Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
NOVEMBER 2013
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 26 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Memorandum, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 26
- File size
- 2.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 26
This exam
NSC November Exam 2013
Questions in this paper
- Question 1History of Design20 marks
- Question 2Design in a Socio-Cultural Context10 marks
- Question 3Design in a Socio-Cultural Context20 marks
- Question 4Design Literacy30 marks
- Question 5Design in a Socio-Cultural Context20 marks
- Question 6Design in an Environmental and Sustainable Context30 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1 [20 punte]
AS1: Maak waardebepalings deur 'n duidelike begrip van Ontwerp.
AS2: Begrip van ontwerpteorie en die korrekte gebruik van ontwerpterminologie.
1.1 [10 punte]
• Kleur: Die kleurgebruik in die bak kan as beperk beskryf word. Die
oorheersende kleur is 'n ligblou. Die herhalende gebruik van die
kleurreeks skep 'n ritme en 'n hegte eenheidskomposisie. Blou dra
ook by tot elemente van koelheid en kan ook na die huiswerker se uniform
verwys.
• Kontras: Die belangrikste of mees opvallende kontras is tussen die
vroulike figure wat die dekoratiewe rand van die ronde en gekurfde bak
vorm. Die Zizamele Keramiekbak het 'n 'speelse ritme' geskep deur die
afwisselende patrone op die blou vroulike figure. Nog 'n kontras is
tussen die soliede bak en die positiewe en negatiewe spel van die ruimtes
geskep deur die vroulike figure wat die rand van die bak vorm. Die wit
dekoratiewe kolpatroon kontrasteer met die soliede blou kleur van die rok.
• Patroon: Dekoratiewe geometriese patrone word speels op die figure
gebruik. Patrone kan as beide dekoratief en tipies van Afrika-kuns of –
ontwerp gesien word. Die herhalende patroon op die vroulike vorm op
die rand van die bak skep eenheid. Die vroulike rok word ook herhaal
om 'n patroon te skep.
• Beweging: Die vroulike figure op die rand van die bak skep die sterkste
vorm van ritmiese beweging met hulle arms wat verbind is. Die gebruik
van afwisselende blou vroulike figure versterk ook die beweging. Die
gebruik van geometriese patrone op die oppervlak as dekoratiewe element
skep verdere beweging. Die herhalende oppervlakpatrone skep ook
beweging.
• Fokuspunt: Sommige leerders mag die rand van die bak, geskep deur die
silhoeëtte van die vrouens, as die fokuspunt sien. Die manier waarop
die vroulike figure vorentoe of inwaarts leun, lei ook die oog na die
sentrale of fokuspunt in die onderste deel van die bak. Die rompe van
die vrouens wys almal na die middel van die bak. Die sirkelagtige
patrone en die rante van elke rok in die middel van die bak lei ook die oog
na die middelpunt.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
V1.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Herroeping 30% 1.1 3
Middelorde Toepassing van elemente
en beginsels 40% 1.1 4
Analise;
Hoër orde Sintese; 30% 1.1 3
Evaluering
1.2 [10 punte]
FIGUUR B
M2 Gebou en vertoonkamer vir Mazda motors, ontwerp deur Kengo Kuma,
(Tokio Japan), 1991.
1.2.1 (Ken 6 punte toe)
• Vorm volg funksie:
Die konsep is deur die Bauhaus argitekte uitgedink. Klem is op die
funksie van die ontwerp geplaas, 'n geval van 'jy kry wat jy sien'! As
'n ontwerper besluit om 'n skool of kerk te bou moet die gebou as sulks
geïnterpreteer word. Versiering is basies 'n nagedagte.
In die M2 gebou het die ontwerper duidelik nie die stappe van die
Bauhaus argitekte gevolg nie. In die ware gees van Postmodernisme
het hy klem geplaas op die oorlading van elemente en Eklektiese style.
Die argitek het drasties weggebreek van die frase Vorm Volf Funksie
en het 'n gebou geskep wat oorheers word deur 'n groteske
postmoderne Ioniese pilaar bestaande uit 'n chaotiese collage van lomp
oormekaar geplaasde vorms. Die funksie van die gebou is nie
duidelik nie omdat die eklektiese styl verwarrend is en die doel of
funksie kamoefleer.
• Dekonstruksie:
Die woord verwys na die gebruik van vorms en ruimte gebombardeer
met gefragmenteerde, skerp, botsende hoeke, skewe en onvoltooide
vorms. Die Dekonstruksie (beweging/styl) word sterk beïnvloed deur
die kunsbewegings soos Kubisme, Futurisme en Konstruktivisme.
Die M2 gebou is duidelik gevorm deur die Dekonstruksie beweging/styl
in die gebruik van fragmentering. Populêre style gedekonstrueer vir
hernuwing.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
• Minder is Vervelig:
Robert Venturi het die frase gedurende Postmodernisme uitgedink. Die
frase verwys na 'n ontwerp wat van verskillende style gebruik maak.
Die frase verwys ook na 'n reaksie op die klem op Minimalisme,
uniformiteit en onbuigsame navolging van style of bewegings soos De
Stijl, Bauhaus en die Internasionale Styl. Baie beskryf die M2 gebou
as Postmodernistiese, Neo-Historiese en Neo-Eklektiese argitektuur
wat die idee van 'Minder is Vervelig' versterk. Die M2 gebou kan ook
as Pluralisties en Hibried of baster beskryf word. Bogenoemde moet
verband hou met die gebou.
1.2.2 (Ken 4 punte toe)
• Kontras
Die opvallendste kontras in die M2 Gebou word deur die gebruik van 'n
reuse verskeidenheid tradisionele en moderne materiale geskep.
Nog 'n kontras word ingebring deur die gebruik van klassieke style met
moderne style, sowel as die glas teenoor die beton. In dieselfde lig
word kontras geskep deur die gebruik van Minimalisme teenoor
Ornamentele ontwerp.
• Fokuspunt
Die argitek van die M2 gebou het van 'n monumentale klassieke Ioniese
pilaar as die sentrale fokuspunt gebruik gemaak. Die pilaar word in
die middel geplaas en styg bo die res van die gebou uit. Die grootte
van die pilaar oorheers die proporsie van die gebou.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
V1.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Herroeping 30% 1.2.1 + 1.2.2 3
Middelorde Toepassing van elemente en 40% 1.2.1 4
beginsels
Hoër orde Analise; 30% 1.2.1 + 1.2.2 3
Sintese;
Evaluering
VRAAG 2 [10 punte]
AS3: Bespreek, verduidelik en toon die inhoud en funksie van produkte, beelde,
tekens en simbole wat in ontwerp gebruik word om openlike en verborge
boodskappe oor te dra en wat stereotipes en vooroordele van die verlede
en hede bekragtig of bevraagteken.
