You're offline
Skip to content
Memorandum

DANCE STD MEMO AFR GR11 NOV 2015_hlayiso.com_.pdf

Subject: Dance StudiesGrade 11201519 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 DANSSTUDIES MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) NOTA AAN NASIENERS/ONDERWYSERS Hou streng by hierdie memorandum wanneer nagesien word. In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel uitoefen. Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis.  By sommige vrae het kandidate ʼn keuse. Indien kandidate beide vrae beantwoord het, sien slegs die antwoorde van die eerste vraag na.  Kandidate kan ʼn wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangende van wat hulle in die klas behandel het.  Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word in die Fokustabel bo elke vraag ingesluit.  MOENIE volpunte toeken vir opstel-/paragraaftipe vrae indien daar taal- en spelfoute voorkom nie en ook nie as die antwoord in die verkeerde formaat geskryf is nie.  Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ʼn antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is NIE.  Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 3 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Postuur/opwarm/afkoel 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG √ Herkenning – 1.1 3 Analisering – 1.2 2 Analisering – 1.3 3 Evaluering – 1.4 2 NOTA AAN NASIENERS: Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. MOONTLIKE ANTWOORDE: 1.1 Ken 3 punte toe vir 3 feite wat beskryf hoe jy jou postuur moet hou in dans.  ʼn Goed belynde liggaam waar al jou liggaamsdele in balans met mekaar is.  Staan regop, verleng jou rugraat, rek uit jou nek, strek jou bene uit en plaas jou gewig oor albei jou voete.  Jou gewig behoort op die bal van die klein toon, die bal van die groot toon, die middel van die voet en die hak te wees met jou bene oor jou voete en jou knieë oor die middelste toon.  Jou skouers, heupe en knieë moet op dieselfde vlak wees.  Daar moet ʼn denkbeeldige reguit lyn van die kop tot die tone wees.  Hierdie lyn loop van die kroon van jou kop, verby die voorkant van jou ore, deur die middel van jou skouers en heupe, agter die kniekop en voor die enkel.  Die kop balanseer op die toppunt van die ruggraat met die kroon van die kop oor die boog van jou voet.  Jou bekken balanseer op die toppunt van die bene op so ʼn manier dat die abdominale spiere, lae rug spiere, rondom en binne die bekken spiere gelyk saamgetrek word – ook bekend as kernstabiliteit. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) 1.2 Ken 2 punte toe vir 2 verduidelikings van hoe om ʼn goeie postuur te verbeter en te handhaaf.  Konsekwent goeie postuur te beoefen.  Gebruik van die maagspiere tydens alle beweging.  Trek die maagspiere na binne en opwaarts nader aan die ruggraat.  Handhaaf ʼn kragbalans tussen die maagspiere voor en die lae rugspiere agter.  Doen gereelde kondisioneringsoefeninge vir die abdominale en laer rugspiere. (2) 1.3 Ken 3 punte toe as die leerling 3 duidelike feite kan gee oor waarom dit belangrik is om die liggaam op te warm voor ʼn dans klas.  Verhoog jou hartklop, asemhaling en liggaamstemperatuur.  Berei jou liggaam voor vir strawwe oefening.  Verhoog bloedvloei en suurstof na jou spiere  Mobiliseer jou gewrigte – verhoog jou omvang van beweging.  Maak jou spiere warm en buigsaam.  Voorkom besering  Help om te fokus – berei jou voor om helder denkend te wees en met goeie reaksie op te tree. (3) 1.4 Ken 2 punte toe as die leerling 2 duidelike feite kan gee oor wat gedurende die afkoel periode gedoen moet word.  Hou aan beweeg, maar verminder geleidelik die spoed en grootte van die bewegings wat uitgevoer word bv. jy kan verkies om ʼn “Adage” (ʼn stadige beweging volgorde) of kalmerende vloeroefening uit te voer.  Stadige bewegings moet gedoen word totdat die hartklop en asemhaling na normaal teruggekeer het.  