You're offline
Skip to content
Memorandum

DANCE STUDIES GR11 NOV2013 MEMO (Afr)_hlayiso.com_.pdf

Subject: Dance StudiesGrade 11201319 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 DANSSTUDIES MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.
2 Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES (NOVEMBER 2013) NOTA AAN NASIENERS/ONDERWYSERS  In die voorbeelde van moontlike antwoorde, is daar baie meer inligting verskaf as ʼn bron vir onderwysers en nasieners, as wat van die kandidate verwag word.  Kolpunte (‘Bullets’) is in die memo gebruik om nasien te vergemaklik.  Verwys na die vermoënsvlakke in die ‘Fokusvraag’-tabel onder elke vraag om die hoë, medium en lae kognitiewe vlakke, wat in die antwoord verwag word, te bepaal.  Nasieners moet nie kandidate vir verkeerde gebruik van grammatika of spelling penaliseer nie. Solank die kandidaat se antwoord duidelik en verstaanbaar is en aan die nasienkriteria (bv. die benoeming van spiere) voldoen. Hulle mag egter nie volpunte vir opstel/paragraaftipe vrae kry as daar grammatika- en spelfoute is en die antwoord nie in die regte formaat geskryf is nie of nie die vraag betekenisvol beantwoord nie.  In baie van die kwalitatiewe vrae, waar volledige verduidelikings vereis word, is een regmerkie nie altyd aan een punt gelyk nie. Halwe punte kan toegeken word.  Vermy die toekenning van volpunte waar die antwoord oppervlakkig en minimaal is.  Waar kandidate agterlosige foute gemaak het, bv. nommering, moet hulle met 10% gepenaliseer word, maar die nasiener en moderator besluit of die kandidaat die betrokke vraag korrek beantwoord het.  Soek na dit wat die kandidaat weet, nie wat hy/sy nie weet nie.
(NOVEMBER 2013) Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES 3 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Voeding/eetversteurings 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG √ Gebalanseerde dieet 2 Eetversteurings 2 Danser se dieet 3 Uitwerkings van Anoreksie 3 NOTA AAN NASIENERS: Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. MOONTLIKE ANTWOORDE: 1.1 Jy moet die regte hoeveelheid kos eet van elk van die vyf voedselgroepe. Die hoeveelheid kos wat jy eet moet genoeg wees vir die hoeveelheid energie wat jy gebruik. (2) 1.2.  Eet klein maaltye dikwels – ten minste vyf of ses maaltye gedurende die dag.  Vermy vetterige kos, soet drankies, verwerkte en gebraaide kosse, omdat dit alles hoog is in kalorieë.  Dra gesonde peuselhappies saam met jou wanneer daar vir lang ure gerepeteer word.  Drink genoeg water om te verseker dat jy gehidreer bly.  Vul jou dieet aan met vitamiene omdat die liggaam baie min ontvang uit die kos wat jy eet. (3) 1.3 ‘Anorexia’ beteken om mens se eetlus te verloor en ‘nervosa’ beteken van senuagtige oorsprong. Hierdie definisie is nie heeltemal akkuraat nie, aangesien lyers nie hul eetlus verloor nie, maar net nie daaraan gehoor gee nie. (2) 1.4  Min energie, moegheid en swakheid  Duiseligheid en floutes  Mag soms ʼn tydperk van uitermatige hoë energie ervaar, waartydens hul bv. vir ure huis sal skoonmaak of hard studeer, ens.  Maagpyne, opgeswelde maag en hardlywigheid (a.g.v. te min vesel in die dieet).  Geswelde gesig en enkels (a.g.v. waterretensie).  Soms groei daar fyn, donsige haartjies oor die liggaam om dit warm te hou, aangesien die liggaam nie genoeg natuurlike vette het om hierdie funksie te verrig nie.
