Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
NOVEMBER 2013
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 





View all



--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)

Design Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper (Afr)
Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 2.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC November Exam 2013
Questions in this paper
- Question 1History of Design20 marks
- Question 2Design in a Socio-Cultural Context10 marks
- Question 3Design in a Socio-Cultural Context20 marks
- Question 4Design Literacy30 marks
- Question 5Design in a Socio-Cultural Context20 marks
- Question 6Design in an Environmental and Sustainable Context30 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2013
NSS
BLANK PAGE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
2. Daar is keuses binne sommige vrae in hierdie vraestel. Lees die opsies
aandagtig deur.
3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (80 punte)
VRAAG 1 tot 4
AFDELING B: Ontwerp in 'n sosiale/omgewingskonteks (40 punte)
VRAAG 5 en 6
AFDELING C: Ontwerp in 'n besigheidskonteks (30 punte)
VRAAG 7
4. Lees die vereistes van die vrae aandagtig deur.
5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite.
6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd aan elke vraag
spandeer moet word.
7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2013
NSS
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE
Bestudeer die ontwerpe hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1.1
FIGUUR A: Bambani ('om vas te hou') deur die Zizamele Keramiekgroep,
(Kommetjie, Noordhoek, Kaapstad), 2011.
Bespreek die gebruik van die volgende ontwerpelemente en -beginsels met
betrekking tot FIGUUR A:
• Kleur
• Kontras
• Patroon
• Beweging
• Fokuspunt (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2013
NSS
1.2
FIGUUR B: M2 Gebou ontwerp deur Kengo Kuma (Tokio, Japan), 1991.
1.2.1 Definieer die volgende konsepte met verwysing na die gebou in
FIGUUR B:
• Vorm volg funksie
• Dekonstruksie
• Minder is vervelig (6)
1.2.2 Bespreek die gebruik van die volgende beginsels met verwysing na
FIGUUR B:
• Kontras
• Fokuspunt (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 2
Die beelde in die visuele bronne hieronder, FIGUUR A en FIGUUR B, daag stereotipes
uit en/of versterk dit. Bestudeer die twee visuele bronne aandagtig en beantwoord die
vrae wat volg.
FIGUUR A FIGUUR B
Syne (FIGUUR A) en Hare (FIGUUR B) -stoelontwerpe
deur Kare Designs (München, Duitsland), 2010.
2.1 Verduidelik hoe die ontwerpe in FIGUUR A en B as die versterking van
stereotipes beskou kan word deur na die volgende te verwys:
• Titel
• Materiale
• Kleur
• Vorm (8)
2.2 Bespreek hoe jy stereotipering in jou ontwerpprojekte sou vermy. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 3
3.1 Verwys na FIGUUR A en FIGUUR B hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
FIGUUR A: Kroonkandelaar deur Michael Chandler (Kaapstad), 2012.
FIGUUR B: Bafana Bafana deur Bheki Dlamini (Esikhawini, KZN), 1998.
Vergelyk die ontwerpe in FIGUUR A en FIGUUR B volgens:
• Plaaslike en internasionale invloede
• Gebruik van materiale
• Kleur
• Patroon (10)
3.2 Ontwerp is nutteloos as dit nie funksioneel is nie.
Bespreek hierdie stelling deur na 'n Suid-Afrikaanse ontwerper/agentskap/
ateljee te verwys.
Doen die volgende:
• Noem die ontwerper/agentskap/ateljee.
• Bespreek invloede op die ontwerper/agentskap/ateljee met verwysing
na een of meer ontwerpprodukte.
• Bespreek die kenmerkende styl van die ontwerp(e) of ontwerper(s) deur
na die stelling te verwys. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 4: ONTWERPGESKIEDENIS
4.1
FIGUUR A: St. John's Kollege, FIGUUR B: Die Kolosseum
Herbert Baker (Johannesburg), 1912. Gebou, WH Grant (Kaapstad),
1936–1938.
FIGUUR C: Die Vleisraad, FIGUUR D: McDonald's
Helmut Stauch en vennote (Bloemfontein), 2010.
(Pretoria), 1957.
FIGUUR E: Palace Hotel, Sun City, Suid-Afrika, 1979.
Suid-Afrikaanse ontwerpe toon dikwels in die verlede en die hede invloede
van die Westerse ontwerpgeskiedenis, soos gesien in die ontwerpe hierbo.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2013
NSS
Kies enige TWEE van die ontwerpe (FIGUUR A tot FIGUUR E) op die vorige
bladsy en beantwoord die volgende:
• Identifiseer die naam van die ontwerpgeskiedenis-beweging wat ELKE
ontwerp van jou keuse kon beïnvloed het, en noem DRIE kenmerke van
BEIDE ontwerpe.
