Skip to content

Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

Question paperDance StudiesGrade 1120159 pages

Grade 11 Dance Studies question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 DANSSTUDIES PUNTE: 100 TYD: 3 uur *IDNCA* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord SLEGS NEGE vrae. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Bestaan uit VYF vrae. Let daarop dat jy ʼn keuse het tussen VRAAG 2 en VRAAG 3 in hierdie afdeling. Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word. AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Lees elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word. 5. Jy mag rowwe beplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek ʼn streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:  Goeie Afrikaans te gebruik (Skryf slegs in een taal.)  Inligting te organiseer en duidelik oor te dra  Die spesifieke formaat te gebruik wat in bepaalde vrae vereis word  Spesiale dansterminologie te gebruik, waar nodig 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir puntetoekenning en tydindeling wanneer elke vraag beantwoord word. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Veilige Danspraktyk 1 10 en Gesondheidsorg 2 10 (Keuse tussen VRAAG 2 3 10 60 en 3) 4 10 5 10 B: Dansgeskiedenis en 6 10 Geletterdheid 7 15 8 15 120 9 8 10 12 TOTAAL 100 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 3 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: POSTUUR/OPWARM EN AFKOEL 1.1 Beskryf hoe jy jou postuur in dans moet hou. (3) 1.2 Hoe kan jy ʼn goeie postuur verbeter en onderhou? (2) 1.3 Waarom is dit belangrik om die liggaam voor ʼn dansklas op te warm? (3) 1.4 Om af te koel aan die einde van ʼn klas is baie belangrik. Bespreek wat gedurende die afkoelperiode gedoen moet word. (2) [10] JY HET ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3. VRAAG 2 (KEUSEVRAAG): ANATOMIESE AKSIES/SPIERE 2.1 Gee die anatomiese terme vir die volgende: 2.1.1 Vermindering van die gradiënt (hoek) tussen twee beendere/om ʼn gewrig toe te maak (1) 2.1.2 Die gradiënt (hoek) tussen twee beendere word vermeerder (groter)/om ʼn gewrig oop te maak (1) 2.1.3 Laterale beweging weg van die middellyn van die liggaam (1) 2.1.4 Sirkelvormige beweging rondom die lang as (spil) van die liggaam (1) 2.1.5 Punt van die tone (1) 2.2 2.2.1 Noem die hoofspier wat die kop help beweeg. (1) 2.2.2 Noem die groot spier wat sy aanhegtingspunt het aan die onderent van die skedelbeen, nek en torakale werwels en dit word by die klavikel aangeheg. (1) 2.2.3 Noem die groot spier in die borskas wat adduksie en mediale rotasie van die humerus laat plaasvind. (1) 2.2.4 Noem die spier wat die kuit sy ronde voorkoms gee. (1) 2.2.5 Noem die spiere verantwoordelik vir fleksie van die bolyf, laterale fleksie en rotasie. Hierdie spiere help om die postuur te behou. (1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 3 (KEUSEVRAAG): RUGGRAAT/ANATOMIESE AKSIES 3.1 Benoem die VIER areas van die ruggraat soos in die diagram hieronder aangedui word. Skryf slegs die antwoord langs A, B, C en D neer in jou ANTWOORDEBOEK. (4) 3.2 Gee TWEE funksies van die ruggraat. (2) 3.3 Gee DRIE anatomiese aksies van die ruggraat. (3) 3.4 Hoeveel werwels het die ruggraat? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 5 VRAAG 4: VLOER/KNIE-BELYNING/VERREKTE SPIER 4.1 Verduidelik hoe die korrekte dansvloer die veiligheid van dansers kan verseker. (3) 4.2 Wat is belyning en waarom is die korrekte belyning van die knieë belangrik vir ʼn danser? (3) 4.3 Bespreek die onmiddellike behandeling vir iemand wat ʼn spier verrek het gedurende ʼn dansklas. (4) [10] VRAAG 5: BEGINSELS VAN LIGGAAMSKONDISIONERING/KRAG 5.1 Is die bewerings hieronder WAAR of ONWAAR? Skryf net die korrekte antwoord langs die korrekte nommer in jou ANTWOORDEBOEK. 5.1.1 Krag is die liggaam se vermoë om werk oor ʼn verlengde tydperk uit te voer. (1) 5.1.2 Kernstabiliteit is die kapasiteit om ʼn spier saam te trek of om weerstand te bied. (1) 5.1.3 Uithouvermoë Is die vryheid van beweging en die afwesigheid van beperking in die gewrigte, spiere, sening en ligamente. (1) 5.1.4 Soepelheid is om balans te handhaaf terwyl jy deur ruimte beweeg. (1) 5.2 Wat is die voordele van spierkrag vir ʼn danser? (4) 5.3 Noem EEN oefening wat die spiere sal versterk en gee die naam van die liggaamsdeel wat versterk word. (2) [10] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID VRAAG 6: DANSVORME/KULTURELE DANSE 6.1 Noem die TWEE dansvorme wat jy in Dansstudies doen. (2) 6.2 Vergelyk en bespreek hoe jy elkeen van die TWEE dansvorme in VRAAG 6.1 sal herken. (6) 6.3 Verduidelik watter soort musikale begeleiding in kulturele danse gebruik word. (2) [10] VRAAG 7: INTERNASIONALE DANSWERKE Jy het voorgeskrewe internasionale choreograwe en hul danswerke bestudeer in graad 10 en 11. Beantwoord die volgende vrae oor EEN internasionale danswerk uit die voorgeskrewe lys hieronder. 7.1 Gee die naam van die choreograaf en die danswerk waaroor jy skryf. 7.2 Beskryf die sinopsis/tema van die danswerk. (4) 7.3 Verduidelik die volgende produksie-elemente wat in die danswerk gebruik word: 7.3.1 Kostuum (2) 7.3.2 Musiek (2) 7.3.3 Stelle en rekwisiete (2) 7.3.4 Beligting (2) 7.4 Bespreek die dansstyl wat die choreograaf in die danswerk gebruik. (3) [15] HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN INTERNASIONALE CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE INTERNASIONALE DANSWERKE CHOREOGRAAF George Balanchine Apollo/Jewels Alvin Ailey Revelations Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze Christopher Bruce Ghost Dancers Mathew Bourne Swan Lake/Cinderella Pina Bausch Rites of spring William Forsythe In the middle, somewhat elevated Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen Rudi van Dantzig Four Last Songs Jiri Killian Wings of wax Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 7 VRAAG 8: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF Kies EEN SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF en ʼn danswerk uit die voorgeskrewe lys hieronder en beantwoord die volgende vrae: 8.1 Gee die naam van die choreograaf en die danswerk. 8.2 Waar was die choreograaf gebore? (1) 8.3 Hoe het hy/sy ʼn danser geword? (3) 8.4 Verduidelik sy/haar loopbaan as ʼn choreograaf. (4) 8.5 Beskryf kortliks die storie/tema van die danswerk. (3) 8.6 Verduidelik wat die choreograaf as inspirasie vir sy/haar werk gebruik het. (2) 8.7 Wat is die choreograaf se bydrae tot dans? (2) [15] HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/ Carmen Vincent Mantsoe Gula Matari Alfred Hinkel Last Dance (Bolero)/Rain in a dead man’s footprints/Cargo Sylvia Glasser Tranceformations Gary Gordon Bessie’s Head Mavis Becker Flamenco de Africa Hazel Acosta Blood Wedding Caroline Holden Imagenes Gregory Maqoma Beauty Trilogy/Skeleton Dry VRAAG 9: MUSIEK-ELEMENTE/KATEGORIEË 9.1 Wat word die spoed waarteen die musiek gespeel word, genoem? (1) 9.2 Noem enige TWEE musiek-genres en gee EEN voorbeeld of ʼn komponis vir elke genre. (4) 9.3 In watter musiekkategorie val die viool/tjello/kitaar? (1) 9.4 In watter musiekkategorie val die trompet/tromboon/tuba? (1) 9.5 Noem EEN slaginstrument. (1) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 10: IMPROVISASIE/LOOPBANE/CHOREOGRAFIESE-ELEMENTE 10.1 Gedurende jou improvisasie-lesse het jy “vertrouings-bewegings” gedoen. Bespreek redes waarom vertroue tussen dansers belangrik is. (3) 10.2 Gee die naam van ʼn loopbaan in dans en lys sommige van die bekwaamhede wat hierdie loopbaan vereis om dit suksesvol te kan doen. (3) 10.3 Noem enige DRIE ontwerpelemente wat ingesluit moet wees op jou plakkaat om jou produksie/opvoering te adverteer. (3) 10.4 Verduidelik die volgende choreografiese-elemente: 10.4.1 Lokomotiewe bewegings (1) 10.4.2 Simmetrie (1) 10.4.3 Tyd (1) [12] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Dance Studies

View all
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr) | Hlayiso