Volg dit met ʼn strekroetine. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 5 DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3. VRAAG 2 (KEUSEVRAAG) MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG Anatomiese aksies/spiere √ Analisering – 2.1 5 Herkenning – 2.2 5 ANTWOORDE: 2.1 2.1.1 Fleksie (1) 2.1.2 Ekstensie (1) 2.1.3 Abduksie (1) 2.1.4 Rotasie (1) 2.1.5 Plantaarfleksie (1) 2.2 2.2.1 Sternocleidomastoid (1) 2.2.2 Trapezius (1) 2.2.3 Pectoralis major (1) 2.2.4 Gastrocnemius (1) 2.2.5 Rectus abdominis (1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 3 (KEUSEVRAAG) MEMO FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG Ruggraat/anatomiese aksies √ Herkenning – 3.1 4 Toepassing – 3.2 2 Analisering – 3.3 3 Herinnering – 3.4 1 ANTWOORDE: 3.1 A Servikaal (1) B Torakale (1) C Lumbaal (1) D Sakraal (1) 3.2 Ken 2 punte toe as die leerder 2 feite kan gee oor die funksies van die ruggraat.  Dit dien as ʼn skokbreker as gevolg van al sy krom lyne.  Dit help met beweging.  Dit is ʼn beskermende dop vir die werwelkolom.  Dit is ʼn punt vir die vashegging van spiere.  Dit ondersteun die liggaam in ʼn regop (vertikale) posisie.  Dit help met goeie postuur en balans. (2) 3.3 Ken 3 punte toe vir 3 korrekte anatomiese aksies van die ruggraat.  Soos jy vooroor buig om aan jou tone (fleksie) te raak  Buig agteroor (ekstensie)  Draai jou bolyf na die linker-of regterkant (aksiale rotasie), buig sywaarts (laterale fleksie) (3) 3.4 33 (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 7 VRAAG 4 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Korrekte vloer/knie- 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG belyning/verrekte spier √ Analisering – 4.1 3 Toepassing – 4.2 3 Evaluering – 4.3 4 NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORDE: 4.1 Ken 3 punte toe vir 3 volledige verduidelikings van hoe die korrekte dansvloer die veiligheid van dansers sal verseker.  ʼn Geveerde houtvloer (sprung-wood floor) is noodsaaklik, aangesien dit as skokbreker dien (soos die skokbrekers in ʼn motor!).  Daarsonder kan jy beserings opdoen en probleme met jou voete, tibia (shin-splints) en werwelkolom optel.  ʼn Nat vloer skep ʼn gly-gevaar.  Te veel harpuis kan taai kolle veroorsaak, wat draaie moeilik maak en verdraaide knieë en enkels veroorsaak.  Krake en gate in vloerpanele het onmiddellike aandag nodig, aangesien dit die vel van jou voete kan oopskeur. (3) 4.2 Ken 3 punte toe vir 3 volledige verduidelikings van wat belyning is en waarom die korrekte belyning van die knieë belangrik vir ʼn danser is.  Belyning/Instelling verwys na die wyse waarop gewrigte met mekaar in lyn kom met een of ander beweging.  Om gesonde gewrigte te handhaaf, moet jy verseker dat jy nie stres plaas op die ligamente deur die gewrig verder as die normale omvang en bewegingsrigting daarvan te beweeg nie.  Die kniegewrig is ʼn skarniergewrig wat gebou is om op een vlak met baie min rotasie en geen ruimte vir laterale beweging te beweeg en te buig.  Indien ʼn oormatige las op die knie geplaas word (soos die landing na jy gespring het), en daar is laterale of ʼn roterende beweging op die ligamente aan beide kante van die gewrig kan dit op daardie oomblik, skeur.  Om te verhoed dat dit gebeur, maak seker dat jou knieë in lyn is met jou middelste toon wanneer jy dit buig. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) 4.3 Ken 4 punte toe vir 4 volledige besprekings van die onmiddelike behandeling as iemand ʼn spier gedurende klas verrek het.  Die spier sal seer wees, maar sal nog steeds gewig kan dra.  Die behandeling wat aanbeveel word vir hierdie besering is RICE.  R.I.C.E staan vir: Rest – Ice – Compression – Elevation Rus Ys Druk Elevasie  Rest (RUS) – help die liggaam met genesingsproses, aangesien energieverbruik dan op genesing fokus.  