Skip to content

Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

MemorandumDance StudiesGrade 11201817 pages

Grade 11 Dance Studies memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 DANSSTUDIES NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) AANTEKENINGE VIR NASIENERS/ ONDERWYSERS Hou streng by hierdie nasienriglyn wanneer nagesien word. In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel uitoefen. Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis. x By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate beide vrae beantwoord het, sien slegs die antwoorde op die eerste vraag na. x Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangende van wat hulle in die klas behandel het. x Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word in die Fokustabel onder elke vraag ingesluit. x MOET NIE volpunte toeken vir opstel-/paragraaftipe vrae indien daar taal- en spelfoute voorkom nie en ook nie as die antwoord in die verkeerde formaat geskryf is NIE. x Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ʼn antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is NIE. x Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DANSSTUDIES 3 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: DANSKONVENSIES / POSTUUR / VEILIGE LANDINGS 1.1 LAE VLAK – 5 Punte – Herkenning 1.2 MEDIUM VLAK – 6 Punte – Toepassing 1.3 HOË VLAK – 4 Punte – Evaluering NOTA AAN NASIENERS: Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE: 1.1 Hieronder volg slegs ʼn voorbeeld, maar leerders mag met hul eie idees en antwoorde vorendag kom. 1.1.1 Stiptelikheid – om betyds vir klasse te wees sal verseker dat jy nie die vloei/konsentrasie/fokus van die ander dansers onderbreek nie. (1) 1.1.2 Selfdissipline – die bywoning van alle dansklasse en om betyds te wees, sal verseker dat alle areas van die klas gedek word, bv. as jy is nie betyds is nie, kan jy ʼn opwarming mis wat ʼn besering kan veroorsaak. (1) 1.1.3 Konsentrasie en luister in die klas – luister na die onderwyser en pas die onderwyser se instruksies toe. Die aanleer van nuwe dansvaardighede en die toepassing van korreksies is makliker wanneer 'n danser op die taak konsentreer. (1) 1.1.4 Kleredrag – die dra van die korrekte dansklere vir die dansklas sal verseker dat die bewegings met gemak gedoen kan word wat beserings sal verhoed. (1) 1.1.5 Veilige danspraktyke – opwarming aan die begin van die klas, afkoel aan die einde, deur nie aan ander dansers te stamp nie, strekking aan die einde van die klas, ens., sal sukses in die dansklas verseker. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) 1.2 Ken 6 punte toe vir ʼn verduideliking oor hoe om die korrekte postuur in die dansklas te handhaaf. x Jy moet ʼn goed belynde liggaam hê waar al jou liggaamsdele in balans met mekaar is. x Staan regop, verleng jou ruggraat, rek jou nek, strek jou bene uit en plaas jou gewig oor albei jou voete. x Jou gewig behoort op die bal van die klein toon, die bal van die groot toon, die middel van die voet en die hak met jou bene oor jou voete en jou knieë oor die middelste toon te wees. x Jou skouers, heupe en knieë moet op dieselfde vlak wees. x Daar moet ʼn denkbeeldige reguit lyn van die kop tot die tone wees. x Hierdie lyn loop van die kroon van jou kop, verby die voorkant van jou ore, deur die middel van jou skouers en heupe, agter die kniekop en voor die enkel verby. x Die kop balanseer op die toppunt van die ruggraat met die kroon van die kop oor die boog van jou voet. x Jou bekken balanseer op die toppunt van die bene op so ʼn manier dat die abdominale spiere, lae rugspiere, rondom en binne die bekkenspiere gelyk saamgetrek word – ook bekend as kernstabiliteit. x Enige ander geskikte antwoorde. (6) 1.3 Ken 4 punte toe as die leerder die reëls van ʼn sprong en hoe om veilig te land, kan bespreek. x ʼn Sprong begin altyd met 'n kniebuiging, hou jou knieë oor jou middeltoon. x Druk jou hak in en lig dan jou voet van die vloer af, hak eerste, dan bal van die voet, met jou tone wat die vloer laaste verlaat en goed in die lug opgelig is. x Land deur die voete, toon dan bal dan hak. x Buig jou knieë wanneer jy land om skokbreking te help. x Knieë moet met jou derde toon in lyn wees wanneer jy buig. x Enkels moet styf gehou word en nie rol nie. x Land met hakke wat die vloer raak. x Hou skouers in lyn met heupe. x Hou pelvis in neutrale posisie (moenie ‘intrek’ of ‘uitstoot’ nie). x Die senter/middelpunt word gelig en gehou om die ruggraat te ondersteun – goeie postuur. x Enige ander geskikte antwoorde. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DANSSTUDIES 5 VRAAG 2: VOEDSELGROEPE / SOEPELHEID / BESERINGS 2.1, 2.2 – LAE VLAK – 6 Punte – Herkenning 2.3, 2.4 – MEDIUM VLAK – 5 Punte – Analisering 2.5 – HOË VLAK – 4 Punte – Evaluering MOONTLIKE ANTWOORDE: 2.1 Enige DRIE. x Proteïene x Koolhidrate x Suiwelprodukte/kalsium x Vette x Vrugte/groente (3) 2.2 Ken 3 punte toe vir 3 funksies. Proteïene – is belangrik vir die herstel en groei van spiere Koolhidrate – verskaf energie Suiwelprodukte/kalsium – bou sterk bene Vette – gee energie en handhaaf ʼn gesonde brein en senuweestelsel. Vrugte/groente – verbeter die immuunstelsel en help met uitskei van voedingstowwe (3) 2.3 Ken 2 punte toe vir ʼn verduideliking van enige 2 faktore wat jou soepelheid kan beperk. x Jou ouderdom, geslag en liggaamsvet x Onaktiwiteit en siekte x Hoe jy gebou is – jou anatomiese struktuur, bene en gewrigte x Styfheidheid van die ligamente x Kan nie die spiere en senings verleng nie x Onbehoorlike postuur en belyning x Enige ander geskikte antwoord (2) 2.4 Ken 3 punte toe vir ʼn verduideliking waarom ʼn danser soepel moet wees. x Om jou omvang van beweging te vermeerder x Om vrylik en met gemak te beweeg x Om alle bewegings met gemak en grasie uit te voer x Om die gewrigte en liggaam deur sy volle omvang van beweging te laat beweeg x Om stres en spanning op die liggaamsdele te vermy x Enige ander geskikte antwoord (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) 2.5 Ken 4 punte toe vir die onmiddellike behandeling van 'n besering in die dansklas. x R.I.C.E staan vir: Rest – Ice – Compression – Elevation. (Rus Ys Druk Elevasie). x Rest (RUS) – help die liggaam met die genesingsproses, aangesien energie dan op genesing gefokus is. x Ice (YS) – moet so gou as moontlik op area geplaas word om swelling te verminder. Die koue het ʼn effek op sensoriese senuwees en kan pyn verminder. x Drukking – word gebruik in die vorm van verbande en verbinding (bv. ʼn verstuite enkel), wat die ophoop van vloeistowwe in die beseerde area afweer. Moet, soos ys, kort tussenposes van verligting hê. x Elevation (ELEVASIE) – word gedoen om swelling te verminder. x Kry mediese behandeling as die besering voortduur of vererger. (4) [15] DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 3 EN VRAAG 4. VRAAG 3: SPIERE / GEWRIGTE / ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG) 3.1 – LAE VLAK – 4 Punte – Herkenning 3.2, 3.3 – MEDIUM VLAK – 4 Punte – Toepassing 3.4 – HOË VLAK – 2 Punte – Evaluering ANTWOORDE: 3.1 A Deltoid (1) B Pectoralis major (1) C Biceps brachii (1) D Gastrocnemius (1) 3.2 3.2.1 Skarniergewrig (1) 3.2.2 Bal-en-potjie-gewrig (1) 3.2.3 Plantaarfleksie (1) 3.2.4 Adduksie/fleksie (1) 3.3 Ken 2 punte toe vir 'n bespreking oor die funksies van die spiere. x Die spiere is almal aan die skelet vas en hulle beweeg die bene wat gewrigsaksies moontlik maak. x Spiere het die vermoë om saam te trek of korter te word en so ʼn beweging te skep. x Spiere gee aan ons liggame hul verskillende vorms en help om die liggaam regop te hou. x Spiere kan ook bewegings beperk. x Spiere werk altyd as ʼn groep saam om bewegings uit te voer. x Die groot en soms vinnige bewegings wat dansers moet uitvoer, hang af van die soepelheid van die spiere. x Enige ander geskikte antwoord. (2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DANSSTUDIES 7 VRAAG 4: SKELET (KEUSEVRAAG) 4.1 – LAE VLAK – 4 Punte – Herkenning 4.2 – MEDIUM VLAK – 4 Punte – Analisering 4.3 – HOË VLAK – 2 Punte -– Evaluering ANTWOORDE: 4.1 A – Sleutelbeen (klavikel) B – Ribbebene C – Heupbeen (bekken) D – Kuitbeen (fibula) (4) 4.2 4.2.1 ʼn Lang been – Dybeen (femur), Bo-arm (humerus), Skeenbeen (tibia), Elmboogbeen (ulna), Radius, Kuitbeen (fibula) (1) 4.2.2 ʼn Plat been – Onder-skouerblad (scapula) (1) 4.2.3 ʼn Onreëlmatige been – Skedel (cranium), heupbeen (bekken) (1) 4.2.4 Sesamoïde been – Knieskyf (patella) (1) 4.3 Ken 2 punte toe vir ʼn bespreking oor die funksies van die skelet. x Gee ondersteuning vir die omliggende weefsel x Beskerm die lewensbelangrike organe en ander sagte weefsel van die liggaam. x Gee vorm aan die liggaam. x Is aanhegtingspunte vir spiere. x Is ook ʼn stoorarea vir minerale en kalsium. x Die bloedselle word vervaardig in die rooi beenmurg. x Is hefbome vir beweging van artikulerende gewrigte. x Enige ander geskikte antwoord. (2) [10] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: DANSVORME / BEGINSELS 5.1 – LAE VLAK – 3 Punte – Herkenning 5.2, 5.3 – MEDIUM VLAK – 7 Punte – Vergelyking en Evaluering MOONTLIKE ANTWOORDE: 5.1 Ken 3 punte toe vir die beskrywing van 3 beginsels van jou hoofdansvorm. Een moontlike antwoord: Beginsels van Klassieke Ballet x Houding: die bolyf word goed gehou en ondersteun terwyl die belangrikste beweging in die arms en bene plaas vind. x Uitdraai: uitwaartse rotasie van die bene vanaf die heupe, noodsaaklik vir klassieke ballettegniek. x Plasing: rangskikking van die kop, ruggraat en ledemate in die korrekte belyning met mekaar om ʼn geordende, gebalanseerde vorm te skep. x Wette van balans: ʼn ewewigtigheid van die ledemate om ʼn ekwilibrium te handhaaf (gelyke gewig oor ʼn sentrale punt) x Basiese reëls van die kop, bene, arms en liggaam x Verplasing van gewig: verplasing van gewig van een deel van die liggaam na die volgende deel. x Koördinasie: bring liggaamsdele in korrekte verhouding met mekaar. x Gravitasie: ballet werk teen swaartekrag. x ‘Punte van die tone’ werk: dit word uitgevoer deur vrouens en vereis uitgebreide opleiding van die dansers om hulle in staat te stel om opvoerings op hul tone te kan doen. x Enige ander geskikte antwoord. (3) 5.2 Ken 4 punte toe vir die vergelyking tussen die bewegings en musiek van die leerder se hoofdansvorm en enige ander dansgenre. Afrika-dans: x Bewegings: deelnemend; gebruik swaartekrag; dans na die grond; gebruik natuurlike draaie van die liggaam; geskei deur geslag; herhalend; word dikwels in 'n sirkel- of lynformasie gedans. x Musiek: ritmies; gebruik poliritmes; sang; dromme en perkussie- instrumente, insluitend die liggaam; geïntegreerde dans en musiek. x Enige ander geskikte antwoorde. Kontemporêre dans: x Bewegings: beweeg vanaf die bekken; gebruik sterk, natuurlike bewegings; gee in en weerstaan swaartekrag; vloerwerk; gebruik van asem in sametrekking en vrylating; voortdurend veranderende woordeskat; breë beweging woordeskat; fleks en gepunte voete; gebruik liggaamsgewig; kragtige bewegings; val en herstel. x Musiek: wye verskeidenheid van musiek word gebruik; gebruik klanke en stilte. x Enige ander geskikte antwoorde. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DANSSTUDIES 9 5.3 Ken 3 punte toe vir ʼn bespreking oor wat jy interessant gevind het terwyl jy oor Inheemse Dans geleer het. x Die geskiedenis van hoe hierdie dansvorm ontwikkel het. x Hoe die danse, praktyke en geloofsisteme van die Afrika-mense met mekaar verband hou. x Hoe die danse wat in verskillende kulture uitgevoer word, bedoel is vir verskillende ouderdomsgroepe en verskillende seremonies. x Die verhouding tussen die musiek (sang en tromspelery) en die dans. x Die poliritmiese geluide gemaak deur die gestamp van die voete tesame met die musiek. x Die swaar getrommel wat gespeel word met twee hamers met rubberknoppe, die energie en die krag van die dans. x Enige ander geskikte antwoord. (3) [10] DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 6 EN VRAAG 7. VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE / INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSEVRAAG) 6.1 – GEEN PUNTETOEKENNING 6.2 – LAE VLAK – 4 Punte – Beskrywing 6.3, 6.4 – MEDIUM VLAK – 12 Punte – Analisering 6.5 – HOË VLAK – 4 Punte - Bevestiging NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in 'n ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf nie. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. EEN MOONTLIKE ANTWOORD: 6.1 Geen punte vir die naam van die choreograaf en die danswerk nie. 6.2 Ken 4 punte toe vir ʼn beskrywing van die storie/intensie/tema van die danswerk. Beskrywing van die sinopsis/intensie wat kan insluit: x Gedeeltes van verhaal/abstrakte x Rede vir die skepping van die werk x Enige ander relevante antwoorde (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) 6.3 Ken 8 punte toe vir ʼn gedetailleerde verduideliking van die kostuums, beligting, rekwisiete en stelontwerp. Produksie-elemente wat gebruik word: x Kostuums/Grimering: x Kleure x Style x Effekte x Stelle/Rekwisiete: x Beelding/Beelde x Ontwerp x Posisie x Gebruik van verhoog: x Tipe verhoog x Grootte van verhoog x Hoe dit gebruik is x Ligte: x Kleure x Effekte x Posisies x Enige ander relevante informasie (8) 6.4 Ken 4 punte toe vir ʼn gedetailleerde verduideliking van hoe die musiek die dans verbeter/gekomplementeer het. Dit kan insluit: x Musiek/Begeleiding: x Genre/Styl x Instrumentasie/Liedjies/Woorde x Musiekelemente x Gehalte x Effekte x Enige ander geskikte inligting (4) 6.5 Ken 4 punte toe vir die choreograaf se bydrae tot dans in die gemeenskap. Dit kan insluit: x Toekennings wat ontvang is x Maatskappye wat gestig is x Werkskepping x Politieke/sosiale verklarings x Onderrig van dansleerders/studentdansers x Skepping van nuwe generasies van choreograwe x Danswerke wat internasionale erkenning ontvang het x Ontwikkeling van nuwe en unieke dansstyle x Enige ander relevante antwoord (4) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DANSSTUDIES 11 VRAAG 7: GREGORY MAQOMA SE FOUR SEASONS (KEUSEVRAAG) 7.1 – LAE VLAK – 4 Punte – Beskrywing 7.2, 7.3 – MEDIUM VLAK – 12 Punte – Analisering 7.4 – HOË VLAK – 4 Punte – Bevestiging NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in 'n ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf en die danswerk nie. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. MOONTLIKE ANTWOORDE: 7.1 Ken 4 punte toe vir ʼn beskrywing van waarom Maqoma die choreografie van Four Seasons gedoen het. x Maqoma het hierdie stuk geskryf om bewustheid te skep van ons bydrae as mens tot die agteruitgang van ons planeet. x Hy wou die skoonheid van die natuur na vore bring en hoe kulture en tradisies belangrik is in die handhawing van die mensdom. x Dit is ook om die lewe te vier. x Die werk is oor die mense se behoefte aan genesing. x Dit behels ook die skoonheid van die planeet en bied hoop aan toekomstige geslagte. x Met klimaatsverandering hoog op die lys van kommerwekkende kwessies vir ons almal, is dit ʼn baie relevante stuk. x Dit is ʼn eenvoudige stuk; nogtans beeld dit ʼn belangrike boodskap uit wat met die wêreld identifiseer, van waar dit gekom het, na die plek waar dit gaan: hoe die wêreld in die genade van menslike hande is. x Dit is ʼn ontdekking van die manier waarop ons ons planeet behandel en die onvermydelike gevolge daarvan. x Vier Seisoene neem die gehoor van die winterseisoen van verlies en wanhoop en dwaal deur die somer namate hoop vir ʼn nuwe begin om lig te werp, en voorspoed vir die mensdom om weer van oor af te begin leef. x Die simboliek van die sikliese seisoenale beweging hou verband met ons eie ervarings omdat ons elkeen ʼn tydperk van seisoenale verandering binne onsself beleef. Elke seisoen beskryf dus nie net die wêreld en die uitwerking daarop nie, maar die toestand van die menslike psige. x Enige ander relevante antwoord. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) 7.2 Ken 8 punte toe vir ʼn verduideliking van die bewegingswoordeskat, kostuums en beligting van enige TWEE seisoene. Winter: x Die beligting dra by tot ʼn gevoel van grysheid en koue. x Die dansers is geklee in swart mantels met kappies, wat tot die koue van die onbekende bydra. x Die atmosfeer word vasgevang deur die video-projeksie van ʼn vervalle gebou, ʼn gevolg van oorlog, ʼn gevoel van verlies en hopeloosheid. x Hul bewegings is staccato, skerp, kragtig en hoekig in antwoord op die musiek. x Die dansers marsjeer op die verhoog rond en skep sodoende ʼn gevoel van soldate/oorlog. Lente: x Die dansers haal die mantels af wat hulle in die ‘winter’ gedra het om die lentekleure van hul kostuums te vertoon. x Die beligting word warmer en beklemtoon die kostuums. x Die video van bloeiende blomme op die toneellinne versterk die toneel. x Die dansers word skepsels in die natuur en beeld lente uit as die begin van lewe, die groenigheid, bloeiende blomme, bokke wat galop, verskillende voëls wat met hul vere spog. x Daar is uitbarstings van energie van verskillende dansers wat die ruimte in beslag neem. Dit is ʼn vreugdevolle dans. Herfs: x Die kostuums weerspieël die bruin blare van ʼn droë seisoen. x Die beligting gebruik template (‘gobos’) voor die ligte wat patrone op die vloer skep om die droë aarde voor te stel. x Die video-projeksie van bruin blare op die toneellinne herhaal dit. x Die dansers raak slagoffers van sterk winde, liggame word op die vloer neergegooi, arms swaaiend en toon ʼn gevoel van gevaar. x Die twee dansers wat in die toneel oorbly en deur ʼn viool begelei word, neem die gehoor op ʼn reis van oorlewing, verlies en pyn. Somer: x Die dansers dra rooi kostuums. x Die beligting is warm en gloeiend en weerspieël die rooi van die kostuums. x Die video-projeksie is ʼn kaart van Afrika, groen van kleur, wat uitbeeld dat Afrika die toekoms is. Die woorde van Louis Armstrong se What a Wonderful World word op die toneellinne geprojekteer. x In hierdie toneel sien ons hoop en uitbarstings van vreugdevolle bewegings wat eenheid onder die dansers en ondersteuning vir mekaar toon. x Die musiek verander na Brasiliaanse samba-ritmes, en beïnvloed die dansbewegings. Enige ander geskikte antwoord. Enige TWEE seisoene x 4 = (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DANSSTUDIES 13 7.3 Ken 4 punte toe as die leerder ʼn verduideliking kan gee van hoe die musiek in die danswerk gebruik word. x Die musiek word lewendig op die verhoog deur vier musikante gespeel: violis, hoof- en