4 Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES (NOVEMBER 2013)  Verloor hare.  Amenorrhea (maandstonde stop) a.g.v. ʼn tekort aan estrogeen.  Mag osteoporose (die verswakking van beendere) veroorsaak en sukkel om kinders te hê later aan a.g.v. hormonale oneweredigheid.  Gevaarlike lae mineralevlakke in liggaamsvloeistowwe a.g.v. elektroliete, uithongering, dehidrasie en braking.  Ongelyke hartritme en hartstilstand a.g.v. ʼn tekort aan minerale (bv. kalsium, magnesium en kalium). Die emosionele en sielkundige effek wat anoreksie tot gevolg het, sluit die volgende in:  Depressie en buierigheid.  Word antisosiaal en spandeer al hoe meer tyd alleen.  Word al hoe meer geheimsinnig oor eet- en oefening-gewoontes en lieg dikwels vir familie en vriende om die siekte weg te steek.  Word baie angstig en paniekerig oor eet en sny meer en meer kosse uit, totdat bykans niks oorbly nie, was as ‘veilig’ beskou word .  Ontwikkel sekere rituele rondom kos, bv. die spesifieke manier waarop kos gesny en gerangskik word.  Gedagtes oor kos en gewig domineer hul lewe. (3)  Koop en berei dikwels kos vir ander mense voor. [10] DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3. VRAAG 2 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Gewrigte/Geraamte 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG √ Benaming van gewrigte 2 Anatomiese aksies 2 Liggaamsdele 2 Funksie van die geraamte 4 NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. In VRAAG 2.6 moet kandidate noem en verduidelik om een punt te kry. Indien die kandidaat slegs benoem en nie verduidelik nie, moet ʼn halwe punt toegeken word.
(NOVEMBER 2013) Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES 5 ANTWOORDE: 2.1 A – Skarniergewrig; B – Bal-en-potjie-gewrig (2) 2.2 Fleks en ekstensie van die knie, enkel en elmboog (1) 2.3 Rotasie, fleks, ekstensie, abduksie van die heup, adduksie van die skouer (1) 2.4 Knie, elmboog en enkel (1) 2.5 Skouer en heup (1) 2.6  Ondersteuning vir omliggende weefsels.  Beskerming vir die belangrike organe en ander sagte weefsel van die liggaam.  Vorm en gedaante vir die liggaam.  Aanhegspunte vir spiere.  Stoorarea vir minerale en kalsium.  Bloed selle wat in die rooi beenmurg vervaardig word.  Hefbome vir beweging deur die artikulering van gewrigte. (4) [10] OF VRAAG 3 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Anatomiese aksies/spiere 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG √ Anatomiese aksies 4 Naam van spiere 2 Ontleding – 3.2.3, 3.2.4 4 ANTWOORDE: 3.1 3.1.1 Laterale rotasie of rotasie (1) 3.1.2 Fleksie of uitwaartse rotasie (1) 3.1.3 Fleksie of uitwaartse rotasie (1) 3.1.4 Plantar-fleksie (1) 3.2 3.2.1 Gluteus maximus (1) 3.2.2 Sartorius (1)
6 Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES (NOVEMBER 2013) 3.2.3  Kernstabiliteit sluit in die spiere aan die voorkant (anterior) van die liggaam:  Rectus Abdominus  Interne/eksterne oblique’s  Transverse Abdominus  Dit sluit in die spiere aan die agterkant (posterior) van die liggaam:  Erector spinae  Multifidus  Gluteus spiere (2) 3.2.4  Quadriceps – voor  Sartorius – voor  Dyspier – agter  Adduktors – middel  Gastrocnemius – kuit  Soleus – kuit  Tibialis anterior – kuit (2) [10] VRAAG 4 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Komponente van liggaams- 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG kondisionering √ benaming 1 Hoe om dit te bereik 2 Krag 3 Veilige strekking 4 NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORD: 4.1 Kernstabiliteit (1) 4.2  Beoefen ʼn goeie postuur en wees te alle tye bewus van korrekte belyning gedurende alle beweging.  Gebruik maagspiere tydens beweging, veral as die beweging vereis dat jy buite normale belyning moet werk.  Doen gereelde oefeninge vir maag- en rugspiere.  Behou ʼn gebalanseerde sterkte tussen maag- en rugspiere.  Kondisioneer die stabiliserende spiere in beweging en gehoue posisies. (2)