Ice (YS) – moet so gou as moontlik op area geplaas word om swelling te verminder. Die koue verminder pyn, vermeerder sirkulasie en help met die herstelproses.  Compression (Drukking) – word toegepas in die vorm van verbande en verbinding wat die akkumulasie van vloeistowwe in die beseerde area afweer. Soos met ys, moet daar kort tussenposes van verligting wees om kompressie te verlig.  Elevation (Elevasie) – word gedoen om swelling te verminder. Kry mediese behandeling as die besering aanhou of vererger. (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 9 VRAAG 5 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Beginsels van liggaams- 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG kondisionering/krag √ Herinnering – 5.1 4 Analisering – 5.2 4 Herkenning – 5.3 2 ANSWERS: 5.1 5.1.1 Onwaar (1) 5.1.2 Onwaar (1) 5.1.3 Onwaar (1) 5.1.4 Onwaar (1) 5.2 Ken 4 punte toe vir 4 deursigtige verduidelikings oor die voordele van spier krag vir ʼn danser.  Dit verhoog fisiese prestasie en uithouvermoë/energie.  Dit verminder die risiko van besering  Dit verhoog die krag in jou gewrigte sodat jy jou been hoog kan lig.  Dit verbeter jou balans en krag om die liggaam in enige posisie te hou.  Dit stel jou in staat om hoër te spring.  Dit verseker dat jou liggaam goed belyn is met die gewig oor die middel van jou voete en jou skouers oor heupe, heupe oor knieë en knieë oor die middelste tone. (4) 5.3 Ken 1 punt toe vir die naam van een oefening om die spiere te versterk en 1 punt vir die naam van die liggaamsdeel wat versterk word.  Beenoefeninge/Developpé vir krag/Grand battements/borsels vir krag.  Vloeroefeninge/Arabesques – Die hou van hierdie posisie sal die rug en abdominale spiere versterk, terwyl dit jou postuur sowel as die spiere van die bene stabiliseer.  Spronge/Sautés – dit sal die krag in die bene ontwikkel om die liggaam van die vloer af te dryf, sowel as spiere bespoedig.  Armoefeninge/Port de bras – die ontwikkeling van krag in die arms. (2) [10] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID VRAAG 6 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG Dansvorme/kulturele √ danse Herkenning – 6.1 2 Vergelyking – 6.2 6 Analisering – 6.3 2 MOONTLIKE ANTWOORDE: 6.1 Ballet/Kontemporêre dans en Afrika danse. (2) 6.2 Ken 3 punte toe vir die herkenning van 3 feite oor elk een van die dansvorme in VRAAG 6.1. (3 x 2 = 6) KLASSIEKE BALLET AFRIKA DANS  Hierdie dansvorm word geëien  Afrika-danse gebruik die aan die uitwaartse rotasie van natuurlike kromminge/kurwes van die bene vanaf die heupgewrig, die liggaam. gestrekte voete asook die vyf posisies van die voete, geronde armlyne en vasgestelde posisies van die arms.  Die styl van ballet is om  Bewegings word na die grond toe swaartekrag uit te daag met gedans en komplementeer grasie en baie streng tegniek. swaartekrag eerder as om dit uit te daag.  Klassieks ballet bestaan uit  Basiese en komplekse ritmiese ‘barre’-werk, ‘centre’ patrone word gebruik. (middelwerk), pirouette, ports de bras, adage en allegro bestaande uit klein en groot spronge, met of sonder batterie.  Vroulike dansers doen punt-werk  Alledaagse bewegings word – geblokte toonskoene word gebruik of bewegings wat die gedra en dansers dans op die natuur (voëls, diere, insekte of punte van hulle tone. plante) naboots of dramatiseer, of die elemente, soos vuur, water, die aarde of die lug word as stimulus vir beweging gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 11  Die dansers dra gewoonlik  Danse het gewoonlik ʼn tema oordadige kostuums – (vrugbaarheid/hofmakery/werk/hië tutu’s/fluweelbaadjies en rompe, rargie, ens.) en doel (protes/ ens. sosialisering/feesviering/ bevraagtekening van sosiale kwessies, ens.)  Afrikadanskostuums verskil baie afhangende van die kultuur- en ouderdomsgroep wat die dans opvoer.  Dierevelle word algemeen gebruik asook oordadige kralewerk, bruin of helderkleurige materiaal, enkelratels, vere, ens.  Klassiek ballet het oorspronklik  Musikale begeleiding bestaan net klassieke musiekpartiture gewoonlik uit tromme, sang, gebruik, maar deesdae word ʼn handeklap en/of dreunsang. verskeidenheid musiek gebruik.  Die tromme, sang, handeklap en ratels saam met die gestamp van voete skep poliritmiese klanke.  Vir die tradisionele ballet  Afrika-dans word gewoonlik deur opvoerings soos Swan Lake/ die gemeenskap opgevoer en het Sleeping Beauty, word oordadige ʼn spesifieke doel/funksie. verhoogstelle gebruik.  Balletwerke word gewoonlik deur professionele dansers in teaters opgevoer. (6) 6.3 Dromme en ander perkussie-instrumente word ook gebruik. Ook dreun- sing, stamp, sing en klap. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 7 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Internasionale 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG danswerk √ Herinnering – 7.2 4 Analisering – 7.3 8 Evaluering – 7.4 3 NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in ʼn ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf nie. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. EEN MOONTLIKE ANTWOORD: 7.1 Revelations deur Alvin Ailey 7.2 Ken 4 punte toe vir 4 gedetailleerde beskrywings van die sinopsis/tema. Revelations is in drie dele verdeel:  Pilgrim’s Sorrow – Hierdie afdeling wys die swaarkry, stryd en verset van die mense. Die bewegings is eenvoudig maar kragtig en wys tekens van geestelike behoeftes. Hierdie gedeelte word deur ʼn trio gedans. Die deel wys die kwaai uitdrukking en verset teen die onderdrukking van Swartes in 1930.  Take Me To The Water – Dit begin met ʼn vrolike dans met ʼn aantal mense in ʼn optog vanaf die kerk na die meer. Die toneel verteenwoordig ʼn geestelike reiniging/doop. Daar is ʼn vrou met ʼn groot wit sambreel. ʼn Doek wat opstyg en daal verteenwoordig die getye van die rivier. Die manlike danser eindig onder ʼn kollig met die gevoel van swaar sametrekkings en spastiese bewegings wat angstige spyt vir sy sondes uitbeeld.  Move Members Move – Dit is ʼn vinnige dramatiese trio waar die drie mans op die verhoog rondhardloop in ʼn poging om die las van hul sondes af te skud. ʼn Groep deftige aangetrekte dames arriveer by die kerk aan die einde van die dag om te skinder en te gesels. In die finalé is die hele geselskap op die verhoog en dans ʼn genotvolle, energieke en trillende dans. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 13 7.3 7.3.1 Ken 2 punte toe as die leerling 2 deeglike verduidelikende feite kan gee oor die kostuums wat gebruik is. Kostuums ontwerp deur Lawrence Maldonado. Elke afdeling is anders:  Afdeling 1: neutrale kleure van rooi, oranje en geel rokke.  Afdeling 2: wit lang rokke, die manne in maasstof bostukke en broeke.  Afdeling 3: Sondag “beste”, die manne in swart broeke, wit hempde en goue middellyf kledingstukke, vroue in goud/geel rokke, armbande en hoede. (2) 7.3.2 Ken 2 punte toe vir 2 verduidelikings oor die musiek wat in die danswerk gebruik is.  Daar is ʼn verskeidenheid liedere wat tradisioneel geestelik/Evangeliese musiek is.  Die musiek vertel die storie van hartseer, liefde, moeilikheid en bevryding.  Die musiek bepaal die stemming van die danse.  Die Evangeliese musiek was in staat om die emosies uit te bring wat Alvin Ailey wou uitbeeld om sy idees en temas te kommunikeer. (2) 7.3.3 Ken 2 punte toe as die leerling 2 van die stelle en rekwesiete wat gebruik was, kan verduidelik.  Revelations gebruik baie minimale stelle op die verhoog om die danse toe te laat hul emosies ongehinderd uit te druk en te kommunikeer.  Die agterdoek van die aand wys die donkerte van die tye.  Die dooptoneel gebruik rekwesiete soos sambrele en 'n baie lang stuk blou materiaal wat die rivier verteenwoordig waar die doop plaasvind.  