• Bespreek TWEE ander tipiese kenmerke en/of invloede van ELKE
beweging/styl wat jy nie hierbo genoem het nie.
• Noem EEN werk en ontwerper van ELKE beweging/styl en gee 'n kort
analise van die werk. (20)
4.2
FIGUUR F: Vertoonkas FIGUUR G: Vertoonkas
deur Gustav Serrurier-Bovy, deur Gio Ponti, Modernisme, 1950's.
Art Nouveau, circa 1880–1905.
4.2.1 Watter vertoonkas (FIGUUR F of FIGUUR G) verkies jy? Motiveer
jou antwoord. (2)
4.2.2 Vergelyk FIGUUR F en FIGUUR G deur te verwys na:
• Vorm
• Funksie
• Ruimte
• Simmetrie (8)
[30]
TOTAAL AFDELING A: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2013
NSS
AFDELING B: ONTWERP IN 'N SOSIALE/OMGEWINGSKONTEKS
VRAAG 5
5.1
JY KAN MEER AS JOU
GEDULD VERLOOR
FIGUUR A: Goeie-ouer-veldtog (DDB, Pole), 2009.
5.1.1 Bespreek hoe die ontwerper die idee van kindermishandeling in die
plakkaat (FIGUUR A) beklemtoon. (2)
5.1.2 Bespreek EEN INTERNASIONALE ontwerper wat jy bestudeer het
wat 'n sosiale kwessie(s) ondersoek het. Noem die ontwerper,
bespreek 'n ontwerp(e) en verduidelik hoe die sosiale kwessie(s)
ondersoek is.
Jy mag NIE na enige ontwerper(s) wat jy voorheen gebruik het of
ander ontwerpers wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2013
NSS
5.2
FIGUUR A: Die Shova Kalula Fietsprojek (Suid-Afrika),
2001 tot die hede.
Die Departement van Vervoer het 'n strategie ontwikkel vir die implementering
van fietse sodat landsburgers aktief betrokke kan raak by die sosiale en
ekonomiese lewe in Suid-Afrika.
FIGUUR B: Voorbeelde van die projek se gebruike.
5.2.1 Verwys na die visuele beelde in FIGUUR B en bespreek hoe die
Shova Kalula Fietsprojek verskillende ontwerpoplossings
aangemoedig het om gemeenskapsbehoeftes te bevredig. (4)
5.2.2 Skryf 'n kort paragraaf oor enige EEN SUID-AFRIKAANSE
ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpateljee wat jy bestudeer het wat 'n
sosiale kwessie(s) ondersoek het.
Jy mag nie na voorbeelde wat jy voorheen gebruik het, verwys nie. (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 6
Beantwoord TWEE van die drie vrae hieronder.
6.1
FIGUUR A: Veldtogplakkaat vir NORA-SA [National Oil Recycling
Association of South Africa] (Suid-Afrika), 2012.
6.1.1 Hoe dra die visuele beelde in FIGUUR A daartoe by om 'n
omgewingsveilige gemeenskap aan te moedig? (2)
6.1.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van herwinde materiale vir
die skep van ontwerpprodukte. (2)
6.1.3 Bespreek EEN werk van 'n SUID-AFRIKAANSE ontwerper wat die
omgewing volhoubaar maak deur produkte met herwinde materiale
of groen metodes te skep.
Gebruik die volgende struktuur om die vraag te beantwoord:
• Naam van ontwerper
• Titel van ontwerp
• Beskrywing van ontwerp
• Verduideliking van hoe dit groen kwessies ondersoek
Jy mag NIE na enige ontwerper(s) wat jy voorheen gebruik het of
ander ontwerpers wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (6)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 13 DBE/November 2013
NSS
6.2
FIGUUR B: Solaleya Huis deur David Fanchon (Fort Lauderdale, VSA), 1994.
Die huis hierbo is op 'n voetstuk van beton gebou wat dit in staat stel om
360 grade in die rondte te draai.
6.2.1 Die huis hierbo roteer deur die dag en verander aanhoudend van
posisie. Hoe dra hierdie verandering van die huis se posisie by tot
'n gesonde omgewing? (3)
6.2.2 Bespreek die werk van EEN INTERNASIONALE ontwerper wat
omgewingsvriendelike metodes gebruik om tot 'n beter omgewing
by te dra.
Gebruik die volgende struktuur om die vraag te beantwoord:
• Naam van ontwerper
• Titel van ontwerp
• Beskrywing van ontwerp
• Verduideliking van hoe dit tot die omgewing bydra
Jy mag NIE na enige ontwerper(s) wat jy voorheen gebruik het of
ander ontwerpers wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (7)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 14 DBE/November 2013
NSS
6.3
FIGUUR C: Volivik FIGUUR D: Kombuisversameling
Lampskerm Lampskerm deur Francois Legault
deur EnPieza Studios (Kanada), 2008.