(NOVEMBER 2013) Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES 7 4.3  Dit verhoog fisiese prestasie, uithouvermoë en energie.  Dit verminder die risiko van besering.  Dit verhoog die krag in jou gewrigte sodat jy jou been hoog kan lig.  Dit verbeter jou balans en krag om die liggaam in enige posisie te hou.  Dit stel jou in staat om hoër te spring.  Dit verseker dat jou liggaam goed belyn is met die gewig oor die middel van jou voete en jou skouers oor heupe; heupe oor knieë en knieë oor die middelste tone. (3) 4.4 Veilige strek-plakkaat: Inligting op die plakkaat moet die volgende insluit:  Strek van spiere, ligamente en senings moet stadig en versigtig op ʼn beheerde wyse gedoen word.  Ligte strekwerk kan as deel van die opwarming gedoen word, aangesien dit help om die liggaam vir aktiwiteit voor te berei.  Die beste tyd om te strek om jou omvang van beweging te verbeter is aan die einde van die klas wanneer die liggaam baie warm is.  Strek altyd wanneer jy opgewarm is.  Ballistiese strekking is gevaarlik, kan beserings veroorsaak en moet liewer vermy word.  Fokus op die gevoel van ‘spanning’ van ʼn strek eerder as op die ‘pyn’.  Moet nooit iemand in 'n strekoefening dwing nie. (4) [10] VRAAG 5 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Beserings/voeteversorging 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG √ Voete versorging 5 Krampe/oorsake 2 Skeenbeensplinters/ 3 voorkoming ANTWOORD: 5.1 5.1.1 C Moeë voete (1) 5.1.2 E Atletiese voete (1) 5.1.3 D Sweterige voete (1) 5.1.4 A Gekraakte hakke (1) 5.1.5 B Gebarste vel (1)
8 Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES (NOVEMBER 2013) 5.2  Koue spiere  Onvoldoende minerale in die dieet  Dehidrasie (2) 5.3  Dans op geveerde houtvloere.  Versterk laebeenspiere.  Dra die regte skoene (mag dalk spesiale skoene benodig as in skoene gedans word).  Vermeerder die intensiteit van jou oefening geleidelik.  Warm op en koel af.  Strek laebeenspiere, voor en agter. (3) [10] TOTAAL AFDELING A: 40 AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN- GELETTERDHEID VRAAG 6 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Kruis kulturele/inheemse 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG dansvorme √ Naam/oorsprong/wie tree 6 daarin op/musikale bykomstighede/gedrag Doel/bewegings en 4 stelontwerp Simbolisme 2 NOTA AAN NASIENERS: Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. KRITERIA VIR NASIEN: 6.1 Ken toe ʼn halwe punt vir die naam en ʼn halwe punt vir die oorsprong van die dans. 6.2 Ken vol punte toe vir ʼn duidelike en uiteengesette beskrywing van wat die dansers dra. 6.3 Ken vol punte toe vir ʼn uiteengesette bespreking van die musikale bykomstighede. 6.4 Ken een punt toe vir die toonsetting van die dans en twee punte vir die tipe bewegings wat in die dans gebruik word. 6.5 Ken vol punte toe vir ʼn uiteengesette verduideliking van die simboliek in Afrika- dans.
(NOVEMBER 2013) Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES 9 MOONTLIKE ANTWOORDE: 6.1 Die Indlamu dans – Kwazulu-Natal – Suid-Afrika (1) 6.2 Deesdae word die dans opgevoer deur mense van enige ouderdom. Jong vroue is ook betrokke in die dans, hulle sing, klap hande en ululeer deur ʼn geweldige geluid te maak. (1) 6.3 Hierdie tradisionele dans wat die meeste verband hou met die Zoeloe-kultuur word uitgevoer met tromme en volle tradisionele drag en is van die oorlogdans van die krygsmanne afkomstig. Dit word uitgevoer voor die manne oorlog toe gaan, sowel as om hul oorwinning na die geveg te vier. (1) 6.4 Die mans dra diervelle, ‘amabeshu’ wat die boude toemaak, sowel as armbande, hoofringe en ʼn seremoniële-gordel. Enkelratels word gedra. Sandale wat van motorbande gemaak word, kan gedra word of dansers sal kaalvoet wees. Die dansers tree op terwyl hulle hul wapenskilde hou en wapens soos knopkieries en spiese word gebruik. (2) 6.5 Die manne skree hul oorlogkrete terwyl hulle dans en die vroue klap, dreunsang en ‘ululeer’ van die kantlyn af. Gedurende die grootste gedeelte van die dans sal die vroue sing en die roemryke dade van die mans se bekwaamhede prys. Klanke soos Shi-Hom, Ali-Li-Li-Li, Ayi-ayi-ayi, word oor en oor herhaal. Verskeie tromme en gefluit sal die dans vergesel. Die slaan van die trom verduidelik die stemming van die stam se mense, en herroep die diepste van emosies. Tromme vergesel hulle altyd tydens elke geleentheid van hul lewens. (2) 6.6 Oorspronklik sowel as tans, sou hierdie dans in die buitelug uitgevoer moes word, maar dit word nou dikwels uitgevoer op die verhoog in ʼn groot dansproduksies soos ‘Umoja’. Hierdie oorlogdans is onaangeraak deur Westerse-invloed, waarskynlik omdat dit beskou word as ʼn hoeksteen van Zoeloe-identiteit. Volle regimenthouding, akkurate tydsberekening en onvergelykbare postuur word vereis. Terwyl INDLAMU soortgelyke stappe gebruik as wat die meisies doen vir INGOMA, het dit ʼn baie meer berekende, minder woes gevoel, wat spierkrag en beheer van die wapens wys deur spottend