Die laaste gedeelte maak gebruik van stoele en waaiers wat deur die vroue gebruik word om ʼn ontspanne atmosfeer na kerk te skep, terwyl mense gesellig byeenkom. (2) 7.3.4 Ken 2 punte toe as die leerling 2 feite kan verduidelik oor hoe die beligting gebruik is.  Die beligting is ontwerp deur Nicola Cernovitch.  Die beligting help om die verskillende atmosfeer te skep vir die dans.  In die openingstoneel is daar ʼn lig wat net op die groep dansers skyn. Die res van die verhoog is swart. Dit skep ʼn gevoel van eenheid van die dansers. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) 7.4 Ken 3 punte toe vir 3 gedetailleerde feite oor die choreograaf se dansstyl wat in die danswerk gebruik is.  Die Revelations dansstyl is ʼn kombinasie van moderne jazz en ballet.  Die styl is vol van aanloklikheid, met pragtig opgeleide dansers.  Die beweging is ook uiteenlopend en besig.  Hy gebruik die saamtrek- en ontspantegniek.  Die gebruik van swaartekrag is voor die hand liggend omdat die werk goed gegrond is en die dansers gebruik die vloer as hul instrument.  Die dansstyl en beweging is geïnspireer deur die vreugdevolle benadering tot dans wat hy ontvang het in die Evangeliese kerke wat ʼn verbintenis met sy agtergrond het.  Daar is ʼn sterk fokus op die arms en hande – gebare wat verwant hou met die tema van toewyding. (3) [15] VRAAG 8 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Suid Afrikaanse 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG choreograaf/danswerk √ Herinnering – 8.2 1 Analisering – 8.3 3 Analisering – 8.4 4 Herinnering – 8.5 3 Analisering – 8.6 2 Evaluering – 8.7 2 NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in ʼn ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf en die danswerk nie. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. EEN MOONTLIKE ANTWOORD: 8.1 Veronica Paeper 8.2 Gebore in Port Shepstone, Kwazulu-Natal. (1) 8.3 Ken 3 punte toe as die leerling 3 feite kan gee oor hoe hy/sy ʼn danser geword het.  Sy was gebore met platvoete en was deur die plaaslike dokter aangeraai om ballet te neem om haar voetbrûe te versterk.  Op die ouderdom van vyf begin Paeper met balletlesse by Yvonne Adkins. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 15  In 1960 sluit sy by die Universiteit van Kaapstad se Balletskool aan en behaal ʼn ballet-onderwysersdiploma met lof.  By die UK ontvang sy haar opleiding onder die voogdyskap van Dulcie Howes, David Poole, Pamela Chrimes en Frank Staff, met wie sy in 1966 trou.  Sy word ʼn professionele danser en choreograaf.  Gedurende haar uitvoerende loopbaan word sy die hoofdanser van drie Suid-Afrikaanse dansgeselskappe: KRUIK, TRUK en SUKOVS. Hoewel sy baie rolle gedans het, is haar hoogtepunte die ‘Swan Koningin Pas de Deux uit Slapende Skone en die Swan Koningin in Swanemeer. (In ʼn persoonlike onderhoud lag sy lekker as sy vertel hoe John Simons haar in ʼn opvoering van Swanemeer laat val het.) (3) 8.4 Ken 4 punte toe vir 4 duidelike feite oor sy/haar loopbaan as ʼn choreograaf.  In 1972 skep Paeper haar eerste choreografiese werk vir ʼn liefdadigheidsprogram met die titel TEACH.  Johannes die Doper (John the Baptist) is ʼn dramatiese een-karakter- ballet met musiek deur Ernest Bloch gekomponeer.  Dekor en kostuums word ontwerp deur Peter Cazalet, wat deur die jare Paeper se belangrikste artistieke medewerker bly.  Hierdie ballet gaan oor wat deur die gedagtes van Johannes die Doper ná sy teregstelling gegaan het.  In 1973 word Paeper gevra om ʼn ballet te choreografeer om die honderdste verjaarsdag van die Suid-Afrikaanse skrywer, C.J. Langenhoven, te herdenk.  Herrie-hulle word vir die eerste keer in Langenhoven se geboortedorp Oudtshoorn opgevoer.  Sy ontvang gunstige publisiteit vir hierdie werk.  In 1974 word sy amptelik as die inwonende choreograaf vir KRUIK-ballet aangestel. (4) 8.5 Ken 3 punte toe vir 3 feite wat die storie/tema van die danswerk beskryf.  