baskitaarspeler, tromspeler/perkussiespeler. x Hierdie musikante word agter op die verhoog agter die toneellinne geplaas en is sigbaar in sekere dele en verdwyn weer in ander. x Die musiek weerspieël die stemming in al die seisoene: x Winter: x Die musikante is nie sigbaar nie, maar verskaf die ritmiese dryfkrag vir die dansers se marsjeerbewegings. x Aan die begin skep die musiek 'n vreemdsoortige gevoel van 'n onherbergsame gebied/verlatenheid. x Daarna word dit luid en kragtig. x Lente: x Die musikante word vir die eerste keer getoon en gee ʼn gevoel van diepte aan die verhoog. x Die musiek raak in Afrika-ritmes gewortel, net soos die dans. x Herfs: x Die musiek berei die toneel voor met die geluid van wind wat waai en bou op tot ʼn gevoel van rock ʼn roll, wat chaos en verlies uitbeeld. x Die droefgeestige klanke van die viool begelei die twee dansers wat op die verhoog agterbly en weerspieël hul gevoel van pyn en verlies. x Somer: x Die musiek is lewendig met ʼn gevoel van Brasiliaanse samba. x Dit beïnvloed die dansbewegings, wat die sensuele gebruik van heupe insluit soos in 'n samba. x Enige ander relevante antwoord. (4) 7.4 Ken 4 punte toe as die leerder die choreograaf se bydrae tot die gemeenskap kan bespreek. x Maqoma het in 1999 sy eie dansgeselskap in Suid-Afrika gestig – Vuyani Dance Theatre (VDT). x Hy was deel van die Performing Arts Research and Training School (PARTS) in België. Dit het die danswoordeskat van sy geselskap uitgebrei en Suid-Afrikaners internasionale blootstelling gegee. x Sy geselskap (VDT) het werk geproduseer wat maatskaplike waardes in Suid-Afrika uitgedaag en bevraagteken het en geskiedenis as 'n beginpunt gebruik het om stellings oor toestande in Suid-Afrika te maak. x Hy word in Suid-Afrika gerespekteer vir sy medewerking met kunstenaars van sy generasie en vir hulle insluiting by sy produksies. x Toekennings vir sy bydrae tot die ontwikkeling van ʼn ware Suid-Afrikaanse dansstyl en 'n geselskap wat dit weerspieël: o Hy is in Suid-Afrika vir sy bydrae tot dans erken en bekroon – 'MEC'- toekenning en The Dance Manyano Choreographer of the Decade-danstoekenning. o Hy was hoofchoreograaf vir die Wêreldberaad vir Kuns en Kultuur. o Hy was hoofchoreograaf van die FIFA Wêreldbeker-konsert wat in Johannesburg plaasgevind het. o Hy was deel van die ANC se eeufeesviering, dans-en-teatermusiekblyspel, Tshihumbudzo. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) x Hy was mederegisseur van Moving into Dance – South Africa en het bygedra tot die ontwikkeling van belangrike werke vir hierdie geselskap wat die samelewing en die tyd weerspieël. x Hy was artistieke regisseur van die Afro-Vibes Festival in Nederland wat kulturele talent uit Suid-Afrika vertoon het. x Hy onderrig by verskeie universiteite in Suid-Afrika, die VSA en Europa en laat inligting uit verskillende kulture en agtergronde in sy lesings ineenvloei. x Hy het vir baie leidende geselskappe in Suid-Afrika dansrepertoriums geskep. x Hy daag manlike en vroulike dansers ewe veel uit (geslagsgelykheid). Hy dink nooit aan kwotas of stelsels nie – hy herken talent en kweek dit. x Hy glo aan ontdekking/ondersoek van die ryk geskiedenis van Suid- Afrikaners en om ʼn spieël voor die samelewing te hou. x Deur dans vind hy kreatiewe maniere om die las van die verlede te genees. Die geselskap is 'n plek waar dansers en kunstenaars veilig voel en met selfvertroue saam kan werk. VDT werk saam met kunstenaars wat ʼn visie het om die wêreld te verander. x Sy uitreikprogram gee dansers die geleentheid om te verander en om ʼn katalisator vir verandering in hulle gemeenskappe te wees deur hulle te verbind om in ʼn gemeenskap te werk en hulle kennis te deel. x Enige ander geskikte antwoorde. (4) [20] VRAAG 8: KONVENSIONELE / ONKONVENSIONELE OPVOERRUIMTES 8.1 – LAE VLAK – 3 Punte – Herkenning 8.2 – MEDIUM VLAK – 2 Punte – Toepassing 8.3 – MEDIUM VLAK – 2 Punte – Analisering 8.4 – HOË VLAK – 3 Punte – Evaluering MOONTLIKE ANTWOORDE: 8.1 A – Prosceniumboog-verhoog B – Arenaverhoog (teater-in-die-rondte) C – Stamdansomgewing/Inheemse opvoerruimte (3) 8.2 Ken 2 punte toe vir die name van 2 produksierolle. Hieronder is slegs ʼn paar voorbeelde: x Verhoogbestuurder (VB) x Bemarkingsbestuurder x Voorhuis bestuurder x Enige ander geskikte antwoord (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DANSSTUDIES 15 8.3 Ken 2 punte toe as die leerder die 2 produksierolle wat in VRAAG 8.2 genoem is, kan verduidelik. Hieronder is slegs ʼn paar voorbeelde: VERHOOGBESTUURDER (VB) x Bestuur alles wat op die verhoog en agter die skerms gebeur soos die stel- en rekwisiete-veranderinge (bygestaan deur verhooghandlangers), en sal ook met die klank en beligting-tegnici kommunikeer. x Die VB dra gewoonlik ʼn kopstuk gedurende die vertonings en lei lede van die produksie en verhoogpersoneel om te verseker dat alle aspekte van die produksie – klank- en beligtingaanduidings, die plasing van stelle en rekwisiete op en af van die verhoog, en die uitgange en ingange van die kunstenaars – op die regte tyd en in ooreenstemming met die choreograaf se aanwysings uitgevoer word. x Die verhoogbestuurder is ook verantwoordelik vir die veiligheid van die kunstenaars en verhoogpersoneel terwyl hulle in die teater is. BEMARKINGSBESTUURDER x ʼn Bemarkingsbestuurder koördineer die bemarking en promosies van ʼn dansgeselskap. x Haar/sy se doel is om die organisasie se handelsmerk deur volgehoue en opvallende mediaveldtogte, die maatskappy se webwerf, nuusbrief en huis- programme, sowel as logo en briefhoof uit te brei en te vestig. x Hy of sy sal advertensies bespreek vir die gedrukte en uitsaaimedia, plakkate en pamflette voorberei en versprei, en die fotosessies en mediaoproepe koördineer. VOORHUISBESTUURDER: x Lid van die teaterbestuur, wat verantwoordelik is vir die dag-tot-dag verloop van die voorhuis (VHB) gebied (in teenstelling met die agterste verhoogareas). x Hy/sy kan toesig hou oor die besprekingskantoor waar kaartjieverkope sal plaasvind, enige verkope/spysenieringstal asook die bestuur en leidinggewing van bodes en enige ander deel van die gebou wat die publiek sal betree tydens hul besoek aan die teater. x Hy koördineer die begin van die vertonings met die verhoogbestuurder, en hou rekord van die aanvangs- en slottye van die vertonings, sowel as die grootte van die saal (aantal mense wat die vertoning gaan bywoon). x In geval van 'n brand of noodgeval, moet hy of sy beheer neem. x Enige ander geskikte antwoord. (2) 8.4 Ken 3 punte toe vir ʼn bespreking oor hoe die kenmerke van die konvensionele ruimte A, in 'n produksie gebruik mag word. x Dit het ʼn siklorama/sikloramagordyn wat ʼn permanente gepleisterde muur is of ʼn regaf skerm of swart gordyn of lap wat aan die agterkant van die verhoog gehang word en waarop lig gefokus kan word om effekte te skep. x Dit het skerms wat houtrame is wat gewoonlik met geverfde materiaal bedek is, wat gebruik word om mure of skeidings op die verhoog te skep. x Die verhoog het syskermareas na links en regs van die opvoerruimte waar die kunstenaars/dansers regmaak om die verhoog te betree of waar hulle van die verhoog afkom. x Enige ander geskikte antwoord. (3) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 DANSSTUDIES (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 9: MUSIEK / DANSELEMENTE / CHOREOGRAFIESE ELEMENTE/ KONTAKIMPROVISASIE 9.1 – LAE VLAK – 4 Punte – Herkenning 9.2 – MEDIUM VLAK – 4 Punte – Analisering 9.3, 9.4 – LAE VLAK – 2 Punte – Herkenning 9.5 – MEDIUM VLAK – 6 Punte – Toepassing 9.6 – HOË VLAK – 4 Punte – Evaluering MOONTLIKE ANTWOORDE: 9.1 9.1.1 Dit is musiek wat al eeue lank bestaan. ʼn Vol orkes word gewoonlik vir klassieke musiek gebruik. (1) 9.1.2 Dit is musiek wat aan ʼn spesifieke kulturele groep behoort. Dit word herken aan die musikale styl of kenmerkende ontwerpe van die tipiese instrumentasie. (1) 9.1.3 Poliritme vind plaas wanneer twee of meer afsonderlike ritmes op dieselfde tyd saam gespeel word. (1) 9.1.4 Musikaliteit is die vermoë om jouself deur musiek uit te druk en daarby aanklank te vind; om nie slegs die musiek te hoor nie maar om dit ook te voel. (1) 9.2 9.2.1 Klank word gemaak deur vibrerende kolomme lug wat ontstaan deur te blaas (1) 9.2.2 Klank word gemaak deur self te vibreer (1) 9.2.3 Klank word gemaak deur 'n vibrerende membraan (1) 9.2.4 Klank word gemaak deur vibrerende snare (1) 9.3 Unison beweging/eenheidsbeweging is wanneer almal dieselfde bewegings op dieselfde tyd doen. (1) 9.4 Asimmetries gebeur wanneer die twee kante van die liggaam verskillende bewegings doen. Dit is ongelyk of ongebalanseerd. (1) 9.5 9.5.1 Tyd x Die spoed waarteen dansers optree: stadig/vinnig/ êrens tussenin. x Tydsduur: die tydsduur om ʼn beweging te voltooi. x Dansers interpreteer die kwaliteit van die musiek. Pas, ritme, pols, sinkopasie, ens. van die musiek beïnvloed die dans. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DANSSTUDIES 17 9.5.2 Ruimte x Ruimte verwys na hoe ons in ʼn ruimte beweeg. Hoe jy die beskikbare ruimte gebruik. Die gebruik van groot opvoerruimtes of klein, beperkte opvoerruimtes. x Dit kan betrekking hê op die gebruik van negatiewe en positiewe ruimte. x Vlakke wat in ʼn danswerk gebruik word: hoë/medium/lae posisies. x Die werklike verhoogruimte waarop jy optree: konvensionele verhoogruimtes/onkonvensionele verhoogruimtes. x Rigting en vorm van bewegings. x Hoe jy met ander dansers in ʼn opvoerruimte omgaan. x Die danser se eie kinestetiese bewustheid van hoe sy/haar liggaam in ruimte beweeg. (2) 9.5.3 Krag x Krag het te make met die hoeveelheid energie wat in ʼn beweging gebruik word. x Dit het betrekking op die dinamiek van ʼn beweging om betekenis daaraan te verleen. x Sommige bewegings het min energie nodig – sagte, bedaarde bewegings/ bewegings waarin die danser nie baie beweeg nie. x Sommige bewegings verg baie energie – groot, kragtige bewegings/ bewegings wat ʼn groot ruimte gebruik. (2) 9.6 Ken 4 punte toe vir besprekings van belangrike faktore wat in ag geneem moet word wanneer met ʼn maat gewerk word. Leerders mag baie verskillende idees gee. Hieronder is net ʼn voorbeeld van moontlike antwoorde. x Julle moet albei ewe veel die gevoel van gee en neem ervaar vir paarwerk om suksesvol te wees. x Dit is belangrik om jou maats se liggame sowel as jou eie met respek te behandel. x Jou maat moet jou ten alle tye veilig laat voel en jy moet ook jou maat laat veilig voel. x Jy moet kreatief wees en nie selfbewus of bedreigd voel nie. x Wees sensitief in die manier waarop jy met en tussen ander dansers beweeg. x Vermy juweliersware wat rondswaai of los klere wat kan vashaak aan iets. x Wanneer jy iemand oplig, moet jy ook seker maak dat jy die stremming van jou rug wegvat deur jou knieë te buig en jou kernspiere te gebruik. x Jy en jou maat moet vry voel om te kommunikeer wanneer julle saamwerk. x Gedurende paarwerk moet jy somtyds beheer oorgee aan jou maat, so jy moet jou maat kan vertrou. x Enige ander geskikte antwoord. (4) [20] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Dance Studies

View all