te steek na denkbeeldige vyande. Die dansers is meer geneig om oogkontak met die gehoor te maak. Die mans lig een been in die lug, bring dit saam met die hande af, gevolg deur die ander been. Dit word oor en oor herhaal met verandering van die bene, en terwyl hulle dit doen, lig hulle een been in die lug en val dan doelbewus op die grond op hul rug. Die vroue sing en klap hande terwyl hulle dans en hulle is die mense wat jy hoor baie harde geluide maak met hul tonge. Die meisies doen dieselfde as die vroue, maar by tye lig hulle een been in die lug met hul hande onder die been. Dit is nie dieselfde as die mans en seuns nie, want die meisies wil hul private dele met hul hande te dek (uit respek vir die ouderlinge) wanneer hulle die been oplig, maar die mans en seuns hoef dit nie te doen nie. (3)
10 Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES (NOVEMBER 2013) 6.7 Afrika-danse simboliseer sosiale struktuur en tradisionele waardes van die mense wat daarmee verband hou. Hierdie danse help die Afrika-mense om te loof, te kritiseer en selfs om met mekaar te werk. Afrika-danse is geneig om die lewens en gevoelens van ʼn Afrika-individu, ʼn paar of ʼn hele gemeenskap te verduidelik. Die Afrika-danse word geklassifiseer op grond van geslag en versterk met diepte sekere gemeenskapstrukture soos ouderdom, status, konteks en verwantskap. (2) [12] VRAAG 7 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Internasionale choreograaf 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG √ Storie/sinopsis 4 Kostuum/styl van werk 6 Waarom is dit belangrik om 2 internasionale werke te bestudeer? NOTA AAN NASIENERS: Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in ʼn ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik. KRITERIA VIR NASIEN 7.1 Geen puntetoekenning vir die naam van die danswerk en die naam van die choreograaf nie. 7.2 Ken vol punte toe vir ʼn volledige verduideliking van die sinopsis/storie. 7.3 Ken vol punte toe vir ʼn duidelike en volledige beskrywing van die kostuums wat gedra was. 7.4 Ken vol punte toe vir ʼn volledige beskrywing van die dansstyl van die werk. 7.5 Ken vol punte toe vir ʼn volledige verduideliking van die leerling se opinie oor waarom dit belangrik is om van internasionale dansgeskiedenis te leer.
(NOVEMBER 2013) Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES 11 EEN MOONTLIKE ANTWOORD: 7.1 ‘Ghost Dancers’ deur Christopher Bruce 7.2  Bruce gebruik duidelike karakterisering om sy idees in Ghost Dancers oor te dra.  Hulle beweging is sterk en dieragtig en hulle kom voor asof hulle altyd wag soos roofvoëls.  Die Dood word deur drie manlike dansers gesimboliseer wat maskers dra en wie se liggame so geverf is dat dit ʼn skelet voorstel.  Die groep dansers wat as die Dooies bekend staan, verteenwoordig die dorpenaars wie se lewens voortdurend deur die dood bedreig word.  Hierdie karakters word byeengebring op ʼn ontmoetingsplek wat ʼn ‘stilhouplek’ of ʼn tipe onderwêreld verteenwoordig.  Die Dooies neem ons deur tonele van hulle lewens, die hartseer, die blye/gelukkige en vreesaanjaende oomblikke, en hierdie verhale word wreed deur die dood verteenwoordig wat deur die drie Spoke, onderbreek word.  Ghost Dancers is in sewe dele verdeel.  Die openingstoneel bepaal die atmosfeer van die dans en stel die gehoor aan die Spoke bekend.  Dit lyk asof hulle heeltyd op hulle hoede is, op die uitkyk vir hulle prooi.  Die bedryf eindig met die aankoms van die Dooies en die storie ontvou verder.  Die finale deel gee die gehoor ʼn gevoel van die mag/krag van die mense.  Hulle is uitdagend en sal opstaan teen die teenspoed wat hulle in die gesig staar.  Hulle gemeenskapsgevoel en die krag van hulle tradisies sal nie vernietig word nie.  “Dit is soos hulle laaste herinneringe, hulle laaste stellings, voordat hulle trots die Dood aan die einde tegemoet gaan.” (4) 7.3  Die geraamte beelde van die Geeste word geskep deur die gebruik van lyfverf om die beenstruktuur te beklemtoon.  Die Geeste dra lappe om hul middels, gewrigte en onder die knieë om ʼn dierlike voorkoms te skep.  Bruce was geïnspireer deur die doodsmaskers wat deur Suid-Amerikaanse Indiane gedra word wanneer hulle doodsrituele vier. Die geraamte maskers soos gedra deur die geeste is ʼn produk hiervan.  Die maskers skep ʼn gevoel van geen emosie aangesien die uitdrukking op die maskers nie verander nie en dit dra by tot die gevoel van dood wat geen emosie en geen empatie toon nie.
12 Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES (NOVEMBER 2013)  Die Dood dra alledaagse klere – rokke, serpe en pakke, maar hierdie is verflenter en slordig en dra by tot die beeld van ontbering en geweld wat hierdie mense ondervind het.  Die individuele uitrustings gee ook ʼn sin van die karakters se ouderdom en status in die gemeenskap – sommige van die kostuums toon onskuld in die jeug (die meisie in die wit rok) en sommige van die kostuums wys vir ons karakters wat ouer is (broeke, hemde en dasse). Dit kan simboliseer dat oorlog/dood almal affekteer ongeag van hulle ouderdom.  Al die kostuums versterk die karakterisering maar verhinder of oorskadu nie die beweging nie. (3) 7.4  Sy werke het gewoonlik ʼn duidelike tema en daar is ʼn sterk gevoel van karakter maar ruimte word gelaat vir individuele interpretasie.  “In ʼn sekere sin het my balletwerke ʼn verhalende kwaliteit of tipe onderwerpmateriaal.  Dit is egter dikwels nie ʼn spesifieke een-reël vertelling nie, maar eerder lae beelde wat ʼn soort collage vorm en wat ruimte laat vir die gehoor se verbeelding om te werk.  Bruce hanteer dikwels politieke en sosiale temas in sy choreografie en sy werk ontwikkel dikwels vanuit ʼn bepaalde stimuli soos musiek, kuns of skryfwerk.  In die verwerking van sy gekose tema in beweging abstraheer hy die idee eerder as om dit op ʼn letterlike manier te interpreteer.  Bruce gebruik ʼn wye verskeidenheid musiek in sy werke, vanaf klassieke werke tot populêre deuntjies.  Kostuums, beligting en ontwerp dra by tot die ontwikkeling van sy idees maar dit is belangrik vir Bruce dat hierdie elemente bewegingsvryheid toelaat en nie afbreek maak aan die choreografie nie.  Bruce se bewegings-woordeskat word uit klassieke ballet en kontemporêre dans gehaal, veral die Graham tegniek wat ʼn groot deel van sy opleiding gevorm het.  Sy choreografie kom uit ander dansstyle, naamlik volksdanse en sosiale dans en klopdans reekse afhangende van die idees agter die werk. ‘Alledaagse’ bewegings en gebare word ook geïnkorporeer en gebruik. (3) 7.5  Help my om oop gemoed te hê.  Het begrip van die oorsprong van verskillende dansvorms.  Om te weet wat die neigings is.  Bly in kontak met wêreldveranderinge in dans.  Help my om getrou te bly aan myself as ʼn Suid-Afrikaanse danser.  Kan onderskei tussen oorspronklike en gekopieerde werkstyl – help my om nie te dupliseer wat alreeds gedoen is nie. (2) [12]
(NOVEMBER 2013) Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES 13 VRAAG 8 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Suid Afrikaanse 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG choreograaf/danswerk √ Invloed/inspirasie 3 Bekwaamheid/loopbaan 3 Musikale begeleiding 2 Musiek verhef die werk 2 KRITERIA VIR NASIEN: 8.1 Geen puntetoekenning vir die naam van die danswerk en die naam van die choreograaf nie. 8.2 Ken vol punte toe vir ʼn volledige verduideliking oor wat hierdie choreograaf beïnvloed en geïnspireer het. 8.3 Ken vol punte toe vir ʼn duidelike en volledige beskrywing van haar/sy dans bekwaamheid/choreografiese loopbaan. 8.4 Ken vol punte toe vir ʼn volledige beskrywing van die musiek/begeleiding wat in hierdie danswerk gebruik word. 8.5 Ken vol punte toe vir ʼn volledige beskrywing oor hoe die musiek die dans bevorder het. EEN MOONTLIKE ANTWOORD: 8.1 Alfred Hinkel – Bolero/Last Dance 8.2  Sy primêre invloed was sy vader wat nie wou hê hy moes dans nie en dit het nie sy vroeë opleiding gehelp nie.  John Lindon en Dawn Langdown wat hom aanvanklik gehelp het om Jazzart Dansteater te bestuur, Diane Sparks, Sue Parker, Jenny van Papendorp, Abamanyani, Jay Pather en Suid-Afrikaanse politiek.  