Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2017
DANSSTUDIES
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 

_hlayiso.com_--1df684bf-cf23-4ae8-8676-1a802e77e828/v1-1b5cc7224ba2deb8dc70/card.webp)
_hlayiso.com_--def2cad3-6a7f-4142-93fd-3d549c6ae048/v1-bff9e9db6c8c1430be76/card.webp)


View all





Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)
Grade 11 Dance Studies question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape November 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord slegs SEWE vrae.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
3. AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG –
40 PUNTE
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID – 60 PUNTE
4. AFDELING A: Bestaan uit VIER vrae. Beantwoord slegs DRIE vrae in hierdie
afdeling. Let daarop dat jy 'n keuse tussen VRAAG 3 en
VRAAG 4 het in hierdie afdeling. Indien jy beide vrae
beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is,
nagesien word.
5. AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord slegs VIER vrae in hierdie
afdeling. Let daarop dat jy 'n keuse tussen VRAAG 6 en
VRAAG 7 het in hierdie afdeling. Indien jy beide vrae
beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is,
nagesien word.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Lees elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word.
8. Jy mag rowwe beplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.
9. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
Gebruik te maak van slegs EEN taal.
Inligting te organiseer en duidelik oor te dra.
Die spesifieke formaat te gebruik wat in bepaalde vrae vereis word
Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 3
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: POSTUUR/OPWARMING/AFKOELING
1.1
[Bron: http://www.courses.VCU.edu/DANC291-003/unit//.h]
Die foto hierbo wys die korrekte danspostuur wat belangrik is vir ʼn danser.
Beskryf die voordele van die korrekte danspostuur gedurende dansklasse. (5)
1.2 Verduidelik wat met die liggaam gedurende opwarmingsoefeninge gebeur. (6)
1.3 Bespreek wat met die liggaam sal gebeur wanneer jy nie afkoeloefeninge
na aktiwiteite in die dansklas doen nie. (4)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 2: SOEPELHEID/KRAG/KRAMPE
2.1 Kies EEN van die komponente van fiksheid hieronder en beantwoord die
daaropvolgende vrae:
Soepelheid
Krag
2.1.1 Gee die naam van die komponent wat jy gekies het en beskryf die
voordele wat hierdie komponent vir jou inhou. (5)
2.1.2 Beantwoord slegs EEN van die vrae hieronder.
Beantwoord die vraag hieronder as jy SOEPELHEID gekies
het.
Verduidelik hoe om veilige strekking te doen om soepelheid te
ontwikkel.
OF
Beantwoord die vraag hieronder as jy KRAG gekies het.
Verduidelik watter tipe oefeninge jy in die klas sal doen om
spierkrag in die volgende te ontwikkel:
Bene
Arms
Bolyf (6)
2.2 Vir die meeste dansers is krampe in die dansklas iets algemeen. Watter
behandeling sal jy vir krampe voorstel? (4)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 5
JY HET ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 3 EN VRAAG 4.
BEANTWOORD NET EEN VRAAG.
VRAAG 3: SPIERE/GEWRIGTE/ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG)
3.1 Benoem die onderstaande spiere. Skryf slegs die antwoorde langs die
letter (A–E) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
[Bron: https://www.studyblue.com/notes/n/muscle-labeling/deck]
(5 x 1) (5)
3.2 Watter soort gewrig skei die bobeen van die onderste been? (1)
3.3 Watter soort gewrig skei die bolyf van die bobeen? (1)
3.4 Watter anatomiese aksie vind plaas wanneer die been agter die liggaam
gelig word? (1)
3.5 Watter anatomiese aksie vind plaas wanneer jy jou voet punt? (1)
3.6 Watter anatomiese aksie vind plaas wanneer jy jou kop draai? (1)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 4 (KEUSEVRAAG): RUGGRAAT
4.1 Benoem die VYF dele van die ruggraat soos in die diagram hieronder
aangedui word. Skryf slegs die antwoorde langs die letter (A–E) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
`
[Bron: Reebok instructors Alliance Basic Science of Exercise]
(5 x 1) (5)
4.2 Gee enige TWEE anatomiese aksies van die ruggraat. (2)
4.3 Verduidelik enige DRIE funksies van die ruggraat. (3)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 7
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID
VRAAG 5: DANSVORME/BEGINSELS
5.1 Beskryf hoe jy Afrika-danse sal herken. Jy mag bewegings, stappies, styl,
musiek, kostuums, wie dit sal opvoer en waar dit opgevoer mag word,
insluit. (4)
5.2 Verduidelik die verskil tussen teater- en kulturele dansvorms. (6)
[10]
JY HET ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 6 EN VRAAG 7.
BEANTWOORD SLEGS EEN VRAAG.
VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE/INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN
DANSWERK
Kies EEN van die Suid-Afrikaanse/Internasionale choreograwe en EEN van hul
danswerke uit die voorgeskrewe lys hieronder en beantwoord die volgende vrae:
HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN INTERNASIONALE/SUID-
AFRIKAANSE CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE
George Balanchine Appollo/Jewels
Alvin Ailey Revelations
Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze
Christopher Bruce Ghost Dances
Matthew Bourne Swan Lake/Cinderella
Pina Bausch The Rite of Spring
William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated
Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen
Rudi van Dantzig Four Last Songs
Jiri Killian Wings of Wax/Stamping Ground
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen
Vincent Mantsoe Gula Matari
Alfred Hinkel Last Dance (Bolero)/Rain in a Dead
Man’s Footprints/Cargo/I am
Cinnamon
Sylvia Glasser Tranceformations
Gary Gordon Bessie’s Head
Mavis Becker Flamenco de Africa
Hazel Acosta Blood Wedding
Caroline Holden Imagenes
Gregory Maqoma Beauty Trilogy/Skeleton Dry/Four
Seasons
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
6.1 Gee die naam van die choreograaf en die danswerk.
6.2 Beskryf die choreograaf se agtergrond en opleiding. (4)
6.3 Brei uit oor die sinopsis/tema/intensie/storie wat gebruik word. (4)
6.4 Gee ʼn gedetailleerde verduideliking van die kostuums, beligting en
stelontwerp wat in die danswerk gebruik word. (4)
6.5 Verduidelik die karaktereienskappe van die dansstyl wat deur die
choreograaf in sy/haar danswerke gebruik word. (4)
6.6 Bespreek wat hierdie danswerk innoverend gemaak het. (4)
[20]
OF
VRAAG 7: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK
(KEUSEVRAAG)
Skryf studienotas oor die choreograaf Christopher Bruce en sy danswerk, Ghost
Dancers.
7.1 Verskaf ʼn gedetailleerde beskrywing van Christopher Bruce se agtergrond
en dansopleiding. (4)
7.2 Verduidelik die sinopsis/intensies van die danswerk. (4)
7.3 Gee ʼn verduideliking van die kostuums wat deur die ‘Dead’ en die ‘Ghosts’
gebruik was. (4)
7.4 Gee ʼn verduideliking van die bewegingswoordeskat wat deur Bruce in
hierdie werk gebruik word. (4)
7.5 Bespreek die simboliek wat in die danswerk gebruik word. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) DANSSTUDIES 9
VRAAG 8: MUSIEKTERME/GENRES
8.1 Kies die korrekte antwoord uit KOLOM B wat by KOLOM A pas. Skryf
slegs die korrekte letter (A–E) van KOLOM B teenoor die oor-
eenstemmende nommer (8.1.1–8.1.5) in KOLOM A, byvoorbeeld 8.1.6 F.
KOLOM A KOLOM B
8.1.1 Die spoed waarteen musiek A Pas
gespeel word
8.1.2 ʼn Gereelde konstante klop B Duur
8.1.3 Die hoeveelheid tyd wat dit C Poliritmes
neem om op te voer
8.1.4 Twee of meer ritmes wat D Tempo
gelyktydig gespeel word
8.1.5 Die snelheid waarteen ʼn E Ritme
aktiwiteit uitgevoer word
(5 x 1) (5)
8.2 Verduidelik TWEE verskillende musiekgenres en hoe jy die hoofkenmerke
en instrumentasie sal herken. (6)
8.3 Verskaf idees oor hoe musiek jou dans kan beïnvloed. (4)
[15]
VRAAG 9: OPVOERINGSRUIMTES/CHOREOGRAFIESE
ELEMENTE/BEMARKING
9.1 Gee ʼn beskrywing van die volgende:
9.1.1 Agterverhoog (1)
9.1.2 Voorverhoog (1)
9.1.3 Middelverhoog (1)
9.1.4 Siklorama (1)
9.1.5 Syskerms (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
9.2 Verduidelik die volgende:
9.2.1 Oorgange (1)
9.2.2 Klimaks (1)
9.2.3 Vlakke (1)
9.2.4 Stimulus (1)
9.2.5 Begin en eindes (1)
9.2.6 Motief (1)
9.3 Bespreek hoe jy ʼn dansproduksie sal bemark. (4)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2014 QP
_hlayiso.com_--1df684bf-cf23-4ae8-8676-1a802e77e828/v1-1b5cc7224ba2deb8dc70/card.webp)
Question paper
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP (Eng)
_hlayiso.com_--def2cad3-6a7f-4142-93fd-3d549c6ae048/v1-bff9e9db6c8c1430be76/card.webp)
Question paper
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)
More from Grade 11 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 Memo (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo (Eng)

Memorandum