AS2: Begrip van ontwerpteorie en die korrekte gebruik van ontwerpterminologie.
2.1 (Ken 8 punte toe)
Leerders sal verskillende oogpunte ten opsigte van die vraag bied. Menings
moet op gepaste ontwerptaal gebaseer word. Leerders moet die bestaan van
stereotipes kan identifiseer en bespreek hoe hierdie ontwerp vooroordele,
veranker in die ontwerp, uitdaag of versterk.
(Die toepassing van kritiese denkvaardighede en die manier waarop die
leerder die vraag gepas kan beantwoord, moet in die algemene assessering
van hierdie vraag in ag geneem word.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
FIGUUR A en B versterk stereotipes soos volg:
• Titel: Die feit dat die ontwerper doelbewus die stoele 'Syne' en 'Hare'
genoem het, versterk 'n stereotipiese benadering dat daar spesifieke
vorms vir elke geslag is. Die titel onderskei duidelik ten opsigte van
geslag tussen die twee stoele.
• Materiale: Die feit dat die ontwerper materiale gekies het wat 'algemeen'
met 'n man of vrou verbind word, is nog 'n aanduiding dat die ontwerper
stereotipes versterk. Die 'Syne' stoel maak gebruik van materiale wat
tradisioneel as 'manlik' beskou word, d.i. manlike geharde,
weerstandbiedende leer en rubber terwyl die 'Hare' stoel opgestop is
met 'n sagte fluweelagtige materiaal wat tradisioneel as vroulik beskou
word.
• Kleur: Sy 'Syne' stoel is oorgetrek in pikswart wat gesien word as 'n sterk,
harde kleur wat die stereotipe van mans as altyd sterk en hard versterk
en die 'Hare' stoel heeltemal in rooi/pienk wat ook die stereotipe van
vrouens as sag, skatlik en vroulik, passievol versterk.
• Vorm: Albei stoele lyk baie dieselfde ten opsigte van vorm. Die
belangrikste verskille is dat die 'Syne' stoel 'n klein gekerfde kroonmotief
aan die bokant het, wat die stereotipiese idee dat die man 'koning' of die
leier is, versterk en in vergelyking met die 'Hare' stoel effens groter of
bonkiger is, wat ook beklemtoon dat hy groter en sterker is. Die ander
stoel is meer gerond.
Krediet moet gegee word aan enige ander geldige antwoorde.
2.2 (Ken 2 punte toe)
Die leerder kan noem dat dit nodig sal wees om:
• omstrede beelde wat vooroordeel en diskriminasie skep, te vermy
• beelde of stellings wat mans plaas in rolle wat van hulle verwag word, te
vermy (die leier, sterk, die voorsiener) en vroue in rolle wat van hulle
verwag word (bv. swak, die seksobjek, die kok)
• mense as verteenwoordigend van unieke individue te bevorder
• verantwoordelike ontwerppraktyk, wat nie teen groepe of individue
diskrimineer nie, te bevorder
Krediet moet ook gegee word aan enige ander redelike waarnemings.
V2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Waarneming; 30% 2.1 3
Herroeping; Begrip
Middelorde Toepassing 40% 2.1 4
Analise; Sintese;
Hoër orde Evaluering; Afleiding 30% 2.1 + 2.2 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 3 [20 punte]
AS4: Ondersoek, reflekteer en interpreteer inligting vanuit 'n verskeidenheid
bronne wat wêreldwye/globalisasie-invloede toon en hoe dit die
ontwikkeling van ontwerp beïnvloed.
'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in die LPR, PAT of enige
ander gedokumenteerde bron te gebruik.
LET WEL: Hoofnasieners moet die egtheid van die leerder se antwoord naslaan
indien 'n leerder 'n ontwerper wat nie op die Nasionale LOOM-lys is nie verskaf.
Geen punte sal toegeken word vir die naam van die ontwerper en die titel van die
ontwerpproduk/te nie. Slegs inligting wat relevant tot die vraag is, sal krediet kry.
3.1 (Ken 10 punte toe)
VERSKILLE OOREENKOMSTE
Plaaslike en Internasionale Invloede
FIGUUR A weerspieël 'n moderne Beide maak gebruik van
benadering tot tradisionele tradisionele driedimensionele
handwerk. FIGUUR B word handwerk, d.i. draad-/wolwerk.
beïnvloed deur plaaslike kultuur, nl.
Bafana Bafana, populêre kultuur,
terwyl FIGUUR A tradisionele Afrika-
tegnieke gebruik om 'n Europese
styl te vernuwe.
Gebruik van materiale
FIGUUR A kombineer draad/wol met Beide ontwerpe maak gebruik van
krale. Alhoewel tradisioneel skep die draad/wol wat dit 'n tradisionele of
gebruik van wit krale 'n meer handwerk/handgemaakte gevoel
byderwetse/kontemporêre voorkoms. gee.
FIGUUR B maak gebruik van
slegs telefoondraad en behou 'n
tradisionele etniese gevoel.
Kleur
FIGUUR A is monochromaties en Geen.
weerspieël 'n kalm, skoon, moderne
en gesofistikeerde gevoel terwyl
FIGUUR B met helder, sterk kleure 'n
naïewe en vrolike effek oordra.
Patroon
Die vorms in FIGUUR A vorm 'n Albei ontwerpe maak gebruik van
patroon met die herhaling van die die element patroon.
kandelaar se geboë arms en krale
maar in FIGUUR B skep die kleure
en vorms 'n patroon deur die
herhaling van die strepe en
vereenvoudigde sokkerspelers.
Krediet moet ook gegee word aan Krediet moet ook gegee word aan
enige ander redelike waarnemings. enige ander redelike
waarnemings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
V3.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Waarneming 30% 3.1 3
Middelorde Toepassing 40% 3.1 4
Hoër orde Evaluering; Kritiek 30% 3.1 3
3.2 (Ken 10 punte toe)
LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in die
LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.
EEN MOONTLIKE VOORBEELD: Michael Chandler
INVLOEDE EN KENMERKE:
Sy werk is so uiteenlopend soos die land wat hom inspireer en dek van
keramiekwerk en stoffeerstowwe tot juweliersware en meubels. As 'n
student het Michael by Stephan Welz en Sotheby's begin werk, waar sy
oorweldigende nuuskierigheid ten opsigte van antieke ware sy persoonlike
kreatiewe projekte begin beϊnvloed het. Sedert hoërskool het Michael gesê
dat die gekrabbel in sy notaboeke deur die Kaaps-Hollandse styl geïnspireer
is. Die Kaapse binnenshuise estetika is 'n sterk tema in sy werk.