Hy het met ʼn verskeidenheid regisseurs gewerk en hy word deur sy dansers, sy verhoudings en menseregte geïnspireer. (3) 8.3  Sy dansopleiding het werklik eers begin na matriek en ʼn kort rukkie aan die Universiteit van Kaapstad se Balletskool.  Hy verhuis na Namibië en ontvang onderrig van Diane Sparks.  Later sluit hy by Jazzart aan onder die leiding van Sue Parker.  Hy het opleiding van Val Steyn en andere ontvang, en het die Alexander Tegniek bestudeer.  Hy het egter meestal sy eie werkswyse geskep deur die gebruik van liggaamsintelligensie en sy uitstekende oog vir die ontwikkeling van beweging. (3)
14 Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES (NOVEMBER 2013) 8.4  Hierdie danswerk het oorspronklik sy titel ontleen van die musiektitel – Bolero, geskryf deur Maurice Ravel.  Die partituur is geskryf vir ʼn volle musiekorkes en vereis baie instrumente.  Dit is ʼn klassieke werk met ʼn Spaanse gevoel.  Die struktuur van Bolero is merkwaardig eenvoudig.  Dit bestaan hoofsaaklik uit ʼn enkelmelodie wat herhaal word met verskillende orkestrasies met elke herhaling.  Die melodie in C-majeur deur die fluite begin die stuk met klavier (sag).  Terselfdertyd slaan ʼn snaartrom die ritme wat deurgaans volgehou word.  Nader aan die einde van die stuk word twee dromme gelyktydig (almal saam) gespeel.  Bolero maak goeie gebruik van kontrapunt.  Die melodie word tussen verskillende instrumente oorgedra.  Die begeleiding brei uit totdat die volle orkes in forte (hard) speel teen die einde. (2) 8.5  Bolero werk uitnemend as ʼn partituur vir die Bolero/Last Dance.  Die werk beweeg vanaf ʼn plek van kalmte en bou gaandeweg op tot ʼn passievolle klimaks.  As die werk begin met ‘piano’, begin ʼn enkel danser stadig op die verhoog beweeg.  Soos elke nuwe instrument toegevoeg word verskyn meer dansers en soos die musiek groei in volume met elke herhalende melodie word meer dansstyle bygevoeg.  Teen die einde wanneer die musiek ‘forte’ speel is die verhoog vol dansers wat hul bewegings uitstamp.  Wanneer die musiek in ʼn groot klimaks eindig, eindig die dansers in ʼn skielike verduistering wat hoogs effektief is.  Die konstante maatslag van die snaartrom deurlopend in die stuk komplimenteer die rubberstewel-danse in die stuk.  Hinkel het ʼn punt gemaak deur die plasing van die dansers veral die vroulike dansers wat hulle rubberstewel bewegings in ʼn teatrale agtergrond uitvoer oor stereotipes en vooroordele.  Die gebruik van klassieke musiek werk goed om die stelling te versterk aangesien dit nog nooit voorheen gedoen is nie. (2) [10]
(NOVEMBER 2013) Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES 15 VRAAG 9 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Musiek instrumente/ 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG kategorieë √ Kennis 4 ANTWOORD: 9.1 C Viool (1) 9.2 A Afrika-trom (1) 9.3 D Mbira (1) 9.4 B Trompet (1) [4] VRAAG 10 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Hoofdansstyl/beginsels 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG √ Naam 1 Oorsprong 3 Herken 3 Beginsels 3
16 Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES (NOVEMBER 2013) EEN MOONTLIKE ANTWOORD: 10.1 Ballet (1) 10.2 Oorsprong: • Catherina (Catherine) de Medici van Italië het die hofballette, soos dit genoem is, na die Franse hof gebring toe sy in 1533 met Hendrik (Henry) , die Hertog van Orleans, seun van die Franse koning, getroud is. Geskiedenis: • In 1661 het koning Lodewyk (Louis) XIV (die Sonkoning) die Royal Academy of Dance in Parys gestig om standaarde vir die perfeksie van die danskuns daar te stel. Dansonderwysers en professionele dansers is opgelei en die passies en bewegings van die hof en karakterdanse is gekodifiseer. • In die 18de eeu (1700 – 1800) is ballet van die howe na die teater verskuif. In die eerste gedeelte van die eeu het ballet op mitologiese temas en karakters gefokus; in die tweede gedeelte het dit op meer menslike temas en karakters gefokus en beide dans en pantomime gebruik om die onderskeie stories te vertel. • Teen die 19de eeu (1800 – 1900) het ballet ʼn gevestigde teatervorm geword wat regoor Europa versprei het. • In die Romantiese tydperk, met die drang na dinge wat verbeeldingryk en bonatuurlik is, het vroulike dansers op die punte van hulle tone begin dans, ʼn gebruik wat tot vandag deur vroulike balletdansers gevolg word. • In die tweede helfte van die eeu het die gewildheid van ballet in Europa afgeneem maar die weg gebaan na Tsaristiese Rusland waar, teen die einde van die eeu, vollengte storieballette in die Tsaristiese klassieke styl opgevoer is. • Kort daarna is die Diaghilev Ballets Russes (Russiese Ballet) gebore. Dit was hierdie groep wat ballet in ʼn deurslaggewende moderne kuns getransformeer het wat die werke van die leidende komponiste, ontwerpers en visuele kunstenaars van daardie tyd gebruik het. • Die Ballets Russes was instrumentaal in die ontwikkeling van klassieke ballet as die globale dansvorm wat ons vandag ken. Die invloed van die Ballets Russes op Brittanje het in die Britse Statebondlande weerklank gevind, waaronder natuurlik Suid-Afrika. • Die Ballets Russes het ons die eenbedryf-ballet gegee, die abstrakte ballet, die psigologiese ballet en ballette met kontemporêre temas. Sedertdien het ons die beperkinge van ballettegniek en styl uitermatig verbreed, die lyne uitgebrei, die liggaam verder en verder gedruk, die verontagsaming van swaartekrag met asemrowende spronge en draaie in die lug vergroot, en ook die oënskynlike moeiteloosheid van balletbeweging wat die uiterste beheer wat nodig is om dit te vermag, verbloem. • Deesdae kan ballet so uniek wees soos elke choreograaf se individuele standpunt. (3)
(NOVEMBER 2013) Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES 17 10.3 Klassieke Ballet:  Hierdie dansvorm word geëien aan die uitwaartse rotasie van die bene vanaf die heupgewrig, gestrekte voete asook die vyf posisies van die voete, geronde armlyne en vaste posisies van die arms.  Die klassieke balletstyl daag swaartekrag met grasie en baie streng tegniek uit.  Klassieke ballet bestaan uit barre-werk, ‘centre’werk, pirouette, ports de bras, adage en allegro bestaande uit klein en groot spronge, met of sonder batterie.  Vroulike dansers doen punt-werk – geblokte toonskoene word gedra en dansers dans op die punte van hulle tone.  Die dansers dra gewoonlik oordadige kostuums – tutu’s/fluweelbaadjies en rompe, ens.  Klassieke ballet het oorspronklik net klassieke musiekpartiture gebruik, maar deesdae word ʼn verskeidenheid musiek gebruik.  Vir tradisionele ballette, soos Swanemeer/Die Slapende Skone, word baie oordadige verhoogstelle gebruik.  Balletwerke word deur professionele dansers opgevoer, gewoonlik in ʼn teater. (3) 10.4 Beginsels van Klassieke Ballet:  Staanhouding: Die bolyf goed gehou en ondersteun met die hoofbewegings wat in die arms en bene plaasvind.  Uitdraai: Uitwaartse rotasie van die bene in die heupe, noodsaaklik vir klassieke ballettegniek.  Plasing: Rangskik kop, ruggraat en ledemate in lyn met mekaar om ʼn geordende, gebalanseerde vorm te behaal.  Balanseerwette: Teenbalansering van ledemate om ekwilibrium te handhaaf (gelyke gewig rondom sentrale punt).  Basiese reëls van die kop, bene, arms en liggaam.  Gewigsverplasing: Verander gewig van een liggaamsdeel na die volgende.  Koördinasie: Bring dele van die liggaam in behoorlike verhouding met mekaar.  Swaartekrag: Ballet daag swaartekrag uit.  Puntwerk: Dit word deur vrouens opgevoer en verg uitgebreide opleiding om dansers in staat te stel om op hulle tone te dans. (3) [10]