Orpheus in die Onderwêreld is ʼn uiters komiese ballet gebaseer op die Griekse legende van Pluto, god van die Onderwêreld, wat verlief raak op Euridike, vrou van Orpheus, en haar dan na sy koninkryk lok.  Paeper se storie doen weg met die tradisionele verhaal van Orpheus, en sy baseer haar ballet op Jacques Offenbach se operette.  Die aksie vind plaas in die laat 1920’s, vroeë 1930’s binne ʼn Frans- Italiaanse agtergrond met Pluto as hoof van ʼn Mafia-tipe onderwêreld, Kalliope, Orpheus se ietwat neurotiese en later dranksugtige moeder en Offenbach self wat ʼn ogie hou oor die verrigtinge. (3)  Toneel 1: Hotel le Grand Orpheus en Euridike se huwelik is nie gelukkig nie, en toe Pluto Euridike verlei en ontvoer, is beide sy en Orpheus verheug. Toe Kalliope, Orpheus se moeder, egter opdaag en uitvind wat gebeur het, is sy baie geskok en dring daarop aan dat Orpheus, in die belang van die mitologie, Olimpus toe gaan om hulp te kry sodat hy Euridike uit die Onderwêreld kan terugkry. Natuurlik dring sy moeder daarop aan om hom te vergesel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015)  Toneel 2: Olimpus Op Olimpus is die lewe taamlik vervelig, en toe Pluto vertel van Euridike, sy nuutste verowering, bied dit welkome hoewel ietwat verontrustende afleiding. Orpheus en Kalliope daag op en Jupiter stem toe tot haar versoek om hulp, waarop al die gode en godinne besluit om hulle na Hades, die Onderwêreld, te vergesel. Toneel 3: Hades Euridike is teen dié tyd die ster van die Onderwêreld se nagklub. Net toe die pret goed op dreef is, bederf Kalliope dit deur Jupiter te herinner aan die doel waarvoor hulle gekom het. Hy beveel Orpheus om te gaan, met Euridike saam met hom. Maar Offenbach gryp in en alles ontaard in chaos (Offenbach is een van die karakters in die ballet). (3) 8.6 Ken 2 punte toe vir 2 feite oor wat die choreograaf gebruik het as inspirasie vir sy/haar werk.  Paeper gebruik dikwels die persoonlikhede van haar dansers as inspirasie vir haar choreografie: Phyllis Spira, Prima Ballerina vir KRUIK, het ʼn merkwaardige sin vir die komiese gehad, en Paeper skep komiese rolle vir haar.  Paeper was altyd oop vir voorstelle en ander mense se bewegings.  Sy het die choreografie oopgestel vir net soveel insette van die dansers en het hulle aangemoedig om hul eie persoonlike interpretasie van die rolle te gebruik.  Haar werke is meestal verhalend en haar oogmerk is “om nooit ‘n gehoor te verveel nie”. (2) 8.7 Ken 2 punte toe vir 2 feite oor die choreograaf se bydrae tot dans.  Paeper het beslis ʼn bydrae gelewer tot die wêreld van Suid-Afrikaanse choreograwe.  Sy het ʼn enorme repertoire van werke ontwikkel wat geselskappe vandag nog kan gebruik.  Paeper word beskou as een van die voorlopers van Moderne Klassieke Ballet in Suid-Afrika.  Haar ballet Drie Diere word as heeltemal uniek beskou in die sin dat dit ʼn samewerkingsinspuiting was vir al die kunsvorms – die vermenging van poësie, musiek en dans.  Sy het ʼn kwartet van sonnette gebruik wat N.P. van Wyk Louw in 1942 geskryf het.  In hierdie sonnette skryf hy oor die vernietigende kwaliteite van die mens.  Klatzow was diep geraak deur hierdie gedig, en hy komponeer ‘n partituur wat die tema van Verwoesting weerspieël.  Uit hierdie sonnette skep Paeper ʼn kragtige Dansdrama wat tot vandag toe nog as ʼn mylpaal in Suid-Afrikaanse ballet beskou word. (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 17 VRAAG 9 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Musiekelemente/ 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG instrumente/kategorieë √ Herkenning – 9.1 1 Herkenning – Benaming 2 2 Analisering – 9.2 voorbeelde Analisering – 9.3, 9.4, 9.5 3 ANTWOORDE: 9.1 Tempo (1) 9.2 Ken 2 punte toe vir die name van 2 musiek genres en 2 punte vir 2 voorbeelde of komponiste vir elke genre. Enige TWEE moontlike antwoorde:  Klassieke musiek: Musiek wat saamgestel en geproduseer is in die Westerse-en Europese tradisie wat opera, kamermusiek en simfonie insluit. Komponiste is Bach, Beethoven, Offenbach.  