Michael sê sy styl het 'n Kaaps-Hollandse aanslag op die Hollywood
Regentskap voorkoms van die 1940's en sy Afrika-erfenis gee dit 'n
ekstra skop. Sy styl kan as 'Kaapse Regentskap' gedefinieer word maar dit
is al voorheen gebruik, dus het hy dit eerder 'Kaapse Prag' genoem. Prag
is weelde sonder oordadigheid, goeie kwaliteit-stukke op 'n diskrete wyse
bymekaar gesit. Herhalende temas van blou-en-wit oosterse porselein,
Kaaps-Hollandse gewelmotiewe en subtiele Afrika-elemente verskyn baie
keer in Michael se ontwerpe, maar elkeen word altyd op 'n nuwe en
kontemporêre wyse hervertolk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Michael erken self dat hy van idees hou en nadat hy gekonseptualiseer het,
gee hy sy ontwerpe vorm in een van sy notaboeke. Hy gee dan sy
spitsvondige sketse aan 'n versigtig geselekteerde groep handwerkers van
oraloor die Kaapse Skiereiland. Michael sê dat die proses vanaf idee tot item
nie slegs deur sy kreatiwiteit beϊnvloed word nie, maar ook deur die
kreatiwiteit van die handwerker. Die handwerker wat een van sy ontwerpe
skep, is een van die filters wat 'n invloed op die finale produk sal hê, net soos
die materiaal self ook 'n filter is. Dis inderdaad 'n informele samewerking.
Hierdie ketting van individuele beϊnvloeding is wat uiteindelik die
persoonlikheid van die finale produk definieer.
Michael se ontwerpe, alhoewel dekoratief, is funksionele objekte in soverre
hulle gebruik kan word as spieëls, kandelare en draagbare hangertjies.
V3.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Herroeping; Opnoeming 30% 3.2 3
Middelorde Toepassing 40% 3.2 4
Hoër orde Evaluering/Afleiding 30% 3.2 3
VRAAG 4 [30 punte]
AS4: Ondersoek, reflekteer en interpreteer inligting vanuit 'n variëteit van
bronne wat wêreldwye/globalisasie-invloede toon en hoe dit die
ontwikkeling van ontwerp beïnvloed.
AS5: Analiseer, interpreteer en reflekteer krities op voorbeelde en bring hulle in
verband met hulle kulturele, historiese en kontemporêre kontekste.
4.1 (Ken 10 punte toe vir elke beweging vir 'n totaal van 20)
Leerders moet TWEE ontwerpe kies.
TWEE MOONTLIKE KEUSES IS: FIGUUR A EN FIGUUR C
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
FIGUUR A: Geïnspireer deur die Kuns en Kunshandwerk Beweging.
DRIE KENMERKE VAN DIE GEBOU WAT DIE INVLOED VAN DIE KUNS EN
KUNSHANDWERK ERA WEERSPIEËL:
• Die gebou weerspieël die Kuns en Kunshandwerk Beweging se liefde vir die
landelike Engelse Kothuisstyl in die gebruik van hoofsaaklik natuurlike
materiale, d.i. klipmure, houtvensters en dakteëls van klei.
• Die handgemaakte kwaliteit van die gebou weerspieël die Kuns en
Kunshandwerk Beweging se klem op vakmanskap en hulle verwerping van
die masjien.
• Die eenvoudige, somber, bonkige kwaliteit van die gebou asook die geboë
ingang en vensters links herinner aan Middeleeuse Gotiese geboue wat 'n
sterk invloed op die Kuns en Kunshandwerk Beweging gehad het.
TWEE ANDER TIPIESE KENMERKE VAN DIE KUNS EN KUNSHANDWERK
BEWEGING:
• Temas van die '' platteland '', bv. die melk van koeie; veldblomme was
dikwels sigbaar.
• Tipiese onderwerpe het plante, diere, voëls en Middeleeuse
ontwerpelemente soos die drie- en vierblaarklawerpatroon ingesluit.
• Produkte het tekstiele, meubels, keramiek, leeromslagboeke, metaalwerk en
argitektuur ingesluit.
• Versiering is gebruik om die basiese ontwerp te verbeter. Ornamentasie was
tot 'n minimum beperk.
• Tekstiele en keramiekontwerpe was meer organies as gevolg van die invloed
van plante en diere.
• Hulle het gebruik gemaak van plat areas vol sterk kleur in verskillende
skakerings van blou, geel en rooi. Hulle het ook gebruik gemaak van aardse
tone.
• Die balans was oor die algemeen simmetries as gevolg van die Middeleeuse
Gotiese invloed van stabiliteit en orde.
• Menslike figure vanuit Middeleeuse bronne kan dikwels gesien word, bv. in
gebrandskilderde glas en meubelpanele.
• As gevolg van die reaksie teen industrialisering en die klem op vakmanne het
handtegnieke hoogty gevier.
• Konstruksiedetail is dikwels ontbloot, bv. die klinknaels in metaalwerk en die
tapwerk in meubels sou 'n dekoratiewe funksie hê.
• Natuurlike materiale wat 'onaangeraak' was deur die industrie is gebruik, bv.
inheemse (Engelse) houtsoorte soos eik en berk. William Morris se idee van
'getrouheid aan materiale', waar materiale onveranderd gebruik is om die
skoonheid van die materiaal van die voorwerp te toon, was duidelik.
• Produkte het 'n landelike, kothuis-, ''onklaar'' gevoel gehad.
• 'n Herlewing van tradisionele handwerke soos weef, borduur,
kantvervaardiging en tapisserie is sigbaar. William Morris was die
hoofinspirasie vir hierdie hernude belangstelling.
Enige TWEE van hierdie kenmerke of enige ander relevante kenmerke kan
genoem word. Kenmerke wat uitgewys is as duidelik herkenbaar in die Suid-
Afrikaanse voorbeeld mag nie in hierdie afdeling herhaal word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
EEN ONTWERPER EN WERK EN 'N KORT ANALISE VAN DIE WERK:
Ontwerper: Phillip Webb
Ontwerp: Die Rooi Huis, Engeland, 1859
• Die ontwerp is funksioneel en eenvoudig met onopgesmukte oppervlaktes
deurgaans.
• Binnenshuise mure is met muurskilderye van blom- en voëlontwerpe bedek.
• Baie toebehore en meubelstukke is deur Webb ontwerp.
• Die huis vertoon die gewone baksteenoppervlaktes van die Engelse
kothuisstyl.
• Die dak bestaan uit vele gepunte dakkies en skoorstene, tipies van die
Gotiese argitektuur.
• Die voorste ingang en vensters toon die geboë vorms van Gotiese
argitektuur.
Gee krediet aan enige ander werk wat korrek genoem en geanaliseer is.
FIGUUR C: Geϊnspireer deur die Bauhaus beweging.
DRIE KENMERKE VAN HIERDIE GEBOU WAT WYS DAT DIT DEUR DIE
BAUHAUS BEWEGING BEÏNVLOED IS:
• Tipies van die Bauhaus is hierdie gebou se gebruik van blokagtige,
geometriese vorms.
• Die gebou is van die grond gelig op eenvoudige pilare wat ooreenstem met
die Bauhaus waarvan die werkswinkelvleuel ook op betonblokke gelig is.
• Die oorheersende gebruik van onversierde beton in hierdie gebou is tipies
van Bauhaus argitektuur.
Krediet moet gegee word aan enige geldige antwoord.
TWEE ANDER TIPIESE KENMERKE VAN DIE BAUHAUS BEWEGING:
• Bauhaus ontwerpe is gebaseer op suiwer, geometriese vorms soos die keël,
die sirkel, die silinder en die kubus.
• In geboue oorheers reguit, horisontale en vertikale lyne.
• Organiese lyne en vorms word verwerp.
• Oppervlaktes is glad en onversier om die eeu van die masjien te
weerspieël.
• Primêre en neutrale kleure oorheers.
• Die klem is op funksionaliteit en vorms word deur die funksie van die produk
bepaal ('vorm volg funksie').
• Die skoonheid van produkte is in die formele rangskikking van die elemente
van ontwerp om baie gebalanseerde en geordende komposisies te skep.
• Eenvoud word beklemtoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Enige TWEE van hierdie kenmerke of enige ander relevante kenmerke kan
genoem word. Kenmerke wat uitgewys is as duidelik herkenbaar in die Suid-
Afrikaanse voorbeeld mag nie in hierdie afdeling herhaal word nie.
EEN ONTWERPER EN WERK EN 'N KORT ANALISE VAN DIE WERK:
Ontwerper: Marcel Breuer
Ontwerp: Wassily Stoel, 1925 - 1926
• Die stoel is van staalpype en leerstroke gemaak.
• Reguit horisontale en vertikale lyne oorheers.
• Dit skep 'n geordende komposisie van geometriese, reghoekige en blokagtige
positiewe vorms en negatiewe ruimtes.
• Oppervlaktes is glad en onversier.
Gee krediet aan enige ander werk wat korrek genoem en geanaliseer is.
V4.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (20)
Laer orde Herroeping van feite 30% 4.1 6
Middelorde Toepassing 40% 4.1 8
Hoër orde Kritiese analise 30% 4.1 6
4.2 [10 punte]
4.2.1 (Ken 2 punte toe)
Leerders moet aandui watter vertoonkas hulle verkies en moet hulle
keuse ondersteun met twee goed gemotiveerde redes.
Indien die keuse FIGUUR F was, kon die volgende redes gegee word:
Die krom lyne en vorms van die kas weerspieël die natuur baie mooi en
bring die natuur in die huis in.
Die herhaling van die krom lyne skep 'n ritmiese ontwerp.
Indien die keuse FIGUUR G was, kon die volgende moontlike redes
gegee word:
Die eenvoudige vorms en skoon lyne het 'n kontemporêre gevoel.
Die groot boonste deel en ongewone plasing van rakke gee die kas 'n
spitsvondige, sonderlinge karakter.
Krediet moet ook gegee word aan enige ander relevante stellings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
4.2.2 (Ken 8 punte toe)
'n Tabel is verskaf om die merkproses te vergemaklik, maar daar
word van leerders verwag om die vergelyking in 'n paragraaf te
beantwoord.
VERGELYKING TUSSEN FIGUUR A EN FIGUUR C:
ART NOUVEAU MODERNISTIESE VERTOONKAS
VERTOONKAS (FIGUUR F) (FIGUUR G)
VORM:
Die onderliggende vorms van Die vorms is hoofsaaklik geometries
die kaste en laaie is en blokagtig om sodoende 'n heel
geometries, maar dis formele, masjienagtige effek te
omraam en verbind met skep, maar die effens geronde
mekaar deur middel van hoeke van die boonste rakke en die
organiese, gekromde skuifdeure onder versag die
houtstroke wat aan die stele meganiese gevoel en voeg 'n
van plante en klimoppe mindere skakel met die natuur
herinner om sodoende 'n daarby. Die skerp gepunte
oorheersende organiese, voetstukke en diagonale pote
aardse voorkoms te skep. herhaal die effens diagonale sye en
skerp hoeke van die reghoekige
vorms en voeg skerp, dinamiese
aksente by.
FUNKSIE:
Die funksie van die kas word Die funksie van die kas is duidelik
oorheers deur die kromlynige en word nie oorheers deur
ritmes van die verweefde oppervlakversiering of dekoratiewe
houtstroke. Die stroke is oral elemente nie.
oor die vorm en lei die oog weg
van die eintlike funksie van die
kas.
Die kas is handig aangesien dit Die kas het rakke en stoorruimte,
verskillende tipes stoorplek maar bied nie vertoonruimte agter
het, bv. laaie, klein kassies, glas nie. Die kas bied nie soveel
asook ingelasde glas vir die stoorruimte soos die Art Nouveau
vertoon van voorwerpe. een nie aangesien ruimte die groot
boonste deel oorheers.
RUIMTE:
Die ontwerper van die kas het Negatiewe ruimte speel ook 'n
versigtig negatiewe ruimtes in belangrike rol in hierdie ontwerp
hierdie ontwerp geϊntegreer aangesien die asimmetriese plasing
sodat soliede areas en van die rakke op 'n interessante
negatiewe ruimtes visueel wyse die wit agtergrond aktiveer.
opwindend op mekaar inwerk. Die ruimte tussen die boonste en
onderste dele vorm 'n dun
FIGUUR F het 'n soliede reghoekige band wat ander
voorkoms wat die ruimte reghoekige vorms herhaal en as
oorheers, anders as in bindingselement dien.
FIGUUR G.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 13 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
SIMMETRIE:
Die vorms en lyne is simmetries Die groot vorm bo is sterk
om 'n sentrale as gerangskik wat asimmetries wat tot die ongewone
help om die beweging geskep spanning geskep deur sy grootte
deur die organiese lyne te bydra. Hierdie spanning word
stabiliseer. deur die simmetrie van die
onderste deel gestabiliseer.
Die ontwerp is vertikaal Horisontale en vertikale lyne is ook
simmetries, maar horisontaal in hierdie kas sigbaar, maar hier
asimmetries. Vertikale en oorheers hulle die ontwerp en skep
horisontale lyne, gevorm deur 'n geheel wat meer formeel of
die kernvorm van die kas, georden is. Baie klein organiese
oorkruis en gee die ontwerp elemente is sigbaar om 'n sagter,
stabiliteit, terwyl die stabiele effek te verseker.
gekromde steelagtige 'arms'
dele verbind en uitvloeiende
gekromde rame dus die geheel
besig en vol beweging maak.
Alhoewel die sentrale agterste Die boonste, reghoekige vorm is
strook die grootste vorm is, groot en oorheers die ontwerp en
oorheers of domineer dit nie die skep 'n ongewone bowigtige
ontwerp nie. Die belangrikste komposisie. Die feit dat die
vorms is heel gelyk in grootte, onderste soliede kasgedeelte
alhoewel kontraste, wat visuele soveel kleiner as die bogedeelte is
belangstelling wek, sigbaar is. en ruimte die soliede dele in die
bogedeelte oorheers, word 'n
komposisie met opwindende
kontraste en spanning geskep.
Gee krediet aan enige geldige stellings.
V4.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Waarneming; Begrip 30% 4.2.1 + 4.2.2 3
Middelorde Toepassing 40% 4.2.2 4
Hoër orde Analise 30% 4.2.2 3
TOTAAL AFDELING A: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 14 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING B: ONTWERP IN 'N SOSIALE/OMGEWINGSKONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
AS7: Demonstreer en verstaan die maniere waarop ontwerp gebruik kan word
om sosiale, kulturele, omgewings- en etiese kwessies te bekragtig of te
bevraagteken.
5.1 SOSIALE KWESSIES (INTERNASIONAAL)
5.1.1 (Ken 2 punte toe)
Die beeld van steurende 'versplinterde' ledemate laat 'n mens
ongemaklik voel. Die plasing van hierdie 'versplinterde' kind binne 'n
onrusbarende steriele huislike omgewing, asook die grafiese
Photoshop komposisies, lewer die emosionele skokkende boodskap.
Die klein, eenvoudige lettertipe in 'n ligte skakering teen die leë muur
beklemtoon die feit dat hierdie kind alleen in 'n 'leë' wêreld sonder
ondersteuning is. Die gebreekte pop impliseer baie. Wanneer ouers
sinneloos met en kwaad vir hulle kinders raak, maak hulle die kinders
beide emosioneel en fisies seer. Die beeld is 'n metafoor vir
kindermishandeling. Hulle kry innerlik seer en verpletterde kinderjare
is die resultaat.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
5.1.2 (Ken 8 punte toe)
Naam van die ontwerper: (1 punt) Kerina West
Titel van die ontwerp: (1 punt) 'My mother wore fur' plakkaatveldtog
Anti-pelsveldtogplakkaat getiteld 'My Mother Wore Fur' ontwerp deur
Kerina West, (Palm Beach, Florida, Amerika), 2011.
(6 punte)
Die sosiale kwessie plakkaatveldtog 'My mother wore fur' is 'n anti-pels
veldtog om mense te oorreed om nie die pels van diere te koop en die
pelshandel te ondersteun nie. Die grafiese ontwerper het op 'n slim
wyse lyn gebruik om die teks te vorm, wat dan voortgevloei het in die
beeld van 'n halwe of onklaar getekende hasie. As gevolg daarvan
word jou oog van die teks na die beeld gelei en word die sosiale
boodskap van die plakkaat vergroot. Die gebruik van lyn boots ook
naaldwerk na en verleen sodoende effense tekstuur aan die ontwerp.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 15 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Gestikte letters verbind die boodskap sterk met die modebedryf. Die
steurende aard van die gare en die uitgerafelde materiaalstof dra die
lyding van die pelshandel se slagoffers oor. Die ontwerper het lyn
gebruik om 'n klein harerige hasie te 'teken' en omdat hulle oulik is, voel
jy jammer vir hulle. Hierdeur het sy haar boodskap selfs sterker en
meer emosioneel gemaak. Die fokuspunt is 'n poging om die kyker in
te lig oor waar pels vandaan kom in 'n kort, maar kragtige boodskap.
Krediet moet ook vir enige ander relevante inligting gegee word.
V5.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Waarneming/ 30% 5.1.2 3
Herroeping; Begrip
Middelorde Toepassing 40% 5.1.2 4
Hoër orde Analise;
Sintese; 30% 5.1.1 + 5.1.2 3
Evaluering
5.2 SOSIALE KWESSIES (SUID-AFRIKAANS)
LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in die
LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.
5.2.1 (Ken 4 punte toe)
Die fietse is kreatief aangepas om aan hulle behoeftes te voorsien.
Sommige het hulle fietse verander om goedere af te lewer en hulle eie
besighede te bestuur terwyl andere dit gebruik om kinders skool toe
aan te ry of ander mense te pendel. Transport was veral in die
landelike gebiede waar daar geen ander transport is nie moontlik
gemaak. Die fietse het ook mense in staat gestel om onafhanklik in
areas waar daar 'n gebrek aan transport van punt A na punt B is, te
wees.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
5.2.2 (Ken 6 punte toe)
EEN MOONTLIKE VOORBEELD: Siyazama Projek
Die stigter van die projek, Kate Wells, het die projek se doelstellings
verduidelik deur te sê dat Siyazama (Zoeloe vir 'ons probeer') se
handwerkvroue honderde klein, pragtig gekraalde kinderfiguurpoppies
gemaak het. Gesamentlik het dit 'n sterk stelling gemaak oor statistieke
ten opsigte van die VIGS-wesies in Suid-Afrika. Die projek het ook
die publikasie van die boek, Siyazama: Art, AIDS and Education, tot
gevolg gehad.
Siyazama se werk poog om 'n stelling oor die reuse getalle VIGS-
wesies in Suid-Afrika te maak, asook die impak wat daardie getalle op
gemeenskappe waarin die kinders leef, het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 16 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Die klein kraalengelpoppies word gemaak om VIGS-wesies en dié wat
geraak word deur VIGS te verteenwoordig. Hulle is veronderstel om
'n gebaar van hoop, 'n gebed van bewustheid en medelye te wees.
Die popmakers het in 2002 vir 'n projek wat inkomste sou genereer,
bymekaar gekom, maar soveel meer het gebeur. 'n Kragtige sinergie
van saamsit om poppe te maak, inligting oor MIV/VIGS te deel, was 'n
transformasieproses vir hulle. Vir die meerderheid van hierdie
handwerkvroue was deelname aan die Siyazama Projek hulle eerste
geleentheid om van VIGS en sy kompleksiteite, anders as deur skinder
en gerugte, te hoor. Die popmakers het die inligting met ander vroue
gedeel, dikwels ten spyte van teenstand en dreigemente van die mans.
Hulle het begin deur 'n tablo, wat die stryd van die vroue en hul
groeiende woede teenoor die VIGS pandemie, van krale aanmekaar te
werk. Stadig maar seker, soos die vroue vasgebyt het, het die
houdings begin verander en het 'n bewustheid van VIGS na hul
plattelandse gemeenskap gekom. Soos die kraal-vervaardigers se
bekendheid en inkomste vanuit hulle poppe gegroei het, so het die
mans se teenstand begin afneem.
Die Siyazama Projek bevorder die rol van kuns en ontwerp om
inheemse kennisstelsels en vaardighede te bevestig en ook as 'n
medium om lewensbelangrike inligting oor MIV/VIGS onder die mees
gemarginaliseerde en kwesbare mense in Suid-Afrika – plattelandse
vroue – te versprei.
Die tablo van krale en die poppe (sommige lewensgroot) van Siyazama
is al uitgestal in die Staat van Michigan se Universiteitsmuseum in
Engeland, Swede en in die Kanadese Museum vir Beskawing.
Popversamelings word in opdrag van belangrike versamelings in die
Verenigde State en die VK gemaak.
V5.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Waarneming/Herroeping; 30% 5.2.2 3
Begrip
Middelorde Toepassing 40% 5.2.1 + 5.2.2 4
Hoër orde Analise;
Sintese; 30% 5.2.1 3
Evaluering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 17 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 6
Kandidate moet TWEE van die drie 10-punt-subvrae kies
6.1 SUID-AFRIKAANSE omgewingsontwerper
(Ken 10 punte toe)
6.1.1 (Ken 2 punte toe)
FIGUUR A herinner ons daaraan dat giftige afval 'n impak op ons
omgewing het. Die beeld van olie wat in ons dreineringsisteme
gemors word, herinner ons daaraan dat dit 'n gevaar vir ons
watervoorrade inhou. Die beelde herinner ons daaraan dat dit nie
goed is om te besoedel nie. Die tralies wys ons dat dit 'n misdaad is
om giftige afval te vermors aangesien dit skade kan aanrig of ongesond
vir die omgewing kan wees. Daar word gespeel met visuele beelde,
d.i. die dreindeksel wat tronktralies word.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
6.1.2 (Ken 2 punte toe)
Herwinde materiaal bring direk die skoon omgewing waarin ons behoort
te leef na vore. Die hergebruik van produkte verminder besoedeling.
Dit dra by tot 'n groen omgewing. Dit skep ook 'n volhoubare
ekonomie en gewaarwording.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
6.1.3 (Ken 6 punte toe)
LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in
die LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.
Voorbeeld
Naam van die ontwerper: (1 punt) Roche van den Berg
Ontwerp/Produk: (1 punt) 'Rubberboom'
Beskrywing van die ontwerp: (2 punte)
Die produk is van rubber afkomstig en van gebruikte buitebande
gemaak. Die produk is handgemaak deur die rubber te sny, te brei en
aanmekaar te werk. Die rubber is gerek en getransformeer na
verskeie teksture. Die ontwerper gebruik rubber omdat dit gevind is en
nooit geverf word nie.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 18 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Hoe spreek die produk groen kwessies aan? (2 punte)
Omrede rubber nie vergaanbaar is nie help die maak van die produkte
om afval te verminder en die ekosisteem te bevorder. Die
transformering van afval in pragtige funksionele voorwerpe help om
plante en bome te laat groei in skoner grond of aarde. Die hergebruik
van bestaande materiaal is nodig om sodoende die gebruik van rou
materiaal in alle verwante industrieë te beperk.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
V6.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Herroeping/Kennis;
30% 6.1.3 3
Begrip
Middelorde Toepassing 40% 6.1.1 + 6.1.3 4
Hoër orde Analise;
Sintese; 30% 6.1.1 + 6.1.2 3
Evaluering
EN/OF
6.2 Internasionale omgewingsontwerper
(Ken 10 punte toe)
6.2.1 (Ken 3 punte toe)
Die huis sal in die somer weg van die son roteer om dit koel te hou,
sonder die gebruik van elektries aangedrewe apparate, bv. 'n
lugverkoeler. Gedurende die winter roteer die huis na die son om dit
te verwarm en verminder dit die gebruik van verwarmers. Die rotering
van die huis verseker maksimale natuurlike lig binne die huis.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
6.2.2 (Ken 7 punte toe)
LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in
die LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.
Naam van die ontwerper: (1 punt) Michael Young
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 19 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Titel van die ontwerp: (1 punt) Voëlnes
Beskrywing van die ontwerp: (3 punte)
'Voëlnes' verwys na die verskillende ontwerpe deur Michael Young om
vestings vir voëls, vlermuise en bye te verskaf. Die neste word van
afvalmateriaal (rommel) gebou en sluit koerantpapier, plastiek, lateks,
hout en draad in. Die materiaal word inmekaar geweef en gegom om
dit sterk te maak en gevolglik 'n ryk tekstuur te gee.
Hoe die ontwerp tot die omgewing bydra: (2 punte)
Deur afvalmateriaal (rommel) te gebruik, help die projek in die skoonmaak
van die omgewing. Die herwinning van materiaal help om besoedeling
te verminder.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
V6.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Herroeping/Kennis;
30% 6.2.2 3
Begrip
Middelorde Toepassing 40% 6.2.1+ 6.2.2 4
Hoër orde Analise;
Sintese; 30% 6.2.1 3
Evaluering
EN/OF
6.3 [Ken 10 punte toe]
6.3.1 (Ken 2 punte toe)
Hierdie is 'n manier om nieherwinbare afval te verminder en dit op 'n
ander handige wyse te gebruik. Dit verminder die gebruik van nuut
vervaardigde materiaal wat òf die aarde se bronne sal uitput óf sal
gebruik maak van skadelike vervaardigingprosesse. Die gebruik van
die herwinbare materiaal verminder kwessies rakende opvulterreine.
Indien die afvalprodukte nie herwin word nie mag hulle bydra tot
bemorsing wat 'n impak op die omgewing kan hê.
6.3.2 (Ken 8 punte toe)
LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in
die LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.
Punte behoort slegs toegeken te word aan 'n ontwerper en ontwerp
wat nie voorheen bespreek is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 20 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
INTERNASIONALE OMGEWINGSONTWERPER
Naam van die ontwerper: (1 punt) Francois Legault
Doelstellings van die ontwerper: (2 punte)
Die ontwerper mik om ekovriendelike produkte te skep. Die ontwerper
mik om gebruik te maak van reeds bestaande produkte beskikbaar in ons
omgewings om iets nuuts en aantreklik te skep. Francois is sensitief
teenoor bekommernisse oor die omgewing en gebruik meestal
kombuistoebehore vir sy ontwerpe.
Algemene kenmerke van die ontwerper se werk: (2 punte)
Die produkte word van eetgerei, glase, klein bordjies, spykers, skroewe
en meestal lepels gemaak. Die ligte is meestal van kombuistoebehore
wat verskillend gerangskik is om elkeen 'n spesiale unieke ontwerp te
gee. Soms word 'n swaar glasbodem gebruik om die lamp te stabiliseer
sodat die bokant in enige rigting gedraai kan word sonder om die
staander se posisie te affekteer. Die kleur op die produk is opsioneel.
Titel en hoe die werk omgewingskwessies aanspreek:
Titel van die werk: (1 punt) 'Triple Espresso'
Hoe die werk omgewingskwessies aanspreek: (2 punte)
Die lamp is van ongebruikte of gevonde kombuisvoorwerpe gemaak
(koppie en piering), wat nie biovergaanbaar is nie. Die manier om
nieherwinbare afval te verminder deur dit op verskillende en bruikbare
maniere te gebruik, help die omgewing deur besoedeling tot 'n minimum
te beperk.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 21 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
(Ken 8 punte toe)
SUID-AFRIKAANSE OMGEWINGSONTWERPER
LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in
die LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.
Naam van die ontwerper: (1 punt) Ronél Jordaan
Doelstellings van die ontwerper: (2 punte)
Ronél kies haar materiaal versigtig omdat sy die neweprodukte wil
hergebruik. Die produkte is in harmonie met die natuur, want prosesse
geϊmplimenteer in die werkswinkel is almal ekovriendelik.
Algemene kenmerke van die ontwerper se werk: (2 punte)
Ronél is oorheersend geϊnspireer deur die natuur. Sy skep 'rots'-
kussings, spoelklippie 'rivierbedding' matte, 'vallende blare'
muurbehangsels en blompatroon dekens. Die natuurgeϊnspireerde
goedere het die tekstuur en vorms van blare en blomme, spinnerakke,
dorings, velle en boombas. Haar ontwerpe vermeng kontemporêre
interieurs met die skoonheid, eenvoud en stilte van die natuur op 'n
ekspressiewe en speelse wyse. Die produkte is handgemaakte
natuurlike vesel, meestal 100% merinowol.
Titel en hoe die werk omgewingskwessies aanspreek:
Titel van die werk: (1 punt) 'Disa Weave'
Hoe die werk omgewingskwessies aanspreek: (2 punte)
Die prosesse in die werkswinkel geϊmplementeer is almal ekovriendelik.
Grys afvalwater wat in die proses agterbly, word hergebruik in
organiese kostuine. Omdat seep belangrik is vir die verviltingproses
gebruik sy 'n produk wat ten volle biovergaanbaar is en dit is noodsaaklik
vir die omgewing. Die kleurstowwe word ingevoer omdat hulle loodvry
is en aan Ekostandaarde voldoen. Sy verkool/karboniseer nie die wol
wat sy gebruik nie omdat daar tradisioneel 'n bad met hidrochloried en
ander chemikalieë in hierdie proses gebruik word.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
V6.3 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK TOEKENNING (10)
Laer orde Waarneming/Herroeping; 6.3.2
30% 3
Begrip
Middelorde Toepassing 40% 6.3.1 + 6.3.2 4
Analise;
Hoër orde Sintese; 30% 6.3.2 3
Evaluering
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 22 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING C: ONTWERP IN 'N BESIGHEIDSKONTEKS
VRAAG 7 [30 punte]
AS 9: Demonstreer die basiese begrip van bemarking van ontwerpprodukte in
terme van teikenmark, verpakking en advertering.
AS10: Demonstreer die begrip van verantwoordbare ontwerp deur die
inagneming van menslike regte en omgewingsaangeleenthede dwarsdeur
die proses.
7.1 [Ken 30 punte in totaal toe]
7.1.1 FIGUUR A: (Ken 8 punte toe)
STRENGTHS/STERK PUNTE:
• Die ontwerp is multifunksioneel en kan as bed, stoel of tent gebruik
word.
• Dit is eenvoudig en alle konstruksiemoontlikhede is maklik om op te
stel.
• Dis 'n plat-pak ontwerp wat nie veel stoorruimte sal nodig hê nie.
WEAKNESSES/SWAK PUNTE:
• Dit blyk van lap/materiaal gemaak te wees wat sal beteken dat dit
redelik gou sal verweer.
• Die eenvoudige kleur sal gou vlekke uitwys en sal nie maklik wees
om skoon te maak nie.
• Dit mag nie weer- of waterbestand wees nie.
• Dit sal addisionele materiale benodig om dit volhoubaar te maak.
OPPORTUNITIES/GELEENTHEDE:
• Dit kan by crèches, dagsorgsentrums en skole bemark word vir
velduitstappies.
• Dit kan aan die regering voorgelê word as oplossing vir hawelose
mense.
• Tydelike behuising vir rampslagoffers.
THREATS/BEDREIGINGS:
• Ander besighede wat 'n soortgelyke produk bied.
• Dit mag onbekostigbaar vir diegene wat daarby kan baat wees of nie
'n wyd genoeg mark hê om betalend te wees nie.
• Stoorplek en instandhouding kan 'n afskrikmiddel wees.
• Duur materiaal wanneer vergelyk word met gewone karton.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
7.1.2 MOONTLIKE FINANSIERING (Ken 2 punte toe)
• Die projek kan aan die regering gebied word as 'n produk om die
haweloses te ondersteun.
• 'n Groot maatskappy/NGO in die privaatsektor kan gevra word om
hierdie projek as deel van hulle uitreikprogram ter ondersteuning van
die behoeftiges te finansier.
• ‘n Banklening.
• Buitemuurse maatskappye, soos Outdoor Living of Cape Union Mart,
kan genader word om in hierdie produk te belê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 23 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
MOONTLIKE VASTE EN VERANDERLIKE KOSTE (Ken 2 punte toe)
• Vaste koste: Huur van die fabriekruimte. Salarisse.
• Veranderlike koste: Materiale. Transport. Telefoon, elektrisiteit
en Internet. Bemarking.
7.1.3 (Ken 4 punte toe)
BESTUUR VAN MENSLIKE HULPBRONNE:
• Personeellede moet volgens die arbeidswette aangestel word om
regverdige salarisse, werksure, vakansies en pensioenopsies te
verseker.
• Die werkruimte moet volgens die gesondheids- en
veiligheidsspesifikasies georganiseer word, bv. goeie ventilasie met
suigwaaiers indien giftige gasse gedurende prosedures vrygestel
word.
• Dryfvere/motivering kan aangebied word om produktiwiteit aan te
spoor.
• Vaardigheidsopleiding en algemene personeelontwikkelings-
programme kan aangebied word vir die bemagtiging van die
werknemer.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
7.1.4 FIGUUR B: (Ken 3 punte toe)
Moontlike teikenmarkte en redes vir elkeen:
• Opkomende klein besighede aangesien hierdie besighede nie so
baie kapitaal nodig het om dit op te rig nie en waarskynlik nie huur
hoef te betaal nie.
• 'n Boumaatskappy kan dit as hulle tydelike kantien gebruik
aangesien hulle baie rondtrek en dit goed vir hulle sal werk omdat dit
vinnig opgeslaan kan word en op wiele is.
• Dit kan ook vir groot funksies gebruik word op ongewone terreine
wat nie permanente strukture het nie , bv. Buitemuurse
musiekfeeste.
• Maatskappye in die buitelug, soos Outdoor Living of Cape Union
Mart.
• Spesiale funksies soos konserte.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
7.1.5 (Ken 4 punte toe)
• 'n Houer word hergebruik
• Dit is mobiel
• Die huur sal min of gratis wees
• Dit kan veilig gesluit word om vandalisme en inbrake uit te skakel
• Dit neem nie lank om die besigheid aan die einde van die dag te sluit
nie
• Oorhoofse koste sal min wees
• Die minimum aantal personeel word benodig
Gee krediet aan enige ander geldige antwoorde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 24 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
7.1.6 (Ken 5 punte toe)
• Advertensies in koerante en tydskrifte
• Strooibiljette
• Brosjures
• Televisie
• Radio
• Promosies
• Plakkate
Gee krediet aan enige ander geldige antwoorde.
7.1.7 (Ken 2 punte toe)
• Industriële ontwerper
• Oppervlakontwerper
• Binnehuise ontwerper
• Sierverwer/'Sign writer'
Gee krediet aan enige ander geldige antwoorde.
V7.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Herroeping/Kennis 30% 7.1.4 + 7.1.6 + 7.1.7 9
Middelorde Toepassing 40% 7.1.4 + 7.1.5 + 7.1.6 12
Hoër orde Analise;
Sintese; 30% 7.1.1+ 7.1.2 + 7.1.3 9
Evaluering
OF
[Ken 30 punte in totaal toe]
7.2 7.2.1 (Ken 16 punte toe)
• Moontlike besigheidsnaam vir elkeen:
Gee krediet aan enige geskikte name. Die naam vir die mandjies in
FIGUUR A moet die organiese, handgemaakte kwaliteit van die
produkte oordra, asook hulle onreëlmatige, vry vorms, bv.
'Waaghalsige Weefwerk'. Die naam vir FIGUUR B moet op een of
ander manier dit oordra dat hierdie mandjies tradisionele Afrika-
weeftegnieke, -vorms en -patrone vertoon, bv. 'Trots Tradisioneel'.
• Moontlike slagspreuk of kenreëltjie ('tagline'):
Gee krediet aan enige geskikte slagspreuk of kenreëltjie vir elkeen.
Hulle kan dit op 'n manier aan die besigheidsnaam koppel.
'n Moontlike slagspreuk vir FIGUUR A kan wees:
'Nooi die natuur in jou huis in!' of 'Wees waaghalsig!'
'n Moontlike slagspreuk vir FIGUUR B kan wees:
'Gee tradisionele glans aan jou huis!'
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 25 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
• Moontlike teikenmark vir elkeen met 'n rede:
FIGUUR A: Hierdie mandjies sal waarskynlik aanklank by die
alternatiewe, kreatiewe, omgewingsbewuste mense vind aangesien
hulle vorms spitsvondig is en die natuur in beide hulle vorms en in
hulle gebruik van natuurlike materiale weerspieël word.
FIGUUR B: Hierdie mandjies sal die toeriste aantrek aangesien
hulle die oorspronklike vorms en patrone van tradisionele Afrika-
mandjiewerk weerspieël.
• 'n Geskikte lettertipe vir 'n besigheidskaartjie en redes vir
hierdie keuse:
FIGUUR A: Om hierdie produkte te adverteer, kan die lettertipe
kromlynige, informele lyne en vorms hê wat die organiese kwaliteit
van die vorms weerspieël.
FIGUUR B: Die lettertipe vir hierdie mandjies kan heel geometries en
blokagtig met driehoekige of diamantvorms wees om die geometrie
van die potte te weerspieël.
Ken punte toe indien leerders gepaste lettertipe-style geϊllustreer het.
• TWEE ander maniere om elke produk te bemark:
FIGUUR A: Webtuiste, uitstalling in 'n galery, museum of
luukse geskenk-/kurio-winkel, katalogusse of brosjures.
FIGUUR B: Straatmarkte, vlooimarkte, uitstallings langs die pad
en handwerkmarkte.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
7.2.2 (Ken 8 punte in totaal toe)
Die volgende redes kan verskaf word:
• Vorm:
Die besigheidskaartjie se een hoek lyk asof dit afgebyt is wat
ongewoon is, maar goed skakel met die feit dat sjokolade heerlik en
aptytwekkend is en moeilik om voor nee te sê.
• Kleur:
Donkerbruin oorheers die voorkant van die kaartjie en goudbruin die
agterkant, gepas as die kleure van sjokolade. Die babablou
invoegsels aan die voorkant is vars en lig en kontrasteer goed met die
bruin.
• Tipografie:
Die gebruik van 'n sans serif kleinletter lettertipe vir die woord 'taste'
(smaak) gee 'n informele, lighartige en direkte gevoel. Die grootte
van die letters maak hulle ook opvallend. Die kursiewe lettertipe
gebruik vir die woord 'chocolate' (sjokolade) dra by tot die lighartige,
vry, informele gevoel van die ontwerp.
• Uitleg:
Die uitleg van die lettertipes is eenvoudig en treffend aangesien die
naam van die besigheid groot is en op sy eie teen 'n plein agtergrond
staan.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 26 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
7.2.3 (Ken 6 punte in totaal toe)
In hierdie vraag sal dit afhang van wat die kandidaat kies.
Een VOORBEELD sal wees:
• FIGUUR E omdat die vlooimark ideaal sal wees om tekstiele
en tekstielprodukte te bemark aangesien hulle goedkoper
verkoop kan word en baie blootstelling aan voetgangers wat
vry toegang tot die plek het, sal hê.
• FIGUUR D sal nie geskik wees nie aangesien die plek nie
veilig is nie en daar nie plek vir die uitstal van produkte is
nie. FIGUUR F sal te duur vir plek-/winkelhuur wees
aangesien tekstiele nie oorprys kan word vir die dek van
hierdie koste nie. Verder sal mens slegs baie welvarende of
luukse mense kan trek.
Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
V7.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (30)
Laer orde Herroeping 30% 7.2.1 + 7.2.2 9
Middelorde Toepassing 40% 7.2.2 + 7.2.3 12
Hoër orde Analise;
Sintese; 30% 7.2.1 + 7.2.2 + 7.2.3 9
Evaluering
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper (Afr)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2020 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (English)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Eng)

Question paper