18 Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES (NOVEMBER 2013) VRAAG 11 MEMO: FOKUS VAN VRAAG ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE Improvisering/rekwisiete/ 1 2 3 LAAG MEDIUM HOOG plakkaat √ Doelwit 2 Vertrou 2 Vertrou bewegings 3 Rekwisiete 2 Pamflet/plakkaat 3 MOONTLIKE ANTWOORDE: 11.1  Interpretering van dans  Dit bied jou die geleentheid om te reageer op beweging stimuli en idees op jou eie manier.  Om vertroue en vrymoedigheid te ontwikkel.  Om jou te voorsien van 'n breë danswoordeskat deur te werk as ʼn individu sowel as in groepe.  Om jou te leer hoe om jou liggaam in jou eie persoonlike ruimte te gebruik en ook in die algemene dansruimte.  Om jou bewus te maak van hoe om op jou eie te werk of met ʼn ander danser. (2) 11.2  Vertroue in dans is om ruimte met ander dansers te deel.  Dit vereis dat julle aan mekaar raak, byvoorbeeld as dansers mekaar oplig en wanneer jy met ʼn maat werk.  Dit is belangrik om die liggame van jou kollegas en ook jou eie met respek te behandel.  Jou maat moet jou ten alle tye veilig laat voel en jy moet jou maat op sy beurt ook veilig laat voel.  Vertroue in mekaar help om sosiale verhoudings te bevorder.  Dit help ook om kreatiwiteit te bevorder en dra daartoe by dat jy minder selfbewus of bedreig voel.  Dit help jou om sensitief te wees in die manier waarop jy tussen ander dansers beweeg.  Vertroue in dans help jou om gemaklik saam te werk. (2) 11.3 EEN VOORBEELD: Sirkel van vertroue:  Vorm ʼn sirkel met ander leerlinge.  Een leerder (A) staan in die middel met voete bymekaar en oë gesluit.  Die ander leerlinge plaas saggies hul hande op A se liggaam en beweeg (A) liggies in verskillende rigtings terwyl hulle sommige van A se gewig neem.  Herhaal die oefening, sodat elkeen ʼn beurt kry om in die middel te wees.  Hoe dit jou maak voel – dit sal die leerling se eie interpretasie wees. (3)
(NOVEMBER 2013) Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES 19 11.4 Rekwisiete kan gebruik word as voorwerpe vir konsentrasie, inspirasie en kreatiwiteit. VOORBEELD: As jy ʼn stok as ʼn rekwisiet gebruik, kan jy dit gebruik as ʼn orkesleier se dirigeerstok, ʼn vlam-gooier, ʼn denkbeeldige persoon wat jy mee dans. (2) 11.5  Identifiseer jou teikengroep/gehoor wat jy wil hê moet die produksie by woon – bv. kinders, volwassenes, gesinne, ens.  Dink aan wat die fokuspunt in jou plakkaat/pamflet sal wees – wat sal die publiek se oog trek – bv. ʼn foto, ontwerp, ens. Hou dit verband met die tema van die gebeurtenis?  Konsentreer op die styl van die letters wat jy wil te gebruik, bv. vetdruk, kursief, ens.  Die belangrikste kleure wat gebruik word op die plakkaat moet pas by die tema  Relevante inligting moet op die plakkaat wees: o Naam van die gebeurtenis o Datum(s)/tyd/plek/kaartjieprys/waar kaartjies beskikbaar is o Naam van die choreograaf en die belangrikste medewerkers o Groot borge en finansiers vir die geleentheid (indien dit van toepassing), bv. Checkers, Lotto, jou slagter, ens. (3) [12] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Dance Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all