(Madrid, Spanje), 2007.
6.3.1 Hoe dra die materiale wat hierbo in FIGUUR C en FIGUUR D
gebruik is tot 'n omgewingsveilige gemeenskap by? (2)
6.3.2 Bespreek die werk van EEN SUID-AFRIKAANSE OF EEN
INTERNASIONALE ontwerper wat afvalmateriaal gebruik om die
omgewing te verbeter.
Gebruik die volgende struktuur om die vraag te beantwoord:
• Naam van ontwerper
• Doelstellings van ontwerper
• Algemene kenmerke van ontwerper se werk
• Titel en analise van EEN werk wat verduidelik hoe dit
omgewingskwessies ondersoek
Jy mag NIE na enige ontwerper(s) wat jy voorheen gebruik het of
ander ontwerpers wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (8)
[20]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 15 DBE/November 2013
NSS
AFDELING C: ONTWERP IN 'N BESIGHEIDSKONTEKS
VRAAG 7
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
Beantwoord ÓF VRAAG 7.1 ÓF VRAAG 7.2.
7.1
FIGUUR A: Tent-sofa deur Phillippe Malouin
vir die Italiaanse handelsmerkvervaardiger Campeggi (VK), 2009.
7.1.1 'n Aantal winkels stel daarin belang om die tent-sofa in FIGUUR A
te verkoop.
Skryf 'n moontlike SWOT-analise neer wat deur een van hierdie
winkels vereis word. (8)
7.1.2 Skryf 'n kort besigheidsplan vir die tent-sofa en fokus op die
volgende:
• Moontlike befondsing (2)
• Moontlike vaste en veranderlike koste (2)
7.1.3 Noem kortliks VIER oorwegings wat besighede benodig vir die
bestuur van menslike hulpbronne. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 16 DBE/November 2013
NSS
FIGUUR B: Muvbox is 'n 'Popup Restaurant' (Opslaanrestaurant) deur
Daniel Noiseux (Montreal, Kanada), 2009. Peet Pienaar, medestigter van
'Popup Restaurants', sê dat 'Popup Restaurants' 'n reusetendens in
die kontemporêre samelewing geword het.
7.1.4 Identifiseer 'n moontlike teikenmark vir die ontwerp in FIGUUR B
en motiveer jou antwoord. (3)
7.1.5 Gee VIER moontlike redes hoekom hierdie besigheidsmodel
bekostigbaar en sonder risiko's is. (4)
7.1.6 Noem VYF maniere hoe hierdie produk bemark kan word. (5)
7.1.7 Noem TWEE ontwerpberoepe wat moontlik gedurende die ontwerp
van die 'Popup Restaurant' in FIGUUR B betrokke was. (2)
[30]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 17 DBE/November 2013
NSS
7.2
FIGUUR A
FIGUUR B
7.2.1 Skryf die volgende vir FIGUUR A en FIGUUR B neer:
• 'n Besigheidsnaam vir elke reeks produkte (2)
• 'n Slagspreuk wat elke reeks produkte se sterk punt(e)
beklemtoon (2)
• 'n Teikenmark vir elke reeks produkte en gee 'n rede (4)
• 'n Geskikte tipografiestyl vir 'n besigheidskaartjie vir elke
reeks produkte en gee redes daarvoor (Jy mag ook die
tipografiestyl illustreer.) (4)
• Noem TWEE maniere hoe om elke reeks produkte te
bemark, behalwe om 'n besigheidskaartjie te gebruik. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 18 DBE/November 2013
NSS
7.2.2
FIGUUR C: Voorkant
FIGUUR C: Agterkant
Beide kante van 'n besigheidskaartjie is belangrik vir die bemarking
van 'n besigheid.
Die besigheidskaartjie in FIGUUR C was uiters suksesvol vir die
maatskappy. Bespreek die sukses van hierdie besigheidskaartjie
deur te verwys na:
• Vorm
• Kleur
• Tipografie
• Uitleg (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 19 DBE/November 2013
NSS
7.2.3
Jy gaan binnekort jou eie tekstielbesigheid begin deur die
voorbeelde hierbo te gebruik.
Verwys na FIGUUR D, E en F op die volgende bladsy en
beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 20 DBE/November 2013
NSS
FIGUUR D: Straatmark
FIGUUR E: Vlooimark (deur die gemeenskap georganiseer)
FIGUUR F: Inkopiesentrum
• Watter EEN van die plekke waar handel gedryf word in FIGUUR D tot F
is die geskikste vir die verkoop van jou tekstielprodukte? Gee redes vir
jou antwoord. (2)
• Gee redes hoekom jy voel dat die ander twee plekke waar handel
gedryf word, minder geskik is vir die verkoop van jou tekstielprodukte. (4)
[30]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper (Eng)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)
Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper