder is ook verantwoordelik vir die veiligheid van die
kunstenaars en bemanning terwyl hulle in die teater is.
BEMARKINGSBESTUURDER
ʼn Bemarkingsbestuurder koördineer die bemarking en promosies van ʼn
dansgeselskap. Hy of sy se doel is om die organisasie te merk deur
volgehoue en opvallende media veldtogte, die maatskappy se webwerf,
nuusbrief en huisprogramme, sowel as sy logo en briefhoof.
Hy of sy sal advertensies bespreek vir die druk en uitsaai media, verwerk
en versprei plakkate en pamflette en koördineer die fotosessie en media
oproepe.
DANSKAPTEIN
In sommige dansmaatskappye, is ʼn danskaptein ʼn senior danser wat
aangestel word om repetisies waar te neem, nuwe dansers af te rig en
notas of korreksies te gee na die opvoering.
Hy of sy kan ook versoek word om ʼn danser te vervang wat beseer is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
VOORHUISBESTUURDER: (Die titel word dikwels verkort na VHB bestuurder).
Lid van die teaterbestuur, wat verantwoordelik is vir die dag-tot-dag verloop
van die voorhuis (VHB) gebied (in teenstelling met die agterste
verhoogareas).
Hy/Sy kan die toesig hou oor die besprekingskantoor waar kaartjieverkope
sal plaasvind, enige verkope/spyseniering stal asook die bestuur en
dirigering van die bodes en enige ander deel van die gebou wat die publiek
kan betree tydens hul besoek aan die teater.
Hy koördineer die begin van die vertonings met die verhoogbestuurder, en
hou rekord van die begin en einde van die tye van die vertonings, sowel as
die grootte van die saal (aantal mense wat die vertoning gaan bywoon
In die geval van ʼn brand of noodgeval, moet hy of sy beheer neem.
TEGNIESE DIREKTEUR
ʼn Tegniese direkteur is verantwoordelik vir alle tegniese aspekte van ʼn
produksie en het kennis van baie aspekte van toneelkuns.
Hy of sy word dikwels benodig om probleme op te los in die dae wat lei tot
die opvoering. (3)
10.2 10.2.1 Dit is hoe jy van een beweging na die ander beweeg, deur hulle aan
mekaar te verbind om vloei en vloeibaarheid van beweging te
ontwikkel. (1)
10.2.2 Dit is die hoogste en mees gedenkwaardigste oomblik in die dans. (1)
10.2.3 Dit is die orde waarin bewegings, motiewe en maatmotiewe aanmekaar
gesit word. (1)
10.3 10.3.1 Dit het of ʼn permanente gepleisterde muur, ʼn reguit skerm of ʼn
swart lap wat agter op die verhoog gehang word.
Lig kan agter op gewerp word om effekte te skep.
Dit het openinge aan die kante van die verhoog vir dansers om op
of af van die verhoog te kan tree.
Dit skei die gehoor van die dansers. (2)
10.3.2 Hierdie is gewoonlik oop areas waar gemeenskappe leef.
Dansers mag ʼn seremoniële dans rondom die vuur uitvoer.
Die hele gemeenskap is betrokke. (2)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
DANCE STUDIES GR11 MEMO ENG NOV2018_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
DANCE STUDIES GR11 MEMO AFR NOV2018 D_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
DANCE STUDIES MEMO GR11 NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
DANCE STUDIES GR11 MEMO NOV2017_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Gr11-DNCE-N16-MEMO-Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
DANCE STD MEMO AFR GR11 NOV 2015_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Gr11-DNCE-N16-QP-Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr11-DNCE-N16-QP-Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
DANCE STD MEMO ENG GR11 NOV 2015_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Dance Studies Memo_hlayiso.com_.pdf
_hlayiso.com_--4acd73cf-2cdd-4d1d-a585-f4b379c88766/v1-f33ecb8a5046810494c5/card.webp)
Memorandum
DANCE STD GR11 NOV2013 MEMO (Eng)_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
DANCE STUDIES GR11 NOV2013 MEMO (Afr)_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Dance Studies
Explore more published documents in this catalogue.
Annual teaching plan
Gr 11 Dan Stu ATP 2023-24.pdf
Question paper
DANCE STUDIES GR11 QP ENG NOV2018 D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
DANCE STUDIES GR11 QP AFR NOV2018 D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017_ English_hlayiso.com_.pdf
Question paper