Godsdienstige musiek: Ook bekend as gewyde musiek of musiek wat saamgestel is om enige godsdiens te komplimenteer. Soos Evangeliese musiek, geestelike musiek, Rastafariër musiek.  Elektroniese Musiek: Musiek wat voortgebring of elektronies gereproduseer word en wat gebruik maak van elektroniese musiek instrumente, soos elektriese kitaar, sinteseerders en rekenaars. Pop- musiek komposisies gebruik elektroniese musiek.  Populêre musiek: Dit is bekende musiek wat normaalweg geskep, uitgevoer en geniet word deur mense van alle sosiale agtergronde bv. Jazz, hip-hop, Blues. Tradisionele musiek en volkmusiek: Dit is musiek wat aan spesifieke kultuurgroepe behoort. Dit word erken deur sy musiekstyl of geur geskep deur tipiese instrumentasie, (bv. tradisionele penniefluitjies, tamboeryne, ens), melodieë en ritmes en taal in die geval van liedere, bv. Shosholoza. (4) 9.3 Chordofoon/snaarinstrument (1) 9.4 Koperblaas-instrument. (1) 9.5 Trom/simbale (1) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 10 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Improvisering/beroepe/ 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG plakkaat/choreografiese- √ elemente Toepassing – 10.1 3 Herinnering – 10.2 3 Herinnering – 10.3 3 Analisering – 10.4 3 MOONTLIKE ANTWOORDE: 10.1 Ken 3 punte toe vir 3 relevante redes waarom vertroue in dans belangrik is. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik.  Vertroue in dans is om ruimte met ander dansers te deel.  Dit vereis dat julle aan mekaar raak, byvoorbeeld as dansers mekaar oplig en wanneer jy met ʼn maat werk.  Dit is belangrik om die liggame van jou kollegas en ook jou eie met respek te behandel.  Jou maat moet jou ten alle tye veilig laat voel en jy moet jou maat op sy beurt ook veilig laat voel.  Vertroue in mekaar help om sosiale verhoudings te bevorder.  Dit help ook om kreatiwiteit te bevorder en dra daartoe by dat jy minder selfbewus of bedreig voel.  Dit help jou om sensitief te wees op die manier wat jy tussen ander dansers beweeg.  Vertroue in dans help jou om gemaklik met ander dansers saam te werk. (3) 10.2 Ken 1 punt toe vir die naam van ʼn loopbaan en 2 punte vir die bekwaamhede wat hierdie loopbaan vereis om dit suksevol te kan doen. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. Sommige moontlike voorbeelde:  Dansonderwyser – Onderrigdiploma, geduld, liefde en kinders.  Choreologis – Kwalifikasies in Benesh-notasie, kennis van dansterme en passies.  Stelontwerper – Kunstig en kennis van verhoogontwerp, kennis van die danswerk wat aangebied word.  Pilates-instrukteur – Algemene kennis in anatomie, mense vaardighede, liefde vir oefening.  Kostuumontwerper – Kunstig, naaldewerk vermoëns, kennis van tekstuur, materiaal wat spesifieke geskik is vir die bewegende liggaam.  Fisioterapeut – Graad in fisioterapie, mensevaardighede, sakevaardighede.  Dieetkundige – Diploma in voeding, mensevaardighede, sakevaardighede.  Danshistorikus – Uitstekende skryfvaardighede, uitgebreide kennis van dans en sy oorsprong; ʼn ondersoekende gees.  Dansterapeut – Kennis van anatomie, ʼn liefde vir kinders en mense en ʼn omgee-persoonlikheid. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) DANSSTUDIES 19 10.3 Dit moet hê:  Boeiende titel  Byeenkomsplek  Datums en tye van vertonings  Koste/waar om kaartjies te koop  Uitleg (3) 10.4.1 Dansstappies wat van plek tot plek beweeg. (1) 10.4.2 ʼn Beeld wat deur ʼn danser of dansers gemaak word wat eenders lyk aan albei kante van die liggaam. (1) 10.4.3 Hoe vinnig of stadig (tempo), lank of kort (duur) die beweging is. (1) [12] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Dance Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all